# Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape November 2020, 40 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-memo-nov2020-d/2678cbff-87b8-4acb-80f8-9c6c55681357
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 40

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-memo-nov2020-d/2678cbff-87b8-4acb-80f8-9c6c55681357)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Memorandum, 40 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2020

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2
                      (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                               *IAFRHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.    Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.
2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
      opgawe op bladsy 3 en merk die nommers van die letterkundetekste wat jy
      bestudeer het.
3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte             (30)
      AFDELING B: Prosa               (25)
      AFDELING C: Drama               (25)

4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, TWEE in AFDELING B
      of TWEE in AFDELING C.
      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord TWEE vrae.
                      OF
      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord TWEE vrae.
5.    KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)

      x Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG van
        die letterkundeteks wat jy bestudeer het.
6.    LENGTE VAN ANTWOORDE
      x Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.
      x Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
      x Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
        puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en relevant.
7.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.
9.    Beantwoord ELKE afdeling op ƌ NUWE bladsy.
10.   Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A:          ongeveer 40 minute
      AFDELING B:          ongeveer 55 minute
      AFDELING C:          ongeveer 55 minute
11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    3

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                            VRAAG                         PUNTE      BLADSY
 1. Gestorwe planeet                  Opstelvraag                       10          5

 2. Afrika, my Afrika                     Kontekstuele vraag            10            6

 3. Vraag                                 Kontekstuele vraag            10            7

 4. My hand ritsel                        Kontekstuele vraag            10            8

                                            EN

 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. Moedertaal                            Kontekstuele vraag            10            9

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord TWEE vrae.*
 6. Droomdelwers                             Opstelvraag                25           10

 7. Droomdelwers                          Kontekstuele vraag            25           10

                                            OF

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord TWEE vrae.
 8. My Japan                                  Opstelvraag               25           13

 9. My Japan                             Kontekstuele vraag 25  13
 *LET WEL: Beantwoord die OPSTELVRAAG EN KONTEKSTUELE VRAAG van die
             letterkundeteks wat jy bestudeer het.

                 Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord
                 NIE.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

            AFDELING                VRAAG-        GETAL VRAE BEANTWOORD MERK 9
                                    NOMMER
A: Gedigte
                                 1–4           2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                  5            1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                 6–7           1
(Opstel- en Kontekstuele vraag)
C: Drama
                                 8–9           1
(Opstel- en Kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord BEIDE OPSTELVRAAG en KONTEKSTUELE VRAAG uit
             DIESELFDE AFDELING.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  5

 AFDELING A: GEDIGTE
 VOORGESKREWE GEDIGTE
 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAG 1: OPSTELVRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

  Gestorwe planeet – Eveleen Castelyn

 1       Aerosolkannetjies pons gaatjies
 2       in die dun osoondoek rondom
 3       die aarde gespan –
 4       toe smelt die pole,
 5       seevlakke styg, uitgelate
 6       gifgasse klim van onder
 7       tot bo in die Hemel
 8       en die Here alleen weet
 9       wat het geword van die groen
 10      gordels reënwoude
 11      wat Hy geplant het.
 12      Stofgepoeierde karkasse draf
 13      oor die ver verlate vlaktes,
 14      in die skoot van die skatkamers
 15      edelgesteentes en minerale
 16      rus dromme kernkragafval
 17      TOT IN DOOMSDAY
 18      Tjernobil en Three Mile Island
 19      se halfleeftyd-uitstraling!
 20      Menslike faeces in die bergstrome:
 21      riviere mond uit in ’n riool-
 22      oseaan, perdjies met blink
 23      gekamde olieswart kuiwe
 24      en skuimende rasende bekke
 25      slaan dood neer, gevrekte visse
 26      en voëls soos skulpe uitgespoel
 27      op die strande, sing die swanesang
 28      van ’n verlore paradys – gestorwe
 29      planeet gemaak
 30      met mensehande!
                                                                    [Bron: Kubermens,1999]

 Die mens is verantwoordelik vir die vernietiging van die aarde.

 Bespreek hierdie stelling in ƌ opstel van 200–250 woorde na aanleiding van die
 aanklagte wat in hierdie gedig teen die mens gemaak word.                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

    Afrika, my Afrika – Daniel Hugo

         I
    1    vergeet van sprinkane en droogte
    2    haelstorms en meteoriete
    3    dit is die klein irritasies
    4    wat my radeloos maak:
    5    vlieë, vlooie, muskiete

          II
    6    die muskiet prospekteer met sy boor –
    7    stellasie op die vlakte van my vel:
    8    hy soek die minerale in my are

          III
    9    die vervlakste, ratse vlooi is ƌ spring –
    10   haas op die karooveld van my kooi

         IV
    11   die vlieg is ƌ voorste sensasiesoeker:
    12   in hierdie droë land is hy eerste by – geboei
    13   deur trane wat loop, bloed wat vloei
                                                                          [Bron: Hanekraai, 2012]

 2.1     Wie is die aangesprokene in hierdie gedig?                                           (1)

 2.2     Verklaar die progressie in versreël 1–2.                                             (1)

 2.3     Wat word ƌ driereëlige strofe (soos strofe 2) genoem? Motiveer hoekom die
         uiterlike bou van die gedig geslaagd is.                                             (2)

 2.4     Verduidelik die hiperbool en beide metafore wat in strofe 2 voorkom, in jou eie
         woorde.                                                                              (3)

 2.5     Hoe word die springaksie van die vlooi in strofe 3 verstegnies beklemtoon?           (1)

 2.6     Sê hoe die stemming van die gedig skielik in die slotstrofe verander en gee die
         dieperliggende rede vir dié veranderde stemming.                                    (2)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     7

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Vraag – Lina Spies

 1      Verliefheid – so is proefondervindelik vasgestel –
 2      duur ’n jaar, hoogstens agtien maande;
 3      langer is die hartkloppings, die kortasemheid
 4      nie uit te hou nie. Verliefdheid is ’n siektetoestand.
 5      Maar wat van wat daarop volg
 6      as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde?
 7      Is dit draagliker omdat dit minder gerig is
 8      op die drif gehuisves in die lendene
 9      en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie,
 10     in die glim van ’n lag en die opslag van ’n oog,
 11     op dít wat jou aan die geliefde bind
 12     met ’n kragdraad so dun
 13     en so onbreekbaar soos ’n haar?
                                                                             [Bron: Tydlose gety]

 3.1   Wat is die vraag waarna die titel verwys?                                             (1)

 3.2   Verduidelik die woordbetekenis van die parentese in versreël 1 en sê hoe dié
       woorde beklemtoon word.                                                               (2)

 3.3   Hoe weet ons die wending in die gedig is in versreël 5?                               (1)

 3.4   Verduidelik die retoriese vraag in versreël 5–6 in jou eie woorde. Sê ook wat
       die spreker in versreël 8 meen die fokus van verliefdheid is.                         (2)

 3.5   Stem jy saam met die spreker se mening in versreël 10? Motiveer jou
       antwoord.                                                                             (1)

 3.6   Wat is die tema en die boodskap van die gedig? Noem ook EEN verband wat
       jy glo tussen die bundeltitel en die spreker se mening in hierdie gedig gelê kan
       word.                                                                                (3)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                              (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 My hand ritsel – Cas Vos

 1     As die skemer deur ruite val,
 2     ritsel my hand op leë papier,
 3     fluit ’n trein in die nag se oor.
 4     Sterre dryf soos bote op water
 5     en skadu’s skuif in voor die maan.

 6     As my hand ritsel op papier,
 7     kom daar in die skemeruur
 8     ’n gedig uit swartland se drome.
 9     Ek soek tussen die fragmente
 10    na die omtrek van jou gesig,
 11    my oë dwaal oor die are
 12    wat op jou sagte hande vertak.

 13    Ek merk hierdie gedig op papier,
 14    lig soos asem in die nag se mond.
 15    ’n Gedig met horte en stote,
 16    my hand is stomp en dom
 17    van groen poësie se vlekke
 18    en woordlyne bly ontspoor.

 19    My hand skryf op papier
 20    in die vervalle skemeruur
 21    voor my woorde droog ritsel.
                                                              [Bron: Intieme Afwesige, 2009]

 4.1   Hoekom is die gebruik van ritsel in die titel hier ongewoon? Verklaar nou die
       titel in jou eie woorde en sê wie die spreker is.                                        (3)

 4.2   Benoem die beeldspraak in versreël 4.                                                    (1)

 4.3   Verklaar die funksie van die inversie in versreël 6.                                     (1)

 4.4   Die gebruik van swartland in versreël 8 kan denotatief en konnotatief wees.
       Motiveer hierdie stelling.                                                               (2)

 4.5   Wat impliseer groen poësie in versreël 17 omtrent die spreker?                           (1)

 4.6   Verduidelik die progressie in die skryfproses wat ons in hierdie gedig aantref.
       Hoe ondersteun dié progressie eindelik die boodskap van dié gedig?                       (2)
                                                                                               [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    9

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Moedertaal – Peter Snyders

 1      Kind, as djy regte Afrikaans praat,
 2      doenit!
 3      Dis waam mamma jou lat opleerit;

 4      kritisaais skrywers wat skryf
 5      soes mamma praat,

 6      maa moenie ve’wag
 7      mamma moet nou change nie.
                                                               [Uit: Vers en Vlam, 2015]

 5.1 Waarom is dit korrek om te sê die spreker gebruik Kaaps-Afrikaans?                     (1)

 5.2 Wie is die spreker in die gedig en verklaar wat die persoon se mening oor
     Standaardafrikaans is.                                                                 (2)

 5.3 Gee die Standaardafrikaanse betekenis van opleerit in versreël 3.                      (1)

 5.4 Wat is die funksie van die enjambement in versreël 5?                                  (1)

 5.5 Wat behels die wending in die slotstrofe en sê hoekom dit eintlik op ’n hartseer
     wyse ironies is.                                                                       (2)

 5.6 Hoe word ’n tweereëlige strofe soos die slotstrofe genoem? Gee ook TWEE
     redes waarom hierdie gedig ’n vrye vers is.                                            (3)
                                                                                           [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae.

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

 Beantwoord VRAAG 6 (opstelvraag) EN VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG

 In Droomdelwers kom sekere elemente soos klip/graniet, glas en die popgesin
 herhaaldelik na vore om die temas en titel te ondersteun.

 Bespreek hierdie stelling in ƌ opstel van 350–400 woorde.                               [25]

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 1        Wanneer Leendra en Sielie uit die munisipale gebou kom, sien Sielie
 2    dadelik die silwer Porsche Carrera wat voor in die straat geparkeer staan.
 3    Sy storm op die kar af en loer deur die venster.
 4        “Kom, Sielie! Kom nou!” roep Leendra en gaan vat haar aan die arm,
 5    maar Sielie bly by die kar inkyk.
 6        Die stem wat skielik langs hulle praat, voel soos koue ysblokke wat
 7    langs Leendra se rug afrol.
 8        “Toe, weg is jy!” sê die man vir Sielie en druk haar weg.
 9        “Hou jou pote van my sussie af,” sis Leendra.
 10       Die man voor haar is Gilbert Redelinghuys. Hy staar bleek na haar
 11   asof hy ƌ spook gesien het.
 12       Dit voel vir haar asof die straattoneel net daar stol, met haar hart wat
 13   ƌ paar slae mis en vuurwarm bloed wat in haar kop klop. Sy bly bewus
 14   van motors in die straat. Van ƌ roomysklokkie wat lui. Van Sielie wat aan
 15   haar arm klou.
 16       “S-ssusie ... ice k-kreem,” beduie Sielie na die roomyskarretjie.
 17       “Ek het nie geld vir roomys nie. Kom, Sielie!”
 18       Maar Sielie bly kerm. “T-twaalf rand ... t-twaalf rand, S-sussie.”
 19        Gilbert swaai ƌ vyftigrandnoot voor Sielie se gesig verby. “Loop koop
 20   vir jou ice cream.”
 21       Sielie wil die geld vat, maar Leendra gryp dit en plak dit hardhandig op
 22   die lae dak van die Porsche neer. Sy swaai om en kyk vir Gilbert met
 23   koue groen oë aan.
 24       Gilbert meet haar. “Gaan jy nie met my praat nie? Of het hulle jou
 25   skerp tong in die tronk afgesny?”

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

 7.1 Teen watter agtergrond speel die gebeure in hierdie uittreksel af?                     (1)

 7.2 Herlees reël 6–7.

       Gee TWEE redes waarom Gilbert Redelinghuys hierdie reaksie by Leendra
       ontlok as jy hul geskiedenis in gedagte hou.                                         (2)

 7.3 Herlees reël 9.

       Is daar ƌ ooreenkoms in Leendra se handeling hier met hoe sy teenoor
       Samuel optree wanneer hul die eerste keer ontmoet? Motiveer jou antwoord.
       Verskil dit van haar optrede teenoor Sielie? Motiveer jou antwoord.                  (2)

 7.4 Verklaar die rede vir Sielie se spraakgebrek soos dit uit reël 16 duidelik blyk.
     Sê ook hoe Sielie deur naamgewing gekarakteriseer word.                                (2)

 7.5 Ons sien in hierdie uittreksel duidelik die konflik tussen Leendra en Gilbert.
     Gee DRIE voorbeelde van innerlike konflik wat Leendra in die roman ervaar.
     Word hierdie konflik eindelik bevredigend opgelos? Motiveer jou antwoord.              (4)

 7.6 Die verwysing na Leendra se groen oë in reël 23 roep die beeld van die
     nuutontdekte graniet op. Wat is die naam van die graniet wat ontgin is en gee
     die betekenis van die Italiaanse gedeelte daarvan. Dink jy die naam is
     geregverdig? Motiveer jou antwoord.                                                    (3)

                                            EN

 TEKS B

 1     Wanneer Leendra die volgende dag die pos gaan uithaal, is daar ƌ brief
 2     van Lucia. Sy gaan sit op die muurtjie voor die poskantoor en skeur die
 3     brief oop.
 4         Liewe Leendra, ek dink elke dag aan jou en Sielie. Teen hierdie tyd
 5     weet jy seker dat ek ƌ skeisaak teen Phil begin het. Na soveel jare is
 6     daar dinge wat my steeds pla. Ek het alle rede om te vermoed dat Phil,
 7     as eksekuteur van jou pa se boedel, nie reg opgetree het nie. Daar was ƌ
 8     prokureur met die naam Kurt Combrinck wat ek nie vertrou nie. Hy was
 9     met die saak gemoeid. Ek dink nie Phil het die volle koopsom van die
 10    soutmyn in die boedel inbetaal toe hy dit gekoop het nie. Daar is ƌ lêer in
 11    Phil se kantoor in die kluis. Die sleutel is in die boonste laai van sy
 12    bedkassie in ons kamer, met ƌ rooi bandjie om. Wees net versigtig dat
 13    Phil jou nie sien nie. As ek weer bel, moenie van hierdie dinge praat nie,
 14    want Phil luister partykeer van die huis se foon af in.
 15    Sy staan in die slaapkamer en kyk na die bed waar Lucia so lank geslaap
 16    het. Wanneer sy die bedkassie se laai ooptrek, hoor sy die voordeur
 17    oopgaan. Sy was seker dat oom Phil op die panne is. Dis sy voetstappe
 18    wat in die gang opklink. Sy bly versteend staan wanneer Phil die kamer
 19    binnekom.
 20        “Soek jy iets?” Hy vat sy sonbril van die bedkassie af.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 7.7    Waar pas TEKS B in die struktuur van die roman in? Motiveer jou
        antwoord.                                                                         (2)

 7.8    Benoem die soort verteller in reël 4–14 en sê waarom die gebruik van hierdie
        soort verteller hier geslaagd is. Verklaar ook hoekom die gebruik van ’n
        ander soort verteller in hierdie gedeelte minder suksesvol sou wees.              (3)

 7.9    Wat is die rol van die verteller in die onderstreepte woorde in reël 16–17?       (1)

 7.10 Dink jy Lucia se teenwoordigheid in die roman is gepas? Motiveer jou
      antwoord met TWEE redes. Dra haar teenwoordigheid in die roman by tot
      die tema van vryheid?                                                               (3)

 7.11 Beskryf kortliks die verskil in Leendra se handeling in TEKS A en reël
      15–19 van TEKS B.                                                                   (1)

 7.12 Wat is die hooftema van Droomdelwers?                                               (1)
                                                                                         [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             25

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae.

 MY JAPAN – Schalk Schoombee

 Beantwoord VRAAG 8 (opstelvraag) EN VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG

 In My Japan kom sekere elemente soos die wasgoeddraad, herhaaldelik na vore om
 die temas, titel en verskeie ander verhoogaspekte te ondersteun.

 Bespreek hierdie stelling in ƌ opstel van 350–400 woorde.                               [25]

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

 1     JUFFROU VENTER:        Is julle manne nie te groot vir sulke dinge nie? (draai
 2                            na Elzette en Ilse) Toe, wat sê julle buitestanders?
 3     ILSE:                  Ek, Juffrou?
 4     JUFFROU VENTER:        Wat het julle gesien?
 5     ILSE:                  Stofwolke, Juffrou.
 6                            Die meisies lag.
 7     ILSE:                  Hulle baklei oor Gerrit seer voel omdat hy nog nie
 8                            met meisies te doen gehad het nie, jy weet ...
 9     GERRIT:                (aan Ilse) Het jý al, Worshond?
 10    LINDA:                 (kyk na Elzette) Vra eerder vir Zombi-girl.
 11                           Meisies giggel. Elzette gluur hulle aan.
 12    JUFFROU VENTER:        Gee haar kans. Hoekom sê jy dit, Ilse?
 13    ILSE:                  Sonder testosteroon was die wêreld ƌ vreedsamer
 14                           plek, Juffrou.
 15    WIM:                   Miskien moet jy Japan toe waai, Muisnes.
 16    JUFFROU VENTER:        Nie nodig om beledigend te raak nie, Wim.
 17    ILSE:                  Sodra ek my matrieksertifikaat het.
 18    LINDA:                 Sy wil Engels gee vir die Japsnesies, nes haar niggie.
 19    JUFFROU VENTER:        Dis tog goed om te reis, ander lande en kulture te
 20                           ervaar.
 21    LIDIA:                 My pa sê die breindrein is sleg vir die land.
 22    LUKAS:                 Dis nou as jy ƌ brein het om te drein.
 23    ELZETTE:               Hoor wie praat! Mossiebrein.
 24    LUKAS:                 Hei julle, die Goth se tong is terug!
 25    JUFFROU VENTER:        Oukei, genoeg mense. Julle is almal goed opgevoed,
 26                           julle mik vir onderskeidings. Maar ons kan gerus
 27                           praat oor verdraagsaamheid.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 28    LIDIA:                  Juffrou, my pa sê hy kan almal verdra behalwe gekke
 29                            en dwase.
 30    JUFFROU VENTER:         Wie’s gek en wie’s dwaas?
 31    GERRIT:                 Ek ken ƌ hele paar van albei.
 32                            Die seuns lag onderlangs.
 33    JUFFROU VENTER:         Ons ken almal mense wat nie mooi optree soos ons
 34                            wil nie. Ons praat nou oor sosiale norme. Normaliteit
 35                            kom van norme. Ons wil almal dink ons is normale
 36                            mense.
 37    ILSE:                   Wie besluit wie is normaal?
 38    JUFFROU VENTER:         Goeie vraag, Ilse.

 9.1   Gee ƌ rede vir Juffrou Venter se dialoog in reël 1.                                  (1)

 9.2   Herlees reël 2.

       Waarom word Ilse en Elzette onderskeidelik as buitestanders geëtiketteer?            (2)

 9.3   Wat word die skuinsgedrukte woorde in reël 11 genoem? Sê ook wat die
       funksie van die woorde in hierdie reël is en gee die naam van die groep meisies
       wat giggel.                                                                          (3)

 9.4   Herlees reël 15.

       Dink jy dit is binne die verhaalgebeure geregverdig dat Ilse Japan toe wil
       gaan? Motiveer jou antwoord. Dink jy dit is goed vir haar om haar vlerke te
       sprei? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                         (3)

 9.5   Verklaar die konnotatiewe verwysing na Japan soos die leser dit in hierdie
       drama deur Ilse se perspektief beleef.                                               (1)

 9.6   Herlees reël 22–24.

       Benoem die soort konflik in hierdie reëls. Word die konflik tussen die leerders
       eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord.                                             (2)

 9.7   Herlees reël 33–34.

       Hoe hou hierdie woorde verband met Ilse en haar ma se verhouding?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   15

 TEKS D

 1                        Die mense sink verslae neer. Net Ilse en die ma bly
 2                        staande. Die vloer is besaai met mense en klere.
 3                        Snikke en huilgeluide word hoorbaar.
 4     JUN:               Soveel dood, soveel verlore. Weg, net weg.
 5     MA:                Oral is ma’s dieselfde. Hulle harte skeur. Hulle
 6                        hardloop rond soos afkop-hoenders. Hulle skree.
 7                        Hulle grawe. Hulle bewe onbedaarlik. Hulle soek hulle
 8                        kinders in die puin, in die slik en stinkende modder.
 9                        Matrone en Suster kom regs op met die trollie. Hulle
 10                       begin pille uitdeel, eers aan MA, daarna aan die
 11                       gewondes en oorlewendes.
 12    MATRONE:           Bruin pilletjie.
 13    SUSTER:            Bruin pilletjie.
 14    MATRONE:           Vir verlies.
 15    SUSTER:            Vir afgryse en ontbinding.
 16    MA:                My enigste seun is weggespoel.Verdrink. Ek soek
 17                       hom in die puin, tussen blare, takke, stukke mure.
 18                       Maar verniet. My mooi, slim, oulike seun.
 19    LUKAS:             Is jy okei, Ilse? Jy’s wasbleek.
 20    ILSE:              Ek ... ek ... dis net ...
 21    ENGELA:            Iets verskrikliks. Afgryslik, ondenkbaar. Ek groei vas
 22                       voor my TV.
 23    LUKAS:             Cool toespraak, Ilse. Waar kry jy al die feite? Die
 24                       internet?
 25                       Beleefde applous van die klas.
 26    ILSE:              (haar gemoed vol) Uh, dankie. Dis net ... ek ... sal
 27                       Juffrou my asseblief verskoon? Ek het ƌ bietjie vars
 28                       lug ... die stank ...verrottende lyke ...
 29                       Die geluid van groot waters wat suis en verswelg.
 30    LUKAS:             Hei pasop! Sy gaan val. Breek soos ƌ bord.
 31                       Ilse duisel en Lukas vang haar.
 32                       Die leerlinge versteen, die ma soek tussen die lakens
 33                       en klere, in die “puin”.
 34    MA:                Ilse! Ilse! Waar’s jy?
 35    ILSE:              (droom) Die vrou met die twee monde roep. Sy skree.
 36                       Sy sper haar mond wyd oop. Sy kom al nader en
 37                       nader ...

 9.8 Herlees reël 5–11.

       Verklaar die ooreenkoms tussen die handeling van die ma’s hier en die van
       Mercia vroeër in die drama.                                                         (1)

 9.9 Waar pas TEKS D in die struktuur van die drama in? Motiveer jou antwoord.
     Hierdie uittreksel bewys ook die fragmentariese tydverloop in hierdie drama.
     Bewys dat hierdie stelling korrek is.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 9.10 Herlees reël 9–15.

        Watter rol vervul Matrone en Suster telkens wanneer hulle pille op die
        verhoog uitdeel in hierdie drama? Sê ook na watter ruimte word die
        verhaalgebeure verplaas wanneer hulle hier op die verhoog verskyn.            (2)

 9.11 Herlees reël 35–37.

        Verklaar die denotatiewe en konnotatiewe verwysing na die vrou met die
        twee monde. Dink jy die beskrywing op konnotatiewe vlak is geregverdig?
        Motiveer jou antwoord. Verklaar ook hoekom Ilse se negatiewe houding
        jeens hierdie karakter aan die einde van die verhaal verander.                (4)

 9.12 Wat, dink jy, is die tema en boodskap van hierdie drama?                       (2)
                                                                                    [25]

                                                        TOTAAL AFDELING C:            25
                                                            GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 11

                        NOVEMBER 2020

                 AFRIKAANS HUISTAAL V2
                     NASIENRIGLYN
                     (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   80

                 Hierdie nasienriglyn bestaan uit 17 bladsye.

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

NASIENRIGLYNE

1.    As ƌ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
      eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate moet die opstelvraag en
      die kontekstuele vraag oor DIESELFDE genre beantwoord.)

2.    As ƌ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
      word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.    As ƌ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
      opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer. As ƌ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en
      C beantwoord het, word die eerste afdeling nagesien.

4.    As ƌ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
      die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
      antwoord word geïgnoreer.

5.    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
      nasienriglyn nagesien.

6.    As ƌ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
      gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
      dit as korrek beskou.

7.    Literêre opstel:
      As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie
      gepenaliseer nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te
      lank is, assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener/ vakhoof.
      Die nasienriglyn is slegs ƌ riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
      beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.

8.    Kontekstuele vrae:
      As ƌ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ƌ vraag dit vereis nie,
      word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.    Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JAN/NEE/EK STEM SAAM/EK
      STEM NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10. Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
    rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                        AFRIKAANS HUISTAAL V2          3

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien. LET WEL:
x   Dis ƌ breë raamwerk van feite.
x   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ƌ gepaste inleiding aan.

 x   Die aarde word bedreig deur besoedeling, want lug-geraas en
     waterbesoedeling word in hierdie gedig van naderby bekyk.
 x   Lugbesoedeling deur die mens se verkeerde/nalatige optrede lei tot die
     gat in die osoonlaag wat natuurrampe tot gevolg het.
 x   Die gasse wat in mensgemaakte aërosolkannetjies vrygelaat word,
     veroorsaak gate in die osoonlaag.
 x   Stygende water en poolstreke wat smelt is die mens se handewerk deur
     lugbesoedeling.
 x   Die gate in die osoonlaag laat die pole smelt sodat die seevlakke styg en
     die mens later geen beheer daaroor het nie.
 x   Die natuur word deur die mens vernietig omdat die groen reënwoude dan
     verdwyn. (en ƌ wanbalans in die omgewing is die gevolg.)
 x   Die mens besoedel die riviere en die see wat dan tot vrektes van ons
     waterlewe lei.
 x   Diere begin soos karkasse lyk omdat hul ondervoed is deur die mens wat
     nie behoorlik na die diereryk omsien nie.
 x   Die mens veroorsaak kernkragongelukke by Tjernobil en Three Mile
     Island wat verreikende gevolge vir menslike bestaan inhou.
 x   Die uitstraling van radioaktiewe stowwe veroorsaak dat menselewens
     geëis word.
 x   Die mens ontwikkel op tegnologiese gebied, maar die eindeinde is dat
     die kernkragafval langs skatkamers edelgesteentes geberg word.
 x   Die mens se optrede het tot gevolg dat oseane in riool verander.
 x   Die seelewe word vernietig, want branders word swart van oliebesoedeling
     deur die mens se toedoen.
 x   Die mens se optrede getuig van onverantwoordelikheid ten opsigte van
     die seelewe, want dooie visse spoel op strande uit.
 x   Die mens kyk nie na die voëls nie, want hul sing ƌ swanesang van ƌ
     verlore paradys.
 x   Die mens het nie met die nodige verantwoordelikheid versigtig met
     God se skepping omgegaan nie omdat hul hul eie god geword het.

Die kandidaat bied ƌ gepaste slot aan.                                                [10]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Afrika, my Afrika

 Vraag                                  Antwoord                                         Punt
 2.1   Afrika ¥                                                                           1
 2.2   Daar is ontwikkeling in die omvang/grootheid van die (soort) bedreigings in
       Afrika./
       Die bedreigings begin by die klein/konkrete op aarde, dan word daar
       verwys na ’n natuurtoestand, dan ’n weerramp en eindelik ’n ramp uit die
       ruimte. ¥                                                                           1
 2.3   Tersine ¥                                                                           1

         Elke bedreiging word in afsonderlike strofes aangeraak sodat elkeen
         beklemtoon word. / Die eerste strofe lei die gedig treffend in deur te noem
         wat die bedreigings is en dan word elke bedreiging afsonderlik in ’n strofe
         aangespreek. / Elke bedreiging word afsonderlik in ’n strofe aangespreek          1
         en die grootste bedreiging word in die slotstrofe as klimaks aangebied. ¥
 2.4     Hiperbool – Die klein muskiet word voorgestel as ’n prospekteerder (wat
         oor ’n wye area prospekteer op soek na minerale). ¥                               1

         Metafoor – Die steekaksie van die musiek se monddele word vergelyk met
         die pompaksie van ’n boor in die myn. ¥                                           1

         Metafoor – Die mens se vel/liggaam word as vlakte voorgestel. ¥                   1
 2.5     Die koppelteken beklemtoon die sprong. / bewerkstellig enjambement wat
         die gedig bind. ¥                                                                 1
 2.6     Die stemming verander van ’n spottende toon na ’n ernstigheid skielik. ¥          1

         Die kandidate kan slegs die verandering in stemming aandui as hul verwys
         na hoe dit was – en nou skielik is – beide kante dus vir EEN punt.

         Die slotstrofe roep die hartseer Afrika-geskiedenis op./ Die slotstrofe
         verwys na uitbuiting/slawerny/siekte/honger/droogte/geweld in Afrika. ¥          1
                                                                                         [10]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                           AFRIKAANS HUISTAAL V2           5

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Vraag

 Vraag                                     Antwoord                                        Punt
 3.1   Die vraag verwys na die verskil tussen verliefdheid en liefde./Die spreker vra
       wat is verliefdheid en wat is liefde. ¥                                               1

          Die kandidaat moet na verliefdheid én liefde in sy/haar antwoord verwys.
 3.2      Dit is eksperimenteel/met ’n eksperiment/deur waarneming vasgestel. ¥              1

          Die woorde word deur die aandagstrepe beklemtoon. ¥                                1
 3.3      Die wending begin met ƌ (neweskikkende) voegwoord/met die woord
          “Maar” ¥                                                                           1
 3.4      Wat gebeur as verliefdheid nie net verbygaan nie, maar as dit in liefde (wat
          broos is) ontwikkel? ¥                                                             1

          Lyflike/Liggaamlike drif/Drang/Hartstog ¥                                          1
 3.5      Ja.
          Wanneer ’n mens lief is vir iemand, verstaan jul die nie-verbale
          kommunikasie/fyn nuanses/sintuiglike waarneming/oogkontak en (lag)
          uitdrukkings van mekaar baie goed.

                                                   OF
          Nee.
          Dit is nie noodwendig so dat ’n mens eers lief hoef te wees vir iemand om          1
          die fyn nuanses tussen mekaar op te let nie – dit kan in die verliefweesfase
          reeds gebeur. ¥
 3.6      Liefde is kompleks. ¥                                                              1

          Die kandidaat formuleer vir EEN punt ’n eie boodskap binne konteks van die
          tema, bv.
          Ek het opnuut geleer dat liefde broos/bedrieglik kan wees./ Ek het opnuut
          geleer dat ek my nie moet misgis met verliefdheid/liefde nie. ¥                    1

          Die soeke na antwoorde oor die liefde is, soos die kom en gaan van getye,
          tydloos en sal nooit ten volle beantwoord/verstaan kan word nie. ¥                 1

          Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.
                                                                                            [10]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – My hand ritsel

 Vraag                                   Antwoord                                         Punt
 4.1   Blare ritsel gewoonlik in die wind; nie ’n hand nie. ¥                              1

         Die titel verwys na ’n skeppende/skrywende hand. ¥                                 1

         ’n Digter ¥                                                                        1
 4.2     Vergelyking ¥                                                                      1
 4.3     Die inversie word gebruik om papier in die rymposisie met skemeruur te
         plaas./om paarrym moontlik te maak./
         Die voorplasing van ritsel in hierdie versreël beklemtoon die skeppende
         hand/proses./
         Dit help om die ritme/metrum in die gedig te behou. ¥                              1
 4.4     Denotatief – die woord kan na die (landbou)streek in die Wes-Kaap                  1
         verwys. ¥

         Konnotatief – die woord kan na die spreker se depressiewe/donker gemoed            1
         verwys. ¥
 4.5     Die digter is nog onervare. ¥                                                      1
 4.6     Die skeppingsproses begin in die skemer, hou deur die nag aan en eindig
         (met ’n voltooide gedig) met dagbreek die volgende oggend. ¥                       1

         Die boodskap word ondersteun deurdat die leser besef ’n mens moet skryf
         wat jy kan voordat die woorde soos droë blare wegritsel./Al is die skryfpoging
         onvolmaak, moet ’n mens jou gedagtes neerpen voordat dit verdwyn. ¥               1
                                                                                          [10]

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                         AFRIKAANS HUISTAAL V2           7

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Moedertaal

 Vraag                                  Antwoord                                       Punt
 5.1   Die gebruik van Engelse woorde, bv. kritisaais/change
       Die verhoging van die klinkers/vokale, bv. soes
       Klankweglating, bv. maa/ve’wag
       Die gebruik van assimilasie, bv. doenit
       Voorvoeging, bv. djy ¥                                                             1
 5.2       ƌ Ma ¥                                                                         1

           Sy dink dit is die regte Afrikaans./Dit is die korrekte/goeie manier van
           Afrikaanspraat./Sy is positief oor Standaardafrikaans./Sy is nie negatief
           oor Standaardafrikaans nie. ¥                                                  1
 5.3       Dis hoekom sy haar kind verder laat studeer het. ¥                             1
 5.4       Die enjambement beklemtoon dat die skryf/gebruik van Kaaps/Kaapse-
           Afrikaans nie gestuit kan word nie/aanhou gebruik word/meer en meer
           gebruik word. ¥                                                                1
 5.5       Die spreker verklaar dat haar seun nie van haar moet verwag om haar
           moedertaal (nou) te verander nie./om nou Standaardafrikaans te praat           1
           nie. ¥

           ’n Mens sou verwag dat die spreker trots is op haar taalgebruik /
           moedertaal, maar sy misken eintlik Kaaps/Kaapse-Afrikaans, want sy het         1
           haar seun laat studeer om regte Afrikaans te kan praat. ¥

           Die kandidaat moet beide kante van die ironie vir EEN punt noem.
 5.6       Koeplet ¥                                                                      1

           Geen vaste strofebou/Geen vaste rymskema/Onreëlmatige gebruik van
           hoofletters ¥¥                                                                 2

           Die kandidaat noem enige TWEE redes vir EEN punt elk.
                                                                                        [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord TWEE vrae.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
x Dis ƌ breë raamwerk van feite.
x Al die feite hoef nie genoem te word nie.

 Die kandidaat bied ƌ gepaste inleiding aan.

 x Klip dui in hierdie roman op standvastigheid en welvaart, want Western Mining is
   op soek na graniet wat juis dít vir hul maatskappy sal inhou.
 x Dit is belangrik dat klip/graniet ontgin word, juis vir die standvastigheid en
   welvaart van die hele kontrei, want die meerderheid inwoners kry swaar.
 x Samuel word bewus dat Sielie die sleutel tot die antwoord is waar hy die
   besondere graniet kan kry, want sy het vir hom appelkooskleurige klippe gewys.
 x Samuel sê vir Sielie dat sy hom ’n groot guns bewys het deur vir hom te wys
   waar die klippe is, want hy kon verdere toetse doen om te bepaal of hier spesiale
   graniet is.
 x Die delwersgedagte in die romantitel verwys na die delfproses om die nuwe
   klip/graniet te vind sodat standvastigheid en welvaart vir die gemeenskap beskore
   is.
 x Die nuwe graniet word Dream Dolorosa genoem omdat dit ooreenkomste met
   Leendra se voorkoms en geaardheid toon. Dit sluit daarom aan by die droombeeld
   in die titel.
 x Die letterlike delwery op soek na klip/graniet het gelei tot ’n konnotatiewe
   delfproses van elke karakter binne hulself sodat hul later die droom van vryheid
   van hul verlede/hartseer kon smaak.
 x Die granietvonds het meegebring dat die wyer gemeenskap se droom
   bewaarheid is, want die Vlakteveliers is nie aan die onmoontlike omstandighede
   uitgelewer nie en die Redelinghuyse se vakansieoordprojek is op ’n vredevolle
   manier geloods.
 x Die klip/graniet bring standvastigheid vir die karakters, want in hierdie delfproses
   ontmoet Leendra en Samuel mekaar, vind liefde en trou.
 x Die graniet/klip bring vir Gretel standvastigheid wanneer sy en Mario eindelik
   trou en saam ’n nuwe lewe begin.
 x Die graniet/klip het aan die hele kontrei hoop en standvastigheid gebring, want
   die Vlaktevleiers is nie ontwortel nie en nuwe werksgeleenthede is geskep.
 x Glas dui in die roman op broosheid, versplintering en ontnugtering, want net
   soos glas breekbaar is, is die karakters broos na emosionele ervarings.
 x Toe die Vlaktevleiers/Suidhoekers tydens die veragdering bierbottels gooi en
   ruite breek, is die Redelinghuyse ontnugter deur die ware gevoel wat onder die
   Vlaktevleiers heers oor die beplande verskuiwings.
 x Sielie het haar popgesin in ’n glaskassie uitgestal om te wys dat die verlede
   verby is, maar dat dit tog altyd daar sal wees om te onthou.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                        AFRIKAANS HUISTAAL V2            9

 x Die beeld van die popgesin agter glas herinner aan die broosheid van die
   situasie waarbinne Sielie haar bevind, want sy is ook broos gelaat deur die moord
   op haar ouers.
 x Die popgesin agter glas herinner ook aan die versplintering van die Van
   Heelberg-gesin nadat hul ouers oorlede is en Leendra tronk toe moes gaan.
 x Sielie se eie lewe is versplinter, want in die gasontploffing het sy emosionele
   skade opgedoen en haar ontwikkeling het by die van ’n elfjarige kind stilgestaan.
 x Dit bly ’n droom dat Sielie normaal sal begin praat en optree; daarom was dit
   nodig vir die konnotatiewe delfproses – die antwoorde het Sielie eindelik vrygemaak
   van haar broosheid en versplintering.
 x Die popgesin dui in die roman op die ontvlugting van die werklikheid en soeke
   na antwoorde, want Sielie herleef die werklikheid van haar verlede deur haar
   verbeeldingsvlugte en ontvlug die hede deur hierdie fantasiegesin.
 x Die leser kry slegs gedeeltes van die waarheid deur haar poppespel en dit
   verhoog dus die spanning.
 x Sielie se handeling met die lappoppe het eindelik tot die beantwoording van
   onopgeloste vrae gelei omdat sy die verlede voor haar sien afspeel.
 x Hierdie fantasiegesin help haar om eindelik vry te word/emosioneel gesond te
   word sodat sy as jong meisie tot nuwe insigte kon ontwikkel.

 Die kandidaat bied ƌ gepaste slot aan.
                                                                                    [25]

                                          EN

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag                                      Antwoord                                      Punt
 7.1       Leendra loop Gilbert die eerste keer sedert haar vrylating buite die
           munisipale gebou (in Dwarsmansdal) raak. ¥                                       1
 7.2       Gilbert en sy ma het Leendra van diefstal beskuldig./haar afgedank omdat
           sy kwansuis gesteel het./
           Gilbert het valse getuienis teen Leendra in die hof gelewer./
           Gilbert het die lewe vir Leendra moeilik gemaak omdat hy ’n verhouding
           met haar wou aanknoop, maar sy wou nie, want sy was in ’n verhouding
           met Ferdinand. ¥¥                                                                2

           Die kandidaat bied enige TWEE van die redes vir EEN punt elk aan.
 7.3       Ja
           Leendra is kwaad omdat Samuel met sy karavaan en tent in die
           Kleinkloof staan en is baie ongeskik wanneer sy sê hy moet padgee/trek
           sy tentpenne uit. ¥                                                              1
           Ja
           Leendra tree altyd sag/simpatiek/beskermend teenoor Sielie op. ¥                 1
 7.4       Sielie ly aan erge skok/trauma na haar ouers se dood en het sedertdien ’n
           spraakgebrek. ¥                                                                  1
           Dié troetelnaam beklemtoon Sielie se weerloosheid/broosheid./wek
           simpatie en deernis by die leser. ¥                                              1
 7.5       Leendra ervaar innerlike konflik oor Sielie se hartseer situasie en wonder
           of sy haar sal onthou toe sy vrygelaat is, maar sy is hulpeloos omdat sy nie
           voel dat sy iets omtrent die situasie kan doen/verander nie. / Leendra is na
           haar vrylating uit die Silwerkruis-gevangenis nog wroegend en kwaad, want
           sy weet steeds nie wie vir haar ouers se dood verantwoordelik is nie en dit
           vreet haar op/laat haar uiters gefrustreerd voel/ontneem haar ƌ kans op
           vryheid./ Leendra sê vroeg in die roman reeds dat sy nooit sal vry wees
           voordat sy weet wat sy moet weet nie, want die geheime hou haar gevange
           in die hartseer verlede waaruit sy wil ontsnap./ Leendra ervaar innerlike
           konflik oor haar verhouding met Ferdinand voor haar ouers se dood omdat
           sy besef die verhouding het ƌ negatiewe impak op haar verhouding met
           haar ouers gehad en sy is spyt dat sy nooit vir haar ouers kon jammer sê
           nie. ¥¥¥                                                                         3
           Die kandidaat bied enige DIE soortgelyke voorbeelde van innerlike konflik
           aan en beide kante van die konflik word aangebied vir EEN punt elk.
           Ja.
           Leendra kry die antwoorde op haar vrae oor haar ouers se dood wat haar
           ook vryheid besorg./Leendra maak vrede met die verlede toe haar
           antwoorde omtrent haar ouers se dood opgelos is./Leendra vind liefde in
           Samuel en kan die toekoms positief ingaan sonder wroeginge oor ’n
                                                                                            1
           hartseer verlede. ¥

           Die kandidaat bied ’n soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                                            AFRIKAANS HUISTAAL V2           11

 7.6    Dream Dolorosa ¥                                                                      1

        smart/droefheid/leed ¥                                                                1

        Ja.
        Die graniet is op die plek van Leendra se hartseer/droefheid (waar haar ouers
        gesterf het) ontgin./Mario en Samuel het op die plek van Leendra se hartseer
        gedelf. ¥                                                                             1
 7.7    Verwikkeling/Ontwikkeling ¥                                                           1

        Dit is waar die verhouding tussen karakters al meer gespanne word/konflik
        toeneem as gevolg van die waarheid wat Leendra omtrent oom Phil uitvind. ¥            1
 7.8    Eerstepersoonsverteller/Ek-verteller ¥                                                1

        Die verteller bied ’n eerlike/direkte/geloofwaardige vertelling omtrent Phil se
        skelmstreke./Sy ken Phil daarom kan sy die leser omtrent Phil se
        skelmstreke inlig. ¥                                                                  1

      ’n Derdepersoonsverteller sou nie so ’n eerstehandse/eerlike/geloofwaardige
      vertelling kon bied nie, want so ’n soort verteller kan nie so naby aan Phil
      leef/beweeg om hierdie geheime omtrent sy handelinge te ontbloot nie. ¥                 1
 7.9  Die verteller bou/verhoog die spanning (omdat die leser weet Phil is tuis.) ¥           1
 7.10 Ja.
      Lucia ontbloot Phil as ’n misdadiger./
      Lucia bied emosionele ondersteuning aan Leendra en Sielie./tree as ma vir
      Leendra en Sielie op. ¥¥                                                                2
      Ja.

        Wanneer Lucia vir Leendra oor Phil se skelmstreke inlig, help dit haar om
        die onopgeloste antwoorde rondom haar ouers se dood uit te vind sodat sy
        eindelik vrygemaak kon word van ’n harseer verlede./
        Wanneer Lucia besluit om van Phil te skei, bevry sy haarself uit ’n negatiewe
        omgewing. ¥                                                                           1

 7.11 In TEKS A is Leendra uitdagend/uitgesproke, maar in reël 15–19 van TEKS B
      is sy beangs/teruggetrokke/stil. ¥                                                      1

 7.12 Droomdelwers fokus op die verwoestende effek wat hebsug/geldgierigheid
      op mense/gemeenskappe kan hê. ¥                                                         1
                                                                                             [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020/1ef37d86-32d2-4faa-a10b-3d51011332d6) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020-d/669d2629-ec18-429e-a6ec-5091fc18e5a9) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020-d/119fdb9c-990b-44a2-85c1-c2048e35fd04) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020/859b3ec6-8702-4f75-b530-276e11bffa5a) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-memo-nov2020-d/56c14b4f-f194-49ab-a4d2-803ee1d6d3c8) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov2020/8e149710-d7b0-4a75-942e-f6f1e7c4782f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
