# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                 SEPTEMBER 2016

              AFRIKAANS HUISTAAL V2
                  MEMORANDUM

PUNTE:   80

                Hierdie memorandum bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

2                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2016)

NASIENRIGLYNE

1.     As ’n kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die eerste
       antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en die
       kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
2.
       As ’n kandidaat in AFDELING A al vier vrae oor die gesiene gedigte beantwoord
       het, word die eerste twee gedigte se antwoorde nagesien.

3.     As ’n kandidaat in AFDELING B en C twee kontekstuele vrae of twee literêre
       opstelle beantwoord het, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in AFDELING B en C
       beantwoord het, word die eerste antwoord in elke afdeling nagesien mits een
       kontekstuele vraag en een opstelvraag beantwoord is.

4.     As ’n kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar die
       tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die tweede
       antwoord word geïgnoreer.

5.     As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
       memorandum nagesien.

6.     As ’n spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
       gemerk. As die spelfout nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie, word dit
       as korrek beskou.

7.     Literêre opstel
       As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die kandidaat nie gepenaliseer
       nie omdat hy/sy, hom-/haarself gepenaliseer het. As die opstel te lank is,
       assesseer dit op meriete en bespreek dit met die senior nasiener. Die
       memorandum is slegs ’n riglyn, daarom moet ander relevante inhoud as korrek
       beskou word. Gebruik die aangehegte rubrieke om die literêre opstelle na te sien.

8.     Kontekstuele vrae
       As ’n kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ’n vraag dit vereis nie, word die
       kandidaat nie gepenaliseer nie.

9.     Vir oop vrae word geen punte toegeken vir JA/NEE/EK STEM SAAM/EK STEM
       NIE SAAM NIE. Die rede/motivering moet oorweeg word.

10.    Geen punte word vir WAAR/ONWAAR of FEIT/MENING toegeken nie. Die
       rede/motivering/bewys verdien die punt.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     3

AFDELING A: GEDIGTE

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL – VROEGHERFS

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte ASSESSERINGSRUBRIEK
VIR LITERÊRE OPSTEL – HUISTAAL: POËSIE nagesien.

LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ŉ gepaste inleiding aan.

    Die drie prosesse wat in die oktaaf beskryf word, is die rypwordings-,
    stropings- en suiweringsproses, want die letterlike prosesse in die natuur
    word in die eerste gedeelte van die gedig uitgebeeld.
    Daar word om ’n suiweringsproses in gebedvorm in die sestet gesmeek,
    want die spreker bid dat sy/haar jeugjare so suiwer moet word soos ŉ pragtige
    herfsbeeld./Bv. ... laat hierdie dae heilig word ...
    Die gebed in die sestet handel oor die herskepping en suiwering van die
    menslike gees deur rypwording en stroping totdat net dit oorbly wat
    saakmaak./Bv. tot al die hoogheid eindelik vas en nakend uit my teerder jeug
    verskyn.
    Die spreker bid vir innerlike stroping en geestelike volwassewording sodat
    hy/sy as mens kan groei en ontwikkel./Bv. O Heer, laat hierdie dae heilig word
    ... laat alles val wat pronk en sieraad was.
    Die spreker bid dat hy/sy gestroop word van alle dinge in sy/haar lewe wat
    pronkerig en oppervlakkig is sodat hy/sy nie meer hierdie dinge as belangrik
    ag nie./Bv. ... en sieraad was of enkel jeug ...
    Die spreker smeek God dat Hy alle aspekte van die spreker se lewe wat
    nog nie pyn ken nie figuurlik moet stroop sodat die spreker met hierdie
    aspek gekonfronteer kan word vir verdere volwassewording./Bv. ... en vér was
    van pyn ...
    In reël 12 bid die spreker dan vir geestelike rypwording sodat hy/sy
    geestelike volwassewording kan bereik./Bv. laat ryp word, Heer ...
    Die suiweringsproses word verder gevoer in reël 12 met die windbeeld,
    want die spreker bid dat die Here deur middel van ‘wind’ / die heilige gees,
    verandering in die gees van die spreker kan bewerkstellig./Bv. laat U wind waai
    ...
    Die spreker eindig met ’n laaste sterk stropingsgedagte, want hy/sy wil hê
    dat hoogmoed en bravade van die jeug tot ŉ einde moet kom sodat net die
    mooiste, opregte deel van sy/haar menswees oorbly./Bv. laat stort my waan, tot
    al die hoogheid eindelik vas en nakend uit my teerder jeug verskyn.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.

                                                                                       [10]

                                        OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Een sprong vir ... – Joan Hambidge

Vraag                                  Antwoord                                          Punt
2.1     Dit verwys na Neil Armstrong se beroemde woorde toe hy die eerste man
        geword het wat op die maan geland het. √                                          (1)

2.2     Die ellips beklemtoon die sprong wat plaasvind./
        Die ellips laat die leser verder dink waarvoor ŉ sprong gemaak word./ √           (1)

        Die aandagstreep fokus die aandag op die antwoord wat die spreker in
        die volgende reël gee. √                                                          (1)

2.3     Dit impliseer dat die geliefde die spreker selfs meer as die ‘son en die
        maan’ – entoesiastiese beloftes – belowe het. √                                   (1)

        Hoe groter die belofte, hoe moeiliker is dit waarskynlik om oor die
        teleurstelling van verwerping te kom.                                             (1)

2.4     Dit beklemtoon vir die spreker die finaliteit van die beëindiging van die
        verhouding. √                                                                     (1)

2.5     Die slotstrofe lyk net soos die eerste strofe in vorm./
        Die inhoud in die slotstrofe eggo feitlik die inhoud van die eerste strofe. √     (1)

2.6     Die spreker sê hy/sy het sy/haar liggelowigheid verloor./
        Die spreker glo nie meer in die mites omtrent die liefde nie. √                   (1)

        Die spreker ontmasker die liefde en die geheimenisse daarvan stuk vir
        stuk in hierdie gedig.
        Die leser kry deur middel van ŉ ‘geheimskrif’ (die gedig) insae in die
        raaisels van verhoudings en die liefde. √√

        Die kandidaat bied enige TWEE soortgelyke antwoorde vir EEN punt elk
        aan.                                                                               (2)
                                                                                          [10]

                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      5

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Die huis luister – Daniel Hugo

Vraag    Antwoord                                                                       Punt
3.1      Die huis word as ŉ persoon beleef./
         Die leser besef onmiddellik die huis is lewend./
         Die huis word ŉ karakter in die gedig. √                                         (1)

         Die ui-assonansie (huis luister) beklemtoon die verband tussen die twee
         woorde./
         Om te luister is om te konsentreer op dit wat jy hoor./
         Die luisterproses is baie meer spesifiek as die hoorproses. √                    (1)

3.2      Stry oor nietighede/kleinighede. √                                               (1)

3.3      Die aanhoudendheid van die kibbel word beklemtoon./
         Die spreker beklemtoon dat daar oor meer as een ding/verskillende dinge
         gekibbel word./
         Die omvang van die probleem word beklemtoon./
         Die moedeloosheid/magteloosheid van die spreker (huis) word
         beklemtoon. √                                                                    (1)

3.4      Die fisiese/emosionele aftakeling word klankryk beskryf./
         Die leser beleef die fisiese/emosionele aftakeling ouditief. √                   (1)

3.5      Dit is ŉ hewige, maar kortstondige uitwerking van die hol woorde./
         Woorde maak seer./
         Die fisiese/emosionele aftakeling bereik ŉ hoogtepunt. √                         (1)

         Huisbewoners / gesinne maak mekaar seer met daaglikse struwelinge/ŉ
         gebrek aan respek./
         Dit is binne die gesinsverband dat ons sien hoe mense mekaar werklik
         kan seermaak. √                                                                  (1)

3.6      Die huis en die inwoners ly saam deur dit wat in die verlede gebeur het
         en gesê is./
         Hierdie aftakeling hoort nie in gesinne nie./
         Mense wil nie betrokke raak nie, daarom bly die hulpkrete ongehoord. √

         Die kandidaat bied enige soortgelyke antwoord vir EEN punt aan.                  (1)

         Dit hoort nie so te wees nie. √                                                  (1)
         Die hulpkrete word nie gehoor nie. √                                             (1)
                                                                                         [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

6                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                             (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

“last grave at Dimbaza” – Fanie Oliver

Vraag   Antwoord                                                                          Punt
4.1     Dimbaza is (20 km wes) van/naby King William’s Town in die Oos-Kaap
        geleë. √                                                                            (1)

        Die Britte het ŉ dokumentêre rolprent oor die lotgevalle van swart Suid-
        Afrikaanse kindertjies in Dimbaza gemaak. √                                         (1)

4.2     “last grave at Dimbaza”/ ”Beauty Douglas was born” (die Britse
        dokumentêre rolprent, Graves.)/
        Op ŉ wintersnag so all forlorn (die kersliedjie, Mary’s Boy Child.)/
        Wintersnag – die gedig (Winternag, deur Eugene Marais.)/
        Sterre se liggies (die Halleluja-liedjie, As Hy weer kom / In Mary’s Boy
        Child is daar ook die verwysing na die bright new star.)/
        dis lekker om ’n vader te is, te is (die studenteliedjie, Dis lekker om ŉ
        Matie te is, te is ...) √√√

        Die kandidaat haal enige DRIE voorbeelde vir EEN punt elk aan.                      (3)

4.3     Die man se vrou het aan ŉ dogtertjie geboorte geskenk./
        Die geboorte van die dogtertjie bring mee dat die man lobola gaan
        ontvang. √                                                                          (1)

4.4     Metafoor √                                                                          (1)

        Die pa se hart is bly en hy sê nou presies hoe hy in sy hart voel. √                (1)

4.5     Die verwysing na die spesifieke seël plaas die gedig in ŉ sekere tyd/era./
        Omdat vier sent toe baie geld was, besef die leser dat die pa baie betaal
        het en dus enigiets sou doen om die brief veilig by sy vrou uit te kry./
        Die baie geld wat die pa spandeer het, wys sy opregte liefde vir sy kind. √         (1)

4.6     Die gebroke rym sluit by die hartseer stemming aan./
        Die gebroke rym sluit aan by die gebrokenheid van die pa./
        Die gebroke rym ondersteun die gebrokenheid/hartseer in hierdie haglike
        omstandighede./
        Die eenvoud van die omstandighede word deur die gebroke rym
        beklemtoon. √                                                                       (1)
                                                                                           [10]

                                             EN

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      7

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Om groot te word – Maryke Heyns

Vraag   Antwoord                                                                       Punt
5.1     Die gebruik van die infinitief (om … te) beklemtoon dat die grootword-
        proses steeds aan die gang is./nie afgehandel is nie./besig is om te
        gebeur./die kind nog nie ŉ grootmens is nie. √                                   (1)

5.2     Kwatryn √                                                                        (1)

5.3     Waar en hoe die woord geplaas is, sluit aan by die betekenis van die
        woord, tussenin./Die woord staan in die middel van die versreël tussen
        versreël 1 en 3./Die woord rym met min. √                                        (1)

5.4     Personifikasie √                                                                 (1)

        Dit is volmaan. √                                                                (1)

5.5     Kom √                                                                            (1)

        Die spreker wil die leser aanmoedig om die mooi en die lekker in te lewe
        na te jaag/daaraan vas te hou eerder as om net van die negatiewe
        aspekte/hartseer van grootword bewus te wees. √                                  (1)

5.6     ŉ Tiener voel soms uit sy/haar plek./
        ŉ Tiener is ongemaklik in sy/haar vel./
        ŉ Tiener staan soms om die verkeerde redes uit./
        ŉ Tiener weet soms nie hoe om op te tree nie./
        ŉ Tiener doen/sê soms die verkeerde dinge./
        Negatiewe konnotasies word dikwels aan grootword gekoppel. √                     (1)

        Die kandidaat bied enige DRIE soortgelyke antwoord vir EEN punt elk aan.

        Nee, alhoewel ŉ tiener soms uit sy/haar plek voel, kan hy/sy nog altyd
        uitbundig en vrolik wees en daar waar hy/sy is, gelukkig wees.
        Nie alle tieners is geneig om die verkeerde dinge op die verkeerde tye te
        doen.

                                            OF

        Ja, ek voel baie uit my plek en is ongemaklik in my eie vel omdat ek nie
        altyd weet hoe om op te tree nie.
        Tieners is geneig om die verkeerde dinge op die verkeerde tye te doen. √√        (2)

        Die kandidaat bied enige TWEE redes vir EEN punt elk aan.
                                                                                        [10]

                                                           TOTAAL AFDELING A:            30

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

8                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING B

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: LITERÊRE OPSTEL – Die kwart-voor-sewe-lelie – Eleanor Baker

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste inleiding.

    Die atmosfeer in Iris se ouerhuis het nie juis haar begeerte om te blom
    aangemoedig nie, want Iris meen sy het op oorskietaandag geleef.
    Sy kon nie in haar ouerhuis volle potensiaal ontwikkel nie, want sy het ouers
    wat nie haar droom om ŉ groot oomblik te beleef, deel nie. Hulle is tevrede met ŉ
    gewone voorstedelike bestaan.
    Iris se susters staan in die pad van Iris se begeerte om te blom, want hulle
    lewe is altyd belangriker geag as Iris se vrae en onsekerhede.
    Iris se begeerte om te blom word onderdruk wanneer haar ouers en susters
    meen sy is te jonk om ŉ mening oor enigiets te hê.
    In Iris se ouerhuis word haar menswees eerder gekritiseer, want haar pa
    ondersteun nie haar keuses vir ŉ beroep nie en Elsa nie haar besluit om agter ŉ
    man aan oorsee te gaan nie.
    Johanna dra egter positief tot Iris se lewensbegeerte by, want sy ondersteun
    en gee raad en sê ook dat Iris vir hulle almal elke dag blom.
    In die tuin van haar ouerhuis beleef ons Iris as ŉ karakter wat gegroei het
    omdat sy in hierdie stadium van die roman besef het dat daar nie net een groot
    blomoomblik in ŉ mens se lewe is nie.
    Iris ervaar vrede en rustigheid oor die lewe in die tuin en wag op die kwart-
    voor-sewe-lelie om te blom, want sy besef sy is gelukkig en tevrede om elke dag
    ongesiens te blom.
    Die tuin van haar ouerhuis wys haar begeerte om die mense vir wie sy lief is
    by haar te hê wanneer sy die grootse magiese oomblik in die natuur gadeslaan.
    Iris besef in die tuin van haar ouerhuis dat dit net so magies is om ŉ gewone
    voorstedelike bestaan te voer soos dit is om die beste fantasie te beleef.
    Frankryk en New York bied aan Iris die grootste moontlikhede om haar een
    groot blomoomblik te beleef, want sy word raakgesien as model en word ŉ
    modelkontrak aangebied.
    Frankryk en New York bied ook aan Iris die geleentheid om haarself en die
    wêreld beter te leer ken en te verstaan en die dinge wat sy hier beleef, help
    haar besef wat sy uit die lewe wil hê.
    Frankryk en New York is die ruimte waar Iris besef dat haar lewensfilosofie
    ander mense beïnvloed, want Peter sê duidelik dat hy nie met haar begeerte om
    te blom saamstem nie.
    In New York kom Iris tot die grootste besluit in haar lewe te staan, want sy is
    onseker of sy hierdie groot modelblomgeleentheid moet aanvaar en of sy eerder ŉ
    lewe saam met Peter moet kies.
    New York help Iris om tot die besef te kom dat die lewe nie ŉ fantasie is nie
    en dat sy nie op die een blomgeleentheid moet wag nie, want Billy luister na
    haar en gee raad oor dinge waaroor sy innerlike konflik beleef.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       9

      Vermont laat Iris besef dat sy die gesinsopset geniet, want sy hou
      daarvan om die vrou- en ma-rol in te neem en besef dat sy in ŉ groot mate
      blom as sy vir ander iets beteken.
      Vermont bied aan Iris die geleentheid om haar verhouding met Peter
      te versterk en sy blom wanneer hul liefde ŉ al groter werklikheid word.
      Die Engel bring Iris in Vermont tot nuwe insigte oor die lewe en Iris
      besef dat sy verantwoordelik is vir haar eie geluk/dat die lewe nie net een
      groot blomoomblik gaan oplewer nie.
      In Vermont kies Iris dus om die werklikheid te aanvaar en in ŉ groot
      mate dus afstand te doen van haar lewensbegeerte om te wil blom.
      Iris dink aanvanklik haar werk as tandartsassistent kan bydra tot haar
      lewens-begeerte, want haar werk sal nie met haar fantasie inmeng nie en
      sy kan leef soos sy wil leef en sy sal gelukkig wees.
      Dis duidelik dat haar werkruimte egter min ondersteuning bied aan
      haar begeerte om iets groots te beleef, want die werk het nie juis enige
      uitdagings aan haar gestel nie.
      Iris kry tog in haar werkruimte die geleentheid om te blom toe
      Frederik haar vra om te trou, maar sy het die kans op so ŉ blomoomblik
      van die hand gewys.

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste slot.                                                  [25]

                                        OF

VRAAG 7:       KONTEKSTUELE VRAAG – Die kwart-voor-sewe-lelie –
               Eleanor Baker

Vraag      Antwoord                                                                   Punt
7.1        Iris bevind haar in ’n hotelkamer in New York, Amerika. √                   (1)

7.2        Verbeeldingrykheid/fantasie √                                                (1)

           Iris se verbeeldingrykheid/fantasie help haar om die werklikheid/lewe
           draagliker/meer aanvaarbaar te maak. √                                       (1)

7.3        Joe √                                                                        (1)

           Iris glo dat sy net een keer in haar lewe gaan blom./net een kans
           gaan kry om ware sukses/geluk te ervaar. √                                   (1)

           Joe bied vir Iris ŉ modelkontrak aan en dit kan dalk net die kans
           wees waarop Iris gewag het./kan haar blomoomblik wees. √                     (1)

7.4        Die verteller bou spanning/afwagting.
           Die verteller wys hoe Iris op Peter se bytende opmerking reageer. √          (1)

7.5        Sarkasme √                                                                   (1)

           Peter is ontevrede met Iris se lewensfilosofie/dat Iris so vashou aan
           die gedagte dat sy net een kans het om te blom/om geluk te ervaar. √         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

10                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2016)

7.6      Ja.
         Peter is oorsee kort nadat hy en Iris ontmoet het daarom was daar
         nie juis baie tyd dat hul mekaar behoorlik kon leer ken nie. √                (1)

         Iris en Peter se ontmoeting was maar net ŉ seksuele ervaring./
         Iris en Peter se gesprek toe hy die aand by Iris se huis kom kuier het,
         was oor alledaagse/oppervlakkige dinge./ Iris en Peter het nie
         gereeld kontak nie./
         Iris en Peter kommunikeer deur middel van telegramme. √√                      (2)

         Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

7.7      Dit is ŉ maklike/toevallige/ongemotiveerde oplossing vir ŉ moeilike
         situasie. √                                                                   (1)

         Net voor Iris voor die fisiese versoeking swig, lui die telefoon en is die
         probleem (dis ŉ probleem omdat hulle mekaar nie goed ken nie)
         tydelik opgelos. √                                                            (1)

7.8      Iris het ŉ huweliksaansoek van Frederik ontvang. √                            (1)

7.9      Uiterlike konflik √                                                           (1)

         Hannes/Iris se swaer/Elsa se man √                                            (1)

7.10     Hulle bly albei stil om konfrontasie/die waarheid/ongemaklike
         situasies te vermy. √                                                         (1)

7.11     Ja.
         Baie mense hunker na ŉ groot oomblik in hul lewe. √                           (1)

         Ek het geleer dat ŉ mens nie na een groot oomblik moet hunker nie,
         maar die hier en die nou moet geniet./Ek het geleer dat die hele lewe
         ŉ blomgeleentheid is./
         Ek het geleer dat die realiteit van ŉ geroetineerde voorstedelike
         bestaan net so magies soos die beste fantasie kan wees. √√                    (2)

         Die kandidaat noem enige TWEE lesse, wat met die hooftema
         verband hou, wat hy/sy geleer het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     11

7.12      Iris leef aanvanklik in haar fantasiewêreld/skram weg van die
          werklikheid, maar aan die einde van die verhaal is sy tevrede met ŉ
          geroetineerde voorstedelike bestaan en getroude lewe. √                    (1)

          Iris se ma wil nie saam met haar man plaas toe trek nie, maar aan
          die einde van die verhaal gee sy haar onafhanklikheid op en trek
          plaas toe. √                                                               (1)

          Elsa is aanvanklik hiperprakties en beplan alles, maar aan die einde
          van die verhaal is haar huis ook deurmekaar/sy verslap haar
          hiperpraktiese ingesteldheid/strewe om als perfek te doen. √               (1)

          Kara sê aanvanklik sy gaan nooit trou nie/nooit kinders hê nie, maar
          sy trou tog later /sy en Claude kry ŉ seuntjie, Michel. √                  (1)

          Beide kante van die ironie moet genoem word.
                                                                                    [25]

                                      OF

VRAAG 8:      LITERÊRE OPSTEL – Manaka plek van die horings – Pieter
              Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE
NASIEN VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste inleiding.

   Baas het ’n besondere kennis van die bos en die bome en die veld word
   in liefdevolle, ingeligte detail deur sy oë beleef.
   Baas het ook ’n verstommende kennis van al die bewoners in die bos
   en met die grootste agting word vlakvarke, olifante, koedoes,
   blouwildebeeste en sebras – waargeneem en deur Baas se oë beskryf.
   Baas is in ’n groot mate afhanklik van die natuur om te oorleef, want
   hy is uitgelewer aan die natuurelemente om sy dag tot dag bestaan te voer.
   Hy vertoon die mag van die mens oor die dier deur die diere van die
   omgewing te jag.
   Toe Baas se oupagrootjie tydens ŉ jagtog oorlede is, besef hy die
   natuur kan ongenaakbaar wees en besef sy nietigheid.
   Baas moet sy kamp beveilig teen die krokodille en seekoeie, want hy
   besef die natuur maak ŉ man weerloos.

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

12                         AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2016)

   Die natuur lewer verrassings op toe ’n trop olifante Manaka besoek en
   die mens se weerloosheid verder beklemtoon.
   Die mens is totaal aan die genade van die natuur uitgelewer, want toe
   iemand die toue wat die Zambezi Grace vasgebind het en lossny, dryf die
   boot rivier-af.
   Baas se respek vir die natuur word eerstens duidelik deur die hegte
   band tussen hom en sy honde, want hy het sy honde liewer as enigiets
   anders.
   Sy verhouding met sy diere is besonder heg, want Baas gee
   toestemming dat die sendelinge vir nog een nag in sy hut kan slaap,
   aangesien hy by die honde in die kombuis sal slaap.
   Baas betoon respek teenoor die natuur deur sy houding teenoor
   Morena, die groot buffelbul, selfs al skiet Baas hom uiteindelik.
   Baas is van kleins af lief vir die natuur, roei gereeld op die Ebenezer-
   dam, en hou van jag.
   Hy leef sy ‘baasskap’ oor die natuur uit, maar voor die khuta en die
   Lozi-mense moet hy egter juis bewys dat hy hulle nie wil domineer nie.
   Baas glo in die instandhouding van die natuur en gee die bougainvillea
   wat sy oupagrootjie geplant het, water.
   Baas se honde is ook uitgelewer aan ander elemente, want voordat
   Baas ’n groot vlakvark kan skiet, val dit een van sy honde, Longwane, aan.
   Baas betoon respek aan alle diere, want toe een van die honde, Briekwa,
   vrek, het Baas hom met behulp van Sitali begrawe.
   Die natuur bied aan Baas soete herinneringe, want toe hy die kremetart
   met sy oupagrootjie se naam op kry, kerf hy sy naam daaronder uit.
   Baas se begrip vir die natuur laat hom nugter optree, want Baas
   agtervolg ’n trop buffels met die doel om Morena te skiet.
   Baas maak seker dat die orde in die natuur herstel word, want nadat hy
   vir Brindle begrawe het, volg hy die groot buffel se spoor verder en skiet
   hom uiteindelik dood.
   Die verhouding tussen mens en dier word verder beklemtoon toe Baas
   die buffel aan Johnnie as losprys vir sy vrou en kind gee.

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste slot.                                            [25]

                                    OF

 Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

VRAAG 9:       KONTEKSTUELE VRAAG – Manaka plek van die Horings –
               Pieter Pieterse

Vraag                                  Antwoord                                        Punt
9.1     Mark is die eienaar van Zambezi Buffalo Transport. √                            (1)

        Hy gee vir Baas werk as bootsman op die Zambezi Joy./
        Baas koop by hom die Zambezi Joy. √√                                             (2)

9.2     Die bougainvillea verwys na die herlewing/Christelike meelewing wat op
        Manaka plaasgevind het./Die beeld sluit aan by Baas se groei in sy
        selfondersoek./Iets wat dood was, word lewend. √                                 (1)

        Die dooie stomp verander na blaar- en blombotsels √ en dan na trosse
        pers blomme. √                                                                   (2)

9.3     Baas lees nie meer Bybel na die bosoorlog/dood van sy ouers nie. √               (1)

        Sy kennismaking met Grace konfronteer hom met Christenskap./
        Baas se kontak met Grace en haar ouma – die Profeet van die Bybel – en
        die sendelinge wat hul intrek op Manaka neem, help dat hy meer
        gekonfronteer word met Christenskap./
        Sy optrede bewys aan Grace en Ouma Essie dat hy in wese ŉ Christen is.
        √√                                                                               (2)

        Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde aan vir EEN punt elk.

        Die sendelinge, Grace, ouma Essie, meneer Jos en meneer Whitey het
        elkeen op een of ander manier meegewerk om weer vir Baas sekerheid te
        gee oor sy wese as mens/sy verbintenis met God./
        Hy kry ŉ antwoord op wat van jou ŉ Christen maak. √                              (1)

        Oorweeg ook ander opsies wat binne konteks korrek is.

9.4     Personifikasie √                                                                 (1)

9.5     Derdepersoonsverteller √                                                         (1)

9.6     Hy doen meestal sy eie ding./Hy verkies dit om smiddae saam met sy pa
        deur te bring eerder as met vriende./Hy keer net met sy honde terug plaas
        toe na sy ouers se dood./ Skoolvakansies roei hy alleen op die
        Ebenezerdam en Bo-Letabarivier./Hy oorweeg dit om skoolmaats op te
        soek, maar doen dit nie./Hy en sy hond slaap alleen in ŉ plantasie by ŉ
        vuurtjie./Hy besef dat ŉ mens familie ontgroei./ Hy was altyd voor die ander
        uit op die spoor van ŉ bosvark./Hy raak gou verveeld met sy werk by die
        saagmeule omdat hy nie van roetine hou nie./Hy jag alleen saam met sy
        hond, Brindle./Hy besluit ŉ mens ontgroei jou skoolvriende./Hy reis
        alleen./Hy het sy eie idee van hoe toeriste Afrika behoort te beleef. √√√        (3)

        Die kandidaat bied enige DRIE antwoorde vir EEN punt elk aan.

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                         AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2016)

9.7        Lady is vernoem na sy ma./kom ŉ langer pad saam met Baas./het saam
           met hom op Manaka aangekom. √                                                 (1)

9.8        Brindle dien as herinnering aan Baas se verbintenis met die verlede./
           Brindle versterk die parallel tussen die huidige Baas en die eerste Baas./
           Brindle se toegewydheid aan Baas vorm ŉ parallel met Baas se verbintenis
           daartoe om sy droom van ŉ boot op die Zambezi te verwesenlik./
           Brindle se dood beteken ŉ nuwe fase in Baas se lewe. √                        (1)

           Lady sluit aan by die rol van Baas se herkoms in sy lewe. √                   (1)

9.9        Ouma Essie beskou haarself as die oudste lid van die gemeente (van
           Manaka Evangelical Mission)./
           Sy meen sy is deur die Here uitverkies om Sy wil bekend te maak. √            (1)

           Sy raak verteenwoordigend van die goeie/Christenskap/die gewete van
           ander mense. √                                                                (1)

9.10       Uiterlike konflik √                                                           (1)

           Ouma Essie is woedend oor sy ingesteldheid/benadering jeens
           godsdiens./dat hy as toordokter valse waarhede verkondig. √                   (1)

9.11       Die verteller skep spanning/afwagting. √                                      (1)

9.12       Die Lozi-mense is baie bang vir hom. √                                         (1)
           Hy brand uiteindelik die kerk af. √                                            (1)
                                                                                         [25]

VRAAG 10: LITERÊRE OPSTEL – Vatmaar – AHM Scholtz

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat verskaf ŉ gepaste inleiding.

      Ma Khumalo word ’n moeder vir Borman (Norman), ’n blanke seun wat deur
      sy eie mense verstoot word na sy ma se dood in ’n konsentrasiekamp.
      Alles wat sy het, deel sy met hom terwyl sy hom gesond dokter.
      Sy eie mense het vir hom gesê: “Voetsek, gaan weg!”, terwyl hierdie swart
      vrou dit geen moeite geag het om aan hom liefde te gee nie.
      Ma Khumalo bied aan Borman ’n oorbegin, want sy identiteitsverandering
      begin met die verandering van sy naam; dit is asof hy by Ma Khumalo ŉ
      wedergeboorte ondergaan, met nuwe waardes en gesindhede.

      Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2016)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   15

   Ma Khumalo glo ook nie in die onderskeid tussen kleur nie, want sy het gesê
   Norman is wit en sy is swart – en saam maak hulle Coloured.
   Ook Miriam Mohammed, hernoem Mary, vind by Ma Khumalo ’n heenkome
   toe sy deur haar ouers verjaag word na haar ongehude swangerskap.
   Ma Khumalo verpleeg die gebroke meisie totdat sy weer na siel en liggaam
   geheel is en haar baba gebore word. As huldeblyk aan die ouer vrou laat sy haar
   seun Lukas Khumalo doop en bekeer sy haar tot die Christelike geloof.
   Oupa/George Lewies verbreek bestaande konvensies met sy liefde vir ’n
   swart vrou; Suzan, want hy het nie omgegee om sy passievolle liefde vir haar te
   wys nie.
   Oupa Lewies en Oom Chai omhels mekaar toe Oupa Lewies sy vrou verloor
   het en huil saam – ondanks die feit dat die een blank is en die ander “gekleurd”,
   die een Engels en die ander Afrikaans, is hulle ’n “tweeling” wat oor alles
   saamvoel.
   Oupa Lewies het baie respek vir Ruth en haar familie en daarom besluit hy, hy
   wil ’n rein lewe leef en nie sommer saam met haar woon nie.
   Oupa Lewies het in so ’n mate liefde oor die grense heen uitgeleef dat Oom
   Chai by Oupa Lewies se begrafnis gesê het hy is “meer swart as wit”.
   Teenoor Oupa Lewies met sy liefde vir sy swart vrou, is daar Lewies se seun
   Tommy, wat Nellie Ndola seksueel misbruik en dan verstoot omdat hy dink dat
   sy benede hom is as gevolg van haar donker kleur.
   Tommy tree onmenslik teenoor Nellie op en toe sy swanger raak bedink hy ’n
   plan om haar met haar neef, Lucas, te laat trou.
   Met die een wat Tommy verag, gaan hy oor in aardse genot, want hy glo hy is
   beter en kan beheer uitoefen oor wie ookal hy wil.
   Die ironie in Tommy se onmenslike optrede teenoor Nellie, is dat hy in andere
   se oë ’n frats is, en Piet de Bruin verwys spottend na hom as ’n halfnaatjie.
   Dit is ironies dat Tommy, wie se ouers so ’n idilliese huwelikslewe gehad het,
   geen respek vir ŉ vrou toon nie, want die voorbeeld wat hy gehad het, het tog
   baie anders gespreek.
   Mevrou Bosman is uiters rassisties en hou nie daarvan dat Kennie haar as
   “Mevrou” aanspreek nie/hou nie daarvan dat haar kinders hulle arms om Kaatjie se
   nek sit nie.
   Sy betoon geen menslikheid aan ander rasse nie en noem Kennie “daai hotnot”.
   Mevrou Bosman se snobisme is duidelik wanneer Kaatjie by die kerk die kar se
   deure vir haar en haar kinders moet oopmaak, net ter wille van die status daarvan.
   Sy tree onregverdig teenoor Kaatjie op en laat haar slegs in die huis toe om die
   kinders te bad.
   Sy is geweteloos as sy lag toe sy vir Kenneth oor die telefoon sê dat Kaatjie haar
   werk net so gelos het.
   Mevrou Bosman het geen respek vir mense oor die grens heen nie en laat
   Kaatjie in die tronk beland. Kaatjie se gesondheid gaan agteruit en sy sterf by die
   geboorte van haar seun.
   Mevrou Bosman was indirek verantwoordelik vir haar dood, want Kaatjie het
   gesterf weens ontberinge en ’n gebroke hart omdat sy Kenneth se briewe van haar
   weerhou het.

Die kandidaat bied ŉ gepaste slot aan.                                                   [25]

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 16

16                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/SEPTEMBER 2016)

                                         OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG – Vatmaar – AHM Scholtz

Vraag Antwoord                                                                            Punt
11.1  Tant Wonnie is by die magistraatskantoor om ŉ huweliksertifikaat te
      kry./omdat sy vir weduweepensioen kwalifiseer. √                                      (1)

11.2    Derdepersoonsverteller √                                                            (1)

        Die verteller lig die leser omtrent die handeling/intrige/agtergrond in./ Die
        verteller skep afwagting. √                                                         (1)

11.3    Hy is ’n (wit) Duitser van Namibië. √                                               (1)

        Hy is ŉ arbeider van beroep. √                                                      (1)

        Hy was sober./sosiaal./ongelowig. √√                                                (2)

11.4    (On)geletterdheid √                                                                 (1)

        Die meeste mense van Vatmaar kan nie lees of skryf nie./ Hulle moet vir
        Paul Cloete kry om die kerk se brief aan die mense te kom voorlees./ Paul
        Cloete moes die kerk se brief meer as een keer lees sodat die mense dit
        kon verstaan./ Baie mense is afhanklik van Devi vir die hantering van hulle
        geld./ Ruth en haar oom moes kruisies maak tydens haar troue./ Die ouers
                                                                                            (2)
        is in hierdie verhaal skaam omdat hulle ongeletterd is./ Luitenant Bib White
        moes die situasie op die oorlogsfront so manipuleer dat Norman en
        Heinrich nie geskei word nie, want hy het Norman beveel om niemand te
        laat agterkom dat Heinrich nie kon lees en skryf nie./ Hienrich kon nie ŉ
        hoër rang beklee nie weens sy ongeletterdheid. √√

        Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

11.5    Hoflikheid/sjarme/afgerondheid/vriendelikheid/medemenslikheid √                     (1)

        Ja.
        Die ander inwoners misbruik Tant Wonnie se goedheid/buit Tant Wonnie
        se goedheid uit/tree nie so vriendelik en hoflik teenoor haar op nie. √             (1)

11.6    In hierdie boek word aangeteken vir hoeveel krediet/skuld die inwoners
        kwalifiseer./Skuldboek. √                                                           (1)

11.7    Die dominee se vrou (me. Pienaar) help Tant Wonnie met haar aankope/
        aanpassery by die klerewinkel./
        Sy neem Tant Wonnie na haar huis toe vir ŉ warm bad./
        Me. Pienaar koop vir Tant Wonnie ŉ kam-en-borsel-stel./
        Sy gee vir Tant Wonnie ŉ spieël geskenk. √√                                         (2)

 Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2016)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       17

11.8     Liefde/hartseer/respek/dankbaarheid/emosioneel √                               (1)

11.9     In albei gedeeltes betoon die karakters respek aan haar. √                     (1)

11.10    Sy het baie op aarde gedoen./Sy het haar lewe voluit geleef./Sy was
         diensbaar./Sy het haar aardse plig nagekom. √                                  (1)

         Sy is gelowig/godsdienstig. √                                                  (1)

         Die kandidaat mag nie direk aanhaal nie, maar moet karaktereienskappe
         aflei.

11.11    Op pad terug van die begraafplaas af, het Heinrich sy eerste woorde
         gesê./skielik vir Suzan “Ma-Ma” en vir Kenny “Pa-Pa” genoem. √                 (1)

         Hierdie oomblik dwing Kenny om na Suzan te loop en hul het mekaar
         omhels./mekaar gesoen. √                                                       (1)

         Hierdie oomblik laat Suzan en Kenny se liefde vir mekaar na vore kom./
         Suzan huil nou die eerste keer na Tant Wonnie se dood./ Kenny huil toe
         hy Suzan se hartseer aanskou./Toe hul mekaar vashou, het die trane
         van verdriet trane van blydskap/vreugde geword. √                              (1)

11.12    Tant Wonnie is gedwing om haar groot huis te verkoop en in ’n
         agterkamer te bly./Tant Wonnie ervaar intense hartseer omdat haar
         lewensmaat, Heinrich, in die oorlog sterf./ses van haar kinders in die
         Groot Griep sterf./
         Settie September se valslike beskuldiging van Tant Wonnie het
         veroorsaak dat sy vir altyd die goedgunstigheid van die Vatmaar-
         gemeenskap verloor./Tant Wonnie verloor haar werk by die De Bruyns./
         Tant Wonnie verloor weer na alles, want met haar terugkoms is haar
         kamer geplunder en haar besittings gesteel./Tant Wonnie verloor haar
         sewende kind as gevolg van Mevrou Bosman se verkeerde vermoede
         dat haar man verantwoordelik is vir Kaatjie se swangerskap./Tant
         Wonnie was gebroke oor Norman se dood. √√√                                     (3)

         Die kandidaat bied enige DRIE aanvaarbare voorbeelde uit die roman vir
         EEN punt elk aan.

                                                                                       [25]

                                                         TOTAAL AFDELING B:             25

  Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

18                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 12:      LITERÊRE OPSTEL – Die Krismis van Map Jacobs – Adam
               Small

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.

Die kandidaat bied ’n gepaste inleiding aan.

     Ons ontmoet Antie Grootmeisie as ’n gebroke vrou, want haar seun was
     verantwoordelik vir die dood van sy vriend en indirek ook haar dogter. Hy
     het haar in hierdie neerdrukkende omstandighede waarin sy haar bevind,
     deur sy optrede, gedwing.
     Antie Grootmeisie probeer in die tronk moedig na Apostel George
     luister, maar vind dit moeilik om te kommunikeer en te sê dat sy Map
     vergewe.
     Dit is duidelik dat sy lief is vir Map, want sy besoek hom in die tronk en
     versaak hom nie, al het hy haar teleurgestel.
     Sy kan hom egter nie vergewe vir wat hy gedoen het nie, want die seer
     is nog te rou. Antie Grootmeisie se verlies is groter as haar vermoë om Map
     nou reeds te vergewe.
     Antie Grootmeisie luister aandagtig na Map se skuldbelydenis in die
     tronk, maar totale verandering het nog nie in haar karakter plaasgevind nie.
     Innerlike konflik staan in haar pad tot heelwording.
     Aan die einde van die roman val Map in boetedoening voor haar neer
     en ons sien dat sy Map eindelik vergewe. Groei het dus plaasgevind en
     vergifnis het ingetree.
     Toe Antie Grootmeisie aan die einde van die drama weer praat, was dit
     ’n duidelike bewys dat sy kon groei om vergifnis in haar hart vir haar seun te
     vind.
     Antie Grootmeisie is ook eindelik vry van die hartseer verlede toe sy dit
     regkry om te kommunikeer.
     Cavernelis werk hard en skeep sy vrou af, maar hy glo dis vir ’n groter
     plan – om uit die township te kom.
     Hy laat toe dat sy dogter, Blanchie, by die Lonely Hearts werk, wat op ’n
     swak karakter dui. Hy sal tot uiterstes gaan in sy pogings om ’n beter lewe
     te verseker.
     Caverelis se obsessie om uit die township te kom, vervreem hom van
     ander mense en daarom is persoonlike groei nie baie moontlik nie. Hy bly
     ’n buitestaander met wie die leeglêers skoorsoek.
     Hy is ’n alleenstaander wat nie in die gemeenskap inpas nie en sosiale
     groei vind nie plaas nie. Sy beroep en besluite vervreem hom van die
     mense van die Kaapse Vlakte.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      19

        Toe hy eindelik besef dat hy sy vrou en dogter seergemaak het, was
        dit vir hom ’n ontnugterende ervaring, want hy het kontak met die
        werklikheid verloor.
        In plaas van positiewe verandering, pleeg hy selfmoord toe hy besef
        dat sy kans op uitkoms min is. Cavernelis gee dus moed op en kies ’n
        ander uitweg toe hy besef sy drome gaan nie waar word nie.
        Dis hartseer dat Cavernelis se karakter nie positief gegroei het nie,
        want sy bedoeling om sy gesin uit die township te kry, was goed en
        positief.
        Cavernelis mag gedink het dat hy ontsnap van sy omstandighede,
        maar hy is nooit vry van die ellende van die Kaapse Vlakte nie. Hy is nou
        vir altyd ’n gevangene van hierdie haglike omstandighede.
        Cavernelis word eerder as ’n tragiese figuur gesien wat nou sy familie
        met meer emosionele letsels en probleme agterlaat, want sy selfmoord hou
        verreikende gevolge vir sy gesin in.
        Cyril en Richie aanvaar hul omstandighede amper gelate en toon geen
        behoefte aan persoonlike groei nie.
        Hulle is tevrede om maar net kerrim te speel en die gemeenskap te
        bespreek eerder as om hulself op te hef.
        Toe La Guma vir hulle sê dat hulle hulle moet skaam dat hul so leeglê,
        het hul hom gevloek en gedink hy is beter as hulle.
        Aan die einde van die verhaal is hulle eintlik presies dieselfde en raak
        dus verteenwoordigend van die massa wat daagliks geen poging aanwend
        om hul uit hul omstandighede te lig nie.

Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.                                                   [25]

                                         OF

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG –                   Die Krismis van Map Jacobs –
          Adam Small

Vraag     Antwoord
13.1      In hierdie drama sien ons ŉ oordrewe uitbeelding van La Guma deur die
          oorbeklemtoning van sy kenmerke om die spot te dryf. √                          (1)

          La Guma se beheptheid met fiksheid √ en politiek √ dra hiertoe by.              (2)

13.2      Hy is humoristies/snaaks. √                                                     (1)

13.3      Hulle hou nie van La Guma nie. √                                                (1)

          Die fokus is hier op houding; nie bloot “hulle wil nie met hom praat nie.” /
          “Hulle is onvriendelik nie.”

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

20                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                           (EC/SEPTEMBER 2016)

13.4     Dit is ŉ spel wat ŉ ooreenkoms toon met vingerbord waar ŉ stok gebruik
         word om skyfies in gate te skiet. √                                            (1)

         Die rondstoot van die kerrimskyfies raak simbolies van die rondskuif van
         die bruin gemeenskap van plekke soos Distrik 6 tot op die Kaapse
         Vlakte./Die gedwonge verskuiwings van die bruin gemeenskap. √                  (1)

         Cyril en Richie kerm/kla/praat baie oor Map se vrylating/ander inwoners
         soos Cavernelis/La Guma/hul lot/omstandighede/onregverdigheid. √               (1)

13.5     La Guma aarsel./is ongemaklik./wil nie te bombasties oorkom nie./
         Dit dui op ŉ dramatiese stilte/pouse./
         Die stilte ondersteun La Guma se sarkastiese toon. √                           (1)

13.6     Toneelaanwysing/neweteks √                                                     (1)

         Tommy is eintlik ŉ baie gemoedelike/rustige/vredeliewende soort
         ou./Tommy is nie humeurig nie/word nie gou kwaad nie. √                        (1)

13.7     Apartheid / Gedwonge verskuiwing van die bruinmense. √                         (1)

         Dit is as gevolg van die apartheidswette/regering/bestel dat mense
         vasgevang is in ŉ uitsiglose bestaan sonder ŉ uitkomkans. √                    (1)

         Reël 26–27 impliseer dat niemand ŉ uitkomkans het nie. Hulle sal nooit
         uit hierdie uitsiglose bestaan kan ontsnap nie./Hulle sal altyd vasgevang
         wees in ŉ metaforiese tronk/die Kaapse Vlakte. √                               (1)

         La Guma meen in reël 26–27 die kleurlingmense doen nie genoeg om
         hul omstandighede self te wil probeer verbeter nie./Die kleurlingmense
         aanvaar hul lot gelate./Die kleurlingmense staan nie sterk genoeg op
         teen die onregverdigheid nie. √                                                (1)

13.8     Daar heers in albei tekste spanning/afwagting/wroeging/ongelukkigheid/
         negatiwiteit. √√                                                               (2)

         Die kandidaat bied enige TWEE antwoorde vir EEN punt elk aan.

  Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2016)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      21

13.9     Map is hier die onskuldige/opregte/ware mens./Map het verander en is
         weer goed./Blanchie het hom altyd Johnnie genoem./Blanchie is lief is
         vir hom./Blanchie ken Map se mooi, onskuldige kant. √                          (1)

         Ja.
         In hierdie gedeelte is sy opreg./rein./tree sy behoorlik/reg op.
         In hierdie gedeelte sien ons mooi eienskappe soos liefde en omgee in
         Blanchie.

                                            OF

         Nee.
         Blanchie praat lelik met Map./Blanchie sê sy is sleg./Dit maak nie saak
         wat sy nou doen/sê nie; sy is nie meer wit/rein nie. √                         (1)

13.10    Blanchie se spanning bereik ŉ hoogtepunt./Blanchie gee haar totaal en
         al oor aan Map se liefde en ondersteuning./Blanchie laat Map toe om
         haar emosioneel te ondersteun./Blanchie baklei nie meer met Map
         nie/maak ŉ einde aan haar worsteling/raak rustig by Map/kom tot
         bedaring/kom tot rus/besef sy kan nie alleen iets verder aan die situasie
         doen nie. √                                                                    (1)

         Blanchie se optrede is geregverdig, want sy is lief vir Map./sy erken dat
         hy haar emosioneel kan/wil ondersteun./Sy was werklik histeries./
         Die spanningslyn het werklik die krisisoomblik bereik. √                       (1)

13.11    Die verteller bou spanning./gebruik die uitsteltegniek. √                      (1)

13.12    Blanchie het as prostituut by wit mans betrokke geraak. √                      (1)

         Map het na die verkragting van sy suster en ma vir Ivan Philander met ŉ
         mes doodgesteek en is tronk toe. √                                             (1)

         Ja.
         Hul albei het hul waardes oorboord gegooi en is toe betrek by
         onbehoorlike/afgryslike dinge.

                                            OF

         Nee
         Die politiek van die dag/hul maatskaplike uitdagings/baie ander sosiale
         probleme het hul in hierdie onbehoorlike gedrag laat beland./Hul het nie
         eintlik ŉ keuse gehad nie, want die omstandighede waarin hul lewe, het
         veroorsaak dat hul by slegte dinge betrokke geraak het. √                      (1)

  Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 22

22                          AFRIKAANS HUISTAAL V2                          (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 14: LITERÊRE OPSTEL – Mis – Reza de Wet

Die kandidaat verskaf ’n gepaste inleiding.

   Die Konstabel kan in verband gebring word met transformasie, want hy
   transformeer tot iets en iemand anders nadat hy voorgegee het om iets te wees
   wat hy nie is nie.
   As hy die verandering ondergaan, is hy kaal bolyf met die polisie-uniform
   se baadjie onderstebo sodat hy ’n hofnar of pierrot (Franse narfiguur) word.
   Saam met die nuwe kostuum word hy ook siende. Hy haal nie ’n ander
   baadjie uit nie, maar dit is dieselfde baadjie wat net omgedop word.
   Die Konstabel word ook deel van die geheimsinnige wêreld wanneer hy
   transformeer, op grond van sy blindheid, donkerbril, sy vertelling van die
   sonsverduistering en sy skielike sig na 12:00.
   Konstabel bring ’n innerlike verandering/ommekeer/transformasie in
   ander karakters. In hul wêreld van vrees, bring hy bevryding.
   Konstabel dring deur tot die karakters wêrelde om hul te transformeer,
   want dis ’n wêreld waarvan hulle nie eens bewus is nie; vir hulle is dit normaal.
   In Meisie en Gertie se lewe bring hy lig en lewe.
   Die konstabel se verhale word deur sy transformasie ten slotte in ŉ ander
   lig gestel en sy manipulasiespel het ten doel om Gertie en Meisie se
   onderbewussyn te prikkel en hulle tot transformasie/verandering te lei.
   Die transformasie van die konstabel tot nar kan as die klimaks van die
   drama beskou word, want die leser se vrae oor hierdie vreemde karakter is
   beantwoord.
   Die konstabel is in sy transformasie as nar die bevrydingsfiguur wat in sy
   vermomming as ’n konstabel die beswerende mag binnedring en oorwin.
   Gertie toon potensiaal om te verander, te transformeer, as sy die
   polisieman se tante begin naboots, maar dié proses word onderbreek en sy
   “krimp” weer terug tot haar oujongnooigestalte as sy van buite af terugkom.
   ’n Mate van bevryding geskied by Gertie as sy meegevoer word deur die
   Konstabel se vertelling van sy tant Hannie, want sy vereenselwig haar met
   Hannie, en begin dans en ontklee in ’n poging tot seksuele bevryding en
   vervulling.
   Haar transformasie na Hannie staan is ’n teken van tydelike bevryding en
   ’n gedeeltelike transformasie, maar dan skrik sy terug en vlug.
   Die transformasie van die konstabel tot magiese towerfiguur gee
   aanleiding tot Meisie se rituele dans wat haar oorgawe en veranderende
   optrede wys.
   Die wegdans van Meisie kan as die omkering van haar huislike situasie
   beskou word.
   Meisie hunker na ’n meer permanente bevryding en sy word getransformeer
   om bevry te word van die bande van haar ma.
   Sy ervaar bevryding/transformasie in die wit aannemingsrok wat ’n
   simbool is van onskuld en reinheid, asook ’n simbool van die rein bruid en
   moontlike vrugbaarheid.
   Ons leer haar ken as ’n onderdanige dogter, maar uit hierdie beeld
   transformeer sy uiteindelik tot ’n bevryde vrou.
   Meisie is ’n skakel tussen twee wêrelde: die slegruikende mis en die
   betowerende magiese en sy bereik haar volheid wanneer sy getransformeer
   is. Die gedagte word in die slottoneel beklemtoon.

 Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2016)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       23

   Dit is interessant dat Meisie sonder skoene uitdans, want die kaalvoetdans
   skep die illusie van transformasie/vryword van die aardse.
   Meisie maak haar in haar transformasieproses los van die aarde, want sy
   sweef amper weg soos die blomme tydens die sonsverduistering.

Die kandidaat bied ’n gepaste slot aan.                                                     [25]

                                         OF

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG – Mis – Reza de Wet

Vraag                                    Antwoord                                          Punt
15.1      Konstabel is kwansuis blind./ Hy kan nie alleen loop nie, want hy is
          blind. √                                                                           (1)

15.2      Gabriël bly in die solder en hy gebruik die slopemmer en stuur dit met ŉ
          tou af onder toe om uit te spoel./
          Die gehoor/leser raak so bewus van Gabriël in die solder./
          Dit sluit by die tema van die drama aan. √                                         (1)

15.3      Nee.
          Konstabel is nie gaaf nie, want hy manipuleer/mislei die vroue./
          Konstabel gee voor om iets en iemand te wees wat hy nie is nie./

          Ja.
          Miem is dankbaar dat Konstabel vir Meisie help./
          Miem weet nie dat die konstabel voorgee om iets en iemand te wees wat
          hy nie is nie./
          Miem is dankbaar vir ŉ man se teenwoordigheid. √√                                  (2)

          Die kandidaat bied enige TWEE motiverings vir EEN punt elk aan.

15.4      Meisie se menswees word misken./Miem probeer haar ŉ dogtertjie/meisie
          hou sodat sy haar kan manipuleer./Dit dui op die seksuele ontwaking en
          die behoefte aan mansgeselskap./Dit maak van haar ŉ identiteitlose
          entiteit asof sy nie self kan dink en doen nie./Dit is ŉ miskenning van haar
          individualiteit. √√

          Die kandidaat bied TWEE redes vir EEN punt elke aan.                               (2)

 Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFRHL P3 S16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-memo-afr/bd248ba7-1913-473f-bbee-f0a53bd4790f) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2016-memo/5497b749-e408-4f00-b341-25758bcc85a8) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016-memo/4d844ab2-9772-4460-97b6-9a9c27ed70c2) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2016-memo/5bb7960d-f331-44be-9676-13d3f2b334bd) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
