# Afrikaans FAL Grade 9 November EC 2013 Question Paper

> Grade 9 Afrikaans FAL question paper from the November EC 2013, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr9-nov2013-qp/0d47ba68-7571-44ba-82f9-99ddf7d59fab
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 9
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: November EC
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 9 November EC 2013 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr9-nov2013-qp/0d47ba68-7571-44ba-82f9-99ddf7d59fab)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 9 · November EC · 2013. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         SENIOR FASE

                          GRAAD 9

                    NOVEMBER 2013

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL

PUNTE:   100

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit VIER afdelings:

     AFDELING A:       LEESBEGRIP                                     (30 punte)

     AFDELING B:       OPSOMMING                                      (20 punte)

     AFDELING C:       TAAL                                           (30 punte)

     AFDELING D:       DIGKUNS                                        (20 punte)

2.   Beantwoord ALLE vrae in AFDELINGS A, B, C en D.

3.   Lees die instruksies by AL die vrae versigtig deur.

4.   Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel
     genommer is.

6.   Laat ŉ reël tussen die antwoorde oop.

7.   Skryf netjies met blou of swart ink.

8.   Gee aandag aan spelling en sinskonstruksie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                              3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1

 TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

 Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.

                       WORD JY VINNIG KWAAD? PASOP!

 1.     Is jy een van daardie mense wat vinnig “snap” – jou humeur verloor en
        sommer net wil weghardloop? Pasop, sê kenners, jy moet leer om met
        hierdie emosie saam te werk.

 2.     Om kwaad te word, is nie verkeerd nie, en dit is ŉ gesonde deel van elke
        mens se lewe. Hoe jy kwaad word, is egter soms verkeerd. Kwaad word en
        woede is emosies en emosies is unieke reaksies op gebeure of interaksies
        met mense of jou omgewing wat aangenaam of onaangenaam ervaar word.
        Jou emosies is hóé jy met alles rondom jou kommunikeer – dit is dus baie
        belangrik om te leer hoe om jou emosies, veral jou woede, te beheer.

 3.     “Woede is ŉ sekondêre reaksie,” sê Ronel du Toit, voorligtingsielkundige by
        die Universiteit van Pretoria, “jy moet kyk wat lê agter jou woede”. Dit is
        algemeen onder tieners dat hul woede opgekrop word – jy sluk jou kwaai
        gevoelens keer op keer totdat dit só in jou opbou dat jy jou oorgee aan
        woede. “Dit is belangrik dat jy agterkom wat jou kwaad maak en dit daar en
        dan te konfronteer. Moenie laat dit binne-in jou opbou nie – jy gaan nie jou
        reaksies daarna kan keer nie,” sê Du Toit.

 4.     Daar is menigte situasies wat ŉ mens kwaad maak – en as ŉ sneller optree
        vir woede. Jy kan dit gewoonlik met ŉ “ek-boodskap” verduidelik:
        - Ek is kwaad
        - Ek voel verneder
        - Ek word gedreig
        - Ek word seksueel misbruik
        - Ek voel magteloos omdat ...
        Let op wanneer jy kwaad raak, en wanneer jy woedend raak – wanneer
        ‘snap’ jy die vinnigste? Jy sal gewoonlik ŉ patroon begin raaksien. Is dit
        omdat jy honger of dors is? Of irriteer ŉ spesifieke situasie jou altyd? Dalk
        stres jy oor volgende week se eksamen.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      (NOVEMBER 2013)

5.    “Wanneer jy die snellers identifiseer en raaksien, kan jy probeer om dit te
      vermy,” sê Du Toit. Jy moet versigtig wees wanneer jou kwaai-emosies
      oorgaan na woede. “Dan skop jou veg, vlug of vries-reaksie in en jy kan nie
      meer logies dink nie. ŉ Woorde-oorlog ontstaan dan en dit moet jy vermy,
      want in ŉ oorlog is daar altyd ŉ verloorder.”

6.    “Onthou dat jy altyd ŉ keuse het,” sê Du Toit, “Jy kan fisies baklei,
      weghardloop, in trane uitbars, die persoon sleg sê, iemand kry om jou te
      help, ensovoorts. Of jy kan selfgeldend reageer en die situasie probeer
      oplos. Dit kan slegs gedoen word deur ŉ oop en eerlike gesprek te voer met
      die ander persoon.” Jy moet altyd probeer om die vrede te bewaar – hetsy
      die konflik met jou ouers, onderwyser of vriend is.

7.    As jy sukkel met woede-uitbarstings of voel dat jy gereeld uitermatig kwaad
      word, is dit ŉ goeie idee om met ŉ onderwyser of sielkundige daaroor te
      gesels. Hulle kan jou leer hoe om die woede te beheer en anders op te tree
      in die situasies wat jou laat oorkook.

                                                      [Verwerk uit Jip, 8 September 2012]

VRAE:

1.1   Haal ŉ enkele woord uit die opskrif aan wat gebruik word om ŉ mens te
      waarsku.                                                                              (1)

1.2   Verduidelik wat bedoel word met die woord “snap” in paragraaf 1.                      (1)

1.3   Sê of die volgende stelling WAAR/ONWAAR is:

      1.3.1     Dit is ŉ sonde om kwaad te wees.                                            (1)

      1.3.2     Haal ŉ frase uit paragraaf 2 aan om jou antwoord in VRAAG 1.3.1
                te bewys.                                                                   (1)

1.4   Watter raad gee Ronel du Toit in paragraaf 3?                                         (2)

1.5   Wat doen tieners gewoonlik wanneer hulle kwaad word?                                  (1)

1.6   Waarom, volgens paragraaf 3, is dit gevaarlik vir tieners om hulle emosies
      te laat opbou?                                                                        (1)

1.7   Kies die antwoord wat die volgende vraag korrek beantwoord. Skryf slegs
      die vraagnommer (1.7) en die antwoord (A–D) neer.

      Watter ander gevoelens ontlok gewoonlik ŉ gevoel van woede?

      A       Magteloosheid
      B       Vernedering
      C       Beide A en B
      D       Geeneen van bogenoemde nie                                                    (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                          5

 1.8    Gee ŉ woord in paragraaf 5 wat min of meer dieselfde betekenis het as die
        woord argument.                                                             (1)

 1.9    Noem in EEN volsin wat jy kan doen om probleme tussen jou en iemand
        anders op te los. (paragraaf 6)                                             (2)

 1.10   Watter TWEE mense, volgens paragraaf 7, kan hulp vir woede aanbied?         (2)

 TEKS B: STROKIESPRENT

 1.11   Op watter webtuiste kan hierdie prent gevind word?                          (1)

 1.12   Gee die naam en van, van die skrywer van “Idees vol Vrees”.                 (1)

 1.13   Wat kan bo-op hierdie televisiestel gesien word?                            (1)

 1.14   Wie, volgens jou, kyk gewoonlik na sepies op televisie?                     (1)

 1.15   Verduidelik die verskil in betekenis tussen die volgende twee frases:

        1.15.1    ŉ Sepie op televisie                                              (1)

        1.15.2    ŉ Sepie op die televisie                                          (1)

 1.16   1.16.1    Het sepies, volgens jou, enige opvoedkundige waarde?              (1)

        1.16.2    Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 1.16.1.                      (1)

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                  (NOVEMBER 2013)

TEKS C: VOORBLAD VAN TYDSKRIF

                                                 [Huisgenoot, 22 November 2012]

VRAE:

1.17    Watter tydskrif, volgens die voorblad, is Suid-Afrika se nommer een
        tydskrif?                                                                      (1)

1.18    Haal ŉ ENKELE WOORD aan wat bewys dat Jasper, die plaasboer, baie
        intelligent is.                                                                (1)

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        7

 1.19     Wat is die waarde van die prys wat in die Nissan-kompetisie gewen kan
          word?                                                                   (1)

 1.20     Wat word bedoel met: “Bieber-drama”?                                    (1)

 1.21     Verklaar die betekenis van die frase:

          “Dit breek my hart.”                                                    (1)

 1.22     1.22.1   Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is:

                   “Amor se artikel het ook in ander tydskrifte verskyn.”         (1)

          1.22.2   Haal EEN woord aan om jou antwoord in VRAAG 1.22.1 te
                   motiveer.                                                      (1)

 1.23     Noem EEN manier waarop Amor vir Joost van hulp is.                      (1)
                                                                                  [8]

                                                             TOTAAL AFDELING A:   30

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                   (NOVEMBER 2013)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: WAT KAN JY DOEN OM ’N GELUKKIGE MENS TE WEES?

       Som SEWE dinge op wat van jou ŉ gelukkiger mens kan maak.
       Som die WENKE in SEWE goeie sinne op.
       Skryf jou SEWE SINNE onder mekaar neer en nommer die sinne 2.1–2.7.
       Jy moet een sin oor elke feit skryf.
       Laat ŉ reël tussen jou sinne oop.
       Jou opsomming mag nie meer as 70 woorde wees nie.
       Dui die getal woorde aan die einde van jou opsomming aan.
       Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 75 woorde skryf of as jy nie die getal
        woorde aandui nie.

TEKS D

                        WENKE OM JOU GELUK TE VERSEKER

1.       Moet jy ŉ lang lys goed voor ŉ groot toets leer? Soms keer stres dat jy dinge
         gedoen kry; daarom is dit belangrik om te ontspan. Soek ŉ stil plekkie waar
         jy gemaklik kan sit en konsentreer op jou asemhaling.

2.       Het jy stry gekry met jou beste maat? Dink ŉ bietjie na oor jou reaksie op die
         situasie. Hoekom is jy kwaad? Gaan sit dan saam met iemand met wie jy
         openhartig kan gesels en praat oor die saak en hoe jy daaroor voel. Soms
         moet jy net jou hart uitpraat as jy van negatiewe emosies ontslae wil raak.

3.       Afleiding help altyd wanneer jy jou stresvlakke wil laat daal. Kry iets om jou
         aandag van jou probleme af te lei. Doen iets produktiefs wat jou die
         bevrediging sal laat smaak dat jy iets bereik het of laat ŉ snaakse fliek of
         goeie boek jou meevoer.

4.       Voel jy effens paniekerig oor jou groot afspraak vanaand? Oefening is ŉ
         wonderlike manier om senuagtigheid te laat verdwyn en die endorfiene wat
         dit jou liggaam laat afskei, sal jou laat goed voel.

5.       Jy het hartseer wakker geword en jy is allesbehalwe lus om te glimlag, maar
         dwing jouself om breed te glimlag wanneer jy by mense verbystap – jy sal
         verbaas wees oor hoe vinnig daardie glimlag in ŉ spontane een verander,
         veral as iemand terugglimlag.

6.       Dink aan ŉ paar goeie dinge wat vandag gebeur het.                   Selfs iets
         doodgewoons kan jou help opbeur, soos jou gunsteling-gereg of ŉ maat wat
         jou vrolik groet. As jy op iets positiefs fokus, sal die swartgalligheid vinnig
         verdwyn.

7.       Beur jouself op deur iemand anders te help. Goeie dade laat die gewer én
         die ontvanger beter voel. Help jou ma met die skottelgoed of doen
         welsynwerk vir ŉ liefdadigheidsorganisasie – dit kan iets kleins of groot wees.
                                                                                 (10 x 2)   [20]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            20

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                               9

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 3

 TEKS E: TYDSKRIFARTIKEL

 Die taalvrae wat volg, is op die tydskrifartikel hieronder gebaseer. Die nommering
 in die artikel verwys na woorde wat uitgelaat is en die vraagnommer wat
 beantwoord moet word.

         VERSKONING OM ’N 3.1 (VRIENDIN) SE FUNKSIE MIS TE LOOP

 3.2 Dit is nooit koel om vir jou vriend te 3.3 (jok) nie. Selfs al is jy 3.4 (100)
 persent seker hulle sal op geen manier uitvind nie, moet jy steeds oop kaarte
 speel.
 3.5 Was jy nie lus om te gaan nie? 3.6 Het jy met ander vriende uitgehang?
 As jy ŉ geldige rede het waarom jy die 3.7 (partytjie/parteitjie) misgeloop het, is
 dit geen probleem nie. Maar as dit ŉ flou verskoning is en jy het eintlik op die
 nippertjie ŉ beter uitnodiging gekry, dink oor hoe jy sou voel as dit met jou gebeur
 het. Sy gaan beslis ontsteld wees omdat jy haar partytjie misgeloop het. Jy sal
 haar moet toelaat om 3.8 (stoom af te blaas) voor jy verskoning vra.

                                                 [Verwerk uit Huisgenoot, 28 Julie 2012]

 VRAE:

 3.1 Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord in die volgende sin.
     Skryf slegs die woord as antwoord neer.

       Jy dink verskonings uit om talle vriendin se partytjies mis te loop.                (1)

 3.2 Skryf die volgende sin oor in die TOEKOMENDE TYD:

       Dit is nooit koel om vir jou vriend te jok nie.                                     (2)

 3.3 Verskaf ŉ SINONIEM vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
     ŉ antwoord neer.

       Dis nooit koel om vir jou vriende te jok nie.                                       (1)

 3.4 Skryf die getal 100 in woorde uit.                                                    (1)

 3.5 Watter sinsoort is die volgende sin?

       Was jy nie lus om te gaan nie?                                                      (1)

 3.6 Beantwoord die volgende vraag en begin soos aangedui.

       Het jy met ander vriende uitgehang?

       Begin soos volg: Nee, ek ...                                                        (1)

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                       (NOVEMBER 2013)

3.7    Kies die korrekte woord tussen hakies.

       Sy gaan beslis ontsteld wees omdat jy die (partytjie/parteitjie) misgeloop
       het.                                                                                    (1)

3.8    Verduidelik kortliks wat bedoel word met die onderstreepte frase.

       Jy sal haar moet toelaat om stoom af te blaas.                                          (1)

                    HOU NIE VAN ’N VRIENDIN SE UITRUSTING NIE

       Nou ja, ŉ minirok vol blinkertjies met volstruisvere vir moue val dalk nie in
       almal se smaak nie, maar dis jou vriendin se funksie en sy kan so uitspattig
       wees as wat sy wil. Soms lyk dit asof haar 3.9 (klere/kleure) ongestryk is.
       3.10 (Wees skaam om saam met haar gesien te word); jy moet trots
       wees dat jou vriendin soveel selfvertroue het. Maar as dit nou ŉ vleisrok
       soos Lady Gaga s’n is ... wel, dis ŉ heel ander storie!

                                                    [Verwerk uit Huisgenoot, 28 Julie 2012]

3.9    Kies die korrekte woord tussen hakies.

       Soms lyk dit asof haar (klere/kleure) ongestryk is.                                     (1)

3.10   Skryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM:

       Wees skaam om met haar gesien te word.                                                  (2)

                      JALOERS OP ’N VRIENDIN SE GEWILDHEID

       3.11 Jaloesie is ŉ lastige ding! En as dit met vriende te doen het, kan
       dinge 3.12 (lelik) raak. As jou vriendin al die aandag kry en dit jou pla, haal
       diep asem en hou op jou tyd en energie mors 3.13 … iets wat jy nie kan
       beheer nie. Dink eerder aan al 3.14 … positiewe eienskappe en al die
       redes waarom jy koel is! Al wat jy kan doen is om jouself te wees – kry dit
       reg en kort voor lank is jy Mej. Gewild.

                                                    [Verwerk uit Huisgenoot, 28 Julie 2012]

3.11   Skryf die volgende sin oor in die VERLEDE TYD:

       Jaloesie is ŉ lastige ding!                                                             (1)

3.12   Gee die INTENSIEWE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
       woord as antwoord neer.

       As dit met vriende te doen het, kan dinge lelik raak.                                   (1)

3.13   Vul die ontbrekende VOORSETSEL in die volgende sin in.
       Skryf slegs die woord as antwoord neer.

       Hou op jou tyd en energie mors ... iets wat jy nie kan beheer nie.                      (1)

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                                    11

 3.14   Vul die ontbrekende VOORNAAMWOORD in die volgende sin. Skryf slegs
        die woord as antwoord neer.

        Dink eerder aan al … positiewe eienskappe en al die redes waarom jy koel
        is.                                                                                    (1)

                  JY STEEK JOU 3.15 (REPORT) VIR JOU OUERS WEG

        Jy het jou skoolreport vir die kwartaal gekry en dit lyk nie goed nie; daarom
        steek jy dit al ŉ week lank onder jou 3.16 (kussing) weg. 3.17 (Jy kan dit
        bly wegsteek. Jou ouers gaan die een of ander tyd daarvan uitvind.)
        Dis dalk nie die beste uitslae wat jy al gekry het nie, maar praat met jou
        ouers daaroor en sê vir hulle jy gaan harder werk. 3.18 (As hulle jou
        uitvang gaan hulle jou dalk nie met ander dinge vertrou nie.) Onthou,
        om eerlik te wees, is altyd die beste oplossing. Hulle sal jou dan toelaat om
        3.19 (Vrydag) uit te gaan.

                                                    [Verwerk uit Huisgenoot, 28 Julie 2012]

 3.15   Gee die korrekte Afrikaans vertaling vir die volgende onderstreepte woord.
        Skryf slegs die woord as antwoord neer.

        Jy steek jou (report) vir jou ouers weg.                                               (1)

 3.16   Gee die VERKLEININGSVORM van die onderstreepte woord.
        Skryf slegs die woord as antwoord neer.

        Jy steek dit al ŉ week lank onder jou kussing weg.                                     (1)

 3.17   Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD.

        Jy kan dit bly wegsteek.

        Jou ouers gaan die een of ander tyd daarvan uitvind. (dog)                             (2)

 3.18   Vul die ontbrekende LEESTEKEN in die volgende sin in.

        As hulle jou uitvang gaan hulle jou dalk nie met ander dinge vertrou nie.              (1)

 3.19   Gee die AFKORTING van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
        afkorting as antwoord neer.

        Hulle sal jou dan toelaat om (Vrydag) uit te gaan.                                     (1)
                                                                                              [22]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                    (NOVEMBER 2013)

TEKS F: STROKIESPRENT

Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

3.20   Wat is die figuurlike betekenis van die woord, stokperdjie, in die prentjie?

       Skryf slegs die antwoord neer.                                                      (1)

3.21   Voltooi die volgende idiomatiese uitdrukkings deur die ontbrekende
       woord in te vul. Skryf slegs die woord as antwoord neer.

       Die belangrik om `ŉ stokperdjie te hê, want ledigheid is die ... se oorkussing.     (1)

3.22   Skryf die sin oor en vul die korrekte leesteken in.

       Wat is jou stokperdjies                                                             (1)

3.23   Skryf die volgende sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

       Jy moet asseblief aan sport deelneem.                                               (2)

3.24   Gee die samestelling van die woord tussen hakies. Skryf slegs die
       WOORD as antwoord neer.

       Die kinders oefen gereeld op die (sport + veld).                                    (1)

3.25   Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM. Begin jou antwoord met die
       onderstreepte woorde.

       Hy het die bal rondgegooi.                                                          (2)
                                                                                           [8]

                                                             TOTAAL AFDELING C:            30

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                      13

 AFDELING D: DIGKUNS

 VRAAG 4

 Lees die onderstaande gedigte noukeurig deur en beantwoord die daaropvolgende
 vrae.

 TEKS G: GEDIG

 My hart is ŉ hamburger – Jaco Jacobs

 1     Ek spaar vir ŉ kitaar om my songs
 2     vir jou te speel. My sad en silly songs
 3     wat ek net vir jou wil sing. Dis die enigste
 4     rede waarom ek naweke waiter.
 5     Maar vroeër vanaand was jy
 6     onverwags saam met
 7     hom
 8     hier by die Spur en sommerso
 9     on the spur of the moment het ek
 10    my hart in ŉ hamburger bun voor jou
 11    neergesit (tjips, geen uieringe) en gesê:
 12    “Lekker eet.”

 Skryf slegs die korrekte letter langs die gepaste vraagnommer neer.

 4.1 Die titel: “My hart is `ŉ hamburger” is ŉ voorbeeld van ...

       A     vergelyking.
       B     metafoor.
       C     personifikasie.
       D     Nie een van bogenoemde nie.                                            (1)

 4.2 Die herhaling van die h-klank in die titel: “My hart is ŉ hamburger”,
     noem ons …

       A     alliterasie.
       B     assonansie.
       C     paarrym.
       D     kruisrym.                                                              (1)

 4.3 Die feit dat die spreker vir ŉ kitaar spaar, beteken dat …

       A     hy baie van musiek hou.
       B     hy nie baie van musiek hou nie.
       C     hy ŉ kelner by Spur is.
       D     hy nie op die oomblik die geld het om vir hom ŉ kitaar te koop nie.    (1)

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 (NOVEMBER 2013)

4.4 Die korrekte Afrikaanse woord vir “songs” (versreëls 1 en 2) is ...

     A    sangers.
     B    liedjies.
     C    sanger.
     D    musiek.                                                                        (1)

4.5 Watter woord in die gedig sê vir ons dat die spreker die “songs” spesifiek vir
    hierdie persoon wil sing?

     A    “net”
     B    “enigste”
     C    “onverwags”
     D    “sommerso”                                                                     (1)

4.6 Waarom “waiter” die spreker oor naweke?

     A    Hy is mal oor hamburgers.
     B    Hy wil genoeg geld verdien om ŉ kitaar te koop.
     C    Die spreker wil ekstra geld verdien.
     D    Nie een van bogenoemde nie.                                                    (1)

4.7 Waarna verwys “Spur” in versreël 8?

     A    ŉ Kroeg
     B    ŉ Winkel
     C    ŉ Restaurant
     D    ŉ Apteek                                                                       (1)

4.8 “... on the spur of the moment” (versreël 9) beteken.

     A    Hy het haar by Spur ontmoet.
     B    Hy wil haar graag uitneem vir ete.
     C    Op die ingewing van die oomblik.
     D    Hierdie oomblik in Spur is baie belangrik.                                     (1)

4.9 Hoe dink jy voel die spreker oor die meisie?

     A    Hy is dolverlief op haar.
     B    Hulle albei hou van musiek.
     C    Hy hou glad nie van haar nie.
     D    Beide B en C.                                                                  (1)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                        15

 TEKS H: TAYLOR SWIFT – KOBUS GROBLER

 Taylor Swift
 Vir Liesbet

 1      jy herhaal
 2      haar woorde van melancholie
 3      vir die soveelste keer

 4      weer

 5      en nou ná heeldag lank
 6      se periodes skoolwerk
 7      en pouses
 8      alleen
 9      se draal in die liedjie
 10     val jy met die skooluniform taai van skool
 11     skoene uitgeskop
 12     op die bed neer
 13     sing jy die woorde
 14     van haar nuutste CD
 15     gelaai in MP3
 16     snik
 17     huil
 18     grens
 19     jy

 20     want vir die eerste keer
 21     in die spieël
 22     met jou pa se oë vol trane
 23     verstaan jy
 24     weet jy
 25     hoekom bome hulle blare verloor

 4.10   Aan wie is die gedig opgedra?                                              (1)

 4.11   Wie het die gedig geskryf?                                                 (1)

 4.12   Wie is Taylor Swift?                                                       (1)

 4.13   Strofe 1 bestaan uit 3 versreëls. Wat word hierdie soort strofe genoem?    (1)

 4.14   Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit strofe 1 aan wat sê dat die
        leerder die liedjie se woorde baie herhaal.                                (1)

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL                 (NOVEMBER 2013)

4.15   Waar was die persoon die hele dag?                                             (1)

4.16   Watter tyd kry ons gewoonlik tussen periodes op skool wat as ŉ rustyd vir
       leerders dien?                                                                 (1)

4.17   Wat doen die leerder as sy na skool by die huis aankom? Noem DRIE
       dinge.                                                                         (3)

4.18   Haal ŉ ENKELE WOORD uit die gedig aan as bewys dat die musiek van
       Taylor Swift die spreker baie hartseer laat voel.                              (1)

                                                          TOTAAL AFDELING D:           20
                                                              GROOTTOTAAL:            100

## Related documents

- [AFRFAL MEMO GR9 NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-memo-gr9-nov2013/365b25d4-ccaf-49e9-85b0-c73591b11785) — Afrikaans FAL · Memo · 2013
- [Grade 9 Afrikaans FAL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2013-test/b0ce813f-5f02-4cdf-abac-bc0c614a7827) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [2013+Grade+9+Afrikaans+FAL+ Exemplar](https://www.hlayiso.com/library/2013-grade-9-afrikaans-fal-exemplar/608263c1-3682-4f1a-994e-416b921bd806) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afr FAL P2 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p2-qp/1bc48c6c-e127-4583-876a-0c4b2f40c491) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Afr FAL P3 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p3-qp/1094e753-9732-4ccb-b1bd-6c8372801857) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFR FAL V3 QP NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-v3-qp-nov2017/513ee61e-6fc5-4fe9-95eb-766df45aa764) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans FAL

- [CAPS SP FAL AFRIKAANS GR 7-9 WEB](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-fal-afrikaans-gr-7-9-web/2be72a94-14cb-4632-b970-ea81d58ba7cb) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/75c54827-5232-487b-a83f-092be6f31962) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/04a6c759-4aa1-442c-b89d-7b131c197c0d) — Memo · 2026 · Afr
- [Afrikaans FAL GEC Marking Guideline](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-gec-marking-guideline/21c0d727-759a-402f-a327-d5ea5089225f) — Memo · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-fal-memo/b4d9bb3f-829d-49cc-99a9-0954eb520aaf) — Memo · 2022 · Afr
- [AFR FAL V3 GR9 MEMO NOV2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-v3-gr9-memo-nov2019/ca62cdda-a650-4f61-910d-e944068496c9) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
