# Afrikaans HL Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP

> Grade 11 Afrikaans HL question paper from the Eastern Cape November 2013, 13 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1gr11-qp-nov2013/601cc775-0415-462d-abfb-30f5c8746b8b
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape November
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 Eastern Cape November 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1gr11-qp-nov2013/601cc775-0415-462d-abfb-30f5c8746b8b)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2013. Question paper, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                     NASIONALE
                 SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                 NOVEMBER 2013

              AFRIKAANS HUISTAAL V1

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                 Hierdie vraestel bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                         AFRIKAANS HUISTAAL V1                        (NOVEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.   Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A:       Leesbegrip                 (30)
     AFDELING B:       Opsomming                  (10)
     AFDELING C:       Taal                       (30)

2.   Voorgestelde tydsindeling:

     AFDELING A:       ongeveer 50 minute
     AFDELING B:       ongeveer 25 minute
     AFDELING C:       ongeveer 45 minute

3.   Lees ALLE instruksies noukeurig deur.

4.   Beantwoorde AL die vrae.

5.   Begin ELKE afdeling op ŉ nuwe bladsy.

6.   Trek ŉ streep ná elke afdeling voltooi is.

7.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik word.

8.   Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.   Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

10. Skryf netjies en leesbaar.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                   3

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 VRAAG 1: ARTIKEL, ADVERTENSIE EN STROKIESPRENT

 Lees en kyk na die onderstaande tekste en beantwoord die vrae wat daarna volg.

 TEKS 1

                  MY HARTJIE, MY LIEFIE – LEES MY BOODSKAP

 1.    Internet-romanse is sosiaal aanvaarbaar en word lankal nie meer as die
       laaste toevlugsoord van bleeksiele en wanaangepastes beskou nie. Hoewel
       aanlyn-vlerksleep meer toeganklik en minder stresvol as toeoogafsprake is,
       loop ons die gevaar om kontak met die regte wêreld te verloor skryf RYAN
       DUGGINS.

 2.    MILJOENE intekenare, derduisende foto’s en ŉ magdom webwerwe waaruit
       jy kan kies – webwerwe wat alte lekker rondspeel met die klomp geld wat
       hulle van intekenare kry.

 3.    Dit lyk of die wêreld van aanlynflikflooi flink vooruit boer, met mans en vroue
       wat ewe gretig die profielbladsye invul. Hulle deins nie terug van hierdie
       opwindende internet-wonder nie waar mense mekaar ontmoet, gesels, ogies
       maak, stories uitruil en in die gemak van hul eie huis mekaar beter leer ken.

 4.    Maar hoewel die toetrede tot internet-romanse dalk vir jou na ŉ dapper stap
       lyk, bevestig hierdie manier van kontak net een ding: Dat die persoon nie
       eintlik daarin belangstel om regtig, in lewende lywe, ŉ gesprek aan te knoop
       met iemand wat hulle nie ken nie.

 5.    Alle romanse-webwerwe berus op dieselfde basiese beginsel. Dit is ŉ sosiale
       platform met die uitsluitlike doel om mense bymekaar uit te bring, ŉ
       plaasvervanger vir die oënskynlik moeisame pogings wat jy moet aanwend
       om iemand te ontmoet en ’n verhouding aan te knoop.

 6.    Hierdie webwerwe bemark hulself as ŉ ridder op ’n wit perd wat jou van jou
       trauma sal verlos, en jou uit jou eensame slaapkamer sal wegvoer na ŉ
       wêreld vol mense wat net soos jy dink en voel.

 7.    Wat het dan geword van die opwinding wat ons beleef het toe ons daardie
       spesiale iemand ontmoet het? Het ons in die digitale era só afgestomp
       geraak dat ons dink ons móét alles aanlyn doen bloot omdat ons kan?

 8.    In 2012 begin dit lyk of die een ding wat ons beslis nié wil doen nie, is om
       mense in lewende lywe te ontmoet en hulle gaandeweg beter te leer ken met
       die oog op ŉ verhouding.

 9.    Wat almal blykbaar vergeet het, is dat ons wel elke dag nuwe mense ontmoet
       – van die openbare vervoer op pad werk toe tot die gesellighede ná werk.

 10. Die romantiese moontlikhede is daar, maar die meeste mense vermy
     oogkontak en bemoei hulle met hul eie sake. En dan kla hulle almal werk te
     hard en is te besig om iemand spesiaal te ontmoet!

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                               (NOVEMBER 2013)

11.   Die ry in die koffiewinkel, die propvol trein of bus op pad huis toe, die
      klerewinkel, die bank – al hierdie plekke bied moontlikhede vir ’n vervullende
      gesprek met iemand wat jy van geen adamskant af ken nie.

12.   Maar sal ’n mens so iets waag? Natuurlik nie, netnou dink die ander
      persoon jy is voor op die wa. Waarom sou mense so dink? Waarom sou
      ons hierdie een feit bevraagteken, want in die lig van die toename in aanlyn-
      webwerwe maak dit tog glad nie sin nie.

13.   Almal hou daarvan as iemand met hulle gesels, veral as dit iemand is wat in
      hulle belangstel en hulle aantreklik vind. ’n Dag kan byvoorbeeld ŉ absolute
      hoogtepunt wees – al het dit nog skaars begin – wanneer iemand wat pas
      by jou verbygeloop het, twee keer kyk en vir jou glimlag.

14.   Ons hou van daardie elektriese skokke wanneer iemand wat ons vir die
      eerste keer ontmoet, in ons belangstel en ŉ geselsie aanknoop.

15.   As dit die geval is, begin ŉ mens wonder waarom mense digitale
      uitlaatkleppe nodig het wat hierdie gevoelens ondermyn. En dit veroorsaak
      dat hulle sommer op ’n ete-afspraak gaan met iemand wat hulle op die
      internet leer ken het – en eintlik nog glad nie ken nie.

16.   Dit klink dalk oudmodies, maar wil ons regtig soveel moontlik van iemand
      weet voor ŉ eerste afspraak? En belangriker: Ontneem mense nie hulself
      van daardie opwinding om iemand se voor- en afkeure te “lees” voordat ons
      hulle reguit daaroor uitvra nie?

17.   Dit wil voorkom of mense deesdae gemak en gerief bo alles stel. Ons is
      voorstanders van alles wat dit makliker maak om iets in die hande te kry wat
      gewoonlik moeite sou verg, selfs as dit emosionele verbintenisse behels.
                                                           [Uit NuusNou, 19 April 2012]

1.1   Watter misverstand het internet-romanse uit die weg geruim?                         (2)

1.2   Die skrywer stel ’n voorwaarde vir diegene wat op webwerwe wil
      rondspeel/eksperimenteer. Noem dit.                                                 (1)

1.3   Wat is die hoofgedagte van paragraaf 3?                                             (1)

1.4   Lig EEN voordeel en nadeel van ŉ internet-romanse uit.                              (2)

1.5   Bespreek na aanleiding van paragraaf 5 of internet-romanse ’n goeie
      plaasvervanger vir die ware jakob is.                                               (2)

1.6   Wat suggereer die woorde ’n ridder op ’n wit perd ten opsigte van internet-
      romanse? Gee jou mening oor die effektiwiteit van hierdie woordkeuse.               (3)

1.7   Lees paragraaf 7 weer.

      Hoe voel die skrywer oor die hele digitale era?                                     (1)

1.8   Watter woordgroep in paragraaf 8 kontrasteer met die inhoud van
      paragraaf 7?                                                                        (1)

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                    AFRIKAANS HUISTAAL V1                                               5

 1.9    Almal vergeet blykbaar dat ŉ mens elke dag nuwe mense ontmoet.
        (paragraaf 9).

        Is dié stelling ’n feit of ’n mening? Motiveer jou antwoord met ŉ woord uit
        paragraaf 8.                                                                                  (2)

 1.10   Hoe dink jy, waarvan kan die mens wat hom met sy eie sake bemoei,
        beskuldig word? (paragraaf 10)                                                                (1)

 1.11   Wat suggereer die woorde ’n vervullende gesprek met iemand wat jy van
        geen adamskant af ken nie ten opsigte van romanse? Gee jou mening oor
        die geslaagdheid van hierdie woordkeuse.                                                      (3)

 1.12   Wat, volgens paragraaf 13, is vir alle mense lekker? Noem TWEE dinge.                         (2)

 1.13   Waaroor wonder die skrywer in paragraaf 15?                                                   (2)

 1.14   Verduidelik na aanleiding van paragraaf 16 wat die moderne siening oor
        verhoudings behels.                                                                           (2)

 1.15   Watter aanklag word in paragraaf 17 teenoor die moderne mens gemaak?                          (1)

 TEKS 2

                      Sy klink te oulik vir woorde, maar mense skep dikwels
                        aanlyn-profiele wat verskil van wie hulle regtig is.
                                                                      [Uit: NuusNou, 19 April 2012]

 1.16   Watter afleiding rakende bleeksiele maak jy na aanleiding van die visuele
        voorstelling?                                                                                 (1)

 1.17   Waarom kan dié voorstelling as seksisties beskou word?                                        (1)

 1.18   Verduidelik hoe dié voorstelling ironies is in die lig van die inhoud van
        paragraaf 14?                                                                                 (2)

                                                                       TOTAAL AFDELING A:             30

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                           (NOVEMBER 2013)

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2

    Lees die teks hieronder en maak ŉ opsomming van VIER tegnieke wat boelies
     gebruik om hul magsposisie te bewerkstellig, asook DRIE ondersteunings-
     tegnieke om slagoffers van boelies te help.
    Jou opsomming moet in jou eie woorde (in volsinne) puntsgewys of in
     paragraafvorm aangebied word en mag nie meer as 80 woorde beslaan nie.
    Dis nie nodig om vir die opsomming ŉ titel te gee nie.
    Dui die getal woorde aan wat jy vir die opsomming gebruik het.
                     BOELIERY: GROOT PROBLEEM IN S.A.

1.   Nuwe voorvalle van meisies wat mekaar afknou, verneder, slaan en skop het
     weer die groeiende probleem van boelies in skole aan die lig gebring.

2.   Twee gevalle in Bloemfontein waar meisies mekaar boelie en aanrand in
     bekende skole het skokgolwe deur die gemeenskap gestuur. Die meisies het
     mekaar getrap, geslaan, mekaar se hare getrek en in die een voorval is die
     een meisie se bril stukkend gegooi. Die slagoffers is op die grond gegooi,
     verneder en vertrap.

3.   ŉ Opname deur die maatskappy Pondering Panda het vandeesweek bekend
     gemaak die probleem van afknouery is deur kinders self as een van die
     ergste probleme in skole in Suid-Afrika uitgewys. Kinders tussen die
     ouderdom van 13 en 14 jaar word die meeste deur afknouery in Suid-
     Afrikaanse skole geraak. Sowat 25% skoolkinders tussen die ouderdom van
     15 en 17 jaar word ook deur boelies afgeknou. Die opname het getoon die
     meeste Indiërs (52%) beskou afknouery in skole as ’n ernstige probleem,
     gevolg deur wit (40%), bruin (35%) en swart Suid-Afrikaners (26%). Ouers is
     veral bekommerd oor die toename in afknouery onder skoolmeisies – selfs op
     laerskool. Die sogenaamde “koel meisies” bepaal wie vriende mag wees.

4.   Leoni Moolman, ŉ sielkundige in Bloemfontein, sê daar is verskeie vorms van
     boeliery, waarvan sommige soorte meer direk is en ander vorms meer subtiel.
     Volgens Moolman is daar altyd ŉ oortreder en ŉ slagoffer betrokke en die
     situasie kan hom op verskeie maniere ontvou.

5.   “Die oortreder wil gewoonlik in ŉ magsposisie wees en kan ŉ verskeidenheid
     van tegnieke gebruik om dit te bewerkstellig”. Die volgende is die mees
     algemene vorms van boeliery: Fisieke mishandeling: slaan, stamp, skop,
     pootjie; Verbale mishandeling: neerhalende en vernederende opmerkings,
     dreigemente, ŉ gevloek; Sosiale of verhoudingsmishandeling: waar groepe
     kinders ’n bepaalde slagoffer uitsluit, waar ŉ individu ander kinders
     manipuleer om die slagoffer te verwerp, om ŉ persoon te ignoreer, vals
     stories van iemand versprei; Kuberboeliery: vernedering via die internet (e-
     posse, Facebook, Mxit, Twitter ens) en/of selfone.

6.   Die departement van onderwys het aan skole in die Vrystaat opdrag gegee
     om ’n program teen boelies in elke skool te vestig.

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                AFRIKAANS HUISTAAL V1                                      7

 7.    Moolman sê die eerste stap om slagoffers te ondersteun, is om seker te maak
       die kind praat met iemand.

 8.    “Verbreek die stilte en gee aandag aan die kind se emosies. Die volgende
       stap is om onmiddellik in te tree en die boelies vanuit ŉ gesagsposisie te
       stop.”

 9.    Sy raai ouers af om met die boelie se ouers te gaan praat, aangesien hulle
       waarskynlik nie rasioneel gaan optree nie.

 10. “Baie van die boelies leer dan juis hul aggressiewe of manipulerende gedrag
     tuis.”
                                              [Aangepas uit Volksblad, 8 Desember 2012]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             10

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                        AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  (NOVEMBER 2013)

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: STROKIESPRENT EN WENKE

Lees die onderstaande tekse en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                                          ATKV-Goudini Spa bied nou ’n unieke
                                          geleentheid aan almal wat konferensies
                                          bespreek.
                                          Bespreek tussen 31 Julie 2011 en 28
                                          Februarie 2012 ’n konferensie en staan ’n kans
                                          om ’n seldsame Mandela-munt te wen. Almal
                                          wat ’n konferensie bespreek word outomaties
                                          ingeskryf.
                                          Bespreek die Slanghoek Konferensiesentrum
                                          (wenner van die AA-prys), bly oor in die
                                          Slanghoek-Villas en jy sal ook in aanmerking
                                          kom vir ’n addisionele 20% afslag op
                                          akkommodasie en lokaalhuur.
                                          Bepalings en voorwaardes geld.

3.1   Watter konnotasie word aan Besit ’n legende in die opskrif geheg?                     (1)

3.2   Skryf in die toevoegende wyse sodat dit ’n moontlikheid of wens aandui.
      ATKV-Goudini Spa bied nou ’n unieke geleentheid.                                      (1)

3.3   Waarom kan die advertensie as beperkend beskou word?                                  (1)

3.4   Dink jy die visuele prikkel ondersteun die inhoud van die advertensie?
      Motiveer kortliks.                                                                    (1)

3.5   Identifiseer die woord wat verkeerd gespel is en skryf die woord korrek oor.          (1)

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                                 9

 3.6    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (3.6) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

        Die onderstreepte gedeelte in paragraaf 2 is ’n ...

        A     byvoeglike bepaling.
        B     byvoeglike bysin.
        C     bywoordelike bysin.
        D     bywoordelike bepaling.

 3.7    Skryf die antoniem van die onderstreepte woord in paragraaf 3 neer.           (1)

 3.8    Gebruik die bepaler van die samestelling lokaalhuur om jou eie
        samestelling te vorm waar dit nou die kern van die samestelling is.           (1)

 3.9    Lei ’n byvoeglike naamwoord van die onderstreepte woord in die opskrif af.    (1)

 3.10   Waarvoor staan die afkorting ATKV?                                            (1)
                                                                                     [10]

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                       AFRIKAANS HUISTAAL V1                              (NOVEMBER 2013)

VRAAG 4

Lees die rubriek hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                  KRUIP JY OOK AGTER JOU FOON WEG?

1.   Hoe beïnvloed tegnologie ons lewens? Wat maak ons met hierdie wonderlike
     toestelle wat ons almal het? Woensdagoggend sien ek, heel per toeval, die
     voorblad van die New York Post.

2.   ’n Moltrein kom die treinstasie binne – op die spoor probeer ŉ man, nadat hy
     daar ingestamp is, weer na veiligheid kom.

3.   Die wêreld is in oproer oor dié voorblad. Ek ook. Van my kollegas het my
     sentiment gedeel, die ander was veels te besig om ernstig oor die saak te kon
     dink.

4.   ŉ Vryskut-fotograaf wat vir die NY Post foto’s neem, neem toe hierdie foto
     van die trein wat op pad is om ŉ Chinese man te pletter te ry. Die koerant
     publiseer dit volblad-voorblad met die opskrif “Doomed”.

5.   Ek het gemengde gevoelens. Dit is ŉ treffende voorblad. Terselfdertyd is ek
     bogemiddeld ontstel, omdat niemand die man gehelp het nie.

6.   Wat sou ek doen? Ek glo dat ek die man sou help, maar waarskynlik omdat
     ek nooit ŉ kamera by my dra nie.

7.   Ek vermoed as ek op die platform gewag het, as ’n New Yorkse inwoner, sou
     ek nie vreeslik aandag geskenk het aan die onderonsie wat daar plaasgevind
     het nie. Ek sou waarskynlik na musiek op my iPhone geluister het en op
     Twitter gekyk het wat in die wêreld aangaan – minwetend dat waar ek is, die
     volgende dag hoofnuus sou wees.

8.   Ek vermoed dit was die geval vir die meerderheid van die mense daar. ’n
     Mens kan seker ure lank hieroor sit en praat en die menings gáán verskil.

9.   Is jy nie medepligtig aan moord as jy staan en toekyk hoe iemand doodgaan
     nie? Daar was blykbaar ’n goeie deel van 30 – 45 sekondes om die man te
     help. Hoekom het húlle nie gehelp nie?

10. Sien, ons almal wag dat iemand anders moet oorgaan tot aksie. En as ons
    nie wag vir iemand om dit te doen nie, kruip ons agter ons selfone, iPads en
    wat nog vir die wêreld en sy probleme weg.
    mj@volksblad.com

                                             [Aangepas uit Volksblad, 8 Desember 2012]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                   AFRIKAANS HUISTAAL V1                                  11

 4.1    won’der.lik b.nw. en bw. 1 Soos ’n wonder: wonderlik getrou. 2
        Eienaardig, sonderling: ’n wonderlike sameval van omstandighede. Dis
        wonderlik dat hy juis nou gekom het. Jou tydige hulp is amper te wonderlik
        om te glo. 3 Besonder aangenaam, heerlik ens.: Wat ’n wonderlike ete.
        Ek dink dis ’n wonderlike voorstel; Kom ons voer dit dadelik uit juffrou, dit
        was ’n wonderlike vraestel. Hy is die wonderlikste persoon wat ek ken.
        Wonderlikheid.

        Gebruik bostaande uittreksel uit die HAT (2000) om die vraag te
        beantwoord.

        4.1.1     Watter betekenismoontlikheid van wonderlik is van toepassing in
                  paragraaf 1?                                                           (1)

        4.1.2     Gebruik wonderlik as ’n bywoord in ŉ sin.                              (1)

        4.1.3     Skryf die lettergreep neer waarop die meeste klem in wonderlik
                  val.                                                                   (1)

 4.2    Gee die korrekte vorm van die woord tussen hakies:

        Skoolkoerante het gewoonlik ŉ kleiner (voorblad) as bekende groot
        koerante.                                                                        (1)

 4.3    Verduidelik wat die onderstreepte idiomatiese uitdrukking in paragraaf 4
        beteken.                                                                         (1)

 4.4    Lei ŉ selfstandige naamwoord van die onderstreepte woord in paragraaf 4
        af.                                                                              (1)

 4.5    Skryf ’n onvoltooide deelwoord uit paragraaf 5 neer.                             (1)

 4.6    Gebruik die onderstreepte woord in paragraaf 6 as ’n ander woordsoort in
        ŉ sin.                                                                           (1)

 4.7    Skryf die tweede getal in paragraaf 9 in woorde.                                 (1)

 4.8    Waarna verwys dit in die laaste paragraaf?                                       (1)
                                                                                        [10]

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS HUISTAAL V1                             (NOVEMBER 2013)

VRAAG 5

Lees die strokiesprent hieronder en beantwoord die daaropvolgende vrae.

                                                       [Uit Sarie, 30 Julie 1997]

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(NOVEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V1                              13

 5.1    Herskryf die onderstreepte sin in raampie 1 in die verlede tyd.             (1)

 5.2    Skryf die onderstreepte sin in raampie 2 in die indirekte rede.             (1)

 5.3    Wat bedoel die pa in raampie 3 as hy sê dat sy “getuie van ’n rooftog”
        was?                                                                        (1)

 5.4    Skryf die voorwerp van die eerste sin in raampie 4 neer.                    (1)

 5.5    Gee die korrekte afkorting vir ons land se polisiediens.                    (1)

 5.6    Kies die antwoord en skryf slegs die letter (A–D) langs die vraagnommer
        (5.6) in jou ANTWOORDEBOEK neer.

        Die polisie kom nou-nou en vra jou allerhande vrae! Dit is ’n voorbeeld
        van ŉ ...

        A     enkelvoudige sin.
        B     saamgestelde sin.
        C     veelvoudige sin.
        D     onderskikkende sin.                                                   (1)

 5.7    Benoem die laaste leesteken in raampie 5.                                   (1)

 5.8    Hoe ondersteun die pa se lyftaal sy woorde in raampie 6?                    (1)

 5.9    Skryf die intensiewe vorm van die onderstreepte woord in raampie 7 neer.    (1)

 5.10   Skryf die onderstreepte sin in raampie 10 in die lydende vorm.              (1)
                                                                                   [10]

                                                            TOTAAL AFDELING C:      30
                                                                GROOTTOTAAL:        70

## Related documents

- [AFRIKAANS HL P3 QP-NOV2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-nov2013/ed91b939-e7eb-42ec-a3e4-4bc7ec1baf40) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [AFRHL-P1- MEMO-AFR-NOV 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-memo-afr-nov-2013/29bb54c7-6a9c-4782-9006-27d95b182e17) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR11 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr11-2013/0b9f55df-c378-4838-8729-dc5d0aecb07d) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR11 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr11-2013-1/77a6881e-c239-4d59-a45e-6e1815426e0c) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020-d/15252c13-8d55-4528-bbea-e92f79f29109) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020/9893d566-d2c0-4f39-af4f-d55ef85bb978) — Afrikaans HL · QP · 2020

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
