# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-gr12-sep2013/3c2a0419-0828-4c19-a9e3-3b06636b916e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-gr12-sep2013/3c2a0419-0828-4c19-a9e3-3b06636b916e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                  Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2013

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                               *AFRHL1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

2.   AFDELING A: Leesbegrip              (30)
     AFDELING B: Opsomming               (10)
     AFDELING C: Taal                    (30)

3.   Lees ALLE instruksies versigtig deur.

4.   Beantwoord AL die vrae.

5.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

6.   Trek ŉ streep ná elke afdeling.

7.   Nommer elke antwoord presies soos wat die vrae op die vraestel genommer is.

8.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.   Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

(SEPTEMBER 2013)                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1: RUBRIEK EN SPOTPRENT

 Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS 1: RUBRIEK

                                 SES VAN DIE BESTES

 1.     Ons het Dana Snyman gevra of hy meen lyfstraf werk as afskrikmiddel.

 2.     Sal dit help as lyfstraf weer in skole toegepas word? Sal ’n leerling dan twee keer
        dink voordat hy ’n onderwyser vloek of met ’n skêr of ’n mes dreig, soos deesdae
        gebeur? Sal meer kinders dan betyds elke dag by die skool opdaag? Sal minder
        van hulle druip?

 3.     Iets binne my wil graag glo minder slegte dinge sal gebeur in ’n skool waar daar
        lyfstraf is. Kinders sal beslis nie ’n skoolhoof onder klippe steek en wegjaag nie,
        soos by daardie skool in Kruispad vroeër vanjaar.

 4.     In ons skool sou jy gróót moeilikheid gekry het as jy dit net sou waag om terug te
        praat wanneer ’n onderwyser met jou geraas het. Dit was in die jare sewentig.
        Ons het toe nog slae gekry.

 5.     Ons was nog die boompies wat gebuig moes word terwyl ons jonk was. Dít is wat
        meneer Van der Schyff, ons hoof, graag op ’n Maandagoggend in die saal gesê
        het.

 6.     Tot taamlik onlangs het ek gedink daardie woorde kom uit die Bybel, maar dit kom
        nie uit die Bybel nie. Dit is maar net ’n ou spreekwoord.

 7.     Meneer Van der Schyff en die ander onderwysers het wel soms die Bybel tot ’n
        vennoot van die rottang verklaar.

 8.     Ek sien nou nog hoe staan oom Ben, ons koshuisvader, saans in die eetsaal, met
        die Bybel in die hand. Dan het jy sommer geweet sy skoene gaan die een of
        ander tyd suutjies in die koshuis se gang af gesjiet-sjiet-sjiet kom.

 9.     Dit was nooit moeilik om ’n rede te kry om ’n koshuiskind te slaan nie. Jou kas of
        kamer kon nie netjies genoeg gewees het nie. Of jy het iewers ’n lawaai gemaak
        wanneer jy nie moes nie. Of jy was laat vir ete of studietyd.

 10.    Al ons onderwysers het met ’n rottang geslaan, behalwe Cosec, wat vir ons
        wiskunde gegee het, en Spyker, die houtwerkonderwyser. Cosec het met ’n
        bordpasser geslaan. Spyker, weer, het met Buks geslaan, ’n plank wat hy aan
        die een kant smaller geskaaf het sodat hy dit stywer kon vasvat.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                            (SEPTEMBER 2013)

11.   Oom Joggie Rossouw, ons Afrikaans-onderwyser, is die enigste een wat nooit
      geslaan het nie. Maar selfs hý het hom een keer vir Barries Barnard vererg en
      hom ’n oorveeg gegee. Barries het grappies gemaak terwyl ons op die rugbyveld
      gedril het. Oom Joggie, wat in beheer van ons peloton was, het op Barries
      afgestorm, hom geklap, en vir hom geskreeu: “Het jy dissipline, hè? Wat gaan van
      jou word?”

12.   Enkele van die onderwyseresse het ons – die seuns sowel as die meisies – soms
      op die hand se palmkant geslaan. Met ’n liniaal.

13.   Party onderwyseresse het die ernstige moeilikheidmakers na meneer Van
      Deventer gestuur, sodat hy ons kon slaan. Dit het maar min gebeur, want
      niemand wou deur hom geslaan word nie. Party kinders het gesê hy “slaan vir
      die polisie”. Destyds kon die hof nog jeugmisdadigers vonnis tot byvoorbeeld ses
      houe met ’n ligte rottang, en meneer Van Deventer het glo daarmee gehelp.

14.   Die onderwysers het eintlik maar baie willekeurig te werk gegaan met die uitdeel
      van lyfstraf, as ’n mens nou daaroor dink. Of was daar dalk die een of ander
      handleiding van Die Departement wat aan hulle voorgeskryf het hoeveel houe jy
      vir watter oortreding moet kry? Ek twyfel.

15.   Meestal het jy drie houe gekry. Of ses. Ses van die bestes.

16.   Spyker het jou dadelik geslaan, direk na ’n oortreding. Ander onderwysers het jou
      laat wag vir jou pak slae. Oom Ben was een van hulle.

17.   Oom Ben sou in die studiesaal se deur kom staan en ’n paar van ons se vanne
      uitroep. Jy het van jou stoel af orent gekom. Opeens was jy intens bewus van
      jou liggaam. Jou maagspiere was styf gespan, die sweet het op jou handpalms
      uitgeslaan, jou ore het warm geraak. In ’n ry het julle dan agter oom Ben aan na
      sy kantoortjie gestap.

18.   Dan sou jou beurt kom om by die kantoortjie in te gaan en dan het die jong
      boompie sommer vanself voor oom Ben gebuig.

19.   Iets in my wil glo lyfstraf kan help om die orde in party skole te herstel. Vir my
      was dit beslis ’n afskrikmiddel, ek was vrekbang vir slae. Maar iets binne my wil
      ook teen lyfstraf rebelleer, veral as jy weet jy is baiekeer verniet geslaan.

20.   Glo ek nie maar net aan lyfstraf omdat ek grootgeword het in ’n kultuur en in ’n
      land waarin geweld nog altyd as oplossing vir party probleme beskou is nie? Ek
      weet nie!

                                                   [Aangepas uit Die Burger, 30 Oktober 2012]

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

(SEPTEMBER 2013)                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 5

 VRAE

 1.1    Noem TWEE dissiplinêre probleme wat die skryf van hierdie artikel geregverdig
        het.                                                                                 (2)

 1.2    Verduidelik hoe die sewentigerjare se hantering van dissiplinêre probleme verskil
        van die moderne tyd.                                                                 (2)

 1.3    Verklaar die geslaagdheid van die idioom in paragraaf 5 in die lig van die hele
        artikel.                                                                             (3)

 1.4    Wat beteken dit dat die Bybel tot vennoot van die rottang verklaar is? (par.7)       (1)

 1.5    Sê of die volgende stelling WAAR of ONWAAR is en motiveer jou antwoord met
        ’n aanhaling uit die teks.

        Die koshuisvader was daarop uit om leerders uit te vang.                             (2)

 1.6    Dink jy dit wat destyds tot ’n pak slae aanleiding gegee het, is regverdig?
        Verduidelik jou antwoord.                                                            (2)

 1.7    Waarom kan beweer word dat daar tog ’n gemoedelike gees tussen leerling en
        leerkrag oor die hele pak kry kwessie bestaan het?                                   (2)

 1.8    Hoe weet jy die leerkragte was geheg aan hulle tugroedes (tugvoorwerpe)?             (1)

 1.9    Hoekom kan die Afrikaans-onderwyser se strafmaatreëls nie as lyfstraf binne die
        konteks van die leesstuk beskou word nie?                                            (3)

 1.10   Dui aan en verduidelik of die stelling “Van Deventer het glo daarmee gehelp” ’n
        FEIT of ’n MENING is.                                                                (2)

 1.11   Dink jy daar was reëls oor die toediening van lyfstraf in skole destyds? Motiveer.   (2)

 1.12   Watter fisiese reaksie het lyfstraf destyds op ’n jong gemoed gehad?                 (3)

                                                EN

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                            (SEPTEMBER 2013)

SPOTPRENT

                                                         [Uit: Laat daar lig wees, Fred Mouton]

1.13   Waarom is die spreker se woorde ironies in die lig van die spotprent?                      (1)

1.14   Hoe sluit die spotprent by die leesstuk, “Ses van die bestes” aan?                         (2)

1.15   Met watter dissiplinêre implement sal jy nie mee getugtig wil word nie? Motiveer
       hoekom nie.                                                                                (2)

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

(SEPTEMBER 2013)                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                                     7

 AFDELING B: OPSOMMING

 VRAAG 2

 Lees die onderstaande teks en maak ’n opsomming van die SEWE moet-sien-plekke
 wat ’n mens wat Pécs in Hongarye besoek op jou lysie moet hê.
 • Jou opsomming (puntsgewys of paragraafvorm) moet in jou eie woorde, in volsinne,
     aangebied word.
 • Die opsomming mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.

                              Klink ’n glasie op Hongarye

 Die mense van Hongarye is gasvry en hulle gaan uit hulle pad om toeriste welkom te
 laat voel. Pécs, uitgespreek as “paych”, is naas Boedapest die mooiste dorp in die land.
 Pécs is in die suide geleë en word onwillekeurig met Stellenbosch vergelyk. Die rede
 hiervoor moet beslis die asemrowende wynlande wees wat beslis besoek moet word, al
 drink jy nie juis wyn nie.

 Hongarye se eerste universiteit is hier gevestig en dit is vandag steeds die grootste
 universiteit met meer as 34 000 studente. Gaan beleef wat dit is om ’n sorgvrye student
 te wees.

 Pécs is ook bekend vir sy sop en brood restaurant. Hulle pampoen-en-druiwe-sop is
 beslis ’n kulinêre ondervinding, veral as dit saam met rogbrood geniet word. Die
 gesogte dis is bekostigbaar en jy sal ook nog ’n heerlike bottel wyn daarmee saam kan
 geniet.

 Daar is ’n magdom boekwinkels en horlosiemakers. Dis die moeite werd om te sien hoe
 vakmanne die tydsmeganismes aanmekaar sit en jou te verbaas in hoe spotgoedkoop jy
 ’n horlosie kan koop. Wees pro-aktief en koop sommer vir Ma en Pa en Boetie en
 Sussie ook een, want sulke winskopies vra om gekoop te word.

 Oral is klein standbeelde op onverwagte plekke. Hulle skuil in dorpspleine se hoekies, in
 klein agterstraatjies en op sypaadjies, so asof hulle lank gelede ’n nagedagte van
 iemand was. ’n Mens is gewoonlik verstom as hy al die miniatuur standbeelde raakloop,
 want in Suid-Afrika is Durban se “mini town” seker die naaste wat jy daaraan sal kom.

 Dié plek is ook die porseleinhoofstad van die wêreld. Zsolnay-porselein het ’n spesiale
 afwerking wat anders is as gewone porselein. Dit was interessant om te sien dat baie
 mure daar met Zsolnay-porseleinteëls versier word. Pécs het in 2010 die titel as Europa
 se kultuurhoofstad met Essen en Istanboel gedeel. Dit het geweldige vernuwing in die
 stad teweeggebring en nuwe kultuursentra, konsertsale en selfs ’n reusebiblioteek is
 gebou. Ervaar hoe die historiese dorpskern opgeknap en vir motors gesluit is. Jy het
 lanklaas so ’n voetgangersvriendelike plek teëgekom.

 Jy sal beslis nie onaangeraak van die plek terugkeer nie!
                                                    [Aangepas uit: Vrouekeur, 2 November 2012]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:             10

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

8                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                         (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: STROKIESPRENT EN WENKE

Lees die onderstaande tekste en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                      Lammerliefde is g’n speletjies nie
1.      Ek was 12 toe ek na die eerste van vele garage-sokkies genooi is. Ja, standerd
      5 rond ... Met ’n bewerige stem, loerie-kuifie en ’n Bad Boy-T-hemp. ’n Swart een
      wat die soutpanne onder my oksels verbloem het.

2.      Die “girls” het in trossies van vyf opgedaag. Elkeen met ’n glimlag wat
      gehunker het na onvolwasse liefde. Probleem was, ons ouens het in een hoek op
      en af gespring en die meisies het buite om die swembad gestaan en koer oor een
      van ons se ouer broer wat iewers in Oos-Londen op ’n hokkietoer was.

3.      Ruk en rol by die party was goed en wel, maar die aand se klimaks was Marie
      van Roxette se “Fading like a flower”. Tienerwoede het dan sommer ook
      “gefade”, want die liefde was ryp.

4.    Die ouens het dan moed bymekaargeskraap om uiting te gee aan lammerliefde
      en die meisie van hul drome gevra vir ’n stadige dans. Hoe langer, hoe beter!
      Hel, jy sal nooit weer so verlief wees nie!

5.      Kyk maar watter emosies spring jou hart vandag binne wanneer jy ’n Roxette-
      treffer hoor. Dit is as’t ware epies.

6.      Ons het so ’n tydjie gelede Roxette in lewende lywe gesien. Marie het gerock.
      Hoewel sy heelwat ouer en nie meer honderd persent mobiel is nie, het die tannie
      weer ou gevoelens wakker gemaak.

7.      Ek moet bieg, ek is verlief op haar. Juis vir die gevoelens wat sy in my
      aangewakker het toe ek en liefde nog lig vir mekaar geloop het. ’n Eenvoudige
      “hartklopping” en ’n glimlag!

                                                    [Aangepas uit: MyTyd, 4 November 2012]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

(SEPTEMBER 2013)                              AFRIKAANS HUISTAAL V1                            9

 3.1      Die eerste woord in die opskrif is op ’n bekende spreekwoord gebaseer. Skryf
          die spreekwoord wat na kinderliefde verwys, neer.                                  (1)

 3.2      Skryf ’n voorbeeld van ’n nuutskepping uit paragraaf 1 neer.                       (1)

 3.3      Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 2 in ’n ander betekenis in ’n sin.    (1)

 3.4      Verduidelik waarom die onderstreepte sin in paragraaf 3 ’n veelvoudige sin is.     (1)

 3.5      Brei die onderwerp van die eerste sin in paragraaf 4 met ’n bepaling uit.          (1)

 3.6      Herskryf die laaste sin van paragraaf 4, maar begin met Hel, nooit ...             (1)

 3.7      Benoem die skryfteken in die onderstreepte woord in paragraaf 5.                   (1)

 3.8      Skryf ’n onvoltooide deelwoord in paragraaf 6 neer.                                (1)

 3.9      Hoe sou ’n verklarende woordeboek die woord mobiel in paragraaf 6 omskryf
          het?                                                                               (1)

 3.10     Die onderstreepte woord in paragraaf 7 is ’n voorbeeld van ŉ ...

          A        samestelling.
          B        afleiding.
          C        samestellende afleiding.
          D        skynsamestelling.

          Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer neer.      (1)
                                                                                            [10]

 VRAAG 4: STROKIES

 Lees die onderstaande strokies en beantwoord die daaropvolgende vrae.

               Groeipyne         1                                    2

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com

10                           AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (SEPTEMBER 2013)

Stoffel       1                    2                              3

Mama Taxi         1                2                              3

Hägar     1                        2                              3

Groterige 5
          1                        2                              3

                                        [Uit: Die Burger Leefstyl, 31 Oktober 2012]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com

(SEPTEMBER 2013)                          AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   11

 4.1      Verwys na GROEIPYNE.

          4.1.1    Word die woorde stuk en tafel in raampie 1 denotatief of konnotatief
                   gebruik?                                                                      (1)

          4.1.2    Watter rol speel die leestekens in Ma se woorde in raampie 1 om haar
                   gesigsuitdrukking te regverdig?                                               (2)

          4.1.3    Wat is die geïmpliseerde betekenis van Pa se woorde in raampie 2?             (1)

 4.2      Verwys na STOFFEL.

          4.2.1    Benoem die sinstipe wat op die kennisgewingbord voorkom.                      (1)

          4.2.2    Skryf die vergrotende trap van die onderstreepte woord in raampie 2
                   neer.                                                                         (1)

 4.3      Verwys na MAMA TAXI.

          4.3.1    Die spreker in die laaste raampie bedoel dit letterlik. Verduidelik wat sy
                   woorde op figuurlike vlak beteken.                                            (1)

 4.4      Verwys na HÄGAR.

          4.4.1    Skryf Hernia se woorde in die eerste raampie in die ontkennende vorm.         (1)

          4.4.2    Gee die korrekte afkorting vir die onderstreepte woord in raampie 3.          (1)

 4.5      Verklaar die ironie wat in die LAASTE strokie voorkom.                                 (1)
                                                                                                [10]

                                                  EN

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com

12                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 5: ADVERTENSIE

Lees die onderstaande teks en beantwoord die daaropvolgende vrae.

     1   NUWE BANKNOTE
         So uniek soos Nelson Mandela self
     2   Die Suid-Afrikaanse Reserwebank reik met trots nuwe banknote uit. Om die nuwe
         kenmerke te kan herken, moet jy net oplet na hoe dit lyk, voel en kantel.
     3   VOORKOMS                 4 GEVOEL                      5 KANTEL
         Nelson Mandela het die      Nelson Mandela se              Nelson Mandela het
         grootste deel van sy        integriteit het ons            bewys dat verandering
         lewe opgeoffer sodat        almal geraak.                  moontlik is. Wanneer jy
         ons ’n beter toekoms        Wanneer jy die nuwe            die nuwe banknote
         kan hê. Wanneer jy die      banknote vashou,               kantel, behoort jy die
         nuwe banknote teen die      behoort jy die                 volgende te sien:
         lig hou, behoort jy die     volgende te voel:                SEKURITEITSDRAAD:
         volgende te sien:               TEKSTUUR: Daar               Die sekuriteitsdraad sal
            WATERMERK: ’n                sal ’n tasbare,              verander na gelang van
            Skadubeeld van               verhewe tekstuur             die kleur van die
            Nelson Mandela               oor die beeld van            banknoot. In die
            verskyn aan die              Nelson Mandela,              sekuriteitsdraad kan die
            linkerkant.                  die Suid-                    syfer, die landswapen
            DIER: Die dier               Afrikaanse                   asook die woorde
            agterop is                   Reserwebank en               “SARB” en “RAND”
            deurskynend, wat ’n          die landswapen               gesien word.
            kenmerk van die nuwe         wees.                        KLEURVERANDEREN-
            banknote is.                                              DE INK: Die nommer
     6                                                                regs onder op die R10
                                                                      en R20 het
               ONE OF A KIND
                                                                      kleurveranderende ink,
                                                                      terwyl die R50, R100 en
                                                                      R200 SPARK
                                                                      kleurveranderende ink
                                                                      het wat ’n rolstaaf-effek
                                                                      het.

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com

(SEPTEMBER 2013)                          AFRIKAANS HUISTAAL V1                           13

 5.1      Skryf die verkleinwoord van die onderstreepte woord in paragraaf 1 neer.       (1)

 5.2      Wat is die antoniem van die donkergedrukte, kursiewe woord in paragraaf 1?     (1)

 5.3      Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 2 in die lydende vorm.             (1)

 5.4      Dink jy dis ’n geslaagde advertensie? Motiveer jou antwoord met TWEE
          gepaste redes.                                                                 (2)

 5.5      Skryf die infinitief in die tweede paragraaf neer.                             (1)

 5.6      Herskryf die onderstreepte sin in paragraaf 3 in die teenwoordige tyd.         (1)

 5.7      Wat is die funksie van die dubbelpunte in die advertensie?                     (1)

 5.8      Skryf die bepaler van die onderstreepte samestelling in paragraaf 4 neer.      (1)

 5.9      Waarom kan die slagspreuk in die laaste paragraaf, One of a kind in suiwer
          Afrikaans met Enig in sy soort vertaal word?                                   (1)
                                                                                        [10]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:    30
                                                                       GROOTTOTAAL:      70

## Related documents

- [AFR HL P1 MEMO GR12 SEP2013](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-gr12-sep2013/b7b7b54a-1858-43b7-a730-fe08c26a79bc) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRHL P2 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-s13-qp-afr/9353aacc-7375-488a-a2e2-a28a0a219240) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr12-sept2013/e3904837-182b-48a9-a4cd-c079b3ff377d) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018/1ce4fa24-e898-4838-aca4-201440bb7177) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
