# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2015 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 25 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2015/5656939d-babd-40b5-aebf-9767798c0999
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 25

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2015/5656939d-babd-40b5-aebf-9767798c0999)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Memorandum, 25 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                       NASIONALE
                   SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2015

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    MEMORANDUM

PUNTE:   80

                  Hierdie memorandum bestaan uit 25 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

 NASIENRIGLYNE

    As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
     eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en
     die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)

    As ŉ kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
     word die eerste twee gedigte se vrae nagesien.

    As ŉ kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee opstelvrae
     gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word
     geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C beantwoord
     het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien mits een kontekstuele vraag
     en een opstelvraag beantwoord is.

    As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
     die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
     antwoord word geïgnoreer.

    As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
     memorandum nagesien.

    As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
     gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word
     dit as korrek beskou.

    Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat
     nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom/haar self gepenaliseer het. As die opstel te
     lank is, laat ŉ oorskryding van ŉ maksimum van 50 woorde toe en ignoreer die
     res van die opstel. Gebruik rubrieke A en B om kandidate se opstelle te
     assesseer.

    Kontekstuele vrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag
     dit vereis nie, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.

    Vir oop vra word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM NIE
     SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

    Vir WAAR/ONWAAR- of FEIT/MENING-vrae, word die punte verdeel: 1 punt vir
     WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING en ŉ punt vir die rede/motivering/aanhaling.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
   (EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      3

AFDELING A: GEDIGTE
VRAAG 1: OPSTELVRAAG – Die skedel lag al huil die gesig
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN
DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.
Inhoud
Kode 7          7 gemotiveerde feite
Kode 6          6 gemotiveerde feite
Kode 5          5 gemotiveerde feite
Kode 4          4 gemotiveerde feite
Kode 3          3 gemotiveerde feite
Kode 2          2 gemotiveerde feite
Kode 1          1 gemotiveerde feit
Taal en styl:
Beoordeel volgens die rubriek.
LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.
  Geen subopskrifte in die opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
   struktuur en taal.
  Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ŉ gepaste inleidingsparagraaf aan, bv.
 Ironie is om die teenoorgestelde te sê van wat jy bedoel. Deur juis die vergetelheid
   van die mens teenoor die glans van sy bestaan te plaas, kom die ironie sterk na vore.
Vergetelheid teenoor Glans:
 In strofe 1 is die spreker deeglik bewus van haar sterflikheid, want sy sê sy sal die
   dood eendag moet trotseer.
 En sy weet nie of sy t.s.v. haar hoër orde belangrik genoeg is om bewaar te word nie,
   want sy besef dat die mens nie ŉ seldsame dier is nie.
 In strofe 2 lig die spreker die mens se vernuftigheid uit, omdat sy ons op die mens se
   skeppendheid wys waarmee hy glans en respek kry.
 Die mens kan ingewikkelde take baie maklik uitvoer, want hy “plak wolkekrabbers”
   sommer net neer.
 Die mens kan met sy verstandelike vermoë baie vermag en groot dinge tot stand
   bring; daarom word hy met woorde soos “merkwaardig”; “wonderbaarlik” en “slim”
   beskryf.
 Die mens het selfs soveel “glans” dat dit wat hy skep kan hyself ook vernietig, want hy
   is in staat om ŉ atoombom te laat ontplof.
 Die mens besit dus die vermoë om wonderlike dinge te skep, maar sy eie ondergang
   lê in homself opgesluit; daarom huil die gesig.
 Ten spyte van al hierdie glans, is die dood onafwendbaar selfs vir die “slim”,
   “merkwaardige” en “wonderbaarlike” mens.
Slotparagraaf
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
 Die volgehoue kontras tussen glans en vergetelheid versterk die ironie en bring die
   tema net sterker na vore. Ook die bundeltitel sluit by die tema van die gedig aan.          [10]
                                           OF

   Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
      4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG – Staat

Vraag                                         Antwoord                                          Punt
2.1        Jare/roerloos √                                                                        (1)

2.2        Die swart mier bataljon het die staat ingeneem/die negatiewe het geleidelik
           met ŉ aftakelingsproses begin. √                                                       (1)

2.3        Eksplisiet dui dit daarop dat die vesting van die krap, waar hy veilig voel, nie
           baie sterk is nie./Die wal is vol gate en kan daarom maklik intuimel. √
           Die implisiete betekenis dui op die moontlike verval van die regering/dat die
           fondamente waarop die regering sy ryk gebou het, nie so sterk was nie. √
           Dit kan ook implisiet daarop dui dat almal nie altyd saamgestaan het nie –
           daar is die spreekwoordelike “gate” in sy mondering. √                                 (3)

2.4        Die tweede versreël is korter as die ander strofes se tweede versreël. √               (1)

           Dit word funksioneel aangewend aangesien dit beklemtoon dat die krap nie
           altyd so waaksaam was nie. √                                                           (1)

2.5        Beide woorde dui op universaliteit. √                                                  (1)

2.6        Deur die p-alliterasie/a-assonansie. √                                                  (1)

2.7        Die titel is ook so gekies dat dit nie net op regeringstelsels van toepassing
           gemaak kan word nie, maar ook van toepassing is op enige situasie/dit is nie
           net van toepassing op ŉ regeringstelsel nie, maar ook op ŉ huwelik wat ŉ
           staat van liefdeloosheid bereik het of waar kommunikasie ŉ probleem is/ŉ
           skool wat eens op ŉ tyd ŉ spogskool was en mettertyd tot ŉ verleentheid
           verval het/ŉ maatskappy wat eens op ŉ tyd sterk en voorspoedig was maar
           as gevolg van wanbestuur of korrupsie tot ŉ val gekom het. √                            (1)
                                                                                                  [10]

                                                   OF

      Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 5

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG – Kwatryne

 Vraag     Antwoord                                                                    Punt
 3.1       Die rymskema (aaba) √ en stelling/waarneming wat deur ŉ wending
           gevolg word. √                                                                 (2)

 3.2.      3.2.1      ongeduld/irritasie √                                                (1)

           3.2.2      lank reeds/oplaas √                                                 (1)

 3.3       Word die mens in die hiernamaals beloon vir dit wat hy op aarde gedoen
           het? √                                                                         (1)

           Die enjambement beklemtoon die vraag as ŉ geheel. √                            (1)

           Leerder se eie siening rondom beloning in die hiernamaals. √                   (1)

 3.4       inversie √                                                                     (1)

 3.5       Die fokuspunt is nou op die verhoog waar die akteur kan begin speel. √         (1)

 3.6       Die metafoor dat die lewe ŉ verhoog is, kom in elke kwatryn na vore en
           word dus volgehou. √                                                          (1)
                                                                                        [10]

                                             OF

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG – Sonsverduistering

 Vraag     Antwoord                                                                   Punt
 4.1       (Italiaanse) Sonnet √                                                        (1)

 4.2       Paradoks √                                                                     (1)

 4.3       ŉ Swingel is ŉ arm wat iets soos ŉ handpomp in beweging bring/trekhout
           van wa/wip van ŉ put – dit, tesame met die “sw”-klank, beklemtoon die
           “om te beweeg”-gedagte./
           Die “sw”-klank en “ng”-klank boots die swaaiende beweging van donkies
           klankmatig na. √                                                               (1)

 4.4       Die letterlike sonsverduistering en die diere wat stalwaarts keer word ŉ
           toepassing op die mens. √                                                      (1)
           Alle mense op aarde verkeer in ŉ figuurlike skaduwee of donkerte weens
           sonde wat oorheers. Dit het tot gevolg dat ons nie meer God se weg
           (wil) kan sien nie. √                                                          (1)
           Daar heers ŉ somber stemming omdat die mens nie besef dat hy na
           God moet keer nie. √                                                           (1)

 4.5       “kortste pad” √                                                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2015)

4.6       Toename van donkerte:
          Vlek van skadu + letterlike skemer aanvanklik > groei tot figuurlike
          skaduwee > alle lig verduister dan > pad raak onsigbaar > hoogtepunt
          wanneer die “duisternis’ intree.” √                                                 (1)

                                             EN

          Die gedig raak meer persoonlik:
          “Oor gans die mensdom” word later “ons” > ŉ persoonlike ervaring,
          toepassing op elkeen van ons word geïmpliseer. √                                    (1)

4.7       Dis ironies dat die (slimmer) mens nie ook instinktief soos diere
          huiswaarts (na veiligheid - God) keer nie. Die mens is so onderworpe
          aan sonde in hierdie wêreld waarin ons vandag leef dat ons die sonde en
          gevolge gelate aanvaar. Die diere weet egter instinktief om die regte
          ding te doen. √                                                                    (1)
                                                                                            [10]

                                        EN

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG – Opstanding

Vraag     Antwoord                                                                        Punt
5.1       word √                                                                            (1)

5.2       Die mense wil hom nie seermaak nie/verleë laat voel nie. √                          (1)

5.3       Enjambement. √                                                                      (1)

5.4       In die nag klink geluide erger/meer vreesaanjaend. √                                (1)

5.5       Die spreker vind vertroosting in die geluid van water, maar dan is hy nie
          eens seker of hy dit wel hoor nie./
          Geluide groei teenoor die fluister van ŉ kraan. √                                   (1)

5.6       Hul ken hom en is lief vir hom, √ dus sal hulle hom verstaan. √                     (2)

5.7       Hy is nie regtig seker of vertroudes regtig met min woorde kan klaarkom
          nie. √                                                                              (1)

5.8       Dit stel die woorde wat nie gehoor word nie, visueel voor. √                        (1)

5.9       Dit moet erg wees om nie meer jou geliefdes te kan hoor nie. √                     (1)
                                                                                            [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:                 30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      7

AFDELING B: ROMAN
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 6: OPSTELVRAAG
DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN VAN DIE
OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
 Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.
 Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by struktuur
   en taal.
 Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.
Inleidingsparagraaf
  Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan, bv.
  Die vrou se tradisionele rol en haar emansipasie word in die roman baie ligtelik hanteer,
    soos die motto voorspel.
MA ELSA
 Ma was nie die stereotipe moeder nie, want in plaas daarvan dat sy haar kinders
  grootmaak, maak Johanna hulle groot.
 Ma is nie die tradisionele raakvatter-ma nie, want sy is verstrooid en vergeetagtig.
 Ma het nie huishouvernuf nie, want sy kan nie kook nie (nie ŉ goeie kok nie).
 Ma maak nie haar dogters tradisioneel konserwatief groot nie, want haar dogters is
  redelik liberaal.
 Ma is nie soos die tradisionele ma wat wakker lê oor haar dogters se sedes nie. Sy tob
  glad nie daaroor nie.
 Ma tree nie soos die normale vrou op nie. Sy is onkonvensioneel, want sy oortuig ŉ dief
  om nie van hul te steel nie/Op die plaas sluit sy by ŉ groep aan (Die Spieël) wat glo in
  reïnkarnasie en spiritualisme en met voorvadergeeste praat.
 Ma ervaar die normale vroulike emosies teenoor haar kinders, want sy spog ook met
  hulle teenoor Peter se ma./Sy gee om vir haar kleinkinders se welstand.
 Alhoewel Ma aanvanklik geëmansipeerd voorkom deur op haar eie agter te bly, is sy
  egter nie volkome ŉ bevryde vrou nie, want aan die einde gaan woon sy tevrede op die
  plaas.
ELSA
 Elsa kom aanvanklik nie voor as jou tradisionele vrou nie, want sy is onemosioneel en
  baie doelgerig.
 Algaande verander die karakter en word sy die deursnee Afrikaanse vrou met haar
  droomman, huis en kinders./Sy praat soos die tradisionele vrou oor babas, bottels en
  voedings.
 Elsa ervaar die normale vroulike emosies, want ŉ onbeplande swangerskap laat haar
  magteloos./Moontlike huweliksontrou van Hannes se kant laat haar hartseer en
  ontsteld./Sy raak opgewonde soos die deursnee ma oor haar kinders se prestasies.
 Elsa kom aanvanklik voor as geëmansipeerd, omdat sy op haar loopbaan gerig is en die
  broek in die huis dra.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 Die geëmansipeerde Elsa verdwyn egter algaande, omdat sy besluit op ŉ tweede
  kind/haar huis deurmekaar is a.g.v. haar aandag aan die kinders/tevrede is om slegs
  wors te eet.
KARA
 Kara kom aanvanklik nie voor as jou tradisionele vrou nie, want sy wil geen babas hê
  nie./Swangerskap is vir haar lelik/Sy oorweeg ŉ surrogaatma.
 Kara raak egter later wat haar gesinslewe betref die tradisionele vrou, want sy wil ŉ huis
  vol kinders hê./Sy wil met Claude trou/Haar kuns raak ŉ bysaak/Sy praat slegs oor
  babas, voedings, ens.
 Wat Kara se verhouding betref, is sy glad nie die tradisionele Suid-Afrikaanse vrou nie,
  want sy trou met Claude wat ŉ bruinman is/Sy wil multikleurige kinders hê
  (reënboogkinders).
 Kara ervaar die normale vroulike emosies, want haar hart word week wanneer sy van
  Claude praat/na hom kyk.
 Kara kom aanvanklik geëmansipeerd voor, omdat sy haar nie aan die normale
  konvensies steur nie./Op haar eie gaan reis./ŉ Non wil word.
IRIS
 Iris is alles behalwe jou tradisionele vrou, want sy skep haar eie fantasiewêreld om van
   daaglikse oninteressanthede te ontsnap./Sy is onwillig om te trou.
 Iris se emosies is tipies die van ŉ vrou, want sy leef in ŉ romantiese
   verbeeldingswêreld/fantasiewêreld./Sy het ŉ romantiese en verbeeldingryke uitkyk op die
   lewe./Sy kan nie verder teen die verlange na Peter se nabyheid baklei nie.
 Sommige van Iris se emosies verskil egter van die tipiese vroulike emosies, omdat sy die
   verlies van haar maagdelikheid as traak-my-nie-agtig ervaar./Al haar verhoudings almal
   fisiek is en nie emosioneel nie.
 Iris wil haar emansipeer van die beperkings van die middelklasgesin; maar sy het nie die
   moed om dit deur te voer nie./Sy twyfel oor die waarde van die huwelik (sien die hartseer
   van egskeiding en hoe mense (haar susters) verander in die huwelik/Sy is op soek na
   meer as net die doodgewone voorstedelike bestaan van ŉ doodgewone huisvrou.
EVALUEER DIE EMASIPASIE
 Nie een van die dames se emansipasie is geloofwaardig nie, omdat almal konformeer.
 Ma is nie werklik geëmansipeerd nie, want uiteindelik verlang sy te erg na Pa en gaan
  plaas toe.
 Elsa, sowel as Kara, raak jou tradisionele ma wie se bestaan rondom hul huis en kinders
  draai.
 Selfs Iris verval aan die einde in ŉ bestaan wat sy nie wou gehad het nie – die van
  doodgewone voorstedelike vrou.
 Iris raak ŉ doodgewone tradisionele vrou, omdat sy juis ŉ getroue eggenote is wat haar
  plek in die familie en die gemeenskap vol staan (soos wat daar van haar verwag word).
Slot
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
 Die kwart-voor-sewe-lelie bekyk die emansipasie van die vrou en haar tradisionele rol op
   ŉ ligtelike manier en daarom is niemand werklik geëmansipeerd nie.

                                                                                                 [25]
                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      9

VRAAG 7: Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                           Punt
7.1       Kara en Iris (my) is susters. √ Claude is Kara se vriend/toekomstige man. √          (2)

7.2       Suid-Afrika. √                                                                            (1)
          Die meeste mense in die buiteland het ŉ afkeur aan die apartheidbeleid
          gehad. √
          Sy het nie deel gehad aan die apartheid nie/hulle is nie as rassiste
          grootgemaak nie/Omdat sy nie rassisties is nie het sy nie geweet waarna
          hy verwys nie. √                                                                          (2)

7.3       7.3.1       Sy het hom van haar ouma gekry/geërf. √                                       (1)

          7.3.2       Hy moes haar beskerm/raadgee en geselskap hou. √√                             (2)

                      Die kandidaat noem TWEE verwagtinge.

                      Hy het haar beskerm in New York/teen die skaatsplankryer. √/
                      Hy gee haar raad oor hoe om op te tree teenoor die uitlander in
                      Parys./Peter, want hy sê Peter is moeg/Sy moet nie oor haar naam
                      praat nie./Bring haar tot insig oor haar naam. √
                      Hy hou haar geselskap veral in die hospitaal in Vermont. √

                      Die kandidaat moet die TWEE verwagtinge wat bo genoem is,
                      bespreek.                                                                     (2)

          7.3.3       Die Engel staan Iris by omdat sy ontsteld is./Die Engel wil haar
                      beskerm omdat sy ontsteld is. √                                               (1)

          7.3.4       Hy laat haar fantasiekarakters verdwyn. √
                      Hy bring haar tot insig dat ŉ naam net ŉ naam is/sy
                      verantwoordelikheid vir haar eie lewe moet neem/dat die lewe nie
                      net ŉ storie is nie/dat die blomnaam en die lelie niks met haar
                      toekoms te doen het nie. √
                      Hy lei haar tot die besef van die werklikheid/dat sy moet ophou
                      ontvlug deur fantasieë/dat sy verantwoordelikheid moet neem vir
                      haar eie besluite. √                                                          (3)

7.4       Sy bedink ŉ saak eers goed./Sy reageer nie dadelik nie./Sy konfronteer nie
          die situasie nie – as gevolg hiervan skep sy ŉ fantasiewêreld. √                          (1)

7.5       Die leser weet nou hoe Iris voel; dus is die gebruik funksioneel. √                       (1)

7.6       Sy het nog altyd/van die begin gedink haar susters is dié wat mooi is. √                  (1)

7.7       Sy gryp nie hier ŉ moontlike geleentheid aan nie √ teenoor haar
          lewensfilosofie wat sê jy kry net een blomgeleentheid. √                                  (2)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 7.8    7.8.1   Sy het fantasiekarakters geskep √ en so kon sy van haar saai
                bestaan ontvlug. √                                                        (2)

        7.8.2   Iris moes fantaseer sodat sy kon groei tot ŉ volwasse vrou √ want
                die fantasiekarakters het haar die werklikheid duideliker laat
                sien/laat besef wat sy in die lewe wil hê. √.                             (2)

        7.8.3   Niemand het Iris ernstig opgeneem nie. √                                  (1)

        7.8.4   Nee, want alles wat aangespreek word, word humoristies gedoen
                soos die motto aandui. √.                                                (1)
                                                                                        [25]

                                         OF

 VRAAG 8: Manaka plek van die horings – Pieter Pieterse
 OPSTELVRAAG
 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
 Dis ŉ breë raamwerk van feite.
 Al die feite hoef nie genoem te word nie.
 Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
   struktuur en taal.
 Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inleidingsparagraaf
 Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan, bv.
   Baas dra onbewustelik Christenskap uit, maar sy verlede en die situasie op
    Manaka bring konflik ten opsigte van Christenskap by Baas te weeg.
 GODSDIENSSITUASIE OP MANAKA
  Baas is op Manaka wat vroeër ŉ sendingstasie was, omdat hy in sy oupagrootjie
   se voetspore wil volg, maar hy wil niks met godsdiens te doen hê nie.
  Baas word voortdurend gekonfronteer met Christenskap, want Ouma Essie
   woon op Manaka en sy is deel van die gemeenskap./want Grace aanvaar hy is
   ŉ Christen en is uitgesproke daaromtrent./want Johnnie noem Baas ŉ “goeie
   man.”
  Omdat hy op Manaka voortdurend met Christenskap gekonfronteer word, spook
   Christenskap by hom, want hy droom van sy ma wat die kettinkie oor sy kop
   probeer pas./hy wonder of mens die Ewige Lewe kan hê en dit verloor.
  Griesel wat glo Christenskap lê in ŉ gesindheid, bring konflik vir Baas, want hy
   het geen respek vir die godsman nie en sy uitlewing van geloof verskil van wat
   Grace en ouma Essie glo.
  Oom Scholtzie se woorde/Grace se opmerking dat oom Scholtzie oor hom huil,
   begin die konflik in Baas, want hy begin vra oor die wese van Christenskap aan
   Nanna en Griesel.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

 BAAS SE VERLEDE
    Baas wil niks met Christenskap te doen hê nie, want hy is verbitterd na die
      moord op sy ouers.
    Die feit dat Baas Christenskap afsweer, veroorsaak konflik in hom, want hy
      het in ŉ Christenhuis groot geword.
    As agterkleinkind van die sendeling wil hy in sy voetspore volg, maar hy wil
      net sekere drome van sy oupagrootjie verwesenlik en dit veroorsaak konflik.
    Baas wil nie op Manaka by die gemeenskap betrokke wees nie, want in
      Suid-Rhodesië dien sy ouers die gemeenskap en is vermoor, maar hy kry dit
      nie reg nie.
    Baas se skuldgevoel oor sy ouers wat hy nie betyds uit Rhodesië
      weggeneem het nie veroorsaak dat hy afvallig raak van godsdiens, omdat
      hy nie sin in die moord kan sien nie.
    Baas onttrek hom van mense omdat hy soveel bagasie van die verlede met
      hom saamdra, maar dit bring hom in konflik met Mark en die sendelinge.

 DIE UITDRA VAN CHRISTENSKAP
     Alhoewel Baas sê hy is nie ŉ Christen nie glo die mense van Manaka
       anders, want sy dade getuig van die teenoorgestelde./hy gee malariapille vir
       hulle/hy ry sy bakkie stukkend agter Khuta se pale aan/gee vleis weg.
     Christenskap behels die omsien na jou naaste en onbewustelik doen Baas
       dit, want hy help Grace/Johnnie wat hy met sy gesin verenig.
     Baas dra ŉ medemenslikheid en hulpvaardigheid uit, want hy gee sy laaste
       malariapille vir Grace./hy gee sy laaste geld aan klere uit vir Grace.
     Baas se lewe getuig van eerlikheid en ŉ waardesisteem, want Riekert
       probeer Baas by die smokkel van diamante betrek, maar hy weier.
     Alhoewel Baas baie goeie dade doen, vertel hy niemand daarvan nie (soos
       dit ŉ Christen betaam) omdat hy ŉ eenkantmens is.
 EVALUERING
    Baas se Christenskapstryd is opgelos, want hy kondig aan dat die vensters
     en deure van die sendingkerk gekom het. Hiermee suggereer hy dus dat hy
     die geestelike leiding op Manaka oorneem.
    Baas se Christenskapstryd is opgelos, want by ouma Essie se siekbed bid
     hy vir die eerste keer in ŉ lang tyd.
    Wanneer Baas besef dat hy wel met ŉ doel na Manaka gekom het, word die
     stryd beëindig, want hy bring die twee pole van Christenskap bymekaar:
     omgee en die wete waarheen jy gaan.
 Slot
  Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
     Aan die einde van die roman het Baas ŉ vaste wete oor Christenskap ten
        spyte van sy verlede en as gevolg van Manaka se mense.                         [25]

                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 9: Manaka plek van horings – Pieter Pieterse

 KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag    Antwoord                                                                        Punt
 9.1      Paaie is onbegaanbaar dus sal mense en goedere vervoer kan word. √
          Afrika sal toegankliker wees. √                                                 2
 9.2      Riekert . √                                                                     1
          Hy glo die boot is na Grace Tibelelo vernoem. √                                 1
          Hy is rassisties/Sy rassisme. √                                                 1
 9.3      Dit is ŉ droom wat hy wil verwesenlik. √                                        1
          Dit bring hom in aanraking met mense wat sy hulp nodig het en so sien ons
          Baas se Christenskap. √                                                         1
 9.4      Hy sal nie by die gemeenskap betrokke hoef te raak nie. √                       1
          Baas se ouers het hul alles vir die gemeenskap gegee en is toe vermoor. √       1
          Nee, omdat hy in elk geval ŉ baie eenkantmens is, sou hulle hom nie leer
          ken het nie. √                                                                  1
 9.5      Sy geld het opgeraak. √                                                         1
          Hy het buffels gejag. √                                                         1

 9.6      Buitestaanderskap √                                                             1
          Deur dialoog./sy woorde √                                                       1

 9.7      Sy ouers se dood √ en die verlies van die plaas. √                              2
          Grace √                                                                         1
          Christenskap is om vir ander om te gee EN ŉ besliste wete van waarheen jy       1
          gaan. √
 9.8      Griesel tree nie altyd soos ŉ Christen op nie/gee nie om vir sy medemens
          nie. √                                                                          1
          Ten spyte van die feit dat hy glo jy die Christenbeeld moet uitdra, breek hy
          by Baas se slaaphut in. √                                                       1
 9.9      Hy het tot selfinsig gekom. √
          Dit is geloofwaardig aangesien verskeie mense hom deur die loop van die
          roman oor sy sogenaamde Christenskap aanspreek./                                1

          OF

          Dit is ongeloofwaardig aangesien ŉ karakter soos Griesel moeilik tot inkeer
          sal kom. √                                                                      1
 9.10     Die honde is noodsaaklik aangesien dit vir ons Baas se karakter beter belig.
          Die honde wys aan ons Baas as die natuurliefhebber. √
          Die honde help om die ontwikkelende verhouding tussen Baas en Grace uit
          te beeld- sy versorg hulle omdat sy weet hoe belangrik hul vir Baas is. √
          Die honde se houding teenoor verskillende karakters, bv. Chisupo en
          Riekert, weerspieël Baas se houding teenoor hulle. √                            3
                                                                                          [25]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  13

 VRAAG 10: Vatmaar – AMJ Scholtz

 OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
 LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.
    Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
     struktuur en taal.
    Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

  Inleidingsparagraaf
  Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan, bv.
      Vatmaar is die verhale van alledaagse mense in ŉ arm gemeenskap wat
        handel oor goed en kwaad, geluk en hartseer.

 TANT WONNIE
    Tant Wonnie het hartseer in haar lewe geken, want sy verloor ses van haar
      agt kinders tydens die Groot Griep./haar man sterf tydens die Eerste
      Wêreldoorlog/Piet de Bruyn probeer tant Wonnie verkrag.
    Tant Wonnie ken die ellende van alles verloor, want toe sy na Sannah Vosloo
      se dood weggejaag word, is haar huis op Vatmaar gestroop./sy word valslik
      beskuldig van diefstal en verloor so haar naam.
    Tant Wonnie ken egter ook geluk, want die magistraat bewonder haar trots en
      sorg dat sy ŉ huweliksertifikaat kry wat veroorsaak dat sy op oorlogspensioen
      geregtig is./Sy kon later terugtrek na haar huis.
    Uit tant Wonnie se verhaal is daar baie lewenslesse te leer: Al beklee jy die
      laagste posisie in die samelewing, soos sy, kan jy nog steeds trots wees op
      wie jy is./Piet du Bruyn, Settie September was venynig teenoor tant Wonnie,
      maar sy het nooit ŉ wrok in haar binneste rondgedra nie./Sy het altyd die
      beste van slegte omstandighede gemaak/Ten spyte van wat mense gesê en
      gedoen het, het tant Wonnie ŉ skoon lewe gelei en onwrikbaar by haar
      beginsels gebly.

 BETTIE
    Bettie het die hartseer van ŉ ongehude moeder geken, omdat sy ŉ kind by
      een van oom Steven se seuns gehad het en sy vir hul ŉ verleentheid was.
    Bettie het egter die geluk van aanvaarding gesmaak, want oom Chai was
      bereid om hom oor haar en haar kind te ontferm.
    Bettie se huwelik met oom Chai was egter nie gelukkig nie, omdat die
      ouderdomsverskil te groot was.
    Bettie ken die kwaad van ŉ buite-egtelike verhouding, want sy het oom Chai
      met Boitjie verneuk.
    Uit Bettie se lewensverhaal leer ons die verwerping wat ŉ baba buite die
      huwelik kan bring./Ons leer ook dat ŉ huwelik waar die ouderdomsverskil te
      groot is, net frustrasie kan meebring.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 OOM CHAI
    Oom Chai het die slegte in die lewe gesien, want hy het tydens die Anglo-
     Boereoorlog gesien hoe Boervroue se huise en besittings vernietig word.
    Oom Chai het egter ook die goeie in sy lewe beleef, want hy het ŉ
     lewenslange besondere vriendskap met George Lewis gehad./Hy het met ŉ
     mooi, jongvrou getrou./Hy het Vatmaar se stigting en groei beleef.
    Oom Chai het egter ook hartseer in sy lewe beleef, want sy huwelik het hom
     later meer pyne as vreugde besorg./Hy het sy vriend, George Lewies aan die
     dood afgestaan./Hy het a.g.v. sy troue sy aansien in die gemeenskap verloor.
    Die lewensles van ŉ besondere vriendskap te koester is vandag nog steeds
     aktueel, omdat ons wel sulke vriendskappe nog beleef./Daar is vandag nog
     jaloesie in ŉ verhouding soos oom Chai met Boitjie Afrika beleef het. Hieruit
     leer ons dat jaloesie net trane bring en vriendskappe vernietig.

 KENNY
     Kenny ken ook hartseer in die lewe, want hy verloor sy werk by die Masonic
        Temple./a.g.v. status keur sy ouers nie sy verhouding met Kaaitjie goed
        nie./hy verloor die groot liefde in sy lewe.
     Kenny beleef egter ook vreugde in sy lewe, want hy ontmoet Kaaitjie, die
        liefde van sy lewe./hy vind ŉ tweede liefde.
     Kenny ken die vreugde van goedwees vir ander, want hy kon die vreugde van
        Vatmaar oor die kliniek beleef./van Boitjie Afrika oor die sokkerspan en -veld
        beleef.
     Die lewensles wat Kenny se lewe vir ons leer is aktueel omdat ons vandag
        nog weet dat deur goed te doen aan ander kan ons ook groot vreugde
        smaak./Ons leer ook uit Kenny se verhaal dat ŉ mens na groot hartseer weer
        vreugde kan beleef.
 Slot
  Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
     Elkeen van hierdie karakters het ŉ menslike lewensverhaal met baie
        lewenslesse wat vandag nog geld.                                                  [25]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      15

 VRAAG 11: Vatmaar – AMJ Scholtz

 KONTEKSTUELE VRAAG

 Vraag     Antwoord                                                                       Punt
 11.1      Dit is baie meer geloofwaardig/
           Sy het die ervarings eerstehands beleef. √                                         (1)

 11.2      Al verwag almal dat hy tant Wonnie gaan vra, gaan dit nie gebeur nie, √
           want hy het haar dogter al gevra om te trou. √                                     (2)
           Toe sy Norman se lyk sien, was sy gebroke./
           Toe sy Norman se lyk sien, het sy besef sy het hom liefgehad./
           Sy het geglo Heinrich sou tevrede wees as sy met Norman trou. √                    (1)

 11.3      As hy die tentpen by Kaaitjie se broers en susters se graf gaan inslaan,
           √ sal sy met hom trou en dan begin sy nuwe lewe. √                                 (2)

 11.4      Sy was lief vir Norman. √                                                          (1)

 11.5      Liefde sonder grense. √                                                            (1)

 11.6      Toe Piet de Bruin haar probeer verneder het deur haar tronk toe te
           neem. √                                                                            (1)

           Vatmaar se mense het langs die pad gestaan en niks gedoen om haar
           te help nie./hulle het haar beskinder. √                                           (1)

           Toe het sy besluit sy wil nie deel wees van hulle God nie √ maar sy het
           besef om God te dien, gaan oor of Hy binne jou woon. √                             (2)

 11.7      Ja, sy het God gevat as haar Verlosser wat in haar leef./
           Ja, God se gees het haar hart/lewe gevat. √                                        (1)

 11.8      Ja, dit is soos die Griekwas praat. √                                              (1)

 11.9      In Motta Fatima se huis. √                                                         (1)
           Sy het besef iets is fout/die atmosfeer het haar gewaarsku en toe moet
           sy self besluit of sy gaan loop of bly. √                                          (1)

 11.10     Ja, haar ma en pa is beide vreesloos./
                                              OF                                              (1)
           Nee, sy wou later nie meer leef nie en het nie terugbaklei nie. √

           Sy het hierna mev. Bosman se diens verlaat en is tronk toe daarvoor
           wat tot haar dood gely het. √                                                      (1)

 11.11     Sy werk vir mevrou Bosman. √                                                       (1)

           Sy het Kenneth se briewe vir haar weggesteek/
           Sy verneder haar omdat sy dink sy verwag meneer Bosman se kind. √                  (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 11.12     Sy twyfel of haar man getrou is/
           Of Kaaitjie se ongebore kind haar man sŉ is. √                                 (1)

 11.13     Mevrou Bosman is rassisties/snobisties/skynheilig/gewetenloos en dit
           kan nie goedgepraat word nie. √                                                (1)

 11.14     In hulle spraak/
           hulle dialoog. √                                                               (1)

 11.15     Die kliniek is na haar vernoem. √                                              (1)

 11.16     Spanningsvol √                                                                (1)
                                                                                        [25]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            25

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   17

AFDELING C: DRAMA
Beantwoord EEN vraag.
VRAAG 12: Krismis van Map Jacobs – Adam Small
OPSTELVRAAG
Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
LET WEL:
   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
   Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
    struktuur en taal.
   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf
Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan, bv.
     Die twee manlike karakters in Krismis van Map Jacobs word lewensgetrou
        uitgebeeld.
MAP
 Map word uitgebeeld as ŉ trotse jongman, want hy was nie tevrede met ŉ
  minderwaardige betrekking nie.
 Map is ŉ twyfelaar, want hy twyfel aan sy menswaardigheid en vermoëns nadat hy
  ten spyte van sy skranderheid nie ŉ ordentlike werk kon kry nie./want hy soek na
  sy identiteit./want hy het baie tatoeëermerke wat sy soeke beklemtoon aangesien
  hy ook nie slegs aan een bende behoort het nie.
 Map word as ŉ leier uitgebeeld, want hy aanvaar verantwoordelikheid vir wat sy
  bende gedoen het./want hy is as leier van drie bendes verkies.
 Map word geteken as ŉ bekeerde, want hy het sy lewe ten volle oorgegee aan
  God o.l.v. apostel George./Hy sê hy was “rubbish” maar nou is hy “annerste”.
 Map word as ŉ ontnugterde man geteken, omdat hy nie kan verstaan dat niemand
  hom ŉ tweede kans wil gee nie – al het hy verander.
 Map se handeling teenoor tant Grootmeisie en Blanchie wys hy is besorgd, omdat
  hy telkemale vir sy ma vra hoe dit met Blanchie gaan./dit vir hom belangrik is dat
  sy ma hom moet vergewe – ook vir haar welstand.
 Cyril en Richie beeld Map uit as ŉ geharde en ongenaakbare bendeleier, want
  hulle glo hy gaan weer moor en brutaal raak wanneer hy van Blanchie hoor.
 Map word as ŉ aantreklike man uitgebeeld, want mister La Guma vertel watter
  mooi liggaam Map het.
 Map word as slim en talentvol uitgebeeld, want hy het goed gevaar op skool en hy
  het die saksofoon in die Kersorkes gespeel en die eerste prys gewen.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

CAVERNELIS
 Cavernelis word uitgebeeld as iemand met baie deursettingsvermoë, want hy het
  twee werke om sy droom te laat realiseer./want hy werk verskriklik hard om sy
  familie uit die Kaapse Vlakte te kry.
 Cavernelis is snobisties/hoogmoedig, want hy glo hy en sy familie hoort nie in die
  Kaapse Vlakte nie./want hy en sy familie meng nie met die mense van die Kaapse
  Vlakte nie./hy glo dat Map nie goed genoeg is vir Blanchie nie.
 Cavernelis word geteken as wantrouig en bang, want hy glo die mense van die
  Kaapse Vlakte sal sy fiets steel. Daarom sluit hy dit./dra hy sy fiets tot binne sy
  woonstel.
 Cavernelis is goedgelowig, omdat hy sonder ŉ werklike kontrak geglo het Blanchie
  sal die modelkontrak kry.
 Cavernelis kom baie afsydig voor, want hy deel geen gevoelens/emosie met Maud
  nie.
 Cavernelis is baie spaarsamig, want hy mors geen druppel water nie; alhoewel
  ander dit as suinig ervaar./hy dink verbeteringe aan ŉ huurhuis is geldmors.
 Cavernelis word as obsessief geteken, omdat hy als in sy vermoë doen om sy
  familie uit die township te kry.
 Cavernelis leef in sy eie wêreld, want hy stel nie belang om van Maud se probleme
  te weet of om die waarheid te hoor nie.
 Hy is eintlik maar so ŉ bietjie van ŉ lamsak, omdat hy hom deur Maud laat
  rondbeveel.

EVALUERING
 Die karakterisering van Map is geslaagd, want hy tree tipes op soos ŉ jongmens
  wat groot drome en ideale het en nie met die minste tevrede wil wees nie.
 Alle mense gaan deur ŉ tydperk waarin hul na hulself soek. Dus is Map se soeke
  na ŉ identiteit baie goed geteken.
 Map se leierskap word goed uitgebeeld wanneer hy verantwoordelikheid vir
  daardie aand se gebeure aanvaar.
 Die feit dat hy ŉ leier van 3 bendes is, is nie noodwendig ŉ teken van leierskap nie.
 Map se bekering word lewensgetrou uitgebeeld. Die leser ervaar hierdie
  worsteling saam met Map.
 In die monoloog waar Map vertel van hoe hy werk soek nadat hy vrygelaat is, kan
  jy duidelik hoor hy verstaan nie waarom hy so sukkel as Miss Africa hom ook help
  nie. Hy was bewus van Apostel George se waarskuwing, maar hy het nie gedink
  dit sal só moeilik gaan nie.
 Uit die manier waarop Map met antie Grootmeisie en Blanchie praat, kan ons
  duidelik ŉ besorgde Map leer ken. Hy reik ook fisies uit na hulle.
 Die ongenaakbare word nie regtig vir die leser uitgebeeld nie. Daar is slegs ŉ
  verwysing daarna.
 Map se fisiese aantreklikheid word nie regtig uitgebeeld nie, behalwe deur mnr. La
  Guma.
 Cavernelis se deursettingsvermoë en obsessie word baie goed uitgebeeld, want
  ten spyte van Maud se verwyte dat hy nooit tuis is nie en die spot van Cyril en
  Richie met sy soft goods gaan Cavernelis eenvoudig voort.
 Sy wantrouigheid en bangheid word duidelik deur sy handelinge uitgebeeld, en
  staan in kontras met die res van die karakters.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   19

 Sy goedgelowigheid word nie sterk geteken nie, want dit is eers wanneer Blanchie
  nie die kontrak gekry het nie dat die leser agterkom dat Cavernelis blindelings
  geglo het.
 Cavernelis se snobisme word nie so sterk soos Maud sŉ geteken nie, want hy
  beweeg nog tussen die plaaslike mense en as hy moet, praat hy met hulle. Sy
  snobisme word wel deur die ander karakters genoem.

Slot
Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
    Karakters probeer dus uit die omstandighede ontsnap, maar hulle bereik nie
      sukses nie omdat uitkomkans min is.                                                    [25]

                                            OF

VRAAG 13: Die Krismis van Map Jacobs – Adam Small

KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                        Punt
13.1      Hulle is almal vasgevang op die Kaapse Vlakte./in hul omstandighede. √            (1)

13.2      Apartheid/gedwonge verskuiwings √                                                     (1)

13.3      Map was slim en kon ŉ lewe buite die Kaapse Vlakte vir hom geskep
          het./Map is ŉ werk aangebied – al was dit nie wat hy wou gehad het nie. √             (1)

13.4      Blanchie/Cavernelis√                                                                  (1)

          Sy doen modelwerk om sodoende oorsee te kan gaan./Hy doen ekstra
          werk. √                                                                               (1)

          Dit was nie geslaagd nie, want sy het nie die modelkontrak in Parys gekry
          nie./Dit was nie geslaagd nie, want hy het selfmoord gepleeg. √                       (1)

13.5      Respek √                                                                              (1)

          Hy het nie respek vir vroue/haar gehad toe hy toestemming vir die
          verkragting gegee het nie. √                                                          (1)

13.6      13.6.1      Onvergewensgesindheid/onverdraagsaamheid/bevooroordeeld-
                      heid √                                                                    (1)

          13.6.2      Herhaling van die woorde hulle vat jou nie so nie/
                      Die uitroeptekens/
                      Die aksenttekens √√                                                       (2)

                      Kandidaat kan enige TWEE noem.
          13.6.3      Hy kry nie werk nie √ en die Kersorkes gee nie sy plek aan hom            (2)
                      terug nie. √

                      Dit is nie geregverdig nie, want Jesus gee hom nog ŉ kans/hy is
                      bekeer daarom behoort hul hom ŉ kans te gee. √                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

13.7     Hy wou êrens behoort het .√                                                               (1)

         jou history en jou geography √                                                            (1)

13.8     Dit was terwyl hy die goeie Johnnie was/die regte pad geloop het.                         (1)

13.9     13.9.1      Die motoriese moment is juis die vraag wat Map gaan doen na sy
                     vrylating √ en Map doen niks/hy is doodstil/hy tree nie op soos
                     hulle verwag het nie, nl. om te moor nie. √                                   (2)

         13.9.2      Nee, hy het verantwoordelikheid vir sy dade geneem./hy het
                     homself gaan oorgee aan die polisie al het hy geweet wat wag in
                     die tronk. √                                                                  (1)

         13.9.3      Map se vrylating/parool √ is sy Krismis/Kersgeskenk. √                        (2)
                     Hy kan nie ŉ banggat wees as hy bereid is om net weer in die
                     Kaapse Vlakte vasgevang te word nie. √√                                       (2)

13.10    Een van ongeloof/berou. √                                                              (1)
                                                                                               [25]
                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    21

 VRAAG 14: Mis – Reza de Wet
 OPSTELVRAAG
 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.
 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.
  Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
   struktuur en taal.
  Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inleidingsparagraaf
 Die kandidaat bied ŉ inleidingsparagraaf aan, bv.
      Die twee manlike karakters in Mis word lewensgetrou uitgebeeld.
 KONSTABEL
  Die konstabel word uitgebeeld as die manipulerende man, omdat hy net die
   inligting oor homself bekendmaak wat hy kan gebruik om mense mee te
   manipuleer./want in sy vertelling van tant Hannie aan Gertie weet hy dat sy
   seksueel gefrustreerd is en bevry haar in ŉ mate van hierdie frustrasie./want hy
   manipuleer die drie met sy demonstrasies van ŉ verskerpte reuksintuig deur
   elkeen se ouderdom en seksuele status korrek te skat./Later, as die nar teenoor
   Meisie, speel hy sy nuwe rol ten volle en manipuleer hy haar binne die situasie
   sonder om veel informasie oor homself te verstrek.
  Konstabel word as besonder gevoelig/sensitief vir menslike swakhede en
   verskuilde konflikte in die karakters uitgebeeld, want hy weet dadelik dat Gertie,
   en in ŉ mate Miem, seksueel gefrustreerd is/dat Meisie na vryheid smag.
  Hy word as toweragtig of magies uitgebeeld, hy is geheimsinnig want hy sê niks
   oor sy herkoms nie./hy is ŉ konstabel, maar is blind./want hy sien skielik na
   24:00.
  Hy word uitgebeeld as ŉ beskermer omdat hy ŉ polisie-uniform dra en is,
   vreemd genoeg vir ŉ konstabel, blind./omdat hy veiligheid en orde in die
   gemeenskap, asook goeie waardes verteenwoordig. Hulle noem hom “Snuf-in-
   die-neus”.
  Aan die einde van die drama word hy as ŉ hofnar uitgebeeld, omdat hy kaal
   bolyf met die polisie-uniform se baadjie onderstebo is en hy word siende.
  Hy word uitgebeeld as twee helftes van een, omdat hy nie ŉ ander baadjie
   uithaal nie – dieselfde baadjie word net omgedop. Dit skep die illusie van twee
   in een en weerspieël die transformasie.
  Geklee in die narrebaadjie, word hy uitgebeeld as die flambojante bevryder wat
   Meisie uit die mis laat ontluik as blom, omdat hy haar as’t ware “toor” uit haar
   beknelling uit en haar tot wasdom laat ontvou.
  Konstabel is iemand wat wel ter tale is, omdat hy Gertie en Meisie met woorde
   oorrompel.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2015)

 PA
  Die naam Gabriël beeld iemand uit wat die draer van goeie tyding is, maar Pa
   bring egter geen tyding nie, net lyding vir Miem wat nou alleen moet sien en
   kom klaar.
  Gabriël is ŉ beskermengel, maar Pa kan nie sy gesin teen die indringer beskerm
   nie, want hy is bo-op die solder.
  Pa word as ŉ papperd/lafaard uitgebeeld, omdat hy op die solder gaan wegkruip
   die oomblik toe daar teenspoed kom.
  Pa word as ŉ verwoester van drome uitgebeeld, omdat Miem ŉ onwrikbare
   geloof in hom het en glo hy sal afkom as Meisie trou.
  Pa word as ŉ selfsugtige karakter geskets wat geensins aan sy gesin dink nie –
   iets wat vir die man van daardie jare nogal baie belangrik was – omdat hy hom
   eenvoudig onttrek en dan verwag hul moet hom versorg.
  Pa word ook as onkonsidererend teenoor vrouens geteken, omdat hul die
   slopemmer moet leegmaak en hy wag daarmee vir twee dae.
  Pa word uitgebeeld as die “goddelike” figuur wat “bo” is, maar nooit gesien word
   nie, want Miem aanvaar dit asof dit ŉ goddelike opdrag is. Pa bly op die solder
   en daarna word hy inderdaad nooit weer gesien nie.

 EVALUERING
  As manipuleerder word Konstabel uiters suksesvol geteken, want geeneen van
   die vroue stribbel enigsins teë nie, inteendeel, die dames eet uit sy hand.
  Sy sensitiwiteit vir menslike swakhede word oortuigend uitgebeeld, want hy
   weet dadelik waarna elk smag en die onderliggende spanning tussen Gertie en
   Meisie.
  Sy magiese kwaliteite/rol as hofnar kom eers teen die einde van die drama na
   vore, maar is baie geloofwaardig, omdat die gehoor deel gemaak word van
   hierdie transformasie.
  Sy rol as beskermer word nie baie oortuigend geteken nie, omdat hy blind is en
   die leser/gehoor vermoed hy het iets met die ander verdwynings te make.
  As bevryder word konstabel baie geloofwaardig geteken, veral omdat hy Meisie
   geheel en al bevry.
  Sy wel ter taligheid is geloofwaardig, want hy gaan baie gemaklik om met die
   dames en hul hang letterlik aan sy lippe wanneer hy sy stories vertel.
  Pa as hierdie papperd en selfsugtige wese word baie goed geteken, omdat hy
   die dames in sy lewe net so los en toelaat om aan te sukkel. Sy gekerm vanaf
   die solder en die slopemmer versterk net hierdie beeld verder.
 Slot
  Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan, bv.
       Die twee manlike karakters word baie duidelik en oortuigend geteken.           [25]

                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     23

VRAAG 15: Mis – Reza de Wet
KONTEKSTUELE VRAAG

Vraag     Antwoord                                                                           Punt
15.1      Miem beskou die gevaar as ŉ bedreiging/onheil vir die hele gemeenskap. √
          Die aand waarop meisies die vorige 2 jaar verdwyn het. √                              (2)
15.2      Sy kon nie juis vir Meisie beskerm toe Konstabel haar weggevoer het nie. √            (1)
15.3      Die verwysing na die huilwind/
          retoriese vrae/
          kort sinne √√                                                                         (2)
          Die kandidaat noem enige TWEE maniere.
15.4      15.4.1      Die name van die verdwene meisies word gegee. √
                      Die feit dat hulle verdwyn het uit frustrasie en ontevredenheid √
                      En dat niks ernstig gebeur het nie, dit dus ŉ bohaai oor niks is. √       (3)
          15.4.2      Hierdie inligting maak die karakters se vrese/die einde van die
                      drama soveel meer geloofwaardig. √                                        (1)
15.5      15.5.1      Miem betig Meisie streng omdat sy uitvra oor die sirkus. √
                      Miem beskou die sirkus as boos./Meisie begeer om daarheen te
                      gaan. √                                                                   (2)
          15.5.2      Meisie se begeerte om die eksotiese sirkus te ervaar en die feit
                      dat Miem haar verbied om selfs daarna te kyk, lei uiteindelik
                      daartoe dat Meisie toelaat dat konstabel haar uit haar
                      neerdrukkende omstandighede bevry √ en ondersteun dus die
                      tema van bevryding. √                                                     (2)
15.6      Dit bevestig haar afkeuring. √
          Sy probeer die sirkus afmaak as ŉ plek van euwel, waar rondlopers en
          kwaaddoeners vergader, maar dit dryf net meer mense soontoe. √                        (2)
15.7      Sy het na die sirkus gaan kyk √ en het hulle nie as fratse beskou nie. √
          Sy voel ongemaklik/bang om haar belangstelling in die sirkus met Miem te
          deel. √
          Sy haal haar nie Miem se gramskap op die hals nie./Miem se denke van
          haar bly hoog. √                                                                      (4)
15.8      Sy raak maklik geïntimideer./Sy kan nie maklik jok nie. √                             (1)
15.9      Huilwind word hoorbaar. √
          Wind dra by tot die skep van ŉ onheilspellende atmosfeer √                            (2)
15.10     Dit is die eksposisie. √
          Dit plaas die leser in die drama/maak hom deel daarvan, √ omdat jy kennis
          met die karakters, hul verhoudinge en die tyd en ruimte van die drama
          maak. √                                                                              (3)
                                                                                              [25]
                                                                 TOTAAL AFDELING C:             25
                                                                     GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans HL P2 June July 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-june-july-2015-memo/8da47c41-e534-4c6b-97f6-361042b9ed60) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015-memo/c6ff0cff-3a94-4378-9e0f-77cd7439d9c9) — Afrikaans HL · Memo · 2015 · Afr
- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2018/23f66bba-f237-4a7c-8261-e56864332257) — Afrikaans HL · Memo · 2018
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2014/d4d84046-ae19-4a6a-bd56-563c640d92c3) — Afrikaans HL · Memo · 2014

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
