# Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2020, 17 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020-d/669d2629-ec18-429e-a6ec-5091fc18e5a9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 17

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020-d/669d2629-ec18-429e-a6ec-5091fc18e5a9)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Memorandum, 17 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                        NOVEMBER 2020

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2
                     NASIENRIGLYN
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   80

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

NASIENRIGLYNE

1.    As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate moet die opstelvraag en
      die kontekstuele vraag oor DIESELFDE genre beantwoord.)

2.    As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
      C beantwoord het, word die eerste afdeling nagesien.

4.    As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

6.    As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
      gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
      dit as korrek beskou.

7.    Literêre opstel:
      As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/ vakhoof.
      Die nasienriglyn is slegs ŉ riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
      beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.

8.    Kontekstuele vrae:
      As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit vereis nie,
      word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
    rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                        AFRIKAANS HUISTAAL V2          3

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL:
x   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
x   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 x   Die aarde word bedreig deur besoedeling, want lug-geraas en
     waterbesoedeling word in hierdie gedig van naderby bekyk.
 x   Lugbesoedeling deur die mens se verkeerde/nalatige optrede lei tot die
     gat in die osoonlaag wat natuurrampe tot gevolg het.
 x   Die gasse wat in mensgemaakte aërosolkannetjies vrygelaat word,
     veroorsaak gate in die osoonlaag.
 x   Stygende water en poolstreke wat smelt is die mens se handewerk deur
     lugbesoedeling.
 x   Die gate in die osoonlaag laat die pole smelt sodat die seevlakke styg en
     die mens later geen beheer daaroor het nie.
 x   Die natuur word deur die mens vernietig omdat die groen reënwoude dan
     verdwyn. (en ŉ wanbalans in die omgewing is die gevolg.)
 x   Die mens besoedel die riviere en die see wat dan tot vrektes van ons
     waterlewe lei.
 x   Diere begin soos karkasse lyk omdat hul ondervoed is deur die mens wat
     nie behoorlik na die diereryk omsien nie.
 x   Die mens veroorsaak kernkragongelukke by Tjernobil en Three Mile
     Island wat verreikende gevolge vir menslike bestaan inhou.
 x   Die uitstraling van radioaktiewe stowwe veroorsaak dat menselewens
     geëis word.
 x   Die mens ontwikkel op tegnologiese gebied, maar die eindeinde is dat
     die kernkragafval langs skatkamers edelgesteentes geberg word.
 x   Die mens se optrede het tot gevolg dat oseane in riool verander.
 x   Die seelewe word vernietig, want branders word swart van oliebesoedeling
     deur die mens se toedoen.
 x   Die mens se optrede getuig van onverantwoordelikheid ten opsigte van
     die seelewe, want dooie visse spoel op strande uit.
 x   Die mens kyk nie na die voëls nie, want hul sing ŉ swanesang van ŉ
     verlore paradys.
 x   Die mens het nie met die nodige verantwoordelikheid versigtig met
     God se skepping omgegaan nie omdat hul hul eie god geword het.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                [10]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Afrika, my Afrika

 Vraag                                  Antwoord                                         Punt
 2.1   Afrika √                                                                           1
 2.2   Daar is ontwikkeling in die omvang/grootheid van die (soort) bedreigings in
       Afrika./
       Die bedreigings begin by die klein/konkrete op aarde, dan word daar
       verwys na ’n natuurtoestand, dan ’n weerramp en eindelik ’n ramp uit die
       ruimte. √                                                                           1
 2.3   Tersine √                                                                           1

         Elke bedreiging word in afsonderlike strofes aangeraak sodat elkeen
         beklemtoon word. / Die eerste strofe lei die gedig treffend in deur te noem
         wat die bedreigings is en dan word elke bedreiging afsonderlik in ’n strofe
         aangespreek. / Elke bedreiging word afsonderlik in ’n strofe aangespreek          1
         en die grootste bedreiging word in die slotstrofe as klimaks aangebied. √
 2.4     Hiperbool – Die klein muskiet word voorgestel as ’n prospekteerder (wat
         oor ’n wye area prospekteer op soek na minerale). √                               1

         Metafoor – Die steekaksie van die musiek se monddele word vergelyk met
         die pompaksie van ’n boor in die myn. √                                           1

         Metafoor – Die mens se vel/liggaam word as vlakte voorgestel. √                   1
 2.5     Die koppelteken beklemtoon die sprong. / bewerkstellig enjambement wat
         die gedig bind. √                                                                 1
 2.6     Die stemming verander van ’n spottende toon na ’n ernstigheid skielik. √          1

         Die kandidate kan slegs die verandering in stemming aandui as hul verwys
         na hoe dit was – en nou skielik is – beide kante dus vir EEN punt.

         Die slotstrofe roep die hartseer Afrika-geskiedenis op./ Die slotstrofe
         verwys na uitbuiting/slawerny/siekte/honger/droogte/geweld in Afrika. √          1
                                                                                         [10]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                           AFRIKAANS HUISTAAL V2           5

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Vraag

 Vraag                                     Antwoord                                        Punt
 3.1   Die vraag verwys na die verskil tussen verliefdheid en liefde./Die spreker vra
       wat is verliefdheid en wat is liefde. √                                               1

          Die kandidaat moet na verliefdheid én liefde in sy/haar antwoord verwys.
 3.2      Dit is eksperimenteel/met ’n eksperiment/deur waarneming vasgestel. √              1

          Die woorde word deur die aandagstrepe beklemtoon. √                                1
 3.3      Die wending begin met ŉ (neweskikkende) voegwoord/met die woord
          “Maar” √                                                                           1
 3.4      Wat gebeur as verliefdheid nie net verbygaan nie, maar as dit in liefde (wat
          broos is) ontwikkel? √                                                             1

          Lyflike/Liggaamlike drif/Drang/Hartstog √                                          1
 3.5      Ja.
          Wanneer ’n mens lief is vir iemand, verstaan jul die nie-verbale
          kommunikasie/fyn nuanses/sintuiglike waarneming/oogkontak en (lag)
          uitdrukkings van mekaar baie goed.

                                                   OF
          Nee.
          Dit is nie noodwendig so dat ’n mens eers lief hoef te wees vir iemand om          1
          die fyn nuanses tussen mekaar op te let nie – dit kan in die verliefweesfase
          reeds gebeur. √
 3.6      Liefde is kompleks. √                                                              1

          Die kandidaat formuleer vir EEN punt ’n eie boodskap binne konteks van die
          tema, bv.
          Ek het opnuut geleer dat liefde broos/bedrieglik kan wees./ Ek het opnuut
          geleer dat ek my nie moet misgis met verliefdheid/liefde nie. √                    1

          Die soeke na antwoorde oor die liefde is, soos die kom en gaan van getye,
          tydloos en sal nooit ten volle beantwoord/verstaan kan word nie. √                 1

          Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                            [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – My hand ritsel

 Vraag                                   Antwoord                                         Punt
 4.1   Blare ritsel gewoonlik in die wind; nie ’n hand nie. √                              1

         Die titel verwys na ’n skeppende/skrywende hand. √                                 1

         ’n Digter √                                                                        1
 4.2     Vergelyking √                                                                      1
 4.3     Die inversie word gebruik om papier in die rymposisie met skemeruur te
         plaas./om paarrym moontlik te maak./
         Die voorplasing van ritsel in hierdie versreël beklemtoon die skeppende
         hand/proses./
         Dit help om die ritme/metrum in die gedig te behou. √                              1
 4.4     Denotatief – die woord kan na die (landbou)streek in die Wes-Kaap                  1
         verwys. √

         Konnotatief – die woord kan na die spreker se depressiewe/donker gemoed            1
         verwys. √
 4.5     Die digter is nog onervare. √                                                      1
 4.6     Die skeppingsproses begin in die skemer, hou deur die nag aan en eindig
         (met ’n voltooide gedig) met dagbreek die volgende oggend. √                       1

         Die boodskap word ondersteun deurdat die leser besef ’n mens moet skryf
         wat jy kan voordat die woorde soos droë blare wegritsel./Al is die skryfpoging
         onvolmaak, moet ’n mens jou gedagtes neerpen voordat dit verdwyn. √               1
                                                                                          [10]

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                         AFRIKAANS HUISTAAL V2           7

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Moedertaal

 Vraag                                  Antwoord                                       Punt
 5.1   Die gebruik van Engelse woorde, bv. kritisaais/change
       Die verhoging van die klinkers/vokale, bv. soes
       Klankweglating, bv. maa/ve’wag
       Die gebruik van assimilasie, bv. doenit
       Voorvoeging, bv. djy √                                                             1
 5.2       ŉ Ma √                                                                         1

           Sy dink dit is die regte Afrikaans./Dit is die korrekte/goeie manier van
           Afrikaanspraat./Sy is positief oor Standaardafrikaans./Sy is nie negatief
           oor Standaardafrikaans nie. √                                                  1
 5.3       Dis hoekom sy haar kind verder laat studeer het. √                             1
 5.4       Die enjambement beklemtoon dat die skryf/gebruik van Kaaps/Kaapse-
           Afrikaans nie gestuit kan word nie/aanhou gebruik word/meer en meer
           gebruik word. √                                                                1
 5.5       Die spreker verklaar dat haar seun nie van haar moet verwag om haar
           moedertaal (nou) te verander nie./om nou Standaardafrikaans te praat           1
           nie. √

           ’n Mens sou verwag dat die spreker trots is op haar taalgebruik /
           moedertaal, maar sy misken eintlik Kaaps/Kaapse-Afrikaans, want sy het         1
           haar seun laat studeer om regte Afrikaans te kan praat. √

           Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt noem.
 5.6       Koeplet √                                                                      1

           Geen vaste strofebou/Geen vaste rymskema/Onreëlmatige gebruik van
           hoofletters √√                                                                 2

           Die kandidaat noem enige TWEE redes vir EEN punt elk.
                                                                                        [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord TWEE vrae.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
x Dis ŉ breë raamwerk van feite.
x Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

 x Klip dui in hierdie roman op standvastigheid en welvaart, want Western Mining is
   op soek na graniet wat juis dít vir hul maatskappy sal inhou.
 x Dit is belangrik dat klip/graniet ontgin word, juis vir die standvastigheid en
   welvaart van die hele kontrei, want die meerderheid inwoners kry swaar.
 x Samuel word bewus dat Sielie die sleutel tot die antwoord is waar hy die
   besondere graniet kan kry, want sy het vir hom appelkooskleurige klippe gewys.
 x Samuel sê vir Sielie dat sy hom ’n groot guns bewys het deur vir hom te wys
   waar die klippe is, want hy kon verdere toetse doen om te bepaal of hier spesiale
   graniet is.
 x Die delwersgedagte in die romantitel verwys na die delfproses om die nuwe
   klip/graniet te vind sodat standvastigheid en welvaart vir die gemeenskap beskore
   is.
 x Die nuwe graniet word Dream Dolorosa genoem omdat dit ooreenkomste met
   Leendra se voorkoms en geaardheid toon. Dit sluit daarom aan by die droombeeld
   in die titel.
 x Die letterlike delwery op soek na klip/graniet het gelei tot ’n konnotatiewe
   delfproses van elke karakter binne hulself sodat hul later die droom van vryheid
   van hul verlede/hartseer kon smaak.
 x Die granietvonds het meegebring dat die wyer gemeenskap se droom
   bewaarheid is, want die Vlakteveliers is nie aan die onmoontlike omstandighede
   uitgelewer nie en die Redelinghuyse se vakansieoordprojek is op ’n vredevolle
   manier geloods.
 x Die klip/graniet bring standvastigheid vir die karakters, want in hierdie delfproses
   ontmoet Leendra en Samuel mekaar, vind liefde en trou.
 x Die graniet/klip bring vir Gretel standvastigheid wanneer sy en Mario eindelik
   trou en saam ’n nuwe lewe begin.
 x Die graniet/klip het aan die hele kontrei hoop en standvastigheid gebring, want
   die Vlaktevleiers is nie ontwortel nie en nuwe werksgeleenthede is geskep.
 x Glas dui in die roman op broosheid, versplintering en ontnugtering, want net
   soos glas breekbaar is, is die karakters broos na emosionele ervarings.
 x Toe die Vlaktevleiers/Suidhoekers tydens die veragdering bierbottels gooi en
   ruite breek, is die Redelinghuyse ontnugter deur die ware gevoel wat onder die
   Vlaktevleiers heers oor die beplande verskuiwings.
 x Sielie het haar popgesin in ’n glaskassie uitgestal om te wys dat die verlede
   verby is, maar dat dit tog altyd daar sal wees om te onthou.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                        AFRIKAANS HUISTAAL V2            9

 x Die beeld van die popgesin agter glas herinner aan die broosheid van die
   situasie waarbinne Sielie haar bevind, want sy is ook broos gelaat deur die moord
   op haar ouers.
 x Die popgesin agter glas herinner ook aan die versplintering van die Van
   Heelberg-gesin nadat hul ouers oorlede is en Leendra tronk toe moes gaan.
 x Sielie se eie lewe is versplinter, want in die gasontploffing het sy emosionele
   skade opgedoen en haar ontwikkeling het by die van ’n elfjarige kind stilgestaan.
 x Dit bly ’n droom dat Sielie normaal sal begin praat en optree; daarom was dit
   nodig vir die konnotatiewe delfproses – die antwoorde het Sielie eindelik vrygemaak
   van haar broosheid en versplintering.
 x Die popgesin dui in die roman op die ontvlugting van die werklikheid en soeke
   na antwoorde, want Sielie herleef die werklikheid van haar verlede deur haar
   verbeeldingsvlugte en ontvlug die hede deur hierdie fantasiegesin.
 x Die leser kry slegs gedeeltes van die waarheid deur haar poppespel en dit
   verhoog dus die spanning.
 x Sielie se handeling met die lappoppe het eindelik tot die beantwoording van
   onopgeloste vrae gelei omdat sy die verlede voor haar sien afspeel.
 x Hierdie fantasiegesin help haar om eindelik vry te word/emosioneel gesond te
   word sodat sy as jong meisie tot nuwe insigte kon ontwikkel.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.
                                                                                    [25]

                                          EN

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                      Antwoord                                      Punt
 7.1       Leendra loop Gilbert die eerste keer sedert haar vrylating buite die
           munisipale gebou (in Dwarsmansdal) raak. √                                       1
 7.2       Gilbert en sy ma het Leendra van diefstal beskuldig./haar afgedank omdat
           sy kwansuis gesteel het./
           Gilbert het valse getuienis teen Leendra in die hof gelewer./
           Gilbert het die lewe vir Leendra moeilik gemaak omdat hy ’n verhouding
           met haar wou aanknoop, maar sy wou nie, want sy was in ’n verhouding
           met Ferdinand. √√                                                                2

           Die kandidaat bied enige TWEE van die redes vir EEN punt elk aan.
 7.3       Ja
           Leendra is kwaad omdat Samuel met sy karavaan en tent in die
           Kleinkloof staan en is baie ongeskik wanneer sy sê hy moet padgee/trek
           sy tentpenne uit. √                                                              1
           Ja
           Leendra tree altyd sag/simpatiek/beskermend teenoor Sielie op. √                 1
 7.4       Sielie ly aan erge skok/trauma na haar ouers se dood en het sedertdien ’n
           spraakgebrek. √                                                                  1
           Dié troetelnaam beklemtoon Sielie se weerloosheid/broosheid./wek
           simpatie en deernis by die leser. √                                              1
 7.5       Leendra ervaar innerlike konflik oor Sielie se hartseer situasie en wonder
           of sy haar sal onthou toe sy vrygelaat is, maar sy is hulpeloos omdat sy nie
           voel dat sy iets omtrent die situasie kan doen/verander nie. / Leendra is na
           haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend en kwaad, want
           sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is nie en dit
           vreet haar op/laat haar uiters gefrustreerd voel/ontneem haar ŉ kans op
           vryheid./ Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees
           voordat sy weet wat sy moet weet nie, want die geheime hou haar gevange
           in die hartseer verlede waaruit sy wil ontsnap./ Leendra ervaar innerlike
           konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor haar ouers se dood omdat
           sy besef die verhouding het ŉ negatiewe impak op haar verhouding met
           haar ouers gehad en sy is spyt dat sy nooit vir haar ouers kon jammer sê
           nie. √√√                                                                         3
           Die kandidaat bied enige DIE soortgelyke voorbeelde van innerlike konflik
           aan en beide kante van die konflik word aangebied vir EEN punt elk.
           Ja.
           Leendra kry die antwoorde op haar vrae oor haar ouers se dood wat haar
           ook vryheid besorg./Leendra maak vrede met die verlede toe haar
           antwoorde omtrent haar ouers se dood opgelos is./Leendra vind liefde in
           Samuel en kan die toekoms positief ingaan sonder wroeginge oor ’n
                                                                                            1
           hartseer verlede. √

           Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                            AFRIKAANS HUISTAAL V2           11

 7.6    Dream Dolorosa √                                                                      1

        smart/droefheid/leed √                                                                1

        Ja.
        Die graniet is op die plek van Leendra se hartseer/droefheid (waar haar ouers
        gesterf het) ontgin./Mario en Samuel het op die plek van Leendra se hartseer
        gedelf. √                                                                             1
 7.7    Verwikkeling/Ontwikkeling √                                                           1

        Dit is waar die verhouding tussen karakters al meer gespanne word/konflik
        toeneem as gevolg van die waarheid wat Leendra omtrent oom Phil uitvind. √            1
 7.8    Eerstepersoonsverteller/Ek-verteller √                                                1

        Die verteller bied ’n eerlike/direkte/geloofwaardige vertelling omtrent Phil se
        skelmstreke./Sy ken Phil daarom kan sy die leser omtrent Phil se
        skelmstreke inlig. √                                                                  1

      ’n Derdepersoonsverteller sou nie so ’n eerstehandse/eerlike/geloofwaardige
      vertelling kon bied nie, want so ’n soort verteller kan nie so naby aan Phil
      leef/beweeg om hierdie geheime omtrent sy handelinge te ontbloot nie. √                 1
 7.9  Die verteller bou/verhoog die spanning (omdat die leser weet Phil is tuis.) √           1
 7.10 Ja.
      Lucia ontbloot Phil as ’n misdadiger./
      Lucia bied emosionele ondersteuning aan Leendra en Sielie./tree as ma vir
      Leendra en Sielie op. √√                                                                2
      Ja.

        Wanneer Lucia vir Leendra oor Phil se skelmstreke inlig, help dit haar om
        die onopgeloste antwoorde rondom haar ouers se dood uit te vind sodat sy
        eindelik vrygemaak kon word van ’n harseer verlede./
        Wanneer Lucia besluit om van Phil te skei, bevry sy haarself uit ’n negatiewe
        omgewing. √                                                                           1

 7.11 In TEKS A is Leendra uitdagend/uitgesproke, maar in reël 15–19 van TEKS B
      is sy beangs/teruggetrokke/stil. √                                                      1

 7.12 Droomdelwers fokus op die verwoestende effek wat hebsug/geldgierigheid
      op mense/gemeenskappe kan hê. √                                                         1
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

 MY JAPAN – Schalk Schoombee
 VRAAG 8: MY JAPAN – LITERÊRE OPSTEL
 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
 LET WEL:
 x Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 x Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.
x    Die wasgoeddraad maak deel uit van die dekor en is daarom ’n belangrike fokuspunt
     in die drama.
x    Die wasgoeddrade verdeel die verhoog in twee dele omdat hulle horisontaal en
     parallel oor die verhoog gespan is.
x    Die wasgoeddraad help om aanvanklik konteks aan die verhaalgebeure te gee
     omdat die karakters en figure tussen die wasgoed verskyn en verdwyn.
x    Skadufigure wat op die wasgoeddraad geprojekteer word help om spanning te
     skep, want die leser kan die onheilspellendheid in die donker figure aanvoel.
x    Omdat die wasgoedlyn na weerskante van die verhoog gekatrol kan word, word
     beweging bewerkstellig wat byvoorbeeld die effek van die wind wat waai, behoorlik
     skep.
x    Die draad word ook as rekwisiet ingespan, want die wasgoed wat wapper of
     gestrooi lê ondersteun die intrige. Tydens Ilse se toespraak, word die wasgoed die
     puin wat na die tsoenami oorbly.
x    Die ma is aan die begin van die drama besig om wasgoed op te hang waar die
     verlede uitgebeeld word, maar later in die drama verstaan die leser/kyker die
     simboliese betekenis van wat uitgebeeld is.
x    Die wasgoedlyn dui telkens ’n nuwe ruimte aan, want Ilse stap byvoorbeeld deur
     die wasgoed skool toe en die kinders kom die klaskamer deur die wasgoed binne.
x    Op konnotatiewe vlak verkry die wasgoed betekenis wanneer ons die idiomatiese
     uitdrukking ‘om jou wasgoed in die openbaar te was’ oproep, want in hierdie
     drama word alles wat agter geslote deure gebeur, aan almal vertel.
x    Die karakters is besig om hul vuil wasgoed in die openbaar te was en so kom die
     gehoor te wete wat die oorsaak van Ilse-hulle se gesinsverbrokkeling is.
x    Die wasgoeddraad wil telkens simboliese waarde aan gebeure koppel vir trefkrag,
     soos wanneer die verhoog sonder wasgoed is as die ma die grys pilletjies vir smart en
     onthou drink, want die geeste het dit afgehaal en saamgevat om te bewys dat die ma
     se smart besig is om te verdwyn en dit dui dus haar herstel aan.
x    ’n Ander simboliese oomblik is die stilte voor die tsoenami kom, soos uitgebeeld
     in Ilse se toespraak, en die wasgoed wat dan doodstil hang.
x    Wanneer Ilse haar kimono uittrek en op die wasgoeddraad hang, besef sy dat
     Japan net ’n illusie is, want sy moet die werklikheid kan aanvaar.
x    Elke keer wanneer ’n karakter (in Toneel 10) sy/haar klere op die draad hang,
     verskaf hul ’n rede waarom hul van hierdie beeld van hul ontslae wil raak en so
     word die wasgoeddraad vir elkeen ’n simbool van bevryding van dit waarvan hul
     (emosioneel) ontslae wil raak.
x    Eindelik word die karakters, soos wasgoed wat gewas word, gereinig/skoon
     van ’n hartseer verlede.
 Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                            AFRIKAANS HUISTAAL V2          13

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                Antwoord                                           Punt
 9.1   Die seuns het baklei. √                                                            1
 9.2   Ilse is meer volwasse as die groep./Ilse meng nie met die res van die
       groep nie./Ilse verkies haar eie geselskap of verbeeldingsvlugte bo
       gesprekke met vriende./Ilse toon empatie met Elzette wat haarself sny. √             1

          Elzette is ’n goth. √                                                             1
 9.3      Toneelaanwysings/Neweteks √                                                       1

          Dit gee spelleiding aan die regisseur/karakters hoedat hul moet optree:
          die meisies moet nou giggel terwyl Elzette hulle aangluur./
          Dit gee spelleiding oor hoe die karakters moet optree om die spanning
          hier te verhoog. √                                                                1

          Die L-Bende √                                                                     1
 9.4      Ja.
          Ilse se huislike omstandighede/milieu herinner haar aan hul hartseer
          verlede/haar boetie se dood/haar gesin se verbrokkeling en daarom is dit
          geregverdig om te dink dat sy van dié hartseer kan/wil vergeet wanneer sy
          Japan toe gaan. √                                                                 1

          Ja.
          Ilse het nodig om onder haar ma se streng oog uit te kom om haar eie stem
          te vind./Ilse moet breek met haar hartseer verlede en daarom kan ’n nuwe
          lewe in die vreemde haar dalk help om innerlike vrede te vind.

          Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
          aan.

                                              OF

          Nee.
          Dit sal nie help om (Japan toe) te probeer vlug van die werklikheid van Ilse
          se hartseer situasie by haar ouerhuis nie, want die hartseer sal haar volg
          waarookal sy gaan as sy nie vrede maak met wat gebeur het nie./Ilse kan
          nie haar ma alleen agterlaat nie; hulle het mekaar nou baie nodig. √√             2

          Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
          aan.
 9.5      Japan is Ilse se verbeeldingswêreld waarheen sy ontvlug as dinge te veel
          vir haar word. √                                                                  1

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 9.6     Uiterlike konflik √
                                                                                         1
         Ja.
         Wanneer die leerders elkeen aan die einde van die drama hul klere op die
         draad hang, verklaar hul dat hul van ’n spesifieke negatiewe beeld ontslae
         wil raak en daarom die suggestie dat hul afstand doen van die ou-self en
         die ander karakters sal aanvaar vir wie hul werklik is.

                                            OF

         Nee.
         Die karakters hang hul identiteitkledingstukke simbolies op die
         wasgoeddraad, maar dit is nie noodwendig so dat wanneer hul afstand
         doen van hul ou-self dat hul nie in konflik met ander mense sal staan
         nie./Daar is geen besliste bewys in die drama dat die leerders se konflik
         met mekaar opgelos is nie. √                                                    1
 9.7     Ilse en haar ma is gedurig in konflik/baklei gereeld met mekaar omdat Ilse
         nie wil doen soos haar ma sê nie./Omdat Mercia nie aan Ilse se
         wense/drome gehoor wil gee nie. √                                               1
 9.8     Die ma’s soek na die tsoenami tussen die puin na die slagoffers net soos
         Mercia vroeër na Danie gesoek het toe hy verdwyn het. √                         1
 9.9     Verwikkeling/Ontwikkeling √                                                     1

         Dit is waar die verhouding tussen karakters al meer gespanne
         word/konflik toeneem as gevolg van die hartseer wat tussen Ilse en haar
         ma staan. √                                                                     1
         Ons sien tydspronge (tussen die hede en verlede) in hierdie drama. √            1
 9.10    Die pilletjies wat uitgedeel word is tekenend van die emosies en gevoel
         van die gebeure wat op daardie tydstip op die verhoog afspeel. √                1

         Grootvlei-inrigting √                                                           1
 9.11    Denotatief – Futakuchi-onna √                                                   1

         Konnotatief – Ilse se ma openbaar twee kante: aan die een kant die
         hartseer/moeilike/aanhoudende/verslonste ma en aan die ander kant die
         professionele beroepsvrou. √                                                    1

         Ja
         Ilse se ma projekteer haar hartseer/verlies op Ilse en dan is sy weer
         skielik ’n professionele beroepsvrou wat sterk en in beheer voorkom. √          1

         Die kandidaat kan nie NEE as antwoord aanbied nie.

         Ilse en haar ma het in die ontboesemingtoneel mekaar vrygespreek van
         enige aandeel aan/skuld vir Danie se dood en die konflik is so opgelos./
         Ilse se ma laat Ilse toe om Japan toe te gaan en haar droom te gaan
         uitleef. /

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                          AFRIKAANS HUISTAAL V2          15

          Ilse het ook geen normale/konvensionele manier waarop sy na haar ma
          kyk/haar ma ervaar nie./
          Ilse se verbeeldingswêreld dra daartoe by dat sy ook nie ’n normale/
          konvensionele beskouing van mense het nie./
          Ilse dink nie sy het ’n normale ma nie, maar eerder ’n monster met twee
          monde. √                                                                        1

 9.12     ŉ Tragedie kan ŉ geweldige negatiewe invloed op ŉ gesin hê./ŉ Tragedie
          kan ŉ gesin vervreem van mekaar/uitmekaarskeur. √                               1

          Die kandidaat formuleer binne konteks ŉ eie boodskap, bv.

          Ek het opnuut geleer dat ek my gesin moet waardeer./Ek het geleer dat
          daar tog hoop is as ongeluk my tref. √                                          1
                                                                                        [10]

                                                           TOTAAL AFDELING C:            25
                                                               GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                                                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                       (EC/NOVEMBER 2020)

AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE [10 PUNTE]

           Kriteria                Uitsonderlik                   Knap                   Gemiddeld                 Elementêr             Onvoldoende
 INHOUD                                8–10                        6–7                       4–5                       2–3                     0–1
 Interpretasie van          ˗ Diepgaande                ˗ Toon begrip van die     ˗ Redelike                 ˗ Onbevredigende      ˗ Geen begrip van die
 onderwerp                    interpretasie van           onderwerp en het          interpretasie van          interpretasie van      onderwerp nie
 Diepte van argument,         onderwerp                   die onderwerp goed        die onderwerp.             die onderwerp       ˗ Geen verwysing na die
 verantwoordbaarheid en     ˗ Reeks treffende             geïnterpreteer          ˗ Enkele goeie             ˗ Byna geen punte        gedig nie
 insig in teks                argumente wat             ˗ Respons redelik           punte ter                  wat die             ˗ Leerder het nie die
                              behoorlik uit die gedig     gedetailleerd             ondersteuning van          onderwerp              genre en gedig onder
 7 PUNTE                      gerugsteun is.            ˗ Enkele deeglike           die onderwerp              ondersteun nie         die knie nie
                            ˗ Uitstekende                 argumente gegee,        ˗ Enkele argument          ˗ Onvoldoende
                              begrip van die              maar nie almal ewe        word ondersteun,           begrip van genre
                              genre en gedig.             goed gemotiveer           maar bewyse nie            en gedig
                                                          nie                       altyd oortuigend
                                                        ˗ Begrip van genre          nie
                                                          en gedig duidelik.      ˗ Basiese begrip
                                                                                    van genre en
                                                                                    gedig
 STRUKTUUR EN TAAL ˗ Samehangende                       ˗ Duidelike struktuur    ˗ Enkele bewyse van         ˗ Struktuur toon      ˗ Struktuur swak
 Struktuur, logiese vloei    struktuur.                   en logiese vloei van       struktuur                 tekens van swak     ˗ Ernstige taalfoute
 en aanbieding             ˗ Argumente goed               argument               ˗ ŉ Goed                      beplanning          ˗ Foutiewe styl
 Taalgebruik, toon en styl gestruktureer en             ˗ Vloei van argument         gestruktureerde         ˗ Argumente nie
 gebruik in opstel           daar is duidelike            kan gevolg word            logiese vloei en          logies
                             ontwikkeling.              ˗ Taalgebruik, toon          samehang ontbreek in      gerangskik nie
 3 PUNTE                   ˗ Taalgebruik, toon            en styl is grootliks       die opstel              ˗ Taalfoute
                             en styl is volwasse,         korrek                 ˗ Geringe taalfoute; toon     beduidend
                             dit beïndruk en is                                      en styl meestal gepas   ˗ Toon en styl nie
                             korrek                                                                            geskik nie
                           ˗ Grammatika,
                             spelling en
                                                                                                                                                                 Downloaded from hlayiso.com

                             punktuasie feitlik
                             foutvry
 VERSPREIDING VAN
                                      8–10                        6–7                      4–5                       2–3                      0–1
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/NOVEMBER 2020)                                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                                                    17

AFDELING B EN C: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: ROMAN EN DRAMA [25 PUNTE]

           Kriteria               Uitsonderlik                 Knap                      Gemiddeld                 Elementêr               Onvoldoende
 INHOUD                              12–15                      9–11                         6–8                       4–5                      0–3
 Interpretasie van         ˗ Uitsonderlike           ˗ Toon begrip van die        ˗ Redelike                 ˗ Onbevredigende        ˗ Geen begrip van die
 onderwerp                   respons: 14–15            onderwerp en het die         interpretasie van die      interpretasie van       onderwerp nie
 Diepte van argument,      ˗ Uitstekende respons:      onderwerp goed               onderwerp; nie alle        die onderwerp:        ˗ Swak poging om die
 verantwoordbaarheid en      12–13                     geïnterpreteer               aspekte in detail          byna geen aspekte       vraag te beantwoord.
 insig in teks             ˗ Diepgaande              ˗ Respons redelik              ondersoek nie              in detail ondersoek   ˗ Argumente oortuig nie
                             interpretasie van         gedetailleerd              ˗ Enkele goeie punte         nie                   ˗ Leerder het nie die
 15 PUNTE                    onderwerp               ˗ Enkele deeglike              ter ondersteuning        ˗ Min punte wat die       genre en teks onder
                           ˗ Reeks treffende           argumente gegee,             van die onderwerp          onderwerp               die knie nie
                             argumente wat             maar nie almal ewe         ˗ Enkele argument            ondersteun
                             behoorlik uit die         goed gemotiveer nie          word ondersteun,         ˗ Baie min relevante
                             gedig gerugsteun is     ˗ Begrip van genre en          maar bewyse nie            argumente
                           ˗ Uitstekende begrip        teks duidelik                altyd oortuigend nie     ˗ Weinig begrip van
                             van die genre en teks                                ˗ Basiese begrip van         genre en teks
                                                                                    genre en teks
 STRUKTUUR EN TAAL                     8–10                     6–7                          4–5                      2–3                       0–1
 Struktuur, logiese vloei  ˗ Samehangende            ˗ Duidelike struktuur        ˗ Enkele bewyse van        ˗ Struktuur toon        ˗ Gebrek aan beplande
 en aanbieding               struktuur               ˗ Logiese vloei van            struktuur                  tekens van swak         struktuur belemmer
 Taalgebruik, toon en styl ˗ Uitstekende inleiding     argument                   ˗ Logika en samehang         beplanning              vloei van argumente
 gebruik in opstel           en slot                                                is duidelik, maar met    ˗ Argumente nie         ˗ Taalfoute en foutiewe
                                                     ˗ Inleiding, slot en ander
                           ˗ Argumente goed            paragrawe                    foute                      logies gerangskik       styl laat hierdie
 10 PUNTE                    gestruktureer en daar     samehangend                ˗ Enkele taalfoute; toon     nie                     skryfstuk misluk
                             is duidelike              georganiseer                 en styl meestal gepas    ˗ Taalfoute             ˗ Styl en toon nie geskik
                             ontwikkeling            ˗ Taalgebruik, toon en       ˗ Paragrafering meestal      beduidend               nie
                           ˗ Taalgebruik, toon en      styl is grootliks korrek     korrek                   ˗ Toon en styl nie      ˗ Paragrafering foutief
                             styl is volwasse, dit                                                             geskik nie
                             beïndruk en is korrek                                                           ˗ Paragrafering
                                                                                                                                                                 Downloaded from hlayiso.com

                                                                                                               foutief
 VERSPREIDING VAN
                                    20–25                      15–19                       10–14                      5–9                      0–4
 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020/1ef37d86-32d2-4faa-a10b-3d51011332d6) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-memo-nov2020-d/2678cbff-87b8-4acb-80f8-9c6c55681357) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020-d/119fdb9c-990b-44a2-85c1-c2048e35fd04) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020/859b3ec6-8702-4f75-b530-276e11bffa5a) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-memo-nov2020-d/56c14b4f-f194-49ab-a4d2-803ee1d6d3c8) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020/8e149710-d7b0-4a75-942e-f6f1e7c4782f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
