# Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2017 Question Paper

> Grade 6 Afrikaans Fal Paper 2 question paper from the November Exam 2017, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-qp-nov2017/26702927-789f-41a1-ab3a-065d3d861991
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans Fal
- Grade: Grade 6
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: November Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 6](https://www.hlayiso.com/library/grade-6) › [Afrikaans Fal](https://www.hlayiso.com/library/grade-6/afrikaans-fal) › [Afrikaans Fal Grade 6 Paper 2 November 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-qp-nov2017/26702927-789f-41a1-ab3a-065d3d861991)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 6 · November Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  INTERMEDIÊRE FASE

                              GRAAD 6

                      NOVEMBER 2017

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   40

TYD:     2 uur

NAAM EN VAN:

                                *6AFAL2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2          (EC/NOVEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.   Hierdie vraestel bestaan uit TWEE AFDELINGS.

         AFDELING A           Lees en Kyk                   (25 punte)
                              ŉ Fabel                       (10 punte)
                              ŉ Advertensie                 (5 punte)
                              ŉ Gedig                       (10 punte)
         AFDELING B           Taalstrukture en Konvensies   (30 ÷ 2 = 15 punte)

    2.   Lees die tekste en vrae goed deur.

    3.   Beantwoord AL die vrae.

    4.   Moenie verkeerd van die vraestel afskryf nie.

    5.   Nommer jou antwoorde korrek sodat dit ooreenstem met die vraestel.

    6.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                                          3

  AFDELING A: LEES EN KYK: FABEL

  Lees die onderstaande fabel en beantwoord vrae 1–8.

  1     Op ŉ dag vervies
        Leeu hom vir Vlieg
        en sê: “Gaan weg
        jou vieslike gogga!
        Hoekom pla jy my
        so?”

  2                                    Hiervan hou Vlieg net
                                       mooi niks.     “Moenie
                                       dink omdat jy die
                                       koning van die diere is,
                                       is ek bang vir jou nie!
                                       Os is baie sterker as jy
                                       en hy is versigtig vir
                                       my!” sê Vlieg.

  3     Vlieg is so kwaad vir Leeu dat hy op Leeu afvlieg. Hy kry ŉ sagte plekkie aan
        Leeu se nek en begin om hom te steek en te steek. Leeu word byna mal van
        woede. Skuim borrel by sy bek uit. Hy rol sy oë en brul die vreeslikste brul.

  4     Vlieg hou aan om Leeu te byt. Hy byt hom eers aan sy rug, daarna aan sy
        mond en toe op sy gevoelige neus. Leeu se skerp tande, groot kloue en lang
        naels is magteloos teen Vlieg. Leeu krap homself naderhand stukkend en
        slaan homself met sy stert soos hy probeer om Vlieg weg te jaag. Uiteindelik
        val hy doodmoeg op die grond neer. Die klein ou vliegie het die geveg
        gewen!

  5     Vlieg is só in sy skik met sy oorwinning dat hy oral
        rondvlieg om by almal te spog hoe hy die grote
        Leeu in ŉ geveg gewen het. Terwyl hy nog so
        rondvlieg en spog, vlieg hy karplaks! in ŉ
        spinnekop se web vas. Die spinnekop is baie in sy
        skik met dié onverwagte sagte happie en slaan die
        arme Vlieg vinnig weg.

                                            [Verwerk uit: Die Mooiste Dierefabels, Fantasi 2013]   ˆ

  WOORDVERKLARING

      vervies       (paragraaf 1) -    raak kwaad
      woede         (paragraaf 3) -    baie kwaad wees
      in sy skik    (paragraaf 5) -    tevrede of bly wees
      karplaks      (paragraaf 5) -    klanknabootsing

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/NOVEMBER 2017)

    BEANTWOORD DIE VOLGENDE VRAE.

    1.   Gee ŉ gepaste titel vir die fabel.

                                                                                          (1)

    2.   Waarom was Leeu vir Vlieg aan die begin van die storie kwaad?

                                                                                          (1)

    3.   Dui aan of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is:

         3.1    Vlieg sê dat Leeu sterker is as Os.

                                                                                          (1)

         3.2    Skryf ŉ sin uit die teks om jou antwoord in VRAAG 3.1 te bewys.

                                                                                          (1)

    4.   Skryf EEN sin uit die teks neer wat vir jou sê dat Leeu baie kwaad was.

                                                                                          (1)

    5.   Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf slegs die woord neer.

         Vlieg was baie (bly / kwaad / hartseer) dat hy die geveg gewen het.

                                                                                          (1)

    6.   Wat het Spinnekop met Vlieg gedoen?

                                                                                          (1)

    7.   Die storie leer ons om versigtig te wees vir dié wat swak lyk.
         Watter ander les kan ons ook uit die storie leer?

         Omkring die letter van die mees korrekte antwoord.                               (1)

         A            Onthou dat gevare opduik waar ons dit die minste verwag.
         B            Pasop vir dié wat swak lyk.
         C            Vlieg is sterker as Leeu.
         D            Wees altyd net jouself.

    8.   Dink jy dit is moontlik dat Vlieg vir Leeu kon wen? Gee ‘n rede vir jou
         antwoord.

                                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                                     5

         LEES EN KYK: ADVERTENSIE

         Bestudeer die advertensie en beantwoord vrae 9–12.

                                                                Aanbod
                                                              slegs geldig
                                                                  van
                                                                Maandae
                                                                   tot
                                                              Donderdae

                                           [Aangepas uit: http://www.google.com]

  9.     Wat is die prys van die aanbod?

                                                                                           (1)

  10.    Watter TWEE woorde word gekombineer om die woord SPURFEK te
         maak?

                                                                                           (1)

  11.    Kan jy die aanbod op ‘n Saterdag gebruik? Gee ‘n rede vir jou antwoord.

                                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/NOVEMBER 2017)

    12.       Sal jy daarvan hou om die aanbod van Spur te gebruik? Verduidelik
              hoekom.

                                                                                                  (2)

    LEES EN KYK: GEDIG

    Lees die onderstaande gedig en beantwoord vrae 13–19.

                 DIE GOUE SLEUTELTJIE

        1        As ek ŉ goue sleuteltjie
                 in die hande kry,
                 dan sluit ek al die koutjies oop
                 en laat die voëltjies vry.

        5        Ek sluit ook ons ou koskas oop,
                 waar Ma die koek in hou,
                 en allerhande lekker goed,
                 waaraan ek graag wil kou.

        9        Maar ons skooldeur sluit ek toe!
                 So styf as jy kan dink –
                 die sleutel gooi ek in die see
                 om diep daar weg te sink!

                                        [Helena J. F. Lochner: Uit Nuwe Kleuterverseboek]

    WOORDVERKLARING

           sleuteltjie    (reël 1) -   ŉ klein sleutel, voorwerp waarmee jy ŉ slot oopsluit
           koutjies       (reël 3) -   klein hokkies waarin voëls bly
           koskas         (reël 5) -   ŉ kas waarin kos gebêre word
           allerhande     (reël 7) -   verskillende

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                                   7

  13.     Wat is die kleur van die sleutel?

                                                                                            (1)

  14.     Hoekom dink jy wil die spreker die voëltjies vrylaat?

                                                                                            (1)

  15.     (Omkring die letter van die korrekte antwoord).
          Die herhaling van die ‘v’ – klank in ‘voëltjies vry’ is ŉ voorbeeld van ...

          A          ŉ vergelyking.
          B          ŉ metafoor.
          C          assonansie.
          D          alliterasie.                                                           (1)

  16.      Noem TWEE dinge wat die spreker in die koskas kan kry.

                                                                                            (2)

  17.      Die spreker wil twee goed oopsluit en een ding toesluit.

           17.1 Noem die ding wat hy / sy wil toesluit.

                                                                                            (1)

           17.2 Waarom dink jy wil die spreker hierdie ding toesluit?

                                                                                            (1)

           17.3 Hoe voel jy daaroor dat die spreker hierdie ding wil toesluit?

                                                                                            (1)

  18.      Wie is die digter (skrywer van die gedig)?

                                                                                            (1)

  19.      Skryf TWEE woorde uit strofe 3 neer wat met mekaar rym.

                                                                                            (1)

                                                             TOTAAL AFDELING A:             25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/NOVEMBER 2017)

    AFDELING B: TAALSTRUKTURE EN –KONVENSIES

    20.   Gee die meervoud van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord
          neer.
          Byvoorbeeld: een leeu – twee leeus

          Hy vlieg in ŉ spinnekop se web vas.

                                                                                         (1)

    21.   Gee die korrekte intensiewe vorm van die volgende woord.
          Byvoorbeeld: Baie moeg is doodmoeg.
          (Leeu val doodmoeg op die grond neer.)

          Leeu is ŉ groot dier, terwyl Vlieg baie klein is.                              (1)

    22.   Verbind die twee sinne met die woord tussen hakies.

          Leeu is kwaad vir Vlieg. Hy kan hom nie vang nie. (maar)

                                                                                         (2)

    23.   Gee die vroulike vorm van die volgende woord.
          Byvoorbeeld: seun – meisie

          Die leeumannetjie is groter as die _______________.

                                                                                         (1)

    24.   Skryf die volgende sin oor en vul die korrekte leestekens in.

          Leeu skree gaan weg jou vieslike gogga

                                                                                         (4)

    25.   Gee die verkleinwoord vir die woord wat onderstreep is. Skryf slegs die
          woord neer.
          Byvoorbeeld: leeu – leeutjie

          Hy byt hom op sy gevoelige neus.

                                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                                       9

  26.    Onderstreep die korrekte voorsetsel.

         Vlieg hou (aan / met) om Leeu te byt.                                                     (1)

  27.    Skryf die sin in die verlede tyd. Begin met “gister”.

         Vlieg wen die geveg.

         Gister

                                                                                                   (2)

  28.    Kies die antoniem (woord met teenoorgestelde betekenis) vir die
         onderstreepte woord. Omkring jou keuse.

         Leeu het groot kloue.

         A           enorme
         B           yslike
         C           groen
         D           klein                                                                         (1)

  29.    Skryf ŉ sinoniem (woord met dieselfde betekenis) vir die onderstreepte
         woord neer.

         Leeu is vies vir Vlieg.

                                                                                                   (1)

  30.    Skryf die sinne in die toekomende tyd.
         Byvoorbeeld: Vlieg wen die geveg.
                        Vlieg sal die geveg wen.

         30.1        Leeu krap homself stukkend.

                                                                                                   (1)

         30.2        Leeu is baie kwaad.

                                                                                                   (1)

  31.    Onderstreep die korrekte woord tussen hakies om die sinne te voltooi.

         31.1        Leeu brul (hard / harder / hardste) as gewoonlik.                             (1)

         31.2        Leeu dink hy is die (sterk / sterker / sterkste) van al die diere.            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

  32.    Skryf EEN sin neer om die ander betekenis van die woord “van” te
         verduidelik.

         Voorbeeldsin: Leeu word byna mal van woede.

                                                                                                 (2)

  33.    Omkring die mees korrekte betekenis van die volgende idioom.

         Leeu wou die aapstuipe kry.

         A      Leeu was baie kwaad.
         B      Leeu wou ŉ aap vang.
         C      Leeu wou stuipe kry.
         D      Leeu was baie bly.                                                               (1)

  34.    Onderstreep die korrekte vorm van die woord in hakies.

         34.1   Leeu is die koning van die diere. Hy is hulle (lyer / leier).                    (1)

         34.2   Die ander diere hoor Leeu se (hard / harde) gebrul.                              (1)

  35.    Skryf die sinne in die ontkennende vorm.
         Byvoorbeeld: Vlieg wen die geveg.
                        Vlieg wen nie die geveg nie.

         35.1   Vlieg pla vir Leeu.

                                                                                                 (1)

         35.2   Leeu moet vir Vlieg vang.

                                                                                                 (1)

  36.    Skryf die onderwerp, voorwerp en gesegde uit die volgende sin neer.

         Die spinnekop eet arme Vlieg.

         36.1   onderwerp:                                                                       (1)

         36.2   voorwerp:                                                                        (1)

         36.3   gesegde:                                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                      11

  37.    Onderstreep die bywoord in die volgende sin.
         Byvoorbeeld: Vlieg pla Leeu aanhoudend.
                      Vlieg pla Leeu aanhoudend.

         Leeu het vreeslik gebrul.                                                 (1)

                                                TOTAAL AFDELING B (30 ÷ 2):            15
                                                          GROOTTOTAAL:                 40

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2017/8c65653f-3586-421a-a3cd-603867f2920a) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [AFRFAL P2 GR6 QP NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-qp-nov2014/3b75338c-ff57-4696-bcf9-1d4d20ea43c8) — Afrikaans FAL · QP · 2014
- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2017/f6b7dcbf-d7c9-430a-a891-1436f78f7749) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2018/fb53a278-9caf-4713-83ac-d691fa610fdb) — Afrikaans FAL · Memo · 2018
- [AFRFAL-P2- GR6 N16-MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-n16-memo/3c847fff-3733-4b4f-a69c-a727616f181b) — Afrikaans FAL · Memo · 2016
- [AFRFAL P2 GR6 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p2-gr6-memo-nov2014/91d8de7b-dd66-4b00-abd2-9f5859300291) — Afrikaans FAL · Memo · 2014

## More from Grade 6 Afrikaans Fal

- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2018/a35e438d-92fb-49cc-9e68-78495d9a5bf8) — Memo · 2018
- [AFRFAL-P3-GR6 N16-MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-n16-memo/04aa914e-4b7c-4e57-b0ef-f830f62c2ef4) — Memo · 2016
- [AFRFAL-P3-GR6 N16-QP](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-n16-qp/07a7cc63-e0d3-43c3-a786-f5393e3fbdb8) — QP · 2016
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-fal-memo/d9ac7b2b-b6d4-4b2e-a51c-f6e6eca53bb9) — Memo · 2014 · Afr
- [2014 ANA Grade 6 Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-6-afrikaans-fal/95fea45b-41cc-4131-b660-d1b4b9663349) — QP · 2014 · Afr
- [AFRFAL P3 GR6 MEMO NOV2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr6-memo-nov2014/d146b565-8b68-4988-a763-9aac7867eb41) — Memo · 2014

## Collection

- [Grade 6 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-6/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
