# Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-qp-sept2014/426edd00-4d69-4927-aea4-00ef020a399f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p3-gr12-qp-sept2014/426edd00-4d69-4927-aea4-00ef020a399f)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2014

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                             *AFRFA3*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 7 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                  (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.     Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

        AFDELING A:          Opstel                                                (50)
        AFDELING B:          Langer transaksionele tekste                          (30)
        AFDELING C:          Korter teks: Naslaan-, informatiewe en
                             transaksionele tekste                                 (20)

 2.     Beantwoord EEN vraag uit ELKE afdeling.

 3.     Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

 4.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 5.     Jy moet jou skryfstuk beplan, redigeer en proeflees.

 6.     Alle beplanning moet duidelik aangedui word. Trek ŉ streep deur jou
        beplanning nadat jy die finale produk geskryf het.

 7.     Beplan jou tyd so:

        AFDELING A:       80 minute
        AFDELING B:       40 minute
        AFDELING C:       30 minute

 8.     Nommer die skryfstukke soos wat dit op die vraestel verskyn.

 9.     Skryf die titel/opskrif van elke teks boaan jou skryfstuk neer.

 10.    LET WEL:      Die titel word NIE in aanmerking geneem as die woorde getel
                      word NIE.

 11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)            AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                             3

 AFDELING A: OPSTEL

 VRAAG 1

      Kies EEN onderwerp en skryf 250–300 woorde daaroor.
      Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

 1.1     Is dit ŉ regverdige straf?

         Daar is sommige leerders in jou klas wat baie praat as die onderwyser
         probeer klas gee. Die onderwyser het die hele klas gestraf en julle moet
         nou ŉ Vrydagmiddagdetensie bywoon.

         Dink jy die onderwyser was regverdig met die betrokke straf?

         Skryf ŉ opstel hieroor.                                                           [50]

 1.2     Liefde

         Is daar iemand spesiaal in jou lewe?

         Skryf ŉ opstel oor die persoon.                                                   [50]

 1.3     Ek wil nog …

         Jou skooldae is amper verby en daar is nog EEN ding wat jy wil doen voor
         jy die skool verlaat.

         Skryf ŉ opstel hieroor.                                                           [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                (SEPTEMBER 2014)

 1.4    ŉ Moeilike wedstryd.

        Jou afrigter se woorde: “Moet nooit opgee nie!” het jou deur ŉ moeilike
        wedstryd gehelp.

        Skryf ŉ opstel hieroor.                                                           [50]

 1.5    Waardering en respek

                                                                       [Bron: Clip Art]

        Dink jy dat die jongmense van vandag genoeg waardering en respek vir
        hulle ouers het?

        Skryf ŉ opstel hieroor.                                                           [50]

 1.6    Kies EEN van die visuele tekste en skryf ŉ opstel daaroor. Gee jou
        skryfstuk ŉ titel. Jou opstel moet direk by die kern van die prent aansluit.

        1.6.1

                                                                       [Bron: Clip Art]   [50]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                          5

        1.6.2

                                                       [Bron Hoezit!, Junie 2012]    [50]

        1.6.3

                                                                  [Bron: Clip Art]   [50]

                                                     TOTAAL AFDELING A:              50

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B: LANG TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

    Kies EEN onderwerp en skryf 120–150 woorde daaroor.
    Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer.

 2.1 INFORMELE BRIEF AAN DIE PERS

      Jou plaaslike koerant het ŉ artikel geplaas oor hoe baie matrikulante eerder
      tuis bly as om skool toe te gaan. Hulle voel hulle leer beter by die huis.

      Skryf ŉ brief aan die koerant waarin jy op die artikel reageer.                   [30]

 2.2 CURRICULUM VITAE EN DEKBRIEF

      Die volgende advertensie het in die koerant verskyn.

                            Verdien sakgeld oor naweke
                                     by
                            LEKKER EET RESTAURANT.

                                      Werk as
                                  kelner/kelnerin.

                            Stuur jou CV en dekbrief aan:

                            Die Bestuurder
                            LEKKER EET RESTAURANT
                            Posbus 234
                            Oos-Londen
                            5467

                            Sluitingsdatum: 30 November 2014

      Skryf jou CV en dekbrief.                                                         [30]

 2.3 RESENSIE

      Skryf ŉ resensie oor die musiekalbum wat jy dink die beste album vir 2014
      was.                                                                              [30]

 2.4 DIALOOG

      Jou vriend of vriendin het ŉ paar irriterende gewoontes wat jou mal wil
      maak!

      Skryf die dialoog tussen jou en jou vriend of vriendin neer.                      [30]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)           AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V3                            7

 AFDELING C: KORT TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 3

  Kies EEN onderwerp en skryf 80–100 woorde daaroor.
  Skryf die nommer en die titel van die onderwerp wat jy kies, boaan.

 3.1 UITNODIGINGSKAARTJIE

       Jy word agtien jaar oud en jou ouers het ingestem dat jy ŉ partytjie mag hou.

       Ontwerp jou uitnodigingskaartjie.                                                 [20]

 3.2 DAGBOEKINSKRYWING

       Jy was een van die helpers by jou skool se kosmaakdag vir straatkinders.

       Deel jou gevoelens oor hierdie dag met jou dagboek.                               [20]

 3.3 PADAANWYSING

       Jou vriend of vriendin is in ŉ ander skool. Jou matriekafskeidsfunksie is by ŉ
       hotel. Hy of sy wil graag gaan kyk hoe jy lyk.

       Verduidelik aan hom of haar hoe om by die hotel te kom. Verduidelik die pad
       van jou skool af.                                                                 [20]

                                                             TOTAAL AFDELING C:           20
                                                                 GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRFAL P1 GR12 QP AFR SEP 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrfal-p1-gr12-qp-afr-sep-2014/b057f18a-d603-4117-badb-7f671468e421) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2022 Deaf](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2022-deaf/48a74464-ecb5-4f1f-b140-12d7ffdc2ea4) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
