# Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-sept-2017/bed91df2-5796-4828-8362-beb7d6cedac1)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                                GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

PUNTE:   80

TYD:     2 uur

                      Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

                                 *AFRFA1*

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1         (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A:      Leesbegrip (VRAAG 1)                            (30)
        AFDELING B:      Opsomming (VRAAG 2)                             (10)
        AFDELING C:      Taal (VRAAG 3, 4, 5 en 6)                       (40)

 2.     Lees ALLE instruksies baie deeglik.

 3.     Beantwoord AL die vrae.

 4.     Begin elke VRAAG op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Trek ŉ streep na elke afdeling.

 6.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
        hierdie vraestel gebruik is.

 7.     Laat ŉ reël na ELKE antwoord oop.

 8.     Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

 9.     Beplan jou tyd só:

        AFDELING A:      50 minute
        AFDELING B:      30 minute
        AFDELING C:      40 minute

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              3

   AFDELING A: LEESBEGRIP

   VRAAG 1

   TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

   Lees die onderstaande artikel deur en beantwoord die vrae wat volg.

       INSPIRERENDE SWEMMER GAAN HAAR LIG DEUR HAAR STUDIES SKYN

   1      Oktober 9, 2015: Haar
          positiewe lewe, kanniedood
          passie en geloof het vanjaar vir
          die paralimpiese swemmer,
          Adri Visser, nuwe deure
          oopgemaak waar sy een van
          haar grootste drome najaag.
          Adri, wat gebore is sonder
          hande en ŉ regterbeen omdat
          haar ma tydens haar
          swangerskap Duitse Masels
          gehad het, het keuring gekry
          vir haar B.A. Hons. in Biokinetika aan die NWU Pukke en gaan die eerste
          “erge” fisiese gestremde nagraadse student in dié rigting wees. Sy was net
          anders as baie ander fisiese gestremdes wat net wil sit en hulself jammer kry
          en nie iets wil doen nie.

   2      Adri is bekend vir haar swemprestasies, maar nou wil sy haar fokus op ŉ lewe
          na swem plaas, waar sy mense kan help en sodoende ’n inspirasie vir ander
          kan wees. Sy het verlede jaar haar B.A.-graad in Menslike Beweging
          (biokinetika) en Sielkunde voltooi en gaan haar honneurs oor twee jaar voltooi.

   3      “Ek voel dat ek al so baie in my lewe geseën is. Hierdie is my manier om terug
          te gee aan ander, sodat hulle ook die spesiale kanse kan ervaar wat ek al in
          my werk en as biokinetika pasiënt geniet het saam met Abie van Oort, my
          biokinetikus. Sonder hom sou dit nie moontlik kon wees nie,” vertel Adri, wat
          nuwe hoop wil gee.

   4                             “Ek glo dat alles vir ŉ rede gebeur en dat God dit
                                 toegelaat het sodat ek ander mense kan inspireer. As
                                 ander mense na my kyk of staar, sien ek dit positief. Ek
                                 kan mense motiveer en ’n verskil maak om hulle eie
                                 probleme en ander se gestremdhede te oorkom,” vertel
                                 Adri.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

5        Sy doen ook af en toe motiveringspraatjies by skole en funksies. Adri swem
         al vandat sy 13 jaar oud is. Sy swem in die S5-kategorie en hou tans die
         Afrika rekord in die 50m vlinderslag, 200m vryslag en 200m individuele
         medley.

6        “ ’n Stokperdjie het onverwags in ŉ swemloopbaan verander en my droom
         het ŉ werklikheid geword toe ek die stadion in Beijing vir die 2008
         Paralimpiese Spele binnegegaan het.

7        Ek kon my oë nie glo nie,” vertel Adri wat nou agt jaar later mik om by die
         2016 Paralimpiese Spele te gaan deelneem en dan daarna op ŉ hoë noot
         uit swem uit te tree. Al het sy verskeie medaljes verwerf en verskeie SA- en
         Afrika rekords gebreek, bly sy nederig.

8        Van haar swemafrigter, Marike van Oort sê sy: “Jou swemafrigter is so
         belangrik. Dit is die persoon wat daardie ekstra in jou sien en jou met die
         baie belangrike split sekonde laat wen of ondersteun om altyd jou
         persoonlike beste tye te swem.”

9        Adri se lewe is nie altyd rose en maanskyn nie. Maar op sulke dae is dit
         haar ma, wat haar inspireer. “My ma het my nog altyd ondersteun en sy is
         trots op wat ek al bereik het en nog gaan bereik, veral in hierdie nuwe
         opwindende pad. Sy en my twee sussies is my steunpilare.”

10       “Ek het oorspronklik sportkunde gekies omdat ek graag iets in ŉ sportrigting
         wou doen en so het ek in my studies biokinetika ontdek en wil nou mense
         se lewens verander. Ek het nie moed opgegee nie,” vertel sy. Sy erken wel
         dat dit nie maklik gaan wees nie aangesien die kursus baie praktiese
         elemente bevat. “Die lektore het wel gevra of ek in staat sal wees om al die
         take te doen, maar ek het hulle oortuig dat ek sal kan.”

11       Ek het hulle gevra om saam met my te glo en ŉ leap of faith te neem. Ek
         gebruik ook ander metodes, soos multimedia waar ek nie noodwendig iets
         self kan demonstreer nie.”

12       Adri sal ook graag aan gestremdes met haar kennis in biokinetika wil
         teruggee, en sy is reeds by ŉ klompie organisasies soos die jaarlikse
         Loslitdag en Otto Bock SA Prosthetics betrokke. “Biokinetika beteken lewe
         deur beweging en ek wil vir gestremde mense wys en help dat hulle ook ŉ
         vol lewe kan lei soos ek, ten spyte wat hulle struikelblokke mag wees.”

            [Aangepas en verwerk uit http://potchefstroomherald.co.za/4040/inspirerende-swemmer-
                                                                     gaan-haar-lig-in-studies-skyn/]

1.1     Haal EEN woord uit paragraaf 1 aan wat aandui dat Adri baie
        gestremd is.                                                                            (1)

1.2     Lees weer paragraaf 1 goed deur. Hoe vergelyk Adri se lewe met
        ander fisiese gestremde mense se lewe?                                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                          5

 1.3      Adri wil NET op swem fokus en dan uittree.
          Haal ŉ DEEL van ŉ sin uit paragraaf 2 aan om hierdie stelling as
          ONWAAR te bewys.                                                            (1)

 1.4      Om watter rede wil Adri aan ander teruggee?                                 (1)

 1.5      Hoekom wil Adri ander mense help? (paragraaf 4)                             (1)

 1.6      Haal DRIE agtereenvolgende woorde aan (paragraaf 5) wat sê dat
          Adri nie gereeld motiveringspraatjies lewer nie.                            (1)

 1.7      Waarom, dink jy, lewer Adri motiveringspraatjies by skole?                  (1)

 1.8      Hoe weet ons dat Adri ŉ baie goeie swemmer is? (paragraaf 5)                (1)

 1.9      Wat was Adri se grootste droom?                                             (1)

 1.10     Wat wil Adri na die 2016 Paralimpiese Spele doen?                           (1)

 1.11     Skryf die TWEE woorde van paragraaf 6 neer wat in teenstelling met
          mekaar is.                                                                  (1)

 1.12     Haar lewe is nie altyd rose en maanskyn nie.

          1.12.1      Het die uitdrukking “rose en maanskyn” ŉ denotatiewe of
                      konnotatiewe betekenis?                                         (1)

          1.12.2      Wat beteken hierdie aanhaling?                                  (2)

 1.13     Adri het van die begin af professioneel begin swem.
          Gee ŉ rede hoekom hierdie stelling ONWAAR is.                               (1)

 1.14     Wat beteken om ŉ leap of faith te neem? (paragraaf 11)                      (1)

 1.15     Hoe wil Adri haar gestremde vriende help? (paragraaf 12)                    (1)

 1.16     1.16.1      Wat beteken biokinetika?                                        (1)

          1.16.2      Hoe kan biokinetika gestremde mense help?                       (1)

 1.17     By watter instelling studeer Adri?                                          (1)

 1.18     Oor watter sosiale probleem handel die leesstuk?                            (1)

 1.19     Watter boodskap kry ons uit die titel van die leesstuk?                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2017)

 TEKS B: INLIGTING OOR MISDAAD IN DIE OOS-KAAP

 Bestudeer die inligting hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

 1.20    Hoekom is daar ŉ grafsteen in blok 2?                                           (1)

 1.21    Hoekom is daar ŉ verskil tussen die grafika van die twee vuiste in
         blok 5 en 6?                                                                    (1)

 1.22    Rangskik die volgende misdade van die kleinste tot die grootste
         persentasie styging.

         A     Poging tot moord
         B     Motorkapings
         C     Moorde                                                                    (1)

 1.23    Hoekom wys party pyltjies in die teks op en party pyltjies af?                  (1)

 1.24    Waarom is die gebruik van die motor in blok 4 gepas?                            (1)

 1.25    Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
         (1.24) en die antwoord neer.

         Mense gaan (gerus / ongerus) wees oor die blok wat handel oor poging
         tot moord.                                                                      (1)

 1.26    Wie het al hierdie statistieke verskaf?                                         (1)

                                                          TOTAAL AFDELING A: 30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                                     7

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2: SELFOONETIKET

 TEKS C

 Lees hierdie artikel aandagtig deur. Voer dan die instruksies hieronder uit.

 INSTRUKSIES

 1.     Som die sewe aspekte van SELFOONETIKET in (jou eie) SEWE
        VOLSINNE op.
 2.     Skryf die hoofgedagtes PUNTSGEWYS IN JOU EIE WOORDE neer.
 3.     Nommer die hoofgedagtes van 1 tot 7.
 4.     Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
 5.     Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

                                     SELFOONETIKET

 1      Jy leer al van kleins af goeie maniere sodat jy maklik met ander mense oor
        die weg kan kom. Maar onthou, goeie maniere geld ook vir jou slimfoon!

 2      Voor jy enige boodskap, video of foto stuur, kyk weer daarna en besluit: Is dit
        waar, en is dit nodig om dit te stuur? Sal dit iemand goed of sleg laat voel,
        iemand help of seermaak? Dink daarom twee keer voor jy iets stuur of sê.
        Dis lekker om op WhatsApp-groepe vir al jou maats op een slag ’n boodskap
        te kan stuur, maar dink mooi voor jy deel word van groepe. Soms word dit
        misbruik om oor ander te skinder of om iemand te boelie.

 3      Stuur jou laaste boodskap voor 20:00 in die aand. Die meeste mense begin
        dan rustig raak en gereed te maak vir aand. Dit is dan ongeskik om laat in die
        aand boodskappe te stuur. Gee iemand tyd om op jou boodskap te reageer,
        want dis onredelik om dadelik ’n antwoord te verwag. Moet nooit ongeduldig
        die ander persoon aanhoudend ping nie.

 4      Wees altyd bedagsaam. Onthou om goeie maniere te gebruik, of jy nou
        WhatsApp, SMS of op Facebook met iemand gesels. Moenie musiek kliphard
        op jou foon speel nie. Dit gaan hier net oor respek vir die mense wat naby is.
        Kuier met jou maats wanneer hulle by jou is en gesels met die ander mense
        aan tafel as julle eet. Dit is goed om jou foon soms uit te los. Dit is ook
        ongeskik om met jou foon te peuter terwyl jy in geselskap is.

                 [Aangepas en verwerk uit http://www.hoezit.co.za/ekvoel/2016/9/9/slimfoon-etiket]

                                                               TOTAAL AFDELING B:              10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1          (EC/SEPTEMBER 2017)

    AFDELING C: TAAL

    VRAAG 3: ADVERTENSIE

    TEKS D

        Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             9

  3.1      Hoekom word ŉ sak met kruideniersware in die advertensie
           gebruik?                                                                   (1)

  3.2      Hoe word die eerste maand se gratis aanbod in die advertensie
           uitgelig?                                                                  (1)

  3.3      Hoekom, dink jy, is dit beter om die geskenkbewys op ŉ selfoon in
           plaas daarvan op papier te kry?                                            (1)

  3.4      Waarvoor staan die “e” in e-geskenkbewys?                                  (1)

  3.5      Hoe word daar vir die leser gewys dat Rapport ŉ koerant is?                (1)

  3.6      Kies die korrekte antwoord. Skryf net die vraagnommer (3.6) en die
           korrekte letter neer bv. 3.6 E.

           Die uitdrukking “bepalings en voorwaardes geld” beteken ...

           A     daar is nie spesifieke reëls en regulasies nie.
           B     jy moet aan die reëls en regulasies voldoen.
           C     Shoprite Checkers sal bepaal wat die voorwaardes is.
           D     daar is reëls en regulasies wat belangriker is as ander.             (1)

  3.7      Gebruik die woord van in die onderstaande sin as ŉ HOMONIEM
           sodat die betekenis duidelik daarin voorkom.                               (1)

           Teken in op Rapport en ontvang ŉ R100 e-geskenkbewys van
           Shoprite & Checkers.

  3.8      Skryf die volgende sin oor in die LYDENDE VORM.                            (1)

           Jy moet ŉ SMS na Rapport stuur.

           BEGIN SO: ŉ SMS ...

  3.9      Vir meer inligting kontak ons by: 087741061.
           Hoekom word die voornaamwoorde ons in die advertensie
           gebruik?                                                                   (1)

  3.10     Gee ŉ SINONIEM vir vir die woord gratis.                                  (1)
                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

 TEKS E

       Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

                                                         [Vertaal uit https://garfield.com/comic]

 4.1       Hoe weet ons dat die klokkie lui?                                                 (1)

 4.2       Watter woord in raampie 2 sê vir ons dat die seun verbaas is?                     (1)

 4.3       Gee ŉ SINONIEM vir present in raampie 4.                                          (1)

 4.4       4.4.1     Hoe weet ons dat John nie sy sin in raampie 5 voltooi nie?              (1)

           4.4.2     Wat is die rede dat John nie sy sin in raampie 5 voltooi nie?           (1)

 4.5       Hoe weet ons dat John gelukkig in raampie 4 is?                                   (1)

 4.6       Om watter rede het mev. Prins hierdie aaklige ding gedoen?                        (1)

 4.7       Skryf die volgende sin oor in die NEGATIEF:

           Mev. Prins het al vir ons ŉ koek present gegee.                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                           11

 4.8        Hoe weet ons dat dit nie Garfield is wat in raampie 2 praat nie?          (1)

 4.9        Verander die volgende stelling in ŉ vraag:

            Garfield het ook haar Asters afgebreek.                                   (1)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1            (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

 TEKS F

       Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer.
       Opsetlike taal- en spelfoute kom voor.
       Voer die instruksies by elke vraag uit.

                      OUERS EN HULLE TIENERS – WYSE WOORDE

 Drankmisbruik onder tieners kom al meer voor. Dit word as cool beskou om te drink.
 Skole raak bekommerd, want alkohol verlaag tieners se inhibisies en dan doen hulle
 dinge wat hulle nooit sou gedoen het nie. Hulle vaar ook nie goed op skool nie.

 Een van die redes waarom tieners drank misbruik, is omdat volwassenes en ander
 tieners dit doen. Twee ander redes vir drankmisbruik is groepsdruk en ook (ŉ manier
 raak ontslae van spanning.)

 Maar, tieners sê dat ouers die probleem kan voorkom as hulle nie voor hulle kinders
 drink nie. As ouers twee rye spore loop, dink tieners dat hulle dieselfde mag doen.

 (Minder+jarig) (kind) moet gestraf word as hulle te veel drink. Hulle is nog jonk en
 moet die reëls van die huis gehoorsaam. Moet nie bang wees om reëls af te dwing
 nie. Tieners moet weet wat die gevolge van hulle dade gaan wees.

 Kommunikasie binne die gesin is belangrik. Tieners sê: “Gesinslede moet met mekaar
 praat, sodat almal weet wat hulle mag of nie mag doen nie.” Gesels met jou tiener is
 die beste wenk. Praat met hulle oor verkeerde maats. Al lyk dit of hulle nie belangstel
 nie, luister hulle tog.

 Tieners moenie ook nie te veel sakgeld kry nie. Baie geld maak dit maklik om drank
 te kan koop.

                                                      [Bron: TAT vraestel 1, Oos-Kaap 2009]

 5.1      Skryf die volgende sin in die BEDRYWENDE VORM oor.

          Drank word deur tieners misbruik.                                            (1)

 5.2      Verbind die volgende twee sinne met die VOEGWOORD daarom.

          Dit word as “cool” beskou om te drink. Drankmisbruik onder tieners
          kom al meer voor.

          Begin so: Dit word ...                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                             13

 5.3      Gee die korrekte Afrikaanse woord vir die woord cool in die volgende
          sin:

          Dit word as “cool” beskou om te drink.                                        (1)

 5.4      Wat beteken die volgende UITDRUKKING twee rye spore loop in
          die volgende sin:

          As ouers twee rye spore loop, dink tieners dat hulle dieselfde mag
          doen.                                                                         (1)

 5.5      Herskryf die volgende sin in die VERLEDE TYD.

          Tieners vaar goed op skool as hulle nie drank misbruik nie.                   (1)

 5.6      Gee die ANTONIEM vir die onderstreepte woord. Skryf slegs die
          vraagnommer 5.6 en die antwoord neer.

          Praat met hulle oor verkeerde maats.                                          (1)

 5.7      Herskryf die volgende sin in die INDIREKTE REDE.

          Tieners sê: “Gesinslede moet met mekaar praat.”

          Begin so: Tieners sê dat ...                                                  (1)

 5.8      Herskryf die volgende sin in die TOEKOMENDE TYD.

          Kommunikasie binne die gesin is belangrik.                                    (1)

 5.9      Voltooi die sin met die KORREKTE VORM van die woord drink.
          Skryf slegs die vraagnommer en die woord as jou antwoord neer.

          As 'n mens baie drink, word jy (drink).                                       (1)

 5.10     Kies die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies. Skryf
          slegs die vraagnommer (5.10) en die antwoord neer.

          ŉ (Minder+jarig) seun moet gestraf word as hy te veel drink.                  (1)

 5.11     Verbeter die SINSKONSTRUKSIE in die volgende sin. Herskryf die
          volledige sin as jou antwoord.

          Tieners drink (by die Spaza) (baie drankies na mekaar) (elke dag)
          om goed te voel.                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1    (EC/SEPTEMBER 2017)

 5.12    Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
         vraagnommer (5.12) en die antwoord neer.

         Hierdie probleem vind orals plaas.                                   (1)

 5.13    Skryf die volgende sin oor in die INFINITIEF.

         Drank is ŉ manier (raak van spanning ontslae).

         Begin so: Drank is ŉ manier ...                                      (1)

 5.14    Beantwoord die volgende sin in die ONTKENNENDE VORM.

         Tieners moet asseblief sakgeld kry.

         Begin so: Nee, ...                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
     (EC/SEPTEMBER 2017)    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              15

TEKS G

   Die taalvrae wat volg, is op die fabel hieronder gebaseer.
   Voer die instruksies by elke vraag uit.

                                              [Bron: http://www.newkirk.k12.ok.us/page/70581_3]

ŉ 5.15 (Slaap) leeu word wakker toe     5.15 Gee die TEENWOORDIGE DEELWOORD
                                             van die woord tussen hakies.                           (1)

ŉ klein 5.16 (muisie / meisie) oor sy 5.16 Kies die KORREKTE SPELLING van die
gesig hardloop. Hy word so kwaad            woord tussen hakies.                                    (1)
dat hy die diertjie gryp en wou
opeet. Die 5.17 (baie klein) diertjie 5.17 Gee die INTENSIEWE VORM van baie
                                           klein.                                                   (1)
smeek dat die leeu sy lewe moet
spaar en belowe dat hy hom eendag
sou beloon. Die leeu laat hom toe
5.18 ....                             5.18 Voltooi die sin met ŉ logiese woord.                     (1)

Op ŉ dag word die leeu in ŉ net
                                        5.19 Gee die VERGROTENDE TRAP van die
gevang. Hy brul 5.19 (hard) as die
                                             woord hard.                                            (1)
bosgeraas. Die klein diertjie het
gehoor dat dit die leeu was wat sy
lewe gered het. Hy hardloop
soontoe en begin aan die toue 5.20      5.20 Kies die SINONIEM vir die woord knaag.
(knaag) om die leeu te bevry.                Skryf slegs die vraagnommer die korrekte
“Daar,” sê hy, “jy het gelag toe ek          antwoord neer.
gesê het dat ek ook eendag jou               Knaag beteken (afbyt / opeet).                         (1)
lewe sal red. Nou sien jy, selfs so ŉ
klein mannetjie soos ek kan ŉ groot
leeu soos jy help!”

                                                                   TOTAAL AFDELING C:               40
                                                                       GROOTTOTAAL:                 80

     Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRFAL P1 GR12 MEMO SEPT 2017 2](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2017-2/f72138fc-6cf9-411c-885d-805e2eb9d364) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [AFRFAL P3 GR12 QP SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-qp-sept2017/2eb3e9ab-9fe1-4348-ac80-7744d2e1260a) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [AFR FAL P1 QP SEP 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p1-qp-sep-2018/45844a5e-44ca-4806-9ccf-50a3b521ae52) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Gr12 AFRFA P1 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrfa-p1-s13-qp-afr/3f8a8d90-8632-485c-be62-252400d2b66a) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [AFRFAL GR12 P1 QP SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-gr12-p1-qp-sep-2012/796d6ed3-aeda-4bb3-a0dc-fa4480e4e2e5) — Afrikaans FAL · QP · 2012

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
