# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2015, 24 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2015/1a5e1b69-c455-4bf6-b75b-6ead8974fbdf
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2015
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 24

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2015/1a5e1b69-c455-4bf6-b75b-6ead8974fbdf)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2015. Question paper, 24 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                         GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2015

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                               *AFRHL2*

                   Hierdie vraestel bestaan uit 23 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2015)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.

 2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
      tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
      voorskrifte by elke vraag in ag.

 3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte (30)

      AFDELING B: Prosa       (25)

      AFDELING C: Drama (25)

 4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
      en EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A : GEDIGTE
      Behandelde gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – VERPLIGTE vraag.
      AFDELING B: PROSA
      Beantwoord EEN vraag.
      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

 5.   Keuse vir antwoorde uit Afdeling B (PROSA) en Afdeling C (DRAMA)
      o Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
         behandel het.
      o Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
      o Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
         kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die
         kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag
         van AFDELING C beantwoord.

 6.   LENGTE VAN ANTWOORDE
      o Die opstelvraag by die gedigte afdeling moet in 250–300 woorde
         beantwoord word.
      o Die opstelvraag by die prosa en die drama moet in 400–450 woorde
         beantwoord word.
      o Die lengte van die kontekstuele vrae word deur die puntetoekenning bepaal.

 7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 8.   Nommer die antwoorde presies soos in die vraestel.

 9.   Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 10. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     3

 11. Voorgestelde tydsindeling.
       AFDELING A:       ongeveer 40 minute
       AFDELING B:       ongeveer 55 minute
       AFDELING C:       ongeveer 55 minute
 INHOUDSOPGAWE
 Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
 vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                                  VRAAG              PUNTE BLADSY
 1.   Die skedel lag al huil die gesig       Opstelvraag            10        5
                                            OF
 2.   Staat                             Kontekstuele vraag          10        6
                                            OF
 3.   Kwatryne                          Kontekstuele vraag          10        7
                                            OF
 4.   Sonsverduistering                 Kontekstuele vraag          10        8
                                         EN
 Ongesiene gedig: Verpligtend
 5. Die man wat doof word.              Kontekstuele vraag          10        9
 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag.
 6. Die kwart-voor-sewe-lelie                Opstelvraag            25       10
                                         OF
 7. Die kwart-voor-sewe-lelie           Kontekstuele vraag          25       11
                                         OF
 8. Manaka Plek van die Horings              Opstelvraag            25       13
                                         OF
 9. Manaka Plek van die Horings         Kontekstuele vraag          25       13
                                         OF
 10. Vatmaar                                 Opstelvraag            25       15
                                         OF
 11. Vatmaar                            Kontekstuele vraag          25       15
 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.
 12. Krismis van Map Jacobs                  Opstelvraag            25       18
                                         OF
 13. Krismis van Map Jacobs             Kontekstuele vraag          25       18
                                         OF
 14. Mis                                     Opstelvraag            25       20
                                         OF
 15. Mis                                Kontekstuele vraag          25       21
 LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
              AFDELING B en AFDELING C.
              Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae beantwoord NIE.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

                                   KONTROLELYS
 Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae
 beantwoord het.

            AFDELING                 VRAAG-              GETAL VRAE               MERK
                                     NOMMER             BEANTWOORD                  
A: Gedigte
                                   1–4                  2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte
                                    5                   1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                  6–11                  1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
                                 12–15                  1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
               AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                            5

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Die skedel lag al huil die gesig – Wilma Stockenström

 1      Eendag sal ek, weet ek, die dood
 2      met laggende skedel trotseer. Minstens
 3      my sin vir humor sal ek behou. Maar
 4      of ek soos oorlee mevrou Ples en soos
 5      die bloubok van my geboorteland
 6      ook ŉ glaskas in ŉ museum sal haal?
 7      ŉ Seldsame dier is die mens nou nie juis.

 8      Tog, hoe slim tog is ons met ons
 9      innerlike uurwerkvernuf, hoe sterk
 10     die groot swaaiende hyskraangebare
 11     waarmee ons wolkekrabbers reghoekig
 12     neerplak in woon- en sakekomplekse.
 13     Merkwaardig ons grabbelende navorsing
 14     dwarsdeur dolomiet om ons arms diep
 15     soos skagte te sink en die grys erts
 16     te gryp en op te trek, te vergruis en te
 17     veredel tot staaf op staaf korfagtig
 18     gepakte kluise van belegging. A ja,
 19     wonderbaarlik ons vermoë om weggooisand
 20     tot vuurstof te verryk wat as ons wou
 21     alles onherhaalbaar in allerlaaste oplaaiing
 22     woes skoon kan laat ontbrand.

 23     Ek sê mos die skedel lag
 24     al huil die gesig.

                                                    [Uit: Van vergetelheid en van glans, 1976]

 Die ironie in die gedig is veral geleë in die spanning tussen “vergetelheid” en
 “glans”.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250–300 woorde. Lig jou antwoord toe
 met voorbeelde uit die gedig.                                                                   [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 staat – Niel van Tonder

    1    jare nou al
    2    sit roerloos wit
    3    ŉ krap in die gaterige wal

    4    roer ŉ steeltjiesoog
    5    met tye
    6    waaksaam omhoog

    7    niemand sal ooit
    8    met sekerheid kan sê
    9    of ŉ droë dood ook in hom lê

    10   maar wanneer en hoé
    11   het die swart mierbataljon
    12   dié parate pantser binnegekom?

                                                                [Uit: As Hy weer kom, 1975]

 2.1     Herlees strofe 1.

         Skryf ŉ woord wat op stagnasie dui neer.                                              (1)

 2.2     Wat was die gevolg van hierdie stagnasie?                                             (1)

 2.3     Verduidelik die eksplisiete en implisiete betekenis van “gaterige wal”.               (3)

 2.4     Verduidelik op watter manier verskil strofe 2 se bou van die res en
         verduidelik die funksionaliteit hiervan.                                              (2)

 2.5     Herlees reëls 7 en 9.

         Motiveer waarom dit korrek is om te sê niemand en ook hou verband met
         mekaar.                                                                               (1)

 2.6     Op watter wyse word die paraatheid van die staat beklemtoon?                          (1)

 2.7     Waarom is die gebruik van die woord staat baie meer effektief as enige
         ander sinoniem?                                                                       (1)
                                                                                              [10]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                          7

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Kwatryne – Ina Rousseau
        10
  1     Agter die skerms, lank reeds gegrimeer
  2     aanskou ek die verhoog se glans en kleur
  3     en wag dat u my toelaat om oplaas
  4     my rol te gaan vertolk, O Regisseur.

        11
  5     As daar applous was vir die laaste maal
  6     en U die décor moeg na onder haal,
  7     sal U vir ons wat ons kostuums uittrek
  8     volgens ons moeite en geduld betaal?

        12
   9    In hierdie klug vergeet soms ŉ akteur
  10    heel onverwags sy reëls en loer versteur
  11    na die coulisses links en regs
  12    maar geen souffleur se stem dring tot hom deur.

        13
  13    Ofskoon die saal se ligte nie meer brand
  14    vra menigeen aan die verhoog se kant
  15    nog steeds: Is ek van hierdie klug die held
  16    of teen die agterdoek ŉ figurant?
                                                               [Uit: Die verlate tuin, 1954]

 3.1    Noem die eienskappe van die Persiese kwatryn wat hier duidelik na vore
        kom.                                                                                    (2)
 3.2    Herlees Kwatryn 10.
        3.2.1    Watter emosie word deur die oorheersende g-alliterasie
                 beklemtoon?                                                                    (1)
        3.2.2    By watter woord in hierdie kwatryn sluit dié emosie aan?                       (1)
 3.3    Herlees Kwatryn 11.
        Sê in jou eie woorde watter lewensvraag word hier aangespreek; verduidelik
        of die stylfiguur funksioneel aangewend word vir die uitheffing van hierdie
        vraag en motiveer jou standpunt rondom hierdie vraag.                                   (3)
 3.4    Herlees Kwatryn 12.
        Benoem die stylfiguur wat in reël 9 voorkom.                                            (1)
 3.5    Herlees Kwatryn 13.
        Om watter rede sou ons kon sê die mens se lewensloop begin in reël 13?                  (1)
 3.6    Spreek jou uit oor die geslaagdheid van die volgehoue metafoor in die gedig.            (1)
                                                                                               [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

                                           OF

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG
 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Sonsverduistering – PJ Philander
 1      Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
 2      van skadu en verklein die sekelboog
 3      van son tot dreigend swart die kol daar hoog
 4      ŉ koue vreemde skemerte laat trek
 5      wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
 6      ŉ vaal streep donkies met die kortste pad
 7      oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
 8      die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
 9      Oor gans die mensdom hang ŉ skaduwee
 10     wat alle lig van God en Christus so
 11     verduister Sy pad onsigbaar is.
 12     En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
 13     het nie ŉ skaap se voorgevoel of glo
 14     dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.
                                                                     [Uit: Uurglas, 1955]

 4.1   Benoem die digsoort.                                                                  (1)

 4.2   Benoem die stylfiguur in die titel van die gedig.                                     (1)

 4.3   Evalueer die gebruik van die woord swingel in reël 7.                                 (1)

 4.4   Verduidelik hoe die oktaaf met die sestet skakel en sê watter stemming in
       die sestet heers.                                                                     (3)

 4.5   Met watter woorde in die oktaaf skakel Sy pad (reël 11)?                              (1)

 4.6   Beskryf die progressie wat ons in hierdie gedig aantref volledig.                     (2)

 4.7   Verduidelik die ironie in die laaste drie versreëls.                                  (1)
                                                                                            [10]
                                                EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      9

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Man wat doof word – Peter Blum

 1      Hulle wil my nie kwes nie, maar ek kom agter
 2      dat hulle harder praat terwille van my,
 3      want sodra ek my rug draai, praat hul sagter,
 4      en my aandeel aan die gesprek vergly

 5      in ŉ onbestemde ruising. Snags, by duister
 6      wanneer klein geluide groei, laat ek my streel
 7      deur water wat vérweg vloei, ŉ kraan wat fluister
 8      - en weet ek nie of ek dit my verbeel.

 9      Vertroude stemme is nog helder en skoon
 10     - maar miskien net omdat ek die gehoorde
 11     kan takseer volgens toonkleur, en met ál

 12     my kennis ván, gevoel vír, die persoon;
 13     Omdat vertroudes kan klaarkom met min woorde?
 14     ook dáárom.
 15               Later sal selfs dít wegval.

 5.1    Skryf die woord in die titel neer wat bewys dat hierdie man nog nie heeltemal
        doof is nie.                                                                       (1)

 5.2    Skryf in jou eie woorde wat versreël 1 beteken.                                    (1)

 5.3    Benoem die stylfiguur waarvan die digter in strofe 1 gebruik maak om te
        beklemtoon hoe die man uit die gesprek gesluit word.                               (1)

 5.4    Verduidelik wat bedoel word met: “Snags, by duister wanneer klein geluide
        groei”.                                                                            (1)

 5.5    Lewer kommentaar op die teenstelling in strofe 2.                                  (1)

 5.6    Wat is die man se motivering om met bekendes te praat?                             (2)

 5.7    Watter afleiding kan gemaak word uit die gebruik van die vraagteken in
        versreël 13?                                                                       (1)

 5.8    Hoe affekteer die tipografie van die laaste versreël die betekenis daarvan?        (1)

 5.9    Waarom kan ons simpatie met die man hê?                                           (1)
                                                                                         [10]

                                                             TOTAAL AFDELING A:            30

                                          EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 LET WEL:      Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
               behandel het.
               Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE
               VRAAG.
               Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
               kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die
               kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
               opstelvraag van AFDELING C beantwoord.

 VRAAG 6: OPSTELVRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Die Kwart-voor-sewe-lelie word getipeer as ŉ damesroman waarin die tradisionele
 rol van die vrou, die emansipasie van die vrou en vroulike emosies aangeraak
 word.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde deur na die vroue in Iris
 se familie te verwys en evalueer die geloofwaardigheid van die emansipasie van
 hierdie vroue.
                                                                                         [25]
                                         OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    11

 VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.

 TEKS 1

 1        Kara het ŉ paar vriende oorgenooi om my te ontmoet en hulle het
 2        dapper probeer Engels praat terwyl sy en Claude happies en warm,
 3        gegeurde wyn bedien.
 4        “Dit moet ŉ las wees,” het een man vir my gesê, “om te kom van
 5        jou land.”
 6        Ek het geswyg en klein slukkies wyn gedrink.
 7        “Moenie jou aan hom steur nie,” het iemand sag agter my gesê.
 8        Ek het onthuts omgedraai om te sien wie gepraat het en in die
 9        opgestoomde ruit het ek die vae omlyning van ŉ Engel gesien. Die
 10       wyn is in my verkeerde keel in en ek het gestik.
 11       Sou die man al die pad saamgevlieg het of was dit ŉ plaaslike
 12       Engel? Ek het my glas neergesit en heeltemal omgedraai. Die Engel
 13       was weg, slegs druppeltjies kondensasie het teen die ruit afgeloop en
 14       ŉ dralende rookwolk uit iemand se sigaar het verby my gesig gekrul.
 15       “Verskoon my,” het ek vir die man voor my gesê en opgestaan. My
 16       plan was om in die kombuis te gaan skuil tot ek kalmeer het of,
 17       alternatiewelik, uitgevind het wat die Engel se politieke affiliasie is,
 18       maar ŉ ander jong man, ŉ landsgenoot van Claude, het my
 19       voorgekeer.
 20       “Is jy ŉ model?” het hy gevra.
 21       “Nee. Assistent vir ŉ tandarts.”
 22       “As jy wil, sal ek foto’s van jou neem,” het hy aangebied.
 23       “Ek het ŉ kamera,” het ek gesê.
 24       Hy het gelag en ek het gevlug. Ná al die mense weg was en ek
 25       Kara help opruim het, het ek haar daarvan vertel. (Van die Engel het ek
 26       geswyg.)
 27       Sy het my ondersoekend aangekyk.. “Dis waar, weet jy.”
 28       “Wat is?”
 29       “Jy het daardie soort gesig.”
 30       Ek het gesnork en verlepte slaaiblare in die vuilgoedsak gekrap. “Ek
 31       het ŉ doodgewone boeregesig.”
 32       Sy het nie geluister nie. “By die huis, ja, maar hier soek hulle na iets
 33       anders.”
 34       “Is hier ŉ aanvraag na boeregesiggies?”
 35       “Mens weet nooit nie.”

 7.1    Wat is die verband tussen Kara, die “my” en Claude?                                 (2)

 7.2    Herlees reëls 4 en 5.

        Watter land is hier ter sprake en waarom dink die spreker dit moet ŉ las
        wees om van dié spesifieke land te kom gesien in die ruimte waarin hy
        beweeg? Verduidelik Iris se reaksie.                                                (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 7.3    Die Engel speel ŉ baie belangrike rol in die spreker se lewe.

        7.3.1   Hoe het Iris aan die Engel gekom?                                              (1)

        7.3.2   Noem die verwagtinge wat Iris van die Engel gehad het en motiveer
                of hy daaraan voldoen het.                                                     (4)

        7.3.3   Motiveer watter rol die Engel in hierdie uittreksel speel?                     (1)

        7.3.4   Wat is die gevolge van die Engel se teenwoordigheid in Iris se lewe?           (3)

 7.4    Wat kan ons van Iris se karakter aflei uit haar handeling in reël 16?                  (1)

 7.5    Herlees reëls 25 en 26.

        Lewer kommentaar oor die funksionaliteit van die parentese.                            (1)

 7.6    Verduidelik waarom Iris se handeling in reël 30 geloofwaardig is.                      (1)

 7.7    Dui aan hoe hierdie handeling verskil van haar lewensfilosofie.                        (2)

 7.8    Herlees reël 32.

        7.8.1   Sê wat die gevolg van die “nie luister nie” in Iris se lewe was en
                motiveer waarom dit haar gebaat het.                                           (2)

        7.8.2   Verdedig hierdie karaktereienskap van Iris deur na haar
                karakterverandering te verwys.                                                 (2)

        7.8.3   Hoe skakel die motto met reël 32?                                              (1)

        7.8.4   Is daar ŉ beter motto vir die verhaal? Motiveer jou siening.                  (1)
                                                                                             [25]

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   13

 VRAAG 8: OPSTELVRAAG
 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
 In die roman, Manaka, word die tema van Christenskap aangetref. Baas se
 godsdienssituasie op Manaka en sy verlede gee aanleiding tot sy konflik ten
 opsigte van Christenskap.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde én verwys na die wyse
 waarop Baas die tema van Christenskap uitdra en evalueer of Baas sy stryd
 opgelos het.                                                                           [25]
                                         OF

 VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG
 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse
 Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.
 TEKS 1

 1        Mark moet ook nog, as deel van hulle ooreenkoms,
 2        die boot met die vragmotor se hyskraan op ŉ paalstellasie
 3        vir die herstelwerk aan die romp. Baas dring daarop
 4        aan dat die boot op ŉ veilige hoogte bo die water moet lê.
 5        “ Net vir ingeval die werk aan die romp teen die volgende
 6        reënseisoen nog nie klaar is nie en ons ŉ frats-
 7        vloed kry.”
 8           Maar teen daardie tyd dryf sy boot al veilig aan sy
 9        anker op die Zambezi. Dis al wat hy te doen sal hê. Hy
 10       kan elke dag sy volle aandag aan die herstelwerk gee.
 11           Wat die materiaal om die werk af te handel presies
 12           gaan kos, weet hy nog nie, maar daaroor bekommer hy
 13       hom min. Dié wêreld is vol opsies – soos buffels jag - ás
 14       sy geld skraps raak.
 15            Hoe sal Mark James weet van al die buffels wat met
 16       die Mott-Mauser platgetrek is?
 17            Ná Mark se vertrek slaan Baas doringtakke in die
 18       seekoeipaadjie om die krokodille uit sy badkamer te hou.
 19       En hoe sal Mark James weet van die honderde wilde Brah-
 20       mane op Sable Ranch? Buffelvleis sal in sterk aanvraag
 21       wees by die plaaslike bevolking. Een ou bul soos Morena
 22       kan genoeg inbring om hulle vir ŉ maand of twee aan
 23       die lewe te hou. Dan is daar ook die moontlikheid van ŉ
 24       regeringskonsessie vir skiet van ŉ paar olifante per
 25       jaar.

 9.1    Gee die redes vir die bou van ŉ pontboot.                                        (2)
 9.2    Baas herdoop die boot en vernoem dit na sy ma.
        Watter karakter hou nie van die naam nie; sê waarom daar hierdie gevoel
        rondom die nuwe naam is en watter karaktertrek van hierdie persoon kom
        hier na vore?                                                                     (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 9.3    Verduidelik watter rol die Zambezirivier in Baas se lewe gespeel het.             (2)

 9.4    Herlees reëls 9 en 10.

        Verduidelik die implikasie van hierdie woorde; motiveer hierdie implikasie as
        jy aan sy familiegeskiedenis dink en motiveer of die gemeenskap hom sou
        aanvaar het indien Baas wél by die implikasie van dié woorde gebly het.           (3)

 9.5    Sê waarom dit vir Baas wel toe nodig was om van ander opsies gebruik te
        maak en noem die opsie wat hy gekies het .                                        (2)

                                             EN

 TEKS 2

 1         “Luister jy nie as ŉ mens met jou praat nie?”
 2         “Noem gerus my naam. En moenie ontsteld raak nie.
 3     Grace sê dit is nie goed vir iemand wat by die dood om-
 4         gedraai het nie.”
 5     Baas leun verder vorentoe, die Mauser styf teen sy lyf
 6     gedruk. “Ek kom goed klaar sonder geselskap,” sê hy
 7     weer.
 8         “Jy kan maar my naam sê, Baas. Nanna.” Sy draai na
 9     hom toe. “Sê my, is jy regtig ŉ Christen?”
 10        “ Wat maak van ŉ mens ŉ Christen?”
 11        ”Geloof, natuurlik.”
 12        “Is jy ŉ Christen?” Baas se oë bly op die pad.
 13        “Ja. Lyk dit nie vir jou so nie? Die kuiltjie in haar
 14    wang is weg.
 15        “En jou man?”
 16        “Jy noem hom mos ŉ helikopter-pilot. Maar wat is
 17    die verskil tussen julle?” Daar is ŉ ander soort drif in
 18    haar as toe sy vir Griesel kwaad was. “Hy spring ŉ me-
 19    ter hoog om by die maan te kom. Jy spring twee meter.
 20    En ons kan nie meet wie vaar die beste nie.”
 21        “Stop!”
 22        “Maar die belofte dat ons gaan kry waarvoor ons
 23    spring, is vir ons almal.”
 24        “Stop!” skreeu Baas weer. “Stop die bakkie!”
 25        Sy rem. “Wat gaan aan?”
 26        “Vlakvark. Dis die groot beer.” Hy spring met sy ge-
 27    weer uit en gaan staan langs die bakkie dat die honde
 28    kan kalmeer, sy oë op die diepgetrapte modderspore oor
 29    die pad.

 9.6    Watter karaktertrek van Baas blyk uit die uittreksel en op watter manier het
        hierdie karakterisering plaasgevind?                                              (2)

 9.7    Herlees reël 10.

        Gee redes waarom Baas konflik het oor hierdie vraag; sê wie sommer vroeg
        oortuig was van die feit dat Baas wel ŉ Christen is en verduidelik tot watter
        slotsom Baas aan die einde van die roman rondom hierdie konflik kom.              (4)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     15

 9.8     Herlees reël 15.
         Motiveer waarom ŉ moontlike nee op hierdie vraag regverdig sou wees en
         waarom Griesel van dubbele standaarde beskuldig sou kon word.                       (2)
 9.9     Wat verklap Griesel se woorde by meneer Mosoko se ma se begrafnis ten
         opsigte van Griesel se karakterontwikkeling en is dit geloofwaardig?                (2)
 9.10 Lewer kritiek op die gebruik van die honde as “karakters” in die roman.                (3)
                                                                                            [25]
                                                OF

 VRAAG 10: OPSTELVRAAG
 VATMAAR – AHM Scholtz
 Vatmaar is ŉ versameling verhale waarin die lewe van die bruin mense van Suid-
 Afrika geboekstaaf word. Hierdie verhale is besonder menslik en het soms ŉ
 lewensles daaruit te leer.
 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde deur na tant Wonnie;
 Bettie; oom Chai en Kenny te verwys. Evalueer die aktualiteit van die lewenslesse
 van hierdie karakters.                                                                     [25]
                                           OF

 VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG
 VATMAAR – AHM Scholtz
 Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.
 TEKS 1

 1        Jy het buite gespeel, my kind. Kaaitjie het sit en luister. Toe het sy vir Oom
 2      Normy ŉ koppie tee gegee. Sy het daarvan gehou om vir hom tee te maak,
 3      partymaal tot drie, vier koppies toe.
 4      Die mense van Vatmaar het my gereeld gevra: Het daai jong man jou nog nie
 5      gevra om te trou nie? Ek het altyd gedink ek hou van hom, maar ek het nie ’n
 6      man nodig nie.
 7        Oom Norman het ŉ paar keer gesê hy is op een maand verlof en daarna
 8      sal hy ŉ nuwe lewe begin. Ek het altyd gewonder wat hy bedoel. Toe, op ŉ
 9      baie koue Vrydagmiddag het hy skierlik oral rondgesoek na ŉ tentpen. Ek
 10     weet nie waar hy uiteindelik een gekry het nie, maar hy het die tentpen vir
 11     ons kom wys. Hy was baie gelukkig, net asof hy iets wat kosbaar was, gekry
 12     het. Dit het begin donker word en ek het vir hom gesê: Hoekom wil jy
 13     vanaand Pan toe loop? Jy kan mos hier slaap vannag.
 14       Hy het net gelag dat sy maag op en af gaan. Voor hy weg is, het Kaaitjie
 15     hom nog tee gegee.
 16       Dit was al laat, baie koud en donker buite. Hy het nog nooit tevore so laat
 17     by ons gebly nie en hy was ook nog nooit so aangenaam nie. Nooit het ons
 18     kon dink dat dit die laaste keer was dat ons hom lewendig sien nie.

 11.1    Watter voordeel hou dit in dat tant Wonnie hier die verteller is?                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2015)

 11.2   Verduidelik die ironie in die woorde “Het daai jong man jou nog nie gevra
        om te trou nie?” (reël 4) en gee ŉ voorbeeld van latere woorde en handeling
        wat egter hierdie woorde van tant Wonnie weerspreek.                                (3)
 11.3   Verduidelik hoe die woorde “... sal hy ŉ nuwe lewe begin.” (reël 8) met die
        tentpen se wys, skakel.                                                             (2)
 11.4   “Maar in daardie tentpen lê daar ook ŉ deel van Kaaitjie Muller”
        Watter afleiding kan ons uit hierdie woorde van Kaaitjie maak?                      (1)
 11.5   Gee die tema van die roman wat in hierdie gedeelte sterk na vore kom.               (1)
 11.6   Die probleem van onskuldige lyding is een van die temas van Vatmaar.
        Watter gebeure het aanleiding gegee tot tant Wonnie se insig dat God binne
        in jou woon en verduidelik hoe die mense van Vatmaar se optrede tydens
        die gebeure hierdie insig versterk het.                                             (4)
 11.7   Sal jy sê tant Wonnie se insig rondom God is volkome wanneer jy na die
        titel kyk? Motiveer jou antwoord.                                                   (1)
 11.8   Is die taalgebruik in Vatmaar geloofwaardig? Motiveer jou antwoord.                 (1)
                                             EN
 TEKS 2

 1         Toe hulle aanklop, maak ŉ bediende die deur oop.
 2        Is die Motta hier? vra Mevrou Bosman.
 3        Kô in, sit, sê die bediende.
 4        Sê die Meram ek kô, roep Motta Fatima agter uit die huis uit.
 5        Hier is sy en hier is die twee pond vir die haak, Motta, sê die witvrou toe
 6      sy eindelik opdaag, en sy glimlag en tik die ouer vrou op die skouer en sê:
 7      Jy ken mos jou werk.
 8        Die Motta knik. Moenie worry nie.
 9        Dan sê ek totsiens.
 10       Mevrou Bosman het die deur oopgemaak en vertrek en Kaaitjie alleen in ŉ
 11     vreemde wêreld agtergelaat.
 12       Die arme meisie – geen ander woorde het haar beter gepas nie – het
 13     alleen gestaan in ŉ wêreld waarvan sy niks geweet het nie. Dit het skoon en
 14     duur gelyk, maar die atmosfeer het haar gewaarsku.
 15       Hoekom brand daai stokkies wat in ŉ rou aartappel gesteek is en ŉ rook
 16     afgee wat ruik of dit die kamer moet skoonmaak van een of ander
 17     ongesiende ding? Hoekom het die Miesies hierdie vrou, wat sy Motta noem,
 18     twee pond gegee en gesê dit is vir die haak? En hoekom is sy weg, want ek
 19     het haar kar hoor wegtrek? Al hierdie gedagtes het deur Kaaitjie se kop
 20     gegaan.
 21       Ek kan nie loop nie, het sy vir haarself gesê. Ek moet wag en kyk.
 22       Toe die Motta inkom, staan sy nog op dieselfde plek, want niemand het
 23     gesê dat sy kan sit nie. Sy het Kaaitjie deeglik bekyk, asof sy wou seker
 24     maak sy sal haar herken as sy haar weer sien. Toe het sy die voordeur
 25     gesluit. Haar bediende het ŉ lang houtbank en koerantpapier ingedra en toe
 26     ŉ potjie Vaseline en iets wat in koerantpapier toegedraai is en dit op die
 27     tafel neergesit.

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    17

 11.9     Sê waar Kaaitjie haar bevind en verduidelik die rol wat dié ruimte in
          Kaaitjie se ontwikkeling van ŉ hartseer, bang jongvrou tot ŉ vreeslose
          jongvrou speel.                                                                  (2)

 11.10    Motiveer of die verandering in Kaaitjie van ŉ hartseer, bang jongvrou tot
          iemand wat vreesloos besluite neem, geloofwaardig is en verduidelik hoe
          hierdie optrede uiteindelik tot haar dood gelei het.                             (2)

 11.11    Sê wat die verband tussen Kaaitjie en Mev. Bosman is en wat Mevrou
          Bosman se aandeel aan Kaaitjie se hartseer was.                                  (2)

 11.12    Waaroor ervaar Mevrou Bosman baie innerlike konflik voor hierdie
          besoek?                                                                          (1)

 11.13    Motiveer waarom jy nie die stelling dat mevrou Bosman die goeie kant van
          die Afrikaner verteenwoordig, kan verdedig nie.                                  (1)

 11.14    Op watter wyse kom die verskil in sosiale agtergrond tussen Mevrou
          Bosman en Motta Fatima duidelik na vore?                                         (1)

 11.15    Op watter manier is Kaaitjie se nagedagtenis geëer?                              (1)

 11.16    Beskryf die stemming in die gedeelte met EEN woord.                              (1)
                                                                                          [25]

                                                             TOTAAL AFDELING B:            25

                                          EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2015)

 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.
 LET WEL:      Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas
               behandel het.
               Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE
               VRAAG.
               Indien jy die opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
               kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy die
               kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
               opstelvraag van AFDELING C beantwoord.
 VRAAG 12: OPSTELVRAAG

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 Beskryf en evalueer die uitbeelding van die twee manlike karakters, Map en
 Cavernelis, in die drama in ŉ opstel van 450–500 woorde.                                   [25]
                                           OF
 VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG
 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small
 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.
 TEKS 1

 1      MAP: Tommy Sobotker! En Cyril, en Richie, en Willy la
 2       Guma, en Blanchie ... almal...almal.. (Lag, dieselfde
 3       lag, en staar voor hom uit.) Almal hier, almal in hierdie
 4       strate, in hierdie huise, almal...(Lag) En die employers,
 5       o, almal die employers ... Hulle is almal so sympathetic
 6       ...Blanchie, ja, even Blanchie, almal is so sympathetic ...
 7       But ... (sê dit baie hard) but, but, but, but ...sympathetic,
 8       but ... (Stil. Lag weer.) Even Cyril en Richie! ... Apostel
 9       George, ek wiet jy't my ge-warn lat dit so sal wies, maar
 10      ...well ... 'is tough luck, Apostel George ... (Dan, skielik,
 11      skreeu hy ) ‘Is tough luck,Here! (Dan praat hy, sagter, met
 12      Antie Grootmeisie, iewers in die huis) 'Is tough luck, Ma!
 13      Lyster Ma?! ( Hy staan op, en praat asof hy voor ŉ spieël
 14      staan.) Here! ... en Ma! ... (Kyk na die baie tatoeërmerke
 15      op sy lyf) ... Nei ... (Lag) ... Hulle vat jou nie so nie! Hulle
 16      accept jou nie so nie! Map Jacobs, hulle vát jou nét nie
 17      so nie! ‘Cause why? ‘Cause hulle kan sién waarvandaan
 18      jy kom, jou history is op jou arms, op jou lyf, op jou nek,
 19      op jou gesig even ... jou history en jou geography, jou ...
 20      alles! (Lag weer) Hulle vat ga' vir jou so nie! (Stil. maar
 21      die straat beweeg, en hy wys na almal daar.) Ma! Ek was
 22      al by ŉ hele élf employers. Miss Africa, die social worker,
 23      sy help ... maar, dan kom jy daar, en although Miss Africa
 24      ge-phone het, voor 'ie tyd, sê die manager se secretary, of
 25      so iemand, Have you got any testimonials, mister Jacobs,

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    19

 26        while sy vir jou so kyk lat die tattoos onner jou hemp
 27        en polo-neck wárm word en bránd ... Any testimonials?
 28        (Lag) Ma! Dan wil ek skree en ek wil sê, Well, nee, except
 29        vir my tattoos nie ... maar dan bly ek stil ... banggat wat
 30        ek is, dan bly ek stil ... maar after all, ek is in-wanted
 31        nou ... Dan sê ek, nei, ek is sorry, Sir, ek is sorry, Madam,
 32        maar ek het nie testimonials nie ... Where were you
 33        working last, vra hulle dan vir my ... en wat kan ek sê,
 34        'cause last is nie last soes tién jaar gelede nie, Ma, last
 35        is mos soes láás jaar! En wat kan ek dan sê? (Lag)
 36        Innie tronk, meneer, innie tronk, juffrou! Daai’s waar ek
 37        was laas! Ek was in vir ... Ek het twaalf jaar gekry, ek
 38        het sewe jaar geserve, ek is hierso nou 'cause ek is yt op
 39        parole! Ek het my goed gedra, ek was jammer oor alles,
 40        ek ... (Lag, beweeg oor die verhoog.) En jou rekord, mister
 41        Jacobs, was vir ...?

 13.1   Herlees reëls 1 en 2.

        Verduidelik waarom ons kan sê dat al die genoemde persone ook
        gevangenis is.                                                                         (1)

 13.2   Wat was die oorsaak van hierdie gevangenisskap?                                        (1)

 13.3   Motiveer waarom jy kan saamstem dat die oorsaak van dié gevangenisskap
        nie noodwendig op Map van toepassing hoef te gewees het nie.                           (1)

 13.4   Sê watter van hierdie persone probeer vrykom; noem die manier waarop hul
        probeer vrykom en of dit geslaagd is.                                                  (3)

 13.5   Herlees die neweteks in reëls 11 en 12.

        Watter karaktereienskap van Map kan ons hieruit aflei en waarom is dit
        ironies?                                                                               (2)

 13.6   Herlees reëls 15 en 16.

        13.6.1        Watter gesindheid van die gemeenskap lees ons hier raak?                 (1)

        13.6.2        Op watter maniere laat die dramaturg die leser Map se
                      ontnugtering ervaar?                                                     (2)

        13.6.3        Noem redes waarom Map ontnugter is en motiveer of die optrede
                      van die gemeenskap geregverdig is gesien in die lig van wat in die
                      tronk gebeur het.                                                        (3)

 13.7   Gee ŉ rede waarom Map sy lyf so laat tatoeëer het en haal ŉ frase aan om
        jou antwoord te motiveer.                                                              (2)

 13.8   Die tatoeëring bring ook naamgewing mee.

        Verduidelik die simboliek in die naam soos Blanchie vir Map aanspreek.                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 13.9    Herlees reël 29.

         13.9.1      Verduidelik hoe Map se stilte by die motoriese moment van die
                     drama aansluit.                                                        (2)

         13.9.2      Sou jy sê Map is regverdig teenoor homself om te sê hy is ŉ
                     banggat? Motiveer jou antwoord.                                        (1)

         13.9.3      Verduidelik hoe Map se terugkeer na sy huis met die titel van die
                     drama skakel en verduidelik hoe hierdie tuiskoms met sy siening
                     oor homself in hierdie reël kontrasteer.                               (4)

 13.10   Map lag verskeie kere in dié gedeelte.

         Watter stemming skep dit?                                                          (1)
                                                                                           [25]

                                                OF

 VRAAG 14: OPSTELVRAAG

 MIS – Reza de Wet

 Beskryf en evalueer die uitbeelding van die twee manlike karakters, Konstabel en
 Pa, in die drama in ŉ opstel van 450–500 woorde.                                          [25]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       21

 VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG

 MIS – Reza de Wet

 Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

 TEKS 1

 1      MIEM     :        Jy’t reg opgetree, Gertie. Vanaand moet ons almal saam
 2        staan.
 3      MEISIE : Gisteraand het ek ook ŉ uil gehoor. In die boom net
 4        voor my venster.
 5      MIEM          :   My arme kind. Maar moenie jou bekommer nie.

 6      GERTIE        :   Ek wil tog nie moeite wees nie.

 7      MIEM      : Nee wat, Gertie, dis geen moeite nie. Jy kan op die klein
 8        bedjie in my kamer slaap. Meisie, neem solank juffrou Gertie
 9        se goed kamer toe.

 10     MEISIE : Ja, Ma. (Tel die hoed en die tassie op en verdwyn deur
 11       die gangdeur.)

 12     GERTIE        :   (roep agter haar aan) Dankie, Meisie!

 13     ŉ Sagte huilwind word gehoor.

 14     MIEM       : (sag) Ek is bly jy is veilig by ons, Gertie. (Kyk vlugtig
 15       na die gangdeur) As ek net dink aan die moordenaar ... die
 16       verkragter wat weer vannag deur die dorp sluip ... op soek na
 17       sy prooi.

 18     GERTIE        :   (gril) Jy gee my skoon die rillings, Miem.

 19     MIEM      : Dit is net die onsekerheid. Waar sal hy toeslaan? Wie sal
 20       dit wees?

 21     GERTIE : Hoe aaklig! Maar dan is daar natuurlik dié wat sê
 22       ons maak te veel van die ding. Dat Tok Pieterse se Rienie
 23       en Hannah Koen se Sannie maar net weggeloop het ... uit
 24      ontevredenheid ... en frustrasie.

 25     Terwyl MIEM verder praat, kom MEISIE weer binne, gaan sit en werk verder.

 26     MIEM       : Ek wil dit nie hoor nie. Ek wil dit nie weer hoor nie! Dit
 27       ontstel my te veel. Al die arme sotte wat nie die gevaar besef
 28       nie. (Snork) Op pad hierheen het jy seker die tent net buite
 29       die dorp gesien?

 30     GERTIE        :   Ja. En baie mense wat toustaan om in te gaan.

 31     MEISIE        :   (opgewonde) Is daar baie liggies en is die tent groot?

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2015)

 32      MIEM      : (kwaai) En vir wat wil jy weet! (Aan GERTIE) Die dwase!
 33        Maar ek was my hande in onskuld. Ons het gewaarsku en
 34        gewaarsku, maar hulle wou nie hoor nie! As ek dink aan die
 35        aaklige mense. Rondlopers en kwaaddoeners.

 36      GERTIE : Om nie eers te praat van die fratse nie! (Gril) Om net
 37        daaraan te dink...

 38      MIEM         :   Fratse? Watse Fratse?

 39      GERTIE       :   In die kleiner tent langsaan. Jy moet betaal om in te
 40        gaan.

 41      MIEM         :   En hoe weet jy van ... hierdie fratse?

 42      GERTIE       :   (verbouereerd) Ek?

 43      MIEM         :   Ja. Jy.

 44      GERTIE       :   Wel ...

 45      MIEM         :   Het jy hulle gesien?

 46      GERTIE       :   Ja. (Vinnig) Net een maal.

 47      MIEM         :   Maar Gertie, hoe kon jy soontoe gaan?

 48      GERTIE : Sien ... ek wou na hierdie arme skepsels gaan kyk ...
 49        hierdie armsalige en gebreklike wesens ... sodat ek my
 50        seëninge kan tel. Om ander se ongeluk te aanskou ... maak ’n
 51        mens so innig dankbaar ...

 15.1    Herlees reël 1.

         Verklaar die verskuilde boodskap wat in Miem se woorde opgesluit lê.                 (2)

 15.2    Herlees reël 5.

         Waarom is die troos wat Miem hier bied ironies wanneer jy die einde van die
         drama in ag neem?                                                                    (1)

 15.3    Op watter maniere word daar spanning in die gedeelte geskep?                         (2)

 15.4    Herlees reël 21–24.

         15.4.1      Watter belangrike inligting met betrekking tot die intrige van die
                     drama word hier aan die gehoor oorgedra?                                 (3)

         15.4.2      Waarom is bogenoemde inligting in die drama belangrik?                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2015)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   23

 15.5     Herlees reëls 31 en 32.

          15.5.1      Verduidelik waaroor die konflik tussen Miem en Meisie in hierdie
                      uittreksel ontstaan, asook die rede daarvoor.                          (2)

          15.5.2      Verduidelik hoe hierdie konflik by die tema van die drama
                      aansluit.                                                              (2)

 15.6     Herlees reëls 33 en 34.

          Verklaar die gebruik van die herhaling.                                            (2)

 15.7     Herlees reël 36.

          Sê om watter rede Gertie se woorde en handeling nie geloofwaardig is nie;
          motiveer waarom sy dit wel doen en noem wat sy daarby kan baat.                    (4)

 15.8     Herlees die neweteks in reëls 42 en 46.

          Watter inligting aangaande Gertie se karakter kan ons hieruit aflei?               (1)

 15.9     Op watter wyse word die buiteruimte in hierdie uittreksel betrek en wat is
          die doel daarvan?                                                                  (2)

 15.10    Waar in die bou van die drama pas hierdie gedeelte in en watter funksie
          verrig hierdie fase van die drama?                                                (3)
                                                                                           [25]

                                                               TOTAAL AFDELING C:            25
                                                                   GROOTTOTAAL:              80

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2015](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2015/6b16bd4c-c416-4e2b-83f0-7b3253c4e204) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [AFR HL P3 GR12 SEPT2015 QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr12-sept2015-qp/0b9d2a84-fde5-433c-8a89-1d4ca3c1e03e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2015/cdab90d4-3d84-4b91-af49-f2c24059a99e) — Afrikaans HL · QP · 2015 · Afr
- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2018 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92) — Afrikaans HL · QP · 2018
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
