# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2014 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2014/25d086fd-07eb-4855-ab38-34bd1a0e157b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2014/25d086fd-07eb-4855-ab38-34bd1a0e157b)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   NASIONALE
               SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                SEPTEMBER 2014

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
              MEMORANDUM

PUNTE:   80

              Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                  (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 ASSESSERINGSRIGLYNE

    Spelfoute in eenwoord-antwoorde word NIE gepenaliseer NIE, behalwe as die
     spelling die woordbetekenis verander.

    Penalisering geskied slegs as die spelling van die kernwoord die antwoord se
     betekenis verander.

    As ŉ taalfout die betekenis van die antwoord verander, word geen punt
     toegeken nie.

    Indien ŉ spelfout die betekenis van ŉ eenwoord-antwoord verander, word geen
     punt toegeken nie.

    Spel- en taalfoute in langer antwoorde word nie gepenaliseer nie omdat die
     fokus op begrip is.

    By oop vrae verdien die rede/motivering die punt. GEEN punt word toegeken
     vir JA/NEE EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE. Kandidate hoef nie
     laasgenoemde te skryf indien die motivering JA/NEE EK STEM SAAM/EK
     STEM NIE SAAM NIE insluit/impliseer nie.

    Vir vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word NIE GEPENALISEER
     indien die aanhalingstekens ontbreek NIE.

    Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat gee ŉ volsin, is dit
     korrek MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig
     word. Die kandidaat kan ook die antwoord begin met: Die woord is ... .

    By vrae wat een feit/punt of twee/drie feite/punte vereis en die kandidaat gee ŉ
     hele reeks:
     - sien SLEGS die vereiste feit(e)/punt(e) na.
     - indien die feit(e)/punt(e) met merkers aangedui is, word die eerste
        antwoord(e) per merker nagesien.

    Indien ŉ antwoord in meer as een sin aangebied word en die sin/sinne lei direk
     tot die antwoord, word die punt vir die korrekte feit toegeken.

    Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
     vraestel verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer. Indien die
     antwoord sonder daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is, word die
     kandidaat NIE GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in die
     antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.

    Aanvaar dialektiese variasies.

    Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord
     aanvaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              3

 VRAAG 1: ARTIKEL

                                                                                      DENK-
 NR     ANTWOORD                                                            PUNT
                                                                                      VLAK
 1.1    ŉ Skoon aarde 
        ŉ Onbesoedelde aarde                                                (1)          1

 1.2    Grond- 
        Lug- 
        Water- 
        Geraasbesoedeling                                      (Enige 2)    (2)          1

 1.3    “... kan jou doof maak.”  OF
        “... jou senuweestelsel wat kan doodgaan.”                          (1)          1

 1.4    Dit kan siektes veroorsaak. 
        Daar is minder skoon water vir gebruik. 
        Dit veroorsaak dat visse, as voedselbron, uitsterf. 
        (Of soortgelyke beskrywing.)                                         (1)          4

 1.5    Mense wat vir ŉ skoon omgewing/aarde baklei.      OF
        Mense wat baie vir die aarde omgee.               OF
        Mense wat vir die bewaring van die natuur veg.    OF
        Mense wat teen die besoedeling van die aarde is. 
        (Of soortgelyke beskrywing) Jy moet kan aflei dat die
        kandidaat ŉ begrip het dat groenes mense is wat vir die
        bewaring van die aarde veg / omgewingsbewustes.                      (1)          3

 1.6    Niks groei daarop nie.     OF
        Daar is geen lewe / plantegroei op die mynhope nie 
        Myngrond bevat stowwe / chemikalieë wat verhoed dat iets
        daarop groei. 
        (Of soortgelyke antwoord.)                                           (1)          4

 1.7    Die stof wat van die mynhope kom, word deur die wind
        erodeer/weggewaai wat dan in die atmosfeer (lug) beland. 
        Stofstorms/wind waai die gevaarlike stowwe (van mynhope) in
        die lug / atmosfeer. 
        (Of soortgelyke antwoord.)                                           (1)          3

 1.8    Fabrieke kan die water skoonmaak / hergebruik. 
        Fabrieke kan dit in spesiale damme hou sodat dit nie in die
        riviere beland nie.                                                 (2)          4

 1.9    Water word warm en maak lewende wesens dood. 
        Besoedel die water.                                                 (2)          1

 1.10   ŉ Mens asem vuil lug in en kry longsiektes. 
        Rook / giftige gasse is sleg vir ŉ mens se gesondheid /
        veroorsaak siektes. 
        (Of soortgelyk redenasie.)                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (SEPTEMBER 2014)

 1.11 Reënwater spoel die plaagdoders in spruite en riviere wat
      uiteindelik in die see vloei. 
      Onkruiddoders en insekgif word op die plante en grond gespuit
      en beland uiteindelik/eventueel in die see.                          (2)        3

 1.12 Dit lyk nie mooi nie. 
      Dit is ongesond. 
      Dit skep ŉ slegte/swak indruk by vakansieoorde. 
      Dit beïnvloed sportbyeenkomste bv. watersport. 
      Toeriste besoek nie lande wat (erg) besoedel is nie. 
      Besoedelde lande kry negatiewe kommentaar in koerante /
      tydskrifte/brosjures / ens. 
      (Enige logiese antwoord.)                                             (1)        4

 1.13 Insekgif 
      Kunsmis 
      Onkruiddoders 
      Chemikalieë 
      (Enige 2 kan gegee word.)                                             (2)        1

 1.14 Dit beteken dat rommel ŉ baie groot en groeiende probleem
      is. 
      Daar is soveel rommel dat dit soos ŉ berg lyk.                       (1)        3

 1.15 Die bome word uitgekap om plek te maak vir lande /
      behuising / brandhout / meubels / ontwikkeling 
      (Enige feit vir ŉ punt.)                                              (1)        3

 ADVERTENSIE
 1.16 ŉ Bier                                                               (1)        1

 1.17   1.17.1       Konnotatief                                           (1)        4
        1.17.2       Figuurlik  Skole baat daarby.  (Woordspel binne
                     konteks)                                               (2)        3

 1.18   Jy moet aan die gholfdag deelneem                                  (1)        3

 1.19   Bulova  / Snappy Chef  / ATKV-oorde 
        (Enige 2 vir ½ punt elk.)                                           (1)        1

 1.20   Heinrich du Preez                                                  (1)        1

 1.21   Oos-Kaap                                                           (1)        1

 1.22   A. tydens die skoolkwartaal en naweke                              (1)        3

 1.23   Enige antwoord wat daarop dui dat skole baat sal vind;
        finansieel of bv. deur ŉ skenking.                                 (1)        3

                                                          TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          5

 AFDELING B: OPSOMMING
 ALGEMEEN
 •     Lees die hele opsomming om ŉ geheelindruk te kry.
 •     Beplanning is nie nodig nie.
 •     Indien rofwerk/beplanning gedoen word, let op die volgende:
        Indien die beplanning in potlood aangebied word, word dit as rofwerk beskou en die
            tweede aanbieding word nagesien.
        Indien die eerste poging in pen aangebied word, word daardie poging as die finale
            antwoord beskou.
 •     Indien daar twee feite in een sin gegee word, word slegs die eerste feit nagesien. Die
       tweede feit word geïgnoreer.
 •     Indien daar twee sinne by een koeëlpunt gegee word, word slegs die eerste sin nagesien.
 •     Som die feite sovêr as moontlik in jou eie woorde op.
 •     Kandidate hoef nie ŉ TITEL te verskaf nie.
 •     Indien afkortings in die opsomming voorkom, word elke afkorting volgens die getal woorde
       wat dit voorstel getel, byvoorbeeld, d.w.s. = 3 woorde.
 •     Indien die kandidaat die opsomming in paragraafvorm aanbied, word die eerste 7 sinne
       (eerste 75 woorde) van die paragraaf nagesien.
 LET DAAROP DAT DIE OPSOMMING MEER AS EEN MOONTLIKHEID BINNE ’N
 PARAGRAAF BEVAT. DIE NASIENER MOET DUS NOUKEURIG LEES!
 KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR NIE DIREKTE AANHALINGS NIE:
 Die hoofgedagte kan in ŉ volsin of in ŉ sinsnede aangebied word, solank dit sinvol is.
                   Punte
                   1–3 feite korrek – 1 punt
                   4–5 feite korrek – 2 punte
                   6–7 feite korrek – 3 punte

 KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR DIREKTE AANHALINGS:
 Die hoofgedagte kan in ŉ volsin of in ŉ sinsnede aangebied word, solank dit sinvol is.
                   Punte
                   6–7 aanhalings – geen punte vir taal
                   1–5 aanhalings – 1 punt vir taal
 SKRYF DIE PUNTE SOOS VOLG NEER (horisontaal/vertikaal)
              Feit           7
              Taal           3
              Totaal        10
 LET WEL
 Formaat:
 • Selfs al word die opsomming in die verkeerde formaat aangebied, moet dit geassesseer word.
 • Kandidate word nie gepenaliseer indien die opsomming in die verkeerde formaat aangebied is
    nie.
 Woordtelling:
 • Nasieners tel die getal woorde indien dit te lank lyk.
 • Indien die kandidate se opsomming te lank is (meer as 70 woorde), word 5 ekstra woorde
   toegelaat en die res van die opsomming word nie nagesien nie.
 • Geen punte word afgetrek indien die kandidaat nalaat om die getal woorde wat gebruik
   is, aan te dui nie.
 • Indien die opsomming minder as die voorgeskrewe woorde bevat (minder as 70), maar dit
   bevat al die hoofgedagtes, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2: INSTRUKSIES

    Skryf 7 wenke hoe om stres in jou lewe te verminder, neer.

 Daar kom 8 moontlike feite in die leesstuk voor.
 Die onderstreepte sinne kan moontlik direk aangehaal word

 Die teks soos in die vraestel                                Moontlike verwerking

 Stres in die moderne en gejaagde lewe is een van die         Inleiding: geen wenk
 grootste moordenaars. Enige mens het nodig om van
 stres ontslae te raak. Dit kan op verskillende maniere
 gedoen word.

 Ontspan sodra jy tuiskom. Dit is belangrik om                1. Maak elke dag
 ontspanningstyd vir jouself te maak, al is dit net vir ŉ        ontspanningstyd vir jouself.
 kort rukkie. Jy kan byvoorbeeld tyd saam met jou
 familie deurbring of om met jou hond of kat te speel.

 Kry vars lug deur oefening buite te doen. Oefening ná ŉ      2. Kom uit en kry oefening.
 moeilike dag sal jou beter laat voel en jou spanning
 verminder. Stap, swem, fietsry as voorbeelde van
 oefeninge, kan ŉ groot verskil in hoe jy voel, maak.

 Neem ŉ week vakansie sodat jy kan wegkom van                 3. Gaan met vakansies weg
 werkstres. Onthou net dat wanneer jy met vakansie               van die huis.
 weggaan, jy liewer jou werk tuis moet los sodat jy jouself   4. Los jou werk tuis wanneer
 kan dwing om te ontspan en nie om vakansietyd aan               jy met vakansie weggaan.
 werk af te staan nie.

 Doen iets prakties soos byvoorbeeld ŉ stokperdjie wat jy     5. Ontspan jou brein met iets
 geniet. Die stokperdjie kan sport of handwerk wees.             prakties wat jy geniet.

 Leer om die tekens van spanning te identifiseer voor dit     6. Sodra jy tekens van
 jou doodmaak. Sodra jy tekens soos hoofpyne,                    spanning identifiseer,
 slaaploosheid, eetprobleme of depressie herken, gaan            doen iets daaraan.
 spreek ŉ dokter vir hulp.

 Kry jou gedagtes weg van jou werk deur iets lekkers te       7. Breek weg deur iets
 doen. Jy kan byvoorbeeld fliek toe gaan of uiteet.              lekkers te doen.
 Daarna sal dit voel of jy vir ŉ naweek weg was.

 Skryf alles neer wat jou gelukkig maak. Soms sien jy         8.   Skryf alles wat jou
 eers die goeie dinge raak wanneer jy daarvoor soek of             gelukkig maak, neer.
 dit neerskryf.

                                                              TOTAAL AFDELING B:            10

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            7

AFDELING C: TAAL

ASSESSERINGSRIGLYNE

WOORD- EN SINSTRUKTURE

   Spelling moet korrek wees om punte te verdien.
   Die standaardvariant geld.
   Wanneer slegs een woord as antwoord gevra word, kry die kandidaat geen punte
    indien die opdrag nie uitgevoer is nie. (Kandidate moet nie die hele sin skryf nie, indien
    daar gevra word om net die woord te skryf.)
   Wanneer verlede tyd getoets word, moet ge- as EEN WOORD met die werkwoord
    geskryf word.
   Wanneer die infinitief getoets word, moet te in verbinding met die infinitief as TWEE
    WOORDE geskryf word.
   Verder tel spelling glad nie indien anders vereis word – veral met een woord
    antwoorde; behalwe waar spelling getoets word.
   Taalfoute word gepenaliseer waar taalstrukture gevra word.
   Waar afkortings getoets word, moet die punktuasie ook korrek wees om ’n punt te
    verdien.
   Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord aanvaar.
   Streekstaal kan nie in ag geneem word nie.
   Indien die opdrag lui dat die kandidaat die sin soos volg moet begin, hoef die hele sin
    nie uitgeskryf te word nie.
   LET WEL: Waar advertensie- en strokiesprenttegnieke gevra word, tel taal- en
    spelfoute nie, tensy dit die betekenis van die sin beïnvloed.
   Indien die opdrag lui dat die kandidaat die sin moet oorskryf, moet die hele sin
    uitgeskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                      (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 3: ADVERTENSIE

3.1   jeug                                         Voltooi die uitdrukking.          (1)    1
3.2   Domestos te koop                             Herkenning van en
      Skole te help verbeter                       funksionaliteit en impak van
                                                    manipulerende taal.               (1)    3
3.3   Met die S wat herhaal word, speel die Kennis van die funksionaliteit
      adverteerder met klanke sodat die             van die gebruik van alliterasie
      SUPER SKOOL uitstaan / om te wys / / klankryke taal in
      beklemtoon dat Domestos Saphinda ŉ advertensies.
      Super Skool gemaak het. 
      Dit klink lekker vir die leser, hy/sy wil die
      advertensie lees/verder lees.                                                  (1)    3
3.4   Die woorde speel op mense se                  Kennis van die funksionaliteit
      gevoel/emosies omdat daar verskillende en impak van die gebruik van
      regte in SA is en ŉ skoon omgewing is emosionele taal in
      een van hulle.                               advertensies.
      Sodat ander besighede kan bydra tot ŉ
      skoner skoolomgewing. 
      Domestos wil sê hulle gee om vir
      (basiese) menseregte. 
      Domestos wil ŉ beter lewe vir mense /
      Suid-Afrikaners/leerders gee. 
      (Of soortgelyke antwoord)                                                       (1)    3
3.5   Sy wil beter as al die ander dokters          Kennis van funksionaliteit van
      wees.                                        die gebruik van spesifieke
                                                    woordkeuse (oortreffende
                                                    trap) in advertensies.            (1)    3
3.6   3.6.1 Omdat Thembeka “ek” gebruik, Kennis van die funksionaliteit
               praat sy namens die kinders in van aanspreekvorme
               haar skool en in ander skole         ek/jy/julle in advertensies.
               (wat Domestos gehelp het). 
               Die leser sal met Thembeka /
               die probleem kan identifiseer /
               persoonlik raak / wek simpatie
               op. 
               Sy is gelukkig en vind self baat
               daarby.                                                               (1)    4
      3.6.2 Met die gebruik van die
               eerstepersoonspreker, kry die
               advertensie ŉ persoonlike
               aanslag en Domestos “praat”
               met almal in SA waarvan hulle
               deel is. 
               Hulle wil wys dat hulle deel is
               van alle skole. 
               Hulle help skole, dus help hulle
               almal.                                                                (1)    4

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             9

3.7    Ander maatskappye sodat hulle ook       Kennis van die funksionaliteit
       sal help om skole te verbeter.  OF     en impak van manipulerende
       Gesinne wat Domestos koop sodat         taal in advertensies. (Die
       hulle huis ook skoon kan wees.  OF     antwoord moet rasioneel
       Skole wat dieselfde probleme het wat    en realisties binne konteks
       Domestos vir hulp sal kontak.  OF      wees.)
       Mense / lesers wat sulke produkte wil
       koop.                                                                   (1)     4
3.8    Sy bevestig en beklemtoon hoe dit was   Kennis van die funksionaliteit
       en hoe dit daarna is en dat sy eendag   en impak van adjektiewe in
       die beste wil wees.                    advertensies.
       Sy wil die verandering / verbetering
       beklemtoon. 
       Sy (die adverteerder) wil beklemtoon
       hoe sleg die toilette was en hoe dit
       verander het.                                                           (1)     4
                                                                                       [9]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 4: STROKIE

4.1 4.1.1    Figuurlik                            Woordeskat en insig in die
                                                   gebruik van figuurlike taal.    (1)    4
     4.1.2  Die letterlike gebruik daarvan is      Woordeskat en insig in die
            rommel / vullis.           OF         gebruik van figuurlike taal
            Die onderwyser wil sê dat Neelsie      binne konteks.
            hopeloos / niksnuts / deugniet is.                                    (1)    3
4.2 Hulle kry Neelsie jammer (omdat sy boeke en    Funksionaliteit van
    tas weg is.)                                  leestekens.
                                                   (of enige logies
                                                   beredeneerde antwoord).         (1)    2
4.3 B / gras                                      Kennis van idiomatiese
                                                   taal.                           (1)    1
4.4 Neelsie het nie mooi verstaan wat die ander    Begrip en verstaan van
    woorde beteken nie.                     OF    geïmpliseerde woorde
    Hy het net die woord KLEIN verstaan en         binne konteks deur
    wanneer hy vir sy pa vertel, beklemtoon hy     karakters en lesers.
    die woord.                              OF
    Hy het die woord hardop gesê en wou nie
    ander (beledigende) woord sê nie.                                             (1)    1
4.5 Hy skree                         OF           Begrip en verstaan van
    sy hare krul op sy kop           OF           gesigsuitdrukkings binne
    hy trek sy gesig                 OF           konteks.
    hy trek sy mond                  OF
    as hy skree spat daar spoeg uit sy
    mond.                            OF
    Sy oë is toe.                    OF
    Hy frons.                        OF
    Sy gesigsuitdrukking wys dat hy kwaad is.                                     (1)    3
4.6 Dat hy nie werk kan / hoef te doen nie.       Begrip en verstaan van
    Hy’s verlig.                                  suggestie binne konteks.
    Sy skoolwerk / boeke / huiswerk is nie
    gedoen / op datum / voltooi nie.                                              (2)    3
4.7 Daar is stofwolkies onder sy voete.  OF       Begrip en verstaan van
    Die lyne agter hom wys dat hy vinnig           visuele aanwysings /
    beweeg.                                 OF    riglyne van vinnige
    Hy het die deur gebreek.                OF    beweging in die skets.
    Sy oë is groot (soos pierings).                                               (1)    3
4.8 Neelsie is goed vir niks nie.           OF    Woordskat
    Neelsie beteken niks nie                OF    Verstaan en verduideliking
    Neelsie kan niks reg doen nie                 van woord binne konteks.
                                                   (of enige logies
                                                   beredeneerde antwoord).         (1)    1
                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           11

 VRAAG 5: PROSA

 5.1    5.1.1   Indien die kandidaat sin 1 kies:      Interpretasie van opskrifte
        5.1.2   Die antwoord kan bv. wees dat die     en implisiete boodskap /
                vraag die leser “uitnooi” om verder   betekenis.
                te lees om te sien wat drank aan      Geen punt word vir 5.1.1
                jou liggaam doen.                    toegeken nie.
                Die leser verwag redes en wil
                verder lees / word aangemoedig
                om verder te lees. 
                (Of soortgelyke antwoord.)
 5.1    5.1.1 Indien die kandidaat sin 2 kies:
        5.1.2 Dit is reeds ŉ vooraf stelling dat
                drank sleg is en dat die gedeelte
                wat daarop volg dit bevestig 
                Dit beklemtoon dat drank jou
                liggaam verniel en die leser wil
                verder oor hierdie gevaar lees. 
                (Of soortgelyke antwoord.)                                            (1)        3
 5.2    Ná drie eenhede alkohol word jou reaksie      ... daarom werk ... Korrekte
        stadiger daarom werk jou lewer harder         gebruik van voegwoord.
        om die gif uit jou liggaam te kry.           Kandidaat moet die twee
                                                      sinne, soos in die
                                                      vraestel versoek, volledig
                                                      neerskryf anders verbeur
                                                      hy die punt.                    (1)        2
 5.3    Ná ses eenhede sal jy depressief raak.       Gebruik van die
                                                      toekomende tyd.
                                                      Die korrekte plasing van die
                                                      hulpwerkwoord en
                                                      hoofwerkwoord wat na die
                                                      einde van die sin skuif.        (1)        2
 5.4    Jy het naar gevoel  en jy kon jou            Die korrekte plasing van die
        bewussyn verloor (het).                      hulpwerkwoord het en
                                                      hoofwerkwoord voel wat na
                                                      die einde van die sin skuif
                                                      met ge-.
                                                      Kan verander na kon.
                                                      Het is opsioneel aan die
                                                      einde van die sin.              (2)        1
 5.5    vier-en-twintig OF vier en twintig.          Korrekte spelling.              (1)        1
 5.6    ml                                           Korrekte afkorting. Sonder
                                                      punte en slegs
                                                      kleinlettertjies.               (1)        1
 5.7    lei                                          Gebruik van korrekte woord.     (1)        1
 5.8    Kenners sê: “Sosiale drinkery is baie         Gebruik van die direkte
        gewild onder jongmense.”                     rede.
                                                      Korrekte plasing van die
                                                      koppelwerkwoord asook
                                                      die korrekte gebruik van
                                                      leestekens om ŉ punt te
                                                      verdien.                        (1)        2
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (SEPTEMBER 2014)

 5.9    gevaarlikste                              Gebruik van die
                                                   oortreffende trap.             (1)       1
 5.10 Skoolkinders sê dat hulle  elke week        Gebruik van indirekte rede.
      drink om dronk te word.”                    Werkwoord wat moet skuif
                                                   tot voor die infinitief (1
                                                   punt).
                                                   Die 1ste persoon verander
                                                   na 3de persoon (1 punt).       (2)       2
 5.11 weekliks                                    Korrekte kennis en gebruik
                                                   van bywoord.                   (1)       1
 5.12 Vyf of meer drankies word kort na mekaar     Gebruik aktiewepassiewe
      deur hulle gedrink.                         vorm: teenwoordige tyd.
                                                   VW + WORD + Wyse +
                                                   DEUR + OW + GE(ww).            (1)       2
 5.13 Nee, ek het nog nooit 5 shooters binne 5     Kennis en korrekte gebruik
      min gedrink nie.                            van die ontkennende vorm /
                                                   negatief.
                                                   Korrekte gebruik van nog
                                                   nooit met nie aan die einde
                                                   van die sin om ŉ punt te
                                                   verdien.                       (1)       1
                                                                                 [15]

VRAAG 6: PRENT

6.1    om                                        Gebruik van voorsetsel.         (1)       1

6.2    bril                                      Gebruik van korrekte woord.     (1)       1

6.3    braaidrom                                 Woordeskat.                     (1)       1

6.4    T-hemp                                    Woordeskat.                     (1)       1

6.5    lank                                      Korrekte gebruik van die
                                                  adjektief (b.nw.).              (1)       1

6.6    Die by het die kind op sy arm gesteek.    Korrekte gebruik en kennis
       (Insek met vlerke!)                        van woordsoorte.                (1)       2
                                                                                  [6]

                                                             TOTAAL AFDELING C:             40
                                                                 GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sep2014/785c2a86-0b38-49fe-89ac-e6161599d445) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014-memo/9f8d1fc4-699b-4d06-ba7d-7308f6faade4) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR FAL P1 GR11 MEMO SEPT2021](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-gr11-memo-sept2021/1980ebcd-61c5-4f9d-abd6-bbff21009e98) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 MEMO SEPT 2017 2](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2017-2/f72138fc-6cf9-411c-885d-805e2eb9d364) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [AFRFAL P1 GR12 MEMO SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2015/83c77c1e-56e1-481b-aa50-ebba81f16643) — Afrikaans FAL · Memo · 2015

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
