# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept2016/4187c6fb-c273-4b9e-8eae-cd623e0c6539
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept2016/4187c6fb-c273-4b9e-8eae-cd623e0c6539)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2016

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3
              MEMORANDUM

PUNTE:   100

                   Hierdie memorandum bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                (EC/SEPTEMBER 2016)

 ALGEMEEN

 1.   Gebruik die rubrieke soos volg:

      Bylaag A: Vraag 1       OPSTEL
      Bylaag B: Vraag 2.1     SIMPATIE-BRIEF
                Vraag 2.2     HULDEBLYK
                Vraag 2.3     RESENSIE
                Vraag 2.4     DIALOOG
      Bylaag C: Vraag 3.1     PLAKKAAT
                Vraag 3.2     POSKAART
                Vraag 3.3     INSTRUKSIES

 2.   Bestudeer en bespreek die rubrieke baie deeglik. Let veral daarop dat
      beplanning, formaat, redigering en struktuur by die rubrieke ingesluit is.

 3.   As ŉ onderwerp misgetas is, moet die leerder moet volgens die rubrieke baie laag
      op inhoud aangeslaan word.

 4.   Indien daar twyfel oor ŉ onderskeidingskandidaat se skryfstuk(ke) bestaan, moet
      dit eweneens met die senior nasiener/vakhoof bespreek word.

 5.   Indien ŉ skryfstuk grootliks uit die vraestel saamgeflans word of dele van
      opdragte uit die vraestel net so oorgeskryf word, ontvang die leerder geen punte
      nie. Kommentaar sal wees: Nie eie werk nie/Saamgeflans. Indien dele van die
      skryfstuk wel die leerder se eie werk is, word hierdie dele volgens die laagste kode
      geassesseer.

 6.   Die nasiener moet die voorgeskrewe nasiensimbole (bl. 3) gebruik by die nasien
      van ŉ skryfstuk. Om net strepe te trek is ONAANVAARBAAR.

 7.   By skryfstukke wat te lank is, word die maksimum lengte nagesien en ŉ streep
      deur die res getrek. Dan word die leerder nie verder vir lengte gepenaliseer nie.

 8.    Vraag 1.6:
       Die titel en die visuele prikkel behoort by mekaar aan te sluit.
       Indien die titel nie by die visuele prikkel pas nie, maar die inhoud spreek
         steeds die visuele prikkel aan, word die titel geïgnoreer.
       Die onderwerpe kan verhalend, beskrywend, bespiegelend, beredeneerd of
         argumenterend wees. Die prente dien slegs as prikkels.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                 3

 SIMBOLE/TEKENS BY DIE NASIEN

 Die volgende simbole/tekens behoort gebruik te word:

        VERDUIDELIKING                   SIMBOOL                    BESKRYWING
  Woordorde                                 (        )      Hakies en pyltjie
  Spelfout                                      =           Twee kort strepies onder ŉ
                                                            woord
  Woordkeuse                                    /           Haal met ŉ streep deur
  Tydfoute                            T (in die kantlyn)    Hoofletter T
  Woord(e) weggelaat                          ^             Weglaatteken
  Taalfoute                                 _____           Enkelstreep onder die taalfout
  Paragraafindeling                             //          Dubbele skuinsstreep
  Paragraaf is een lang, lomp sin               [           Begin van ŉ nuwe sin
  Woorde uit ander                              X           Trek ŉ X bo die verkeerde
  tale/*niefunksionele/vreemde                              woord.
  woorde. *Standaardafrikaans bly
  die norm. Gebruiksafrikaans moet
  vermy word. Aanvaar terminologie
  waarvoor Afrikaans nog nie
  ekwivalente het nie. Aanvaar ook
  gemotiveerde Afrikaanse
  streekswoorde/streekuitdrukkings.
  Erkenning van taaljuweeltjies        (bo die woord)      Regmerkie bo goeie
                                                            taalgebruik, idees of
                                                            uitdrukkings.
  Herhaling                           hh (in die kantlyn)   Dubbele hh
  Onduidelik/onverstaanbaar           ∫ (in die kantlyn)    Kronkelstreep

  Saamgeflans uit vraestel            Vr (in die kantlyn)   Hoofletter V kleinletter r
  Punktuasie                                      O         Omkring

 NEERSKRYF VAN PUNTE

 1.   Gebruik die korrekte rubriek vir elke tipe skryfstuk.

 2.   Assesseer die leerder se skryfstukke na aanleiding van die vyf KATEGORIEË
      volgens:

      AFDELING A:        INHOUD en BEPLANNING (30 punte), TAAL, STYL en
                         REDIGERING (15 punte) en STRUKTUUR (5 punte).

      AFDELING B:        INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (18 punte) en TAAL,
                         STYL en REDIGERING (12 punte).

      AFDELING C:        INHOUD, BEPLANNING en FORMAAT (12 punte) en TAAL,
                         STYL en REDIGERING (8 punte).

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                (EC/SEPTEMBER 2016)

 3.   Evalueer eers of die leerder se skryfstuk volgens INHOUD EN BEPLANNING
      byvoorbeeld UITSONDERLIK, GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Besluit dan of
      die INHOUD EN BEPLANNING aan die beskrywing van die hoë vlak of die lae vlak
      voldoen. Bepaal daarna watter punt toegeken moet word.
      Skryf net EEN punt neer.
      LET WEL:      Volg dieselfde werkwyse vir TAAL, STYL EN REDIGERING. Let
                    daarop dat, by die bepaling van die punt vir STRUKTUUR, daar
                    nie ŉ hoë en ŉ lae vlak is nie.

 4.   Hou die persentasies by die kategorieë in gedagte. Dis ŉ hulpmiddel.

 5.   Vir AFDELING B en AFDELING C: Evalueer eers die leerder se skryfstuk volgens
      INHOUD, BEPLANNING EN FORMAAT, byvoorbeeld UITSONDERLIK,
      GEMIDDELD of ONVOLDOENDE is. Bepaal daarna watter punt toegeken moet
      word. Skryf net EEN punt neer. Dieselfde geld vir TAAL, STYL EN REDIGERING.

 6.   Skryf die punte soos volg neer:

       AFDELING         Kode        Punt      AFDELING        Kode        Punt     Punt
         A                                        B
         I/B         Knap           23
                     +
        T/S/R        Uitsonderlik   13          I/B/F      Gemiddeld        9        9
                     –
           S         Knap            4          T/S/R      Elementêr        5        5
       TOTAAL:                                TOTAAL:                      14        14
       40                                40

      TAALVAARDIGHEID: SKRYF EN AANBIED

      Hierdie memorandum moet saam met die aangehegte Afrikaans EAT-
      assesseringsrubrieke vir AFDELINGS A, B en C gebruik word.

      LET WEL:        Leerders word nie addisioneel gepenaliseer vir afwykings nie, want
                      die rubrieke maak daarvoor voorsiening.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            5

 ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 Van die kandidaat word verwag om:
            een vraag te doen.
            die beplanning en redigering aan te toon.
            die lengte van die skryfstuk (250–300 woorde) aan te toon.
            die instruksies by elke vraag rakende die titel te volg.

 NOTA AAN MERKER: VRAAG 1. Die tipe opstel is slegs ŉ aanduiding en nie
 voorskriftelik nie. Die kandidaat mag die opstel as ŉ ander tipe as die memorandum
 aanpak, maar hy/sy moet by die vereistes van hul keuse bly.

 TEKSSOORTE – DOEL EN STRUKTUUR: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (A)                                                      [50]

 1.1 Beskrywend/Verhalend/Bespiegelend/Beredenerend

       Hierdie dinge in my lewe maak my trots.

       Doel: Om die iets lewendig te beskryf/storie te vertel/te bepeins/te redeneer.

       Teksstruktuur:
           Inleiding wat ’n algemene oorsig van die onderwerp gee.
           Beskryf daarna in detail die kenmerke van die onderwerp.
           Eindig met ’n samevattende slot.

       Taalkenmerke:
           Gebruik die teenwoordige of verlede tyd.
           Skep ŉ prent met woorde.
           Fokus hoofsaaklik op gepaste, beskrywende woordeskat, (ook
             beeldspraak).

       Let op:
              Die opstel is hoofsaaklik beskrywend, maar kan ook anders benader
              word.
              Die kandidaat behoort op ’n lewendige wyse te beskryf wat hom/haar
              trots/skaam maak.
              Kandidaat mag die onderwerp kombineer en albei dele van die
              onderwerp aanspreek.
              Die onderwerp is persoonlik en baie subjektiewe, gevoelstaal mag
              gebruik word.                                                               [50]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3              (EC/SEPTEMBER 2016)

    1.2   Argumenterend/Beredeneerd/Verhalend/Beskrywend/Bespiegelend

          Dis nie net ’n mediese dokter wat kan genees nie.

          Doel: Om ’n standpunt te verdedig/om die leser te oortuig.

          Teksstruktuur:
              Neem standpunt in die inleidingsparagraaf in.
              Gee ’n reeks uitgebreide argumente.
              Versterk die argument deur die openingsargument te herhaal/op te
                som.

          Taalkenmerke:
              Skryf in hofsaaklik in die teenwoordige tyd.
              Gebruik woorde wat rede, oorsaak, logiese opeenvolging aandui.
              Ontwikkel argumente van die algemene na die spesifieke.
              Substansieer argumente met voorbeelde.

          Let op:
              Die klem val op alternatiewe genesingsmetodes.
              Die kandidaat kan saam met die stelling stem of nie.
              Daar kan op een of vele “alternatiewe” metodes gefokus word.
              Geloofsgenesing/sangomas is ook aanvaarbaar.
              Daar kan ook op verskillende tipe siektes gefokus word, solank die
                 kandidaat by ’n vorm van genesing uitkom.                             [50]

    1.3   Verhalend/Beskrywend/Beredeneerd/Argumenterend/Bespiegelend

          Suid-Afrikaners glo in Ubuntu.

          Doel:   Om te oorweeg/deurdink en emosionele reaksie en gevoelens weer
                  te gee/om te oortuig.

          Teksstruktuur:
              Inleiding wat die karakters en agtergrond bekendstel.
              Neem standpunt in die inleidingsparagraaf in.
              Vertel/Beskryf in detail die daaropvolgende gebeure.
              Skep spanningslyn met klimaks, afloop/oplossing/samevatting.

          Taalkenmerke:
              Skryf in die eerste- of derdepersoon.
              Gebruik verlede of teenwoordige tyd.
              Beskryf opeenvolgende gebeure./Gebruik woorde wat gevoel, siening
                uitbeeld.
              Dialoog/direkte rede kan gebruik word.
              Gebruik bywoorde en byvoeglike naamwoorde wat die leser boei/
                oortuig.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                         7

        Let op:
            Klem val hier op ’n storie/argument waarvan die kern die leser oortuig
               dat daar nog goedheid/ubuntu in Suid-Afrikaners is.
            Kandidaat mag ook die teenoorgestelde kies: om te bewys dat Suid-
               Afrikaners nie meer vir mekaar omgee nie.
            Hier kan ook feite in ag geneem word.                                     [50]

 1.4    Beskrywend/Verhalend

        Daarom noem ek hom/haar ’n Engel.

        Doel: Om iemand en ’n gebeurtenis in jou lewe lewendig te beskryf.

        Teksstruktuur:
         Inleiding wat ŉ algemene oorsig van die onderwerp gee; beskryf daarna
          kenmerke/karaktertrekke van onderwerp.

        Taalkenmerke:
         Gebruik verlede of teenwoordige tyd.
         Skep prent in woorde.
         Gebruik bywoorde en byvoeglike naamwoorde.
         Gebruik beeldspraak soos vergelykings, metafore, personifikasie en
          stylmiddels soos herhaling, kontras, klanknabootsing.

        Let op
         Klem val hier op iemand wat iets goeds vir die kandidaat gedoen het, so ŉ
          persoon sowel as ’n insident word beskryf.                                   [50]

 1.5    Bespiegelend/Beskrywend/Beredeneerd/Verhalend

        ’n Lewe sonder die invloed van sosiale media.

        Doel:    Om ’n idee te oorweeg/deurdink en emosionele reaksies en
                 gevoelens weer te gee.

        Teksstruktuur:
            Sal subjektief wees.
            ’n Groot gedeelte van die opstel sal beskrywend wees.
            Die gedagtes wat uitgedruk word, behoort opreg te wees en
              persoonlike betrokkenheid te toon.

        Taalkenmerke:
         Gebruik persoonlike voornaamwoorde.
         Gebruik woorde wat gevoel en siening aandui.

        Let op:
         Fokus is hier op sosiale media en die tyd voor of na sosiale media.
         Kandidaat bepeins/oordink die lewe sonder sosiale media.
         Kandidaat moet by kern uitkom, hoe dit sonder sosiale media was/sal
            wees.                                                                      [50]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                (EC/SEPTEMBER 2016)

 1.6    VISUELE PRENTE

        Die opstel wat geproduseer word, kan enige een van die tipes opstelle wees.
        (Meestal: verhalend/beskrywend/bespiegelend)
        Die onderwerp moet by die visuele prikkel pas. Alhoewel die visuele prikkels
        op vir verskeidenheid interpretasies is, moet die opstel direk by die kern van
        die prent aansluit.
        Die kandidaat se perspektief op die kern van die prent moet oorweeg word
        by assessering.
                                                                                         [50]

                                                             TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                           9

 AFDELING B

 VRAAG 2: LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE

 Van die kandidaat word verwag om:
    EEN vraag te doen.
    die instruksies by elke vraag uit te voer.
    ŉ skryfstuk van 120–150 woorde te skryf.
    die regte formaat te gebruik.

 TEKSSTRUKTUUR EN DOEL: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (B)

 2.1 Simpatie-brief

       Fokus:
       Die kandidaat moet die aan ’n maat skryf om met die maat te simpatiseer oor
       ’n teleurstelling wat die maat ervaar.

       Doel:
       Om met jou maat te simpatiseer.

       Teksstruktuur:
           Die sender se adres, datum en aanhef
           Toon is informeel.
           Afsluiting, naam

       Taalkenmerke:
           Informele styl
           Gebruik skryfkonvensies soos Liewe/Beste Vriend(in).
           Wees gefokus om te simpatiseer.                                              [30]

 2.2 Huldeblyk

       Fokus:
       Die leerder se klasmaat is oorlede en hy/sy moet die huldeblyk by die
       begrafnis lewer.

       Doel:
       Om iemand se lewe te herdenk.

       Teksstruktuur
       Volle name, datum van afsterwe, waar persoon tydens dood gebly het,
       agtergrond van persoon, name van oorlewendes, oorsaak van dood, hoe die
       persoon onthou sal word, wat hy/sy vir hulle beteken het, persoonlike
       herinneringe, staaltjies. Leser moet ’n duidelike beeld van die oorledene kan
       vorm.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3               (EC/SEPTEMBER 2016)

      Taalkenmerke:
          Formeel en bondig
          Eufemisme
          Simpatieke toon                                                              [30]

 2.3 Resensie

      Fokus:
      Die resensie handel oor die leerders se ervaring met die restaurant. Dit moet
      die leser oortuig om die eetplek te ondersteun.

      Doel:
      Om in te lig en aan te beveel.

      Teksstruktuur:
          Gee ’n treffende, bondige titel. Subtitel is ook aanvaarbaar.
          Gee indrukke oor die kos, diens en atmosfeer kortliks en akkuraat.
          Strewe om belangrikste feite te gee sonder om leser te verloor.
          Som akkuraat op.
          Vermeld die belangrikste feite alreeds in die eerste paragraaf: wie wat,
            waar, wanneer, waarom hoe en in watter mate.
          Woorde wat op waardering en evaluering dui, moet gebruik word,
            byvoorbeeld: uitstaande, oulike, genot, opwindend, gesellige, uiters
            aangenaam/onaangenaam, ens.

      Taalkenmerke:
          Duidelike en akkurate taalgebruik.
          Skryf in die derdepersoon
          Kan lydende of bedrywende vorm gebruik afhangende van die fokus
            en wat vir die leser toepaslik is.
          Die teenwoordige/verlede tyd word gebruik.                                   [30]

 2.4 Dialoog

      Fokus:
      Die kandidaat wil die borg oortuig dat hy/sy die beste kandidaat is om die
      prysgeld te wen.

      Doel:
      Dis ’n informele onderhoud tussen ’n volwassene (borg) en matrikulant.

      Teksstruktuur:
          Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant van die bladsy.
          Gebruik ’n dubbelpunt na die naam van elke spreker.
          Laat ’n reël oop na elke spreekbeurt.
          Ekstra inligting word tussen hakies geskryf.
          Skets ’n scenario voor die dialoog geskryf word.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                        11

       Taalkenmerke:
           Die toon kan ’n gemaklike, informele styl wees.
           Praatstyl sal meer beleefd in terme van versoeke, voorstelle, vrae ens.
             wees.
                                                                                       [30]
       ONTLEDING VAN LANG TRANSAKSIONELE TEKS

       Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose
       onderwerp van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes
       en belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                           TOTAAL AFDELING B:            30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3            (EC/SEPTEMBER 2016)

 AFDELING C: KORTER TRANSAKSIONELE TEKS

 VRAAG 3

 Van die kandidaat word verwag om:
    EEN vraag te doen
    ŉ skryfstuk van tussen 80–100 woorde in te handig.

 TEKSSTRUKTUUR EN DOEL: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 TAALKENMERKE: Soos voorgeskryf in KABV (Graad 10–12)

 ASSESSERINGSINSTRUMENT: Rubriek (C)

 3.1    PLAKKAAT

        Fokus:
        Kandidaat wil leerders uitnooi om aan Mandela-dag deel te neem.

        Doel:
        Om iemand te oorreed om iets vir sy/haar medemens te doen/te skenk.

        Teksstruktuur:
            Opskrif moet aandag trek: leuse of logo.
            Kort beskrywing van wat gedoen moet word.
            Lys van plek en tyd.
            Kontakbesonderhede
            Visuele inligting kan gebruik word.
            Gebruik advertensietegnieke.

        Taalkenmerke:
            Spreek die leser direk aan.
            Bondige taalgebruik.
            Gebruik taal wat impak op die leser maak.                                  [20]

        POSKAART

        Fokus:
        Die kandidaat het in ’n ander plek gaan woon en moet nou sy/haar ervaring
        met die ouers deel.
                                                                                         [20]
        Doel:
        Om ’n persoonlike ervaring te deel.

        Teksstruktuur:
            Die datum moet gegee word.
            Dis nie nodig om jou adres te gee nie.
            Reëls word ook nie tussen verskillende paragrawe oopgelaat nie.
            Skryf kort en bondig; net die interessante inligting word gegee.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2016)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                        13

         Taalkenmerke:
             Skryf gewoonlik in die verlede tyd.
             Gebruik die eerste of derdepersoon.
             Kan informele styl wees.                                                         [20]

 3.3     INSTRUKSIES

         Fokus:
         Kandidaat moet verkeersreëls verduidelik/wenke oor verkeersreëls gee.

         Doel:
         Om iemand vir ’n rybewystoets voor te berei.

         Teksstruktuur:
             Word stapsgewys in volsinne geskryf.
             Gebruik chronologiese volgorde.

         Taalkenmerke:
             Gebruik hoofsaaklik bevelsinne.
             Gebruik kort en duidelike sinne.
             Begin met ’n werkwoord.                                                          [20]

         ONTLEDING VAN KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

         Die vrae is sό geformuleer dat ŉ persoonlike inkleding van die gekose onderwerp
         van die leerder verwag word. Verskillende persoonlikheidstipes en
         belangstellingsvelde word in ag geneem.

                                                                  TOTAAL AFDELING C:            20
                                                                      GROOTTOTAAL:             100

         WENKE VIR VERKEERSREËLS

         1.    Jy moet altyd by ŉ stopstraat stop.
         2.    Moenie ry wanneer die robot/verkeerslig rooi is nie.
         3.    Skakel jou rigtingaanwyser aan wanneer jy by ŉ straat gaan indraai.
         4.    Kyk uit vir voetgangers; hulle kry voorkeur.
         5.    Doen jou inspeksie binne en buite om seker te maak die motor in ŉ goeie
               toestand is.
         6.    Dra altyd jou veiligheidsgordel.
         7.    Hou jou oë op die pad.
         8.    Hou ŉ veilige volgafstand tussen jy en die motor voor jou.
         9.    Moenie die toeter onnodig gebruik nie.
         10.   Moenie die spoedgrens oorskry nie/moenie te vinnig ry nie.
         11.   Wees vriendelik en bedagsaam teenoor ander motoriste.
         12.   Moenie op jou selfoon praat terwyl jy bestuur nie.
         13.   Moenie die motor laat terug rol as jy wegtrek nie.
         14.   Glimlag met die toetsbeampte en wees respekvol – dit sal jou meer punte
               laat kry.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

14
                                                   Downloaded from hlayiso.com
                                                                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                              (EC/SEPTEMBER 2016)

LET WEL:
    • Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
    • Punte van 0–50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
    • Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ’n hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van
      punte en die omskrywings.
    • Struktuur word nie deur die verdeling in ’n hoë en lae vlak beïnvloed nie.

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL (AFDELING A) – EERSTE ADDISIONELE TAAL (50 PUNTE)
Kriteria                                              Uitsonderlik                         Knap                          Gemiddeld                         Elementêr                      Onvoldoende
                                                          28–30                            22–23                            16–17                             10–11                             4–6
                                             - Uitsonderlike, treffende       - Baie goeie respons.             - Bevredigende respons            - Elementêr respons             - Irrelevante respons

                          Hoë subkategorie
                                               respons, bo verwagting.        - Idees oortuigend, interessant, - Idees is redelik oortuigend en - Idees is nie meer oorspronklik - Idees is deurmekaar en geen
      INHOUD EN                              - Intelligente, volwasse idees,    blyke van volwassenheid.          samehangend.                      nie en plek-plek onduidelik.    sprake van fokus.
     BEPLANNING                                stem leser tot nadenke.        - Organisasie (inleiding, liggaam - Organisasie (inleiding, liggaam - Geringe bewys van organisasie - Vaag en herhalend
(Respons op en idees in                      - Organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) is baie       en samevatting/slot) is baie      (inleiding, liggaam en        - Ongeorganiseerd en
teks)                                          en samevatting/slot) is          goed en samehangend.              goed en samehangend.              samevatting) en samehang.       onsamehangend
Organisering van idees                         uitsonderlik en samehangend.
Bewus van doel gehoor                                     25–27                            19–21                            13–15                              7–9                              0–2
en konteks van teks                          - Uitmuntende respons, maar       - Goeie respons.                 - Bevredigende respons, maar - Grootliks irrelevante respons - Geen respons op teks.
30 PUNTE                                       uitstaande en treffende         - Toepaslike en interessante       verval soms in onduidelikheid. - Idees is onsamehangend en - Totaal irrelevante en

                          Lae subkategorie
                                               eienskappe ontbreek.              idees                          - Idees is redelik samehangend      verwarrend.                   ontoepaslik.
                                             - Volwasse en intelligente idees. - Organisasie (inleiding, liggaam en oortuigend.                   - Weinig bewyse van organisasie - Geen fokus, verwarrend
                                             - Organisasie (inleiding, liggaam en samevatting/slot) is baie     - In ’n mate bewus van              (inleiding, liggaam en
                                               en samevatting/slot) is           goed en samehangend.             organisasie (inleiding, liggaam samevatting/slot) en samehang.
                                               uitmuntend en samehangend.                                         en samevatting/slot) en
                                                                                                                  samehang.

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2016)
                                                       Downloaded from hlayiso.com            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                                  15

                                                                 14–15                                      11–12                               8–9                               5–6                            0-3
     TAAL, STYL EN                              - Toon, register, styl, woordeskat             - Toon, register, styl en        - Toon, register, styl woordeskat    - Toon, register, styl        -     Toon, register, styl en
      REDIGERING                                  hoogs gepas vir doel, gehoor en                woordeskat baie gepas vir        is gepas vir doel, gehoor en         woordeskat is nie gepas vir       woordeskat is minder
                                                  konteks.                                       doel, gehoor en konteks.         konteks.                             doel, gehoor en konteks           gepas vir doel, gehoor

                             Hoë subkategorie
Toon, register, styl en                         - Taalgebruik is uitsonderlik, treffend        - Taalgebruik is effektief.      - Taalgebruik is gepas; dra            nie.                              en konteks.
woordeskat geskik vir                             en getuig van gemak met taal.                - Toon deurgaans gepas,            betekenis oor.                     - Taalgebruik is baie basies. -     Taal is
doel/effek en konteks.                          - Toon pakkend; retories effektief.              retories effektief.            - Toon is gepas, retoriese           - Toon en woordgebruik is           onverstaanbaar.
Woordkeuse, taalgebruik en                      - Grammatika en spelling feitlik               - Grammatika en spelling is        middels versterk betekenis.          ontoepaslik.                -     Woordeskat is so
konvensies, punktuasie,                           foutvry.                                       grootliks foutvry.             - Foute in grammatika; spelling.     - Woordeskat is baie                beperk dat dit moeilik
grammatika en spelling                          - Knap gedaan.                                 - Goed gedoen.                   - Redelik tot goed.                    beperk.                           is om opstel te
15 PUNTE                                                           13                                         10                                  7                                4                     verstaan.
                                                - Toon, register, styl, en woordeskat          - Toon, register, styl            - Toon, register, styl woordeskat   - Toon, register, styl
                                                  is uitstekend en retories effektief.           woordeskat baie gepas vir         is gepas vir doel, gehoor en        woordeskat is nie gepas vir
                                                - Taalgebruik is treffend en met                 doel, gehoor en konteks.          konteks.                            doel, gehoor en konteks
                                                  selfvertroue.                                - Taalgebruik is goed; selfvertroue
                                                                                                                                 - Taalgebruik is voldoende;           nie.

                                                                           Lae subkategorie
                                                - Toon pakkend; retories effektief.            - Toon gepas; retories              soms inkonsekwent.                - Taalgebruik is
                                                - Grammatika en spelling feitlik                 effektief.                      - Toon is oor die algemeen            onvoldoende.
                                                  foutvry.                                     - Foute in grammatika en            gepas; beperkte gebruik van       - Weinig of geen sinsverskei-
                                                - Knap gedaan.                                   spelling is min.                  retoriese middels.                  denheid.
                                                                                               - Goed gedoen.                                                        - Woordeskat is besonder
                                                                                                                                                                       beperk.
STRUKTUUR                                                          5                                           4                                  3                                2                             0-1
Kenmerke van teks                               - Uitsonderlike ontwikkeling van               - Logiese ontwikkeling van       - Relevante detail is ontwikkel.     - Sommige detail is van pas. -      Nodige detail
paragraafontwikkeling en                          onderwerp.                                   detail.                          - Sinne, paragrawe goed              - Sinne en paragrawe het            ontbreek.
sinskonstruksie                                 - Uitsonderlike detail                         - Samehangend                      saamgestel                           foute in hul samestelling  -      Sinne en paragrawe
5 PUNTE                                         - Samestelling van sinne en                    - Sinne, paragrawe logies en     - Opstel steeds verstaanbaar.        - Opstel maak tog sin t.s.v.        wemel van foute in
                                                  paragrawe is uitsonderlik.                     toon variasie.                                                        baie foute.                       hul samestelling.
                                                                                                                                                                                                  -      Opstel maak nie sin
                                                                                                                                                                                                         nie.
VERSPREIDING VAN PUNTE                                           43–50                                      33–40                              23–30                             13–20                          0–10

  Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                 Blaai om asseblief

### Page 16

16
                                         Downloaded from hlayiso.com    AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                  (EC/SEPTEMBER 2016)

ASSESSERINGRUBRIEK LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING B) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [30 PUNTE]

 Kriteria                             Uitsonderlik                              Knap                             Gemiddeld                Elementêr/Eenvoudig                           Onvoldoende
                                         15–18                                  11–14                              8–10                              5-7                                    0–4
  INHOUD BEPLANNING        - Uitsonderlike, treffende respons,   - Baie goeie respons.                - Respons voldoende.                - Respons basies                     - Respons toon geen kennis
       EN FORMAAT            bo verwagting.                      - Toon ’n goeie kennis van           - Toon kennis van kenmerke van      - Toon geringe kennis van              van kenmerke van teks nie.
 (Respons op en idees in   - Intelligente, volwasse idees.         kenmerke van teks.                   teks.                               kenmerke van teks.                 - Betekenis is belemmer deur
 teks)                     - Grondige kennis van kenmerke        - Behou fokus – geen afwyking nie.   - Fokus nie meer 100% nie, enkele   - Geringe fokus nie, wyk af            fatale foute.
 Organisering van idees      van teks.                           - Inhoud en idees samehangend.         afwykings                         - Inhoud en idees nie altyd          - Geen samehang in idees en
                           - Skryfstuk behou fokus.              - Idees baie goed uitgebreid en      - Inhoud en idees redelik             samehangend nie.                     inhoud nie.
 Bewus van doel gehoor
                           - Inhoud en idees samehangend.          detail ondersteun onderwerp.         samehangend.                      - Baie min detail ondersteun         - Baie min indien enige detail
 en konteks van teks.                                            - Gepaste formaat; geringe           - Sommige detail ondersteun die       die onderwerp.                       ondersteun die onderwerp.
                           - Idees hoogs uitgebreid en alle
                             detail ondersteun die onderwerp.      afwykings.                           onderwerp.                        - Formaat vaagweg                    - Formaat van teks nie
 18 PUNTE                                                                                             - Formaat oorgewend gepas, maar       toegepas; enkele, kritiese,          toegepas nie.
                           - Gepaste en akkurate formaat.                                                                                   nalatige foute.
                                                                                                        afwykings kom voor.
                                           10–12                                 8–9                                  6–7                                 4–5                                   0–3
      TAAL, STYL EN        - Toon, register, styl, woordeskat,   - Toon, register, styl woordeskat    - Toon, register, styl              - Toon, register, styl               - Toon, register, styl
       REDIGERING            hoogs geskik vir doel, gehoor en      baie geskik vir doel, gehoor en      woordeskat geskik vir doel,         woordeskat, minder gepas             woordeskat nie geskik vir
                             konteks.                              konteks.                             gehoor en konteks.                  vir doel, gehoor en konteks.         doel, gehoor en konteks.
 Toon, register, styl en   - Grammatika akkuraat, sinstruktuur   - Grammatika akkurate in die         - Enkele grammatikafoute.           - Grammatika nie meer                - Besaai met foute, verwarrend
 woordeskat geskik vir       baie goed                             algemeen korrek; sinstruktuur      - Voldoende woordeskat.               akkurate nie te veel foute         - Betekenis ernstig belemmer.
                           - Feitlik foutloos.                     goed.                              - Foute belemmer nie                - Betekenis versluierd/belemmer.     - Woordeskat nie geskik nie.
 doel/effek en konteks.
                                                                 - Baie goeie woordeskat.               betekenis nie.
 Woordkeuse, taalgebruik
 en konvensies,
                                                                 - Grootliks foutloos.
 punktuasie, grammatika
 en spelling

 12 PUNTE
     VERSPREIDING VAN                      25–30                                19–23                                14–17                               9–12                                  0–7
          PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2016)
                                       Downloaded from hlayiso.com       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                                                                                       17

ASSESSERINGRUBRIEK KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE (AFDELING C) – EERSTE ADDISIONELE TAAL [20 PUNTE]

 Kriteria                               Uitsonderlik                                Knap                          Gemiddeld               Elementêr                               Onvoldoende
                                           10–12                                     8-9                             6-7                                4-5                           0–3
  INHOUD BEPLANNING        - Uitsonderlike, treffende respons, bo    -    Baie goeie respons.             - Respons voldoende             - Respons basies                 -   Respons toon geen kennis
       EN FORMAAT            verwagting.                             -    Toon ’n goeie kennis van        - Toon kennis van kenmerke      - Toon geringe kennis van            van kenmerke van teks nie.
 (Respons op en idees in   - Intelligente, volwasse idees.                kenmerke van teks.                van teks.                       kenmerke van teks.             -   Betekenis is belemmer deur
 teks)                     - Grondige kennis van kenmerke van        -    Behou fokus – geen afwyking     - Fokus nie meer 100% nie,      - Geringe fokus nie, wyk af          fatale foute.
 Organisering van idees      teks.                                        nie.                              enkele afwykings              - Inhoud en idees nie altyd      -   Geen samehang in idees
                           - Skryfstuk behou fokus.                  -    Inhoud en idees                 - Inhoud en idees redelik         samehangend nie.                   en inhoud nie.
 Bewus van doel gehoor
                           - Inhoud en idees samehangend.                 samehangend.                      samehangend.                  - Baie min detail ondersteun     -   Baie min indien enige detail
 en konteks van teks                                                 -    Idees baie goed uitgebreid en   - Sommige detail ondersteun       die onderwerp.                 -   ondersteun die onderwerp.
                           - Idees hoogs uitgebreid en alle detail
                             ondersteun die onderwerp.                    detail ondersteun onderwerp.      die onderwerp.                - Formaat vaagweg toegepas;      -   Formaat van teks nie
 12 PUNTE                                                            -    Gepaste formaat; geringe        - Formaat oorgewend gepas,        enkele, kritiese, nalatige         toegepas nie.
                           - Gepaste en akkurate formaat                  afwykings.                        maar afwykings kom voor.        foute.
                                              7-8                                    5-6                                 4                               3                               0–2
     TAAL, STYL EN         - Toon, register, styl, woordeskat, hoogs -    Toon, register, styl            - Toon, register, styl          - Toon, register, styl           -   Toon, register, styl
      REDIGERING             geskik vir doel, gehoor en konteks.          woordeskat baie geskik vir        woordeskat geskik vir doel,     woordeskat, minder gepas           woordeskat nie geskik vir
                           - Grammatika akkuraat, sinstruktuur            doel, gehoor en konteks.          gehoor en konteks.              vir doel, gehoor en konteks.       doel, gehoor en konteks.
 Toon, register, styl en     baie goed.                              -    Grammatika akkurate in die      - Enkele grammatikafoute.       - Grammatika nie meer            -   Besaai met foute,
 woordeskat geskik vir     - Feitlik foutloos.                            algemeen korrek; sinstruktuur   - Voldoende woordeskat.           akkurate nie te veel foute         verwarrend.
                                                                          goed.                           - Foute belemmer nie            - Betekenis                      -   Betekenis ernstig
 doel/effek en konteks.
                                                                     -    Baie goeie woordeskat             betekenis nie.                  versluierd/belemmer.               belemmer.
 Woordkeuse, taalgebruik
 en konvensies,
                                                                     -    Grootliks foutloos.                                                                              -   Woordeskat nie geskik nie.

 punktuasie, grammatika
 en spelling

 8 PUNTE
   VERSPREIDING VAN                         17–20                                   13–15                             10–11                             7–8                              0–5
        PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                               Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR FAL P3 QP GR12 SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afr-fal-p3-qp-gr12-sept2016/1a309ee5-c1b6-4be0-af43-b57248406258) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2016-memo/295248df-664d-40f2-99a2-f472e825b967) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr
- [AFRFAL P3 GR12 MEMO SEPT 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-memo-sept-2017/89bb42f7-9d32-4591-90a1-08136b7db951) — Afrikaans FAL · Memo · 2017
- [AFRFAL P3 MEMO SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-memo-sep-2012/7f3ae86b-dcde-41e6-a186-434f846c4945) — Afrikaans FAL · Memo · 2012
- [Afrikaans FAL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2016/11634693-2556-4655-b386-6c7e23a6a125) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
