# Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2016 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans Fal Paper 2 question paper from the November Exam 2016, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-n16-qp/2117f3d5-e3fb-4bd0-a8c7-5ebac8eb7627
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Fal
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans Fal](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-fal) › [Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2016 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-n16-qp/2117f3d5-e3fb-4bd0-a8c7-5ebac8eb7627)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 6 · November Exam · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  INTERMEDIÊRE FASE

                              GRAAD 6

                     NOVEMBER 2016

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   40

TYD:     1½ uur

                             *6AFAL2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2   (EC/NOVEMBER 2016)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

        AFDELING A: Lees en Kyk                                    (25)
        AFDELING B: Taalstrukture en Konvensies                    (15)

 2.     Lees die tekste goed deur.

 3.     Beantwoord AL die vrae.

 4.     Moenie verkeerd van die vraestel afskryf nie.

 5.     Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                               Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                                        3

 AFDELING A: LEES EN KYK

 Lees die onderstaande storie en beantwoord vrae 1–9.

 1.    Op ŉ dag is ŉ winkelier met sy twee donkies op pad na ŉ
       groot stad. Hy loop met ŉ stok in sy hand agter sy twee
       donkies aan. Die eerste donkie dra ŉ vrag spons. Hy dra
       lig en stap vrolik en vinnig al agter die ander donkie aan.
       Die tweede donkie dra ŉ vrag sout. Hy dra swaar en stap
       stadig al met die pad langs.

 2.    Hulle stap ver. Uiteindelik kom hulle by ŉ rivier aan. Die winkelier ken die
       rivier goed.

 3.    “Swem jy eerste deur,” sê hy vir die eerste donkie wat die sout dra. Stadig stap
       die donkie met sy sware vrag sout in die water in. In die middel van die rivier
       trap hy in ŉ gat op die bodem. Hy sak in die water weg dat net sy kop bo die
       water uitsteek. Al die sakke sout is onder die water. Hy sukkel-sukkel totdat
       hy uiteindelik aan die anderkant uitkom. Al die sout het in die water opgelos en
       die donkie is van sy sware vrag ontslae.

 4.    Die winkelier klim op die rug van die tweede donkie wat die sponse dra.
       Sonder om te dink loop die donkie met sy vrag sponse en die winkelier op sy
       rug al agter die eerste donkie aan. Hy trap in dieselfde gat op die bodem van
       die rivier.

 5.    Die arme donkie val pens en pootjies in die water sodat die winkelier en die
       sakkie spons sopnat word. Die sponse word toe so swaar van al die water dat
       die donkie nie by die anderkant kan uitkom nie. Die winkelier klou vir lewe en
       dood om die donkie se nek vas.

 6.    Gelukkig kom daar ŉ boer verby wat die arme donkie en die winkelier help om
       uit die rivier te kom.
                                          [Verwerk uit: Die Mooiste Dierefabels Fantasie Boeke]

 WOORDVERKLARING

 Beantwoord die volgende vrae.

 1.     Vul die korrekte woord in die volgende sin in.

        ŉ Winkelier was op pad na die                    toe.                                     (1)

 2.     Omkring die letter van die korrekte antwoord.

        Waarom moes die donkie met die swaar vrag sout eerste deur die rivier swem?

        Sy vrag was die …

        A       ligste.
        B       nuutste.
        C       swaarste.
        D       oudste.                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/NOVEMBER 2016)

 3.     Wat het met die eerste donkie gebeur toe hy in die water gestap het?

                                                                                            (1)

 4.     Noem TWEE van die hoofkarakters in die storie.

                                                                                            (2)

 5.     Wie het die winkelier en die donkie gehelp?

                                                                                            (1)

 6.     Die volgende sinne is in die verkeerde volgorde geskryf. NOMMER elke
        sin (1–4) in die korrekte volgorde soos wat dit in die storie gebeur.

                                                                            Antwoord
        Die winkelier en donkie met die vrag met sponse verdrink amper.
        Die boer help die winkelier.
        Die vrag sout smelt in die rivier
        ŉ Winkelier stap met sy twee donkies stad toe.                                      (2)

 7.     Watter woorde sê vir ons dat die tweede donkie nie versigtig in die rivier
        geloop het nie?

                                                                                            (2)

 8.     Omkring die letter van die korrekte antwoord.

        Watter les kan uit die storie geleer word?

        Moenie …

        A      ander volg nie, neem jou eie besluite.
        B      met sponse in ŉ rivier loop nie.
        C      op donkies ry nie.
        D      eerste swem nie.                                                             (1)
                                                                                           [11]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                                          5

 LEES EN KYK: GEDIG
 Lees deur die onderstaande gedig en beantwoord vrae 9–15.
 DIEREVRIENDE
 ŉ Hond is regtig ŉ liewe dier,
 hy waai sy stert van pure plesier.
 hy lek jou vinnig op die wang,
 pasop tog gou voor Ma jou vang!
 Ons kietsiekat is gans te koel,
 sy kom net nader as sy so voel.
 sy vly haar lekker eenkant neer,
 vir jou voel sy ŉ veer.
 Die voëltjie in sy hok
 sit ure op sy stok.
 hy hou van koppie krap
 as jy na hom toe stap.
                                                         [Francois Jacobs: Uit Nuwe Kinderverseboek]

 9.      Skryf TWEE woorde uit strofe een neer wat met mekaar rym.
                                      rym met       ______________________                             (2)
 10.     Omkring die letter van die korrekte antwoord.

         Kietsiekat is ŉ                          kat.                                                 (1)
         A           gemaklike
         B           kwaai
         C           stout
         D           slim                                                                              (1)
 11.     Omkring die letter van die korrekte antwoord.
         Die herhaling van die ‘k’ - klank in ‘koppie krap’ is ŉ voorbeeld van _____.
         A           ŉ metafoor
         B           ŉ vergelyking
         C           assonansie
         D           alliterasie                                                                       (1)
 12.     Tik (√) een van die volgende blokkies.
         Dink jy die spreker is lief vir diere?             JA                       NEE
         Hoekom se jy so?
                                                                                                       (1)
 13.     Noem enige ander dier uit die gedig behalwe die kat.
                                                                                                       (1)
 14.     Voltooi die volgende sin.
         Om “vere te voel” vir iemand beteken om geen _______________________                          (2)
         vir ŉ saak te hê nie.

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/NOVEMBER 2016)

 15.     “Sy vlei haar lekker eenkant neer,” beteken om te …
         A        staan
         B        lê
         C        rol
         D        spring                                                                       (1)
                                                                                               [9]
 LEES EN KYK
 Lees deur die onderstaande teks en beantwoord die vrae wat volg.
                                FEITE OOR MEERKATTE
 1.    Sommige diere is sosiale diere. Hulle hou daarvan om in
       groepe te leef, te beweeg, saam te eet en mekaar te help.
       Meerkatte leef saam in sosiale groepe. ŉ Groep bestaan
       gewoonlik uit twee of drie families.
 2.    Hoe lyk ŉ meerkat? ŉ Volwasse meerkat weeg ongeveer 1 kg, met ŉ stert wat
       20 cm lank is. Die lang stert help die meerkat om regop te staan. ŉ Meerkat
       het lang, skerp kloue wat gebruik word om mee te grawe of om bome te klim.
 3.    Meerkatte leef en slaap in tonnels. Hulle gebruik ook die tonnels om in weg te
       kruip en rond te hardloop.
 4.    Waar en hoe leef meerkatte? Hulle word in plekke wat dit baie droog is gevind.
       Dit word hulle habitat genoem. Die habitat is die plek waar hulle kos, water en
       skuiling gebied word.
 5.    Meerkatte slaap snags. Soggens kom hulle uit om hulleself in die hitte van die
       son warm te maak. Wanneer hulle regop staan, verhit die son hul mae wat in
       die koue woestynnagte afgekoel het.
 6.    Dit word verskriklik warm gedurende die dag in die woestyn. Hulle kruip dan
       terug in hulle tonnels om af te koel.

 16. Die volgende sinne som paragrawe 2–5 uit die bostaande teks in vier sinne
     op. Vul die ontbrekende woorde in om die opsomming te voltooi. Maak seker
     dat die spelling korrek is.
       Meerkatte weeg                   is            lank, het ŉ lang
       en skerp
       Hulle woon in
       Hulle word gevind in                            gebiede.
       Meerkatte slaap                       en kom                      uit.                  (5)
       RUBRIEK
       KRITERIA                                         PUNTE       LEERDER PUNT
       Al vier sinne korrek voltooi.                      4
       Spelling                                           1
       4 of meer spelfoute             0 punte
       1–3 spelfoute                   1 punt
       TOTAAL                                              5
                                                               TOTAAL AFDELING A:              25
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2016)    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                               7

 AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
 17.    Voltooi die volgende sin met een woord uit paragraaf 1.
        Meerkatte hou daarvan om in groepe te leef, dus is hulle
        diere.                                                                           (1)
 18.    Skryf slegs die byvoeglike naamwoord uit die volgende sin neer.
        Byvoorbeeld: Die meisie se rok is mooi.
        Die meerkat se stert is baie lank.

                                                                                         (1)
 19.    Skryf slegs die meervoud van die onderstreepte woorde neer.
        Byvoorbeeld: boek – boeke
        Diere woon in verskillende habitat.

                                                                                         (1)
 20.    Gee die verkleinwoord van die onderstreepte woorde.
        Byvoorbeeld: hond - hondjie
        20.1     Die klein meerkat bly altyd naby hul ouers.

                                                                                         (1)
        20.2     Dit is maklik vir hulle om in ŉ laer boom te klim.

                                                                                         (1)
 21.    Skryf die volgende sin oor en vul die korrekte leestekens in.
        waarom slaap meerkatte snags

                                                                                         (1)
 22.    Vul die korrekte voorsetsels in.
        22.1    Die meerkat sit                             sy hok.                      (1)

        22.2    Hulle slaap in tonnels                      die grond.                   (1)
 23.    Skryf die teenoorgestelde vir die onderstreepte woorde neer.
        Voorbeeld: naby – ver
        23.1     Meerkatte is baie stadige diere.

                                                                                         (1)
        23.2     Die diere se kloue is baie stomp.                                       (1)

 24.    Watter tipe sin is die volgende sin?
        Bv. Waar woon jy? = Vraagsin
        24.1     Pasop vir die kwaai meerkat ! =                                         (1)

        24.2     Meerkatte is sosiale diere.   =                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/NOVEMBER 2016)

 25.    Gee die korrekte intensiewe vorm van die volgende woorde.
        Voorbeeld: Baie bang is doodbang.
        Meerkatte is baie vinnig, dus is hulle                                                (2)
 26.    Onderstreep die korrekte woord tussen hakies om die sinne te voltooi.
        26.1    Die volwasse meerkatte weeg (swaar/swaerder) as die jong
                meerkatte.                                                                    (1)
        26.2    Die mannetjies klim (beter/goed) as die wyfies.                               (1)
 27.    Skryf een sin neer om die ander betekenis van die woord “opgelos” te verduidelik.
        Hulle het gou hul probleme opgelos.

                                                                                              (2)
 28.    Verander die volgende sinne na die ontkennende vorm.
        Byvoorbeeld: Die kind is stout = Die kind is nie stout nie.
        28.1    Meerkatte slaap snags.

                                                                                              (1)
 29.    Gee die vroulike vorm van die volgende:
        Voorbeeld: meisie – seun
        Daar is meer mannetjies as                      in elke groep.                        (1)
 30.    Onderstreep die bywoord in die volgende sin.
        Byvoorbeeld: Hy loop stadig.
        Hulle staan regop in die son.                                                         (1)
 31.    Skryf die onderwerp, voorwerp en gesegde uit die volgende sin neer.
        Die diere kruip weg.
        31.1    onderwerp:                                                                    (1)
        31.2    voorwerp:                                                                     (1)
        31.3    gesegde:                                                                      (1)
 32.    Verbind die volgende twee sinne met die woord tussen hakies.
        Meerkatte het lang kloue. Meerkatte moet diep in die grond in grawe. (want)

                                                                                              (2)
 33.    Skryf die sin in die verlede tyd oor. Die eerste woord (gister) is vir jou gegee.
        Hulle kruip weg.
        Gister

                                                                                              (2)
                                                       TOTAAL AFDELING B (30 ÷ 2):            15
                                                                 GROOTTOTAAL:                 40

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRFAL-P2- GR6 N16-MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-n16-memo/3c847fff-3733-4b4f-a69c-a727616f181b) — Afrikaans FAL · Memo · 2016
- [AFRFAL-P3-GR6 N16-QP](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-n16-qp/07a7cc63-e0d3-43c3-a786-f5393e3fbdb8) — Afrikaans FAL · QP · 2016
- [AFRFAL P2 GR6 QP NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-qp-nov2014/3b75338c-ff57-4696-bcf9-1d4d20ea43c8) — Afrikaans FAL · QP · 2014
- [AFRFAL-P3-GR6 N16-MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-n16-memo/04aa914e-4b7c-4e57-b0ef-f830f62c2ef4) — Afrikaans FAL · Memo · 2016
- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2018/fb53a278-9caf-4713-83ac-d691fa610fdb) — Afrikaans FAL · Memo · 2018
- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2017/8c65653f-3586-421a-a3cd-603867f2920a) — Afrikaans FAL · Memo · 2017

## More from Grade 6 Afrikaans Fal

- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2018/a35e438d-92fb-49cc-9e68-78495d9a5bf8) — Memo · 2018
- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2017/f6b7dcbf-d7c9-430a-a891-1436f78f7749) — Memo · 2017
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-fal-memo/d9ac7b2b-b6d4-4b2e-a51c-f6e6eca53bb9) — Memo · 2014 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-fal/95fea45b-41cc-4131-b660-d1b4b9663349) — QP · 2014 · Afr
- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2014/91d8de7b-dd66-4b00-abd2-9f5859300291) — Memo · 2014
- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2014/d146b565-8b68-4988-a763-9aac7867eb41) — Memo · 2014

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
