# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                  SEPTEMBER 2014

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                          *AFRFA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A:         KYK- EN LEESBEGRIP (VRAAG 1)                     (30)

        AFDELING B:         OPSOMMING (VRAAG 2)                              (10)

        AFDELING C:         TAAL (VRAAG 3, 4, 5 en 6)                        (40)

 2.     Lees ALLE instruksies baie deeglik.

 3.     Beantwoord AL die vrae.

 4.     Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

 6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 7.     Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

 8.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 9.     Aanbevole tydsindeling:

        AFDELING A:               50 minute

        AFDELING B:               30 minute

        AFDELING C:               40 minute

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             3

 AFDELING A: KYK- EN LEESBEGRIP

 VRAAG 1: ARTIKEL

 Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

                                        BESOEDELING

 1.    Elke mens hou daarvan om skoon te wees. Jou liggaam moet skoon wees, jou
       tande moet geborsel word en jou hare moet netjies gekam wees. ŉ Mens hou ook
       daarvan dat jou huis stofvry moet wees.

 2.    Maar dit lyk nie of moderne mense van ŉ skoon aarde hou nie. Die “groenes”
       skreeu al lankal dat mense nie omgee nie: mense is besig om die wêreld te
       vernietig.

 3.    Besoedeling beteken om vuil te maak: ons planeet se lug, sy
       grond, sy water en selfs die water onder die aarde. Dit word
       byvoorbeeld deur fabrieke en radioaktiewe rommel asook
       insekgif veroorsaak. Besoedeling kan die lewe van mens, dier
       en plant baie kwaad aandoen. Dit kan siektes, stadiger groei
       en selfs die dood veroorsaak.

 4.    Selfs baie harde geraas kan as besoedeling gesien word, bv. deur vliegtuie by
       besige lughawens of deur motorverkeer. Te veel lawaai kan jou doof maak. Dit het
       ook ander nadele soos bv. jou senuweestelsel wat kan doodgaan.

 5.    Vir ons gesondheid is lugbesoedeling die slegste. Die lewe op aarde is afhanklik
       van ŉ balans tussen die produksie van koolstofdioksied (CO2) deur diere, vulkane en
       die produksie van suurstof (O2) deur die fotosintese van groen plante.

 6.    Die vrystelling van te veel koolstofdioksied deur fabrieke en die oorgebruik van
       natuurlike bronne soos steenkool en natuurlike bosse wat vernietig word, beïnvloed
       die natuur se balans. Motors se uitlaatpype en rook uit fabrieke se skoorstene gee
       ook te veel giftige gasse af.

 7.    Suurreën, wat die plantegroei beskadig, is ook ŉ vorm van lugbesoedeling. Dit kan
       selfs gebeur dat die giftige gasse wat in een land vrygestel word, as suurreën in ŉ
       ander land val om skade aan die plante- en dierelewe asook aan geboue aan te rig.
       Drinkwater word ook besoedel.

 8.    Fabrieke wat te veel rook en giftige gasse in die lug instuur, is die grootste rede van
       lugbesoedeling.

 9.    Ons kan dit keer deur natuurlike elektrisiteit te produseer sodat alle huise dit kan
       gebruik.

 10. Die storting van vuilgoed veroorsaak grondbesoedeling, veral as dit onbeheerd
     gedoen word. Die mens is stadig besig om homself onder die berge afvalstowwe wat
     hy maak te begrawe ... of dit nou radioaktiewe- of gewone huisrommel is.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           (SEPTEMBER 2014)

 11. Orals groei rommelberge, selfs langs belangrike toeristepaaie. Die meeste vullis
     beland wel op die regte rommelhope, maar plek hiervoor raak min. Hierdie plekke
     bevat alle soorte huisrommel, skoonmaakmiddels en insekgif.

 12.                                        Maar dit is nie al nie. Baie gemors wat op ons
                                            mynhope is, word in die damme by die myne, wat
                                            dikwels langs woongebiede is, gegooi. Myngrond is
                                            dooie grond. Daarom moet gras en plante op die
                                            mynhope geplant word. As dit nie gebeur nie, kom
                                            grond- en winderosie voor. Winderosie lei tot groot
                                            stofstorms wat baie sleg vir ŉ mens se gesondheid
                                            is.

 13. Slegte stowwe soos metale, fabrieksrommel en insekgif wat in die riviere gegooi
     word, is ŉ baie belangrike bewys dat water besoedel word.

 14. Fabrieke, wat belangrik vir die land se ontwikkeling is, is die grootste rede dat die
     omgewing lelik gemaak word. Die afvalwater van fabrieke wat onwettige giftige
     chemikalieë in het, beland in ons riviere.

 15. Hittebesoedeling vind plaas wanneer warm water, wat vir verkoeling van fabrieke
     gebruik word, in riviere gepomp word. Die verhoogde watertemperatuur vernietig
     waterlewe.

 16. Insekgif, kunsmis en onkruiddoders wat boere gebruik, is nog ŉ groot oorsaak van
     waterbesoedeling. Reënwater spoel hierdie chemikalieë in riviere wat later in die
     see vloei.

 17. Seebesoedeling is wanneer besoedelde riviere, riool, olie en ander baie giftige
     produkte in die see beland.

 18. Die besoedeling van die see met riool is baie hartseer. Die ideaal is dat riool by ŉ
     rioolaanleg behandel moet word voordat dit in die see gepomp word.

                              [Artikel (verwerk en aangepas): http://www.mieliestronk.com/besoedeling.html
                                                                     Foto: DLS / U.S. Fish & Wildlife Service]

 WOORDEBOEKGEBRUIK

 Pro·du·seer: ww.         Voortbring, maak. ŉ Fabriek produseer nuwe produkte.
 On·be·heer(d): b.nw. en bw. Sonder beheer of buite beheer. Die onbeheerde leerlinge
                het die skool se vensters gebreek en die deure uitgeskop.
 On·kruid·doders: s.nw.         Gif om vuilgoed en wilde plante dood te maak.
 Ri·ool: s.nw.       Vuil water, afvalwater.
 Ri·ool·aan·leg: s.nw.        ŉ Plek waar riool skoongemaak word.

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             5

 VRAE

 1.1    Waarvan hou moderne mense blykbaar nie?                                            (1)

 1.2    Noem TWEE tipes besoedeling wat algemeen voorkom.                                  (2)

 1.3    Hoe kan geraas ŉ mens se gesondheid beïnvloed? Haal slegs ŉ deel van ŉ
        sin as jou antwoord aan.                                                           (1)

 1.4    Hoe beïnvloed waterbesoedeling die mens?                                           (1)

 1.5    Waarna of na wie verwys die “groenes” in paragraaf 2?                              (1)

 1.6    Verduidelik die volgende uitdrukking:

        “Myngrond is dooie grond.” (par 12)                                                (1)

 1.7    Hoe kan myne lugbesoedeling veroorsaak?                                            (1)

 1.8    Wat kan fabrieke doen om te keer dat vuil water nie in riviere beland nie?
        Noem TWEE moontlikhede.                                                            (2)

 1.9    Gee TWEE redes hoe fabrieke die land se water negatief beïnvloed.
        (par 14 en 15)                                                                     (2)

 1.10 Waarom is lugbesoedeling baie sleg vir ons gesondheid?                               (1)

 1.11 Op watter TWEE maniere, dink jy, beland onkruiddoders en insekgif in die
      see? Beantwoord in TWEE volsinne en in jou eie woorde.                               (2)

 1.12 Hoekom, dink jy, is besoedeling sleg vir toerisme in ons land?                       (1)

 1.13 Noem TWEE dinge wat ŉ boer op sy plaas gebruik wat besoedeling
      veroorsaak.                                                                          (2)

 1.14 Hoekom word daar na rommelberge verwys en nie na rommelhope nie?                     (1)

 1.15 Hoekom, dink jy, word natuurlike bosse vernietig en bome afgekap?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1             (SEPTEMBER 2014)

    Lees die onderstaande advertensie goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

3

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          7

 VRAE:

 1.16   Wat kry elke speler, wat aan die gholfdag deelneem, gratis?                       (1)

 1.17   “... slaan ŉ slag vir Suid-Afrika se skole”.

        1.17.1       Het die bogenoemde uitdrukking ŉ denotatiewe, of ŉ konnotatiewe
                     betekenis?                                                           (1)

        1.17.2       Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 1.17.1.                         (2)

 1.18   Wat moet jy doen om die Samsung HD platskerm TV te wen?                           (1)

 1.19   Noem TWEE borge van die kompetisie.                                               (1)

 1.20   Vir wie moet jy vir meer inligting kontak?                                        (1)

 1.21   In watter provinsie is die gholfbaan?                                             (1)

 1.22   Kies die antwoord wat die sin KORREK voltooi. Skryf slegs die
        vraagnommer en die antwoord neer; bv. 1.22 E.

        Jy mag die eerste prys ... benut.

        A          tydens die skoolkwartaal en naweke
        B          enige tyd van die jaar
        C          tydens langnaweke en skoolvakansies
        D          gedurende naweke en skoolvakansies                                     (1)

 1.23   Op watter manier, dink jy, kan die gholfdag skole help?                           (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 INSTRUKSIES

 Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

     Skryf 7 wenke hoe om stres in jou lewe te verminder, neer.
     Skryf die wenke puntsgewys neer.
     Nommer die sinne van 1 tot 7.
     Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
     Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

                 HOE OM STRES IN JOU LEWE TE VERMINDER

 1.   Stres in die moderne en gejaagde lewe is een van die grootste
      moordenaars. Enige mens het nodig om van stres ontslae te raak. Dit kan
      op verskillende maniere gedoen word.

 2.   Ontspan sodra jy tuiskom. Dit is belangrik om ontspanningstyd vir jouself te
      maak, al is dit net vir ŉ kort rukkie. Jy kan byvoorbeeld tyd saam met jou
      familie deurbring of om met jou hond of kat te speel.

 3.   Kry vars lug deur oefening buite te doen. Oefening ná ŉ moeilike dag sal jou
      beter laat voel en jou spanning verminder.         Stap, swem, fietsry as
      voorbeelde van oefeninge, kan ŉ groot verskil in hoe jy voel, maak

 4.   Neem ŉ week vakansie sodat jy kan wegkom van werkstres. Onthou net dat
      wanneer jy met vakansie weggaan, jy liewer jou werk tuis moet los sodat jy
      jouself kan dwing om te ontspan en nie om vakansietyd aan werk af te staan
      nie.

 5.   Doen iets prakties soos byvoorbeeld ŉ stokperdjie wat jy geniet. Die
      stokperdjie kan sport of handwerk wees.

 6.   Leer om die tekens van spanning te identifiseer voor dit jou doodmaak.
      Sodra jy tekens soos hoofpyne, slaaploosheid, eetprobleme of depressie
      herken, gaan spreek ŉ dokter vir hulp.

 7.   Kry jou gedagtes weg van jou werk deur iets lekkers te doen. Jy kan
      byvoorbeeld fliek toe gaan of uiteet. Daarna sal dit voel of jy vir ŉ naweek
      weg was.

 8.   Skryf alles neer wat jou gelukkig maak. Soms sien jy eers die goeie dinge
      raak wanneer jy daarvoor soek of dit neerskryf.

                                                               [Verwerk: Lig, Julie 2013]

                                                             TOTAAL AFDELING B:             10

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                               9

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Die vrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.

                                              [Verwerk Uit: Huisgenoot, 26 September 2013. bl.53]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (SEPTEMBER 2014)

VRAE:

3.1    Voltooi die bekende uitdrukking deur die korrekte antwoord te kies. Skryf
       slegs die vraagnommer (3.1) en die korrekte antwoord neer.

       Die toekoms is in die ... se hande.

       A       onderwys
       B       regering
       C       besighede
       D       jeug                                                                     (1)

3.2    Voltooi die sin.

       Die advertensie is ŉ voorbeeld van ŉ manipulerende teks. Dit manipuleer
       die leser om ...                                                                 (1)

3.3    Waarom, dink jy, is die gebruik van alliterasie by Saphinda Sekondêr, ŉ
       Super Skool funksioneel?                                                         (1)

3.4    Hoekom, dink jy, staan in die advertensie dat sanitasie ŉ basiese
       mensereg is?                                                                     (1)

3.5    Hoekom gebruik Thembeka die OORTREFFENDE TRAP van die woord
       beste in die volgende sin:

       “... en ek wil eendag die beste dokter word.”                                    (1)

3.6    Hoekom word die eerstepersoon in die advertensie gebruik deur:

       3.6.1    Thembeka. Sy sê: “Ek is gelukkig. Ek was bang.”                         (1)

       3.6.2    Domestos wat sê dat meer as 50% van ons skole nie spoeltoilette
                het nie.                                                                (1)

3.7    Wie is die teikengroep van die advertensie?                                      (1)

3.8    Wat, dink jy, is die doel dat Thembeka so baie beskrywende woorde
       (adjektiewe) gebruik.                                                            (1)
                                                                                        [9]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                11

 VRAAG 4: STROKIE
 Die vrae wat volg, is op die strokies hieronder gebaseer.

                                        [Aangepas: Meester en Neelsie. www.daniecronje.co.za.]

 VRAE:

 4.1    Meneer sê dat Neelsie ŉ gemors is. (strokie 1, raampie 1)

        4.1.1      Word gemors hier letterlik of figuurlik gebruik?                               (1)
        4.1.2      Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 4.1.1.                                    (1)
 4.2    Wat suggereer die UITROEPTEKENS [!] in strokie 3, raampies 1 en 2?                        (1)
 4.3    Kies die woord om die IDIOOM korrek te voltooi. (strokie 2, raampie 1)
        Daar is ŉ slang in die ...
        A          klas.
        B          gras.
        C          kas.
        D          glas.                                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                        (SEPTEMBER 2014)

 4.4       Hoekom word klein in HOOFLETTERS geskryf? (strokie 1, raampie 3)

           Hy het gesê ek is KLEIN!                                                                   (1)

 4.5       Hoe weet ons, as ons na Meneer se gesig kyk, dat hy baie kwaad vir
           Neelsie is? (strokie 1, raampie 1)                                                         (1)

 4.6       Neelsie is bly sy tas is weg.

           Wat anders suggereer Neelsie se woorde: “Jippie! Dankie tog!”?
           (strokie 3 raampie 3)                                                                      (2)

 4.7       Deur na die prentjie te kyk, hoe weet ons dat Meneer die slang gesien en
           vinnig weghardloop het? (strokie 2, raampie 2)                                             (1)

 4.8       Wat beteken dit as Meneer sê dat Neelsie useless is?
           (strokie 1, raampie 2)                                                                     (1)
                                                                                                     [10]

 VRAAG 5: PROSA

 Die vrae wat volg, is op die prosastuk hieronder gebaseer.

 (5.1) (sin 1) Weet jy regtig wat ŉ paar drankies aan jou liggaam doen?
 (sin 2) ŉ Paar drankies verniel jou liggaam!

          Ná een drankie word jy meer ontspanne met baie selfvertroue.
          Ná twee drankies begin jou liggaam ontwater.
          (5.2) Ná drie drankies word jou reaksie stadiger en jou lewer werk harder
           om die gif van die alkohol uit jou liggaam te kry.
          Ná vier drankies raak jy emosioneel en deurmekaar.
          Ná vyf drankies begin jy sleg sien.
          (5.3) Ná ses drankies raak jy depressief.
          Ná agt drankies sukkel jy om te beheer wat jy sê en doen. (5.4) Jy voel naar
           en jy kan jou bewussyn verloor.
          Die limiet vir ŉ asemtoets is (5.5) 0,24 mg per (5.6) 1,000 milliliter, of ŉ
           bloedalkohol-limiet van 0,05 g per 100 milliliter. Baie alkohol in jou bloed
           kan tot jou dood (5.7) (ly / lei) omdat jy nie reg asemhaal nie of jou hart se
           ritme kan deurmekaar raak.
 (5.8) Kenners sê dat sosiale drinkery baie gewild onder jongmense is. Sosiale
 drinkery is ook die (5.9) gevaarlik vorm van drankgebruik.
 (5.10) Skoolkinders sê: “Ons drink (5.11) elke week om dronk te word. (5.12) Ons
 drink vyf of meer drankies kort ná mekaar.”
 (5.13) ŉ Onderwyser het ŉ 15-jarige gevra of hy al ooit 5 shooters binne 5 minute
 gedrink het.
                        [Verwerk en aangepas uit: Huisgenoot.com_new/leefstyl/gesondheid_leefstyl
                                                 Gepubliseer op 26/8/2013 in Gesondheid, Leefstyl]

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                13

 5.1    Lees die sinne wat sin 1 en sin 2 genommer is.
        5.1.1      Kies die opskrif wat vir jou die beste by die paragraaf pas:
                   Sin 1: Weet jy regtig wat ŉ paar drankies aan jou liggaam doen?
                   (Vraagsin)
                   Sin 2: ŉ Paar drankies verniel jou liggaam! (Uitroep)
        5.1.2      Motiveer jou keuse in VRAAG 5.1.1.                                             (1)
 5.2    HERSKRYF die volgende sinne deur die VOEGWOORD en met daarom te
        vervang. Skryf beide sinne volledig uit.
        Ná drie eenhede alkohol word jou reaksie stadiger en jou lewer werk harder
        om die gif uit jou liggaam te kry.                                                        (1)
 5.3    Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD oor.
        Ná ses eenhede raak jy depressief.                                                        (1)
 5.4    Skryf die sin in die VERLEDE TYD oor.
        Jy voel naar en jy kan jou bewussyn verloor.                                              (2)
 5.5    Skryf die syfer 24 in woorde uit.                                                         (1)
 5.6    Gee die afkorting van die onderstreepte woord. Skryf slegs die AFKORTING
        as jou antwoord neer.
        Die limiet vir ŉ asemtoets is 0,24 mg per 1 000 milliliter.                               (1)
 5.7    Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies. Skryf slegs die korrekte
        antwoord neer.
        ŉ Hoër bloedalkohol-limiet kan tot jou dood (ly / lei).                                   (1)
 5.8    Skryf die volgende sin in die DIREKTE REDE oor.
        Kenners sê dat sosiale drinkery baie gewild onder jongmense is.
        Begin die sin so: Kenners sê: ...                                                         (1)
 5.9    Gee die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs
        die woord as antwoord neer.
        Sosiale drinkery is ook die (gevaarlik) vorm van drankgebruik.                            (1)
 5.10 Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE oor.
      Skoolkinders sê: “Ons drink elke week om dronk te word.”
      Begin so: Skoolkinders sê dat ...                                                           (2)
 5.11 Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as
      antwoord neer.
      Kinders sê: “Ons drink (elke week) om dronk te word.”                                       (1)
 5.12 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM oor.
      Hulle drink vyf of meer drankies kort ná mekaar.                                            (1)
 5.13 Beantwoord die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.
      Het jy al ooit 5 shooters binne 5 minute gedrink?
      Begin so: Nee, ek ...                                                                       (1)
                                                                                                 [15]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 6: PRENT

 Die vrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.

                                                     [Uit: Afrikaans is lekker, LB. Gr 12. 2007]

 Gebruik die woorde in die lys hieronder om sinne 6.1–6.5 korrek te voltooi.

 T-hemp        om                   bril          braaidrom                 lank
 lang          rondom               bloes         pot                       brille

 6.1    Die kinders hardloop ... die huis.                                                          (1)

 6.2    Oupa het ŉ ... op en rook ŉ pyp.                                                            (1)

 6.3    Die mans braai vleis op ŉ ...                                                               (1)

 6.4    Die man wat vleis braai, het ŉ ... aan.                                                     (1)

 6.5    Die ouma wat langs die tafel staan se rok is baie ...                                       (1)

 6.6    Gebruik die onderstreepte voorsetsel as ŉ SELFSTANDIGE NAAMWOORD
        in ŉ sin. Skryf die sin volledig uit.

        Die meisie staan by haar vriend wat braai.                                                  (1)
                                                                                                    [6]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:                 40
                                                                     GROOTTOTAAL:                   80

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRFAL P3 GR12 QP SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-qp-sept2014/426edd00-4d69-4927-aea4-00ef020a399f) — Afrikaans FAL · QP · 2014
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [Gr12 AFRFA P1 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
