# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2019, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr12-qp-sept2019/8db57ba8-86db-4255-a859-46d87bf20d2f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2019 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr12-qp-sept2019/8db57ba8-86db-4255-a859-46d87bf20d2f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2019. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2019

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2019)

   INSTRUKSIES EN INLIGTING

   1.    Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

         AFDELING A:      Leesbegrip                      (30)
         AFDELING B:      Opsomming                       (10)
         AFDELING C:      Taalstrukture en -konvensies    (30)

   2.    Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

   3.    Beantwoord AL die vrae.

   4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

   5.    Trek ŉ streep ná elke afdeling.

   6.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

   7.    Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

   8.    Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

   9.    Voorgestelde tydsindeling:

         AFDELING A: 50 minute
         AFDELING B: 30 minute
         AFDELING C: 40 minute

   10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2019)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 3

  AFDELING A: LEESBEGRIP

  VRAAG 1

  Lees en kyk na die bygaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

  TEKS A: ARTIKEL

                              AS DIE (s)POTLOOD PRAAT

      Spotprente prik ons sosiale gewete terwyl ons lag vir die dwalings van bekendes.
                Strokiesprente delf weer in ons diepste fantasieë en drome.

  1       As kind sonder televisie (in die jare sestigs) het ek my uitgeleef in               1
          strokiesprentverhale – Tarzan en Die Skim, die een ŉ Britse edelman wat wild
          rondswaai in sy wildsvelbroekie, die ander ŉ koelkopheld wat skynbaar nooit
          sweet in sy vollyf-kleefpak in ŉ tropiese woud nie.
  2       Ek het uitgesien na Huisgenoot, waarin Kosie en Kwak my infantielste drange         5
          bevredig het. In die dagblad het ek my ingeleef in Blits Gordon se avonture,
          veral toe hy op ŉ planeet vol vroue as die enigste man beland het. Twee
          vrouestamme, blondines versus donkerkoppe in wit en swart katpakke, het oor
          hom handgemeen geraak – ŉ sappige fantasie vir ŉ jong seun!
  3       My ouers was weer lief vir T.O. Honiball se ikoniese bobbejane: die Adoonse        10
          van die Magaliesberge, so Afrikaans-inheems soos boeretroos. Dié harige
          jafels kon sedig en bekkig kommentaar lewer op intriges van toeka se dae.
          Lesers het die karakters se kaskenades 24 jaar lank in Huisgenoot gevolg en
          die strokie was so gewild dat dit in boekvorm verskyn het en vir die radio en
          televisie verwerk is. Honiball het Die Burger se politieke spotprentkunstenaar     15
          geword. Sy werk het ook in die Landbouweekblad en Die Jongspan verskyn. In
          1984 is hy deur die Federasie van Afrikaanse Kultuurverenigings (FAK) en in
          1989 deur die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vereer.
  4       Honiball se waardige opvolger was die talentvolle Fred Mouton, wat in 1972 by
          Die Burger aangesluit het en in 1976 as spotprentkunstenaar oorgeneem het          20
          en steeds die potlood swaai. “Niks omtrent Mouton se werk is voorspelbaar of
          vervelig nie,” meen Henry Jeffreys, voormalige redakteur van Die Burger.
          Wanneer Mouton ŉ bekende persoonlikheid uitbeeld, kan daar geen twyfel
          wees vir wie hy sy mes in het nie. Hy gebruik graag spraakborrels met woorde
          in hoofletters, en is ŉ meester met gelade kwinkslae en karakters wat in           25
          streeksdialek praat.
  5       Fred het bydraes gelewer vir Beeld en Rapport en doen gereeld illustrasies vir
          ander boeke en tydskrifte. In 1983 is hy met die Standard Bank
          Spotprenttekenaar van die Jaar-toekenning bekroon en in 2000 het hy die P.J.
          Cillié Medalje vir Kreatiwiteit in Joernalistiek ontvang. Onlangse versamelings    30
          van sy werk sluit in Van Zuma tot Zille en Laat daar lig wees.
  6       Gepraat van Zuma, wie spot feller met die voormalige president as Zapiro
          (oftewel Jonathan Shapiro), die vreeslose spotprentmeester van The Sunday
          Times. Sy uitdagende werk, wat hom gereeld die woede van politici op die hals
          haal, is bekroon met talle prestigeryke pryse, onder meer ŉ toekenning vir         35
          Dapperheid in Redaksionele Spotprentwerk.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2019)

      7    Volgens Martinie Moller is spotprente en strokies opvoedkundige hulpmiddels
           omdat ŉ karikatuur (cartoon) ontwerp is om openbare mening te beïnvloed,
           terwyl strokiesprente (comics) bestaan uit ŉ reeks opeenvolgende tekeninge in
           raampies met spraak- en gedagteborrels met ŉ storie wat lesers opvoed of               40
           vermaak. Oordrywing word ingespan om sekere eienskappe soos ŉ houding of
           gelaatstrekke (neus, snor, ken) satiries aan te dik. Spotprente lewer skerp
           kommentaar op die dwaashede en morele flaters van openbare en
           gesagsfigure, omwentelinge, giere, beleidsrigtings, skandale en belangrike
           gebeure op plaaslike en internasionale front. Die doel is om skynheilighede,           45
           vals en morele tekortkominge te ontmasker. Soms is spotprente omstrede
           omdat dit die politieke bestel uitdaag of taboe onderwerpe aanroer.

      8    Eenvoud en ekonomie van styl en woorde kenmerk spotprente, asook ŉ
           voorliefde vir idiome, simboliek, volksgrappe, woordspel en stereotipes. Len
           Lindeque het altyd iewers in sy spotprente in Rapport ŉ wurmpie geteken wat            50
           die ‘laaste woord’ inkry, ŉ ekstra klein kwinkslag. Sulke alwetende figuurtjies
           duik ook gereeld in ander kunstenaars se spotprente op.

      9    Strokiesprente maak gebruik van beweging, spraak- en gedagteborrels, klanke
           as woorde en die tegnieke van die rolprentmedium soos ver-, medium- en                 55
           nabyskote om ŉ storie te vertel. Teatergebruike soos dialoog, karakterisering,
           groot gebare, agtergrond en rekwisiete word ook ingespan. Dit was die heel
           eerste instrumente van globalisering lank voor dit ŉ modewoord geword het:
           ”Karakters van Amerika soos Garfield, Charlie Brown en Dagwood is
           wêreldwyd bekend danksy honderde plaaslike koerante.”

      10   Moderne strokies sluit in Madam & Eve wat in ŉ dosyn plaaslike koerante                60
           gepubliseer word en in Sweeds, Deens en Noorweegs vertaal is. In 1992 het
           Anton Kannemeyer (Joe Dog) en Conrad Botes, studente en later lektore aan
           die kunsdepartement van die Universiteit van Stellenbosch, ŉ reeks hardekwas
           strokiesprente, Bitterkomix, in Afrikaans en Engels begin publiseer. Die stories
           was hardebaard en het op die verbreking van taboes gefokus. Hierdie                    65
           aweregse aanslag kan ook gesien word in die rockgroep Van Coke Kartel se
           aanlynstrokie in die Wie’s Bang-reeks en die skeppers van kort animasieflieks
           in De Kat se TV-joernaalprogram op kykNet.

      11   Die kunskonsultant, Cecile Loedolf, meen spotprente en strokiesprente moet
           bewaar word. Sy sê dat net soos kuns die tydvak weerspieël, so beeld                   70
           spotprente die norme, belangstellings, smake en selfs besonderhede, soos
           klere, van ŉ spesifieke tydperk uit. Bitterkomix word selfs in Frankryk gelees.
           Zapiro se stortkop het ikonies geword. Honiball is bekroon vir sy tekeninge.
           Hierdie kunstenaars se werk is belangrik en neem mettertyd in waarde toe, nes
           kuns.                                                                                  75

      12   Dit het nostalgiese waarde ook. Ek verlang na Walter die Wonderman se
           towerspuitkan wat jou nooi om deur die sagte spieël te klim na ŉ alternatiewe
           wêreld wat nogal soos ons eie is. Lees en kyk dus fyn.

                                                             [Verwerk uit Rapport, 27 Mei 2018]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                      5

  TEKS B: VISUELE TEKS

     Gevaar: SA                                 Nee, niks met bek-en-klouseer te
    verloor sy bek-                             doen nie – dis net dat ons die rieme
     en-klouseer                                moet dun sny … betaaldag lê nog
         status                                 ver.

                                                       Ons lyk bekaf,
                                                       maar braai sal ons!

                                                     [Verwerk uit Die Burger, 4 Januarie 2019]

  VRAE: TEKS A

  1.1    Haal ŉ woordgroep uit paragraaf 1 aan wat by die onderstreepte woorde in
         die subopskrif aansluit.                                                                (1)

  1.2    Verduidelik hoe die opskrif by paragraaf 1 aansluit.                                    (1)

  1.3    Wat is die verskil tussen strokiesprente en spotprente?                                 (2)

  1.4    Verklaar die oorsaak van die skrywer se belangstelling in strokiesprente.               (1)

  1.5    Watter DRIE bewyse is daar volgens die teks vir die Adoonse se ikoniese
         status?                                                                                 (3)

  1.6    Herlees paragraaf 3 en paragraaf 4.

         Wat het Honiball en Mouton in gemeen? Watter een van die twee sou jy
         aanstel? Motiveer jou antwoord.                                                         (2)

  1.7    Watter sienswyse huldig Jeffreys oor Fred Mouton se spotprente? Kan sy
         sienswyse as geloofwaardig beskou word? Motiveer jou antwoord.                          (2)

  1.8    Watter kenmerke is eie aan Fred Mouton se spotprente?                                   (3)

  1.9    Dink jy dat Zapiro hom veel aan kritiek steur? Motiveer jou antwoord.
         Verduidelik ook hoe sy toekenning van Mouton s’n verskil.                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                    (EC/SEPTEMBER 2019)

   1.10    Herlees paragraaf 7.

           Watter verskillende sienswyse huldig Martinie Moller oor spotprente en
           strokiesprente? Beskou jy spotprente of strokies as die belangrikste
           opvoedkundige hulpmiddel? Motiveer jou keuse.                                      (2)

   1.11    Noem enige VIER middele wat ŉ spotprentkunstenaar gebruik om sy/haar
           boodskap oor te dra.                                                               (4)

   1.12    Waarom kan strokiesprente as die eerste ‘vorm’ van globalisering beskou
           word?                                                                              (1)

   1.13    Dink jy dat hardekwas strokiesprente uitdagend is? Motiveer jou antwoord.          (1)

   VRAE: TEKS B

   1.14    Watter visuele leidraad dui daarop dat die hond teleurgesteld is met dit wat in
           sy kosbak is?                                                                      (1)

   1.15    Wat word met die vrou se verduideliking geïmpliseer?                               (1)

   1.16    Op watter wyse slaag die spotprent daarin om die fokus op die uitbreek van
           bek-en-klouseer te plaas?                                                          (1)

   VRAE: TEKS A EN B

   1.17    Herlees paragraaf 7 van TEKS A en TEKS B.

           Noem TWEE maniere waarop hierdie spotprent die funksionaliteit van
           spotprente uitlig.                                                                 (2)

                                                                  TOTAAL AFDELING A:          30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                       7

  AFDELING B: OPSOMMING

  VRAAG 2

  Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van SEWE wenke wat jy kan gebruik
  om jou eksamen suksesvol af te lê en spanning te beveg.

  LET WEL: 1. Jou opsomming moet in jou eie woorde (in duidelike volsinne) in
              paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 90 woorde
              beslaan nie.
           2. Jy moet ŉ samehangende paragraaf skryf.
           3. Dit is nie nodig om die opsomming ŉ titel te gee nie.
           4. Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.

  TEKS C

                             EKSAMENSTRES SE MOSES!
  Dis dié tyd van die jaar dat die eksamenmonster sy kop lig. Wat nou gemaak?

  Raak sosiaal, maar moenie te opgewonde raak nie. Dit beteken nie Facebook en
  Instagram nie. Kry eerder ŉ paar vriende bymekaar en begin vaslêgroepe om deur ŉ
  vasvra te kyk hoe goed julle in sekere vakke vaar.

  Dit is baie belangrik om te oefen tydens die eksamen om jou liggaam en brein ŉ ruskans
  te gee. As jy en jou vriende ŉ studierooster deel, kan jy jou tyd beter benut deur
  byvoorbeeld saam te gaan draf. Wees aktief. Dit maak jou positief – as jy en jou vriende
  hard leer en saam oefen.

  Kry jou vriende bymekaar en skryf ŉ ‘oefen-eksamen’ deur ou vraestelle deur te werk.
  Ruil ná die tyd vraestelle om sodat almal iemand anders s’n nasien. Dit is ŉ goeie manier
  om te bepaal of jy jou werk baasgeraak het. Gebruik ook visuele voorstellings om jou
  werk meer toeganklik te maak. Dit span nog dele van jou brein aktief in.

  Spanning en angs kan jou kelder. Voorkom dit deur te fokus op jou asemhaling. Moenie
  paniekerig raak nie. Oefen diep asemhaling.

  Sien dinge in perspektief. Kyk vorentoe en nie agtertoe nie. Dit help nie om jou te
  bekommer oor vraestelle wat nie goed gegaan het nie. Sit dit agter jou en fokus op dit
  wat voorlê. Elke dag is ŉ nuwe geleentheid om beter te doen. Verander dus jou
  perspektief.

  Neem doelbewus beheer van jou studietyd. Hou by jou skedule! Dan hoef jy dit nie te
  oorweeg om elke dag ŉ uur of twee langer te studeer nie.

  Onthou dié tyd gaan nie vir ewig aanhou nie. En wanneer dit klaar is, is dit die begin van
  die res van jou lewe!

                                                            [Verwerk uit Kuier, 31 Oktober 2018]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:               10

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 8

8                               AFRIKAANS HUISTAAL V1                      (EC/SEPTEMBER 2019)

   AFDELING C: TAALSTRUKTURE EN -KONVENSIES
   VRAAG 3: ADVERTENSIE
   Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.
   TEKS D

         1

         2

         3

         4

         5

         6
                                                  Jou taal is soveel meer as net
         7                                        woorde. Dis die uitvloeisel van
         8                                        wie jy is … dis waar jy vandaan
         9                                        kom en waarheen jy oppad is.
        10                                        Daarom is jou taal altyd deel
        11                                        van jou bestaan.

        12                                        Wat van Afrikaans maak jou
        13                                        aartsgelukkig?

        14                                        Besoek www.afrikaans.com

                                                                    #onmisbaar
        15
        16
                                                                  afrikaans.com

                                                       [Verwerk uit Kuier, 31 Oktober 2018]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2019)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                9

  VRAE: TEKS D

  3.1    Watter boodskap wil die adverteerder met reël 1 tot 5 oordra?                       (1)

  3.2    Gee die verkleinwoord van die onderstreepte woord in reël 5.                        (1)

  3.3    Gee die stellende trap van die onderstreepte woord in reël 6.                       (1)

  3.4    Is die onderstreepte woord in reël 7 ŉ samestelling, samestellende afleiding of
         ŉ afleiding? Verskaf ŉ gepaste sinoniem vir die woord.                              (2)

  3.5    Wat is die funksie van die ellips in reël 8?                                        (1)

  3.6    Verbeter die spelfout wat in die advertensie voorkom.                               (1)

  3.7    Identifiseer die woord wat op ŉ verduideliking dui.                                 (1)

  3.8    Watter aanname kan daar oor taal vanaf reël 8 tot 9 gemaak word?                    (1)

  3.9    Gee die betekenisfunksie van die voorvoegsel van die onderstreepte woord in
         reël 13.                                                                            (1)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

10                                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                            (EC/SEPTEMBER 2019)

   VRAAG 4: STROKIESPRENT

   Bestudeer die strokiesprent hieronder en beantwoord die vrae wat volg.

   TEKS E

   MAMA TAXI

               RAAMPIE 1                             RAAMPIE 2                          RAAMPIE 3

       Het jy geweet? 80% van alle         Wat dink jy            Wel, dis         Hang aan, Mavis. Ek moet
       mense     onderbreek     hul        daarvan?              ongeskik,        net nou eers kyk na hierdie
       gesprekke om na hul selfone                                   dis...                        boodskap
       te kyk.

               RAAMPIE 4                             RAAMPIE 5                           RAAMPIE 6

               Kan jy glo! Hulle het ŉ       Wel, niemand sal ooit ŉ            Waar sal hulle nou wegkruip?
        versteekte persoon op ŉ skip         versteekte persoon in ons
                  in die hawe gekry.         bussie ontdek nie!

           RAAMPIE 7                     RAAMPIE 8                RAAMPIE 9                  RAAMPIE 10

       Ek is steeds nie          Hulle is so                 Dit sal baie                Hallo,        Dalk net
       seker oor ŉ vroue-        onvoorspelbaar. Ek sal      oortuiging kos              julle!     hierdie een
       bestuurder nie.           nie veilig voel nie.                                                     keer!

                                                                      [Verwerk uit https://www.arrivealive.co.za]

Kopiereg voorbehou                                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2019)                AFRIKAANS HUISTAAL V1                              11

  VRAE: TEKS E

  4.1 Benoem die onderstreepte werkwoord in die eerste sin in RAAMPIE 1 volledig.     (1)

  4.2 Verander die vetgedrukte woord in RAAMPIE 1 na ŉ sterk verlede deelwoord
      in ŉ verduidelikende sin.                                                       (1)

  4.3 Gebruik ŉ toepaslike skryfteken om die vetgedrukte woord in RAAMPIE 2 op ŉ
      ander manier te beklemtoon.                                                     (1)

  4.4 Herskryf die eerste sin in RAAMPIE 3 sonder die Anglisisme.                     (1)

  4.5 Gee EEN woord vir die onderstreepte woorde in RAAMPIE 4.                        (1)

  4.6 Ondersteun die visuele voorstelling in RAAMPIE 5 die onderstreepte sin in
      hierdie raampie? Motiveer jou antwoord.                                         (1)

  4.7 Skryf die sin in RAAMPIE 6 in die lydende vorm.                                 (1)

  4.8 Brei die onderstreepte woord in RAAMPIE 7 uit met ŉ byvoeglike bysin.           (1)

  4.9 Watter gevoel dra die woorde in RAAMPIE 7 oor? Dui ook die aard van die
      vooroordeel aan.                                                                (2)
                                                                                     [10]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (EC/SEPTEMBER 2019)

   VRAAG 5: ARTIKEL

   Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.

   TEKS F

                             SKOONHEID IN GEBROKENHEID

   1      Voortreflik en perfek is wonderlik. Is dit regtig so? Perfek is nie noodwendig die
          beste, of die voortreflikste, die mooiste nie. Bestaan daar dan so iets soos
          lieflike littekens en kan dit gevind word in stukkende gebrokenheid?

   2      Ons kan leer by oeroue beskawings, hierdie keer by Japan. Hulle wat die
          sensitiwiteit, eerlikheid en waagmoed gehad het om te besef dat daar
          skoonheid in gebrokenheid is. Hulle het dit tot ŉ verbysterende kunsvorm
          ontwikkel, ook genoem kintsugi of kintsukuroi, die kuns van lieflike littekens.

   3      Dit het glo alles begin in die vyftiende eeu, by die Japanse heerser wat sy
          gunsteling-teekoppie gebreek het. Hy het dit na Chinese vakmanne gestuur om
          te laat herstel, net om te hoor hulle kon niks doen om die teekoppie na sy
          vroeëre glorie te herstel nie. Al hulle pogings was onsuksesvol. Die heerser het
          voet by stuk gehou. Hy het hardnekkig besluit dat ŉ nederige teekoppie herstel
          moet word. Waarom nie maar net ŉ ander een kry nie? Maak reg, het die
          heerser beveel.

   4      Dan moet dit ŉ juweel word, het die vakmanne besluit en die krake gevul met
          hars en poeiergoud. ŉ Gebreekte teekoppie het ŉ kunswerk geword. Meer
          waardevol as tevore, ŉ objek met karakter, ŉ ding met ŉ storie. Die littekens het
          lieflik geword.

   5      Maar as jy glo aan die beginsel van kintsugi of kintsukuroi, dan is dit ŉ
          lewensbeginsel ook, dan gebeur wonderwerke. My ander
          Nuwejaarsvoorneme? Om my nie so te verknies oor al my krake nie.

                                                           [Verwerk uit Sarie.com, Januarie 2019]

   VRAE: TEKS F

   5.1    Identifiseer die eerste diftong in die titel en onderstreep dit.                          (1)

   5.2    Skryf EEN woord uit paragraaf 1 neer wat direk met ‘gebrokenheid’ in die titel
          verband hou.                                                                              (1)

   5.3    Benoem die taalverskynsel wat ons in paragraaf 1 aantref.                                 (1)

   5.4    Verskaf die persoonsnaam van diegene wat in Japan woonagtig is.                           (1)

   5.5    Die artikel gebruik die woord ‘herstel’ in paragraaf 3.

          Gebruik die woord ‘verstel’ in ŉ verduidelikende sin.                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2019)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                13

  5.6    Gebruik die bepaler van die woord ‘poeiergoud’ in paragraaf 4 as kern van jou
         eie samestelling en gebruik dit in ŉ volgende verklarende sin.                      (2)

  5.7    Benoem die woord in paragraaf 5 wat op kontras dui.                                 (1)

  5.8    Identifiseer die woord in paragraaf 5 waar daar assimilasie kan plaasvind.          (1)

  5.10 Kan die skrywer se slotsin as denotatief of konnotatief beskou word?                  (1)
                                                                                            [10]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            30
                                                                   GROOTTOTAAL:              70

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [Afrikaans HL P1 May June 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-may-june-2019/367ff59a-d2b3-4a61-9ec2-462562ce9a61) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018/1ce4fa24-e898-4838-aca4-201440bb7177) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRHL P1 QP SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-sept2017/ca71256c-c51c-4147-a3cd-2f0c73e04472) — Afrikaans HL · QP · 2017

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
