# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2012, 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-gr12-qp-p2-sep-2012/15e367b7-f894-4b2e-a7f3-a9f8d3bafde6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-gr12-qp-p2-sep-2012/15e367b7-f894-4b2e-a7f3-a9f8d3bafde6)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2012. Question paper, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Province of the
                  EASTERN CAPE
                  EDUCATION

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2012

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

2                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2012)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die
     vraestel beantwoord.

2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
     inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
     letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor
     die tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem
     die voorskrifte by elke vraag in ag.

3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: GEDIGTE (30)
     AFDELING B: PROSA   (25)
     AFDELING C: DRAMA   (25)

4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING
     B en EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses
     te help.

5.   Voer die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig uit.

6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

7.   Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

8.   Voorgestelde tydsindeling:

     AFDELING A: ongeveer 40 minute
     AFDELING B: ongeveer 55 minute
     AFDELING C: ongeveer 55 minute

9.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

(SEPTEMBER 2012)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                             3

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die
 hele vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAGNOMMER                                     VRAAG                 BLADSY
 1. Gebed om leiding – M.M. Walters              Opstelvraag              5

 2.    Staat – Neil van Tonder                   Kontekstuele vraag         7

 3.    finis – Lina Spies                        Kontekstuele vraag         8

 4.    Sonsverduistering – P.J. Philander        Kontekstuele vraag         9

                                            EN

       Ongesiene gedig: Beantwoord EEN vraag.
 5.    Skip – Ilse van Staden             Opstelvraag                      10
                                    OF
 6.    Skip – Ilse van Staden             Kontekstuele vraag               11

 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag.
 7.  Die kwart-voor-sewe-lelie                   Opstelvraag               12
                                            OF
 8.    Die kwart-voor-sewe-lelie                 Kontekstuele vraag      12 – 14

 9.    Manaka Plek van die Horings               Opstelvraag               14
                                            OF
 10. Manaka Plek van die Horings                 Kontekstuele vraag      15 – 17

 11. Vatmaar                                     Opstelvraag
                                            OF
 12. Vatmaar                                     Kontekstuele vraag      17 – 19

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.

 13. Krismis van Map Jacobs                      Opstelvraag               19
                                            OF
 14. Krismis van Map Jacobs                      Kontekstuele vraag      20 – 22

 15. Mis                                         Opstelvraag               22
                                            OF
 16. Mis                                         Kontekstuele vraag      22 – 24

 LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE
 VRAAG uit.

### Page 4

4                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B en AFDELING C.

KONTROLELYS

Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae
beantwoord het.

          AFDELING                 VRAAG-          GETAL VRAE           MERK
                                                  BEANTWOORD
                                   NOMMER
          A: Gedigte                 1–4                  2
    (Voorgeskrewe gedigte)
          A: Gedigte                 5–6                  1
      (Ongesiene gedig)
          B: Roman                   7 – 12               1
    (Opstel- of kontekstuele
             vraag)
          C: Drama                  13 – 16               1
    (Opstel- of kontekstuele
             vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
uit AFDELING B en AFDELING C.

### Page 5

(SEPTEMBER 2012)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2           5

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: OPSTELVRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

      Gebed om leiding – M.M. Walters

1     Heer, U weet dat ek gelukkig is hier
2     in die gemeente Stellenbosch-Sentraal,
3     want veel seëninge ontvang ek op my werk:
4     deur my huisbesoek op geselekteerde testamente
5     is gemeentlike fondse reeds met duisende versterk.

6     U weet hoe die lidmate vir ons sorg:
7     die vrieskaste bult buitentoe, oorvol
8     is ons kelder van die goeie dade –
9     ons drink rooiwyn wat sewe jaar gerus het
10    saam met die vet braaivleis van genade.

11    U weet die kinders moet universiteit toe
12    en die koshuise is duur en vol en waar
13    is daar ŉ pastorie met sewe huurstudente?
14    Net op Stellenbosch is so ŉ kans vir dié goue gans
15    toelaatbaar volgens kerklike reglemente.

16    Ek speel in die eerste tennisspan
17    en ons wen nou al drie jaar na mekaar.
18    Maar ŉ mens moet kompetisie hê – U weet:
19    soos Satan elke Sondagmôre
20    sy invloed teen u roepstem meet.

21    U kudde val nou die kuns ten prooi
22    want godslatering word verlig en letterkundig mooi.
23    Hoe kan ek bly waarsku teen die bose spel
24    as ek nie sélf, met my komplimentêre kaartjie,
25    my slagyster in die Thom gaan stel?

26    (Die klein sondetjies met my buurvrou
27    het ek alreeds voor U bely – net nou en dan
28    bedien ons nog die sakramente.
29    Kan ek haar dan sommer só laat staan,
30    sonder groetnis sê en komplimente?)

31    Ag, en die akademiese omgaan en verkeer
32    met al die professore, hoe kan ek dit ontbeer –
33    ék wat so graag delf in die duisterhede,
34    so lank gewag het op ŉ kweekskoolstem
35    in antwoord op my broederse gebede.

### Page 6

6                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (SEPTEMBER 2012)

36   Nou kom U met dié beroep
37   na die sendinggemeente op Merweville ...
38   vir mý, gereelde voorsitter van die Ring!
39   Alle grappies op ŉ stokkie, Meester,
40   Is U ernstig met die ding?

                                                               [Uit: Saturae, 1979]

1.1 Hierdie is ŉ satire. In ŉ satire word menslike swakhede of wanpraktyke
    bespotlik gemaak.
    Bespreek in ŉ opstel van 250 woorde Gebed om leiding as ŉ satire deur aan
    die volgende aandag te gee:

     *Noem met watter swakhede en wanpraktyke gespot word. (3 feite)
     *Bespreek, met voorbeelde uit die gedig, watter stylfigure die digter
      aanwend om die satire te beklemtoon. (4 feite)
     *Spreek jou uit oor die woordkeuse om die satire te beklemtoon. (2 feite)
     *Dink jy dit is nodig dat hierdie swakhede en wanpraktyke uitgelig
      moet word? Motiveer jou antwoord. (1 feit)

                                          OF

### Page 7

(SEPTEMBER 2012)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                             7

 VRAAG 2

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

        staat – Niel van Tonder

 1      jare nou al
 2      sit roerloos wit
 3      ŉ krap in die gaterige wal

 4      roer ŉ steeltjiesoog
 5      met tye
 6      waaksaam omhoog

 7      niemand sal ooit
 8      met sekerheid kan sê
 9      of ŉ droë dood ook in hom lê

 10     maar wanneer en hoé
 11     het die swart mierbataljon
 12     dié parate pantser binnegekom?

                                                      [Uit: As Hy weer kom, 1975]

 2.1    Wat word die drie reëlige strofes van die gedig genoem?                       (1)

 2.2    Verduidelik waarom die gebruik van dié soort strofes hier so effektief is.    (1)

 2.3    Verduidelik die gebruik van die inversie in strofe 1.                         (1)

 2.4    Waarvan is die “krap”, ŉ metafoor?                                            (1)

 2.5    Waarom is hierdie beeld so geslaagd?                                          (1)

 2.6    Verduidelik hoe die woord “ook” in reël 9, die betekenis beïnvloed.           (1)

 2.7    Waarin lê die ironie in die woorde, “parate pantser”?                         (2)

 2.8    Dink jy die inhoud en titel pas bymekaar? Motiveer jou antwoord.              (2)
                                                                                     [10]

                                            OF

### Page 8

8                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2012)

VRAAG 3
Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

     finis – Lina Spies
1    Nou maak ek self nie meer so baie saak nie
2    want jy’t bobbejaan na my gestuur met ŉ briefie in sy bek
3         dit was geskryf op varkensblaar
4         dit was ŉ bietjie dof
5         dit was om my en jou te nooi
6         na die Apies se bruilof
7    Jy het al die liedjies van my kindertyd weer in my laat sing
8    en in my hart die Jakkalse elke dag laat trou
9    Maar wat sal jy van my kan saamneem?
10   Miskien wanneer die lewe met jou kotiljons
11   en lekker wals op die Apies se bruilof
12   sal jy onthou dat jy vir my Aprilmaand was
13   – die wolke altyd bietjie voor die son –
14   en ek ten spyte van die reën kon lag
15   En jy sal lag
                                                   [Uit: Digby Vergenoeg, 1971]
3.1 Noem die rede waarom die gedig in twee dele verdeel kan word.                    (1)
3.2 Verduidelik hoekom dit betekenisvol is dat juis ŉ bobbejaan die briefie
    bring.                                                                           (1)
3.3 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter neer.
     Strofe twee is sterk ritmies, omdat ...
     A   dit werklik gesing kan word.
     B   dit telkens op dieselfde manier begin.
     C   die woorde meer lettergrepig is.
     D   die wysie lekker ritmies klink.                                             (1)
3.4 Daar word DRIE maal na reën in die gedig verwys. Hoe beïnvloed hierdie
    verwysing die stemming van die gedig?                                            (1)
3.5 Waar vind die wending in die gedig plaas?                                        (1)
3.6 Dink jy die keuse van enige ander maand (reël 12) sou net so effektief
    gewees het? Motiveer jou antwoord.                                               (2)
3.7 Hoe word reëls 14 en 15 verbind?                                                 (1)
3.8 Hoekom sou ŉ vaste strofebou nie by die tema van die gedig gepas het
    nie?                                                                            (2)
                                                                                   [10]
                                           OF

### Page 9

(SEPTEMBER 2012)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                               9

 VRAAG 4

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

        Sonsverduistering – P.J. Philander

 1      Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
 2      van skadu en verklein die sekelboog
 3      van son tot dreigend swart die kol daar hoog
 4      ŉ koue vreemde skemerte laat trek
 5      wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
 6      ŉ vaal streep donkies met die kortste pad
 7      oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
 8      die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
 9      Oor gans die mensdom hang ŉ skaduwee
 10     wat alle lig van God en Christus so
 11     verduister Sy pad onsigbaar is,
 12     En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
 13     het nie ŉ skaap se voorgevoel of glo
 14     dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.

                                                                [Uit: Uurglas, 1995]

 4.1    Dui die rympatroon van hierdie gedig aan.                                       (1)

 4.2    Met watter gedigsoort het ons hier te make?                                     (1)

 4.3    Verduidelik die kontras wat in die titel voorkom.                               (2)

 4.4    Van watter stylfiguur maak die skrywer gebruik om die ononderbroke
        beweging van die maan te beklemtoon?                                            (1)

 4.5    Dink jy die gebruik van enige ander dier as die donkie (reël 6) en skape
        (reël 8), sou so effektief gewees het? Motiveer jou antwoord.                   (2)

 4.6    Watter invloed sou die weglating van die punt in reël 8 hê?                     (1)

 4.7    Waarvan is die skaduwee (reël 9) simbolies?                                     (1)

 4.8    Verduidelik die progressie in die sekstet.                                      (1)
                                                                                       [10]

                                             EN

### Page 10

10                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (SEPTEMBER 2012)

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6.

VRAAG 5: OPSTELVRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

      Skip – Ilse van Staden

1     Liefste, ek stuur vir jou ŉ klip

2     want die liefde is nie altyd lig nie,
3     dit hang in die water soos ŉ skip
4     gebeitel uit graniet en git.

5     Ek stuur vir jou ŉ klip
6     om in die lug te slinger
7     want hoe swaar is dit om vlerk te vat
8     met seile uit rots gekap

9     My liefde is ŉ kaperskip
10    ŉ boot vol buskruit en drome
11    wat op diep seestrome dryf,
12    karteerder van die hart en lyf.

13    Skipper vir wie die roofvlag vlieg,
14    ek stuur vir jou ŉ skip, my lief.

5.1   Die gedig Skip is ŉ volgehoue metafoor wat die verloop van die liefde
      baie duidelik teken.

      Bespreek die gebruik van hierdie metafoor deur aandag aan die volgende
      te skenk:
           Gee die volgehoue metafoor. (1 feit)
           Bespreek die betekenis van die metafoor in strofe 2 (3 feite) en dié in
           strofe 4. (5 feite)
           Sê of die gebruik van die volgehoue metafoor geslaagd was, al dan
           nie. Motiveer jou antwoord. (1 feit)                                      (10)
                                                                                     [10]

                                              OF

### Page 11

(SEPTEMBER 2012)                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                           11

 VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

        Skip – Ilse van Staden

 1      Liefste, ek stuur vir jou ŉ klip

 2      want die liefde is nie altyd lig nie,
 3      dit hang in die water soos ŉ skip
 4      gebeitel uit graniet en git.

 5      Ek stuur vir jou ŉ klip
 6      om in die lug te slinger
 7      want hoe swaar is dit om vlerk te vat
 8      met seile uit rots gekap

 9      My liefde is ŉ kaperskip
 10     ŉ boot vol buskruit en drome
 11     wat op diep seestrome dryf,
 12     karteerder van die hart en lyf.

 13     Skipper vir wie die roofvlag vlieg,
 14     ek stuur vir jou ŉ skip, my lief.

 6.1    Van watter tipografiese middel maak die spreker gebruik om die eerste
        versreël te beklemtoon?                                                       (1)

 6.2    Waarom is die gebruik hiervan so geslaagd?                                    (1)

 6.3    Benoem die beeldspraak wat in reël 3 voorkom.                                 (1)

 6.4    Gebeitel (reël 4) sou met die woord gekap vervang kon word.

        Waarom verkies die spreker gebeitel?                                          (1)

 6.5    Kies die korrekte woord.

        Die halfrym, (alliterasie / assonansie), kom in reël 10 voor.                 (1)

 6.6    Wat is die funksie van die halfrym?                                           (1)

 6.7    Die Skipper (reël 13) na wie hier verwys word, is die spreker se geliefde.
        Haal jou motivering vir die stelling uit die gedig aan.                       (1)

 6.8    Waarteen waarsku die spreker die skipper?                                     (1)

 6.9    Dink jy die volgehoue metafoor is geslaagd? Motiveer jou antwoord.            (2)
                                                                                     [10]

                                                              TOTAAL AFDELING A:      30

### Page 12

12                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (SEPTEMBER 2012)

AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.

LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
behandel het.

VRAAG 7: OPSTELVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Die roman werp ŉ lig-satiriese kyk op die rassistiese gesindhede wat die
samelewing gekenmerk het gedurende die tydperk waarin dit afspeel.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 450 woorde en skenk aandag aan die
volgende:
    Die karakters betrokke by die tema van rassisme. (3 gemotiveerde feite)
    Hoe Iris en haar familie se optrede teenoor dié karakters ŉ satiriese lig op die
    tema van rassisme werp. (10 gemotiveerde feite)
    Of Iris-hulle se optrede aanvaarbaar is. Motiveer jou respons. (2 gemotiveerde
    feite)                                                                              (25)
                                                                                        [25]

                                        OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.

1      “Koffie asseblief.” Hy het na sy sigarette gesoek en een aangesteek.
2         “Hoekom wou jy vroeër tee hê en nou koffie?”
3         “Ek het nie van daardie man gehou nie.” Hy het opgeskuif sodat hy met
4         sy rug teen die muur kon sit. Ek kon sien hy word wakker, ordentlik
5         wakker.” Het jy lekker geëet?”
6         “Ja”
7         “En met niemand gesels nie?”
8         Ek het stilgebly.
9         “Iris. Vertel die waarheid.”
10        “Die man het eerste met my gepraat. Wat kon ek doen?”
11        “En wat wou hy hê? Het hy ook aangebied om jou beroemd te maak?”
12        “Nee. Hy’t my vuurhoutjies gevat omdat hy dit versamel en toe het hy
13     geloop.”
14        Ek het op my eie bed gesit ná ek sy koffie vir hom gegee het. Hy het sy
15     hand uitgehou na my.
16        “Kom sit hier langs my,” het hy genooi.
17        “Liewers nie”
18        “Hoekom nie?”
19        “Jy weet wat sal gebeur.”
20        Hy het geglimlag en ek moes my inhou of ek het oorgeduik in sy arms
21            in. “Nou ja?” het hy gesê.
22        “Ek dink ons moet mekaar net eers weer leer ken,” het ek preuts gesê,
23     wel wetende dat ek nie lank sal uithou nie. Maar op daardie oomblik het

### Page 13

(SEPTEMBER 2012)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                               13

 24         die telefoon, daardie altyd teenwoordige deus ex machina, gelui en ek
 25      het dit opgeraap.
 26      “ ŉ Kabelgram vir jou,” het die klerk lakoniek gesê. Ek het die telefoon laat
 27      val. Pa het ŉ nooi gekry, Ma het haar heup gebreek toe sy op die leer
 28      staan om die Kersboom te versier, Polder Twee is doodgery, Johanna
 29      gaan trou, Elsa se sterilisasie was ŉ mislukking en sy verwag ŉ vyfling.

 8.1     Na wie word verwys as “daardie man” in reël 3?                                       (1)

 8.2     Verduidelik die verbintenis tussen “daardie man”, en Iris se begeerte om
         eendag te blom.                                                                      (2)

 8.3     8.3.1     Deur wie is hierdie verbintenis tussen Iris en “daardie man”
                   beëindig?                                                                  (1)

         8.3.2     Hoe is hierdie verbintenis tussen Iris en “daardie man” beëindig?          (1)

 8.4     Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die korrekte letter neer.

         Ten spyte van verskeie waarskuwings gesels Iris met vreemdelinge,
         omdat ...

         A       sy ŉ spontane geaardheid het.
         B       sy hardkoppig is.
         C       sy glo die Engel haar sal beskerm.
         D       sy mense interessant vind.                                                   (1)

 8.5     Dink jy Iris se weiering om langs Peter te gaan sit, is hier geloofwaardig?
         Motiveer jou antwoord.                                                               (2)

 8.6     In watter ruimte speel die aangehaalde gedeelte af?                                  (1)

 8.7     Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.

         Die milieu/ruimte hier is ŉ aanduiding van Iris se groei tot volwasse
         wording.                                                                             (2)

 8.8     Die lui van die telefoon onderbreek ŉ romantiese stemming.

         Watter stemming heers daar nou?                                                      (1)

 8.9     Verduidelik waarom Iris die telefoon as “... daardie altyd teenwoordige deus
         ex machina ...” (reël 23) beskryf.                                                   (2)

 8.10    Watter karaktereienskap van Iris kom baie sterk na vore in reëls 26 – 28?            (1)

 8.11    Wat was die gevolg van hierdie karaktereienskap?                                     (1)

### Page 14

14                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (SEPTEMBER 2012)

1           “My land is nie joune nie,” het hy gesê. ‘en ek is nie ŉ sterrewiggelaar
2      of fortuinverteller nie ...”
3         “Maar tog,” het ek gestry. ” Jy was deel van die verlede, dus kan ŉ mens
4      seker aanneem dat jy ook deel het aan die toekoms. Of insae daarin het.”
5          “Wat sal jy doen as jy weet?” het hy gevra. “Sal jy gelukkiger wees? As
6      ek wou, kon ek jou vertel wat jou kleinkinders se lot gaan wees, maar dan kan
7      jy net sowel nou doodgaan, want die uitdaging en die opwinding sal verdwyn.”
8           “Miskien sal ek dan die foute kan vermy. Of die swaarkry. Is daar baie
9      swaarkry in my toekoms?”
10     Hy het geswyg.
11     “Droom jou eie toekoms op,” het hy voorgestel.” Droom dit op en kyk of jy
12     daarvan hou.”

8.12   Hoe sou die geloofwaardigheid van die uittreksel beïnvloed word as hier ŉ
       derdepersoonsverteller aan die woord was?                                               (1)

8.13   Hoe was die Engel deel van die verlede?                                                 (1)

8.14   Som dit waaroor die Engel en Iris in konflik is in EEN volsin op.                       (1)

8.15   Hoe bring die Engel Iris tot insig ten opsigte van die konflik wat sy ervaar?           (1)

8.16   Kan Iris, as jy die motto, Angels can fly because they take themselves lightly
       in gedagte hou, haar steur aan wat die Engel van die toekoms sê? Motiveer
       jou antwoord.                                                                           (2)

8.17   Iris het maklik haar familie se toekoms gedroom.

       8.17.1   Hoekom was sy dan onseker oor Kara s’n?                                        (1)

       8.17.2   Saam met wie het sy gedroom slyt sy haar jare?                                 (1)

       8.17.3   Hoe het hierdie droom toe tog gerealiseer?                                     (1)
                                                                                              [25]

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Die roman werp ŉ blik op die rassistiese gesindhede wat die samelewing gekenmerk
het gedurende die tydperk waarin dit afspeel.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 450 woorde en skenk aandag aan die
volgende:

       Die karakters wat hul skuldig maak aan rassisme. (3 gemotiveerde feite)
       Hoe Nanna, Baas en oom Scholtzie se optrede teenoor die plaaslike mense
       met dié karakters in kontras staan. (10 gemotiveerde feite)
       Of Nanna-hulle se optrede aanvaarbaar is. Motiveer jou respons.
       (2 gemotiveerde feite)                                                                 [25]

                                          OF

### Page 15

(SEPTEMBER 2012)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                              15

 VRAAG 10: KONTEKSTUELE VRAAG
 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.
 1             “Ek sal baie graag vir jou ŉ gebed wil doen, neef.”
 2             “Vir mý?”
 3             “Daar kom ŉ tyd in elke mens se lewe dat hy dit nodig het.”
 4             Ag nee, wat so erg is dit nie. Maar baie dankie vir die gedagte.” Baas
 5       sien die skoene van hom af wegdraai.
 6             “Muluti malila huil oor jou,” hoor hy Grace sê.
 7           “Miskien huil hy oor homself.” Baas roer nie. Hy kantel sy kop en maak
 8       weer sy oë toe.
 9           “As ŉ mens oor iemand anders huil,dan huil jy eintlik oor jouself ook.”
 10      Grace klim van die bak af.
 11          Die moerasfiskale roep. “Priscilla en Akwilla... ”sê sy. “Dis name wat ek
 12      daardie twee voëls gegee het. Dit was toe jy siek was, in die tyd toe ek in jou
 13      huis gesit en wag het dat jy jou oë moet oopmaak. Dis ŉ goeie naam vir hulle.
 14      Hulle is nooit ver van mekaar af nie.”
 15          Die moerasfiskale hou op met roep. Die kinders se gejil bedaar. ŉ
 16      Heldersoet stem begin uit die note vloei. “Amazing grace, how sweet the
 17      sound, that saved a wretch like me. I once was lost but now I’m found, was
 18      blind but now I see.”
 19      Die naarheid stoot in Baas se keel op. Hy onthou die tyd toe hy gewag het vir
 20      nuus van Sable Ranch om op die veldradio’s deur te kom.

 10.1    Na wie word hier verwys as, “die skoene draai van hom weg”? (Reël 5)               (1)

 10.2    Verduidelik die verbintenis tussen die persoon wie se skoene van hom
         wegdraai en Baas se soektog na die aard van ware Christenskap.                     (2)

 10.3    10.3.1    Wie het vir Baas ŉ antwoord op hierdie soeke gegee?                      (1)

         10.3.2    Watter antwoord het Baas op hierdie soeke gekry?                         (1)

 10.4    Dink jy Baas se weiering om vir hom ŉ gebed te laat doen, is geloofwaardig?
         Motiveer jou antwoord.                                                             (2)

 10.5    In watter ruimte speel die uittreksel af?                                          (1)

 10.6    Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.
         Daar is ŉ duidelike parallel tussen die twee moerasfiskale en Baas en Grace.       (2)

 10.7    10.7.1    Watter stemming bring die geroep van die moerasfiskale?                  (1)

         10.7.2    Die gesing van Amazing Grace onderbreek die geroep van die
                   fiskale.
                   Watter stemming heers daar nou?                                          (1)

 10.8    Wie sing Amazing Grace hier?                                                       (1)

### Page 16

16                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (SEPTEMBER 2012)

10.9    Wat is die gevolg van die hoor van hierdie lied vir Baas?                                     (1)

10.10   Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter neer.

        Baas raak naar, omdat ...

        A        die lied sulke mooi woorde het.
        B        sy ma dit altyd gesing het.
        C        die lied nou op hom van toepassing is.
        D        hy nie van die lied hou nie.                                                         (1)

10.11   Verduidelik waarom Griesel se binnegaan in Baas se hut anders is as Grace se
        binnegaan in sy hut.                                                                          (2)

1       Ouma Essie kry stuiptrekkings. Haar kop beur al verder agteroor. Haar oë is wyd
2       oop. Sy kan nie praat nie. Meneer Jos en sy vrou en Grace is by haar. Hulle het
3       meubels uitgedra om plek te maak in die hut.
4             Baas vat ouma Essie se kop in al twee sy hande. Haar neksenings ruk teen sy
5       bors en haar lyf is koud teen syne. Hy bly so op sy knieë by haar staan tot sy weer stil
6         word. Meneer Jos en sy vrou en Grace begin saggies te huil. Ouma Essie maak haar
7       oë toe. Baas lê haar kop op die kussing neer. Sy raak aan die slaap. Hy haal muluti
8         Joseph se lyfband af en sit dit onder haar verrimpelde hand op haar bors.
9               “Dankie, ouma Essie,” sê hy. “Ek het dit nie meer nodig nie.”
10              “Meneer Baas kan vir ons bid,” sê meneer Jos.
11              Die mense om die bed vat hande. Hulle bly lank so staan met hulle koppe
12      gebuig.
13              “Dankie, Here. Amen,” sê Baas.
14              “Amen,” sê meneer Jos. Hy staan uit die pad dat Baas verby die buffet kan
15      skuur.” Miskien sal ons vir haar ŉ plek kan gee waar al haar goed sal inpas,” sê hy en
16      vryf sy hande teen mekaar.
17              “Die deure en die vensters vir die kerk en vir die huis het gekom,” sê Baas.

18      By sy kamp dra Baas Morena se horings teen die bult uit en slaan dit bokant Manaka
19      se naambord teen die stutpaal vas.

10.12   Hoe sou die geloofwaardigheid van die uittreksel beïnvloed word as hier ŉ
        eerstepersoonsverteller aan die woord was?                                                    (1)

10.13   Hoe was muluti Joseph deel van Ouma Essie se verlede?                                         (1)

10.14   Waarom is dit ironies dat meneer Jos vir Baas vra om ŉ gebed te doen?                         (2)

10.15   Wat kan ons van Baas se karakter uit sy handeling in reëls 5 tot 8 leer?                      (1)

10.16   Noem die TWEE dinge waarvoor Baas dankie sê in sy gebed.                                      (2)

10.17   Wat impliseer Baas se handeling in reëls 18 – 19?                                           (1)
                                                                                                   [25]

### Page 17

(SEPTEMBER 2012)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                               17

VRAAG 11: OPSTELVRAAG

VATMAAR – A.H.M. Scholtz

Die roman werp ŉ blik op die rassistiese gesindhede wat die samelewing gekenmerk het
gedurende die tydperk waarin dit afspeel.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 450 woorde en skenk aandag aan die
volgende:

     Die karakters wat hul skuldig maak aan rassisme. (3 gemotiveerde feite)
     Hoe Ma Khumalo, tant Wonnie en die NG predikantspaar se optrede teenoor die
     plaaslike mense met dié karakters in kontras staan. (10 gemotiveerde feite)
     Of Ma Khumalo-hulle se optrede aanvaarbaar is. Motiveer jou respons.
     (2 gemotiveerde feite)                                                                    (25)
                                                                                               [25]

                                            OF

VRAAG 12: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – A.H.M. Scholtz

Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

1            Net toe vang haar kaal voet die haak aan die pen en sy val byna. Die yster
2      het haar bokant die tone geskraap en bloed het begin uitsyfer. Toe sy afkyk, soek
3      sy ŉ oomblik na asem en wil-wil net flou word, maar toe skree sy in ŉ gebroke
4      stem: Nou sien ek jou weer, jou moordenaar! En sy vloek op die tentpen.
5           Sy het weggestap met trane wat soos water oor haar wange loop. Haar kaal
6        voete het die duwweltjies opgetel en op hulle getrap sonder dat sy pyn voel. Tot sy
7        by ŉ miershoop gekom en daarop gaan sit het.
8             Suzan het haar suster se wange met haar rok afgedroog.
9             Ek kan nie meer huil nie, my Kleinsus, het Kaaitjie gesê.
10            Suzan het voor haar gekniel en haar kop in haar suster se skoot gesit.
11     Kaaitjie het haar hande op Suzan se kop laat rus. Hulle het lank so bly sit. Toe
12     draai Suzan om en gaan sit op die grond tussen haar suster se voete en vertel vir
13     haar die storie van Oom Norman soos haar ma dit vir haar vertel het. Sy het
14     geëindig met ma se woorde: En moet my nie weer vra nie.
15          Na ŉ rukkie was Kaaitjie weer haar ou self. Die bietjie Windhoek-Duitse
16     bloed in haar wat dit vir haar moontlik gemaak het om baie te vat van dit wat
17     seermaak, het haar nou ook vir haarself laat sê: Genoeg, niks meer nie, dit is ver
18     genoeg.
19       Dit is waar wat onse Ma-Ma jou vertel het, maar wat ek jou nou gaan vertel,
20     Suzan, is ook waar. En na ek jou dit vertel het, moet jy dit vergeet. Belowe?

### Page 18

18                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2012)

12.1   Is Kaaitjie se verwysing na Norman as moordenaar geloofwaardig?

       Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

12.2   Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR. Motiveer jou antwoord.

       Kaaitjie het jare lank skuldig gevoel oor Norman se dood.                      (2)

12.3   Verduidelik die verbintenis tussen Norman en Kaaitjie se ouerhuis.             (1)

12.4   12.4.1   Wie het dit vir Norman moontlik gemaak om deel van Vatmaar te
                word?                                                                 (1)

       12.4.2   Hoe het Norman deel van Vatmaar geword?                               (1)

12.5   Na watter voorval verwys Kaaitjie in reël 20?                                  (1)

12.6   Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die letter neer.                       (1)

       Tant Wonnie was lief vir Norman, omdat ...

       A    hy nie gerook of gedrink het nie.
       B    sy geglo het dit sal Heinrich se goedkeuring wegdra.
       C    sy geglo het hy is ook lief vir haar.
       D    hy wit was.                                                               (1)

12.7   12.7.1   In watter ruimte speel die uittreksel af?                             (1)

       12.7.2   Watter stemming heers in hierdie uittreksel?                          (1)

       12.7.3   Is hierdie stemming gepas by die spesifieke ruimte? Motiveer jou
                antwoord.                                                             (2)

12.8   12.8.1   Watter karaktereienskap van Kaaitjie kom duidelik in reëls 15 –
                18 na vore?                                                           (1)

       12.8.2   Wat was die gevolg van hierdie karaktereienskap vir Kaaitjie?         (1)

### Page 19

(SEPTEMBER 2012)                         AFRIKAANS HUISTAAL V2                          19

1           Op daardie oomblik kom Boitjie Afrika met die hele sokkerspan agter hom
2        aangehardloop. Toe hy sien wat gebeur het, skud hy sy kop en loop na Kenny toe en
3        gryp hom om sy lyf. Met sy oë blink van die trane, soen hy hom op die wang en sê:
4        Praat net, Minee’, praat net. Die Sunbeams wag net op Minee’ se woo’d.
5                Die son was onder, die donker het nader gekruip en ŉ stilte het toegesak, asof
6        daar ŉ gordyn om alles toegetrek was. Toe kom daar skierlik ŉ yslike rooi bal, die kleur
7        van die ystersmid se yster as hy net uit die vuur kom, na hulle toe aangerol en begin
8        eers opstyg toe hy amper op Vatmaar is. Toe hy in die lug begin klim, gee hierdie
9        hemelse bal al die aardse dinge hul eie skaduwee. Daar was lig sonder hitte. Dit was
10       volmaan.
11               Julle het darem nog die stoorkamer, sê iemand weer.
12               Suzan het eenkant gestaan. Sy het nie geroer nie en net haar onderlip vasgebyt
13       want herinneringe wat deur haar gedagtes geflits het, het seergemaak.
14               Maar sy het nie weer gehuil nie. Sy het net op haar onderlip bly byt en die baba
15               by Kenny gevat en die sak vir hom gegee.
16           Kom, sê sy en vat die paaitjie halfway-house toe. Kenny bly eers staan, maar toe
17       loop hy agter sy nuutgevonde liefde en sy kind aan. Hy het agter haar geloop en nie ŉ
18       woord gesê nie. Sy het voor geloop asof sy geweet het waarheen sy gaan. Maar in
19       haar eenvoud het sy net een ding in haar kop gehad – om nooit weer op daardie
20       klipstoele te sit nie.

12.8     Hoe sou die geloofwaardigheid van die uittreksel beïnvloed word as hier ŉ
         eerstepersoonsverteller aan die woord was?                                                  (1)

12.9     Hoe was die klipstoele deel van Suzan se verlede?                                           (1)

12.10 12.10.1           Waarom is dit ironies dat Boitjie Afrika kom hulp aanbied?                   (2)

         12.10.2        Watter positiewe inpak het Boitjie op die jongmense van Vatmaar gehad?       (1)

12.11 12.11.1           Wie was die oorsaak van die brand?                                           (1)

         12.11.2        Hoe het die brand ontstaan?                                                  (1)

12.12 Die vuur het alles verwoes.

         12.12.1        Watter karakter dink nie dat hul als in die brand verloor het nie?           (1)

         12.12.2        Hoekom dink hierdie karakter so?                                             (1)

         12.12.3        Voltooi die volgende sin:

                        Die vuur is dus vir Suzan-hulle ŉ ... ...                                    (1)
                                                                                                    [25]

                                                                           TOTAAL AFDELING B:        25

### Page 20

20                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (SEPTEMBER 2012)

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas behandel
het.

VRAAG 13: OPSTELVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Hoop staan sentraal in die drama.

Evalueer hierdie stelling deur na die volgende karakters te kyk: Maud, Map en antie
Grootmeisie. Hou in jou opstelvraag van 450 woorde die volgende in gedagte:

      Waarop hulle hoop. (5 gemotiveerde feite)
      Wat hulle doen om hierdie hoop lewend te hou. (7 gemotiveerde feite)
      Of hulle daarin slaag, al dan nie, om te bereik waarvoor hulle gehoop het.
      (3 gemotiveerde feite)                                                                    (25)
                                                                                                [25]

                                           OF

VRAAG 14: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.

1     MAP:    Die band nét so, Oompie Paulsen-hulle ... even húlle, net so, dieselde ... Map
2             Jacobs, obviously, sal die band nou ŉ naam gee, so steer ma’ clear van
3             Map Jacobs af, nou ... allerhande ekskusies ... die membership is al vol, die
4             vorms vir die end vannie jaar se competitions ia al ingevul ... (Lag.) even die
5             verskoning: Ons het al klaar ŉ sax, as ons net gewiét het jy kom ýt, ou
6             Map, maar ons het nie gewiet nie ... Very sympathetic, almal!
7             Stilte, dan –
8     MAP:    Ma! Tommy Sobotker vertel vir my van Blanchie ... van daai wit varke wat
9             haar verlei ... vir Blanchie, Ma...wat het moet ons gebeur, Ma, moet my en
10            moet haar? (Bewoë) Ons was same op skool, in Elsiesrivier ... alles het mooi
11            gelyk, ek het gehou van haar, sy’t gehou van my, en toe ... kom al die dinge
12            wat gebeur het ... Wat het moet ons gebéúr, Ma? (Huil amper; dan driftig)
13            Lyster, julle ammal! (Hy spreek die straat aan.) Ek mind nie wat Blanchie
14            gedoen het meanwhile nie, ek mind van niks, even as ‘it waar is sy het ŉ
15            abortion gehad van ŉ wit vark of van enige iemand ... Here Jesus, wie is
16            ekke om te mind, ek is soes niks, soes niets ,,, soes niks ... Niets ... (Die
17            straat raas.)
18            ‘Is net ... Hoekô avoid jy vir my, Blanchie?... Hoekô avoid sy vir my?...(Dan
19            sagter)Here! Ma! Apostel George! Hoekô avoid sy vir my... Ek wil so graag
20            net moet haar práát, net vir haar sê, ek is sorry ... Blanchie ... Ek het shit
21            aangevang ...

### Page 21

(SEPTEMBER 2012)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                            21

 14.1    Watter tema kom baie duidelik na vore in reëls 1 – 6?                       (1)

 14.2    Watter betekenis verleen die woord “even” aan die sin in reël 1?            (1)

 14.3    14.3.1    Na watter orkes verwys Map in hierdie aangehaalde gedeelte?       (1)

         14.3.2    Verduidelik die ironie van hul naam.                              (2)

 14.4    Hoe sou die weglaat van die uitroepteken aan die einde van die eerste sin
         in reël 8 die stemming/atmosfeer beïnvloed?                                 (1)

 14.5    Wat bedoel Map met die woorde “… alles het mooi gelyk” (reël 10)            (1)

 14.6    Hoe het die woorde “Wat het moet ons gebéúr, Ma” (reë12) betrekking
         op:

         14.6.1    die gemeenskap                                                    (1)

         14.6.2    Blanchie                                                          (1)

         14.6.3    Map                                                               (1)

 14.7    14.7.1    Watter handeling van Map maak sy bekering geloofwaardig?          (1)

         14.7.2    Watter naam kan Map op grond van sy bekering nou vir hom
                   toe-eien?                                                         (1)

         14.7.3    Verduidelik waarom juis hierdie naam.                             (1)

         14.7.4    Kies die korrekte antwoord. Skryf die korrekte letter neer.

                   Nie almal was oortuig van Map se bekering nie, nl.

                   A   Cyril
                   B   Tommy
                   C   Richie
                   D   La Guma                                                       (1)

### Page 22

22                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                              (SEPTEMBER 2012)

1      LA GUMA    Ek het ...niks gekan doen nie...Ons was saam... Ek het saam met mister C
2                 ...ge-jog...langes sy bicycle...By die crossing, toe kom die trein...toe stop
3                 ek, ek dink toe mister C gaan oek...ek mien stop...Maar...O my
4                 God...missies C ...ek skreeu vir hom, mister C!!...mister C!!...en toe...en
5                 toe...Die trein...die bicycle..Mister C...ek het niks gekan doen
6                 nie!!...Ek...(Hy sluk. Sy oë staan vol trane. Hy hou die stukkende tas en
7                 ons sien hoe Maud van die kledingstukke daaruit trek en deur haar vingers
8                 laat loop.)
9      MAUD       (bibber die woorde onsamehangend uit): He ... was... a good man
10                ... Cavernelis ... darling...
11     BLANCHIE   Daddy!!
12                Die lig verander. Die musiek begin, saggies. Eers ŉ banjo. Dan kitare. ŉ
13                Basviool. Viole.
14                Dan verskyn Antie Grootmeisie. Sy loop tot by Map, kýk vir hom.
15                Blanchie sak knielend neer op die grond, haar arms om Map.
16                Die lig verander.
17                Hulle kyk vir mekaar – Map en Antie Grootmeisie. Dan wend Map sy oë af
18                en hy hoor – en óns hoor – die saxofoon, soos hy dit gespeel
19                het, voorheen.

14.8   Na watter voorval verwys La Guma?                                                             (1)

14.9   Verduidelik die oorsaak van Cavernelis se optrede.                                            (1)

14.10 Waarom het Cavernelis so naarstiglik gewerk?                                                   (1)

14.11 Dink jy die handeling van Cavernelis in die aangehaalde gedeelte het hom
      werklik bevry? Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

14.12 Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is. Motiveer jou antwoord.

       La Guma behoort skuldig te voel oor wat op die treinspoor gebeur het.                         (2)

14.13 Waarom is die musiek deur die saxofoon hier so doeltreffend?                                   (1)

14.14 Wat sê Antie Grootmeisie aan die einde vir Map?                                                (1)

14.15 Sou sy dit kon sê as die voorval op die treinspoor nie gebeur het nie? Motiveer
      jou antwoord.                                                                                (2)
                                                                                                  [25]

### Page 23

(SEPTEMBER 2012)                        AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         23

VRAAG 15: OPSTELVRAAG

MIS – Reza de Wet

Hoop staan sentraal in die drama.

Evalueer hierdie stelling deur na die volgende karakters te kyk: Miem, Meisie en
Gertie. Hou in jou opstelvraag van 450 woorde die volgende in gedagte:

     Waarop hulle hoop. (5 gemotiveerde feite)
     Wat hulle doen om hierdie hoop lewend te hou. (7 gemotiveerde feite)
     Of hulle daarin slaag, al dan nie, om te bereik waarvoor hulle gehoop het.
     (3 gemotiveerde feite)                                                                                 (25)
                                                                                                            [25]

                                               OF

VRAAG 16: KONTEKSTUELE VRAAG

MIS – R de Wet

Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.
1     KONSTABEL     Nie alles gelyk nie maar stadig, stadig gly die hare oor haar skouers,
2                   stroom by haar rug af ... tot alles los is. Lang hare ... tot byna op die vloer.
3                   GERTIE se dun haartjies is nou los en staan yl en reguit om haar kop.
4                   Sy kyk voor haar uit asof sy in ŉ spieël kyk.
      KONSTABEL
5                   Dan vou sy haar hare oor een skouer en begin borsel. Een honderd
6                   keer.
7     GERTIE        (streel met een hand oor haar hare. Baie sag.) Een ... twee... drie... vier...
8     KONSTABEL     Sy staan op. (Kort stilte) Sy loop na die lang spieël in die hoek. Ek kan
9                   haar van agter sien. En van voor.
10                  GERTIE gaan staan links voor. Asof sy in ŉ spieël kyk.
11    KONSTABEL     (praat stadig. Droomverlore) Eers kyk sy na haarself. Haar vingerpunte
12                  streel oor haar gesig.
13                  GERTIE streel met haar vingerpunte oor haar gesig. Sy glimlag
14                  ekstaties.
15    KONSTABEL     En nou begin sy uittrek. Sy is nie haastig nie. Sy knoop haar bloes
16                  stadig los.
17                  GERTIE begin haar bloes stadig losknoop.
18    KONSTABEL     Van bo na onder. Elke knopie. Een vir een. Sy trek haar bloes oor haar
19                  skouers en laat dit val.
20                  GERTIE laat haar bloes op die vloer val. Onder haar bloes dra sy ŉ
21                  onooglike wit wol-frokkie.
22    KONSTABEL     En daar staan sy in haar onderklere. Onderklere van kant en sy.
23                  GERTIE kyk in ekstase na haarself in die denkbeeldige spieël.

### Page 24

24                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (SEPTEMBER 2012)

24     KONSTABEL    Sy kyk weer na haarself. Sy streel haar palms stadig langs haar sye af.
25                  GERTIE streel haar palms langs haar sye af. Sy sug van plesier.
26     KONSTABEL    Sy word twee mense. Sy begeer. En sy word begeer.
27                  GERTIE kyk byna in ŉ beswyming na haar ‘beeld’ in die spieël. Skielik
28                  gaan ŉ deur oop. Die geluid van die wind hou op. Daar is voetstappe in
29                  die gang. GERTIE lyk verward, asof sy skielik wakker skrik. Sy gryp
30                  haar bloes en haarnaalde van die tafel af en verdwyn vinnig deur die
31                  agterdeur. Die agterdeur klap hard agter haar toe. Na ŉ oomblik
32                  verskyn MIEM in die deur. Oor haar arm is ŉ pienk kombers.
33     MIEM         En wie is so skielik hier uit?
34     KONSTABEL    Dit is juffrou Gertie.
35     MIEM         (snork) Dit is seker weer die vars lug en die oefening. Dit is regtig
36                  onverstandig van haar. Op so ŉ aand. Ek is darem seker Wagter sal ŉ
37                  ogie oor haar hou. Ek het net die kombers gebring. As u so ŉ bietjie wil
38                  skuins lê op die bank. Nou ja, goeienag, Konstabel. En weer eens
39                  dankie.
40     KONSTABEL    Goeienag, Mevrou.
41                  Miem huil skielik en sak op die stoel by die tafel neer.
42     KONSTABEL    Wat makeer, Mevrou?
43     MIEM         Dit is so lank laas... lank laas... dat ŉ man vir my goeienag gesê
44                  het. (Huil) As ek hom net kon sien! Net een keer.

16.1   Watter tema kom baie duidelik voor in die aangehaalde teks?                                 (1)

16.2   Waarom is dit noodsaaklik dat die konstabel van tant Hannie se lang golwende
       hare moet vertel?                                                                           (1)

16.3   Waarin lê die ironie in Konstabel se woorde in reël 26?                                     (2)

16.4   Hoe sou die weglaat van woorde soos “stadig” (reël 17), “streel” (reël 7),
       “ekstaties” (reël 14) die stemming/atmosfeer van die aangehaalde gedeelte
       beïnvloed?                                                                                  (1)

16.5   Dink jy die konstabel is opreg in sy vergelyking tussen tant Hannie en Gertie?
       Motiveer jou antwoord.                                                                      (2)

16.6   16.6.1   Waarna verwys die woorde, “Op so ŉ aand” (reël 36)?                                (1)

       16.6.2   Hoekom sou ons dan kan sê Gertie is nou veiliger buitekant?                        (1)

16.7   16.7.1   Op wie het die woorde in reël 44 betrekking?                                       (1)

       16.7.2   Verduidelik waarom dié persoon daar is.                                            (2)

       16.7.3   Hoe beïnvloed sy daar wees die res van die gesin? Motiveer jou
                antwoord.                                                                          (2)

### Page 25

(SEPTEMBER 2012)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   25

1      Die musiek word nog harder. Sy staan ook stil. Terwyl sy na hom kyk, haal sy haar hande
2      van haar ore af en laat haar arms sak. Sy beweeg haar kop effens op die maat van die
3      musiek ...

4      Die KONSTABEL hou haar ŉ rukkie dop. Hy beweeg nou rats en vinnig, vou sy stok op en
5      pak dit saam met sy gordel en helm in sy sak. Hy knip dit toe en beweeg vinnig na buite.
6      Hy klap die gaasdeur agter hom toe. Vir ŉ oomblik draai hy om en kyk terug deur die
7      gaasdeur. Dan verdwyn hy die nag in.

16.8   Voltooi die volgende sin:

       Nadat die konstabel ŉ hap van die appel geneem het, verander hy in ŉ
       flambojante ...                                                                             (1)

16.9   Waarom is dit noodsaaklik dat die konstabel van uitrusting moet verander?                   (1)

16.10 Watter handeling van Meisie in die aangehaalde gedeelte laat die leser besef
      sy het haar keuse om saam met die konstabel te gaan gemaak?                                  (1)

16.11 Is die volgende stelling WAAR of ONWAAR? Motiveer jou antwoord.

       Meisie was aanvanklik nog onseker of sy wel saam met die konstabel moet
       gaan.                                                                                       (2)

16.12 Wat was die oorsaak hoekom sy graag saam met die konstabel wou gaan?                         (1)

16.13 Watter handeling van die konstabel staan in kontras met sy handelinge vroeër
      die aand?                                                                                    (1)

16.14 Kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die korrekte letter neer.

       Die konstabel klap die gaasdeur toe, omdat ...

       A     hy Miem en Gertie wil saamneem.
       B     hy vermakerig wil wys dat hy dit weer reggekry het om ŉ meisie te laat
             verdwyn.
       C     hy vermakerig vir Miem wil wys dat Wagter nie ŉ goeie waghond is nie.
       D     die deur per ongeluk uit sy hand geglip het.                                          (1)

16.15 Watter afleiding kan gemaak word dat die konstabel na meisie by die deur
      uitgaan?                                                                                     (1)

16.16 Hoe sluit die slot van die drama by die titel aan?                                           (2)
                                                                                                  [25]

                                                                    TOTAAL AFDELING C:             25

                                                                           GROOTTOTAAL:            80

## Related documents

- [AFRHL GR12 P2 MEMO SEP 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-gr12-p2-memo-sep-2012/33b674e4-463b-4fea-a5ce-f0e3f56bb6d4) — Afrikaans HL · Memo · 2012
- [Gr12 AFRHL P3 S12 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p3-s12-qp-afr/81a1aee0-7f77-4c70-831b-03180bdf9512) — Afrikaans HL · QP · 2012 · Afr
- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2018 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92) — Afrikaans HL · QP · 2018
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2014/fc716bc4-0c0f-4799-825e-a9679294d333) — Afrikaans HL · QP · 2014

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
