# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept-2017/89bb42f7-9d32-4591-90a1-08136b7db951
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept-2017/89bb42f7-9d32-4591-90a1-08136b7db951)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                             NASIONALE
                         SENIOR SERTIFIKAAT

                                   GRAAD 12

                          SEPTEMBER 2017

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
              NASIENRIGLYN

PUNTE:   100

         Hierdie nasienriglyn bestaan uit 15 bladsye wat 3 rubrieke insluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3               (EC/SEPTEMBER 2017)

 SKRYF EN AANBIED

 ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3

 1.   Maak gebruik van die voorgeskrewe rubrieke (A, B en C) in die
      assesseringsriglyne. Let veral daarop dat beplanning en redigering by die
      rubrieke ingesluit is.

      Gebruik die rubrieke soos volg:

      BYLAE A:        VRAAG 1           OPSTEL
      BYLAE B:        VRAAG 2.1         VRIENDSKAPLIKE BRIEF
                      VRAAG 2.2         TYDSKRIFARTIKEL
                      VRAAG 2.3         INFORMELE VERSLAG
                      VRAAG 2.4         TOESPRAAK
      BYLAE C:        VRAAG 3.1         ADVERTENSIE
                      VRAAG 3.2         DAGBOEKINSKRYWINGS
                      VRAAG 3.3         PADAANWYSINGS

 2.   As die skryfstukke grootliks/heeltemal uit die vraestel saamgeflans word of
      dele van die opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, sal die skryfstuk
      nie logies opeenvolg nie en die leerder ontvang dan geen punte nie.
      Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans.

 3.   Indien dele van die skryfstuk wel die leerder se eie werk is, moet hierdie dele
      volgens die laagste kode geassesseer word.

 4.   As ŉ onderwerp misgetas word, word die leerder streng gepenaliseer m.b.t.
      die inhoud (ŉ baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.

 5.   By skryfstukke wat te lank is, word slegs die maksimum lengte nagesien en ŉ
      streep deur die res getrek.

 6.   Visuele tekste: VRAAG 1.6.1–1.6.3.

         Die titel en die kern van die visuele prikkel behoort bymekaar aan te sluit.
         Indien die titel nie by die kern van die prikkel pas nie, maar die inhoud
          spreek steeds die kern van die prent aan, word die titel geïgnoreer.
         Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredenerend
          of argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.

 7.   Kandidate word nie gepenaliseer indien hulle minder as die minimum of meer
      woorde gebruik nie.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                              3

 SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN
 Maak gebruik van die volgende simbole by die nasien van skryfwerk ter wille van
 eenvoud en eenvormigheid. Om net strepe trek is ONAANVAARBAAR.

   VERDUIDELIKING             SIMBOOL                      BESKRYWING
 Woordorde                      (…) →            Hakies/pyltjie
 Spelfout                          =             Twee strepies onder ŉ woord
 Woordkeuse                        /             Haal met ŉ streep deur
 Tydfoute                    T (in kantlyn)      Hoofletter T
 Woord(e) weggelaat                 Λ            Weglaatteken
 Taalfoute                       _____           Enkelstreep onder die taalfout
 Paragraafindeling                 //            Dubbele skuinsstreep
 Paragraaf is een lang,            [             Begin van nuwe sin
 lomp sin
 Woorde uit ander tale /           X             Trek X oor die verkeerde woord
 niefunksionele /
 vreemde woorde
 Erkenning van             √ (bo die woord)      Regmerkie bokant goeie
 taaljuweeltjies                                 taalgebruik, idees of uitdrukkings
 Herhaling                  hh (in kantlyn)      Dubbele hh
 Onduidelik/               ∫ (in die kantlyn)    Kronkelstreep
 onverstaanbaar
 Punktuasie                         O            Omkring
 Saamgeflans uit die       Vr (in die kantlyn)   Hoofletter V en kleinletter r
 vraestel

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3          (EC/SEPTEMBER 2017)

 NEERSKRYF VAN PUNTE

 1.   Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

 2.   Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf
      HOOFVLAKOMSKRYWINGS volgens:

      AFDELING A:      INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                       REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).

      AFDELING B:      INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte), TAAL,
                       STYL en REDIGERING (12 punte).

      AFDELING C:      INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte), TAAL,
                       STYL en REDIGERING (8 punte).

 3.   Evalueer eers of die leerder se skryfstuk volgens INHOUD EN BEPLANNING
      byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Besluit
      dan of die INHOUD EN BEPLANNING aan die beskrywing van die hoë vlak of
      die lae vlak voldoen. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word. Skryf
      net EEN punt neer.

      LET WEL: Volg dieselfde werkwyse vir TAAL, STYL EN REDIGERING. Let
               daarop dat, by die bepaling van die punt vir STRUKTUUR, daar
               nie ŉ hoë en ŉ lae vlak is nie.

 4.   Hou die persentasies by die kategorieë in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

 5.   Vir AFDELING B en AFDELING C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk
      volgens INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld
      UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter
      punt toegeken moet word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL,
      STYL EN REDIGERING.

 6.   Skryf die punte soos volg neer:

      AFDELING A               Kode                     Punt
          I/B               Knap       +                 23
         T/S/R             Uitsonderlik –                13
           S                    Knap                     4
      TOTAAL:                                            40

      AFDELING B              Kode                      Punt
         I/B/F              Gemiddeld                    9
         T/S/R                T/S/R                      5
       TOTAAL:                                           14

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                         5

 ANALISE VAN VRAESTEL

 AFDELING A: OPSTEL

 1.1      Beskrywend/ verhalend/beredenerend/bespiegelend
 1.2      Bespiegelend/beskrywend/verhalend/beredenerend
 1.3      Verhalend/ beskrywend/beredenerend/bespiegelend
 1.4      Argumenterend/Beskrywend/verhalend/beredenerend/bespiegelend
 1.5      Beredenerend/argumenterend/ beskrywend/verhalend
 1.6      Visuele prikkels

 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

 2.1      Vriendskaplike brief
 2.2      Tydskrifartikel
 2.3      Informele verslag
 2.4      Toespraak

 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKS

 3.1      Advertensie
 3.2      Dagboekinskrywing
 3.3      Aanwysings

 TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

 Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
 assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.

 LET WEL:       Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want
                die rubrieke maak daarvoor voorsiening.

 ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 Van die kandidaat word verwag om:
  een vraag te doen.
  die beplanning en redigering aan te toon.
  die lengte van die skryfstuk (250–300 woorde) aan te toon.
  die instruksies by elke vraag rakende die titel te volg.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3       (EC/SEPTEMBER 2017)

 TEKSSOORTE – DOEL EN STRUKTUUR: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (A)                                                 [50]

 1.1 VERHALENDE OPSTEL

      DOEL: Om te vermaak.

      TEKSSTRUKTUUR:
       Inligting wat karakters en agtergrond bekendstel.
       Gebeure wat spanningslyn skep; afloop/oplossing/samevatting.

      TAALKENMERKE:
       Skryf in eerste of derde persoon
       Gebruik meestal verlede tyd.
       Beskryf opeenvolgende gebeure.
       Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui.
       Dialoog kan gebruik word.
       Gebruik bywoorde, byvoeglike naamwoorde; wat leser boei.                     [50]

 1.2 BESKRYWENDE OPSTEL

      DOEL: Om iets lewendigs te beskryf.

      TEKSSTRUKTUUR:
       Inleiding wat ŉ algemene oorsig van die onderwerp gee.
       Beskryf daarna kenmerke/karaktertrekke van onderwerp.

      TAALKENMERKE:
       Gebruik verlede of teenwoordige tyd.
       Skep ŉ prent in woorde.
       Gebruik bywoorde en byvoeglike naamwoorde.
       Gebruik beeldspraak.                                                         [50]

 1.3 BESPIEGELENDE OPSTEL

      DOEL: Om ŉ idee te oorweeg/deurdink en emosionele reaksies en
            gevoelens weer te gee.

      TEKSSTRUKTUUR
       Sal subjektief wees.
       ŉ Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees.
       Die gedagtes wat uitgedruk word, behoort opreg te wees en persoonlike
         betrokkenheid te toon.

      TAALKENMERKE:
       Gebruik persoonlike voornaamwoorde.
       Gebruik woorde wat gevoel en siening aandui.                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            7

 1.4 ARGUMENTERENDE/BETOGENDE OPSTEL

       DOEL: Om ŉ standpunt te verdedig; probeer om die leser te oortuig.

      TEKSSTRUKTUUR:
       Gee ŉ reeks uitgebreide argumente.
       Versterk die argument deur die openingsargument te herhaal/op te som.

       TAALKENMERKE:
        Gebruik die teenwoordige tyd.
        Gebruik woorde wat rede, oorsaak, opeenvolging/voegwoorde/logiese
          opeenvolging aandui.
        Ontwikkel die argumente van die algemene na die spesifieke.                      [50]

 1.5 BEREDENERENDE OPSTEL

       DOEL:     Om argumente vir verskillende standpunte aan te bied.

       TEKSSTRUKTUUR:
        Stel argument/probleem; mag hoofargument in inleiding gee.
        Argumente vir, asook ondersteunende bewyse.
        Argumente teen; asook ondersteunende bewyse.
        Slotsom: opsomming en aanbevelings.

       TAALKENMERKE:
        Gebruik die teenwoordige tyd.
        Gebruik woorde wat rede, oorsaak, opeenvolging/voegwoorde/logiese
         opeenvolging aandui.
        Ontwikkel argumente van die algemene na die spesifieke.                          [50]

 1.6 VISUELE PRENTE

       Die onderwerp moet pas by die visuele prikkel. Alhoewel die visuele prikkels
       oop vir verskeidenheid interpretasies is, moet die opstel direk by die kern van
       die prent aansluit. Die leerder se perspektief op die kern van die prent moet
       by assessering oorweeg word.                                                       [50]

       ONTLEDING VAN MOONTLIKE OPSTELTIPES PER VRAAG

       Die opstel wat geskryf word, kan waarskynlik in meer as een kategorie val,
       maar nie noodwendig nie. ŉ Opstel kan ook elemente van verskillende tipes
       opstelle bevat.

                                                              TOTAAL AFDELING A:           50

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3             (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING B

 VRAAG 2: LANG TRANSAKSIONELE TEKS

 Van die kandidaat word verwag om:
  EEN vraag te doen.
  die instruksies by elke vraag uit te voer.
  ŉ skryfstuk van 120–150 woorde te skryf.
  die regte formaat te gebruik.

 TEKSSTRUKTUUR EN DOEL: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (B)

 2.1 INFORMELE/VRIENDSKAPLIKE BRIEF

      FOKUS:
      Die leerder skryf ŉ informele brief aan sy/haar kêrel/meisie waarin hy/sy vra
      dat hulle die verhouding moet beëindig omdat hulle ver van mekaar af bly.

      TEKSSTRUKTUUR VAN DIE INFORMELE BRIEF

       Adres van sender/brieweskrywer, aanhef, doel van brief/inleiding,
        paragrawe/inhoud, afsluiting.
       Die adres van die sender/brieweskrywer kom regs boaan in blokvorm.
       Daar word nie ŉ reël tussen die poskode en die datum oopgelaat nie.
       Die datum word voluit geskryf.
       Geen leestekens word in die adres gebruik nie.
       ŉ Reël word tussen die adres en die aanhef van die brief oopgelaat.
       Dit word informeel gerig aan Liewe/ Beste ...
       Geen leestekens word na “Jou vriend(in)” gebruik nie.

      STYL
       Informele styl.
       Vriendelik, opreg en met empatie.                                                [30]

 2.2 TYDSKRIFARTIKEL

      FOKUS:
       Die leerder moet ŉ tydskrifartikel skryf om matrikulante in te lig oor die
        opsies wat daar na matriek is.
       Fokus is dus op postmatriek: werk, studeer of tuisbly-jaar.

      TEKSSTRUKTUUR VAN ARTIKEL
       Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.
       Die artikel moet belangstelling wek en die leser boei.
       Akkurate feite oor postmatriek opsies moet gegee word.
       Name, plekke, tye, standpunte en enige ander besonderhede behoort
        ingesluit te word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                           9

       STYL
        Die styl moet persoonlik wees en direk tot die leser spreek.
        Die styl kan beskrywend wees en ŉ beroep doen op die leser se
         verbeelding.
        Beskrywende taalgebruik.
        Aanhalings, kommentaar, opinies, verklarings en waarnemings van
         betrokke mense of kundiges oor die onderwerp.                                   [30]

 2.3 INFORMELE VERSLAG

       FOKUS:
       Verslag moet ŉ samevatting van die aktiwiteite van die leerder se ma se
       stokvelklub/spaarklub weergee.

       TEKSSTRUKTUUR:
        Die verslag is ŉ bondige opsomming van die werksaamhede wat die
          spaarklub daardie jaar gedoen het, asook aanbevelings vir die volgende
          jaar.
        Gee aan die verslag ŉ interessante opskrif.
        Skryf ŉ bondige, interessante inleiding wat die doel van die verslag
          weergee.
        Skryf ŉ treffende slot wat alles saamvat.

       STYL
        Skryf in die verlede tyd.
        Spesifieke inligting word verskaf.
        Gebruik gepaste terme wat by die konteks pas.                                   [30]

 2.4 INFORMELE TOESPRAAK

       FOKUS
       Die leerder lewer ŉ informele toespraak tydens die gradeplegtigheidspartytjie
       van die pa/ma om die pa/ma geluk te wens met sy/haar prestasie.

       TEKSSTRUKTUUR
        Die toespraak word as gelukwensing aan ouers gelewer.
        Die leerder kan ook familie en vriende in die toespraak motiveer.
        Die informele toespraak begin met die groet van die aanwesiges op ŉ
          gepaste, respekvolle wyse.
        Die inhoud van die informele toespraak se taalgebruik en styl is
          informeel.
        Die inhoud moet georden, logies en interessant wees.
        Samehang is belangrik.

       STYL
        Informeel, maar respekvol en beleefd.                                           [30]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3          (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING C

 VRAAG 3: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS

 Van die kandidaat word verwag om:
  EEN vraag te doen
  ŉ skryfstuk van tussen 80–100 woorde in te handig.

 TEKSSTRUKTUUR EN DOEL: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (C)

 3.1 ADVERTENSIE

      FOKUS
      Garage-uitverkoping met verskeie artikels

      TEKSSTRUKTUUR:
       Gebruik logo’s en leuses.
       Het gewoonlik visuele elemente (lettergroottes, lettertipe en uitleg is
         belangrik).
       Gebruik advertensietegnieke.
       Moet aandag trek.
       Leser moet die advertensie maklik verstaan.
       ABBA-beginsel: Aandag trek, Belangstelling wek, Begeerte wek, tot Aksie
         oorgaan (moet die bure oortuig om te koop).
       Vrae: wat?, waar?, wat alles?, vir wie? moet beantwoord kan word.

      STYL
       Oorredingstaal                                                               [20]

 3.2 DAGBOEKINSKRYWINGS

      FOKUS:
      Om persoonlike gevoelens oor leerder se verhuising na ŉ ander
      stad/dorp/skool te gee. Dit kan opgewonde of hartseer wees.

      TEKSSTRUKTUUR
       Daar moet TWEE inskrywings wees.
       Word in die eerstepersoon geskryf.
       Skryf (wat gebeur het) in die verlede tyd, maar gedagtes en gevoelens
         word in die teenwoordige tyd geskryf.
       Dit moet ŉ dag/datum hê. Kan beide hê. (Datum moet voluit geskryf
         word.)
       Dit hoef nie met “Liewe Dagboek” te begin nie.
       Mag ŉ naam vir die dagboek gee, “Liewe Annie”.
       Die datum/dag kan enige plek geskryf word.
       Paragraafvorm word gebruik indien daar meer as een paragraaf is.
       Gebruik leestekens en hoofletters funksioneel.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                       11

         STYL
          Persoonlik van aard.
          Emosiebelaaide taal.
          Inhoud moet getuig van skrywer se gevoelens.
          Gemotiveerde eenwoordbeskrywings is aanvaarbaar.                         [20]

 3.3     AANWYSINGS

         FOKUS
         Rigtingaanwysings oor hoe om vanaf lughawe tot by die nuwe huis te kom.

         TEKSSTRUKTUUR
          Gebruik chronologiese volgorde – Beskryf van punt A na punt B.
          Verwys na ŉ spesifieke rigting.
          Verskaf inligting oor bakens langs die pad.

         STYL
          Gebruik hoofsaaklik bevelsinne.
          Eenvoudige taalgebruik ter verduideliking van padaanwysings.             [20]

                                                         TOTAAL AFDELING C:          20
                                                             GROOTTOTAAL:           100

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                                                   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                     (EC/SEPTEMBER 2017)

LET WEL:
•   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
•   Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
•   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die
    toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
•   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoë en lae vlak beïnvloed nie.
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE]
       Kriteria                           Uitsonderlik                   Knap                    Gemiddeld                Elementêr              Onvoldoende
 INHOUD EN                                   28–30                      22–24                       16–18                   10–12                       4–6
 BEPLANNING                         - Respons is              - Respons baie goed;       - Respons bevredigend.    - Wisselvallige            - Respons heeltemal
                                      uitsonderlik/treffend en getuig van                - Idees redelik             samehang in                irrelevant.
                                      bo verwagting.             vaardigheid.              samehangend en            respons.                 - Idees deurmekaar
 (Respons en idees)
                                    - Idees is intelligent,    - Idees heeltemal           oortuigend.             - Idees onduidelik, nie      en nie op
 Organisering van
                                      volwasse en stem           relevant, interessant   - Redelike organisasie en   oorspronklik nie.

                         Hoë vlak
 idees vir beplanning;                                                                                                                          onderwerp
 Bewustheid van                       leser tot nadenke.         en lewer bewys van        redelik samehangend,    - Min bewys van              gefokus nie.
 doel, gehoor en                    - Uitsonderlike              volwassenheid.            insluitend inleiding,     organisasie en           - Vaag en
 konteks                              organisasie en           - Organisasie baie          liggaam en                samehang.                  herhalend.
                                      samehang,                  goed en                   samevatting/slot.                                  - Geen organisasie
                                      insluitend inleiding,      samehangend,                                                                   nie en is
 30 PUNTE                             liggaam en                 insluitend inleiding,                                                          onsamehangend.
                                      samevatting/slot.          liggaam en
                                                                 samevatting/slot.
                                                25–27                     19–21                      13–15                      7–9                     0–3
                                    - Respons uitmuntend, - Respons goed;                - Respons                  - Respons is              - Geen poging
                                       maar uitsonderlik         getuig van                bevredigend, maar          grootliks                 aangewend om in
                                       treffende eienskappe      vaardigheid.              verval soms in             irrelevant.               ooreenstemming
                                       van ’n opstel ontbreek. - Idees relevant,           onduidelikheid.          - Idees begin los           met onderwerp te
                                    - Idees intelligent en                               - Idees redelik              staan en kan

                         Lae vlak
                                                                 interessant.                                                                   wees nie.
                                       volwasse.               - Organisasie goed en     - samehangend en             verwarrend wees.        - Heeltemal
                                    - Knap organisasie en        samehangend,              oortuigend.              - Skaars ’n bewys           irrelevant en
                                       samehang, insluitend      insluitend inleiding,   - ’n Mate van                van organisasie           ontoepaslik.
                                       inleiding, liggaam en     liggaam en                organisasie en             en samehang.            - Deurmekaar en
                                       samevatting/slot.         samevatting/slot.         samehang,                                            geen fokus nie.
                                                                                           insluitend inleiding,
                                                                                           liggaam en
                                                                                           samevatting/slot.

Kopiereg voorbehou                                                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)                                           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                 13

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [50 PUNTE] (vervolg)
       Kriteria                              Uitsonderlik                    Knap                    Gemiddeld                  Elementêr                  Onvoldoende
 TAAL, STYL EN                                  14–15                         11–12                      8–9                        5–6                        0–3
 REDIGERING                           - Toon, register, styl en     - Toon, styl, register    - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl    - Taal
                                        woordeskat hoogs              en woordeskat baie        woordeskat gepas vir        en woordeskat nie         onverstaanbaar.
 Toon, register, styl en                gepas vir doel, gehoor        gepas vir doel,           doel, gehoor en             gepas vir doel,         - Toon, register,
 woordeskat is geskik                   en konteks.                   gehoor en konteks.        konteks.                    gehoor en konteks         styl en

                           Hoë vlak
 vir doel/effek en                    - Taalgebruik getuig          - Taalgebruik effektief   - Gepaste taalgebruik         nie.                      woordeskat
 konteks;                               van vertroue,                 en ’n deurlopende         om betekenis oor te       - Taalgebruik baie          minder gepas
                                        indrukwekkend                 gepaste toon word         dra.                        basies.                   vir doel, gehoor
 Woordkeuse;
                                      - Toon retories treffend        gebruik.                - Toon is gepas.            - Toon en                   en konteks.
 Taalgebruik en
                                        en effektief.               - Grammatika en           - Retoriese middele           woordkeuse              - Woordeskat so
 konvensies,
                                      - Grammatika en                 spelling grootliks        gebruik om betekenis        skaars toepaslik.         beperk dat dit
 punktuasie,
                                        spelling feitlik foutvry.     foutvry.                  te versterk.              - Baie beperkte             onmoontlik is
 grammatika, spelling                 - Knap gedaan.                - Baie goed gedoen.                                     woordeskat.               om sin te maak.
                                                   13                            10                        7                         4
 15 PUNTE                             - Taalgebruik                 - Taalgebruik             - Voldoende taalgebruik,    - Taalgebruik
                                        uitstekend en toon is         toepaslik en oor die      maar teenstrydighede        onvoldoende.
                                        retories effektief.           algemeen effektief.       word opgemerk.            - Weinig indien enige

                           Lae vlak
                                      - Grammatika en               - Toon gepas en           - Toon oor die algemeen       sinsverskeidenheid.
                                        spelling feitlik foutvry.     effektief.                gepas en beperkte         - Woordeskat baie
                                      - Baie goed tot knap          - Enkele foute in           gebruik van retoriese       beperk.
                                        gedaan.                       grammatika en             middele.
                                                                      spelling.
                                                                    - Goed gedoen.
 STRUKTUUR                                         5                           4                            3                        2                             0–1
                                      - Uitstekende                 - Logiese                 - Relevante detail          - Sommige punte               - Noodsaaklike
 Kenmerke van teks;                     ontwikkeling van              ontwikkeling van          ontwikkel.                  geldig.                       punte ontbreek.
 Paragraafontwikkeling                  onderwerp.                    details.                - Sinne en paragrawe        - Sinne en                    - Sinne en
                                      - Uitsonderlike detail.       - Samehangend               goed gekonstrueer.          paragrawe foutief.            paragrawe foutief.
 en sinskonstruksie
                                      - Sinne en paragrawe          - Sinne en                - Opstel maak nog           - Opstel maak nog             - Opstel maak nie
                                        uitsonderlik                  paragrawe logies          effens sin.                 sin.                          sin nie.
 5 PUNTE                                gekonstrueer.                 en toon variasie.
 VERSPREIDING VAN                                                                                                                                   -
 PUNTE                                           43–50                       33–40                      23–30                     13–20                         0–10

Kopiereg voorbehou                                                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                   (EC/SEPTEMBER 2017)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik                 Knap                   Gemiddeld                Elementêr              Onvoldoende
 INHOUD,                                15–18                    11–14                     8–10                      5–7                     0–4
 BEPLANNING EN                 - Respons                - Respons baie goed      - Respons voldoende      - Basiese respons        - Respons toon geen
 FORMAAT                         uitsonderlik, bo         en demonstreer goeie     en toon voldoende        toon geringe kennis      kennis van
                                 verwagting.              kennis van kenmerke      kennis van               van kenmerke van         kenmerke van die
                               - Idees intelligent en     van die soort teks.      kenmerke van die         die soort teks           soort teks nie
 Respons en idees;               volwasse.              - Behou fokus – geen       soort teks             - Aanduiding van         - Betekenis onduidelik
 Organisering van idees vir    - Grondige kennis          afwyking nie.          - Nie heeltemal            fokus, maar met          met groot afwyking.
 beplanning; Doel,               van kenmerke van       - Samehang in inhoud       gefokus nie –            afwykings              - Geen samehang in
 gehoor, kenmerke/               die soort teks           en idees; baie goed      enkele afwykings       - Inhoud en idees nie      idees en inhoud nie
 konvensies                    - Skryfwerk behou          uitgebrei met detail   - Redelike samehang        altyd samehangend      - Baie min detail
 en konteks                      fokus.                   wat die onderwerp        in inhoud en idees       nie.                     ondersteun die
                               - Samehang in              ondersteun.            - Sommige detail         - Min detail               onderwerp.
                                 inhoud en idees.       - Gepaste formaat met      ondersteun die           ondersteun die         - Nodige reëls van
 18 PUNTE
                               - Idees behoorlik          onbeduidende foute.      onderwerp.               onderwerp                formaat nie
                                 uitgebrei met detail                            - Formaat oorwegend      - Nodige reëls van         toegepas nie.
                                 wat die onderwerp                                 gepas, maar met          formaat vaagweg
                                 ondersteun.                                       enkele foute.            toegepas
                               - Gepaste en                                                               - Kritiese foute
                                 akkurate formaat.                                                          begaan.
 TAAL, STYL EN                          10–12                     8–9                      6–7                       4–5                     0–3
 REDIGERING                   - Toon, register,         - Toon, register, styl   - Toon, register, styl   - Toon, register, styl   - Toon, register, styl
                                 styl en                  en woordeskat baie       en woordeskat is         en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,           woordeskat               geskik vir doel,         geskik vir doel,         minder geskik vir        nie ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en           hoogs geskik             gehoor en konteks.       gehoor en konteks        doel, gehoor en          gehoor en konteks
 konteks;                        vir doel, gehoor       - Grammatika oor         - Enkele                   konteks.                 nie.
                                 en konteks.              die algemeen             grammatikafoute        - Grammatika             - Besaai met foute en
 Taalgebruik en konvensies;
                              - Grammatika                korrek en goed         - Voldoende                onakkuraat met           verward
 Woordkeuse;                     akkuraat en              gekonstrueer.            woordeskat               etlike foute.          - Woordeskat nie
 Punktuasie en spelling          goed                   - Baie goeie             - Foute belemmer nie     - Basiese                  geskik vir doel nie
                                 gekonstrueer.            woordeskat               betekenis nie.           woordeskat             - Betekenis ernstig
 12 PUNTE                     - Feitlik foutloos.       - Oorwegend                                       - Betekenis                belemmer.
                                                          foutloos.                                         belemmer.
 VERSPREIDING VAN                     25–30                      19–23                   14–17                       9–12                   0–7
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                                  AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                            15
ASSESSERINGSRUBRIEK VIR KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20
PUNTE]
      Kriteria                    Uitsonderlik                   Knap                      Gemiddeld                 Elementêr              Onvoldoende
 INHOUD,                             10–12                        8–9                          6–7                       4–5                     0–3
 BEPLANNING EN            - Respons uitsonderlik,     - Respons baie goed en       - Respons voldoende en     - Basiese respons        - Respons toon geen
 FORMAAT                    bo verwagting.              demonstreer goeie            toon voldoende kennis      toon geringe kennis      kennis van
                          - Idees intelligent en        kennis van kenmerke          van kenmerke van die       van kenmerke van         kenmerke van die
 Respons en idees;          volwasse.                   van die soort teks.          soort teks.                die soort teks           soort teks nie
                          - Grondige kennis van       - Behou fokus – geen         - Nie heeltemal gefokus    - Aanduiding van         - Betekenis onduidelik
 Organisering van                                       afwyking nie.                nie – enkele afwykings     fokus, maar met          met groot afwyking
 idees;                     kenmerke van die soort
                            teks.                     - -Samehang in inhoud        - Redelike samehang in       afwykings              - Geen samehang in
 Kenmerke/konvensies                                    en idees; baie goed          inhoud en idees          - Inhoud en idees nie      idees en inhoud nie
 en konteks               - Skryfwerk behou fokus.
                                                        uitgebrei met detail wat   - Sommige detail             altyd samehangend      - Baie min detail
                          - Samehang in inhoud
                                                        die onderwerp                ondersteun die             nie                      ondersteun die
                            en idees.
 12 PUNTE                                               ondersteun.                  onderwerp.               - Min detail               onderwerp
                          - Idees behoorlik           - Gepaste formaat met        - Formaat oorwegend          ondersteun die         - Nodige reëls van
                            uitgebrei met detail        onbeduidende foute.          gepas, maar met enkele     onderwerp                formaat nie toegepas
                            wat die onderwerp                                        foute.                   - Nodige reëls van         nie
                            ondersteun.                                                                         formaat vaagweg
                          - Gepaste en akkurate                                                                 toegepas
                            formaat.                                                                          - Kritiese foute
                                                                                                                begaan
 TAAL, STYL EN                         7–8                         5–6                          4                         3                      0–2
 REDIGERING               - Toon, register, styl en   - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en  - Toon, register, styl   - Toon, register, styl
                            woordeskat hoogs            woordeskat baie geskik       woordeskat is geskik vir   en woordeskat            en woordeskat stem
 Toon, register, styl,      geskik vir doel, gehoor     vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks minder geskik vir           nie ooreen met doel,
 woordeskat geskik vir      en konteks.                 konteks.                   - Enkele grammatika-         doel, gehoor en          gehoor en konteks
 doel en konteks;         - Grammatika akkuraat       - Grammatika oor die           foute                      konteks                  nie
 Taalgebruik en             en goed gekonstrueer.       algemeen korrek en         - Voldoende woordeskat - Grammatika                 - Besaai met foute en
                          - Feitlik foutloos            goed gekonstrueer.         - Foute belemmer nie         onakkuraat met           verward
 konvensies
                                                      - Baie goeie woordeskat.       betekenis nie              etlike foute           - Woordeskat nie
 Woordkeuse;                                                                                                  - Basiese woordeskat       geskik vir doel nie
                                                      - Oorwegend foutloos.
 Punktuasie en spelling                                                                                       - Betekenis belemmer     - Betekenis ernstig
 8 PUNTE                                                                                                                                 belemmer
 VERSPREIDING VAN                   17–20                       13–15                       10–11                      7–8                      0–5
 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRFAL P3 GR12 QP SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-qp-sept2017/2eb3e9ab-9fe1-4348-ac80-7744d2e1260a) — Afrikaans FAL · QP · 2017
- [Afrikaans EAT V2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v2-memo/8057dd7e-0cc4-42b8-aa2e-eea5259b10ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRFAL P1 GR12 MEMO SEPT 2017 2](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-memo-sept-2017-2/f72138fc-6cf9-411c-885d-805e2eb9d364) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017-memo/fdb20661-6bed-42ef-b39f-343033ef4ee3) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017-memo/77a88787-6bbe-4fbf-830c-fe16be0b7fea) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2017-memo/8a31efde-dbe7-43b9-b556-6241144384ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
