# Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 1 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-sept2017/ca71256c-c51c-4147-a3cd-2f0c73e04472
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P1 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-sept2017/ca71256c-c51c-4147-a3cd-2f0c73e04472)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2017

                 AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 UUR

                                 *AFRHL1*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 14 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
  2                                     AFRIKAANS HUISTAAL V1          (EC/SEPTEMBER 2017)

      INSTRUKSIES EN INLIGTING

      1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

           AFDELING A:       Leesbegrip                     (30)
           AFDELING B:       Opsomming                      (10)
           AFDELING C:       Taalstrukture en -konvensies   (30)

      2.   Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

      3.   Beantwoord AL die vrae.

      4.   Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

      5.   Trek ŉ streep na elke afdeling.

      6.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
           vraestel gebruik is.

      7.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

      8.   Skryf netjies en leesbaar.

      9.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

      10. Voorgestelde tydsindeling:

           AFDELING A:         50 minute
           AFDELING B:         30 minute
           AFDELING C:         40 minute

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  3

  AFDELING A: LEESBEGRIP

  VRAAG 1

  Lees en kyk na die meegaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

  TEKS A: ARTIKEL

                        IS JOU VLIEGTUIG VEILIG?
  As net na noodlottige voorvalle gekyk word, lyk lugvaart baie veilig. Maar die
  werklike ongelukrisiko in die lugvaartbedryf is waarskynlik veel hoër as wat ons dink.

  1      Op 19 Mei 2016 het vlug MS804 van EgyptAir, wat van Parys na Kaïro
         onderweg was, in die Middellandse See neergestort. Al 66 passasiers en
         bemanningslede aan boord het gesterf. Terreur word genoem as moontlik een
         van die oorsake. Dit was die vyfde keer sedert begin 2016 dat ŉ vliegtuig van
         ŉ groot lugdiens neergestort het. Is vlieg so veilig soos ons altyd wys-gemaak
         is? ŉ Kriminoloog wat veiligheids- en sekuriteitsleierskap bestudeer, het
         ondersoek ingestel na hoe die lugdiensbedryf sy veiligheidsgeskiedenis meet.
         Die vlak van veiligheid en sekuriteit in die kommersiële lugdiensbedryf word
         hoofsaaklik beoordeel deur spesifieke soorte noodlottige ongelukke te
         ondersoek en deur te kyk of hulle voldoen het aan bestaande regulasies.

  2      Dit is belangrik om daarop te let dat net 6% van die vliegtuigongelukke verlede
         jaar volgens die International Air Transport Association sterfgevalle ingesluit
         het. Hierdie feit verwring die bepaling van risiko wesenlik. Risiko-bepaling moet
         ook noue ontkomings in ag neem, asook voorvalle waarin passasiers beseer
         is. Vier verskillende bedreigings of risikokategorieë gaan uitgelig word om ŉ
         akkurater prentjie van die gevare te skets.

  3      Lughawesekuriteitsrisiko’s wys etlike veiligheidsleemtes op lughawens uit.
         Eerstens is daar die keuring van lughawepersoneel. ŉ Verslag toon dat daar
         nie doeltreffende maatreëls in plek is om lugvaartpersoneel met ŉ misdaad-
         geskiedenis uit te lig nie. Die probleem van personeelkeuring is selfs van meer
         kardinale belang in lande soos Egipte, waar keuringspraktyke swak is.
         Daarbenewens is bevind dat veiligheidsbeheerpunte ook nie na wense
         funksioneer nie soos deur ŉ koverte* staatsagentgroep wat organisasies se
         prestasie en doeltreffendheid toets, uitgelig is. Hierdie swak uitslae het in groot
         stede oor die VSA voorgekom. Boonop het agente nie individuele gevaarlike
         artikels in bagasie onderskep nie, met inbegrip van ŉ nagemaakte bom op die
         Newark Liberty-lughawe in New Jersey. Lughawens se veilige gebiede is ook
         binnegedring deur hierdie geheime groep.

  4      Volgens data wat deur die Federal Aviation Administration (FAA) se Aviation
         Safety Report Administration System ingesamel is, ervaar die kommersiële
         lugdiensbedryf gereeld nie-noodlottige ongelukke. Hierdie selfaangemelde
         voorvalle sluit in: kritieke hoogteafwykings tydens vlugte, brandstofbestuur-
         kwessies tydens vlugte, rook en ŉ brand in die kajuit tydens vlugte, onverwagte
         weerstoestande tydens vlugte, meganiese probleme tydens vlugte, moeë
         bemanningslede, mediese geskiktheid van vlieëniers en amperse lugbotsings
         met ander vliegtuie en onbemande vliegtuie (hommeltuie). Hierdie voorvalle
         hou ernstige risiko’s vir passasiersveiligheid in. Die Federal Aviation

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
  4                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

           Administration (FAA) se syfers toon dat daar verlede jaar meer as 700 amperse
           lugbotsings tussen vliegtuie en hommeltuie was. Voorts was daar ook 28
           kritieke amperse lugbotsings tussen vliegtuie in die VSA. Verlede jaar is ook
           1 546 personeellede wat vir lugdiensveiligheid verantwoordelik is (met inbegrip
           van 38 vlieëniers) positief vir een of meer van vyf onwettige dwelmmiddels
           getoets. Dit is belangrik om te let daarop dat dit wat nie-noodlottige voorvalle
           veroorsaak, ook noodlottige ongelukke kan veroorsaak.

   5       Daar is onlangs op etlike lugdiensmaatskappye toegeslaan deur die FAA
           omdat hulle nie aan die regulasies voldoen het nie. So is Southwest beboet
           omdat ŉ vliegtuig 120 vlugte onderneem het voordat skade weens ŉ lugdruk-
           dalingsvoorval ondersoek is. Hulle is die vorige jaar ook beboet omdat hulle nie
           gereelde inspeksies van onderstelle na elke 6 700 vlugte onderneem het nie.
           Skywest het ook nie gekraakte vragdeure van twee passasiers-vliegtuie
           geïnspekteer nie. Verlede jaar is United Airlines met $1,3 miljoen beboet weens
           120 skendings van regulasies met betrekking tot gevaarlike vrag op
           passasiersvlugte, waaronder litium-metaalbatterye, droë ys, korroderende
           vloeistowwe, knalontstekers, fosforsuur en etanol-oplossings. In 2009 het die
           FAA beweer US Airways en United Airlines het vliegtuie wat in ŉ onveilige
           toestand was, veelvuldige vlugte laat onderneem. Hierdie gevalle is nie
           uitsonderings nie. Nalatigheid wat betref die volg van instandhoudings-
           prosedures en laksheid om die reaksie op ŉ gegewe voorval in werking te stel
           soos deur protokol vereis, kom meer dikwels voor as wat ons dink. In die eerste
           drie kwartale van 2015 is meer as 100 lugdienste en instandhoudings-
           diensmaatskappye weens die skending van regulasies beboet. Die meeste van
           hierdie skendings het nie met voorvalle tydens vlugte verband gehou nie, maar
           sê wel heelwat oor die veiligheidskultuur in die lugvaartbedryf.

   6       Nog ŉ ontluikende risiko is kuberveiligheid. Die lugvaartbedryf hanteer
           toenemend hoëtegnologie vliegtuie wat gesofistikeerde stelsels en programme
           vereis, wat weer kwesbaar vir kuberkrakers is. Die meeste vliegtuie gebruik
           outomatiese waarnemingstegnologie waarmee ŉ vliegtuig sy posisie deur
           middel van satellietnavigasie bepaal en wat onversleutelde data oor dié posisie
           uitstuur. Mense met kwade bedoelings kan met hierdie data peuter, wat die
           werklike posisionering van die vliegtuig kan wysig. Chris Roberts, ŉ
           kuberkraker, beweer hy kon via die vliegtuig se vermaakstelsel toegang tot
           kritieke vliegtuigfunksies verkry, waaronder die enjin. Die Amerikaanse
           regering se verantwoordbaarheidskantoor het ook etlike kwesbaarhede
           geïdentifiseer met betrekking tot die inligtingstelsels wat deur lugverkeer-
           beheer gebruik word. Inligtingstelsels en rekenaarprogramme wat deur die
           lugvaartbedryf gebruik word, is ontwikkel om op werkverrigting-uitdagings
           eerder as veiligheidskwessies te reageer. Ons kan dus nie ons meting van
           sekerheid tot noodlottige voorvalle beperk nie. Uit dié perspektief lyk lugvaart
           baie veilig. Neerstortings kom immers min voor.

   7       As ál die nie-noodlottige voorvalle in ag geneem word, is die werklike
           ongelukrisiko in die lugvaartbedryf veel hoër.
           *koverte (geheime)
                                                         [Aangepas uit Die Burger, 9 Julie 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 5

  1.1    Watter woord in paragraaf 1 gebruik die skrywer om ŉ skrikbewind of
         geweldpleging aan te dui?                                                                (1)

  1.2    Waarom is die bepaling van risiko volgens paragraaf 2 verwronge en
         onvoldoende?                                                                             (2)

  1.3    Verduidelik hoe die inhoud van paragraaf 3 - wat veiligheid en sekuriteit betref -
         aansluit by die onderstreepte gedeelte van paragraaf 1.                                  (3)

  1.4    Volgens paragraaf 4 hou nie-noodlottige ongelukke ŉ wesenlike gevaar in vir
         passasiers van kommersiële lugdiensbedrywe. Motiveer wat hierdie aanname
         regverdig. Sê ook waarom die skrywer se aanname nie as ŉ feit beskou kan
         word nie.                                                                                (4)

  1.5    Herlees paragraaf 4. Waarom sou die data wat ingesamel word as betroubaar
         of onbetroubaar aanvaar kan word?                                                        (1)

  1.6    Die skrywer beklemtoon die tema van die leesstuk aan die einde van
         paragraaf 4. Skryf die tema van hierdie leesstuk in jou eie woorde in EEN sin.           (1)

  1.7    Dui die optrede van die FAA teenoor die lugdiensmaatskappye wat oortree aan.             (2)

  1.8    Die Southwest lugredery kan hulself as gelukkig ag. Waarom?                              (2)

  1.9    Noem DRIE belangrike verantwoordelikhede waaraan lugdiensmaatskappye
         moet voldoen volgens paragraaf 5.                                                        (3)

  1.10   Wat vind jy skokkend omtrent die laaste sin van paragraaf 5 in die lig van hierdie
         artikel?                                                                                 (1)

  1.11   Watter tegniek gebruik die skrywer om sy misnoeë oor die veiligheidskultuur in
         die lugvaart uit te lig?                                                                 (1)

  1.12   Hoekom word kuberveiligheid as ŉ toenemende risiko in die lugvaartbedryf
         hanteer?                                                                                 (2)

  1.13   Waarom blyk dit dat satellietnavigasie ŉ groot risiko is volgens paragraaf 6?            (1)

                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
  6                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                 (EC/SEPTEMBER 2017)

   TEKS B: VISUELE TEKS

                                                         [Uit Die Burger, 10 September 2013]

   1.14    Bepaal die verband tussen die woorde van die persoon wat in die
           speelgoedvliegtuig sit en TEKS A.                                                     (2)

   1.15    Watter afleiding kan ŉ leser uit TEKS B oor Suid-Afrikaanse vlieëniers se
           opleiding maak?                                                                       (1)

   1.16    Hoe word die neerstort van die vliegtuig in TEKS B beklemtoon en wat was die
           redaksie van Die Burger se doel met hierdie visuele teks?                             (3)

                                                                TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                    7

  AFDELING B: OPSOMMING

  VRAAG 2
   Lees die onderstaande teks en maak ŉ opsomming van SEWE wenke hoe om
     jou innerlike kritikus stil te maak.
   Jou opsomming moet in jou eie woorde in ŉ duidelike, sinvolle paragraaf
     aangebied word en mag nie meer as 90 woorde beslaan nie.
   Moenie jou opsomming ŉ titel gee nie.
   Dui die getal woorde wat jy gebruik het, aan.

  TEKS C

   JOU EIE VERBALE MISHANDELING – HOE OM JOU INNERLIKE KRITIKUS SE
                          MOND TE SNOER
  ŉ Mens se innerlike dialoog speel ŉ belangrike rol in jou sukses, maar dit kan jou ook
  keer om jou volle potensiaal te bereik. Jou gedagtes het ŉ groot invloed op hoe jy voel
  en optree en kan tot negatiewe en afbrekende selfgesprekke lei.
  Raak bewus van jou gedagtes. Ons kom nie eers meer agter watter boodskappe ons
  vir onsself stuur nie. Net omdat jy iets dink, beteken nie dis waar nie. Ons gedagtes
  is dikwels oordrewe, bevooroordeeld en buite verhouding tot die werklikheid.
  As jy ŉ fout gemaak het of ŉ slegte dag gehad het, moenie die gebeure oor en oor in
  jou kop afspeel nie. Trek jou aandag af met ŉ aktiwiteit, of praat oor heeltemal ŉ ander
  onderwerp. Hou dus op tob.
  Behandel jouself met dieselfde deernis waarmee jy ŉ vriend of vriendin sal behandel.
  Vra jouself af watter raad jy ŉ vriendin of vriend sou gegee het. Jy sal nie aan
  haar/hom sê sy/hy kan niks reg doen nie of dat niemand van haar/hom hou nie.
  Ondersoek die getuienis. ŉ Mens moet leer om te herken en erken wanneer jou
  gedagtes erg negatief is. Ondersoek dan die “getuienis’ wat daardie gedagte bevestig
  of weerlê. Skryf alles wat jou selfkritiek staaf aan die een kant en dit wat dit weerlê
  aan die ander kant. Dit help dat jy rasioneel en minder emosioneel na ŉ situasie kyk.
  Vervang “ek doen altyd alles verkeerd” deur “soms doen ek dinge regtig goed en soms
  nie.” Doen dit elke keer wanneer jouself betrap dat jy superkrities op jouself is.
  Vervang dus oordrewe kritiese gedagtes deur meer akkurate, rasionele en realistiese
  stellings.
  Dink hoe erg dit nou eintlik sou wees as jou selfkritiek waar was. Dis dikwels nie so
  erg soos wat ons onsself wysgemaak het nie. Deur jouself daaraan te herinner dat jy
  probleme, foute en taai tye kán hanteer, gee jy jou selfvertroue ŉ hupstoot en help jy
  om die konstante stroom selfkritiek te stuit.

  Om jou swak punte te aanvaar beteken nie dit hoef vir altyd so te bly nie. Aanvaar jou
  foute, maar erken ook dat daar dalk dinge is waaraan jy kan werk. Aanvaar jouself
  terwyl jy aan jou (werklike) probleemgebiede werk.
                                                         [Aangepas uit: Rooi Rose, Junie 2016

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
  8                                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                   (EC/SEPTEMBER 2017)

   AFDELING C: TAAL

   VRAAG 3: ADVERTENSIE

   Bestudeer die advertensie en beantwoord die vrae wat volg.

   TEKS D

   1           Alewig onrustig
   2           Die Mercedes-Benz GLA
   3           Wanneer laas het jy gedoen wat jy wil, nie wat jy
   4           veronderstel was om te doen nie? Vergeet van daardie
   5           keer, wat saakmaak is nou. Ontmoet die avontuurlike
   6           Mercedes-Benz GLA. Opsioneel beskikbaar met die
   7           instinktiewe 4MATIC* allewielstelsel en die gerieflike
   8           MAKLIK-PAK kattebak. Hy’s die bobaas sportnuts vir
   9           avontuur…

   10          *Beskikbaar op die 220 CDI-model. Voertuigspesifikasies mag
               verskil vir die Suid-Afrikaanse mark.
   11

   12

   13
   14

                                                                             [Uit Sarie, Julie 2016]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                              9

  3.1    Wie is die teikenmark van hierdie advertensie?                                       (1)

  3.2    Verduidelik hoe die woorde in reël 1 en die attributiewe byvoeglike
         naamwoord in die onderstreepte sin in reëls 5 en 6 by mekaar aansluit.               (1)

  3.3    Verander die vraende sinswyse in reëls 3 en 4 na die gebiedende wyse.                (1)

  3.4    Verander die onderstreepte sin in reëls 5 en 6 na die ontkennende wyse.              (1)

  3.5    Hoe sou die kopieskrywer die vetgedrukte woord in reël 5 anders kon uitlig?          (1)

  3.6    Waarom is die gebruik van die asterisk in reël 7 nodig?                              (1)

  3.7    Haal ŉ woord uit reël 8 aan wat ŉ nuutskepping is.                                   (1)

  3.8    Verduidelik hoe die kopieskrywer in reël 8 manipulerende taal suksesvol
         gebruik deur na die vetgedrukte woord te verwys.                                     (1)

  3.9    Vorm ŉ persoonsnaam van die woord in reël 9.                                         (1)

  3.10   Bespreek die geïmpliseerde betekenis van die slagspreuk.                              (1)
                                                                                              [10]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
  10                                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                           (EC/SEPTEMBER 2017)

   VRAAG 4: STROKIES

   TEKS E

   Die onderstaande vrae is op die strokies (TEKS E) gebaseer:

   4.1                              In die hoof se kantoor:
                                                                                                      Ek is nie die
                                  Sakkie, jou dae as                                                enigste een met
                                afrigter by die skool is                                            geraamtes in die
                                 verby. Jy het tot die                                               kas nie! Jy sal
                              einde van die dag om jou                                                weer van my
                                 kantoor te ontruim.                                                 hoor! En vinnig
                               Hoe kon jy steroïede vir                                                   ook!
                                      ‘n kind gee?
                               Ek sal seker maak jy rig
                               nooit weer rugby af nie.

                                     1

                                    John is gevang dat hy roids gebruik, Pieter. Coach het dit
                                                    blykbaar vir hom gegee.
               Sjoe, Nthabiseng!
                Wat gaan aan?

                                                                                           Dit lyk of Van Tonder hom afgedank het.
                                     2

              Jy moet waag om my seun te skors... Watter               Ek kan nie glo jy           Ek moes nooit gespuit het nie.
                            bewyse het julle?                          is uitgevang nie!
             Meneer Van Tonder, as jy wil hê ek moet ‘n eis                                      Ma het my dit laat doen. Hulle gaan
                                                                       Is jy dom, John?                my skors uit rugby uit!
              teen jou skool instel, sal jy voortgaan om die
                           leuens te versprei!

                   3                                                     4

                                                                                                        HELP!
                   Jou ondankbare klein hel! Ek wou net die beste         Later tussen die           Iemand doen
                   vir jou hê! Jy droom daarvan om ‘n Springbok te        klaskamers...                  iets!
                          word... hoe anders sou jy dit regkry?!                 Uhn...

                   5                                                         6                            7

           4.1.1       Wat beteken die onderstreepte idioom in raampie 1?                                                                     (1)

           4.1.2       Gebruik die donker, vetgedrukte woord in raampie 2 as ŉ byvoeglike
                       naamwoord in ŉ verklarende sin.                                                                                        (1)
           4.1.3       Wat is die geïmpliseerde betekenis van John se ma se woorde in
                       raampie 5?                                                                                                             (1)
           4.1.4       Wat kan jy aflei uit die lyftaal van die meisie in raampie 7?                                                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                                          11

  4.2

                                               8

           Later die dag in                                             Nee, darem nie. Die
                               John, jy   Is jy OK, John? Ek                                          Hoekom het jy
           die hospitaal...                                             dokter sê hy dink dit                             Kan ek jou
                                het ‘n      het gedink jy kry                                         roids gebruik?
                                                                        was ‘n panic attack.                               vertrou,
                              besoeker.      ‘n hartaanval?                                         Hoekom sal jy so
                                                                 Hulle stel voor                     ‘n kans met jou       Karin?
                                                                   ek gaan vir                         toekoms vat?
                                                                  twee weke na
                                                                 M-Care Optima.                                 Jy kan.
                                                                   Die stres en
                                                                   goed is nou
                                                                 baie. Wat doen
                                                                     jy hier?

                                                               Ek is
                                                            bekommerd
               9                                   10         oor jou.                                    11

                                                                My pa is in ŉ hijacking doodgeskiet.
                                                                 Ek was toe nog klein en ons het in
                                                                  Jo-burg gebly. My ma het daarna
                                                                  baie verander... Sy het gesê ek is
                                                                  nie slim genoeg om te gaan swot
                                                                nie, maar ek sal vir die Springbokke
                                                                      kan speel as ek alles insit.
                                                                         Ek hét alles ingesit...
                                                                 Maar later was dit vir haar nie meer
                                                                             genoeg nie.
                                                                Sy en coach het gepraat en hulle het
                                                                    voorgestel ek moet steroïdes
                                                                  gebruik. Sy het gesê: “Jy sal dan
                                                                 sonder twyfel eendag vir die Bokke
                                                                speel. Ek wil net die beste vir jou hê”
                                          12

         4.2.1        Gee die korrekte Afrikaans vir die onderstreepte woorde in raampie 10.                                                (1)

         4.2.2        Gee die antoniem van die onderstreepte woord in raampie 11.                                                           (1)

         4.2.3        Lewer kommentaar oor die taalgebruik van die leerders.                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
  12                                                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  (EC/SEPTEMBER 2017)

   4.3          By ŉ skole        Mev. Van Rooyen, hoe kon jy dit aan     John is mos met roids gevang.
             rugbywedstryd...      John doen? Ek tree nou teen jou en      Van Tonder het toe uitgevind
                                                                           John se ma en die afrigter sit   So, dís hoekom ons
                                  ander ouers op wat hul kinders dwing                                       nou met die stupid
           Van Tonder, dis jou         om tot elke prys te presteer.       daaragter. Die skoolhoof het
                                                                          Kinderbeskerming gebel en die        hulpafrigter sit.
            skuld dat my kind    Ek gaan uitvind watter ander ouers ook                                     Die skoolhoof gaan
           van my weggevat is!                                                polisie en maatskaplike
                                  hul seuns steroïede laat gebruik het.   dienste het John weggevat. Ek nog maak dat ons die
               Hoe kon jy?          Julle verwoes jul kinders se lewe.                                      liga verloor. En ons
                                                                          dink hy bly nou by ‘n familielid.
                                                                                                            seuns gaan sonner
                                                                             Wat het                        rugbykontrakte sit...
                                                                             gebeur?

            13                                                            14

           4.3.1       Identifiseer die voorwerpsin van die onderstreepte sin in raampie 13.                                        (1)

           4.3.2       Skryf die middelste man in raampie 14 se laaste sin in die indirekte
                       rede.                                                                                                        (1)

           4.3.3       Aan watter klankverskynsel maak die spreker hom in die
                       onderstreepte woord in raampie 14 skuldig?                                                                    (1)
                                                                                                                                    [10]

Kopiereg voorbehou                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2017)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  13

  VRAAG 5: ARTIKEL

  Beantwoord die vrae wat op die teks gebaseer is.

  TEKS F

                                       Wat as ...
  1      Daar was onlangs ŉ program op televisie wat handel oor die lewe van mense
         wat die lotery gewen het. In Amerika het ŉ vrou 91 miljoen dollar ryker geword,
         ŉ ander vrou het 50 miljoen dollar gewen en ŉ egpaar 266 miljoen
         dollar. Hierdie geld is nie eenmalig aan hulle uitbetaal nie, wel in paaiemente
         oor ŉ tydperk wat tot 20 jaar lank kan wees. Die wenner ontvang dikwels maar
         ongeveer 50% van die totale prys, die res gaan na die (5.1) belastinggaarder,
         maar dit bly ŉ ondenkbare hoeveelheid (5.2) welvaart.

  2      Dit was duidelik dat die vervaardiger van die program wou wys hoe lewens
         oornag kan verander en hoe fassinerend dit is dat die meerderheid van hierdie
         gelukkiges hul geld binne enkele jare verloor; sommige verval in groter
         armoede as wat hulle voorheen beleef het. (5.4) Die redes hiervoor is dat
         meeste mense geen benul het hoe om met geld te werk nie, dat (5.5) weinig
         mense eenvoudig nie vooruit beplan nie en dat familie, kennisse en
         sogenaamde beleggers (5.6) soos wolwe kan toesak op diegene wat
         voorspoed beleef.

  3      (5.8) Wat my opgeval het, is die feit dat feitlik almal binne ure by hul werkplek
         bedank het. Sommige het hul eie besighede begin. Die meeste het egter
         heeltemal ophou werk, hulle wys foto’s van hul reise en vyfsterhotelle waar
         hulle tuisgaan.

  4      Wat onverklaarbaar is, is die gebrek aan ŉ loopbaan, aan werk, aan ŉ
         lewenstaak. Dit wat ons doen, ons werk (5.9) (definisie) ons. (5.10) Moet dit
         dan nie een van die wonderlikste goed op aarde wees nie? Selfs al wen ons
         miljoene, moet ons daar wil bly, want dit maak ons tevrede en beter en gesond
         en opgewonde.
                                                        [Aangepas uit SARIE, Augustus 2015]

  5.1    Identifiseer die bepaler van die onderstreepte woord in paragraaf 1 en gebruik
         sy basisvorm/stam in ŉ duidelike sin om die betekenis daarvan aan te dui.                 (1)

  5.2    Tot watter woordsoort behoort die laaste woord in paragraaf 1?                            (1)

  5.3    Gee die intensiewe vorm van die vetgedrukte woord in paragraaf 2.                         (1)

  5.4    In paragraaf 2 is daar ŉ bepaalde lidwoord weggelaat. Skryf die onderstreepte
         gedeelte oor en voeg die ontbrekende lidwoord in.                                         (1)

  5.5    Verskaf die vergrotende trap van die tweede vetgedrukte woord in paragraaf 2.             (1)

  5.6    Watter konnotasie heg ons aan die onderstreepte frase in paragraaf 2?                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
  14                                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                (EC/SEPTEMBER 2017)

   5.7     Watter beeldspraak lê in die onderstreepte frase in paragraaf 2 opgesluit?            (1)

   5.8     Brei die onderstreepte sin in paragraaf 3 uit met ŉ bywoordelike bepaling.
           Skryf die hele onderstreepte gedeelte neer en onderstreep slegs die
           bywoordelike bepaling.                                                                (1)

   5.9     Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies in paragraaf 4.                     (1)

   5.10    Verander die onderstreepte sin van paragraaf 4 na die verlede tyd.                  (1)
                                                                                              [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING C:              30
                                                                     GROOTTOTAAL:                70

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRHL P1 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-memo-sept2017/12a4ae65-a5fc-4fbd-9c41-7e87a5659a99) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [Afrikaans HL P1 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-feb-march-2017/4b510bf1-897d-48b4-97b1-3bb8f71ded49) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 QP GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-qp-gr12-sept-2021/3d8a0765-43fa-465c-8b97-0c72f3e99464) — Afrikaans HL · QP · 2021 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 QP SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-qp-sept2020/54595e79-3d93-4ae2-b134-974b78fd2965) — Afrikaans HL · QP · 2020 · Afr
- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018/1ce4fa24-e898-4838-aca4-201440bb7177) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afr HT P1](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1/1dd0eb5c-863e-4c01-b203-984c13b8b5b9) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
