# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2014/d4d84046-ae19-4a6a-bd56-563c640d92c3
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2014/d4d84046-ae19-4a6a-bd56-563c640d92c3)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2014

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    MEMORANDUM

PUNTE:   80

                  Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2014)

 NASIENRIGLYNE

    As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
     eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en
     die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
    As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
     word die eerste twee gedigte se vrae nagesien.
    As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae
     gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word
     geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord
     het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag
     en een opstelvraag beantwoord is.
    As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
     die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
     antwoord word geïgnoreer.
    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
     memorandum nagesien.
    As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
     gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
     dit as korrek beskou.
    Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
     nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom/haar self gepenaliseer het. As die opstel te
     lank is, laat ŉ oorskryding van ŉ maksimum van 50 woorde toe en ignoreer die
     res van die opstel.
    Kontekstuele vrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag
     dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
    Geen punt word vir JA/NEE of EK STEM SAAM/EK STEM NIE SAAM NIE of
     DIS GELOOFWAARDIG/NIE GELOOFWAARDIG NIE gegee nie. Die
     motivering bepaal die punt.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG – Die huis luister

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.

 Inhoud

 Kode 7      7 gemotiveerde feite
 Kode 6      6 gemotiveerde feite
 Kode 5      5 gemotiveerde feite
 Kode 4      4 gemotiveerde feite
 Kode 3      3 gemotiveerde feite
 Kode 2      2 gemotiveerde feite
 Kode 1      1 gemotiveerde feit

 Taal en styl:
 Beoordeel volgens die rubriek.

 LET WEL:
   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
   Geen subopskrifte in die opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
    struktuur en taal.
   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inleidingsparagraaf
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleidingsparagraaf aan, bv.
  Die volgehoue metafoor word suksesvol aangebied en ŉ duidelik progressie
      kan in die woordgebruik gesien word om die verval van die huisgesin te
      verbeeld.
 Beeldspraak en volgehoue aanwending
  In die titel tref ons reeds personifikasie aan. Die klem lê op luister. Die huis
    gaan dus nie noodwendig oor tot aksie nie, maar luister sonder om te
    veroordeel.
  Hierdie beeld van die huis wat luister word regdeur aangetref. Die huis vertel in
    die hele gedig van alles wat hy moet aanhoor. En soos die inwoners ly, ly die
    huis deurdat sy fondasies kraak, plafonne raak stukkend, pleisterwerk bars en
    rame roes.
  Die slotwoord oorskulp sluit aan by die binne-oor van die huis soos genoem
    aan die begin van die gedig.
 Progressie
  ŉ Oor is hol van binne, maar dit het ook ŉ negatiewe betekenis van leeg van
    binne, soos hol beloftes, woorde wat hol klink. Dit suggereer dus dat die
    binnekant van die huis nie vol liefde en toegeneentheid is nie. Die woorde wat
    gebruik word het ŉ negatiewe konnotasie: hol, roesemoes.
  Die emosionele aksies en reaksies is net so negatief en word erger: verwyt,
    skoorsoek, goor, kibbel en dit is ŉ onophoudelike stroom van negatiwiteit soos
    deur die woorde nooit en aanhou verbeeld word.
  Kon en sou en moes dui daarop dat daar aangehou hamer word op die foute
    van die verlede.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

     In die tweede strofe is die verwoesting erger, want as gevolg van die huis se
      onderneming om die verlede te bewaar, kraak sy fondamente onder die las.
      Die plafonne raak voos onder die woedeaanvalle en die pleisterwerk bars
      onder die skeltaal en die trane laat die vensterrame roes.
     In die derde strofe word die skade na die inwoners oorgedra: so word ons
      saam verweer. Soos die huis, word die inwoners deur die elemente aangeval
      en stelselmatig afgetakel.
     Die mens se versugting na geluk en ŉ beter toekoms word saamgevat in die
      woorde “julle gebede”. Hierdie gebede om hulp word eers gefluister, en dan
      eggo dit al hoe harder, maar dit bly ongehoord. Niemand luister nie.
     Die sielkundige letsels hou egter nie op nie, dit vererger: fluister en knal al hoe
      harder.
     Nou kry die gebeure ŉ universele betekenis, want al hierdie gebeure gebeur
      oor en oor in baie huise.
Tema en bundeltitel
 Die tema is die feit dat die huis wat daar is om skuilte teen elemente te bied
   juis die plek is waar daar nie geluister word en skuilte gebied word nie. Die
   inwoners kom dus voor Dooiemansdeur, want niemand help nie.
 Die tema van die gedig en die bundeltitel Dooiemansdeur sluit dus pragtig
   bymekaar aan.
Slotparagraaf
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
   Die volgehoue personifikasie is suksesvol aangewend en bring die tema net
    sterker na vore. Ook die bundeltitel sluit by die tema van die gedig aan.                [10]
                                        OF

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Busrit in die aand

Vraag                                          Antwoord                                     Punt
2.1        Vooropplasing van elk √ EN die gebruik van die kommas./
           Alliterasie (s- en m-alliterasie) √                                                 (2)

2.2        Hulle is moeg. √                                                                    (1)

2.3        Morbiede √                                                                          (1)

2.4        2.4.1     Alliterasie
                     s-alliterasie/y-alliterasie √                                             (1)

           2.4.2     Dit is funksioneel omdat jy die reën ouditief ervaar/
                     die geleidelik verby gly ouditief ervaar. √                               (1)

2.5        Polisindeton √                                                                      (1)

2.6        Hulle is vasgevang in ŉ geroetineerde bestaan. √                                    (1)

2.7        Die volgehoue paarrym sluit aan by die idee van geroetineerdheid/vas-
           gevangendheid. √√                                                                  (2)
                                                                                             [10]
                                                     OF
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                    AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        5

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Safari

Vraag     Antwoord                                                                           Punt
3.1       Dit lyk soos die beweging van ŉ optog/stoet/mense wat agter mekaar
          loop/gekronkelde voetpaadjie. √                                                        (1)

3.2       Deur die aandagstreep. √                                                               (1)

3.3       Dit is funksioneel, want beide dui beweging aan en suggereer dus die
          lewensvoortgang van die mens. √                                                        (1)

3.4       Die safari van die lewe bring jou dus in aanraking met verskillende
          omstandighede/goeie/positiewe en slegte/negatiewe omstandighede. √                     (1)

3.5       3.5.1      Dit verwys na die gaatjie in die grond – die sirkeltjie aan die einde
                     van die gedig. √                                                            (1)

          3.5.2      Dit impliseer ook die hele wêreld – niemand word uitgesluit nie. √
                                                     EN
                     Dit kan ook moontlik wys op die siklus van die lewe. √                      (2)

3.6       Dit verwys dit na ŉ spesifieke gaatjie, naamlik die graf. √
                                                                                                 (1)

3.7       Die sirkeltjie/kringetjie aan die einde van die gedig/verkleiningsvorm. √              (1)

3.8       Alle mense moet doodgaan; die graf wag vir almal. √                                   (1)
                                                                                               [10]
                                             OF

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Vroegherfs

Vraag Antwoord                                                                               Punt
4.1   Die seisoen het pas begin. √
                                            EN
         Die natuurprosesse is nog nie voltooid nie./Alles is besig om ryp te word. √            (2)

4.2      Suiwering √
         Stroping √                                                                              (2)

4.3      Dit is funksioneel, want dit beklemtoon die feit dat rypwording ŉ geleidelike
         proses is./ŉ Vorm van groei is. √                                                       (1)

4.4      Dit impliseer ook deurskynend soos water wat lig deurlaat, wat suiwer
         maak. √                                                                                 (1)

4.5      Die laaste vrugte van die seisoen. √                                                    (1)

4.6      Geweide stemming. √                                                                     (1)

4.7      Nee suiwering het nog nie plaas gevind nie. Hy bid juis tot God en vra dat
         dit moet plaasvind √ en omdat suiwering nog nie plaasgevind het nie, kon
         rypwording dus ook nog nie plaasvind nie. √                                            (2)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (SEPTEMBER 2014)

                                             EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Opstanding

Vraag    Antwoord                                                                         Punt
5.1      Die spreker se geliefde/iemand naby aan hom/haar/iemand wat die
         spreker sal onthou/begrawe. √                                                        (1)

5.2      Hy/sy sê dat hy/sy op ŉ Woensdag begrawe moet word.
         Daar moet kosmos op sy/haar graf geplant word. √                                     (1)

5.3      Daar is die moontlikheid dat die mense hom nie gaan/wil onthou nie. √                (1)

5.4      “dit kos mos niks” √                                                                 (1)

5.5      Niks = gratis blomme (kos mos niks) √ op nikswerd mens (nietige
         gestorwene, waarvan niks oorbly nie) se graf. √                                      (2)

5.6      “wat eendag vlesig weer moet blom” √                                                 (1)

5.7      Dit is funksioneel, want dit rym met “kom” en so skakel dit met die
         opstandingsgedagte. √                                                                (1)

5.8      Die morbiede/hartseer stemming √ sluit aan by die begrafnis. √                      (2)
                                                                                            [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:                30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       7

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.
  Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
    struktuur en taal.
  Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inleidingsparagraaf
  Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan, bv.
      Die Kwart-voor-sewe-lelie is nie jou tradisionele liefdesroman nie.

 Hoofkarakter as heldin.
 Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
 uit die res van die opstel kom.
  Iris is die hoofkarakter daarom wil ŉ leser met ŉ vurige en sterk heldin identifiseer.
  Alhoewel Iris ŉ gesonde sin van ironie het om haarself as vrou te laat geld word
   sy nie as vurig/selfgeldend beskou nie. Sy is gedurig in ŉ fantasiewêreld.
  Sy word gesien as die tipiese buitestander, want niemand luister na haar nie
   omdat sy deurentyd as te jonk beskou word om ŉ geldige opinie te lug.
  Haar susters se lewe is baie meer opwindend as hare en dus is sy hierdie
   aspoestertjiekarakter.
  Haar lewe is beskou met ŉ houding van déja-vu. Hulle was al een keer daardeur
   en het nie krag gehad vir ŉ herhaling nie.
  Iris het nie die tradisionele beroepsambisie van die heldin nie. Sy is tevrede om
   by dr. Anders te gaan werk t.s.v. haar graad.
 Verhouding tussen die heldin en die held
 Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
 uit die res van die opstel kom.
  Die verhouding tussen Peter en Iris is nie wat verwag word van ŉ held en heldin
   nie. Daar is geen romantiese aanloop nie. Hulle ontmoet, raak intiem en Peter
   vertrek.
  Anders as die tradisionele held, verstaan Peter, die sg. held, die heldin glad nie.
   Peter verstaan nie hoe haar kop werk nie. En die enigste uitweg wat hy sien, is
   om Amerika toe te gaan.
  Alhoewel daar baie min uiterlike en emosionele konflik is, bring hierdie onvermoë
   spanning mee. Iris se beheptheid met haar naam en blom-geleentheid en die
   modelkontrak, is die grootste botsende element.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

       Hulle het ook nie gereelde kontak met mekaar nie. Na hulle eerste intieme
        ontmoeting, verloop daar byna drie weke voordat daar weer enige kontak is.
       Na sy vertrek Amerika toe, besoek hy haar vir drie weke. Tussenin is daar
        feitlik geen kontak nie. Glad nie wat ŉ mens van ŉ verliefde paartjie verwag
        nie.
       Emosie speel nie werklik ŉ rol in die verhouding nie. Iris twyfel selfs tot haar
        huweliksdag of Peter die man vir haar is. Alles teenstrydig met ŉ liefdesroman.
 Gelukkige einde
 Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
 uit die res van die opstel kom.
       Alhoewel die held en heldin trou, is die troue nie die tradisionele hoogtepunt
        van die verhouding nie. Iris vra op haar troudag aan die Engel of sy die regte
        ding doen.
       Die Engel se nabyheid is steeds belangrik. Die heldin verlaat haar dus nie
        algeheel op haar held nie.
       Iris beweeg net van haar ongetroude status na getroude status. Geen
        wittebrood of sprokiestroue en trourok nie. Dit is dus nie jou tradisionele
        gelukkige einde nie.
       Sy was egter tog gelukkig, want sy het Peter, Johanna, Polder en die lelie.
        Daarby het Iris tot emosioneel volwasse vrou gegroei.
    Kommentaar op liefdesroman
    Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
    uit die res van die opstel kom.

       Dit is beslis nie die tradisionele liefdesroman nie. Hier is geen passie en
        vreeslike hygtonele nie. Die roman gaan maar hoofsaaklik oor Iris se soektog
        na die volmaakte blomgeleentheid.

    Slotparagraaf
    Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
    Ek sien Die Kwart-voor-sewe-lelie definitief nie as die tradisionele liefdesroman
    nie.                                                                                     [25]

                                            OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                         9

VRAAG 7: Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                         Punt
7.1       Dit is funksioneel, want die gebeure kon net deur Iris self beleef gewees
          het. √                                                                               (1)

7.2       “Niemand het nog ooit na my geluister nie.” √                                        (1)
          Haar familielede het haar altyd as “te jonk” beskou om na haar te luister./
          Wanneer iets opwindend met haar gebeur het, het haar susters dit reeds
          beleef en niemand was opgewonde nie./
          Hulle spreek haar aan asof sy nie daar is nie. √                                     (1)

7.3       Johanna √                                                                            (1)

7.4       Sy was by geboorte perserig √ en haar arms en bene het oor die hande
          van die suster geflap. √                                                             (2)

7.5       Sonder opwinding/onbelangstellend. √
          Dit het aanleiding tot haar fantasieë gegee/die skep van fiktiewe
          karakters. √                                                                         (2)

7.6       Sy kon nie die wasmasjien regmaak nie./
          Sy praat met die stofsuier. √
          Ma sou dus iemand nodig hê om haar altyd op te pas/te help. √
          Ma sluit aan by ŉ groep wat glo in reϊnkarnasie en spiritualisme. √                  (3)

7.7       In Vermont. √
          Die karakters is morbied/depressief aangesien dit sneeu en koud bly. √
          Niemand het geluister toe Iris haar enkel in die sneeu gebreek het nie. √            (3)

7.8       Die aanbod in Parys √ en die huweliksaanbod van Frederik. √                          (2)

7.9       Sorgsaamheid. √
          Brian hou daarvan om bederf te word; dus kan hy moontlik met Bettie
          trou. √
          Die kinders hou nie van die verhouding tussen haar en Brian nie. √                   (3)

7.10      Haar obsessie met haar naam neem haar heeltemal van die werklikheid
          weg. √
          Iris glo die blomgeleentheid kom een keer in ŉ mens se lewe, terwyl
          Johanna en Peter glo ŉ mens moet elke dag blom. √                                    (2)

7.11      “Elke mens moet een keer in sy lewe die regte ding op die regte tyd doen
          en so ŉ moment van volmaakte sintese beleef.” √
          Iris het definitief hiervolgens geleef, want sy het in elke geleentheid ŉ
          potensiële geleentheid gesien om te blom. √
          Hierdie besoek was dan ook die regte tyd en die regte oomblik, want na
          haar ongeluk en tyd saam met die Engel in die hospitaal, √ het sy besluit
          om met Peter te trou. √                                                             (4)
                                                                                             [25]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 8: Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse

OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.
 Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
   struktuur en taal.
 Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
 Inleidingsparagraaf
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan, bv.
   In Manaka, Plek van die Horings, is daar ŉ voortdurende stryd tussen goed en
    kwaad.
Waarin die stryd tussen goed en kwaad geleë is
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
    Die stryd tussen tradisionele bygelowe en gebruike soos deur Chisupo
     verkondig teenoor Christelike geloof soos deur ouma Essie verkondig.
    Die stryd tussen oneerlikheid soos Riekert voorstel en eerlikheid soos Baas en
     mnr. Whitey voorstel.
Chisupo en Riekert as verteenwoordigers van die kwaad.
Beide karakters moet aangespreek word. Kandidate moet ten minste ŉ
gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan uit die res van die opstel
kom.
Chisupo
   Hy verteenwoordig die bose veral deur sy invloed as toordokter. Die plaaslike
    mense glo hy kan iemand gebreklik maak. Hy wys vinger vir mense wat hom
    teëgaan.
   Wanneer Baas siek raak, verhinder hy ander mense om hom te gaan help,
    want blankes hou vir Chisupo gevaar in. Hulle “vat sy krag” weg.
   Hy eis ŉ bok by mnr. Kebbey omdat hy Baas teen sy bevel Ngwezi toe
    vervoer het. Hy verbrand dan hierdie bokkop by die kerkie. Dit dui op iets
    onheilspellend.
   Chisupo sny die toue wat die bootstellasie heg af en brand die kerkie af. Hy
    slaag dus amper daarin om Baas se drome te vernietig.
Riekert
   Hy verteenwoordig die bose deur sluikhandel met diamante en rassisme. Hy
    probeer Baas tydens sy eerste besoek omkoop.
   Hy gee geld vir mnr. Kebbey om met Grace te trou in ruil vir gunste sou mnr.
    Kebbey die nuwe hoofindoena word.
Ouma Essie en Grace as verteenwoordigers van die goeie.
Beide karakters moet aangespreek word. Kandidate moet ten minste ŉ
gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan uit die res van die opstel
kom.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

Ouma Essie
 Sy word die Profeet van die Bybel genoem weens haar goeie dade, bv. sy gee
   vir Baas se honde kos toe hy in die hospitaal was.
 Sy is die vredemaker tussen Baas en die sendelinge en onder haar leiding
   herstel hul weer die sendingstasie.
 Sy staan by haar Christelike beginsels en is nie bang om die khuta te berispe
   oor hul afdwaling van godsdiens nie.
 Sy gee om vir haar medemens. Sy verskaf huisvesting aan ŉ wildvreemde
   blanke man wie se voertuig gebreek het, sy duld nie die uitbuiting van Grace
   deur die khuta nie.
Grace
 Sy versorg vir Baas omdat hy haar lewe gered het met sy laaste malariapille
   toe hy reeds self siek was.
 Sy help hom in en om die huis sonder dat hy vra en herinner hom wanneer hy
   wil weggaan aan sy weddenskap met sy oupagrootjie. Dit dra deels daartoe
   by dat Baas op Manaka bly.
 Sy loop nie as hy haar wegjaag nie, omdat sy glo die Here het hom gestuur.
Die keuses wat Baas tussen goed en kwaad moes maak.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
   Baas het ŉ keuse gehad om by Riekert se skelmstreke betrokke te raak, al dan
    nie. Hy kies egter om nie by Riekert se skelmstreke betrokke te raak nie.
   Alhoewel Baas eintlik ŉ buitestaander is en kon kies om Manuel se dogtertjie
    aan haar eie lot oor te laat, gee hy tog vir haar sy medisyne.
   Telkemale kry Baas se medemenslikheid die oorhand, al raak hy kwaad
    daaroor. Hy gee sy laaste anti-malariapille aan Grace toe sy siek is./Hy gee sy
    laaste geld uit aan klere vir Grace en anti-malariapille vir mense wat op
    Manaka om hulp aanklop./Hy lewer vleis aan mense sonder om noodwendig
    geld te vra./Hy gee kos aan diegene wat honger is.
   Hy raak betrokke by mnr. Johnnie se gesinsprobleme. Hy skiet ŉ buffel wat
    dien as betaling van Johnnie se skuld en so kan sy gesin herenig.
   Baas is aanvanklik gekant teen die sendelinge op Manaka, maar hy is later
    bereid om hulle te aanvaar omdat hy besef hul kan vir ander iets daar beteken.
   Hy kon in ŉ bakleiery met die khuta betrokke geraak het. Hy kies egter om
    hom nie teen hul aantygings te verdedig nie en vertrek stil na Manaka.
   Hy kies om nie by mnr. Kebbey se voorstel dat indien hy die nuwe hoofindoena
    sou word, dit Baas sou baat om hom ŉ vennoot in sy bootbesigheid te maak
    nie.
Geloofwaardigheid
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.
Die intrige is geloofwaardig omdat daar in die alledaagse lewe ŉ voortdurende
keuse tussen goed en kwaad is.
Slot
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
Die intrige in Manaka, Plek van die Horings, is geloofwaardig, want net soos Baas
moet ons ook keuses tussen goed en kwaad maak.                                          [25]
                                       OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 9: Manaka plek van horings – Pieter Pieterse

KONTEKSTUELE VRAAG
Vraag    Antwoord                                                                     Punt
9.1      Hulle huur ŉ deel van Manaka./
         Hulle maak aanspraak op ŉ deel van Manaka./
         Hulle trek onder sy afdak en in sy slaaphut. √√
         Kandidaat noem enige TWEE.                                                       (2)

9.2      Baas sukkel om sy droom te verwesenlik want hy word siek./Ander mense
         eis sy krag en tyd op./Sy finansies raak uitgeput./Hy kry moeilikheid met
         die khuta. √                                                                     (1)

9.3      Griesel. √                                                                       (1)
         Hy breek by Baas se slaaphut in./Hou hom beter as die res./Werk nie
         mooi met sy vrou nie. √                                                          (1)
         Griesel was veronderstel om soos ŉ Christen te leef, maar die teendeel
         was waar en dit verwar Baas. √                                                   (1)

9.4      Sy oupagrootjie was die stigter van Manaka. √                                    (1)
         Baas wil ŉ boot op die Zambesi hê waarmee hy toeriste aan Afrika kan
         blootstel. √                                                                     (1)
         Nee, aan die einde van die roman het hy wel die boot gebou, maar die
         rivier het hom weggespoel. √                                                     (1)

9.5      Manaka is die plek waar Baas duidelikheid oor sy Christenskap kry. √             (1)

9.6      Griesel se optrede is geregverdig, want hy word sleg behandel –
         aanvanklik het hy nie eens slaapplek nie./
         Hy voel hy het nie regtig enige waarde op Manaka nie/
         Hy moet die stamkapteins betaal om hulle werk te doen. √√                        (2)

9.7      Meneer Johnnie is ontsteld. √                                                    (1)
         Die khuta buit Baas uit deur die konsessie te verdeel en te verhoog./
         Hy beskadig ook sy Land Rover met die (gratis) vervoer van die khuta se
         pale./Hy gee ook vleis en medisyne weg en op die manier boer hy
         agteruit. √√
         Die kandidaat noem TWEE situasies.                                               (2)

9.8      Dit maak die verhaal/die karakter meer geloofwaardig./
         Dit situeer die konteks van die verhaal. √                                       (1)

9.9      Grace en Ouma Essie. √√                                                          (2)
         Grace lig Baas in rondom hul gebruike en sy dien as tolk. √                      (1)
         Ouma Essie besleg Baas se saak nadat hy uit die vergadering geloop
         het. √                                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     13

9.10     9.10.1 Stukkende houtbankies. √
                Dit het gedien as sitplek vir die kinders tydens skool asook vir die
                kerkgangers. √                                                              (2)

         9.10.2 Dit word geassosieer met ou Dennis Chipman √ en met die
                verkondiging van die Bybel. √                                               (2)

         9.10.3 Dit is ŉ moontlike verwysing na ŉ verhouding wat tussen hulle kan
                ontwikkel./
                Dit sinspeel daarop dat hulle twee saam die Bybel op Manaka
                gaan verkondig./
                Dit kan ŉ aanwysing wees dat Baas aanvaar sy roeping op
                Manaka. √                                                                  (1)
                                                                                          [25]

VRAAG 10: Vatmaar – AMJ Scholtz

OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
 Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.
 Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
   struktuur en taal.
 Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf
 Die kandidaat bied ŉ inleidingsparagraaf aan, bv.
    Sekere gebeure en karakters het tot Norman van der Westhuizen, Oom Chai
    en Boytjie Afrika se insig bygedra.

Gebeure bring Norman van der Westhuizen tot insig.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.

   Die Anglo Boere-oorlog laat Norman wees. Om te oorleef, steel hy kos. Terwyl
    hy pap uit Ma Khumalo se pot steel, betrap sy hom op heterdaad. So kom
    hulle bymekaar uit.
   Hy leer Ma Khumalo beter ken, aanvaar haar as sy ma en kom tot ander
    insigte oor Swartmense.

Karakters wat Norman van der Westhuizen tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

    Norman het slegte dinge van Swartmense gehoor en dit geglo totdat hy Ma
     Khumalo ontmoet het. Ma Khumalo ontferm haar oor Norman; sy laat hom
     skoolgaan en leer hom lewenswaardes.
    Toe sy hom Norman noem, aanvaar hy hierdie nuwe identiteit dadelik, want hy
     het besef Swartmense is nie sleg soos wat hy geglo het nie. Hy besluit om by
     haar te bly en noem haar Ma.
    Die wegbring van die wasgoed na die Whites het Norman laat kennismaak met
     klasseverskil. Hy het egter besef hy moet van Bob White eerder ŉ vriend as
     vyand maak. Dit was dan Bob White wat hom tot posman bevorder het.

Gebeure bring Boytjie Afrika tot insig.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.

    Aanvanklik het Boytjie net rondgesit en dagga gerook toe hy op Vatmaar
     aangekom het. By die stokvel het hy egter agtergekom hy kan die jongklomp
     leer dans en meer as net ŉ daggaroker wees.
    Met die dood van Oom Chai het Boytjie besef Bettie is sy eerste ware liefde.
     Hy het wel by Bettie ingetrek, maar het die verantwoordelikheid van die vee op
     hom geneem en elke oggend die bevele gaan gee.
    Die stigting van die sokkerspan het Boytjie die verantwoordelikheid gegee om
     ŉ sokkerveld daar te kry en die nodige fondse vir spelers te in om die nodige te
     kan aankoop.
Karakters wat Boytjie Africa tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
    Kenny het vir Boytjie die nodige steun vir die sokkerveld se aankoop gegee.
     Alhoewel hy die brief vir Du Toitspan se stadsraad aanvanklik geskryf het, het
     hy Boytjie verplig om dit in sy eie handskrif oor te skryf. Dit het Boytjie
     waardigheid en status van ŉ bestuurder en afrigter gegee.

Gebeure wat Oom Chai tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
    Oom Chai het by Bettie probeer aanpas. Dus het hy sy lewensstyl verander.
     Hy het nie meer kruisbande gedra nie; sy snor afgeknip, by die stokvel het hy
     tussen die jongklomp gesit en was hy die voorste danser. Sy lyf kon egter nie
     die pas volhou nie,
    en hy het hom die gramskap van Vatmaar se oues op die hals gehaal. Hulle
     het gevoel hy maak homself belaglik en dit hoort nie so dat hy met ŉ vrou
     soveel jonger as hy trou nie.
    Die koop van die ‘gramophone’ het veroorsaak dat sy huis al voor sononder
     vol jongmense was. Hy het sy ou vriende afgesterf en hy kon nie die laatnagte
     vat nie.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    15

Karakters wat oom Chai tot insig bring.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
   Die ou oumas van sy eie portuur het uitsprake gemaak soos “blerrie fool”. Dit
    het Oom Chai seergemaak. Ook toe sy ou vriende nie meer kom kuier nie,
    omdat hulle ontuis voel, moes Oom Chai al sy fout begin agterkom het.
   Vatmaar se mense het gelag vir die veranderinge in Oom Chai se leefwyse en
    het ook nie hierdie verbintenis “met ŉ kind” goedgekeur nie.

Geloofwaardigheid
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
   Ek glo Norman se insig t.o.v. swartmense geloofwaardig is, want hy het die
    goedheid van Ma Khumalo beleef.
   Boytjie Afrika se insig is dalk minder geloofwaardig, want hy het nog steeds net
    rondgesit. Dit is net met die sokkerspan wat hy vuur en vlam is.
   Oom Chai se insig was egter te laat. Dit het hom niks gebaat nie.

Slot
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
   Ander karakters, sowel as gebeure, het dus bygedra tot insig by hierdie
     karakters.                                                                          [25]

                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 11: Vatmaar – AMJ Scholtz

KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag    Antwoord                                                                        Punt
11.1     Die gebeure in die uittreksel vind plaas by die begrafnis van Ouma
         Lewies, √ die eerste begrafnis op Vatmaar. √                                        (2)

11.2     Hulle het mekaar se taal/kultuur gerespekteer/hulle het mekaar opreg lief
         gehad. √                                                                            (1)
         Liefde sonder grense. √                                                             (1)
         Die een was wit (Engels) en die ander bruin (Afrikaans). √                          (1)
11.3     Dit is simbolies van die nedersetting Vatmaar waar verskillende mense
         vanuit alle oorde en van alle soorte tuis was./
         Vatmaar het ook blyplek gehad vir almal wat iewers elders onwelkom
         was. √                                                                              (1)

11.4     Teacher Elsa en Tommy √√                                                            (2)
         Teacher Elsa het Nellie name genoem/sy was skaam vir haar ma se
         afkoms/sy het net ŉ foto van haar pa opgehang. √                                    (1)
         Tommy het Nellie seksueel misbruik vir sy plesier. √                                (1)

11.5     Oom Flip het ŉ diamant gevat wat nie aan hom behoort nie en so sy
         transport besigheid begin. √                                                        (1)
         Hy het jare lank hard vir ŉ witman gewerk en geen betaling daarvoor
         ontvang nie. √                                                                      (1)

11.6     Oom Norman se lyk is in die begraafplaas gekry. √                                   (1)
         Sy voel skuldig/verantwoordelik vir Oom Norman se dood.√                            (1)

11.7     Ek-verteller/
         Eerstepersoonsverteller √                                                           (1)
         Tant Wonnie het hierdie gebeure beleef, daarom is dit geloofwaardig. √              (1)

11.8     Offervaardigheid. √                                                                 (1)
         “Ek kon nie begrafnis toe gaan nie, het Tant Wonnie verder vertel, want ek
         moes Kaaitjie oppas.” √                                                             (1)
         Ander in Vatmaar het hierdie offervaardigheid raakgesien en toe sy ander
         tydens Kaaitjie se dood nodig gehad het, het hulle tyd opgeoffer. √                 (1)

11.9     Sus Bet het Tant Wonnie ondersteun alhoewel hulle nie van haar
         familie/ras is nie/al het hulle nie dieselfde taal gepraat nie. √                   (1)
         Dus het die liefde hier oor grense gegaan. √                                        (1)

11.10    Hy het ŉ nuwe lewe met Ma Khumalo begin. √/                                         (1)
         In Teks 1 het Oom Lewies en Ruth ook ŉ nuwe lewe begin √ en ook was
         hulle liefde oor die grense net soos Norman en Ma Khumalo. √                        (2)

11.11    Hy het die tentpen by Kaaitjie se broers en susters se grafte gaan plant en
         toe sy jaspant vasgekap en verkluim. √                                              (1)

                                                           TOTAAL AFDELING B:                25

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   17

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 12: Krismis van Map Jacobs – Adam Small

OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:

        Dis ŉ breë raamwerk van feite.
        Al die feite hoef nie genoem te word nie.
        Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
         struktuur en taal.
        Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan, bv.
 Die ruimte waarbinne die karakters van Krismis van Map Jacobs hul bevind,
    bepaal die karakters se optrede.

Politieke en sosio-ekonomiese ruimte
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.

 Die drama speel af in ŉ woonbuurt (township) van die Kaapse Vlakte waar
  armoede en werkloosheid seëvier. Leeglêers (kerrimspelers) op straat en
  bendegeweld is aan die orde van die dag.
 Die mense woon in woonstelle en munisipale huise (“flats” en “counsil-hyse”). ŉ
  Troostelose omgewing t.s.v. poging om kleur in te bring.
 A.g.v. politieke omstandighede (apartheid) en armoede beleef die inwoners geen
  vooruitsigte vir verbetering nie.

Cavernelis en Maud se strewe
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.

       Mister Cavernelis probeer hard om ŉ beter toekoms vir sy gesin te skep buite
        hierdie ruimte. Hy werk lang ure in die poloniefabriek en vul saans sy inkomste
        aan met die verkoop van onderklere (“soft goods”).
       Cavernelis is selfs bereid om Blanchie as prostituut uit te gee om haar toekoms
        te verbeter.
        Sy kan sodoende ŉ modelkontrak kry wat haar Frankryk toe kan neem.
       Al hierdie pogings bring mee dat hulle die verwerping en spot van die leeglêers
        beleef.
       Selfs hulle taalgebruik (Maud verkies Engels sonder vloekwoorde en Cavernelis
        met sy Bolandse aksent) bewys dat hulle na beter strewe. Hulle pas dus duidelik
        nie in die ruimte nie en word ook hieroor gespot.
       Maud kom gedurig met die inwoners van die Kaapse Vlakte in konflik omdat hulle
        glo sy hou haarself beter.

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

    Cavernelis belowe deurentyd dat hulle opofferings moet maak om hier uit te kom.
    Alhoewel Maud bereid is om hierdie opofferings te maak en met naaldwerk ook ŉ
     inkomste te verdien, was sy van die begin af skepties of hierdie strewe gaan
     realiseer.
    Sy spreek haar uit teen die misbruik van Blanchie, maar beleef soos Cavernelis
     dat hul in ŉ doodloopstraat gekom het.
    Selfs al die vernedering wat Blanche beleef het, bring nog steeds nie vir haar die
     uitkoms nie. Sy kry nie die kontrak nie en haar en Cavernelis se verhouding
     versleg wanneer sy hom die skuld gee vir haar lewe.
    Cavernelis word simbool van hierdie uitsigloosheid en futiele pogings wanneer hy
     aan die einde selfmoord pleeg.

Map se omstandighede in hierdie ruimte
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.

 Johnnie (wat later Map geword het) het ideale gehad om na skool verder te
  studeer. A.g.v. gebrek aan geld, is hy gedwing om werk te soek. Apartheid
  veroorsaak dat hy slegs as ŉ bode kon werk.
 Om sy omstandighede te verbeter/daaruit te ontsnap sluit hy aan by
  bendegroepe. Hy word leier van drie groepe. Hierdie aansluiting lei egter tot
  verkragting, moord en tronkstraf. Hy word dus weereens vasgevang in ŉ
  uitsiglose bestaan.
 Map verander in tronk en glo dat dit nou sy paspoort tot ŉ toekoms is. Hy ervaar
  egter verwerping na sy vrylating. Hy kry nie werk nie/die orkes laat hom nie weer
  toe nie.
 Sy toekoms in hierdie omstandighede blyk ook nie rooskleurig te wees nie. Daar
  bestaan dus die moontlikheid van ŉ terugval na die bendes.

Ander karakters (Cyril, Richie, Tommy en La Guma) se omstandighede in die
ruimte.
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite kan
uit die res van die opstel kom.

 Slegs Tommy Sabotker probeer sy omstandighede verbeter deur sy trinklets te
  verkoop, maar Cyril en Richie aanvaar hul ruimte en raak deel van die
  troostelose bestaan.
 Alhoewel La Guma deurentyd sosiale kommentaar lewer, doen hy niks behalwe
  sy liggaamlike oefening om van sy ruimte tydelik te ontsnap nie.
Slot
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
 Karakters probeer dus uit die omstandighede ontsnap, maar hulle bereik nie
    sukses nie omdat uitkomkans min is.                                                     [25]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    19

VRAAG 13: Krismis van Map Jacobs – Adam Small

KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                        Punt
13.1      Uiterlike konflik √                                                               (1)
          Cavernelis wat toelaat dat Blanchie misbruik word. √                              (1)

13.2      Vrees/Woede √                                                                         (1)
          Die emosie is geloofwaardig, want Cavernelis was nie deel van die mense
          op die Kaapse Vlakte nie./Hy was nie gewoond daaraan om te baklei nie. √

                                             OF
          Dis nie geloofwaardig nie, want Cavernelis het saans “soft goods” verkoop
          en dan was hy nie bang vir die omgewing en sy mense nie. √                            (1)
13.3      Hy verkoop “soft goods” as ŉ manier om ekstra geld te verdien. √                      (1)
          Hy wil graag uit die township kom/beter gehalte lewe vir sy familie gee. √            (1)
          Hy is feitlik nooit by die huis nie en dit veroorsaak wrywing tussen hom en
          Maud. √                                                                               (1)

13.4      Vredemaker √                                                                          (1)
          Dit is nie geloofwaardig nie, want hy is die een wat gewoonlik al die stories
          versprei. √                                                                           (1)

13.5      Die feit dat Cavernelis vir Blanchie as ŉ prostituut laat werk. √                     (1)
          Maud en Cavernelis sien dit as ŉ geleentheid om uit die township te kom. √            (1)
          Die inwoners keur dit glad nie goed nie. √                                            (1)

13.6      Dit is funksioneel, omdat dit Cavernelis se gierigheid om geld bymekaar te
          maak beklemtoon. √                                                                    (1)

13.7      Sy wou ŉ modelkontrak in Parys hê. √                                                  (1)
          Sy was nie suksesvol nie, want sy het nie die kontrak gekry nie. √                    (1)
          Sy het nie meer vir Map gaan kuier nie. Sy was te besig dus het die
          verhouding skipbreuk gelei. √                                                         (1)
          “Hoekô avoid sy vir my ...” √                                                         (1)

13.8      Na die roof en verkragting van sy ma en suster √ en die dood van sy
          vriend, Ivan Philander. √                                                             (2)
          Map se behoefte om êrens te behoort het hiertoe aanleiding gegee. √                   (1)

13.9      Hy lei Map tot bekering en dan besef Map dat die Here sy sonde vergewe
          en vergeet het √ en daarom is geen sonde van Blanchie te erg om te
          vergewe nie. √                                                                        (2)

13.10     Die gesprek is nie vloeiend nie a.g.v. die ontsteltenis. √
                                               EN
          Dit beklemtoon die stiltes. √                                                         (2)

13.11     In Teks 1 is Cyril onvergewisgesind teenoor Cavernelis, maar in Teks 2 is
          Map vergewensgesind. √                                                              (1)
                                                                                             [25]
                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 14: Mis – Reza de Wet

OPSTELVRAAG

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.
    Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
     struktuur en taal.
    Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ŉ inleidingsparagraaf aan, bv.
 Meisie, Gabriël en Konstabel staan in konflik met hul omgewing.
Ruimte
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
    Die visuele binneruimte stel die kombuis van ŉ uiters armoedige huisie voor.
     En dis juis hier waar Meisie ŉ groot deel van haar dag vasgevang is.
Meisie se optrede
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.
    Meisie sit in die kombuis die grootste deel van die dag en missakke toewerk.
     Meisie smag na ŉ jongmenslewe, maar a.g.v. die misstank en vlieë kom geen
     jongmense kuier nie.
    Die agterdeur lei na vryheid, maar Miem hou dit gegrendel en laat Meisie ook
     nie alleen na buite gaan nie. Daar is in elk geval ook nog die hekkie van die
     omheinde werf wat haar binne hou.
    Sy smag na die sirkus en vryheid en dit bring innerlike konflik by haar teweeg.
     Sy besef die sirkus kan haar die sensuele en seksuele ontwaking bied waarna
     sy smag.
    Meisie het al ŉ slag na die sirkus skelmpies gaan kyk, maar haar ma het haar
     gevang en kamstig “siek” geword a.g.v. die teleurstelling. Sy is dus in hierdie
     tweestryd gewikkel: sy wil wegkom van die kombuisruimte, maar dan is die
     implikasie daar dat sy nie meer ŉ “goeie meisie” is nie.
    Meisie se bevryding begin egter juis hier in die kombuis wanneer Miem
     Konstabel toelaat.
    Aanvanklik wil sy nie met Konstabel gesels nie, maar op Miem se aandrang laat
     sy toe dat hy aan haar raak, gaan sy saam met hom buitentoe om die
     slopemmer uit te gooi waar hulle twee hul planne smee.
    Aanvanklik wil Meisie nie die sirkusmusiek hoor nie. Sy pleit by Konstabel om
     die deur en venster toe te maak, maar sy gee haar tog geleidelik oor.
    Die “fladder” aan die einde van die drama verwys dan ook na ŉ skoenlapper
     wat uit ŉ kokon breek, maar ook na die siklusse/transformasie wat ŉ ruspe
     ondergaan tot ŉ pragtige skoenlapper.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   21

   Meisie se konflik met haar ruimte is dan uiteindelik geslaagd, maar die vraag
    bly staan of sy nie maar nou net weer in ander omstandighede vasgevang is
    nie.
Gabriël se strewe en optrede
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.

   Na die Groot Depressie het Gabriël sy plaas verloor en kon hy nie meer sy
    gesin onderhou nie. Hy verwissel dan van ruimte nl. hy gaan sluit homself toe
    in die solder.
   Alhoewel die luik telkemale oopgaan, wend Gabriël geen poging aan om
    homself te bevry nie. Dis dalk juis die moontlike bevryding wat by hom konflik
    skep, want dan moet hy probeer om sy aansien weer te herwin.
   Gabriël probeer nooit eens hom werklik bevry nie. Die gille wat gepaardgaan
    met die sak van die emmer, kan as ŉ poging gesien word wat hy net van sy
    bestaan daar bo die huismense wil bewus maak.
   Hierdie handeling van Gabriël om die slopemmer te laat sak, sorg daarvoor dat
    Meisie en Konstabel alleen kan kom om hul planne te finaliseer vir die vlug
    later in die nag.
Konstabel se optrede
Kandidate moet ten minste ŉ gemotiveerde feit hier noem. Die ander 14 feite
kan uit die res van die opstel kom.

   Konstabel kom vanaf die magiese, vrye ruimte na die beperkende ruimte van
    die plaashuis. Hier is sy rol dié van ŉ bevryder. Hy word ŉ verpersoonliking
    van alle redders uit ŉ beknelde situasie.
   Hy manipuleer al drie vroue deur aanvanklik as biegvader op te tree en hul so
    in ŉ mate te bevry. Sy vertelling van tant Hannie aan Gertie bevry haar in ŉ
    mate van haar seksuele frustrasie. Meisie se biegstories kom hom later goed
    te pas om haar te oortuig om saam met hom te kom. Ook Miem bieg teenoor
    hom dat hy “gevoelens” by haar aanwakker deur sy nagtelike teenwoordigheid.
    Sy trek dan ook die knellende borstrok vir ŉ wyle uit.
   Konstabel is egter vasgevang in homself. Hy word begeer en hy begeer. Hy
    begeer jong meisies en “geniet” dit om hul wêreldwys te maak. Terselfdertyd
    het hy die hunkering na en liefde van ŉ moederfiguur. Konstabel worstel dus
    nie met ŉ fisiese ruimte nie, maar wel met die innerlike ruimte binne hom.
   Aan die einde word hy egter die towenaar wat Meisie bevry van haar fisiese
    ruimte, maar hy ontsnap nie aan sy eie innerlike ruimte nie. Volgende jaar 31
    Augustus slaan hy weer toe.
Slot
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
 Meisie verruil dalk die een uitsiglose bestaan vir ŉ ander. Gabriël en Konstabel
   bly ŉ gevangene van hul onderskeie ruimtes.                                         [25]

                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 15: Mis – Reza de Wet

 KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag    Antwoord                                                                   Punt
 15.1     Meisie is bekommerd oor gevaar wat van buite kan kom, terwyl die
          gevaar eintlik alreeds binne in die huis is in die persoon van die
          konstabel. √√

          Kandidate moet beide kante van die saak noem.                                  (2)

 15.2     Miem wil Meisie teen alle boosheid beskerm. √ Sy stel Meisie telkens
          gerus en noem dat sy veilig is omdat Wagter hulle sal waarsku en die
          konstabel daar is. √                                                           (2)

 15.3     Gertie is ŉ oujongnooi wat na seksuele bevryding smag √
          en Konstabel kan haar dit bied, daarom probeer sy hom beϊndruk. √
          Hy het haar net halfpad bevry. √                                               (3)

 15.4     Dit is funksioneel, omdat dit Gertie se onsekerheid ten opsigte van
          Meisie se moegheid en haar plan om haar weg te kry, aandui. √                  (1)

 15.5     Gertie is hier nie regtig bekommerd oor Meisie se moegheid nie, sy wil
          net alleen by Konstabel wees. √
          Net so het Gertie daarvan gehou om na die sirkus te kyk, maar vir
          Miem vertel sy hoe het sy gegril en praat sy van ŉ spul, maar dit is net
          om Miem tevrede te stel. √                                                     (2)

          Die kandidaat moet beide kante noem vir 2 punte.
          Haar geveinsdheid/valsheid. √                                                  (1)

 15.6     Na twaalf het Meisie saam met Konstabel soos mis voor die son
          verdwyn √ en toe was dit eers gevaarlik. √                                     (2)

 15.7     Sy druk haar hande oor haar ore; dan haal sy haar hande af en begin
          haar kop beweeg en dan word haar dans al hoe uitbundiger. √                    (1)

 15.8     Dit is funksioneel, want Meisie het nou hierdie vrye vlinder geword. Dit
          skakel dus by die beeld aan. √                                                 (1)

 15.9     Die musiek kontrasteer die eksotiese/magiese ruimte buite teenoor die
          armoedige toestande binnenshuis √ en beklemtoon so die
          vasgevangendheid van die karakters. √                                          (2)

          Die musiek moet aan die einde harder word, omdat Meisie aanvanklik
          nog steeds onwillig is om daarna te luister. Die musiek moet haar dus
          oorrompel. √                                                                   (1)

          Die musiek beϊnvloed definitief die gehoor, want reeds reg van die
          begin af wek die tipe sirkusmusiek spanning by die gehoor. Aan die
          einde moet die musiek hul ook vang soos vir Meisie. √                          (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  23

 15.10     Die buitewêreld/die eksotiese √ met die beklemmende/knellende/
           slegruikende binneruimte. √                                                   (2)

 15.11     Hy transformeer in ŉ nar. √
           Dit is noodsaaklik, want die uniform dui op die beskermer teenoor die
           narrebaadjie wat dui op die magiese bevryder en dit dui ook op die
           innerlike verandering wat hy teweeg bring kan. √
           Dit sluit aan by die magiese wêreld. √                                        (3)

 15.12     “... na twaalf is ek weer vort” √                                             (1)
                                                                                        [25]

                                                          TOTAAL AFDELING C:             25
                                                              GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2014/fc716bc4-0c0f-4799-825e-a9679294d333) — Afrikaans HL · QP · 2014
- [AFR HL P1 MEMO SEPT 2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-sept-2014/bbfe9de8-2bdb-4146-ab69-d47ecda78419) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014-memo/a21742b9-5160-420b-aa3d-e176e7b4aaff) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2018/23f66bba-f237-4a7c-8261-e56864332257) — Afrikaans HL · Memo · 2018
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286) — Afrikaans HL · Memo · 2016

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
