# Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape November 2020, 16 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020-d/119fdb9c-990b-44a2-85c1-c2048e35fd04
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Question paper
- Year: 2020
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P2 Eastern Cape November 2020 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020-d/119fdb9c-990b-44a2-85c1-c2048e35fd04)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2020. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 11

                        NOVEMBER 2020

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2
                      (EKSEMPLAAR)

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                               *IAFRHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                  (EC/NOVEMBER 2020)

INSTRUKSIES EN INLIGTING
1.    Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.
2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die inhouds-
      opgawe op bladsy 3 en merk die nommers van die letterkundetekste wat jy
      bestudeer het.
3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte             (30)
      AFDELING B: Prosa               (25)
      AFDELING C: Drama               (25)

4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE in AFDELING A, TWEE in AFDELING B
      of TWEE in AFDELING C.
      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.
      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord TWEE vrae.
                      OF
      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord TWEE vrae.
5.    KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) en C (DRAMA)

      x Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG van
        die letterkundeteks wat jy bestudeer het.
6.    LENGTE VAN ANTWOORDE
      x Die lengte van die opstel vir die gedig is 200–250 woorde.
      x Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 350–400 woorde elk.
      x Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
        puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord die vrae bondig en relevant.
7.    Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.
8.    Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.
9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.
10.   Voorgestelde tydsindeling:

      AFDELING A:          ongeveer 40 minute
      AFDELING B:          ongeveer 55 minute
      AFDELING C:          ongeveer 55 minute
11.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    3

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE

 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                            VRAAG                         PUNTE      BLADSY
 1. Gestorwe planeet                  Opstelvraag                       10          5

 2. Afrika, my Afrika                     Kontekstuele vraag            10            6

 3. Vraag                                 Kontekstuele vraag            10            7

 4. My hand ritsel                        Kontekstuele vraag            10            8

                                            EN

 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. Moedertaal                            Kontekstuele vraag            10            9

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord TWEE vrae.*
 6. Droomdelwers                             Opstelvraag                25           10

 7. Droomdelwers                          Kontekstuele vraag            25           10

                                            OF

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord TWEE vrae.
 8. My Japan                                  Opstelvraag               25           13

 9. My Japan                             Kontekstuele vraag 25  13
 *LET WEL: Beantwoord die OPSTELVRAAG EN KONTEKSTUELE VRAAG van die
             letterkundeteks wat jy bestudeer het.

                 Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord
                 NIE.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/NOVEMBER 2020)

KONTROLELYS
Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
beantwoord het.

            AFDELING                VRAAG-        GETAL VRAE BEANTWOORD MERK 9
                                    NOMMER
A: Gedigte
                                 1–4           2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                  5            1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                 6–7           1
(Opstel- en Kontekstuele vraag)
C: Drama
                                 8–9           1
(Opstel- en Kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord BEIDE OPSTELVRAAG en KONTEKSTUELE VRAAG uit
             DIESELFDE AFDELING.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  5

 AFDELING A: GEDIGTE
 VOORGESKREWE GEDIGTE
 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAG 1: OPSTELVRAAG
 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vraag wat volg.

  Gestorwe planeet – Eveleen Castelyn

 1       Aerosolkannetjies pons gaatjies
 2       in die dun osoondoek rondom
 3       die aarde gespan –
 4       toe smelt die pole,
 5       seevlakke styg, uitgelate
 6       gifgasse klim van onder
 7       tot bo in die Hemel
 8       en die Here alleen weet
 9       wat het geword van die groen
 10      gordels reënwoude
 11      wat Hy geplant het.
 12      Stofgepoeierde karkasse draf
 13      oor die ver verlate vlaktes,
 14      in die skoot van die skatkamers
 15      edelgesteentes en minerale
 16      rus dromme kernkragafval
 17      TOT IN DOOMSDAY
 18      Tjernobil en Three Mile Island
 19      se halfleeftyd-uitstraling!
 20      Menslike faeces in die bergstrome:
 21      riviere mond uit in ’n riool-
 22      oseaan, perdjies met blink
 23      gekamde olieswart kuiwe
 24      en skuimende rasende bekke
 25      slaan dood neer, gevrekte visse
 26      en voëls soos skulpe uitgespoel
 27      op die strande, sing die swanesang
 28      van ’n verlore paradys – gestorwe
 29      planeet gemaak
 30      met mensehande!
                                                                    [Bron: Kubermens,1999]

 Die mens is verantwoordelik vir die vernietiging van die aarde.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 200–250 woorde na aanleiding van die
 aanklagte wat in hierdie gedig teen die mens gemaak word.                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

    Afrika, my Afrika – Daniel Hugo

         I
    1    vergeet van sprinkane en droogte
    2    haelstorms en meteoriete
    3    dit is die klein irritasies
    4    wat my radeloos maak:
    5    vlieë, vlooie, muskiete

          II
    6    die muskiet prospekteer met sy boor –
    7    stellasie op die vlakte van my vel:
    8    hy soek die minerale in my are

          III
    9    die vervlakste, ratse vlooi is ŉ spring –
    10   haas op die karooveld van my kooi

         IV
    11   die vlieg is ŉ voorste sensasiesoeker:
    12   in hierdie droë land is hy eerste by – geboei
    13   deur trane wat loop, bloed wat vloei
                                                                          [Bron: Hanekraai, 2012]

 2.1     Wie is die aangesprokene in hierdie gedig?                                           (1)

 2.2     Verklaar die progressie in versreël 1–2.                                             (1)

 2.3     Wat word ŉ driereëlige strofe (soos strofe 2) genoem? Motiveer hoekom die
         uiterlike bou van die gedig geslaagd is.                                             (2)

 2.4     Verduidelik die hiperbool en beide metafore wat in strofe 2 voorkom, in jou eie
         woorde.                                                                              (3)

 2.5     Hoe word die springaksie van die vlooi in strofe 3 verstegnies beklemtoon?           (1)

 2.6     Sê hoe die stemming van die gedig skielik in die slotstrofe verander en gee die
         dieperliggende rede vir dié veranderde stemming.                                    (2)
                                                                                            [10]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     7

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Vraag – Lina Spies

 1      Verliefheid – so is proefondervindelik vasgestel –
 2      duur ’n jaar, hoogstens agtien maande;
 3      langer is die hartkloppings, die kortasemheid
 4      nie uit te hou nie. Verliefdheid is ’n siektetoestand.
 5      Maar wat van wat daarop volg
 6      as dit nie afgestorwenheid is nie, maar liefde?
 7      Is dit draagliker omdat dit minder gerig is
 8      op die drif gehuisves in die lendene
 9      en meer op wat skuil in die buitekring van die sintuie,
 10     in die glim van ’n lag en die opslag van ’n oog,
 11     op dít wat jou aan die geliefde bind
 12     met ’n kragdraad so dun
 13     en so onbreekbaar soos ’n haar?
                                                                             [Bron: Tydlose gety]

 3.1   Wat is die vraag waarna die titel verwys?                                             (1)

 3.2   Verduidelik die woordbetekenis van die parentese in versreël 1 en sê hoe dié
       woorde beklemtoon word.                                                               (2)

 3.3   Hoe weet ons die wending in die gedig is in versreël 5?                               (1)

 3.4   Verduidelik die retoriese vraag in versreël 5–6 in jou eie woorde. Sê ook wat
       die spreker in versreël 8 meen die fokus van verliefdheid is.                         (2)

 3.5   Stem jy saam met die spreker se mening in versreël 10? Motiveer jou
       antwoord.                                                                             (1)

 3.6   Wat is die tema en die boodskap van die gedig? Noem ook EEN verband wat
       jy glo tussen die bundeltitel en die spreker se mening in hierdie gedig gelê kan
       word.                                                                                (3)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                              (EC/NOVEMBER 2020)

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 My hand ritsel – Cas Vos

 1     As die skemer deur ruite val,
 2     ritsel my hand op leë papier,
 3     fluit ’n trein in die nag se oor.
 4     Sterre dryf soos bote op water
 5     en skadu’s skuif in voor die maan.

 6     As my hand ritsel op papier,
 7     kom daar in die skemeruur
 8     ’n gedig uit swartland se drome.
 9     Ek soek tussen die fragmente
 10    na die omtrek van jou gesig,
 11    my oë dwaal oor die are
 12    wat op jou sagte hande vertak.

 13    Ek merk hierdie gedig op papier,
 14    lig soos asem in die nag se mond.
 15    ’n Gedig met horte en stote,
 16    my hand is stomp en dom
 17    van groen poësie se vlekke
 18    en woordlyne bly ontspoor.

 19    My hand skryf op papier
 20    in die vervalle skemeruur
 21    voor my woorde droog ritsel.
                                                              [Bron: Intieme Afwesige, 2009]

 4.1   Hoekom is die gebruik van ritsel in die titel hier ongewoon? Verklaar nou die
       titel in jou eie woorde en sê wie die spreker is.                                        (3)

 4.2   Benoem die beeldspraak in versreël 4.                                                    (1)

 4.3   Verklaar die funksie van die inversie in versreël 6.                                     (1)

 4.4   Die gebruik van swartland in versreël 8 kan denotatief en konnotatief wees.
       Motiveer hierdie stelling.                                                               (2)

 4.5   Wat impliseer groen poësie in versreël 17 omtrent die spreker?                           (1)

 4.6   Verduidelik die progressie in die skryfproses wat ons in hierdie gedig aantref.
       Hoe ondersteun dié progressie eindelik die boodskap van dié gedig?                       (2)
                                                                                               [10]

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    9

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Moedertaal – Peter Snyders

 1      Kind, as djy regte Afrikaans praat,
 2      doenit!
 3      Dis waam mamma jou lat opleerit;

 4      kritisaais skrywers wat skryf
 5      soes mamma praat,

 6      maa moenie ve’wag
 7      mamma moet nou change nie.
                                                               [Uit: Vers en Vlam, 2015]

 5.1 Waarom is dit korrek om te sê die spreker gebruik Kaaps-Afrikaans?                     (1)

 5.2 Wie is die spreker in die gedig en verklaar wat die persoon se mening oor
     Standaardafrikaans is.                                                                 (2)

 5.3 Gee die Standaardafrikaanse betekenis van opleerit in versreël 3.                      (1)

 5.4 Wat is die funksie van die enjambement in versreël 5?                                  (1)

 5.5 Wat behels die wending in die slotstrofe en sê hoekom dit eintlik op ’n hartseer
     wyse ironies is.                                                                       (2)

 5.6 Hoe word ’n tweereëlige strofe soos die slotstrofe genoem? Gee ook TWEE
     redes waarom hierdie gedig ’n vrye vers is.                                            (3)
                                                                                           [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae.

 DROOMDELWERS – Esta Steyn

 Beantwoord VRAAG 6 (opstelvraag) EN VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DROOMDELWERS – OPSTELVRAAG

 In Droomdelwers kom sekere elemente soos klip/graniet, glas en die popgesin
 herhaaldelik na vore om die temas en titel te ondersteun.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                               [25]

 VRAAG 7: DROOMDELWERS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 1        Wanneer Leendra en Sielie uit die munisipale gebou kom, sien Sielie
 2    dadelik die silwer Porsche Carrera wat voor in die straat geparkeer staan.
 3    Sy storm op die kar af en loer deur die venster.
 4        “Kom, Sielie! Kom nou!” roep Leendra en gaan vat haar aan die arm,
 5    maar Sielie bly by die kar inkyk.
 6        Die stem wat skielik langs hulle praat, voel soos koue ysblokke wat
 7    langs Leendra se rug afrol.
 8        “Toe, weg is jy!” sê die man vir Sielie en druk haar weg.
 9        “Hou jou pote van my sussie af,” sis Leendra.
 10       Die man voor haar is Gilbert Redelinghuys. Hy staar bleek na haar
 11   asof hy ŉ spook gesien het.
 12       Dit voel vir haar asof die straattoneel net daar stol, met haar hart wat
 13   ŉ paar slae mis en vuurwarm bloed wat in haar kop klop. Sy bly bewus
 14   van motors in die straat. Van ŉ roomysklokkie wat lui. Van Sielie wat aan
 15   haar arm klou.
 16       “S-ssusie ... ice k-kreem,” beduie Sielie na die roomyskarretjie.
 17       “Ek het nie geld vir roomys nie. Kom, Sielie!”
 18       Maar Sielie bly kerm. “T-twaalf rand ... t-twaalf rand, S-sussie.”
 19        Gilbert swaai ŉ vyftigrandnoot voor Sielie se gesig verby. “Loop koop
 20   vir jou ice cream.”
 21       Sielie wil die geld vat, maar Leendra gryp dit en plak dit hardhandig op
 22   die lae dak van die Porsche neer. Sy swaai om en kyk vir Gilbert met
 23   koue groen oë aan.
 24       Gilbert meet haar. “Gaan jy nie met my praat nie? Of het hulle jou
 25   skerp tong in die tronk afgesny?”

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

 7.1 Teen watter agtergrond speel die gebeure in hierdie uittreksel af?                     (1)

 7.2 Herlees reël 6–7.

       Gee TWEE redes waarom Gilbert Redelinghuys hierdie reaksie by Leendra
       ontlok as jy hul geskiedenis in gedagte hou.                                         (2)

 7.3 Herlees reël 9.

       Is daar ŉ ooreenkoms in Leendra se handeling hier met hoe sy teenoor
       Samuel optree wanneer hul die eerste keer ontmoet? Motiveer jou antwoord.
       Verskil dit van haar optrede teenoor Sielie? Motiveer jou antwoord.                  (2)

 7.4 Verklaar die rede vir Sielie se spraakgebrek soos dit uit reël 16 duidelik blyk.
     Sê ook hoe Sielie deur naamgewing gekarakteriseer word.                                (2)

 7.5 Ons sien in hierdie uittreksel duidelik die konflik tussen Leendra en Gilbert.
     Gee DRIE voorbeelde van innerlike konflik wat Leendra in die roman ervaar.
     Word hierdie konflik eindelik bevredigend opgelos? Motiveer jou antwoord.              (4)

 7.6 Die verwysing na Leendra se groen oë in reël 23 roep die beeld van die
     nuutontdekte graniet op. Wat is die naam van die graniet wat ontgin is en gee
     die betekenis van die Italiaanse gedeelte daarvan. Dink jy die naam is
     geregverdig? Motiveer jou antwoord.                                                    (3)

                                            EN

 TEKS B

 1     Wanneer Leendra die volgende dag die pos gaan uithaal, is daar ŉ brief
 2     van Lucia. Sy gaan sit op die muurtjie voor die poskantoor en skeur die
 3     brief oop.
 4         Liewe Leendra, ek dink elke dag aan jou en Sielie. Teen hierdie tyd
 5     weet jy seker dat ek ŉ skeisaak teen Phil begin het. Na soveel jare is
 6     daar dinge wat my steeds pla. Ek het alle rede om te vermoed dat Phil,
 7     as eksekuteur van jou pa se boedel, nie reg opgetree het nie. Daar was ŉ
 8     prokureur met die naam Kurt Combrinck wat ek nie vertrou nie. Hy was
 9     met die saak gemoeid. Ek dink nie Phil het die volle koopsom van die
 10    soutmyn in die boedel inbetaal toe hy dit gekoop het nie. Daar is ŉ lêer in
 11    Phil se kantoor in die kluis. Die sleutel is in die boonste laai van sy
 12    bedkassie in ons kamer, met ŉ rooi bandjie om. Wees net versigtig dat
 13    Phil jou nie sien nie. As ek weer bel, moenie van hierdie dinge praat nie,
 14    want Phil luister partykeer van die huis se foon af in.
 15    Sy staan in die slaapkamer en kyk na die bed waar Lucia so lank geslaap
 16    het. Wanneer sy die bedkassie se laai ooptrek, hoor sy die voordeur
 17    oopgaan. Sy was seker dat oom Phil op die panne is. Dis sy voetstappe
 18    wat in die gang opklink. Sy bly versteend staan wanneer Phil die kamer
 19    binnekom.
 20        “Soek jy iets?” Hy vat sy sonbril van die bedkassie af.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 7.7    Waar pas TEKS B in die struktuur van die roman in? Motiveer jou
        antwoord.                                                                         (2)

 7.8    Benoem die soort verteller in reël 4–14 en sê waarom die gebruik van hierdie
        soort verteller hier geslaagd is. Verklaar ook hoekom die gebruik van ’n
        ander soort verteller in hierdie gedeelte minder suksesvol sou wees.              (3)

 7.9    Wat is die rol van die verteller in die onderstreepte woorde in reël 16–17?       (1)

 7.10 Dink jy Lucia se teenwoordigheid in die roman is gepas? Motiveer jou
      antwoord met TWEE redes. Dra haar teenwoordigheid in die roman by tot
      die tema van vryheid?                                                               (3)

 7.11 Beskryf kortliks die verskil in Leendra se handeling in TEKS A en reël
      15–19 van TEKS B.                                                                   (1)

 7.12 Wat is die hooftema van Droomdelwers?                                               (1)
                                                                                         [25]

                                                           TOTAAL AFDELING B:             25

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord in hierdie afdeling TWEE vrae.

 MY JAPAN – Schalk Schoombee

 Beantwoord VRAAG 8 (opstelvraag) EN VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 8: MY JAPAN – OPSTELVRAAG

 In My Japan kom sekere elemente soos die wasgoeddraad, herhaaldelik na vore om
 die temas, titel en verskeie ander verhoogaspekte te ondersteun.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 350–400 woorde.                               [25]

 VRAAG 9: MY JAPAN – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

 1     JUFFROU VENTER:        Is julle manne nie te groot vir sulke dinge nie? (draai
 2                            na Elzette en Ilse) Toe, wat sê julle buitestanders?
 3     ILSE:                  Ek, Juffrou?
 4     JUFFROU VENTER:        Wat het julle gesien?
 5     ILSE:                  Stofwolke, Juffrou.
 6                            Die meisies lag.
 7     ILSE:                  Hulle baklei oor Gerrit seer voel omdat hy nog nie
 8                            met meisies te doen gehad het nie, jy weet ...
 9     GERRIT:                (aan Ilse) Het jý al, Worshond?
 10    LINDA:                 (kyk na Elzette) Vra eerder vir Zombi-girl.
 11                           Meisies giggel. Elzette gluur hulle aan.
 12    JUFFROU VENTER:        Gee haar kans. Hoekom sê jy dit, Ilse?
 13    ILSE:                  Sonder testosteroon was die wêreld ŉ vreedsamer
 14                           plek, Juffrou.
 15    WIM:                   Miskien moet jy Japan toe waai, Muisnes.
 16    JUFFROU VENTER:        Nie nodig om beledigend te raak nie, Wim.
 17    ILSE:                  Sodra ek my matrieksertifikaat het.
 18    LINDA:                 Sy wil Engels gee vir die Japsnesies, nes haar niggie.
 19    JUFFROU VENTER:        Dis tog goed om te reis, ander lande en kulture te
 20                           ervaar.
 21    LIDIA:                 My pa sê die breindrein is sleg vir die land.
 22    LUKAS:                 Dis nou as jy ŉ brein het om te drein.
 23    ELZETTE:               Hoor wie praat! Mossiebrein.
 24    LUKAS:                 Hei julle, die Goth se tong is terug!
 25    JUFFROU VENTER:        Oukei, genoeg mense. Julle is almal goed opgevoed,
 26                           julle mik vir onderskeidings. Maar ons kan gerus
 27                           praat oor verdraagsaamheid.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/NOVEMBER 2020)

 28    LIDIA:                  Juffrou, my pa sê hy kan almal verdra behalwe gekke
 29                            en dwase.
 30    JUFFROU VENTER:         Wie’s gek en wie’s dwaas?
 31    GERRIT:                 Ek ken ŉ hele paar van albei.
 32                            Die seuns lag onderlangs.
 33    JUFFROU VENTER:         Ons ken almal mense wat nie mooi optree soos ons
 34                            wil nie. Ons praat nou oor sosiale norme. Normaliteit
 35                            kom van norme. Ons wil almal dink ons is normale
 36                            mense.
 37    ILSE:                   Wie besluit wie is normaal?
 38    JUFFROU VENTER:         Goeie vraag, Ilse.

 9.1   Gee ŉ rede vir Juffrou Venter se dialoog in reël 1.                                  (1)

 9.2   Herlees reël 2.

       Waarom word Ilse en Elzette onderskeidelik as buitestanders geëtiketteer?            (2)

 9.3   Wat word die skuinsgedrukte woorde in reël 11 genoem? Sê ook wat die
       funksie van die woorde in hierdie reël is en gee die naam van die groep meisies
       wat giggel.                                                                          (3)

 9.4   Herlees reël 15.

       Dink jy dit is binne die verhaalgebeure geregverdig dat Ilse Japan toe wil
       gaan? Motiveer jou antwoord. Dink jy dit is goed vir haar om haar vlerke te
       sprei? Motiveer jou antwoord met TWEE redes.                                         (3)

 9.5   Verklaar die konnotatiewe verwysing na Japan soos die leser dit in hierdie
       drama deur Ilse se perspektief beleef.                                               (1)

 9.6   Herlees reël 22–24.

       Benoem die soort konflik in hierdie reëls. Word die konflik tussen die leerders
       eindelik opgelos? Motiveer jou antwoord.                                             (2)

 9.7   Herlees reël 33–34.

       Hoe hou hierdie woorde verband met Ilse en haar ma se verhouding?                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2020)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   15

 TEKS D

 1                        Die mense sink verslae neer. Net Ilse en die ma bly
 2                        staande. Die vloer is besaai met mense en klere.
 3                        Snikke en huilgeluide word hoorbaar.
 4     JUN:               Soveel dood, soveel verlore. Weg, net weg.
 5     MA:                Oral is ma’s dieselfde. Hulle harte skeur. Hulle
 6                        hardloop rond soos afkop-hoenders. Hulle skree.
 7                        Hulle grawe. Hulle bewe onbedaarlik. Hulle soek hulle
 8                        kinders in die puin, in die slik en stinkende modder.
 9                        Matrone en Suster kom regs op met die trollie. Hulle
 10                       begin pille uitdeel, eers aan MA, daarna aan die
 11                       gewondes en oorlewendes.
 12    MATRONE:           Bruin pilletjie.
 13    SUSTER:            Bruin pilletjie.
 14    MATRONE:           Vir verlies.
 15    SUSTER:            Vir afgryse en ontbinding.
 16    MA:                My enigste seun is weggespoel.Verdrink. Ek soek
 17                       hom in die puin, tussen blare, takke, stukke mure.
 18                       Maar verniet. My mooi, slim, oulike seun.
 19    LUKAS:             Is jy okei, Ilse? Jy’s wasbleek.
 20    ILSE:              Ek ... ek ... dis net ...
 21    ENGELA:            Iets verskrikliks. Afgryslik, ondenkbaar. Ek groei vas
 22                       voor my TV.
 23    LUKAS:             Cool toespraak, Ilse. Waar kry jy al die feite? Die
 24                       internet?
 25                       Beleefde applous van die klas.
 26    ILSE:              (haar gemoed vol) Uh, dankie. Dis net ... ek ... sal
 27                       Juffrou my asseblief verskoon? Ek het ŉ bietjie vars
 28                       lug ... die stank ...verrottende lyke ...
 29                       Die geluid van groot waters wat suis en verswelg.
 30    LUKAS:             Hei pasop! Sy gaan val. Breek soos ŉ bord.
 31                       Ilse duisel en Lukas vang haar.
 32                       Die leerlinge versteen, die ma soek tussen die lakens
 33                       en klere, in die “puin”.
 34    MA:                Ilse! Ilse! Waar’s jy?
 35    ILSE:              (droom) Die vrou met die twee monde roep. Sy skree.
 36                       Sy sper haar mond wyd oop. Sy kom al nader en
 37                       nader ...

 9.8 Herlees reël 5–11.

       Verklaar die ooreenkoms tussen die handeling van die ma’s hier en die van
       Mercia vroeër in die drama.                                                         (1)

 9.9 Waar pas TEKS D in die struktuur van die drama in? Motiveer jou antwoord.
     Hierdie uittreksel bewys ook die fragmentariese tydverloop in hierdie drama.
     Bewys dat hierdie stelling korrek is.                                                 (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/NOVEMBER 2020)

 9.10 Herlees reël 9–15.

        Watter rol vervul Matrone en Suster telkens wanneer hulle pille op die
        verhoog uitdeel in hierdie drama? Sê ook na watter ruimte word die
        verhaalgebeure verplaas wanneer hulle hier op die verhoog verskyn.            (2)

 9.11 Herlees reël 35–37.

        Verklaar die denotatiewe en konnotatiewe verwysing na die vrou met die
        twee monde. Dink jy die beskrywing op konnotatiewe vlak is geregverdig?
        Motiveer jou antwoord. Verklaar ook hoekom Ilse se negatiewe houding
        jeens hierdie karakter aan die einde van die verhaal verander.                (4)

 9.12 Wat, dink jy, is die tema en boodskap van hierdie drama?                       (2)
                                                                                    [25]

                                                        TOTAAL AFDELING C:            25
                                                            GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P2 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-nov2020/859b3ec6-8702-4f75-b530-276e11bffa5a) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020/1ef37d86-32d2-4faa-a10b-3d51011332d6) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2020-d/669d2629-ec18-429e-a6ec-5091fc18e5a9) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P2 GR11 QP MEMO NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-qp-memo-nov2020-d/2678cbff-87b8-4acb-80f8-9c6c55681357) — Afrikaans HL · Memo · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020-d/15252c13-8d55-4528-bbea-e92f79f29109) — Afrikaans HL · QP · 2020
- [AFRHL P1 GR11 QP NOV2020](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-gr11-qp-nov2020/9893d566-d2c0-4f39-af4f-d55ef85bb978) — Afrikaans HL · QP · 2020

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/c7331d9c-fb08-4e50-a5fa-5194e10abedf) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-2-afrikaans/5169c337-6d70-4178-bd0f-5faa5fe965d4) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-memorandum-paper-3-afrikaans/d9c49a75-8852-4349-9c83-f93cd7d0edb8) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-1-afrikaans/4b4f5755-8780-46c0-939e-18488a8db73e) — Memo · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-memorandum-paper-2-afrikaans/c1c25cf5-d38e-4cb8-93e6-6f12c024cc2c) — Memo · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
