# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2015/e90cec65-4a1b-4efc-95f8-ea388d8faa8d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2015/e90cec65-4a1b-4efc-95f8-ea388d8faa8d)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2015

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                             *AFRFA1*

                 Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A:      LEESBEGRIP (VRAAG 1)                                (30)
        AFDELING B:      OPSOMMING (VRAAG 2)                                 (10)
        AFDELING C:      TAAL (VRAAG 3, 4, 5 en 6)                           (40)

 2.     Lees ALLE instruksies baie deeglik.

 3.     Beantwoord AL die vrae.

 4.     Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

 6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 7.     Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

 8.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 9.     Aanbevole tydsindeling:

        AFDELING A:      50 minute
        AFDELING B:      30 minute
        AFDELING C:      40 minute

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1: ARTIKEL

 Lees die onderstaande artikel goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

                            ENIGE BOBBEJAAN KAN ROOK!

  1    Rook is gevaarlik vir enige mens. Miskien sal daar
       nog ŉ tyd kom wanneer mense sal terugkyk en
       dink: hoe is dit moontlik dat miljoene mense, terwyl
       hulle weet van al die gevare, hulle graf met ŉ
       brandende stukkie twak tussen hul lippe gegrawe
       het.

 2     In tabakrook, waarmee baie mense hul longe so heerlik besoedel, kruip daar
       verskillende en baie ernstige gevare weg. Een daarvan is die baie bekende
       nikotien, ŉ giftige, vloeibare stimulant wat in tabakblare voorkom.

 3     Baie mense weet dit nie, maar nikotien is na ŉ persoon vernoem. Hy was Jean
       Nicot de Villemain (1530–1600), ŉ Franse diplomaat en die eerste mens wat tabak
       in Frankryk ingevoer het. Tabak is uit die Amerikas na Europa gebring ná die
       ontdekking van die nuwe wêreld deur Christopher Columbus.

 4     Na moderne medici tabakrook met longkanker, hartsiektes, chroniese brongitis,
       emfiseem en ander siektes verbind het, is intensiewe veldtogte in baie lande begin
       om die gebruik van tabak te verminder. Dit het ook in Suid-Afrika gebeur.

 5     In Julie 2000 het ŉ Amerikaanse jurie skadevergoeding van $145 miljard
       toegestaan in ŉ eissaak teen vyf tabakfirmas en twee navorsingsorganisasies.
       Daar is bevind dat meer as 500 000 rokers in die Amerikaanse staat Florida weens
       hul rookgewoonte aan hartsiekte, longkanker en ander siektes gely het. Die stryd
       teen rook is regtig aan die brand!

 6     Maar wat is daar alles in rook wat dit so lewensgevaarlik maak? As sigaret- en
       pyprook vergelyk word, is die dampe wat ŉ brandende sigaret afgee en deur die
       roker ingeasem word, die gevaarlikste. Pyprokers is baie meer vatbaar as
       nierokers vir lip-, tong-, mond- en keelkanker.

 7     Tieners wat rook, is drie keer meer geneig as nierokers om alkohol te gebruik en
       agt keer meer geneig tot daggarokery.

 8     Rook het nie net ŉ slegte uitwerking op die gesondheid nie, maar kan ook
       sielkundige probleme, soos depressie, by jong mense veroorsaak.

 9     Navorsers sê hoërskoolleerlinge wat gereëlde rokers is en vroeg-vroeg begin rook
       het, is:
         2,4 keer meer geneig tot siektes as hul nierokende vriende;
         2,4 tot 2,7 keer meer geneig om slym of bloed te hoes, kortasem te wees terwyl
           hulle nie oefening doen nie en aamborstig te wees of te hyg;
         3,0 keer meer geneig om ŉ sielkundige te spreek weens ŉ emosionele of
           sielkundige probleem.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          (EC/SEPTEMBER 2015)

 10   In Suid-Afrika se Wysigingswet op Tabakbeheer (Wet 12 van 1999) staan dat daar
      nie meer in openbare plekke gerook mag word nie.             Dit sluit bioskope,
      winkelsentrums, busse, lughawens, werkplekke, ensovoorts in.

 11   Almal kan nou ŉ skoner omgewing geniet. Die dampe wat ŉ mens laat hoes tot jou
      oë traan, is verby. Rokers mag net in spesiale rookkamers rook waar hulle nie
      langer die nierokers met hul rook kan irriteer nie.

 12   Alle mense moet nou oorreed word dat rook sommer twak is.

 13   Maar ŉ nuwe soort sigaret het nou op die mark verskyn: die e-sigaret. E-sigarette
      bevat slegs 60% nikotien van ŉ tradisionele sigaret wat wel die verslawing aan
      sigarette kan verminder.

 14   Verskeie studies het gewys dat die gasse van ŉ e-sigaret kanker kan veroorsaak.
      Die gasse wat jy inasem, het baie klein partikels soos tin, chroom, nikkel en ander
      swaar metale in wat ŉ mens se longe kan beskadig. Omdat hierdie deeltjies so
      klein is, kan dit diep in die longe ingeasem word. Dit kan asma, brongitis en
      inflammasie van die longe vererger.

 15   Een roker het gesê dat sy tong na 2 jaar se rook swart geword het. ŉ Ander roker
      vertel dat ŉ sigaret in sy mond ontplof het en hy moes verskeie operasies in sy
      mond ondergaan.

 16   Mense wat ook in die geselskap van e-rokers is, kan ook allergiese probleme
      ontwikkel as gevolg van tweederangse rookinaseming. Hierdie allergieë is
      gewoonlik asma of kortasem.

 17   Dit maak daarom nie saak wat jy rook nie, of dit sigarette of e-sigarette is, dit is
      sleg vir jou gesondheid.
                                                 [Aangepas uit: http://www.mieliestronk.com/rookgevaar.html
                               http://www.scientificamerican.com/article/smoke-screen-are-e-cigarettes-safe/]

 WOORDEBOEKGEBRUIK

 Vloeibaar: fluïditeit’ s.nw. Toestand van vloeibaar, onvas te wees, vloeibaarheid.

 Eissaak s.nw. ŉ Hofsaak waar jy iets eis, soos bv. geld wat jou toekom; ŉ eis instel
                vir skadevoergoeding.

 Navorsingsorganisasie s.nw. ŉ Plek waar navorsing gedoen word. ŉ
                                    Ondersoek om nuwe feite te vind.

 Aamborstig b.nw. (med) Met slym op die bors. Die aamborstige kind hoes heeldag.

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             5

1.1     Haal DRIE agtereenvolgende woorde in paragraaf 1 aan wat na ŉ sigaret
        verwys.                                                                                (1)

1.2     Watter giftige middel kom in sigarette voor?                                           (1)

1.3     Wie was die persoon wat tabak aan Europa bekend gestel het?                            (1)

1.4     Hoe beïnvloed rook ŉ mens se gesondheid? Noem TWEE dinge.                              (2)

1.5     Waar, dink jy, is die nuwe wêreld? (paragraaf 3)                                       (1)

1.6     Verduidelik die volgende uitdrukking:
        Die stryd teen rook is regtig aan die brand!                                           (1)

1.7     Watter probleme kan deur pyprook veroorsaak word? Noem slegs EEN
        probleem.                                                                              (1)

1.8     Pyprook is minder gevaarlik as sigaretrook.
        Haal ŉ deel van ŉ sin aan om die stelling te bewys.                                    (1)

1.9     Hoekom, dink jy, kan tieners meer geneig wees om aan te hou alkohol te
        misbruik en dagga te rook?                                                             (2)

1.10    Rook gee ŉ mens net gesondheidsprobleme.

        1.10.1    Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?

        1.10.2    Haal ŉ deel van ŉ sin aan om jou standpunt te motiveer.                      (1)

1.11    Noem EEN gevaar wat daar is as ŉ mens te vroeg begin rook.                             (1)

1.12    Hoe, dink jy, probeer die skrywer jou siening oor rook beïnvloed?                      (2)

1.13    Waarvoor staan e- in e-sigaret?                                                        (1)

1.14    Verduidelik in ŉ volsin hoekom dit sleg vir jou vriende se gesondheid is, as
        hulle naby jou staan wanneer jy rook.                                                  (1)

1.15    Verduidelik hoekom e-sigarette minder verslawend as gewone sigarette is.               (1)

1.16    Verduidelik die onderstreepte uitdrukking in die volgende sin in jou eie
        woorde.

        Alle mense moet nou oorreed word dat rook sommer twak is.                              (2)

1.17    1.17.1        Word die uitdrukking in die titel, Enige bobbejaan kan rook,
                      LETTERLIK of FIGUURLIK gebruik?                                          (1)

        1.17.2        Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                             (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1          (EC/SEPTEMBER 2015)

 Lees die onderstaande resensie goed deur en beantwoord die vrae wat volg.

                           WHEN A STRANGER CALLS

 1.18    Wie speel die hoofrol in hierdie film?                                       (1)

 1.19    Kies die korrekte antwoord vir die volgende woord. Skryf slegs die
         vraagnommer en die korrekte letter as jou antwoord neer bv. 1.19 E.

         Grilvrate is mense wat ...

         A      daarvan hou om te gril.
         B      vrate is en baie eet.
         C      gereeld van idees verander.
         D      van aaklige dinge hou.                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                         7

    1.20   Waarom, dink jy, loer mense onder hulle beddens wanneer hulle gaan
           slaap?                                                                       (1)

    1.21   Hoe weet jy dat die film baie goed is?                                       (1)

    1.22   Hoe weet ons dat die skelm nie by die baba-oppasser is nie?                  (1)

    1.23   Haal EEN woord aan wat vir ons sê dat die plaas ver weg van ander
           plekke of mense is.                                                          (1)

    1.24   Hoekom sal die film, When a Stranger Calls, ŉ fliekganger bang maak?         (1)

3
                                                          TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                 (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 INSTRUKSIES

 Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

 1.   Skryf SEWE wenke hoe om jou vir die nuwe seisoen voor te berei, neer.
 2.   Skryf die wenke PUNTSGEWYS neer.
 3.   Nommer die sinne van 1 tot 7.
 4.   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 5.   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

         MANIERE OM JOU VIR DIE NUWE SEISOEN VOOR TE BEREI.

 Die lente is hier en dit is nou tyd om daardie wintervaalte uit jou te kry en weer ŉ
 huppel in jou stap te sit.

 ŉ Goeie manier om jou lewe weer reg te kry, is om al die halfvoltooide take klaar
 te maak, soos byvoorbeeld halfgelese boeke klaar te lees. Niks is lekkerder as jy
 iets afgehandel het nie, al is dit ook iets eenvoudig.

 Begin ook om oulike plekkies in jou dorp waarvan jy vergeet het, te herontdek of
 om plekke waarby jy nog nooit uitgekom het nie, te besoek.

 Ontgif jou liggaam deur ŉ gesonde en voedsame dieet te volg, om meer water te
 drink en weg te bly van rommelkos.

 Moenie die belangrikheid van ŉ goeie nagrus of ŉ middagslapie, hoe kort ook al,
 onderskat nie. Dit verbeter jou energie en dit laat jou goed lyk.

 Maak jou kamer skoon deur onnodige goed vir liefdadigheid te gee. Dit sal ŉ
 mens altyd baie goed laat voel.

 Jou liggaam sal oefening waardeer, maar onthou om stadig te begin: ŉ paar treë
 op ŉ slag, klim trap in plaas daarvan om die hysbak te gebruik, parkeer jou motor
 verder weg wanneer jy winkels toe gaan.

 Dis ŉ nuwe seisoen. Dis ŉ goeie tyd om iets nuuts te begin, iets wat jy miskien al
 lankal wou doen, soos kuns, fotografie, in die berge te gaan stap, jou familie
 besoek of om op ŉ bootreis te gaan ...

                                           [Aangepas uit: © Media24. 03/9/2013 – Leefstyl]

                                                             TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                               9

 AFDELING C: TAAL

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Die vrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.

                                                  [Aangepas: Huisgenoot 28 Januarie 2014, bl. 95]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2015)

 3.1    Voltooi die sin:

        Die advertensie is ŉ voorbeeld van ŉ manipulerende teks. Dit manipuleer
        die leser om ...                                                                   (1)

 3.2    Wie is die teikenmark van die advertensie?                                         (1)

 3.3    Hoekom word die eerstepersoon-aanspreekvorm, 4me, deurgaans in die
        advertensie gebruik?                                                               (1)

 3.4    Wat is die slagspreuk van die advertensie?                                         (1)

 3.5    Hoekom word die Engelse woorde 4me, 4saving, 4growing en 4good in
        die advertensie gebruik?                                                           (1)

 3.6    Hoekom, dink jy, gebruik die adverteerder die byvoeglike naamwoord,
        fantastiese, in die sin En met ŉ fantastiese rentekoers daarby?

 3.7    Hoekom gebruik die adverteerder die ellips en drie uitroeptekens na die
        woorde: Dis hoe maklik dit is ...!!!?                                              (1)

 3.8    Hoekom word die woorde Nedbank4me, slim en ekstra in vetgedrukte
        letters gedruk?                                                                    (1)

 3.9    Dink jy, Laat die pret begin, is ŉ goeie woordkeuse vir die advertensie?

        Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

 3.10   Waarna verwys pitte in die volgende sin: Sê hallo vir die pitte!                   (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                               11

 VRAAG 4: STROKIE
 Die vrae wat volg, is op die strokies hieronder gebaseer.
 (1)

 (2)

 (3)

 (4)

                                                             [Aangepas uit: Google images]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (EC/SEPTEMBER 2015)

 4.1 Vergelyk strokies 1 en 4.
      Neelsie het 0% vir wiskunde behaal, maar hy wil navorsing oor vakansie
      doen. Wat suggereer hierdie feit(e) oor Neelsie se houding teenoor sy
      werk?                                                                                 (1)

 4.2 Hoekom, dink jy, het Neelsie vir sy pa gesê dat hy goeie nuus het (strokie
     1, raampie 1) voordat hy sy punte (0%) vir hom gesê het? (strokie 1,
     raampie 3)                                                                             (1)

 4.3 Hoe weet ons dat Meneer skree? (Strokie 2, raampie 2)                                  (1)

 4.4 Hoe weet jy dat Meneer weghardloop? (Strokie 3, raampie 3)                             (1)

 4.5 Wat beteken Neelsie se woorde: Ja Meneer, ek is nou? (Strokie 2,
     raampie 3)                                                                             (1)

 4.6 IS JY DOOF? (Strokie 2, raampie 2)

      4.6.1     Is bogenoemde stelling konnotatief of denotatief gebruik?                   (1)

      4.6.2     Gee ŉ rede vir jou antwoord in VRAAG 4.6.1.                                 (1)

 4.7 Wat beteken die volgende idioom?

      Hy is horende doof. (verwys na strokie 2)

      A       Hy kan nie hoor nie.
      B       Hy wil niks hoor nie.
      C       Hy kan nie verstaan wat hy hoor nie.
      D       Hy kan nie glo wat hy hoor nie.                                               (1)

 4.8 Kyk na Neelsie se gesigsuitdrukking (strokie 4, raampie 3). Hoe weet
     ons dat hy geïnteresseerd is om navorsing oor vakansie te doen?                        (1)

 4.9 Hoekom word daar ŉ uitroepteken na Neelsie se woorde in strokie 3,
     raampie 3 gebruik en nie na die woorde van skoolkind A en B nie in
     raampies 1 en 2 nie?                                                                   (1)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                     13

 VRAAG 5: PROSA

 Die vrae wat volg, is op die prosastuk hieronder gebaseer.

                         ’N SJIMP WAT ROOK? WAT ’N AAP!

 1.    Ou Charlie van Bloemfontein hou daarvan om rustig in die
       winterson te sit en rook.

 2.    Hy rook wanneer hy alleen is en ŉ kans kry, anders kry hy raas.

 3.    Maar hy rook, al moet hy dit (eerlik) doen.

 4.    Rook is ŉ slegte gewoonte, maar vir ŉ sjimpansee nog (sleg).

 5.    Charlie se maat was Annie. “Ja, sy het gerook”, sê Kobus, die
       natuurbewaarder by die (dier+tuin).

 6.    Hy sê verder: “Charlie sal nooit ŉ sigaret optel wanneer ek naby is nie.”

 7.    “Ons gaan ŉ kringtelevisiekamera in die hokke sit. Ons kan hulle dan 24 uur ŉ
       dag dophou.”

 8.    Wanneer Charlie vir ŉ sigaret vra, steek hy sy hand uit en klap op sy bo-arm.
       Hy wys dan na sy mond en maak geluide met sy lippe.

 9.    Charlie, wat nou14 jaar oud is, word amper (elke dag) uitgevang.

 10. Dan sit hy soos ŉ stout kind en maak asof hy nog nooit gerook het nie.

                             [Aangepas uit: Afrikaans EAT, Bateleur Boeke, 2007 uitgawe, bl. 219]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1               (EC/SEPTEMBER 2015)

 5.1 Herskryf die volgende sin deur die korrekte INFINITIEF te gebruik.
      Ou Charlie rook.
      Begin so: Ou Charlie behoort nie ...                                                    (1)

 5.2 Herskryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.
      Hy kry raas wanneer hy rook.                                                            (2)

 5.3 Gee die TEENOORGESTELDE betekenis (antoniem) van die woord tussen
     hakies. Skryf slegs die woord as jou antwoord neer.
      Maar hy rook, al moet hy dit (eerlik) doen.                                             (1)

 5.4 Gee die VERGROTENDE TRAP van die woord tussen hakies. Skryf slegs
     die woord as jou antwoord neer.
      Om te rook is ŉ slegte gewoonte, maar vir ŉ sjimpansee nog (sleg).                      (1)

 5.5 5.5.1     Herskryf die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.
               Ja, sy het gerook.                                                             (1)

      5.5.2    VERBIND die woord in hakies. Skryf slegs die korrekte antwoord
               neer.

               Kobus is die natuurbewaarder by die (dier+tuin) in Bloemfontein.               (1)

 5.6 Skryf die volgende sin in die LYDENDE VORM oor.
      Charlie sal nooit ŉ sigaret optel nie.                                                  (1)

 5.7 5.7.1     Verbind die volgende sinne met die VOEGWOORD sodat.
               Ons gaan ŉ kringtelevisiekamera in die hokke sit. Ons kan hulle 24
               uur ŉ dag dophou.                                                              (1)

      5.7.2    Skryf die getal 14 in woorde uit.                                              (1)

      5.7.3    Skryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE oor.

               Hy sê: “Ons gaan ŉ kringtelevisiekamera in die hokke sit.”                     (2)

 5.8 Skryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD oor.
      Hy steek sy hand uit en klap op sy bo-arm.                                              (1)

 5.9 Gee EEN woord vir die woorde tussen hakies. Skryf slegs die woord as jou
     antwoord neer.
      Charlie word (elke dag) uitgevang.                                                     (1)
                                                                                            [14]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                 15

 VRAAG 6: PRENT

 Die vrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.

                                                    [Uit: Afrikaans is lekker, LB. Gr 12. 2007]
 Gebruik die woorde in die lys hieronder om sinne 6.1–6.6 korrek te voltooi.

       blitsvinnig   vlieg     waentjie    trollie  kasregister  verkoopsman
        klant     handsak      wallet   kruideniersware    voorskoot   oorjas

 6.1    Die ma haal geld uit haar ...                                                              (1)

 6.2    Die ma betaal vir haar ...                                                                 (1)

 6.3    Die ma hardloop ... uit die winkel.                                                        (1)

 6.4    Die ma stoot ŉ ... met haar aankope in.                                                    (1)

 6.5    Die man agter die toonbank sit die geld in die ...                                         (1)

 6.6    Die man agter die toonbank het ŉ ... aan.                                                  (1)
                                                                                                   [6]

                                                                TOTAAL AFDELING C:                 40
                                                                    GROOTTOTAAL:                   80

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRFAL P1 GR12 MEMO SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2015/83c77c1e-56e1-481b-aa50-ebba81f16643) — Afrikaans FAL · Memo · 2015
- [AFRFAL P3 GR12 QP SEPT2015](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-qp-sept2015/81943a6d-ea6b-4243-9764-97982d0419ac) — Afrikaans FAL · QP · 2015
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2015 (R)](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2015-r/d6727c7d-3ddb-4367-a46a-becba8d0bbef) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1) — Afrikaans FAL · QP · 2017

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
