# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2014 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept2014/62bdc319-8f41-48be-b201-a632d6981fd5
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept2014/62bdc319-8f41-48be-b201-a632d6981fd5)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Memorandum, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2014

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
              MEMORANDUM

PUNTE:   100

                  Hierdie memorandum bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                   (SEPTEMBER 2014)

 SKRYF EN AANBIED

 ALGEMENE RIGLYNE BY DIE ASSESSERING VAN VRAESTEL 3

 1.     Maak gebruik van die voorgeskrewe rubrieke (A, B en C) in die
        Assesseringsriglyne. Let veral daarop dat beplanning en redigering by die
        rubriek ingesluit is.

 2.     As die skryfstukke heeltemal uit die vraestel saamgeflans word/dele van die
        opdragte uit die vraestel word net so oorgeskryf, sal die skryfstuk nie logies
        opeenvolg nie en die leerder ontvang dan geen punte nie. Kommentaar sal
        wees: Geen eie werk/Saamgeflans.

 3.     As ŉ onderwerp misgetas word, word die leerder streng gepenaliseer m.b.t.
        die inhoud (ŉ baie lae punt), maar die taal word normaalweg nagesien.

 4.     Maak gebruik van die volgende simbole by die nasien van skryfwerk ter wille
        van eenvoud en eenvormigheid.

         SIMBOOL              BESKRYWING                    VERDUIDELIKING
               0         Sirkel                      Punktuasiefout
               =         Dubbele strepie onder ŉ     Spelfout
                         woord
            _____        Lang streep onder ŉ         Woordkeuse fout
                         woord
            (…) →        Hakies met pyltjie          Woordorde fout
              Λ          Weglaatteken                Woord weggelaat
              T          Hoofletter T in kantlyn     Tye verwar
             HH          Dubbele HH                  Herhaling van gedagtes
             VR          Vraestel                    Dele saamgeflans met woorde in
                                                     vraestel gebruik
               ?         Vraagteken                  Baie verwarrend/sukkel om te
                                                     verstaan wat leerder skryf
              (          Enkel hakie                 Nuwe paragraaf
              e          Letter “e” bo woord         Engelse woord gebruik
              √          Regmerkie                   Erkenning van kritiese
                                                     taalbewustheid

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)               AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                        3

 ANALISE VAN VRAESTEL

 AFDELING A: OPSTEL

 1.1    Argumenterend
 1.2    Verhalend
 1.3    Bespiegelend
 1.4    Beskrywend
 1.5    Beredenerend
 1.6    Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend/Argumenterend

 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE

 2.1    Informele brief aan die pers
 2.2    Curriculum Vitae en dekbrief
 2.3    Resensie
 2.4    Dialoog

 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

 3.1    Uitnodigingskaartjie
 3.2    Dagboekinskrywing
 3.3    Padaanwysing

 ONTLEDING VAN VRAESTEL 3

 DENKVLAK VAN DIE SKRYFSTUK

 VLAK 1: 3 Punte
 VLAK 2: 4–6 Punte
 VLAK 3: 7–9 Punte

                              VLAK 1                     VLAK 2                VLAK 3
 O: Onderwerp         Kandidaat se eie         Kandidaat se eie en         Kandidaat en
                      persoonlike en           onmiddellike gemeenskap     die wye wêreld
                      alledaagse leefwêreld    en omgewing
 A: Aanbieding        Baie hulp: riglyne,      Minder hulp: minder         Net die
                      woordeskat in tekste,    riglyne, minder             onderwerp, min
                      antwoordblad, ens.       woordeskat in tekste,       leiding
                                               uitdagende antwoordblad
 U: Uitdaging         Skryf net woorde         Skryfstukke wat hoër        Moeiliker
                                               skryfvaardighede vereis     skryfvorme

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                       (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING A

 VRAAG OPSTEL                                     O    A       U       TOTAAL          DENK-
                                                                                       VLAK
 1.1        Argumenterend                          1       1       1         3           1
 1.2        Verhalend                              1       2       2         5           2
 1.3        Bespiegelend                           3       2       2         7           3
 1.4        Beskrywend                             1       1       1         3           1
 1.5        Beredenerend                           1       2       3         6           2
 1.6        Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend      2       3       3         8           3

 AFDELING B

 VRAAG LANGER TRANSAKSIONELE                     O     A       U       TOTAAL         DENK-
       TEKSTE                                                                         VLAK
 2.1   Informele brief aan die pers               2    1       3         6              2
 2.2   CV en dekbrief                             2    3       3         8              3
 2.3   Resensie                                   1    2       2         5              2
 2.4   Dialoog                                    1    1       1         3              1

 AFDELING C

 VRAAG KORTER TRANSAKSIONELE                     O     A       U       TOTAAL         DENK-
       TEKSTE                                                                         VLAK
 3.1   Uitnodigingskaartjie                       1    1       1         3              1
 3.2   Dagboekinskrywing                          1    1       2         5              2
 3.3   Padaanwysings                              3    2       2         7              3

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            5

ASSESSERINGSRIGLYNE

AFDELING A: OPSTEL

Van die kandidaat word verwag om:
           een vraag te doen.
           die beplanning en redigering aan te toon.
           die lengte van die skryfstuk (250–300 woorde) aan te toon.
           die instruksies by elke vraag rakende die titel te volg.

NOTA AAN MERKER: VRAAG 1. Die tipe opstel is slegs ŉ aanduiding en nie
voorskriftelik nie. Die kandidaat mag die opstel as ŉ ander tipe as die memorandum
aanpak, maar hy/sy moet by die vereistes van hul keuse bly.

TEKSSOORTE – DOEL EN STRUKTUUR: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (A)                                                  [50]

1.1 Argumenterend

     Doel: Om ŉ standpunt te verdedig; probeer om die leser te oortuig.

     Teksstruktuur:
         Neem standpunt in.
         Gee reeks uitgebreide argumente om te ondersteun.
         Versterk die argument deur bv. die openingstandpunt op te som of te
           herhaal.

     Taalkenmerke:
         Gebruik die teenwoordige tyd.
         Fokus hoofsaaklik op gepaste woordeskat.
         Gebruik woorde wat rede, oorsaak, opeenvolging/voegwoorde/logiese
           opeenvolging aandui.

     Let op: Is dit ŉ regverdige straf?
         Die argument gaan daaroor dat almal met dieselfde kam geskeer word.
         Die vraag moet beantwoord word met argumente wat dit ondersteun.               [50]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                  (SEPTEMBER 2014)

 1.2   Verhalend

       Doel: Om te vermaak.

       Teksstruktuur:
           Inligting wat karakters en agtergrond bekendstel.
           Gebeure wat spanningslyn skep; afloop/oplossing/samevatting

       Taalkenmerke:
           Skryf in die eerste of derde persoon.
           Gebruik meestal verlede tyd.
           Beskryf/vertel opeenvolgende gebeure
           Gebruik woorde wat gebeure in tyd aandui.
           Dialoog kan gebruik word.

       Let op: Liefde
           Die klem val op liefde/verlief wees.
           Dit is ŉ opstel oor een spesiale persoon.
           Definitief misgetas indien leerder oor liefde vir kat/hond skryf. Die
              vraag gaan oor ŉ “persoon”.                                               [50]

 1.3   Bespiegelend

       Doel: Om ŉ idee te oorweeg/deurdink en emosionele reaksies en
             gevoelens weer te gee.

       Teksstruktuur:
           Die skrywer kan bespiegel oor ŉ droom/strewe.
           Dit sal subjektief wees.
           Gevoelens en emosies speel ŉ belangrike rol.
           ŉ Groot gedeelte van die opstel mag beskrywend wees. Die
             beskrywings moet daarop gemik wees om die
             herinneringe/gevoelens van die skrywer te laat herleef.
           Die gedagtes/idees wat uitgedruk word, behoort opreg te wees en
             persoonlike betrokkenheid te toon.

       Taalkenmerke:
           Gebruik persoonlike voornaamwoorde.
           Fokus hoofsaaklik op gepaste woordeskat.
           Gebruik woorde wat gevoel, siening uitbeeld.

       Let op: Ek wil nog ...
           Die leerder het een belangrike ding wat hy/sy nog in die skool wil
              doen.
           Die klem val op skoolaktiwiteite, bv. wou swem vir die skool/nuwe
              skoolbaadjie ontwerp het.                                                 [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                             7

 1.4 Beskrywend

       Doel: Om iets lewendig te beskryf.

       Teksstruktuur:
        Inleiding wat ŉ algemene oorsig van die onderwerp gee; beskryf daarna
         kenmerke/karaktertrekke van onderwerp.

       Taalkenmerke:
        Gebruik verlede of teenwoordige tyd.
        Skep prent in woorde.
        Gebruik bywoorde en byvoeglike naamwoorde.
        Gebruik beeldspraak soos vergelykings, metafore, personifikasie en
         stylmiddels soos herhaling, kontras en klanknabootsing.

       Let op: ŉ Moeilike wedstryd.
        Moenie die kandidaat penaliseer indien hy/sy die woorde van afrigter
         aanhaal nie.
        Dit is ŉ moeilike sportwedstryd wat beskryf moet word.
        Die spanningslyn moet duidelik na vore kom.                                      [50]

 1.5 Beredenerend

       Doel: Om argumente vir verskillende standpunte aan te bied.

       Teksstruktuur:
        Stel argument/probleem; mag hoofargumente in inleiding gee.
        Argumente vir, asook ondersteunende bewyse.
        Argumente teen, asook ondersteunende bewyse.
        Slotsom: opsomming en aanbevelings.

       Taalkenmerke:
        Gebruik teenwoordige tyd.
        Fokus hoofsaaklik op gepaste woordeskat.
        Gebruik woorde wat rede, oorsaak, opeenvolging/voegwoorde/logiese
          opeenvolging aandui.
        Ontwikkel argumente van die algemene na die spesifieke.

       Let op: Waardering en respek.
        Die vraag oor waardering en respek vir ouers moet beredeneer word.
        Die slotparagraaf moet tot ŉ definitiewe slotsom kom.                            [50]

 1.6 VISUELE PRENTE

       Die vraag is so geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose prent
       van die kandidaat verwag word. Die opstel wat geproduseer word, kan enige
       een van die tipes opstelle wees.
       (Meestal: verhalend/beskrywend/bespiegelend)                                       [50]

                                                           TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                      (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B

 VRAAG 2: LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE

 Van die kandidaat word verwag om:
     een vraag te doen.
     die instruksies by elke vraag uit te voer.
     ŉ skryfstuk van 120–150 woorde te skryf.
     die regte formaat te gebruik.

 TEKSSTRUKTUUR EN DOEL: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (B)                                                       [30]

 2.1 INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS

      Dit verskil van die formele brief aan die pers deurdat dit oor meer informele
      inligting gaan. Dit is ŉ reaksie op ŉ artikel geplaas. Dit kan ŉ brief wees wat
      aan ŉ tydskrif/koerant geskryf word vir plasing.

      Die formaat van die brief:
          Adres van sender, datum, adres van ontvanger, aanhef, opskrif/doel,
             paragrawe en afsluiting.
          Die adres van die sender kom regs boaan in blokvorm.
          Die datum volg direk na kode – geen reël word oopgelaat nie en word
             voluit geskryf.
          Die adres aan die koerant word links geskryf.
          ŉ Reël word oopgelaat tussen die adres van die tydskrif en die aanhef
             van die brief.
          Die informele brief aan die pers word altyd aan die redakteur gerig.
                             Die Redakteur
                             ------------------
                              Posbus 345
                              Oos-Londen
                              5204

                               Geagte Redakteur
             Geen leesteken word in die adresse gebruik nie.
             Die doel van die brief word in hoofletters geskryf/onderstreep.
             Die brief word afgesluit met die sender se naam.

      Vraestel:
          Inhoud moet artikel ondersteun of teenstaan.                                    [30]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            9

 2.2 CURRICULUM VITAE EN DEKBRIEF

       CURRICULUM VITAE

       Doel: Om ŉ opsomming van ŉ persoon se lewe en kwalifikasies te gee.

       Teksstruktuur:
           Persoonlike inligting: naam, geboortedatum, nasionaliteit, ID-nommer,
             adres, ens.
           Formele kwalifikasies, bv. Graad 11
           Werksondervinding (indien van toepassing)
           Stokperdjies en belangstelling
           Referente
           Ontwerp en uitleg: Belangrik – blokvorm

       Taalkenmerke:
           Bondig – nie meer as twee bladsye nie
           Opskrifte en puntsgewys
           Styl is formeel en direk

       Vraestel:
           Leerder doen aansoek vir werk as kelner.
           Die CV en dekbrief moet pas by die werk as kelner.

       DEKBRIEF

       Doel: Om die CV te begelei en meer duidelik te maak.

       Teksstruktuur: Formele brief

       Taalkenmerke: Formele taal en saaklik                                             [30]

 2.3 RESENSIE

       Doel: Om op te som, te ontleed en daarop te reageer.

       Teksstruktuur en vraestel:
           Konteks: agtergrondinligting oor bv. die musikant.
           Beskryf elemente van die musiek, ens.
           Beoordeling: evalueer die werk en gee eie opinie of beoordeling.

       Taalkenmerke:
           Gebruik die teenwoordige/verlede tyd
           Gebruik woorde wat op waardering en evaluering dui.                          [30]

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                 (SEPTEMBER 2014)

 2.4 DIALOOG

      Doel: Dit is ŉ verslag van spreekbeurte tussen twee of meer mense in die
      orde waarin die gesprek gevoer word en vanuit ŉ spreker se perspektief.

      Teksstruktuur:

      Wanneer ŉ dialoog geskryf word:
       Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant van die bladsy.
       Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
       Begin elke nuwe spreekbeurt op ŉ volgende reël.
       Inligting vir sprekers/karakters/die leser oor hoe om te praat of om die
         handeling uit te beeld, moet tussen hakies, direk voor die
         spreker/karakter se woorde geskryf word, byvoorbeeld: Anna (met
         dringendheid).
       Skets ŉ scenario voordat dialoog geskryf word.

      Vraestel:
          Inhoud gaan oor irriterende gewoontes.
          Daar behoort teenreaksie te wees op beskuldigings.                          [30]

                                                          TOTAAL AFDELING B:                30

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)              AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            11

 AFDELING C

 VRAAG 3: KORTER TRANSAKSIONELE TEKSTE

 Van die kandidaat word verwag om:
     een vraag te doen
     ŉ skryfstuk van tussen 80–100 woorde in te handig.

 TEKSSTRUKTUUR EN DOEL: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (C)                                                         [20]

 3.1    UITNODIGINGSKAARTJIE

        Doel: Om iemand na ŉ gebeurtenis uit te nooi.

        Teksstruktuur:
            Kan in die formaat van informele brief of kaartjie wees.
            Sluit die volgende in: aard van die gebeurtenis, waar dit plaasvind,
              datum en tyd, mag kleredragreëls insluit, naam van uitgenooide,
              mag RSVP insluit en mag visuele elemente insluit.

        Taalkenmerke:
            Kan formele of informele styl wees.
            Bondig en op die man af.
            Gebruik konvensionele frases.

        Vraestel:    Kandidaat word 18 jaar oud. Hy/Sy ontwerp eie kaartjie vir
                     partytjie.                                                              [20]

 3.2    DAGBOEKINSKRYWING

        Doel: Om persoonlike ervarings weer te gee en daaroor na te dink.

        Teksstruktuur:
            Die dag en/of datum word boaan geskryf.
            Dis nie nodig om met “Liewe Dagboek” te begin nie.
            Die dagboek mag ŉ naam hê, bv. “Kitty” en so aangespreek word.
            Die uiteensetting kan in een of meer paragraaf/paragrawe of eie
              kreatiewe aanbieding wees.

        Taalkenmerke:
            Gevoelens/ervarings word informeel aangebied.
            Word in eerste persoon geskryf.
            Sinne is kort en kragtig.
            Skryf hoofsaaklik in verlede tyd.
            Gebruik informele styl.
            Skryf vir hom- of haarself.

        Vraestel: Gevoelens van hulp verleen aan straatkinders moet deurkom.                 [20]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                 (SEPTEMBER 2014)

3.3    PADAANWYSING

       Doel van padaanwysing: Om padaanwysings vir iemand te gee.

       Teksstruktuur van padaanwysing:
           Gebruik chronologiese volgorde
           Verwys na ŉ spesifieke rigting
           Dui die beraamde afstand aan
           Verskaf inligting oor bakens langs die pad

       Taalkenmerke:
           Gebruik hoofsaaklik bevelsinne
           Gebruik kort en duidelike sinne

       Vraestel: Die leerder se matriekafskeidsfunksie is by ŉ hotel. Die vriend/in
       weet waar die skool is, maar nie die hotel nie. Die leerder moet aan die
       vriend/in verduidelik hoe om van die skool tot by die hotel te kom. Daar kan
       verwag word om ŉ skool- en hotelnaam in die skryfstuk te sien.                  [20]

                                                          TOTAAL AFDELING C:             20
                                                              GROOTTOTAAL:              100

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
    (SEPTEMBER 2014)                                                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                                                        13
    AANHANGSEL D: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR EERSTE ADDISIONELE TAAL (50 PUNTE)
Kriteria                                                     Uitsonderlik                                  Knap                             Gemiddeld                           Elementêr                       Onvoldoende
                                                                    27–30                                   22–23                                 15–17                                9–11                             3–5

                             Hoë subkategorie
                                                - Uitsonderlike, treffende respons, bo       - Baie goeie respons.              - Bevredigende respons                - Elementêr respons              - Irrelevante respons
                                                  verwagting.                                - Idees oortuigend, interessant,   - Idees is redelik oortuigend en      - Idees is nie meer oorspronklik - Idees is deurmekaar en geen
INHOUD EN BEPLANNING                            - Intelligente, volwasse idees, stem leser     blyke van volwassenheid.           samehangend.                          nie en plek-plek onduidelik      sprake van fokus
                                                  tot nadenke.                               - Organisasie (inleiding, liggaam - Organisasie (inleiding, liggaam en   - Geringe bewys van organisasie - Vaag en herhalend
(Respons op en idees in
                                                - Organisasie (inleiding, liggaam en           en samevatting/slot) is baie goed samevatting/slot) is baie goed en      (inleiding, liggaam en         - Ongeorganiseerd en
teks)                                             samevatting/slot) is uitsonderlik en         en samehangend.                     samehangend                          samevatting) en samehang.        onsamehangend
Organisering van idees                            samehangend.
Bewus van doel gehoor en                                            24–26                                  18–21                                 12–14                                 6–8                              0–2
konteks van teks

                             Lae subkategorie
                                                - Uitmuntende respons, maar uitstaande     - Goeie respons.                    - Bevredigende respons, maar         - Grootliks irrelevante respons - Geen respons op teks.
30 PUNTE                                          en treffende eienskappe ontbreek.        - Toepaslike en interessante idees verval soms in onduidelikheid.        - Idees is onsamehangend en       - Totaal irrelevante en ontoepaslik.
                                                - Volwasse en intelligente idees.          - Organisasie (inleiding, liggaam - Idees is redelik samehangend en         verwarrend.                    - Geen fokus, verwarrend
                                                - Organisasie (inleiding, liggaam en         en samevatting/slot) is baie goed oortuigend.                          - Weinig bewyse van organisasie
                                                  samevatting/slot) is uitmuntend en         en samehangend                    - In ’n mate bewus van organisasie      (inleiding, liggaam en
                                                  samehangend.                                                                   (inleiding, liggaam en                samevatting/slot) en samehang.
                                                                                                                                 samevatting/slot) en samehang.
                                                                   14–15                                   10–11                                  6–7                                  2–3                               0
     TAAL, STYL EN                              - Toon, register, styl, woordeskat hoogs - Toon, register, styl en             - Toon, register, styl woordeskat is - Toon, register, styl woordeskat - Toon, register, styl en woordeskat
      REDIGERING                                  gepas vir doel, gehoor en konteks.         woordeskat baie gepas vir doel,     gepas vir doel, gehoor en konteks.    is nie gepas vir doel, gehoor    is minder gepas vir doel, gehoor

                             Hoë subkategorie
                                                - Taalgebruik is uitsonderlik, treffend en   gehoor en konteks.                - Taalgebruik is gepas; dra             en konteks nie.                  en konteks.
                                                  getuig van gemak met taal.               - Taalgebruik is effektief.           betekenis oor.                     - Taalgebruik is baie basies.     - Taal is onverstaanbaar.
Toon, register, styl en
                                                - Toon pakkend; retories effektief.        - Toon deurgaans gepas, retories - Toon is gepas, retoriese middels      - Toon en woordgebruik is         - Woordeskat is so beperk dat dit
woordeskat geskik vir                           - Grammatika en spelling feitlik foutvry.    effektief.                          versterk betekenis.                   ontoepaslik.                     moeilik is om opstel te verstaan.
doel/effek en konteks.                          - Knap gedaan.                             - Grammatika en spelling is         - Foute in grammatika; spelling.     - Woordeskat is baie beperk.
Woordkeuse, taalgebruik en                                                                   grootliks foutvry.                - Redelik tot goed.
konvensies, punktuasie,                                                                    - Goed gedoen.
grammatika en spelling                                             13–12                                     9–8                                  5–4                                  1–0
15 PUNTE                                        - Toon, register, styl, en woordeskat is   - Toon, register, styl woordeskat - Toon, register, styl woordeskat is - Toon, register, styl woordeskat

                             Lae subkategorie
                                                  uitstekend en retories effektief.          baie gepas vir doel, gehoor en      gepas vir doel, gehoor en konteks.    is nie gepas vir doel, gehoor
                                                - Taalgebruik is treffend en met             konteks.                          - Taalgebruik is voldoende; soms        en konteks nie.
                                                  selfvertroue.                            - Taalgebruik is goed; selfvertroue   inkonsekwent.                      - Taalgebruik is onvoldoende.
                                                - Toon pakkend; retories effektief.        - Toon gepas; retories effektief.   - Toon is oor die algemeen gepas;    - Weinig of geen sinsverskei-
                                                - Grammatika en spelling feitlik foutvry.  - Foute in grammatika en spelling     beperkte gebruik van retoriese        denheid.
                                                - Knap gedaan.                               is min.                             middels.                           - Woordeskat is besonder
                                                                                           - Goed gedoen                                                               beperk.
STRUKTUUR                                                              5                                      4                                    3                                    2                               0-1
Kenmerke van teks                               - Uitsonderlike ontwikkeling van           - Logiese ontwikkeling van detail. - Relevante detail is ontwikkel.      - Sommige detail is van pas.      - Nodige detail ontbreek.
paragraafontwikkeling en                          onderwerp.                               - Samehangend                       - Sinne, paragrawe goed saamgestel - Sinne en paragrawe het foute in - Sinne en paragrawe wemel van
sinskonstruksie                                 - Uitsonderlike detail                     - Sinne, paragrawe logies en        - Opstel steeds verstaanbaar.          hul samestelling                  foute in hul samestelling.
                                                - Samestelling van sinne en paragrawe is toon variasie                                                              - Opstel maak tog sin t.s.v. baie - Opstel maak nie sin nie.
5 PUNTE
                                                  uitsonderlik                                                                                                        foute.
VERSPREIDING VAN PUNTE                                             40–50                                   30–39                                 20–29                               10–19                             0–9

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                                                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                      (SEPTEMBER 2014)

AANHANGSEL B: ASSESSERINGRUBRIEK LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]

Kriteria                                     Uitsonderlik                                      Knap                          Gemiddeld               Elementêr/Eenvoudig                       Onvoldoende
                                                16–18                                          13–15                           9–12                            6–8                                 0–5
 INHOUD BEPLANNING        - Uitsonderlike, treffende respons, bo verwagting.     - Baie goeie respons.               - Respons voldoende.            - Respons basies                   - Respons toon geen kennis
      EN FORMAAT          - Intelligente, volwasse idees.                        - Toon ’n goeie kennis van          - Toon kennis van kenmerke      - Toon geringe kennis van            van kenmerke van teks nie
(Respons op en idees in   - Grondige kennis van kenmerke van teks.                 kenmerke van teks.                  van teks.                       kenmerke van teks.               - Betekenis is belemmer deur
teks)                     - Skryfstuk behou fokus.                               - Behou fokus – geen afwyking       - Fokus nie meer 100% nie,      - Geringe fokus nie, wyk af          fatale foute
Organisering van idees    - Inhoud en idees samehangend.                           nie.                                enkele afwykings              - Inhoud en idees nie altyd        - Geen samehang in idees en
                          - Idees hoogs uitgebreid en alle detail ondersteun     - Inhoud en idees samehangend.      - Inhoud en idees redelik         samehangend nie                    inhoud nie
Bewus van doel gehoor
                            die onderwerp.                                       - Idees baie goed uitgebreid en       samehangend.                  - Baie min detail ondersteun       - Baie min indien enige detail
en konteks van teks                                                                detail ondersteun onderwerp.      - Sommige detail ondersteun       die onderwerp                      ondersteun die onderwerp.
                          - Gepaste en akkurate formaat.                         - Gepaste formaat; geringe            die onderwerp.                - Formaat vaagweg                  - Formaat van teks nie
18 PUNTE                                                                           afwykings.                        - Formaat oorgewend gepas,        toegepas; enkele, kritiese,        toegepas nie.
                                                                                                                       maar afwykings kom voor.        nalatige foute

                                                 10–12                                           8–9                              6–7                                4–5                              0–3
     TAAL, STYL EN        - Toon, register, styl, woordeskat, hoogs geskik vir   - Toon, register, styl woordeskat   - Toon, register, styl          - Toon, register, styl             - Toon, register, styl
      REDIGERING            doel, gehoor en konteks.                               baie geskik vir doel, gehoor en     woordeskat geskik vir doel,     woordeskat, minder gepas           woordeskat nie geskik vir
                          - Grammatika akkuraat, sinstruktuur baie goed            konteks.                            gehoor en konteks.              vir doel, gehoor en konteks.       doel, gehoor en konteks.
Toon, register, styl en   - Feitlik foutloos.                                    - Grammatika akkurate in die        - Enkele grammatikafoute.       - Grammatika nie meer              - Besaai met foute, verwarrend
woordeskat geskik vir                                                              algemeen korrek; sinstruktuur     - Voldoende woordeskat.           akkurate nie te veel foute       - Betekenis ernstig belemmer.
                                                                                   goed.                             - Foute belemmer nie            - Betekenis versluierd/belemmer.   - Woordeskat nie geskik nie
doel/effek en konteks.
                                                                                 - Baie goeie woordeskat.              betekenis nie
Woordkeuse, taalgebruik
                                                                                 - Grootliks foutloos.
en konvensies,
punktuasie, grammatika
en spelling

12 PUNTE
  VERSPREIDING VAN
       PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                                                        AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                                           15

AANHANGSEL B: ASSESSERINGRUBRIEK KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]

Kriteria                               Uitsonderlik                              Knap                           Gemiddeld               Elementêr                                   Onvoldoende
                                          16–18                                  13–15                            9–12                                 6–8                              0–5
 INHOUD BEPLANNING        - Uitsonderlike, treffende respons, bo    -   Baie goeie respons.             - Respons voldoende             - Respons basies                     -   Respons toon geen kennis
      EN FORMAAT            verwagting.                             -   Toon ’n goeie kennis van        - Toon kennis van kenmerke      - Toon geringe kennis van                van kenmerke van teks nie
(Respons op en idees in   - Intelligente, volwasse idees.               kenmerke van teks.                van teks.                       kenmerke van teks.                 -   Betekenis is belemmer deur
teks)                     - Grondige kennis van kenmerke van        -   Behou fokus – geen afwyking     - Fokus nie meer 100% nie,      - Geringe fokusnie, wyk af               fatale foute
Organisering van idees      teks.                                       nie.                              enkele afwykings              - Inhoud en idees nie altyd          -   Geen samehang in idees
                          - Skryfstuk behou fokus.                  -   Inhoud en idees                 - Inhoud en idees redelik         samehangend nie                        en inhoud nie
Bewus van doel gehoor
                          - Inhoud en idees samehangend.                samehangend.                      samehangend.                  - Baie min detail ondersteun         -   Baie min indien enige detail
en konteks van teks                                                 -   Idees baie goed uitgebreid en   - Sommige detail ondersteun       die onderwerp                      -   ondersteun die onderwerp.
                          - Idees hoogs uitgebreid en alle detail
                            ondersteun die onderwerp.                   detail ondersteun onderwerp.      die onderwerp.                - Formaat vaagweg toegepas;          -   Formaat van teks nie
18 PUNTE                                                            -   Gepaste formaat; geringe        - Formaat oorgewend gepas,        enkele, kritiese, nalatige foute       toegepas nie.
                          - Gepaste en akkurate formaat                 afwykings.                        maar afwykings kom voor.

                                           10–12                                    8–9                               6–7                             4–5                                  0–3
    TAAL, STYL EN         - Toon, register, styl, woordeskat, hoogs -   Toon, register, styl            - Toon, register, styl          - Toon, register, styl               -   Toon, register, styl
     REDIGERING             geskik vir doel, gehoor en konteks.         woordeskat baie geskik vir        woordeskat geskik vir doel,     woordeskat, minder gepas               woordeskat nie geskik vir
                          - Grammatika akkuraat, sinstruktuur           doel, gehoor en konteks.          gehoor en konteks.              vir doel, gehoor en konteks.           doel, gehoor en konteks.
Toon, register, styl en     baie goed.                              -   Grammatika akkurate in die      - Enkele grammatikafoute.       - Grammatika nie meer                -   Besaai met foute,
woordeskat geskik vir     - Feitlik foutloos.                           algemeen korrek; sinstruktuur   - Voldoende woordeskat.           akkurate nie te veel foute             verwarrend
                                                                        goed.                           - Foute belemmer nie            - Betekenis                          -   Betekenis ernstig
doel/effek en konteks.
                                                                    -   Baie goeie woordeskat             betekenis nie                   versluierd/belemmer.                   belemmer.
Woordkeuse, taalgebruik                                                                                                                                                      -   Woordeskat nie geskik nie
                                                                    -   Grootliks foutloos.
en konvensies,
punktuasie, grammatika
en spelling

12 PUNTE
  VERSPREIDING VAN
       PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRFAL P3 GR12 QP SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-qp-sept2014/426edd00-4d69-4927-aea4-00ef020a399f) — Afrikaans FAL · QP · 2014
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sep2014/785c2a86-0b38-49fe-89ac-e6161599d445) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [AFRFAL P3 GR12 MEMO SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept-2017/89bb42f7-9d32-4591-90a1-08136b7db951) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [AFRFAL P3 MEMO SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-memo-sep-2012/7f3ae86b-dcde-41e6-a186-434f846c4945) — Afrikaans FAL · Memo · 2012

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
