# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2014, 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2014/fc716bc4-0c0f-4799-825e-a9679294d333
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2014/fc716bc4-0c0f-4799-825e-a9679294d333)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2014. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2014

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                               *AFRHL2*

                      Hierdie vraestel bestaan uit 22 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (SEPTEMBER 2014)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
 beantwoord.

 1.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
      tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
      voorskrifte by elke vraag in ag.

 2.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte (30)

      AFDELING B: Prosa       (25)

      AFDELING C: Drama (25)

 3.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
      en EEN uit AFDELING C.

 4.   Keuse van antwoorde uit Afdeling B (PROSA) en C (DRAMA)
      o Beantwoord slegs die vrae van die prosa en drama wat jy bestudeer het.
      o Beantwoord EEN OPSTEL VRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
      o Indien jy opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
         kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy egter die
         kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag
         in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses
         te help.

 5.   LENGTE VAN ANTWOORDE
      o Die lengte van die opstelvraag van AFDELING A: GEDIGTE moet 250–300
         woorde wees.
      o Die lengte van die opstelvraag van AFDELING B: PROSA en AFDELING C:
         DRAMA moet 400–450 woorde wees.
      o Die lengte van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning bepaal.

 6.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 7.   Nommer die antwoorde presies soos in die vraestel.

 8.   Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 9.   Voorgestelde tydsindeling.

      AFDELING A:       ongeveer 40 minute

      AFDELING B:       ongeveer 55 minute

      AFDELING C:       ongeveer 55 minute

 10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      3

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
 vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                                VRAAG         PUNTE BLADSY
 1. Die huis luister                      Opstelvraag       10     5
                                        OF
 2. Busrit in die aand                 Kontekstuele vraag   10     6
                                        OF
 3. Safari                             Kontekstuele vraag   10     7
                                        OF
 4. Vroegherfs                         Kontekstuele vraag   10     8
                                        EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. Opstanding                         Kontekstuele vraag   10     9
 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag.*
 6. Die kwart-voor-sewe-lelie             Opstelvraag       10    10
                                        OF
 7. Die kwart-voor-sewe-lelie          Kontekstuele vraag   25    10
                                        OF
 8. Manaka Plek van die Horings           Opstelvraag       25    12
                                        OF
 9. Manaka Plek van die Horings        Kontekstuele vraag   25    13
                                        OF
 10. Vatmaar                              Opstelvraag       25    15
                                        OF
 11. Vatmaar                           Kontekstuele vraag   25    16
 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.
 12. Krismis van Map Jacobs               Opstelvraag       25    18
                                        OF
 13. Krismis van Map Jacobs            Kontekstuele vraag   25    18
                                        OF
 14. Mis                                  Opstelvraag       25    20
                                        OF
 15. Mis                               Kontekstuele vraag   25    21
 *LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                 uit AFDELING B en AFDELING C.

                   Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord
                   NIE.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (SEPTEMBER 2014)

                                    KONTROLELYS
 Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae
 beantwoord het.

            AFDELING                  VRAAG-      GETAL VRAE BEANTWOORD MERK
                                      NOMMER                              
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)                   1–4                     2

A: Gedigte
(Ongesiene gedig)                         5                      1

B: Roman
(Opstel- of kontekstuele vraag)         6–11                     1

C: Drama
(Opstel- of kontekstuele vraag)        12–15                     1

LET WEL:      Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
              AFDELING B en AFDELING C.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     5

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Die huis luister – Daniel Hugo

 1      my kamers is hol soos ŉ binne-oor
 2      ek hoor hoe die bewoners roesemoes
 3      liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
 4      soek met die goor hede, nooit tevrede
 5      aanhou kibbel oor kon en sou en moes

 6      luister, ek bewaar julle verlede
 7      my fondamente kraak onder die las
 8      my plafonne raak voos van die eggo’s
 9      te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
 10     jare se trane laat my rame roes

 11     so word ons saam verweer deur dit wat was
 12     my dakplate en julle gebede
 13     fluister en knal al hoe harder om hulp
 14     ongehoord in elke nag se oorskulp
                                                            [Uit: Dooiemansdeur, 1991]

 Benoem die beeldspraak in die titel en bespreek in ŉ opstel van 250–300 woorde
 die doeltreffendheid van die volgehoue gebruik daarvan in die gedig. Lewer
 kommentaar oor die progressie in die gedig en die aansluiting tussen die tema en
 die bundeltitel.                                                                        [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (SEPTEMBER 2014)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Busrit in die aand – Elizabeth Eybers

    1    Elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit
    2    sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
    3    die werkers van die stad wat huis toe gaan.

    4    Skaduwee – skimme gly verby ... Dis laat
    5    en lang ligvaandels wapper oor die straat
    6    soos oor ŉ dam die blinkpad na die maan.

    7    Ons ploeg deur stormsee met ons kaperskuit:
    8    die stuurman aan die wiel, die passasiers die buit
    9    wat ons as slawe huis toe bring vanaand ...

    10   Die vaartuig waggel afdraand, om die draai,
    11   met skril gekners en skommelende swaai,
    12   en hyg en skok en snork en swoeg opdraand

    13   terwyl ons, soos twee kinders opgetoë,
    14   mekaar toelag met glinsterende oë ...
    15   Asof hul jammerlik hul lot kan raai

    16   sit hulle suf, met monde moeg gesluit,
    17   elk langs sy yl weerkaatsing in die ruit,
    18   die werkers van die stad wat huis toe gaan.
                                                            [Uit: Die stil avontuur, 1939]

 2.1     Herlees strofe 1.

         Noem TWEE maniere waarop die afgesonderdheid en swye van die werkers
         beklemtoon word.                                                                     (2)

 2.2     Om watter rede kommunikeer die werkers nie met mekaar nie?                           (1)

 2.3     Watter stemming word deur die reën geskep?                                           (1)

 2.4     Herlees reël 4.

         2.4.1    Benoem die halfrym wat voorkom.                                             (1)

         2.4.2    Spreek jou uit oor die funksionaliteit van dié halfrym.                     (1)

 2.5     Hoe word die sukkelende rit in die vierde tersine verstegnies uitgehef?              (1)

 2.6     Watter implisiete kommentaar word op die werkers se huislike lewe
         gelewer?                                                                             (1)

 2.7     Bespreek hoe die eindrym in die gedig die tema ondersteun.                           (2)
                                                                                             [10]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                     AFRIKAANS HUISTAAL V2                                7

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Safari – D.J. Opperman

   1    Niks
   2       staan
   3          stil –
   4             alles
   5           kry
   6       voete,
   7       beweeg
   8    in
   9        lang
  10            stoete:
  11               grassteeltjies,
  12              kosyne,
  13           stede
  14    en
  15        treine;
  16           oor
  17               Saharas
  18                  en
  19                    savannes
  20                  die
  21               optog
  22            van
  23        alle
  24    paaie
  25        oor
  26           die
  27              wêreldrond
  28              na
  29           die
  30        gaatjie
  31    in
  32       die
  33          grond
  34    o
                                                                 [Uit: Kuns-mis, 1964]

 3.1    Waarom word Safari as ŉ vormdig beskou?                                           (1)
 3.2    Herlees reëls 1–6.
        Op watter wyse word die kontras in hierdie versreëls beklemtoon?                  (1)
 3.3    Herlees reëls 6 en 10.
        Bespreek die funksionaliteit van die rym.                                         (1)
 3.4    Herlees reëls 16–19.
        Wat impliseer hierdie versreëls rondom die Safari?                                (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (SEPTEMBER 2014)

 3.5   Herlees reël 27.
       3.5.1     Hoe sluit hierdie versreël by versreël 34 aan?                             (1)
       3.5.2     Noem TWEE geϊmpliseerde betekenisse van dié versreël.                      (2)
 3.6   Spreek jou uit oor die gebruik van die bepaalde lidwoord in reël 29.                 (1)
 3.7   Op watter wyse word reël 30 beklemtoon?                                              (1)
 3.8   Wat is die tema van die gedig?                                                       (1)
                                                                                           [10]
                                              OF

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
 Vroegherfs – N.P. van Wyk Louw
 1      Die jaar word ryp in goue akkerblare,
 2      in wingerd wat verbruin, en witter lug
 3      wat daglank van die nuwe wind en klare
 4      son deurspoel word; elke blom word vrug,
 5      tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
 6      so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
 7      dat die takke van die lang populiere al
 8      teen elke ligte môre witter staan.
 9      O Heer, laat hierdie dae heilig word:
 10     laat alles val wat pronk en sieraad was
 11     of enkel jeug, en vér was van die pyn;
 12     laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
 13     my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
 14     en nakend uit my teerder jeug verskyn.
                                                            [Uit: Die halwe kring, 1937]
 4.1   Verduidelik die verband tussen die titel en die woord word in versreël 1.            (2)
 4.2   Rypwording is een van die prosesse wat hier ter sprake is. Noem nog TWEE
       prosesse.                                                                            (2)
 4.3   Bespreek die funksionaliteit van hierdie wordende dinge in die oktaaf.               (1)
 4.4   Herlees reël 3.
       Klare in plaas van helder word ter wille van die rym gebruik. Gee nog ŉ rede
       vir die gebruik van klare.                                                           (1)
 4.5   Herlees reël 5.

       Waarna verwys traagstes?                                                             (1)
 4.6   Watter stemming heers vanaf reël 9?                                                  (1)
 4.7   Evalueer of suiwering en rypwording al by die spreker plaasgevind het.               (2)
                                                                                           [10]
                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                           9

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Opstanding: Dawie Louw

 1      Begrawe my op ŉ Woensdag
 2      dan kan jy
 3      Maandag en Dinsdag
 4      reëlings tref
 5      en Donderdag en Vrydag
 6      my onthou
 7      plant kosmos op my graf
 8      dit kos mos niks
 9      niks op niks
 10     ŉ blomtuin vol geraamte
 11     wat eendag vlesig weer moet blom
 12     wanneer die oordeelsdag sal kom
                                                         [Uit: Depressie in die Melkweg, 2003]

 5.1    Wie is die aangesprokene in die gedig?                                                    (1)

 5.2    Sê in TWEE sinne wat die opdragte is wat die spreker vir die aangesprokene
        gee.                                                                                      (1)

 5.3    Watter suggestie lê in reëls 5–6 opgesluit?                                               (1)

 5.4    Haal ŉ versreël aan wat daarop dui die spreker van eenvoud hou.                           (1)

 5.5    Verduidelik die woordspeling in reël 9.                                                   (2)

 5.6    Haal die reël aan wat direk met die titel verband hou.                                    (1)

 5.7    Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die inversie in reël 11.                       (1)

 5.8    Motiveer watter stemming in die gedig heers.                                              (2)
                                                                                                 [10]

                                                                 TOTAAL AFDELING A:               30

                                            EN

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 LET WEL:      Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
               behandel het.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Die Kwart-voor-sewe-lelie is ŉ liefdesroman met ŉ ironiese blik op die tradisionele
 siening van dié genre.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde. Verwys in jou antwoord
 na die hoofkarakter as heldin en haar verhouding met die held. Lewer ook
 kommentaar op die idee van ŉ gelukkige einde en jou siening van hierdie roman as
 ŉ liefdesroman.
                                                                                           [25]
                                           OF

 VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.

 TEKS 1

 1        Niemand het nog ooit regtig na my geluister nie. Met my ge-
 2        boorte, toe ek my eerste skree gegee het om my bestaan aan
 3        te kondig, was die dokter reeds buite in die gang en op pad
 4        na die volgende bevalling. Dit was volmaan en elke kamer op
 5        daardie verdieping was vol vroue in kraam. Miskien het my
 6        ma my skree gehoor alhoewel sy later vertel het sy was gedaan
 7        en het op die plek aan die slaap geraak toe ek uit was en die
 8        dokter sê: “ŉ Dogter. Welgeskape.” Die kraamsuster het by-
 9        gevoeg: “Nog ŉ dogter,” want sy en Ma was bevriend. Maar
 10       ook sy was haastig om my gewas en toegedraai te kry sodat
 11       sy kon gaan help by die volgende bevalling.
 12          Pa was nie by nie. In daardie dae was dit nog nie mode nie.
 13       ŉ Man het sy vrou by die hospitaal afgelaai en aangery na sy
 14       werk. Omdat Pa nie gerook het nie, kon hy nie soos ŉ karak-
 15       ter in ŉ strokiesprent in die wagkamer op en af loop en die
 16       asbak stadig maar seker met stompies vul nie. Buitendien was
 17       ek die derde kind. Ma het reeds bewys gelewer dat sy die
 18       proses kon behartig sonder teëspoed of drama. Pa het sy tele-
 19       foonnommer by die ontvangsdame gelaat en kantoor toe gery.

 7.1      Iris is hier aan die woord.

          Spreek jou uit oor die funksionaliteit van ŉ eerstepersoonsverteller in die
          aangehaalde gedeelte.                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    11

 7.2      Iris beleef ŉ gevoel van buitestaanderskap.

          Haal ŉ sin uit die aangehaalde gedeelte aan om die buitestaanderskap te
          bewys en haal nog ŉ voorbeeld uit die roman aan waar Iris, as jongste kind
          in die gesin, dieselfde gevoel ervaar het.                                        (2)

 7.3      Watter persoon in die huishouding het Iris gevoel, luister tog na haar?           (1)

 7.4      Hoe het Iris se geboorte tot haar naam bygedra?                                   (2)

 7.5      Herlees reël 9.

          Watter emosie kan uit die woorde van die kraamsuster afgelei word, en sê
          waartoe het dit aanleiding gegee?                                                 (2)

 7.6      Herlees reëls 17–18.

          Gee ŉ handeling van Ma wat in kontras staan met dié beskrywing; sê hoe
          dit Iris se toekomsvisie wat sy opgedroom het beïnvloed, en hoe eindig Ma
          se verhaal.                                                                       (3)

                                               EN

 TEKS 2

 1          “Vertel my van jouself,” het Brian genooi toe hy ons wyn-
 2        glase vol geskink het en ons gemaklik gesit het.
 3           “Sy het pas ŉ modelleerkontrak van die hand gewys,” het
 4        Bettie hom ingelig. Sy het haar stoel nader aan syne geskuif
 5        en was besig om sy hande in te vryf met kanferroom.
 6          “Nee!” het Brian gesê. “Jy moet baie selfvertroue hê om dit
 7        te kan doen.”
 8          “Selfvertroue?” het ek gesê. “Nee. Ek is self nie seker of ek
 9        die regte ding gedoen het nie.”
 10        “As jy weer begin verduidelik wat jou naam beteken, gaan
 11       ek my kop in die sneeu begrawe,” het Peter gewaarsku.
 12         “Dis tog die naam van ŉ blom,” het Bettie gesê, haar flets-
 13       blou oë rond en onskuldig.
 14         “Wat een keer per jaar blom,” het Peter wanhopig gesê.
 15       “En sy het gedink die modelstorie is dalk haar kans.”
 16         “Kan wees,” het Brian gemymer.
 17         “Dis hoe ek ook voel,” het ek gesê. “Elke mens moet een
 18       keer in sy lewe die regte ding op die regte tyd doen en so ŉ
 19       moment van volmaakte sintese beleef.”
 20         “Ek is al vyf en dertig jaar oud,” het Bettie gesug. “Ek het
 21       dit nog nie ervaar nie.”
 22         “Wat van die keer toe jy Brian oor sy ontplofte tenk ont-
 23       moet het? Het jy nie toe gevoel alles het meegewerk vir die
 24       hoogste moontlike goed nie?”

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

7.7      In watter ruimte speel hierdie toneel af, sê hoe dié ruimte die
         gemoedstoestand van die karakters beïnvloed en hoe dié ruimte by reël 1
         van Teks 1 aansluit.                                                              (3)

7.8      Noem nog TWEE ander geleenthede wat Iris van die hand gewys het.                  (2)

7.9      Herlees reël 5.

         Watter karaktereienskap kan ons van Bettie se handeling aflei en sê hoe
         hierdie karaktereienskap haar en Brian se verhouding kan bevoordeel,
         maar tog haar en die kinders se verhouding kan benadeel.                          (3)

7.10     Herlees reël 14.

         Om watter rede voel hy wanhopig en hoe verskil Peter en Johanna se
         siening rondom ŉ blomtyd van Iris s’n?                                            (2)

7.11     Haal ŉ sin aan wat Iris se lewensfilosofie uitbeeld, motiveer waarom jy glo
         dat sy volgens hierdie filosofie geleef het, al dan nie en lewer kommentaar
         of hierdie besoek saam met Peter haar lewensfilosofie gestand gedoen
         het.                                                                             (4)
                                                                                         [25]
                                              OF

VRAAG 8: OPSTELVRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Die intrige in die roman, Manaka, Plek van die Horings, weerspieël ŉ deurlopende
stryd tussen goed en kwaad.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–500 woorde. Verwys in jou antwoord
waarin hierdie stryd tussen goed en kwaad geleë is. Lewer ook kommentaar op
die feit dat Chisupo en Riekert die kwaad verteenwoordig en Ouma Essie en Grace
die goeie. Spreek jou ook uit oor die keuses wat Baas tussen goed en kwaad moes
maak. Lewer kommentaar op die geloofwaardigheid van hierdie intrige.                     [25]

                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

 VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.

 TEKS 1

 1       “Ek voel baie sleg, neef,” sê oom Scholtzie vir Baas. Hy snuif. “Ons het
 2       sake lelik kom omkrap vir jou. Dinge is nie altyd soos ŉ mens gedink
 3       het dit sal wees nie. Die Here het hierdie plek op my hart gelê. Jare
 4       lank al oorheers die behoefte om sy werk hier in stand te hou my lewe;
 5       as jy verstaan wat ek bedoel.”
 6       “Ja, dis nou jammer van die ding dat ek ook hier is, oom Scholtzie.”
 7       Baas lê met toe oë. Die engte onder die bakkie en die opkyk na die
 8       kruiskoppeling wat hy op lyn probeer pas, het die naarheid
 9       teruggebring. “Daar is ook nie juis ander plekke wat geskik is hier
 10      langs die rivier nie. Die oewer is klipperig, hoër op loop die walle
 11      sommer regaf. Maar miskien kan ŉ mens ŉ plek kry, bietjie weg van
 12      die rivier af, om die sendingstasie te bou.”
 13      “Ek glo nie dis hoe die Here dit bedoel het nie, neef. Hierdie Manaka is die
 1414 di plek waar Hy sy vlammetjie aangesteek het baie lank gelede.
 15     Niemand weet eens mooi hoe en wanneer nie.”

 9.1      Herlees reëls 1–2.

          Noem TWEE redes waarom sake vir Baas omgekrap is.                                 (2)

 9.2      Herlees reëls 2–3.

          Hoe is hierdie uitspraak van toepassing op Baas se drome?                         (1)

 9.3      Watter sendeling se optrede het Baas die harnas in gejaag, wat het hy
          gedoen en waarom veroorsaak dit nog groter twyfel by Baas?                        (3)

 9.4      Herlees reël 6.

          Verduidelik die verbintenis wat Baas met Manaka het, sê wat sy droom is
          en of dit realiseer.                                                              (3)

 9.5      Herlees reëls 13–14.

          Hoe skakel dié dialoog met die tema van die roman?                                (1)

 9.6      Net hierna vind daar uiterlike konflik tussen Nanna en Griesel plaas.

          Regverdig Griesel se verweer teen haar.                                           (2)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2014)

 TEKS 2

 1       “People!” Meneer Johnnie steek sy kop onder die bakkie in. “Henna lo people
 2     henna sebenza fana ka lo sô! Dit is ménse wat so maak! Al wat hierdie khuta sien
 3     as hier ŉ mens kom wat wit is, is alles wat hulle kan gryp. Henna bamba
 4     everything! Mister Chisupo is beter as hulle. Hy sê van die begin af hy wil nie die
 5     mense wat wit is hier hê nie want hy weet hulle vat sy krag weg. Mister Baas was
 6     lo rich man toe hy hier gekom het. Daar was baie kos in die huis. Everything. Hy
 7     kon ook vir my tabak koop as hy Ngweze toe gaan. Hoekom lê hy nou hier in die
 8     modder? Omdat hy sy LDV stukkend gery het agter die pale van die khuta aan!
 9     Henna bamba zonke! Wat sal ons oorhê as hulle alles gevat het wat ons het? Dis
 10    wat al die mense van Senanga sê.”
 11    Nanna roep na meneer Johnnie.
 12    “Yessa!’ skreeu hy in die rigting van die worsboom.
 13    Hy klap vir Baas hande. Sy bene hoepel teen die bult af.
 14    “Kwê ...” toets die kwêvoël in die jakkalsbessie die atmosfeer.
 15    “Ek sal baie graag vir jou ŉ gebed wil doen, neef.”
 16    “Vir mý?”
 17    “Daar kom ŉ tyd in elke mens se lewe dat hy dit nodig het.”
 18    “Ag nee, wat, so erg is dit nie. Maar baie dankie vir die gedagte.” Baas sien die
 19    skoene van hom af wegdraai.
 20    “Muluti Malila huil oor jou,” hoor hy Grace sê.
 21    “Miskien huil hy oor homself.”

 9.7    Herlees reëls 1–9.

        Identifiseer Meneer Johnnie se gemoedstoestand en noem TWEE situasies
        wat hom oortuig het Baas word misbruik.                                              (3)

 9.8    Spreek jou uit oor die funksionaliteit dat meneer Johnnie in sy taal praat.          (1)

 9.9    Noem die TWEE karakters wat ŉ belangrike rol in Baas en die khuta se
        verbintenis speel en sê watter bydrae elk lewer.                                     (4)

 9.10 Herlees reël 12.

        9.10.1       Wat is onder die worsboom en waarvoor was dit oorspronklik daar?       (2)

        9.10.2       Verduidelik die assosiasie daarmee.                                    (2)

        9.10.3       Lewer krities kommentaar op die feit dat Baas en Grace die projek
                     voltooi.                                                               (1)
                                                                                           [25]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  15

VRAAG 10: OPSTELVRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Norman van der Westhuizen, Boytjie Afrika en oom Chai kom tot ander insigte deur
die loop van die roman.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde. Verwys in jou antwoord
na gebeure wat ŉ bydrae tot hierdie insig het en lewer kommentaar op ander
karakters se bydrae tot hul nuwe insig. Gee ook jou siening rondom die
geloofwaardigheid, al dan nie, van hierdie nuut verkrygde insig.
                                                                                      [25]

                                       OF

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

TEKS 1

1                                                      Sonder ŉ woord het hy George
2        Lewis se Engelse Bybel gevat en sy eie Hollandse Bybel op die tafel
3        neergesit. Hy het die Engelse Bybel oopgemaak en gelees: In my
4        Father's house are many mansions, if it were not so I would have told
5        you so.
6           Die kerk was stampvol want Vatmaar se mense was deel van Ouma
7        Lewies. En dit was ŉ Sondag.
8           Daar is nie gepreek nie en Nader my God by U is nie gesing nie.
9        Daar was net ŉ lang oomblik van stilte.
10          Toe vat hierdie witman die hande van sy twee gekleurde kinders en
11       gaan staan by die koppenent van die kis. Hy het in die swart gesig van
12       sy geliefde Ruth gekyk en in ŉ mooi, ryk stem gesing: Rock of Ages,
13       cleft for me, Let me hide myself in Thee ... Al vier verse.
14          Die kis is toegemaak en op Oom Flip se trollie getel en Ou Swaai
15       het geweet sy moet nie haastig wees nie, die hele Vatmaar loop agter
16       haar aan.
17          Langs die graf het Oom Chai met ŉ gebroke stem Nader my God
18       by U begin sing. Vatmaar het die woorde geken en dit gesing asof dit
19       uit een hart kom en asof hulle met die Hemelse Vader van Vatmaar
20       praat. Daarna is die kis laat sak. Oom Chai het ŉ paar handevol sand
21       in die graf gegooi en in Engels gesê: Dust to dust, ashes to ashes – uit
22       respek vir sy vriend se taal.
23          Terwyl die graf toegegooi word, het Oom Chai na Oupa Lewies se
24       gesig gekyk, sy hand gevat en hom weggelei. Hulle het mekaar
25       omhels soos net tweelinge kan.

11.1     Plaas die gebeure in die uittreksel binne die konteks van die roman.              (2)

11.2     Herlees reëls 1–2.

         Wat sê Oom Chai se handeling van sy verhouding met Oupa Lewies en by
         watter tema sluit hierdie handeling aan. Motiveer jou antwoord.                   (3)

11.3     Herlees reëls 3–4.

         Maak hierdie gedeelte van toepassing op Vatmaar en sy mense.                      (1)

11.4     Herlees reëls 10–11.

         Noem die name van Oupa Lewies se kinders en noem ŉ handeling van elk
         wat lynreg teenoor die tema wat Oupa Lewies vergestalt staan.                     (4)

11.5     Herlees reëls 14–16.

         Hoe hou die titel verband met die verwesenliking van oom Flip se droom?
         Verduidelik ook hoe die tema van rassediskriminasie ook op hom van
         toepassing is.                                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    17

                                                EN

TEKS 2

1       .                                                        Ek het ŉ kombers en ŉ
2           bokvel gaan haal sodat sy ŉ bietjie kon lê en haar kragte terugkry.
3      14 Sus Bet het my met die vinger op die lippe beduie dat ons nie moet
4      15 praat nie, en vir Kaaitjie die orige rooilaventel gegee om te drink.
5      16. Ek moes haar toe die huis invat want die mense het begin verby –
6      loo loop begraafplaas toe.
7      19 Ek het gehoor Mister May het die doodskis gebring, maar hy moes
8       ar die arme Normy se bene breek om hom in die kis te kry. Toe het hy
9      die die deksel toegemaak en vir Reverend Elias Cobb van die Congre-
10      ga gational Kerk van die Pan gewag.
11     22 Dit is een van sy mense, het Mister May gesê.
12     23 Oom Chai het nie hiervan gehou nie. Jy meen een van Norman se
13          geliefdes se mense, het hy gesê en agterna gemompel: Slawejas.
14     25 Ek kon nie begrafnis toe gaan nie, het Tant Wonnie verder vertel,
15         want ek moes vir Kaaitjie oppas. Ek het gehoor Oom Chai het die
16         tentpen weer in sy ou gat ingeslaan.

11.6        Herlees reëls 3–4.

            Sê watter nuus veroorsaak dat Kaaitjie flou geraak het asook wat die
            werklike rede vir Kaaitjie se ontsteltenis was.                                   (2)

11.7        Watter soort verteller is in teks 2 aan die woord? Noem verder waarom
            hierdie soort verteller spesifiek hier voordelig is.                              (2)

11.8        Watter karaktertrek van die verteller blyk uit hierdie leesstuk? Haal ŉ sin
            uit die teks aan om jou antwoord te staaf. Motiveer waarom jy dink hierdie
            karaktertrek die verteller in die roman tot voordeel gestrek het.                 (3)

11.9        Hoe skakel Sus Bet se optrede in hierdie uittreksel met die tema van liefde
            sonder grense?                                                                    (2)

11.10       Oom ‘Norman’ se naam was voorheen ‘Borman’.

            Verduidelik die simboliek van hierdie naamsverandering en lewer
            kommentaar op die verband tussen hierdie simboliek en die gebeure in
            Teks 1.                                                                           (3)

11.11       Herlees reëls 15–16.

            Watter verband is daar tussen Oom Norman se dood en die tentpen?                 (1)
                                                                                            [25]

                                                               TOTAAL AFDELING B:             25

                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (SEPTEMBER 2014)

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.
 LET WEL:      Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas
               behandel het.
 VRAAG 12: OPSTELVRAAG
 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
 Die tema van hierdie drama verwys na mense wat in ŉ uitsiglose bestaan
 vasgevang is. Dit lei tot direkte konflik met die ruimte waarin hulle hulself bevind.
 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde. Verduidelik van watter
 ruimte hier sprake is en bespreek die optrede van die mense binne hierdie ruimte.
 Lewer kommentaar op die konflik wat deur die ontsnappingspogings ontstaan.                 [25]
                                           OF
 VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG
 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.
 TEKS 1
 1      CAVERNELIS (met lippe wat bewe): Wat het julle teen
 2          Blanchie, hê? Wat het julle teen haar?
 3      TOMMY, wat moeilikheid sien kom, kom nader en staan
 4          tussen Cyril en Cavernelis.
 5      TOMMY: Ek sê, stop ‘it nou, man!
 6      CYRIL (oor Tommy se kop) : Nee, nie tien Blanchie nie, ou
 7          dad, nie tien háár nie, dis tien jóú …
 8      TOMMY: Hê, kamaan, man …
 9      CAVERNELIS: Wat meen jy? Hê? Wat bedoel jy teen my?
 10          (Hy sit sy fiets stadig neer, plat op die grond,
 11           dreigend)
 12     CYRIL: Mind jou suitcase, ou dad. Netnou kry die soft goods
 13         seer.
 14     CAVERNELIS: Jy’s ŉ va … ŉ bliksem, jy!
 15     CYRIL: Sê ma vark, ou dad. Dan praat jy mos onse taal,
 16         hierso vannie township, mister Cavernelis. Dán kan ons
 17         same praat …
 18     CAVERNELIS: Laat stáán julle vir Blanchie! Wat meen jy,
 19         teen my?
 20     TOMMY: Manne ...Please, please ...
 21     Stilte
 22     CYRIL: Why? Because jy use vir Blanchie, jy, ou dad. Sy bring
 23         mos cash in, cash. Daai’s mos al waarin jy interested is,
 24         die ... (Gebaar met sy vingers wat “cash” beteken.) Jou eie
 25         vleis en bloed, en jy use vir haar so ...
 26     CAVERNELIS: (lê half teen Tommy, huil half): Ons doen vir
 27         julle niks nie, so laat staan vir ons ... (Hy skreeu nou
 28         amper) Los vir ons! Laat staan vir ons! Ek werk vir my
 29         gesin ...

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       19

 13.1   In hierdie teks is daar sprake van konflik.

        Watter tipe konflik kom hier voor en wat is die bron van die konflik?                  (2)

 13.2   Herlees reëls 1 en 9–11.

        Benoem Cavernelis se moontlike emosie soos wat jy uit die neweteks kan
        aflei en motiveer waarom hierdie emosie geloofwaardig is, al dan nie.                  (2)

 13.3   Om watter rede het Cavernelis ŉ “suitcase vol soft goods”? Sê verder wat
        die oorsaak hiervan is en lewer kommentaar op die gevolge hiervan vir sy
        verhouding met Maud.                                                                   (3)

 13.4   Herlees reëls 5, 8 en 20.

        Watter karaktertrek van Tommy kan jy uit sy dialoog aflei? Bespreek die
        geloofwaardigheid hiervan.                                                             (2)

 13.5   Herlees reëls 14–17.

        Noem wat die bron van konflik hier is, en verduidelik Cavernelis en Maud se
        siening hieromtrent, asook die inwoners van die woonbuurt s’n.                         (3)

 13.6   Herlees reël 24.

        Spreek jou uit oor die funksionaliteit van hierdie gebaar.                             (1)

 TEKS 2

 1      MAP: Ma! Tommy vertel vir my van Blanchie . . .
 2      van daai wit varke wat haar verlei . . . vir Blanchie, Ma
 3       . . wat het moet ons gebeur, Ma, moet my en moet haar?
 4      (Bewoë) Ons was same op skool, in die Elsiesrivier . . .
 5      alles het mooi gelyk, ek het gehou van haar, sy’t gehou
 6      van my, en toe . . . kom al die dinge wat gebéúr het . . .
 7      Wat het moet ons gebéúr, Ma? (Huil amper; dan driftig.)
 8      Lyster, julle ammal! (Hy spreek die straat aan.) Ek mind
 9      nie wat Blanchie gedoen het meanwhile nie, ek mind van
 10     niks, even as’ it waar is sy het ŉ abortion gehad van ŉ
 11     wit vark of van enige iemand . . . Here Jesus, wie is ekke
 12     om te mind! Apostel George, ja, jy sê vir my, wie is ekke
 13     om te mind, ek is soes niks, soes niets . . . soes niks . . .
 14     Niets . . . (Die straat raas.) ‘Is net . . . Hoekô avoid jy vir
 15     my, Blanchie? . . . Hoekô avoid sy vir my? . . . (Dan sagter.)
 16     Here! Ma! Apostel George! Hoekô avoid sy vir my . . . Ek
 17     wil so graag net moet haar práát, net vir haar sê, ek is
 18     sorry . . .

 13.7   Herlees reël 2.

        Sê wat Blanchie met haar optrede wou bereik en ook of sy suksesvol was.
        Noem ook wat die gevolg vir haar en Map se verhouding was en haal ŉ
        frase uit die teks ter motivering aan.                                                 (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (SEPTEMBER 2014)

 13.8    Herlees reël 6.

         Waarna verwys Map en wat het aanleiding tot hierdie gebeure gegee?                 (3)

 13.9    Hoe dra Apostel George se invloed by tot Map se vergewinsgesindheid
         teenoor Blanchie?                                                                  (2)

 13.10   Noem TWEE redes vir die gebruik van die ellipse in die gedeelte.                   (2)
         .
 13.11   Watter handeling staan in Teks 1 en Teks 2 in direkte kontras?                     (1)
                                                                                           [25]

                                                OF

 VRAAG 14: OPSTELVRAAG

 MIS – Reza de Wet

 Die tema van hierdie drama verwys na mense wat in ŉ uitsiglose bestaan
 vasgevang is. Dit lei tot direkte konflik met die ruimte waarin hulle hulself bevind.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde. Verduidelik van watter
 ruimte hier sprake is en bespreek die optrede van Meisie, Gabriël en Konstabel
 binne hierdie ruimte. Lewer kommentaar op die konflik wat deur die
 bevrydingsproses ontstaan.                                                                [25]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2014)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     21

 VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG

 MIS – Reza de Wet

 Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

 TEKS 1

 1        MEISIE: Dink Ma so? Dink Ma daar’s iemand daar buite?

 2        MIEM: Kan wees. ŉ Mens weet nooit. (Gerusstellend) Maar moet
 3          jou tog net nie ontstel nie. Dan slaap jy weer sleg. Ek is seker
 4          jy hoef nie bang te wees nie. Wagter sal ons darem waarsku.
 5          En dan is daar natuurlik die konstabel.

 6        Die konstabel se stok val. Gertie tel dit vinnig op en gee dit vir
 7        hom.

 8        GERTIE: Daar’s hy, Konstabel!

 9        KONSTABEL: Baie dankie, Juffrou.

 10       GERTIE: Dit is ŉ plesier, Konstabel. (Giggel. Sien vir Meisie wat
 11         ŉ sak op die stapel sit) Die arme kind wat so laat moet
 12         werk … Sy is seker doodmoeg … Ek dink sy behoort te gaan
 13         slaap. Is jy moeg, Meisie?

 14       MEISIE: Ja, ek is.

 15       GERTIE: En jou ma is ook glad nie gesond nie. Sy het ook haar rus
 16         nodig. Miem, hoekom gaan slaap julle twee nie? Ek sal die
 17         konstabel vir ŉ rukkie geselskap hou.

 18       MIEM (onwillig): Nou ja, dit is seker laat. En môre moet ek dou
 19         voordag op wees om ŉ ogie te hou (wys na die sakke) oor die
 20         misbesending. Sien ons u môreoggend, Konstabel?

 21       KONSTABEL: Ek is jammer, maar na twaalf is ek weer vort.

 22       MIEM: Ja, dan is die gevaar seker verby. U moet tog hier kom
 23         inloer as u in die distrik is.

 15.1     Herlees reël 1.

          Verduidelik die dramatiese ironie in Meisie se woorde.                              (2)

 15.2     Herlees reëls 2–5.

          Verduidelik Miem se rol as besweerder soos dit hier blyk.                           (2)

 15.3     Lewer kommentaar op Gertie se reaksie in reël 6 en sê wat die uiteinde
          hiervan was.                                                                        (3)

 15.4     Herlees reël 12.

          Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die ellips.                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2014)

 15.5     Herlees reëls 10–13.

          Sê hoe Gertie se dialoog by haar vertelling oor die sirkus aansluit en watter
          karaktereienskap van haar hier sterk na vore kom.                                (3)

 15.6     Herlees reëls 21–22.

          Watter verband is daar tussen die titel en die dialoog?                          (2)

 TEKS 2

 1        MEISIE: (stadig, byna asof sy aan die slaap raak) Asseblief ...
 2          Maak toe die venster ... Asseblief Maak toe die deur.

 3        Sy breek skielik weg van hom. Sy druk haar hande oor haar ore
 4        en fladder deur die kamer. Sy fladder na die gangdeur. Sy kyk
 5        om en sien die KONSTABEL. Hy staan doodstil na haar en kyk.
 6        Die musiek word nog harder. Sy staan ook stil. Terwyl sy na hom
 7        kyk, haal sy haar hande van haar ore af en laat haar arms sak. Sy
 8        beweeg haar kop effens op maat van die musiek. Dan begin sy
 9        fyn danspassies uitvoer wat herinner aan dié van ŉ marionet. Sy
 10       begin nou deur die kamer dans. Haar dans word uitbundiger. Sy
 11       lag en dans om en om die tafel.

 12       Die KONSTABEL maak die gaasdeur oop en sit ŉ klip daarvoor.
 13       Sy dans na die agterdeur. Voordat sy oor die drumpel dans,
 14       staan sy stil en kyk om na die KONSTABEL. Hy maak ŉ effense
 15       buiginkie en wys haar met ŉ sjarmante handgebaar by die deur
 16       uit. Die KONSTABEL hou haar ŉ rukkie dop. Hy beweeg nou rats
 17       en vinnig, vou sy stok op en pak dit saam met sy gordel en helm
 18       in sy sak. Hy knip dit toe en beweeg vinnig na buite. Hy klap die
 19       gaasdeur agter hom toe. Dan verdwyn hy in die nag.

 15.7     Dui die progressie in Meisie se handeling aan.                                   (1)

 15.8     Herlees reëls 3–4.

          Spreek jou uit oor die funksionaliteit van die woord fladder.                    (1)

 15.9     Herlees reël 6.

          Verduidelik die musiek se funksie ten opsigte van die ruimte, bespreek die
          funksionaliteit van die musiek wat hier harder word en sê of jy saam stem,
          al dan nie, dat die musiek definitief die gehoor beïnvloed.                      (4)

 15.10    Watter TWEE wêrelde verbind Meisie hier deur haar handeling in die
          gedeelte?                                                                        (2)

 15.11    Noem waarin die Konstabel transformeer, verduidelik die noodsaaklikheid
          van dié transformasie en sê by watter ruimte sluit dit aan.                      (3)

 15.12    Haal ŉ sin uit Teks 1 aan wat aansluit by Meisie se bevryding in Teks 2.         (1)
                                                                                          [25]

                                                               TOTAAL AFDELING C:           25
                                                                   GROOTTOTAAL:             80

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2014/d4d84046-ae19-4a6a-bd56-563c640d92c3) — Afrikaans HL · Memo · 2014
- [AFR HL P1 QP SEPT 2014](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-qp-sept-2014/471a9c8a-b09f-40c7-adaf-baf2ea8f4afe) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2014/8767b9dc-ed0a-4694-bf6c-345b63d6f6c6) — Afrikaans HL · QP · 2014 · Afr
- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2018 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92) — Afrikaans HL · QP · 2018
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
