# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2018, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2018/52c2bb11-6fef-43a6-bb27-f19355fbcd7d
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2018/52c2bb11-6fef-43a6-bb27-f19355fbcd7d)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2018. Question paper, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2018

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                            AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/NOVEMBER 2018)

      INSTRUKSIES EN INLIGTING

      1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

           AFDELING A: Leesbegrip                  (30)
           AFDELING B: Opsomming                   (10)
           AFDELING C: Taal                        (30)

      2.   Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

      3.   Beantwoord AL die vrae.

      4.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

      5.   Trek ŉ streep na elke afdeling.

      6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

      7.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

      8.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

      9.   Voorgestelde tydsindeling:

           AFDELING A:     50 minute
           AFDELING B:     30 minute
           AFDELING C:     40 minute

      10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2018)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  3

     AFDELING A: LEESBEGRIP

     VRAAG 1

     Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

     TEKS A: ARTIKEL

                         DIE WILDE WESTE VAN SOSIALE MEDIA
         Die anonimiteit van die internet kan van die makste mens ŉ monster maak.
     1   Wie is jy wanneer niemand kyk nie? Wanneer jy die oggend alleen opstaan,
         hare deurmekaar, oë dik en net jy jou eie gedagtes kan hoor. Sal jy bereid wees
         om daar en dan ŉ foto te neem en dit op Facebook te laai? Min mense sal,
         want oor die internet is almal iemand anders – gereeld op vakansie, eet net die
         beste kos, en almal beoefen #positiewedenke. En die teenoorgestelde geld
         ook. Die teruggetrokke meisie plaas ŉ foto van haarself halfkaal op Instagram;
         die beskermende pa deel seksistiese grappies; en die hordes sweep mekaar
         op en lewer rassistiese kommentaar op nuusstories.
     2   Die masker van anonimiteit het die mens nog altyd laat kop verloor – of dalk
         eerder net die sosiale en etiese reëls laat wegval om die “ware” mens na vore
         te bring. Tydens die Venesiese karnaval wat in 1162 begin het, het dié met
         maskers gedink hulle kan met enigiets wegkom: dobbelary, prostitusie,
         aanrandings en diefstal was algemeen. Eindelik is die tradisionele Venesiese
         maskers wat ons vandag ken jare lank verbied.
     3   Só sien ons ook hoe mense dapperder is met die masker van anonimiteit oor
         die internet. Hulle is meer onbeskof, gebruik dit as ŉ uitlaatklep vir hul eie
         frustrasies en kla makliker, want daar is geen nagevolge soos daar in die
         alledaagse lewe is nie. As jy ongeskik is met iemand in die regte lewe sal jy
         skeef aangekyk word, die ander persoon sal jou dalk ook slegsê, of jy sien hul
         reaksie as jy hulle seermaak – daar is ŉ onmiddellike uitwerking. In sosiale
         media stuur jy iets die wêreld in en jy sien nie die reaksie nie, jy kan dit ignoreer
         of, nog erger, ander volg jou slegte voorbeeld en dit staaf jou optrede. Sommige
         mense is juis negatief omdat dit meer aandag kry, al is dit slegte aandag.
         Boonop is almal “gelyk” oor die internet – pres. Trump van Amerika en Pietie
         van Pofadder het dieselfde mondstuk.
     4   Daar is twee sielkundige verskynsels hier ter sprake: Diffusie van
         verantwoordelikheid waar mense in groepverband dink dis die groep wat iets
         lelik sê of doen en nie die “ek” nie; en onkritiese voldoening aan groepsnorme
         waar jy glo dat ŉ groot groep mense seker reg is, eerder as om jou eie kritiese
         denke te vorm. Dus die mens glo nog altyd daar is veiligheid in anonimiteit en
         skares.
     5   Om “in te pas” is meer as net ŉ tienerdroom. Dis instink, want vir die mens om
         te oorleef en te floreer was dit nog altyd noodsaaklik om in groepe saam te kan
         werk. Een van die mens se grootste vrese is om verwerp te word. Ons maak
         dus seker dat ons net die beste weergawe van onsself vir ander mense wys –
         die kant wat hulle glo aanvaar sal word en nie geoordeel sal word nie.

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (EC/NOVEMBER 2018)

      6    Die internet bied so vir talle ŉ uitlaatklep, ŉ plek waar jy óf jou ware self óf
           iemand heel anders kan wees. ŉ Groot gevaar van sosiale media is dat dit
           aanvaarding vir daardie persona kan bied. Hoe meer likes jy kry, hoe ŉ groter
           “sukses” is die aanlyn jy. Elke like is ŉ beloning en in jou brein volg dieselfde
           chemiese reaksie as wanneer jy fisiek beloon word. Mense raak verslaaf
           daaraan. Dit word sosialiseringsteorie in die sielkunde genoem. Dit beteken dat
           ons onsself nie sien soos ons is nie, maar eerder soos ons dink ander mense
           ons sien. Ons selfbeeld is dus ŉ spieëlbeeld van die reaksies, terugvoering en
           oordeel van die mense om ons. Vir ŉ tiener kan dit gevaarlik wees. Jongmense
           gebruik dit as’t ware as ŉ rolmodel en bou hul persoonlikheid om dit wat ander
           mense like – iets wat narsisme (sieklike liefde vir die self) tot gevolg kan hê.

      7    Dié vergelykings met ander mense kan depressie veroorsaak. Elkeen het ŉ
           unieke sosiale “horlosie”, ŉ tydlyn van verwagtinge. Teen dié ouderdom moet
           ek só lyk, hierdie bedrag verdien of daardie soort lewe lei. Dan sien jy ander se
           foto’s en inskrywings en jy glo jy is agter. Navorsing wys ŉ sterk verband tussen
           ongelukkigheid en die getal ure wat jy op sosiale media deurbring.

      8    Sosiale media bied ook baie voordele, as jy dit reg gebruik. Balans is,
           oudergewoonte, die wagwoord. Ouer mense, wat nie met dié tegnologie
           grootgeword het nie, kry dit moontlik beter reg. Hulle tref byvoorbeeld duideliker
           onderskeid tussen hul private en openbare lewens en is ook meer kieskeurig
           oor wat hulle deel. Vir jongmense is die lyne nie duidelik nie. Die sosiale reëls
           van sosiale media moet nog vasgelê word. Sosiale media is só ŉ groot deel
           van ons lewens dat ons vergeet hoe nuut dit eintlik is. Mense het beter maniere
           as tien jaar gelede toe sosiale media net begin het. Dis ŉ leerskool en die
           gemiddelde mens moet nog gradueer.

      9    Die nagevolge vir swak optrede word al hoe groter. As jy aansoek doen om ŉ
           werk, of enige iemand ontmoet, kan hulle jou gou daar opsoek en oordeel. Die
           goue reël bly steeds: behandel ander soos jy behandel wil word. “Plaas jouself
           altyd in die ander ou se skoen voordat jy uitlatings op Facebook maak, want
           die kans is goed dat hulle dit gaan sien of daarvan hoor. Net soos om die
           etenstafel is daar sekere onderwerpe wat jy liefs moet vermy – ras, geloof,
           politiek. Almal het ŉ sterk mening daaroor en jou uitlatings op sosiale media
           versprei baie vinniger en op ŉ groter skaal as by ŉ ete.

      10   Hou dus ŉ wag voor jou mond en wees altyd hoflik – ook voor jy tik!

                                                      [Aangepas uit Die Taalgenoot, Somer 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2018)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                5

     TEKS B: VISUELE TEKS

     1      Sosiale media is ŉ wonderlike platform
     2      om gebeure met familie en vriende te deel
     3      en selfs om lang verlore bekendes te herenig,
     4      MAAR dit hou ook daadwerklike gevare in
     5      en kan verkeerd aangewend word tot nadeel van ander …
                                                  [Aangepas uit www.it-hummingbird.co.uk]

     VRAE: TEKS A

     1.1 Wat impliseer die skrywer met die subopskrif?                                       (1)

     1.2 Verduidelik hoe paragraaf 1 die titel en subopskrif ondersteun.                     (2)

     1.3 Waarom sou mense se optrede volgens paragraaf 2 só verskil van hul ware
         persona?                                                                            (2)

     1.4 Herlees paragraaf 3.
         Wat is die gevare van hierdie anonimiteit?                                          (3)

     1.5 Noem die TWEE verskynsels wat sielkundiges identifiseer het as die
         oorsake van hierdie gedrag EN verduidelik wat elkeen behels.                        (4)

     1.6 Dis nie net tieners wat ŉ behoefte het om ‘in te pas’ nie. Gee ŉ bewys vir
         hierdie stelling uit paragraaf 5. Op watter wyse gaan die mens te werk om
         dit te laat realiseer?                                                              (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (EC/NOVEMBER 2018)

      1.7    Is daar motivering in die teks vir die onderstreepte sin in paragraaf 2?
             Motiveer jou antwoord met behulp van paragraaf 6.                                  (1)

      1.8    Noem uit paragraaf 6 DRIE gevare van sosiale media wat ŉ verwronge
             selfbeeld tot gevolg kan hê.                                                       (3)

      1.9    Wat behels die sosialiseringsteorie volgens sielkundiges en waarvan is dit
             ŉ spieëlbeeld?                                                                     (2)

      1.10   Die getal ure wat ŉ mens op sosiale media deurbring bepaal jou
             ongelukkigheid. Waarom kan dit as ŉ feit beskou word?                              (1)

      1.11   Waarom kan aanvaar word dat ouer mense, wat sosiale media betref, ŉ
             beter balans kan handhaaf?                                                         (2)

      1.12   Tieners word deur die gevare van sosiale media afgeskrik. Stem jy saam
             met hierdie stelling? Motiveer.                                                    (1)

      1.13   Dink jy die slotsin is funksioneel? Motiveer jou antwoord.                         (1)

      VRAE: TEKS B

      1.14   Motiveer waarom Teks A by Teks B aansluit.                                         (1)

      1.15   Wat is die verband tussen Teks A: die eerste sin van paragraaf 6 en
             Teks B: reël 1?                                                                    (2)

      1.16   Wat is die impak van die gebruik van die lettertipe en -grootte van die eerste
             woord in reël 4 van Teks B?                                                        (1)

      1.17   Watter diskriminasie kan hier plaasvind op grond van insluiting en
             uitsluiting van hierdie inligting?                                                 (1)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:             30

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2018)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    7

  AFDELING B: OPSOMMING

  VRAAG 2

      Lees die onderstaande teks en maak ŉ opsomming van SEWE wenke hoe om
       positief te bly en dus langer te kan leef te midde van jou gejaagde lewe.
      Jou opsomming moet in jou eie woorde in ŉ duidelike, sinvolle paragraaf
       aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
      Moenie jou opsomming ŉ titel gee nie.
      Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.

  TEKS C

                                    BLY SÓ POSITIEF

  Die kenners sê ons kry wat ons verwag. As jy rampe en ellende verwag, is dit wat jy
  gaan kry.

  Kry ŉ ondersteuningsnetwerk deur positiewe vriende en familie wat die silwer randjie
  in die lewe soek en maklik lag wat jou kan help om by jou doelwit uit te kom. Hulle sal
  jou motiveer as jy wankel, maar ook jou suksesse saam met jou vier.

  Die meeste van ons bestee eindelose energie aan die kwellinge oor goed waaroor
  ons geen beheer het nie. Ons laat toe dat dit ons motivering steel en ons verlam.
  Wees dus bewus waaroor jy beheer het en vergeet die res. Onthou hoewel jy nie altyd
  beheer het oor wat met jou gebeur nie, het jy volle beheer oor hoe jy daarop reageer.

  Vier jou mylpale. Soms raak ŉ mens moedeloos wanneer jy momentum verloor. Die
  beste is om dan na jou beginpunt te kyk en trots te wees op hoe ver jy reeds gevorder
  het.

  Breinspoel jouself tot jy positief vóél. As jy positiewe boeke lees en flieks kyk wat die
  gees versterk, sal jy ook makliker positief kan dink. Bly weg van droewige stories en
  tranetrekkers as jou wolkies donker lyk en kry jouself so ver om te glimlag.

  As vriende jou aftrek, of jou kop vol negatiewe dinge oor die ekonomie, politiek,
  verhoudings en jou beste span prop, verander die geselskap of moenie saampraat
  nie. Bly dus weg van negatiewe mense. As jy een het wat jou gedurig bel om oor die
  lewe te murmureer, sny die gesprek kort.

  Navorsingsresultate toon ook dat mense meer positief is wanneer hulle op probleme
  bedag is. Beplanning help baie hiermee. Visualiseer ŉ positiewe uitkoms sodat jy kan
  sien waar dinge kan skeefloop en beplan dan daarvoor.

  Leer eerder uit jou foute as om dit te herhaal. Ná ŉ mislukking is dit een van die
  belangrikste dinge om perspektief te kry en die situasie soos ŉ buitestander te
  beoordeel. Dink daaroor na en skryf die oorsake van jou krisis neer, of gesels met
  ander wat hul wysheid en insig met jou sal deel.
                                                        [Aangepas uit rooi rose, Januarie 2018]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:                  10

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (EC/NOVEMBER 2018)

   AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

   VRAAG 3: ADVERTENSIES

   Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

   TEKS D

       5   AVBOB is al vir byna ŉ honderd jaar lank deel
       6   van die Afrikaanse kultuurlandskap. Ons praat jou
       7   taal, die taal waarin jy dink en werk en liefhet, die
       8   taal waarin ons almal uiteindelik tuiskom.

       9 Die AVBOB-familie is jou familie, altyd daar in jou
       10 tyd van nood wanneer jy bystand nodig het met
       11 moeilike besluite en praktiese begrafnisreëlings,
       12 sodat jy tyd kan hê om van ŉ geliefde afskeid
       13 te neem.

       14 AVBOB bied sy lede die volle spektrum van
       15 begrafnisdienste. Al die bystand persoonlike
       16 aandag en sorg wat jy nodig mag hê.
       17 Een nommer vir ál jou behoeftes

       18 Vir 24-uur begrafnisdiensbystand, skakel 0861 28 26 21

       19 *Bepalings en voorwaardes geld. *Begrafnisvoordele is slegs van
       20 toepassing indien AVBOB Begrafnisdiens die begrafnis onderneem.

                                                            [Aangepas uit Die Taalgenoot, Somer 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2018)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                               9

   VRAE: TEKS D

   3.1    Wie is die teikenmark van hierdie advertensie?                                    (1)

   3.2    Gee ŉ sinoniem vir ŉ honderd jaar.                                                (1)

   3.3    Hoekom pas die visuele voorstelling by die opskrif van die advertensie?           (1)

   3.4    Watter wanindruk word deur die visuele voorstelling geskep?                       (1)

   3.5    Gebruik die nodige aksentteken(s) om die onderstreepte woord in reël 6
          te beklemtoon.                                                                    (1)

   3.6    Gebruik die homofoon van nood (reël 10) in ŉ verklarende sin.                     (1)

   3.7    Voeg die nodige leesteken(s) wat uitgelaat is, in die sin in reël 14–16.          (1)

   3.8    Verklaar die gebruik van die koppelteken in reël 18.                              (1)

   3.9    Vorm ŉ persoonsnaam van die woord “oorlede”.                                      (1)

   3.10   Verskaf die funksie van die asterisk in reël 19.                                 (1)
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                          AFRIKAANS HUISTAAL V1                                       (EC/NOVEMBER 2018)

     VRAAG 4: STROKIESPRENT

     Lees en kyk na die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     TEKS E

         Duisend duiwels! Wat vertel jy ons           Dit sal nie sommerso verbygaan nie,      Driehonderdduisend dooie duiwels! ...
                      nou?!                            driehonderdduisend duiwels! Ons           Om so ver te kom en jou dan deur
                                                      paspoorte is in orde ... Julle het nie   hierdie kameelpote te laat terugstuur!
              Hier is u paspoorte. U sal na die                    die reg om ...                   Dis om van rasend te word!
               vliegtuig teruggeneem word.

                                              1                                            2                                            3

       Een uur later ...                 Derduisende duiwels! Nou moet ons weer ŉ ewigheid in hierie
                                         vlieënde doodskis deurbring! En ons het sulke vrolike
       Daar trek hulle! Oor ŉ uur        medereisigers! Ons word soos dobbelsteentjies rondgeskommel
       sal hulle oor die Djebel          ... Ek wonder watter teenspoed nog op ons koppe gaan
       Kadeïh vlieg ... En dan ...       neerdaal!

                                     4                                                            5                                     6

                                                                            [Aangepas uit Die avonture van Kuifie, Herge, 2007]

     VRAE: TEKS E

     4.1        Benoem die woordsoort van die onderstreepte woord in Raampie 1.                                                     (1)

     4.2        Verander die laaste sin van Raampie 1 na die teenwoordige tyd.                                                      (1)

     4.3        Wat is die funksie van die eerste ellips in Raampie 2?                                                              (1)

     4.4        Op watter wyse gebruik die man, Kaptein Sardijn, taal om sy mag/misnoeë te
                demonstreer?                                                                                                        (1)

     4.5        In Raampie 3 vind ons vooroordeel op grond van kulturele verskille. Skryf die
                woorde(e) neer wat dit aandui.                                                                                      (1)

     4.6        Skryf die tweede sin in Raampie 4 in die lydende vorm.                                                              (1)

     4.7        Benoem die taalverskynsel in die onderstreepte woord in Raampie 5.                                                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2018)                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                            11

     4.8    Bestudeer Raampie 5.

            4.8.1      Watter retoriese middel word in Raampie 5 met groot effek
                       ingespan (sodat ons duidelik die emosie in die man se woorde
                       kan bepaal)?                                                       (1)

            4.8.2      Verduidelik die konnotatiewe betekenis van die (onderstreepte)
                       laaste sin.                                                        (1)

     4.9    Is die woord “medereisigers” in Raampie 5 ŉ samestelling, afleiding of
            samestellende afleiding?                                                     (1)
                                                                                        [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (EC/NOVEMBER 2018)

   VRAAG 5: ARTIKEL

   Lees die teks hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
   TEKS F

                            KOOS SE LAASTE DINK BY HOMSELF
   1     Nataniël dek ŉ tafel soos ŉ tafel gedek moet word.
   2.    Om só met tafeldek te maak sê iets. Dit sê jy weet dat daar meer in die lewe is
         as die (5.2) sogenaamde noodsaaklike en dringende. (5.3) Wanneer jy met
         toewyding jou tyd en aandag en liefde gee aan wat deur ander as moeite beskou
         word, praat jy met hulle wat so rondskarrel dat daar (5.4) selde tyd is vir tafeldek
         met die hart.
   3     (5.5) ŉ Tafeldek soos Nataniël s’n herrangskik die prioriteitslys van die hart. Dié
         tafeldekker weet dat die lewe kort is. Dit sê jy weet dat tyd altyd ŉ besitting is met
         meer waarde as enige ander besitting.
   4     Dek ŉ tafel met liefde en jy sal weet jy kan dit nie haastig doen nie. Tafeldek
         (5.6) konfronteer jou met hoe jy leef en wat vir jou belangrik is. Dis die belangrikste
         ontmoeting van die dag – eer dit met tyd en aandag – om ŉ gedekte tafel. Hier
         word elkeen gehoor en gesien en gevoed met meer as die gereg op jou bord.
   5     Die kunswerk van ŉ gedekte tafel word juis geskep om vernietig te word. Die
         tafeldekker sien met vreugde toe hoe sy skepping (5.7) ... flarde gekuier word
         en word beloon met (5.8) herhinneringe: die lieflike lawaai en (5.9) wanorde van
         die (5.10) bederfde tafel, die gekuierde tafel.
                                                          [Aangepas uit: SARIE.com, Oktober 2016]

   VRAE: TEKS F
   5.1     Benoem die taalverskynsel wat voorkom in die opskrif.                                      (1)
   5.2     Verskaf die afkorting van die onderstreepte woord in paragraaf 2.                          (1)
   5.3     Identifiseer die eerste woord in die onderstreepte sin wat ŉ diftong bevat. Skryf
           die woord neer en onderstreep slegs die diftong.                                           (1)
   5.4     Skryf die antoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 2 neer.                        (1)
   5.5     Herskryf die eerste sin in paragraaf 3 in die ontkennende wyse.                            (1)
   5.6     Verander die onderstreepte woord na ŉ abstrakte selfstandige naamwoord.                    (1)
   5.7     Skryf slegs die voorsetsel wat in paragraaf 5 ontbreek, neer.                              (1)
   5.8     Verbeter die spelfout.                                                                     (1)
   5.9     Wat is die betekenis van die voorvoegsel/premorfeem/prefiks?                               (1)
   5.10    Vervang die woord met ŉ sterk verlede deelwoord en gebruik die woord in ŉ
           verklarende sin sodat die betekenis duidelik lyk.                                          (1)
                                                                                                     [10]
                                                                      TOTAAL AFDELING C:                 30
                                                                          GROOTTOTAAL:                   70

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2018-d/9d59fec5-8ed0-4e2e-95d1-d46e09d1525f) — Afrikaans HL · QP · 2018
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018-d/4421cb1b-234e-4ec1-9fb3-dd18cd614ec3) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr11-nov2018/ed790c5d-1cfd-4305-a799-6e65f0636659) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018/00d22fc1-516f-4571-b23f-714743c44124) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR11 NOV2018 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr11-nov2018-d/713f8d6d-e05a-4bfd-b484-c520c599bc44) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020-d/15252c13-8d55-4528-bbea-e92f79f29109) — Afrikaans HL · QP · 2020

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
