# Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2019 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 9 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr12-memo-sept2019/4240a551-03f9-4fc4-8da3-f20a09c13b91
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 1 Eastern Cape Mock 2019 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr12-memo-sept2019/4240a551-03f9-4fc4-8da3-f20a09c13b91)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2019

              AFRIKAANS HUISTAAL V1
                  NASIENRIGLYN

PUNTE:   70

              Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

     AFDELING A: LEESBEGRIP

     Nasien van die leesbegrip:

           Die fokus is op die begrip van die leesstuk. Spel en taalfoute word nie nagesien
           nie, tensy dit die begrip/verstaan van die teks beïnvloed. (Taal- en spelfoute
           moet wel aangetoon word.)
           Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE of EK STEM SAAM/EK
           STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.
           Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
           aanhalingstekens ontbreek nie.
           Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat ŉ volsin gee, is dit
           korrek mits die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig
           word.
           Wanneer twee of drie feite/punte vereis word en die kandidaat gee ŉ hele
           reeks, word slegs die twee of drie feite/punte nagesien.
           Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
           vraestel verskyn, word die vreemde woorde geïgnoreer. Indien die antwoord
           sonder die vreemde woorde sinvol is, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
           Indien die vreemde woord in die antwoord vereis word, word dit aanvaar.
           Die nasien van ŉ aanhaling vereis dat die aanhaling 100% korrek aangehaal
           moet word.
           Aanvaar dialektiese variasies.

     VRAAG 1 (Sien binne konteks na; sien betekenis na, nie woorde/taalgebruik
     nie.)

  Vraag                                        Antwoord                                       Punt
  1.1   “uitgeleef in strokiesprente” √                                                         1

     1.2      Spotprente, strokiesprente ontstaan deur ŉ gedagte en word deur ŉ
              potlood geskep. √

              (Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan.)                                 1

     1.3      Spotprente spreek ons sosiale gewete aan deurdat ons lag vir mense se
              foute, √ terwyl strokiesprente ons fantasieë en drome blootlê. √                     2

     1.4      Hy het as kind sonder televisie grootgeword. √                                       1

     1.5      Die Adoonse se kaskenades was 24 jaar lank in die Huisgenoot. √
              Die Adoonse het in boekvorm verskyn. √
              Dit is vir radio en televisie verwerk. √                                             3

     1.6      Beide het bekendheid as spotprentkunstenaars verwerf. √
              Ek sou Honiball kies omdat ek van bobbejane/die natuur hou./
              Ek sou Mouton kies omdat ek van onvoorspelbaarheid hou/hy bekendes in
              sy spotprente gebruik.

              (Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir die TWEE punte aan.)                  2

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                               3

 1.7      Jeffreys sê dat Mouton se werk nie voorspelbaar/of vervelig is nie. √               1

          Ja.
          Dit kan as geloofwaardig beskou word aangesien hy reeds met verskeie
          groot toekennings bekroon is./
                                              OF
          Ja.
          Jeffreys is ŉ voormalige redakteur van Die Burger, het nou saamgewerk
          met Mouton, en weet dus waarvan hy praat. √                                         1

 1.8      Mouton gebruik graag spraakborrels met die woorde in hoofletters. √
          Hy is ŉ ervare kenner wat snaaksighede/wyshede gebruik, √
          om sy karakters in hul eiesoortige streekstaal te laat praat. √                     3

 1.9      Nee.
          Hy doen uitdagende werk, veral wat die politici woedend maak, en word nie
          daardeur van stryk gebring nie. √

          Zapiro se toekenning is vir Dapperheid in Redaksionele Spotprentwerk,
          terwyl Mouton die Spotprentkunstenaar van die Jaar asook ŉ medalje vir
          Kreatiwiteit in Joernalistiek verwerf het.

          (Kandidaat moet beide die verskille in toekennings aandui vir EEN punt.
          Die kandidaat bied soortgelyke antwoorde aan vir EEN punt elk.)                     2

 1.10     Sy glo ook dat dit kommentaar lewer op dwaashede en morele foute van
          openbare gesagsfigure, skandale en belangrike gebeure op plaaslike en
          internasionale gebied. √

          Ek verkies spotprente aangesien dit my met een oogopslag die boodskap
          gee. √/
                                             OF
          Ek verkies strokiesprente aangesien ek hou van droom en fantaseer en
          meer hou van ŉ langer ‘storie’. √

          (Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan wat sy motivering
          verduidelik.)                                                                  2

 1.11     Eenvoud en ekonomie wat betref die styl en woorde √/
          idiome √/
          simboliek √/
          volksgrappe √/
          woordspel √/
          stereotipes √

          (Enige VIER van bogenoemde.)                                                        4

 1.12     Amerikaanse karakters (Dagwood, Garfield, Charlie Brown) het in verskeie
          ander plaaslike koerante verskyn en het so wêreldbekendheid verwerf. √              1

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

  1.13    Ja. √
          Dit verbreek die stilte oor taboe onderwerpe en laat mense anders na
          dinge kyk.
                                               OF
          Nee. √
          Dit kan lei tot ŉ vervlakking van morele waardes en norme.                         1

  1.14    Hy lyk bekaf omdat sy kop en ore hang, sy oë is ook wyd oopgesper asof
          hy dit nie kan glo nie.                                                            1

  1.15    Sy bedoel dat hulle met die noodsaaklikste moet oorleef omdat hul
          betaaldag/wanneer hulle weer hul salaris kry, nog ver is./
          Hulle braai nie vleis nie, nie omdat bek-en-klouseer uitgebreek het nie,
          maar omdat hulle nie geld het vir vleis nie.                                   1

          (Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord aan vir EEN punt.)

  1.16    Die woorde is vetgedruk. √
          Die woorde word herhaal. √
          Deur woordspeling. √

          (Enige EEN van bogenoemde.)                                                        1

  1.17    Die spotprent wys hoe lief sommige Suid-Afrikaners is vir braai en tot
          watter uiterste hul sal gaan/dui op giere. √
          Die spotprentkunstenaar het gebruik gemaak van stereotipering/idiome/
          oordrywing/woordspel/volksgrappe/belangrike gebeure plaaslik en
          internasionaal. √                                                                  2

                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                            5

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 Nasien van die opsomming:

 Tydens die nasien van die opsomming is die insluiting van geldige feite en die
 uitsluiting van irrelevante feite belangrik.

    Opskrif/titel: Daar word nie van kandidate verwag om die leesstuk van ŉ
    opskrif/titel te voorsien nie.
    Kandidate moet die opsomming in hul eie sinne, in enige volgorde skryf.
    Slegs feite wat in volsinne aangebied word, verdien punte.
    Rofwerk/beplanning moet duidelik aangedui word. Indien dit nie die geval is nie,
    word die eerste opsomming nagesien.
    Kandidate moet die korrekte getal woorde aandui.
    Indien ŉ kandidaat meer as een paragraaf skryf, sien slegs die eerste paragraaf
    na.

    Punte word soos volg toegeken:
    o 7 punte vir 7 feite (1 punt vir elke feit)
    o 3 punte vir taal
    o Puntetotaal: 10

    Verspreiding van taalpunte wanneer die kandidaat nie woordeliks aangehaal
    het nie:
    o 1–3 feite korrek: ken 1 punt toe
    o 4–5 feite korrek: ken 2 punte toe
    o 6–7 feite korrek: ken 3 punte toe

    Verspreiding van taalpunte wanneer kandidaat woordeliks aangehaal het:
    o 6–7 direkte aanhalings: ken geen taalpunte toe nie
    o 1–5 direkte aanhalings: ken 1 punt vir taal toe

 LET WEL:
   Tel van woorde:
   o Nasieners moet die aantal woorde wat gebruik is, tel.
   o Geen punte word afgetrek as die kandidaat nie die getal woorde aangedui
       het nie of as die getal woorde wat gebruik is, verkeerd aangedui is.
   o As die vereiste getal woorde oorskry is, lees tot by die laaste sin waarin die
       getal woorde oorskry word en ignoreer die res van die opsomming.
   o Korter opsommings wat die vereiste wenke bevat, mag nie gepenaliseer
       word nie.

 LET WEL:       Kandidate mag nie afkortings gebruik in hul opsommings nie, maar
                indien dit in die opsomming voorkom, word elke afkorting getel
                volgens die getal woorde wat dit voorstel.

 Antwoord: Die volgende feite MOET in PARAGRAAFVORM aangebied word.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

6                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

           Aanhalings uit die teks:                         Eie woorde:
  1         Raak sosiaal ... deur               A    Raak sosiaal deur vaslêgroepe te
            vaslêgroepe ...                          stig.
  2         Dis baie belangrik om te oefen      B    Wees aktief saam met vriende wat
            tydens die eksamen ... wees              saam met jou studeer.
            aktief ...
  3         ... skryf ŉ “oefen-eksamen’...      C    Skryf “oefen-eksamens” en werk
            deur ou vraestelle deur te               so deur ou vraestelle waarna julle
            werk en mekaar s’n te merk ...           mekaar se vraestelle merk.
  4         Gebruik visuele voorstellings       D    Deur jou werk visueel uit te beeld,
            om jou werk meer toeganklik              kan dit meer toeganklik gemaak
            te maak.                                 word.
  5         Spanning en angs kan jou            E    Beveg spanning en angs deur op
            kelder, ... fokus dus op jou             jou asemhaling te fokus en dit reg
            asemhaling deur dit te oefen.            te beoefen.
  6         Sien dinge in perspektief.          F    Sien dinge in perspektief deur te
                                                     fokus op die vraestelle wat nog
                                                     voorlê.
  7          Jy moet beheer neem van jou        G    Besluit dat jy wel in beheer is van
             studietyd ... hou by jou                jou studietyd.
             skedule ...
                                                                            (75 woorde)

  MOONTLIKE PARAGRAAF

  Raak sosiaal met vaslêgroepe. Wees aktief saam met vriende wat saam met jou
  studeer. Skryf oefen-eksamens en merk mekaar se antwoorde. Deur jou werk
  visueel uit te beeld, kan dit meer toeganklik gemaak word. Beveg spanning en
  angs deur op jou asemhaling te fokus en dit reg te beoefen. Sien dinge in
  perspektief en fokus op die vraestelle wat nog voorlê. Besluit dat jy in beheer is
  van jou studietyd en hou by jou skedule.

                                                                 Getal woorde: 75

                                                           TOTAAL AFDELING B:          10

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                              7

 AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES

 VRAAG 3

 Nasien van hierdie afdeling:

       Spelling:
       o Eenwoord-antwoorde word verkeerd gemerk as die spelling verkeerd is.
       o In volsin-antwoorde word verkeerde spelling net gepenaliseer indien die fout
          in die taalstruktuur getoets word.
       o Waar ŉ afkorting getoets word, behoort die punte op die regte plek te wees.
        Sinskonstruksies moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word
        soos in die instruksie aangedui.
        Vrae wat aanhalings uit die leesstuk verg, word nie gepenaliseer indien die
        aanhalingstekens ontbreek nie.

 VRAAG 3: ADVERTENSIE

 Vraag                                   Antwoord                                         Punt
 3.1       Taal vorm verhoudings tussen mense ongeag hul kultuurverskille en skep
           so ŉ band. √                                                                       1

 3.2       Verhoudinkies √                                                                    1

 3.3       Baie √                                                                             1

 3.4       Samestellende afleiding √
           Gevolg/resultaat √                                                                 2

 3.5       Dit skep aandag op die belangrike deel/verklaring wat volg. √                      1

 3.6       op pad √                                                                           1

 3.7       Daarom √                                                                           1

 3.8       Taal is onlosmaaklik verbind aan ŉ mens se verlede sowel as jou
           toekoms. √                                                                         1

 3.9       Aarts dui op opperste / eerste √                                                 1
                                                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2019)

 VRAAG 4: STROKIESPRENT

     Vraag                                   Antwoord                                      Punt
     4.1     Hulpwerkwoord van tyd √                                                        1

     4.2     Hierdie onderbroke gesprek irriteer my vreeslik./
             Hierdie onderbroke les maak dat ek niks verstaan nie. √                            1

     4.3     Jý √                                                                               1

     4.4     Wag, gou, Mavis./
             Wag net ŉ oomblik, Mavis./
             Net ŉ oomblik, Mavis./
             Verskoon my, Mavis.                                                                1

     4.5     Verstekeling √                                                                     1

     4.6     Ja, die persoon lyk baie tevrede/ingenome met haarself/asof sy seker is
             van haar saak. √                                                                   1

     4.7     Waar sal nou deur hulle weggekruip word? √                                         1

     4.8     Ek is steeds nie seker oor ŉ vrouebestuurder wat kougom kou nie./wat
             blonde hare het nie. √

             Die kandidaat bied ŉ eie gepaste byvoeglike bysin vir EEN punt aan.                1

     4.9     Twyfel/onsekerheid/bevooroordeeld √
             Seksisme √                                                                      2
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                             9

VRAAG 5

 Vraag                                   Antwoord                                      Punt
 5.1      ei skoonheid √                                                                1

 5.2      litteken √                                                                     1

 5.3      Pleonasme/woordoortolligheid     (stukkende gebrokenheid) √                    1

 5.4      Japannese/Japanners √                                                          1

 5.5      Ek moet my klere laat verstel na die vakansie, want ek het soveel gewig
          opgetel! √                                                                     1

 5.6      poeier √
          babapoeier/lyfpoeier/voetpoeier √                                              2

 5.7      Maar √                                                                         1

 5.8      ander √                                                                        1

 5.9      konnotatief √                                                                   1
                                                                                        [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           30
                                                                GROOTTOTAAL:             70

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P1 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-memo-sept2017/12a4ae65-a5fc-4fbd-9c41-7e87a5659a99) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFR HL P1 MEMO SEPT 2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-sept-2014/bbfe9de8-2bdb-4146-ab69-d47ecda78419) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL P1 MEMO GR12 SEP2013](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-gr12-sep2013/b7b7b54a-1858-43b7-a730-fe08c26a79bc) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [Gr12 AFRHL P1 S12 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/gr12-afrhl-p1-s12-memo-afr/5ba68f54-97f1-494b-ad02-3ceb961ddb37) — Afrikaans HL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
