# Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2017, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2017/a0d503cb-27ee-435e-bb74-0667abbc2024
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2017/a0d503cb-27ee-435e-bb74-0667abbc2024)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017. Memorandum, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 11

                    NOVEMBER 2017

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                   Hierdie nasienriglyn bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

 NASIENRIGLYNE

 1.   As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag
      en die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

 2.   As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen
      het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

 3.   As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B
      en C beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits
      een kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

 4.   As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

 5.   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      memorandum nagesien.

 6.   As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
      gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
      dit as korrek beskou.

 7.   Literêre opstel:
      As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/
      vakhoof. Die memorandum is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander relevante
      inhoud as korrek beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die
      literêre opstelle na te sien.

 8.   Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie, word
      die kandidaat nie gepenaliseer nie.

 9.   Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

 10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
     rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
 VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Die digter gebruik gepaste metafore binne die Afrika-konteks om die
     irriterende kenmerke van die muskiet, die vlooi en die vlieg aan die leser
     bekend te maak./Bv. r.6: die muskiet prospekteer...
    Die muskiet word metafories aan prospekteerders gelykgestel met die
     ooreenkoms dat albei delf./Bv. r.6–7: die muskiet prospekteer met sy
     boorstellasie op die vlakte van my vel
    Die muskiet se monddele word soos die boorstellasie van ŉ
     prospekteerder, want die steekaksie word treffend so verbeeld./Bv. r.6–7: met
     sy boorstellasie op die vlakte van my vel
    Die spreker se vel word die vlakte waarop die muskiet beweeg./Bv. r.7: op
     die vlakte van my vel
    Die muskiet delf dus soos ŉ prospekteerder op die vlakte, want hy
     beweeg en irriteer die spreker se vel./Bv. r.6–7: prospekteer met sy
     boorstellasie op die vlakte van my vel
    Die spreker se bloed is soos minerale waarna die muskietprospekteerder
     dan soek./Bv. r.8: hy soek die minerale in my are
    Die vlooi word aan ŉ springhaas gelykgestel omdat albei ratse spronge
     maak./Bv. r. 9-10: die vervlakste, ratse vlooi is ŉ springhaas
    Die spreker se bed word ŉ karooveld omdat dit, soos die Karoo waar
     springhase voorkom, groot en oop is./Bv. r. 10: op die karooveld van my kooi
    Die vlooi word metafories aan ŉ sensasiesoeker gelykgestel omdat hy
     altyd eerste op ŉ toneel is waar trane of bloed vloei./Bv. r. 11–12: die vlieg is
     die voorste sensasiesoeker: in hierdie droë land is hy eerste by
    Die vlooi word metafories ŉ insek wat geboei word deur trane en bloed
     omdat hy dit soos ŉ sensasiesoeker altyd soek./Bv. r.12-13: geboei deur trane
     wat loop, bloed wat vloei
    Klimaks word deur hierdie beelding bewerkstellig, want die slotwoorde
     beklemtoon die onderliggende erns van die oënskynlike snaaksighede in die
     gedig./Bv. r.13: deur trane wat loop, bloed wat vloei

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – My hand ritsel

 Vraag    Antwoord                                                                     Punt
 2.1      ŉ Skrywende/skeppende hand is besig om poësie te skep./
          Die sagte/ruisende/suisende klank van die digter se pen/potlood op
          papier in die stilte van die nag word hoorbaar terwyl die digter poësie
          skep. √                                                                        1
 2.2      Die digter begin skemertyd, maar werk tot laat in die nag om sy
          gedagtes neer te pen./Die digter bly soek tussen die fragmente na
          gedagtes voordat hy dit neerpen. √                                             1
 2.3      Inversie √                                                                     1

          papier word in die rymposisie met skemeruur geplaas./
          Die ritme/metrum word behou./
          Die voorplasing van ritsel beklemtoon die geluid wat die pen/potlood op
          papier maak. √                                                                 1
 2.4      Denotatief – stukkies papier waarop dele van gedigte/drome geskryf
          staan/skryfpogings van die spreker. √                                          1
          Konnotatief – gebroke herinneringe (aan die spreker se geliefde) √             1
 2.5      horte en stote – Die spreker worstel/sukkel/ is onseker wanneer hy
          dig./Die gedig is nog vol gebreke wat uitgestryk moet word. √                  1

          groen poësie – Die spreker se werk is amateuragtig./Die spreker is ŉ
          onervare digter. √                                                             1
          bly ontspoor – Die spreker slaag nie daarin om die regte woorde op
          papier neer te pen nie./die spreker se gedagtes/woorde wyk af van wat
          hy regtig wil sê./Ten spyte van redigering, slaag die digter nie daarin om
          sy gedig reg te laat ‘loop’ nie. √                                             1
 2.6      Die spreker aanvaar/besef/kom tot die insig dat, al sou sy poësie nie
          volmaak wees nie, hy moet skryf wat hy kan voordat sy
          woorde/gedagtes verdwyn.                                                       1
                                                                                       [10]

                                             OF

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Boggomsbaai-blues

 Vraag    Antwoord                                                                     Punt
 3.1      Alliterasie √                                                                 1

          Die b-alliterasie in Boggomsbaai skep ’n speelse/ligtelike trant./
          Blues verwys na die depressie/neerslagtigheid wat dié toon
          bewerkstellig. √                                                               1
 3.2      Bog sluit aan by Boggomsbaai in die titel./
          ŉ Gedeelte van die vakansiedorpie se naam word nou as werkwoord
          gebruik./
          Die woord word hier ongewoon gebruik (as gedagte van uitkoggeling)
          en word dus só beklemtoon. √                                                   1

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         5

 3.3       Koeplet(te) √                                                                    1

           aa bb cc dd ee ff √                                                              1

           paarrym √                                                                        1
 3.4       Die samelewing gee nie om nie/is ongeërg oor geestessiektes/
           depressie. √                                                                     1
 3.5       Die dood is alomteenwoordig/die lewe is slegs tydelik. √                         1
 3.6       Die dubbelpunt dui aan dat trooswoorde volg. √                                   1

           Die dood het altyd nog plek vir ŉ volgende sterfling./
           Almal gaan eindelik sterf./
           Die dood bied spesiale behandeling/is gasvry, in teenstelling met die
           behandeling wat die mens jou op aarde kon bied. √                                1
                                                                                           [10]

                                          OF

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Vroegherfs

 Vraag     Antwoord                                                                       Punt
 4.1       N.P. van wyk Louw se klassieke gedig, Vroegherfs √                              1
 4.2       Die titel verwys na die proses waarop stemminge/gevoelens in die
           gemoed van die spreker begin ontwikkel. √                                        1
 4.3       Versreël 1–8 is ŉ oktaaf wat uit twee kwatryne bestaan. √                        1

           Versreël 9–14 is ŉ sestet wat uit twee tersines bestaan. √                       1
 4.4       Die d-alliterasie beklemtoon die donkerheid van die depressiewe
           drome. √                                                                         1
 4.5       Versreël 9/In die sestet/In die eerste tersine √                                 1

           Hoewel ŉ mens nie sou verwag dat iemand die hoër gode sou vra om
           hul heeltyd depressief/intens te stem nie, vra die digter dit in ’n poging
           om voortdurend te kan skep. √                                                    1
 4.6       Die spreker vra dat die dae van inspirasie nooit moet verbygaan nie. √           1

           Die spreker vra ook dat die muses alles weghou wat die skryf van ŉ
           gedig belemmer/verhoed. √                                                        1

           Geestelike rypwording om sinvol te kan skryf/Bevryding/Verlossing van
           dit wat haar weerhou om te kan skryf. √                                          1
                                                                                           [10]

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Virtual Reality

 Vraag    Antwoord                                                                   Punt
 5.1      Die titel verwys na (rekenaargegenereerde optiese) beelde van die
          werklikheid op die rekenaarskerm./ ŉ Driedimensionele simulasie van
          die werklikheid op die rekenaarskerm. √                                      1
 5.2      Rekenaartaal is meer bekend in Engels./Dit trek die leser se aandag. √       1
 5.3      Die mens het uit vrye wil gekies/self besluit om die lowerlushof te
          verlaat./Die mens het uit vrye wil gekies/self besluit om meer aandag
          aan die elektroniese wêreld en minder aan die natuur/werklikheid
          rondom hul te gee. √                                                         1
 5.4      ŉ Verduideliking/uitbreiding van die spraakgedagte volg. √                   1

          Kommunikasie vind deesdae deur elektroniese hulpmiddels soos
          rekenaars praat./Die mens kan nou vinnig/maklik met die hele wêreld
          kommunikeer. √                                                               1
 5.5      Tegnologie ontneem die mens van die (werklike) realiteit/werklikheid./
          Interpersoonlike kontak verdwyn/word met elektroniese kontak vervang./
          Die mens geniet nie meer die natuurskoon nie./
          Die mens is vasgevang in ŉ werklikheid wat nie bestaan nie./
          Die mens staar heeldag na iets wat nie so mooi is soos dit wat om hom
          is nie./
          Die elektroniese kommunikasie/nuwe era kan nie die mens bevredig
          nie./
          Die mens is deesdae gehipnotiseer om die elektroniese maar net te
          aanvaar./
          Die aarde word in die elektroniese era besoedel. √√√                         3
 5.6      Die onvermoë van die virtuele werklikheid om die mens te bevredig,
          word beklemtoon. √                                                           1

          Ja
          Niks kan die werklikheid wat ek om my ervaar vervang nie./Niks kan
          beter wees as dit wat ek elke dag eerstehands om my ervaar nie.

          Nee
          Ek ervaar die wêreld waarin ek leef baie beter deur die wonderlike
          wêreld van die rekenaar./Ek word beslis ‘versadig’ deur die wonderlike
          dinge wat ek elke dag op die internet sien/leer. √                           1

          Die kandidaat bied ŉ soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                      [10]

                                                         TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      7

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

  Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

  Leendra kom deur die loop van die roman tot nuwe insigte en ondergaan dus
   karakterontwikkeling.
  Leendra is na haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend
   en kwaad, want sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is
   nie.
  Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees voordat sy
   weet wat sy moet weet nie, want die geheime hou haar gevange in die hartseer
   verlede.
  Leendra ervaar innerlike konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor
   haar ouers se dood omdat sy besef die verhouding het ŉ negatiewe impak op
   haar verhouding met haar ouers gehad.
  Leendra is aanvanklik kwaad vir oom Phil omdat hy in die sewe jaar wat sy in
   die tronk was nooit met haar kontak gehad het nie.
  Leendra het nie vrede met die verlede nie en bots met Phil omdat hy haar ma
   se orrel verkoop het.
  Leendra sê sy is bly dat haar ouers nooit uitgevind het dat sy tronk toe is
   nie, want sy voel skaam en skuldig oor haar optrede.
  Leendra is nog agterdogtig en baie aanvallend teenoor Gilbert, want sy
   vermoed hy het iets te doen gehad met die ontploffing in die Kleinkloof en die
   skietery in die hotel.
  Leendra het baie vrae oor die verlede, want sy onthou byvoorbeeld van die
   Italianer wat die dag van die ontploffing in die kloof was en dit bekommer haar dat
   sy nie weet wie hy is nie.
  Leendra begin effe gemakliker voel in Soutmansdal toe die mense saam met
   wie sy in die soutmyn werk van haar hou.
  Die Bonthuyse bied ook aan Leendra ŉ veilige hawe waar sy gedagtes kan
   deel en tot verhaal kan kom, sodat sy deurentyd aan haar gedagtes en
   menswees kon skaaf.
  Leendra is steeds baie kwaad vir Gilbert en laat hom goed verstaan dat sy ŉ
   wrok teen hom koester en niks met hom te doen wil hê nie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2017)

     Leendra se agterdog oor wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is,
      hou haar steeds gevange en sy vra vir oom Bontie of hy iets weet van die
      Italianer wat haar pa besoek het.
     Leendra is vasgevang in die seer van die verlede omdat sy glo die
      ontploffing waarin haar ouers dood is, moord was.
     Leendra is aanvanklik baie sensitief oor die verlede en die ruimte waarin
      sy grootgeword het en trek Samuel se tentpenne in die Kleinkloof uit en sê hy
      moet skuif.
     Leendra se wrok oor die gebeure in die verlede taan nie, want sy erken
      teenoor Gretel dat sy Gilbert haat.
     Leendra bevind haar steeds in ŉ warboel van raaisels en is agterdogtig
      toe sy uitvind Samuel is die Italianer se vennoot en wil weet hoekom hy voor
      die ontploffing in die Kleinkloof was.
     Leendra se woede teenoor die Redelinghuyse het nog nie verdwyn nie,
      want sy sê vir Gilbert dis hy en sy ma wat haar lewe opgeneuk het.
     Lucia help Leendra tot vrywording van die verlede, want sy sê vir haar om
      Patty se partytjie by te woon en nie die Redelinghuyse/Gilbert te ontwyk nie,
      want anders gaan sy altyd ŉ slagoffer bly.
     Pastoor Gerald help Leendra in haar karakterontwikkeling om te besef dat
      sy vry is wanneer hy vir haar sê dat sy klaar die straf uitgedien het en al wat
      oorbly is dat sy moet aanvaar sy is vry.
     Leendra se karakterontwikkeling word gestrem deur haar onvermoë om
      te vergewe, want sy verklaar dat ŉ mens net vry kan wees as jy kan vergewe
      en sy weet sy kan nie.
     Die verhouding tussen Leendra en Samuel help dat Leendra ŉ sagter blik
      op die gebeure en lewe ontwikkel, want sy begin sy geselskap en aandag
      geniet.
     Gretel bied ook aan Leendra ŉ geleentheid om te ontwikkel en om weg te
      kom van die werklikheid wanneer sy haar laat tuis voel om gedagtes te deel
      in haar woning in Vlaktevlei.
     Leendra vind eindelik vreugde in haar verhouding met Samuel en begin
      soos haar ou self voel.
     Samuel en Mario bied aan Leendra oomblikke van vreugde wanneer sy
      byvoorbeeld die blok graniet wat na haar vernoem is, doop. Dit is gebeure soos
      dié wat die ou Leendra na vore laat kom.
     Lucia help Leendra op haar ontwikkelingspad wanneer sy geheime omtrent
      Phil met haar deel sodat Leendra die waarheid kan weet.
     Wanneer Samuel Hendrik se bankrotskap bevraagteken weet Leendra dat
      sy nou ŉ kans het om die verlede uit te daag en dit sal haar vry maak om as
      nuwe mens te ontwikkel.
     Leendra se karakter raak meer menslik en sy erken dat sy dolverlief is op
      Samuel en voel duiselig wanneer hy haar voor almal soen.
     Leendra daag oom Phil uit oor die leuens van die verlede, want sy kom tot
      die insig dat die gebeure soos hy dit skets, beslis nie waar is nie.
     Wanneer Leendra en Samuel eindelik trou bied dit aan haar die
      geleentheid om ŉ nuwe lewe te begin, want sy is nou vry van die hartseer en
      tragiese gebeure in haar verlede.
    Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                              [25]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       9

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag     Antwoord                                                                       Punt
 7.1       Soutmansdal/Die Weskus √                                                         1
 7.2       Kêppies Killian √                                                                1

           Die verteller gebruik die uitsteltegniek om die leser geïnteresseerd te
           hou./Die verteller skep spanning by die leser./Die verteller deel met die
           leser sy vrees/onsekerhede oor die Kleinkloof. √                                  1
 7.3       Direkte beskrywing/Benaming/Naamgewing √                                          1

           Die karakter het moontlik ŉ vurige humeur gehad./was moontlik ŉ
           moeilike man./het moontlik rooi hare gehad. √                                     1
 7.4       Sout is in Droomdelwers ŉ belangrike lewensmiddel omdat die mense uit             1
           die soutmyn ŉ lewe vir hulself maak. √

           Sout raak ook in die roman ŉ simbool vir die menslike deug./die manier
           hoe die mens veronderstel is om op te tree (die mens moet sout van die
           aarde wees). √                                                                    1
 7.5       Nuuskierigheid √
                                                                                             1
           Ja
           Ant Sweetie skryf aan Leendra in die tronk./
           Ant Sweetie bederf Leendra met spesiale etes.
           Ant Sweetie is deel haar bekommernisse/vrese/opgewondenheid oor
           Leendra met Bontie soos ŉ ma oor haar dogter sal maak. √√
                                                                                             2
           Die kandidaat bied enige TWEE voorbeelde uit die roman vir EEN punt
           elk aan.
 7.6       Sy was (vir sewe jaar) in die tronk. √                                            1
           Sy wil weet wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is, maar het geen
           idee nie. √                                                                       1

           Haar oom Phil is die naaste familielid wat sy nog het/is haar ma se broer,
           maar hy het nie met haar kontak gemaak toe sy in die tronk was nie. √             1
           Die kandidaat moet albei kante van die konflik vir EEN punt noem.
 7.7       Die eerste granietblok word in die Kleinkloof uitgeskiet. √
           Western Mining het die Agterkloof gedelf op soek na die
           droom/vooruitsigte van graniet/finansiële voorspoed. √                            1

           Leendra delf in die roman in die verlede/haar huidige
           omstandighede/haarself op soek na onbeantwoorde vrae/geluk/vryheid/               1
           vrede./
           Die droom bestaan by Leendra om bevry te word van ŉ verlede waarin sy
           vasgevang is as sy dieper delf/antwoorde soek./
           Die delf in die verlede bied aan Leendra die droom van ŉ beter
           toekoms. √√                                                                       2
           Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
           aan.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

 7.8      Leendra onthou dat ŉ Italianer die dag van die ontploffing/haar ouers se
          dood in die Kleinkloof was./Sy verbind Mario met haar ouers se dood. √           1
 7.9      Leendra se hartseer/plek van hartseer (die Kleinkloof) was die inspirasie
          vir die naam van die nuwe graniet wat ontdek is. √                               1

          Ja
          Dolorosa beteken verdriet en Leendra is steeds hartseer oor die gebeure
          uit haar verlede.

                                              OF

          Nee
          Leendra is in hierdie stadium van die roman nie meer so verdrietig soos
          vroeër nie. √                                                                    1
 7.10     Ja
          Leendra is nie meer so gebroke/seer/vasgevang in die gebeure van die
          verlede nie, want sy is verlief op Samuel./het nuwe liefde gevind./is
          opgewonde oor wat die toekoms/die ontdekking van graniet vir die
          gemeenskap inhou. √                                                              1
 7.11     Western Mining het Vlaktevlei by die Redelinghuyse uitgekoop. √                  1

          Die Redelinghuyse het die geld gebruik om Pelican Bay droog te lê om
          daar hul vakansieoord aan te lê. √                                               1

          Die Vlaktevleiers kon hul huise en gemeenskap behou./hoef nie meer
          verskuif te word nie./Baie Vlaktevleiers het werk bo in die granietmyn
          gekry. √                                                                         1
 7.12     Droomdelwers fokus op die verwoestende effek wat
          hebsug/geldgierigheid op mense/gemeenskappe kan hê. √                            1
                                                                                         [25]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                11

MY JAPAN – Schalk Schoombee

VRAAG 8: MY JAPAN – LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Ilse kom deur die verloop van die drama tot nuwe insigte en ondergaan
     dus karakterontwikkeling.
    Ilse rebelleer teen haar ma se hoë verwagtinge omdat sy gefrustreerd is
     met haar huislike omstandighede.
    Ilse se verhouding met haar ma is erg problematies omdat sy kwaad is oor
     die disfunksionaliteit van hul situasie.
    Ilse se ryke verbeelding help haar om van die hartseer hede te ontsnap,
     want sy vind dit nodig om na ŉ ander werklikheid verplaas te word.
    Ilse is kwaad omdat haar gesin verbrokkel het, want die tragedie van haar
     broer se dood het ongelukkig permanente skade aangerig.
    Ilse ervaar skuldgevoelens oor haar broer wat verdrink het omdat sy
     veronderstel was om na hom te kyk.
    Ilse ontsnap na haar verbeeldingswêreld wanneer haar skuldgevoelens
     haar onderkry, want sy idealiseer Japan waar Engela woon.
    Omdat Ilse ontevrede is met haar gesin, skep sy in haar verbeeldingswêreld
     vir haar ŉ nuwe, gelukkige Japannese gesin.
    Ilse se onvermoë om as karakter te ontwikkel is gesetel in die trauma wat
     sy in haar lewe beleef het, want haar broer se dood en haar ouers se optrede
     laat haar hartseer voel.
    Ilse en haar ma se verhouding bly verswak, want hul kommunikeer nie oor
     hul verlies nie.
    Ilse se karakterontwikkeling word verder gestrem omdat sy en haar ma nie
     hul verlies verwerk nie.
    Ilse het ŉ sterk wil van haar eie en verwerp haar ma se insette in haar
     akademie om eerder haar eie kop te volg.
    Lukas het ŉ bydrae gelewer tot Ilse se karakterontwikkeling, want hul
     ontwikkel ŉ goeie vriendskap omdat hy haar ondersteun en haar vertroue wen.
    Ilse begin empatie en begrip vir mense toon toe sy haar tot Elzette wend
     wat haarself sny.
    Ilse identifiseer met Elzette se probleem omdat sy ook soos ŉ buitestander
     voel.
    Engela het ŉ groot invloed op Ilse se ontwikkeling omdat hulle baie erg oor
     mekaar is en gereeld kommunikeer.
    Engela dra by tot Ilse se nugtere beskouing van die lewe wanneer sy vir
     haar vertel dat alles omtrent Japan nie net wonderlik is nie.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2017)

     Ilse ontwikkel dan van ŉ tiener wat deur haar skuldgevoelens verteer
      word omdat sy deur ander karakters tot nuwe insigte omtrent die lewe kom.
     Ilse is eindelik ŉ jong volwassene wat insig in haar probleme kry, want sy
      word aan ander se ervaringswêrelde en probleme blootgestel.
     Ilse wil ontslae raak van die skynbeeld wat sy voorhou, want sy trek haar
      kimono uit en hang dit op die wasgoeddraad.
     Ilse verwerk haar seer, want sy besef dat sy nie kan toelaat dat die seer van
      die verlede haar verder negatief beïnvloed nie.
     Ilse ontwikkel eindelik haar eie identiteit wanneer sy tot die insig kom dat sy
      nie in Japan hoef te wees om die ware Ilse te wees nie.
     Ilse se verhouding met haar ma word herstel, want sy maak haar hart vir
      haar oop toe sy verduidelik wat die dag van Danie se dood gebeur het.
     Ilse trek haar kimono later weer uit omdat sy gereed is om afstand te doen
      van haar obsessie met Japan.
     Ilse kom tot die insig dat Marioko San en Jun nie haar werklike ouers is
      nie, want sy aanvaar dat haar pa in Australië woon en haar ma als in haar
      vermoë doen om haar te ondersteun.
     Ilse weet aan die einde van die roman wie sy is, wat sy wil hê en wat sy
      wil doen, want sy het as karakter tot iemand met insig ontwikkel.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                          13

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag     Antwoord                                                                            Punt
 9.1       Die karakters word aan die gehoor bekendgestel./Dit is die eerste toneel
           van die drama. √                                                                       1
 9.2       Ilse ervaar skuldgevoelens oor haar broer wat in die stormwaterpyp
           verdrink het, want sy voel sy was veronderstel om na hom om te
           sien. √                                                                                1

           Die kandidaat moet beide kante van die konflik vir EEN punt noem.

           Sy ontsnap na ŉ verbeeldingswêreld./na ‘haar’ Japan. √                                 1
 9.3       Hulle optrede – die kleur pilletjies wat hul uitdeel – reflekteer die
           gevoel/emosies in die gebeure van daardie spesifieke toneel. √                         1

           Hul verskyning herinner aan Ilse se ma wat destyds in die Grootvlei
           Inrigting opgeneem is. √                                                               1
 9.4       Dit skep ŉ onheilspellende atmosfeer/spanning. √                                       1
 9.5       Die ellips dui op ŉ dramatiese stilte./bied aan die leser die geleentheid
           om verder oor die beeld te dink. √                                                     1
 9.6       Ilse is pessimisties/negatief. √                                                       1

           Ja.
           Ilse se ouers is geskei./Ilse se pa het hul verlaat./woon nou in Australië.

                                                OF

           Nee.
           Ilse se pessimisme/negatiwiteit is as gevolg van haar broer se dood. √                 1

           Ilse se Japannese ouers is gelukkig, terwyl haar ouers geskei is./Ilse se
           Japannese ma leer haar om onderdanig aan haar man te wees, terwyl
           haar werklike ma haar leer om selfversorgend te wees./Ilse se
           Japannese ouers verbeeld vrede/geluk/eenheid, terwyl haar werklike
           ouers gebrokenheid/hartseer verbeeld. √                                                1

           Die kandidaat moet beide kante van die verskil vir EEN punt aandui.
 9.7       Hy is ŉ monster met kloue vir hande./ŉ harige gesig./met ŉ groot oop
           mond./met ’n rooi tong./wie se lyf in ŉ swart wolk bokant die vloedhekke
           versteek word./Hy verskyn gewoonlik in die somer./open die vloedhek
           sodat die land oorstroom. √√                                                           2

           Die beeld verwys funksioneel na Danie/Ilse se broer wat in die
           stormwaterpyp verdrink het. √                                                          1

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2017)

  9.8       Ilse – sy is nie Japannees nie. √                                              1

            Ilse se ma – sy wil net ŉ ma wees en nie ŉ beroepsvrou nie. √                  1

            Gerrit en Wim – hul hunker na ŉ eie identiteit. √                              1

            Lukas – hoewel hy ŉ grapmaker is, is hy ook geraak deur die
            gebeure. √                                                                     1
  9.9       Elzette is ŉ Goth./het ŉ baie donker/neerdrukkende/depressiewe
            gemoed./Elzette sny haarself. √                                                1

            Gotham City √                                                                  1

            Elzette wil ontslae raak van haar donker, neerdrukkende
            gemoed/Elzette wil dinge bevraagteken, want sy is op diepere denke
            ingestel. √                                                                    1
  9.10      Ja
            Ilse maak in die volgende toneel haar hart oop vir haar ma toe sy
            verduidelik wat die dag van Danie se dood gebeur het./
            Ilse en haar ma vind mekaar toe hul in ŉ emosionele omhelsing bly
            stilstaan./
            Ilse trek haar kimono uit as bewys dat sy afstand doen van haar
            obsessie met Japan./Ilse aanvaar dat sy nie Amaja is nie./Ilse aanvaar
            dat Marioka San nie haar pa is nie./Jun nie haar ma is nie./haar pa in
            Australië woon./haar ma haar beste vir haar doen om haar te
            ondersteun. √√                                                                 2
  9.11      Ilse se ma het nou ŉ ommekeer beleef, want sy kom tot die insig dat sy
            nog ŉ dogter het vir wie sy ŉ goeie ma wil wees./vir wie sy baie lief
            is./op wie sy baie trots is, terwyl sy in TEKS C nog
            gebroke/hartseer/verpletterd was oor die dood van haar seun. √                 1
  9.12      ŉ Tragedie kan ŉ geweldige negatiewe invloed op ŉ gesin hê./ŉ
            Tragedie kan ŉ gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √                     1

            Die kandidaat formuleer binne konteks ŉ eie boodskap, bv.

            Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat
            daar tog hoop is as ongeluk my tref. √                                          1
                                                                                          [25]

                                                            TOTAAL AFDELING C:             25
                                                                GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/NOVEMBER 2017)
                                 Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                              15
AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]

           Kriteria                 Uitsonderlik                    Knap                      Gemiddeld                 Elementêr            Onvoldoende
 INHOUD                                 8–10                         6–7                          4–5                       2–3                    0–1
 Interpretasie van           ˗ Diepgaande                ˗ Toon begrip van die        ˗   Redelike                ˗ Onbevredigende      ˗ Geen begrip van die
 onderwerp                     interpretasie van           onderwerp en het die           interpretasie van die     interpretasie van     onderwerp nie
 Diepte van argument,          onderwerp                   onderwerp goed                 onderwerp                 die onderwerp       ˗ Geen verwysing na die
 verantwoordbaarheid en      ˗ Reeks treffende             geïnterpreteer             ˗   Enkele goeie punte      ˗ Byna geen punte       gedig nie
 insig in teks                 argumente wat             ˗ Respons redelik                ter ondersteuning         wat die onderwerp   ˗ Leerder het nie die
                               behoorlik uit die gedig     gedetailleerd                  van die onderwerp         ondersteun nie        genre en gedig onder
 7 PUNTE                       gerugsteun is.            ˗ Enkele deeglike            ˗   Enkele argument         ˗ Onvoldoende           die knie nie
                             ˗ Uitstekende begrip          argumente gegee,               word ondersteun,          begrip van genre
                               van die genre en gedig      maar nie almal ewe             maar bewyse nie           en gedig
                                                           goed gemotiveer nie            altyd oortuigend nie
                                                         ˗ Begrip van genre en        ˗   Basiese begrip van
                                                           gedig duidelik                 genre en gedig
 STRUKTUUR EN TAAL           ˗ Samehangende              ˗ Duidelike struktuur en     ˗   Enkele bewyse van       ˗ Struktuur toon      ˗ Struktuur swak
 Struktuur, logiese vloei      struktuur.                  logiese vloei van              struktuur                 tekens van swak     ˗ Ernstige taalfoute
 en aanbieding               ˗ Argumente goed              argument                   ˗   ŉ Goed                    beplanning          ˗ Foutiewe styl
 Taalgebruik, toon en styl     gestruktureer en daar     ˗ Vloei van argument             gestruktureerde         ˗ Argumente nie
 gebruik in opstel             is duidelike                kan gevolg word                logiese vloei en          logies gerangskik
                               ontwikkeling              ˗ Taalgebruik, toon en           samehang ontbreek         nie
 3 PUNTE                     ˗ Taalgebruik, toon en        styl is grootliks korrek       in die opstel           ˗ Taalfoute
                               styl is volwasse, dit                                  ˗   Geringe taalfoute;        beduidend
                               beïndruk en is korrek                                      toon en styl meestal    ˗ Toon en styl nie
                             ˗ Grammatika, spelling                                       gepas                     geskik nie
                               en punktuasie feitlik
                               foutvry
 VERSPREIDING VAN                        8–10                       6–7                          4–5                      2–3                     0–1
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

16
                                 Downloaded from hlayiso.com
                                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/NOVEMBER 2017)

AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]
           Kriteria                 Uitsonderlik                   Knap                      Gemiddeld                Elementêr               Onvoldoende
 INHOUD                                12–15                       9–11                          6–8                      4–5                       0–3
 Interpretasie van           ˗ Uitsonderlike respons:    ˗ Toon begrip van die        ˗ Redelike                ˗ Onbevredigende        ˗   Geen begrip van die
 onderwerp                     14–15                       onderwerp en het die         interpretasie van die     interpretasie van         onderwerp nie
 Diepte van argument,        ˗ Uitstekende respons:        onderwerp goed               onderwerp; nie alle       die onderwerp:        ˗   Swak poging om die
 verantwoordbaarheid en        12–13                       geïnterpreteer               aspekte in detail         byna geen aspekte         vraag te beantwoord.
 insig in teks               ˗ Diepgaande                ˗ Respons redelik              ondersoek nie             in detail ondersoek   ˗   Argumente oortuig
                               interpretasie van           gedetailleerd              ˗ Enkele goeie punte        nie                       nie
 15 PUNTE                      onderwerp                 ˗ Enkele deeglike              ter ondersteuning       ˗ Min punte wat die     ˗   Leerder het nie die
                             ˗ Reeks treffende             argumente gegee,             van die onderwerp         onderwerp                 genre en teks onder
                               argumente wat               maar nie almal ewe         ˗ Enkele argument           ondersteun                die knie nie
                               behoorlik uit die gedig     goed gemotiveer nie          word ondersteun,        ˗ Baie min relevante
                               gerugsteun is             ˗ Begrip van genre en          maar bewyse nie           argumente
                             ˗ Uitstekende begrip van      teks duidelik                altyd oortuigend nie    ˗ Weinig begrip van
                               die genre en teks                                      ˗ Basiese begrip van        genre en teks
                                                                                        genre en teks
 STRUKTUUR EN TAAL                     8–10                         6–7                          4–5                     2–3                       0–1
 Struktuur, logiese vloei    ˗ Samehangende              ˗ Duidelike struktuur        ˗ Enkele bewyse van       ˗ Struktuur toon        ˗   Gebrek aan
 en aanbieding                 struktuur                 ˗ Logiese vloei van            struktuur                 tekens van swak           beplande struktuur
 Taalgebruik, toon en styl   ˗ Uitstekende inleiding       argument                   ˗ Logika en samehang        beplanning                belemmer vloei van
 gebruik in opstel             en slot                   ˗ Inleiding, slot en ander     is duidelik, maar met   ˗ Argumente nie             argumente
                             ˗ Argumente goed              paragrawe                    foute                     logies gerangskik     ˗   Taalfoute en foutiewe
 10 PUNTE                      gestruktureer en daar       samehangend                ˗ Enkele taalfoute;         nie                       styl laat hierdie
                               is duidelike                georganiseer                 toon en styl meestal    ˗ Taalfoute                 skryfstuk misluk
                               ontwikkeling              ˗ Taalgebruik, toon en         gepas                     beduidend             ˗   Styl en toon nie
                             ˗ Taalgebruik, toon en        styl is grootliks korrek   ˗ Paragrafering           ˗ Toon en styl nie          geskik nie
                               styl is volwasse, dit                                    meestal korrek            geskik nie            ˗   Paragrafering foutief
                               beïndruk en is korrek                                                            ˗ Paragrafering
                                                                                                                  foutief
 VERSPREIDING VAN            20–25                       15–19                        10–14                     5–9                                0–4
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                      Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2017/e6216167-e453-4f86-a75c-bc1e698b1aae) — Afrikaans HL · QP · 2017
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov-2017/8d2b28fa-ff13-4314-838b-a42ac4370d65) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRHL P3 GR11 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr11-memo-nov2017/eeece9c8-432e-4486-b9e8-c1f418dac9fc) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020/1ef37d86-32d2-4faa-a10b-3d51011332d6) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020-d/669d2629-ec18-429e-a6ec-5091fc18e5a9) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-memo-nov2020-d/2678cbff-87b8-4acb-80f8-9c6c55681357) — Afrikaans HL · Memo · 2020

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
