# Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape November 2020, 15 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020/9893d566-d2c0-4f39-af4f-d55ef85bb978
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P1 Eastern Cape November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020/9893d566-d2c0-4f39-af4f-d55ef85bb978)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2020

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1
                      EKSEMPLAAR

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                            AFRIKAANS HUISTAAL V1                     (EC/NOVEMBER 2020)

      INSTRUKSIES EN INLIGTING

      1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

           AFDELING A: Leesbegrip                                 (30)
           AFDELING B: Opsomming                                  (10)
           AFDELING C: Taalstrukture en -konvensies               (30)

      2.   Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

      3.   Beantwoord AL die vrae.

      4.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

      5.   Trek ŉ streep na afdeling.

      6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

      7.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

      8.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

      9.   Voorgestelde tydsindeling:

           AFDELING A:     50 minute
           AFDELING B:     30 minute
           AFDELING C:     40 minute

      10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2020)                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 3

     AFDELING A: LEESBEGRIP

     VRAAG 1

     Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

     TEKS A: ARTIKEL

                                   #Stook die vlamme
     1   Suid-Afrikaners huiwer deesdae nie om te sê iets “moet val” nie. Of dit nou
         #FuelPricesMustFall of #FeesMustFall is, die studenteprotes van 2015 het ŉ
         vlaag protesaksies landwyd – en tot in die omgangstaal – tot gevolg gehad.
     2   Die studentebetogings onder #FeesMustFall was rewolusionêr in Suid-Afrika
         oor die manier waarop dit versprei het. Studente en die middelklas is                   5
         gewoonlik reg in die middel van ŉ rewolusie, maar die studente-onluste was
         net tot universiteitskampusse beperk en het nie stede of dorpe tot ŉ val
         gebring nie, volgens Wessel Visser, medeprofessor in geskiedenis aan die
         Universiteit Stellenbosch.
     3   Dit is ŉ kragtige voorbeeld wat wys hoe hutsmerke mense kan inspireer om                10
         hulle by bewegings aan te sluit, vertel Gus Silber, sosialemediakenner. ŉ
         Hutsmerk het iets baie anders geword as wat aanvanklik bedoel is. Deesdae
         staan dit vir aktivisme en aksie.
     4   Vroeër is pamflette en manifeste gebruik, nou is daar sosiale media en die
         volle vaart van ŉ suksesvolle hutsmerk. Sosiale media het in dié opsig die              15
         plek van drukmedia, radio en televisie ingeneem. Daar is ŉ reuse-aantal
         stemme, maar of jy gehoor gaan word, hang van verskeie goed af, soos blote
         toeval en tydsberekening.
     5   Sosiale media is ŉ groot deel van demokrasie, veral in Afrika, waar gebruikers
         so op hul fone staatmaak. Mense op dié kontinent het toegang tot selfone en             20
         daarom is soveel mense bemagtig om ŉ sê te hê.

     6   Toe #FeesMustFall die eerste keer gebruik is, het dit soos ŉ veldbrand
         versprei. “Eerstens omdat dit ŉ oproep tot aksie is en tweedens is daar ŉ
         diepliggende beweegrede agter dié wekroep”, volgens Silber. Daar is ŉ groot
         gemeenskap wat hierin geglo het en daarom het dit vinnig ŉ beweging geword.             25
         Ook omdat dit deur ŉ baie sterk medium – slimfone – versprei het. Selfone in
         Suid-Afrika is so “groot” dat as jy ŉ veldtog begin het en dit via slimfone versprei
         word, dit baie vinnig in iets groters ontwikkel. Tog slaag nie elke veldtog nie,
         want vir iets om te werk moet daar ŉ baie goeie bestaansrede vir die beweging
         wees.                                                                                   30

     7   Die #FeesMustFall-protes het in 2016 vrugte afgewerp. Die regering het
         uiteindelik gehoor gegee. Universiteitstariewe hét geval. Wat in die sosiale
         media begin het, het protesaksie geword en in ŉ nasionale en internasionale
         beweging ontaard. Dit het ook tot ŉ klomp ander #MustFall- bewegings gelei.
         Iemand het op radio die #DataMustFall begin en omdat dit mense regtig raak,             35
         het hulle gehoor gegee en daarmee gehardloop. So het sosialemediadruk die
         prys van data laat afneem.

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

      8    As baie mense hulle met ŉ probleem vereenselwig en hard en duidelik daaroor
           lawaai maak in die sosiale media, sal dit ŉ impak hê, want geen maatskappy
           soek ŉ klomp omgesukkelde kliënte nie. Deur #MustFall te gebruik, ry jy op               40
           die rug van ŉ beproefde manier van kla. Of dit polities, sosiaal of ekonomies
           van aard is, dit het baie kragtig geraak. Dit is nie eie aan Suid-Afrika nie en
           strek veel verder as die dae van sosiale media – die
           Berlynmuur het geval met ŉ baie gewilde slagspreuk – “The Wall Must Fall”
           – in die 1980’s.                                                                         45

      9    As jy verandering teweeg wil bring, gaan jy waarskynlik ŉ sosialemediaplan en
           sterk slagspreuk benodig. Soms werk dit en soms nie. Aanvanklik sou jy ŉ
           rewolusie met twee mense en ŉ faksmasjien kon begin. Deesdae kort jy net
           data!

      10   Sosialemediaveldtogte is dikwels leierloos – mense is moeg vir partypolitiek -           50
           alhoewel sommige mense op die voorgrond was. Die einddoel is die ware
           leier. Daar is verskillende leiers in verskillende fases van rewolusie. Eers het
           jy die gematigdes, dan die radikales, die ultra-radikales en dan weer die
           uitwerk van die rewolusie met ŉ nuwe gematigde groep.

      11   #FeesMustFall het geen ideologiese samehorigheid gehad nie. Hulle redes                  55
           het verskil. Eers het mense nie geld gehad om te studeer nie en later het dit
           ontrafel in brandstigting, boewery en kriminaliteit. Jy het baie anargie in
           rewolusie. Om mense via sosiale media bewus te maak van ongeregtighede
           in die samelewing beteken nog nie hulle gaan oor tot rewolusie nie. Die
           oomblik dat hulle oorgaan tot fisieke geweld en verset word sosiale media                60
           ŉ element van rewolusie. Sosiale media is ŉ 21ste-eeuse verskynsel.

      12   Daar is rewolusionêre potensiaal in Suid-Afrika, maar dis nog nie by die punt
           waar ons kan sê ons is aan die vooraand van ŉ rewolusie nie. Dis eers
           wanneer die owerheid die vermoë verloor om dié goed te onderdruk en dit so
           vinnig versprei dat jy nie oral genoeg veiligheidsmagte kan instuur om dit             65
           te onderdruk nie, dat jy nader aan ŉ werklike rewolusie beweeg.

                                                          [Aangepas uit Taalgenoot, Lente 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2020)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  5

     TEKS B: VISUELE TEKS

       RAAMPIE 1
       Deesdae is ŉ slimfoon en opruiende hutsmerk
       amper al wat nodig is om mense aan die beweeg
       (en protesteer) te kry.

                                                                 RAAMPIE 2
                                                                Die land brand! Laat
                                                                val iets, enige iets!

                                                                       #Allesval

                                                       [Aangepas uit Taalgenoot, Lente 2018]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                       (EC/NOVEMBER 2020)

      VRAE: TEKS A

      1.1    By watter woord in paragraaf 1 sluit die opskrif aan?                            (1)

      1.2    Wie word geïnspireer om radikale en totale verandering in die samelewing
             teweeg te bring EN waarmee word hierdie verandering moontlik gemaak?     (2)

      1.3    Hoe verskil die studente-onluste van die tipiese vroeëre rewolusies?             (1)

      1.4    Wat is deesdae die doel van hutsmerke?                                           (1)

      1.5    Sosiale media het drie mediums vervang. Noem hierdie drie mediums EN
             gee EEN rede vir bogenoemde vervanging.                              (4)

      1.6    1.6.1 Waarom is sosiale media so ŉ suksesvolle medium?                           (1)

             1.6.2 Waarom kan sukses deur sosiale media nie gewaarborg word nie?
                   Gee TWEE redes hiervoor.                                                   (2)

      1.7    Herlees paragraaf 5.
             Wat is die verband tussen demokrasie en selfone in Afrika?                       (2)

      1.8    Herlees paragraaf 5 en die onderstreepte gedeelte in paragraaf 6.
             Noem EEN vereiste wat tot die sukses van ŉ veldtog sal lei.                      (1)

      1.9    Die #FeesMustFall-protes kan as ŉ sukses beskou word. Waarom kan
             hierdie stelling as ŉ feit beskou word?                          (1)

      1.10   Dink jy #MustFall en die gebruik van sosiale media is uniek aan Suid-
             Afrika? Motiveer jou antwoord.                                                   (1)

      1.11   Watter DRIE vereistes word benodig om ŉ rewolusie te begin?                      (3)

      1.12   Waarom kan daar gesê word dat sosialemediaveldtogte dikwels leierloos is? (1)

      1.13   Herlees paragraaf 11 en paragraaf 12.
             Wat is nodig vir die sosiale media om rewolusionêr te word?                      (1)

      1.14   Suid-Afrika beskik oor die moontlikheid dat rewolusies wel kan plaasvind.
             Noem TWEE aanduidings wanneer daar wel ŉ rewolusie op hande kan
             wees.                                                                            (2)

      1.15   Dink jy sosiale media mag gebruik word om bewegings te aktiveer?
             Motiveer jou antwoord.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2020)                     AFRIKAANS HUISTAAL V1                         7

     VRAE: TEKS B

     1.16   Verskaf DRIE visuele bewyse waarom die teks gepas is om die tema van
            rewolusie uit te beeld.                                                    (3)

     VRAE: TEKS A en TEKS B

     1.17   Paragraaf 6 van TEKS A hou verband met RAAMPIE 1.

            Bewys die korrektheid van hierdie stelling.                                (1)

     1.18   Met watter woord in paragraaf 11 van TEKS A hou RAAMPIE 2 verband?         (1)

                                                           TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                            AFRIKAANS HUISTAAL V1                          (EC/NOVEMBER 2020)

  AFDELING B: OPSOMMING

  VRAAG 2

  Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE dinge wat volwassenes
  by jong kinders se manier van doen kan leer om ŉ sinvolle bestaan te hê.

  LET WEL:
  1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike, volsinne) in
      paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
      beslaan nie.
  2. Jy moet EEN samehangende paragraaf skryf.
  3. Dit is nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
  4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

  TEKS C

                            WAT KINDERS ONS KAN LEER

  Hulle is lewenslustig, dapper, meer selfversekerd en geniet die lewe nes kinders dit
  kan doen

  ŉ Kind loop nie as hy kan hardloop nie – hy leef voluit. Gryp dus elke geleentheid
  entoesiasties met albei hande aan! Moenie take halfhartig aanpak nie.

  Aanvaar alle mense. Kinders gee nie om oor ŉ persoon se ras, geslag of status nie.
  Kinders sien ŉ potensiële vriend, en al wat hulle van ŉ ander verwag, is goedheid.
  Volwassenes skep stereotipes. Uiteindelik is ons almal dieselfde.

  ŉ Kind fokus op dit waarvoor hy die liefste is en doen dit met oorgawe. Hulle speel
  met oorgawe, bring soveel tyd as moontlik deur saam met die mense vir wie hulle
  omgee. As jy dus nie absoluut passievol is oor iets nie, moenie jou tyd daarmee mors
  nie.

  Kinders gaan deur die lewe met ŉ vreesloosheid wat ander soms benoud maak. Hulle
  weet nie van beter nie en leef die lewe voluit sonder vrees en voorbehoud. In ŉ kind
  se oë het hy niks om te verloor nie, behalwe die geleentheid om iets nuuts te leer.
  Ons moet leer om meer vreesloos te wees. Skuif jou vrese opsy en pak die bul by die
  horings. Om te lag, is goed vir jou. Dit verlig fisieke spanning en verminder
  streshormone in die liggaam. Kinders sien die humor in alles raak. Hulle vind vreugde
  in die kleinste dingetjies en lag tog so maklik. As jy dink dat jy niks het om oor te lag
  nie, probeer deur kinders se oë na die wêreld kyk – jy sal verbaas wees wat jy sien.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2020)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 9

  Elke dag is ŉ nuwe begin. Kinders begin elke dag van voor af. Hulle klou nie nog aan
  gister se gebeure vas nie en probeer om nie te veel aan môre te dink nie. Vergeet van
  wat gister gebeur het en moenie te veel aan môre dink nie.

  Kinders dra hul hart op hul mou. Hulle is eerlik oor hul gevoelens. Volwassenes
  sukkel dikwels met hierdie konsep. Streef daarna om soos ŉ kind eerliker te wees oor
  hoe jy waarlik voel anders raak dit ŉ las om jou gevoelens binne te hou.

                                                [Aangepas uit Vrouekeur, 15 Desember 2018]

                                                               TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                           AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/NOVEMBER 2020)

    AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

    VRAAG 3: ADVERTENSIES

    Bestudeer die advertensie (TEKS D) hieronder en beantwoord die vrae wat
    volg.

    TEKS D

                 1       “Ek kom terug. Ek kom beslis terug!”

                 2          Met jou hulp kan ek vir ewig herwin word.
                 3      As jy my herwin of hergebruik, het ek die vermoë
                 4     om voortdurend energie, water en stortingsterreine
                 5               te bespaar, werk te skep en die
                 6                   omgewing help bewaar.

                 7      Verander jou denke ... die volgende keer dat jy
                 8       my wil weggooi, kry ŉ glasherwinningsbank
                 9        naby jou deur www.tgrc.co.za te besoek.

                 10             Kies om die regte ding te doen

                 11              Dit sal hemel op aarde wees

                               [Aangepas uit// www.facebook.com/TheGlassRecyclingCo 2019]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2020)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                            11

    VRAE: TEKS D

    3.1   Skryf die oorredende taal neer wat in reël 1 voorkom.                         (1)

    3.2   Skryf TWEE verklarende sinne waarin die verskil in betekenis tussen vir
          ewig (reël 2) en verewig duidelik na vore kom.                                (2)

    3.3   Skryf die stam van die onderstreepte woord in reël 2 neer.                    (1)

    3.4   Wat is die funksie van die onderstreepte voorvoegsel in reël 3?               (1)

    3.5   Verskaf ŉ gepaste sinoniem vir die eerste onderstreepte woord in reël 4.      (1)

    3.6   Is die tweede onderstreepte woord in reël 4 ŉ samestelling,
          samestellende afleiding of ŉ afleiding?                                       (1)

    3.7   Vorm een woord van die onderstreepte woorde in reël 5.                        (1)

    3.8   Brei die volgende sin in reël 7 uit met ŉ byvoeglike bepaling.
          “Verander jou denke.”                                                         (1)

    3.9   Watter aanname kan met die lees van reël 11 gemaak word?                      (1)
                                                                                       [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                             (EC/NOVEMBER 2020)

     VRAAG 4: STROKIESPRENT

     Bestudeer die strokiesprent (TEKS E) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

     TEKS E

                                                          RAAMPIE 1

                                                               Ek hoop jy sien my !
                                                                Hokaai, Ranger!

               RAAMPIE 2                            RAAMPIE 3                                RAAMPIE 4
                                                             Daar jaag die
                                            Wat de ...!                        Idioot! Ek pirbeer ‘n ongeluk vermei en
           SWENK
                             !                              buffel wraggies
                                                              voor my in!
                                                                                    dis jou manier van dankie sê!

                                                            Ek moet spoed        Toet!
                                                              verminder .        Toet!

                                                                                                          Jou *$#@&
                                                                                                             man!

                     RAAMPIE 5                            RAAMPIE 6                      RAAMPIE 7
            Dit is nou tipies van ‘n mens                                        Goeiste, jy’s reg! Dit
                                                Soos jy kan sien, het ek         was ‘n toegeeteken
                  wat ‘n Ranger het.
            Hy dink te veel van homself.         duidelik die ryvoorrang          – ek moes vir jou
                                                    gehad! Dis nie ‘n                gewag het!
                                               inglipbaan nie, jou swaap!

                                                                              [Aangepas uit Rapport,10 Maart 2019]

     VRAE: TEKS E

     4.1    Herskryf die onderstreepte sin in RAAMPIE 1 in die gebiedende wyse.                                            (1)

     4.2    Waarom is dit noodsaaklik dat “buffel” (RAAMPIE 3) met ŉ
            dubbelkonsonant geskryf word?                                                                                  (1)

     4.3    Gee EEN visuele bewys in RAAMPIE 3 wat daarop dui dat die seuntjie
            sowel as die hond geskok is.                                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2020)                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                            13

     4.4    Herskryf die laaste sin in RAAMPIE 3 in die lydende vorm.                         (1)

     4.5    4.5.1 Verwys na RAAMPIE 4.
                  Skryf ŉ woord in RAAMPIE 4 neer waarin klankverspringing/metatesis
                  voorkom.                                                                    (1)

            4.5.2 Verbeter die spelfout in RAAMPIE 4.                                         (1)

     4.6    Stem jy saam dat die spreker in RAAMPIE 5 bevooroordeeld is? Motiveer
            jou antwoord.                                                                     (1)

     4.7    Watter betekenisfunksie het die onderstreepte woorde in RAAMPIE 6?                (1)

     4.8    4.8.1      Verbind die laaste twee sinne in RAAMPIE 7 met die voegwoord
                       OMDAT.                                                                 (1)

            4.8.2      Watter betekenisfunksie het hierdie voegwoord in dié saamgestelde
                       sin?                                                                  (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                             AFRIKAANS HUISTAAL V1                            (EC/NOVEMBER 2020)

   VRAAG 5: ARTIKEL

   Bestudeer die artikel (TEKS F) hieronder en beantwoord die vrae wat volg.
   TEKS F

                                      ASEM IN, ASEM UIT
   1     Dis iets wat ons amper as vanselfsprekend aanvaar. Ons haal asem, maar die
         manier hoe jy asemhaal, is baie belangrik. Dit is (5.1) hierdie manier wat kan
         bepaal of jy goeie slaap inkry en wat jou gemoedstoestand is. Dit kan selfs ŉ toe
         neus en angstigheid verlig.
   2     Ongelukkig is een van die mens se heel eerste stresreaksies om jou asemhaling
         te versnel. (5.3) Laasgenoemde laat jou in ŉ kringloop beland waar jy voel jy geen
         beheer het nie.
   3     Hoe beter jou (5.4.1) suurstoftoevoer is, hoe meer weerbaar sal jou liggaam teen
         spanning, siekte en veroudering wees. Asemhaling deur die mond is ŉ teken van
         spanning. (5.5) Asemhaling in ŉ rustende toestand moet uiters moeiteloos wees.
         As jy deur jou mond asemhaal, baie spierkrag in jou boonste borskas gebruik, of
         as jou asemhaling hard of pynlik is, is dit nie in balans nie.
   4     Haal gereeld deur jou neus asem. Jou sinusse dien as natuurlike buffer om die lug
         te ioniseer en so warm as nodig te maak. Jou neus is aangepas om die lug te
         filtreer, te steriliseer, af te koel of te verhit. Jou neus ioniseer ook die klammigheid
         (5.6) die lug, sodat die lug wat jou longe bereik, so skoon en stabiel moontlik is.
   5     Dis nie moeilik om te leer om anders asem te haal nie, maar dit verg
         uithouvermoë. Jy sal die (5.7) veranderinge so vinnig as die eerste week sien. Jou
         gesondheidsprobleme (5.8) sál na sowat drie maande die wyk neem, mits
         oefeninge getrou gedoen word.

   6     Wanneer jy deur jou mond asemhaal, verloor jy hierdie natuurlike voordele. Vuil,
         koue of warm lug bereik jou longe wat ŉ ontsteekte (5.9) lugweg kan veroorsaak.
         Deur bloot net deur jou neus asem te haal, kan jy (5.10) stof, besoedeling,
         stuifmeel met tot soveel as 50% verminder.

   7     Ons haal outomaties asem, so baie van ons besef nie dat ons dit beter kan doen
         nie.
                                                             [Aangepas uit rooi rose, Januarie 2020]

   VRAE: TEKS F
   5.1     Benoem die woordsoort volledig.                                                             (1)
   5.2     Skryf die eerste diftong neer wat in paragraaf 1 voorkom.                                   (1)
   5.3     Verskaf die afkorting van hierdie woord.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
  (EC/NOVEMBER 2020)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                              15

   5.4 5.4.1 Gebruik die kern van die onderstreepte woord in paragraaf 3 as ŉ
             bepaler in jou eie samestelling.                                              (1)

         5.4.2 Watter afleiding kan daar gemaak word uit die eerste sin van
               paragraaf 3?                                                                (1)

   5.5 Verander die onderstreepte sin in paragraaf 3 van gevoelstaal na
       neutrale taal.                                                                      (1)
   5.6 Voeg die gepaste voorsetsel in.                                                     (1)
   5.7 Verskaf die verkleiningsvorm van hierdie woord.                                     (1)
   5.8 Gee die meervoud van hierdie onderstreepte woord.                                   (1)
   5.9 Wat is die funksie van die onderstreepte kommas in paragraaf 6?                     (1)
                                                                                          [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             30
                                                                GROOTTOTAAL:               70

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020-d/15252c13-8d55-4528-bbea-e92f79f29109) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-memo-nov2020-d/56c14b4f-f194-49ab-a4d2-803ee1d6d3c8) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020/8e149710-d7b0-4a75-942e-f6f1e7c4782f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020-d/7ab665a2-caba-46c8-b1ac-c9e23bf2f434) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020-d/119fdb9c-990b-44a2-85c1-c2048e35fd04) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020/859b3ec6-8702-4f75-b530-276e11bffa5a) — Afrikaans HL · QP · 2020

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
