# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 28 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 28

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 28 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2016

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.    Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.

2.    Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op bladsy 4 en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy bestudeer het. Lees daarna die vrae oor die
      tekste wat jy gedoen het en kies die soort vraag wat jy wil doen. Neem
      die voorskrifte by elke vraag in ag.

3.    Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte        (30)
      AFDELING B: Roman          (25)
      AFDELING C: Drama          (25)

4.    Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit
      AFDELING B en EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedig – VERPLIGTE vraag

      AFDELING B: ROMAN
      Beantwoord EEN vraag.

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

5.    KEUSE VAN VRAE BY AFDELING B (ROMAN) EN AFDELING C
      (DRAMA)

          Beantwoord SLEGS die vrae oor die roman en drama wat jy
          bestudeer het.
          Beantwoord EEN LITERÊRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE
          VRAAG. As jy die literêre opstel in AFDELING B beantwoord, moet jy
          die kontekstuele vraag in AFDELING C beantwoord. As jy die
          kontekstuele vraag in AFDELING B beantwoord, moet jy die literêre
          opstel in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou
          te help.

6.    LENGTE VAN ANTWOORDE

           Die lengte van die literêre opstel vir die gedig is 250–300 woorde.
           Die lengte van die literêre opstel vir die roman en drama is
           onderskeidelik 400–450 woorde.
           Die lengte van die antwoorde van die kontekstuele vrae word bepaal
           deur die puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae
           bondig en relevant.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                             3

7.     Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

8.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in
       hierdie vraestel gebruik is.

9.     Beantwoord ELKE afdeling op ’n NUWE bladsy.

10.    Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A: ongeveer 40 minute
       AFDELING B: ongeveer 55 minute
       AFDELING C: ongeveer 55 minute

11.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

4                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2016)

INHOUDSOPGAWE

Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
vraestel deur te lees.

AFDELING A: GEDIGTE

Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
VRAAGNOMMER                           VRAAG                    PUNTE       BLADSY
1. Vroegherfs                     Literêre opstel                10           6

2. Een sprong vir ...                 Kontekstuele vraag         10            7

3. Die huis luister                   Kontekstuele vraag         10            8

4. Last grave at Dimbaza              Kontekstuele vraag         10            9
                                        EN

Ongesiene gedig: VERPLIGTEND
5. Om groot te word                   Kontekstuele vraag         10            10

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.*
6. Die kwart-voor-sewe-lelie            Literêre opstel          25            11

7. Die kwart-voor-sewe-lelie          Kontekstuele vraag         25            11

8. Manaka Plek van die Horings          Literêre opstel          25            14

9. Manaka Plek van die Horings        Kontekstuele vraag         25            15

10. Vatmaar                             Literêre opstel          25            17

11. Vatmaar                           Kontekstuele vraag         25            17

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.*
12. Krismis van Map Jacobs             Literêre opstel           25            20

13. Krismis van Map Jacobs           Kontekstuele vraag          25            20

14. Mis                                Literêre opstel           25            23

15. Mis                              Kontekstuele vraag          25            24

*LET WEL:      Beantwoord EEN LITERȆRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE
               VRAAG uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   5

KONTROLELYS

Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy al die vereiste vrae
beantwoord het.

                 AFDELING                   VRAAG-          GETAL VRAE          MERK
                                            NOMMER         BEANTWOORD             ( )
A: Gedigte                                    1–4               2
(Voorgeskrewe gedigte)
A: Gedigte                                       5                1
(Ongesiene gedig)
B: Roman                                       6–11               1
(Literêre opstel of kontekstuele vraag)
C: Drama                                      12–15               1
(Literêre opstel of kontekstuele vraag)

LET WEL:       Beantwoord EEN LITERȆRE OPSTEL en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
               uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

6                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING A: GEDIGTE

VOORGESKREWE GEDIGTE

Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

VRAAG 1: LITERÊRE OPSTEL

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vraag wat volg.

Vroegherfs – N.P. van Wyk Louw

1    Die jaar word ryp in goue akkerblare,
2    in wingerd wat verbruin, en witter lug
3    wat daglank van die nuwe wind en klare
4    son deurspoel word; elke blom word vrug,
5    tot selfs die traagstes; en die eerste blare val
6    so stilweg in die rook-vaal bos en laan,
7    dat die takke van die lang populiere al
8    teen elke ligte môre witter staan.
9    O Heer, laat hierdie dae heilig word:
10   laat alles val wat pronk en sieraad was
11   of enkel jeug, en vér was van pyn;
12   laat ryp word, Heer, laat U wind waai, laat stort
13   my waan, tot al die hoogheid eindelik vas
14   en nakend uit my teerder jeug verskyn.

                                               [Uit: Vier gebede by jaartye in die Boland, 1937]

Drie prosesse in die natuur word in die oktaaf van hierdie gedig beskryf en dan word
dit in die sestet op die mens van toepassing gemaak.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 250–300 woorde.                                          [10]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                                     Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        7

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Een sprong vir ... – Joan Hambidge

1      Jy wil weet
2      waarom herstel ek nie –
3      want jy het my die maan,
4      sterre en uitspansel beloof.

5      Jy stuur my na die maan
6      en á la Neil Armstrong beweeg
7      ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8      karteer die kraters, die stil verwoesting
9      wat jy saai, plant ŉ vlaggie van rekapitulasie
10     (dis verby, dis verby, dis ...) op die silw’rige planeet.

11     Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12     genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13     wys my foto’s vir diegene wat wil sien,
14     neem stukkies maankors saam
15     en weet ná maande
16     die maan is hiér.

17     Jy wil weet
18     waarom vergeet ek nie –
19     omdat ek weet die maan
20     is beslis nie van kaas.

                                                                    [Uit: Kriptenomie, 1989]

2.1    Waarna verwys die titel van die gedig?                                                  (1)

2.2    Gee die funksies van die ellips in die titel en die aandagstreep in versreël 2.         (2)

2.3    Wat is die effek daarvan as die spreker selfs die uitspansel beloof is? Gee
       redes hoekom die spreker juis na só ŉ belofte nie kan herstel nie.                      (2)

2.4    Wat is die funksie van die herhaling in die parentese in versreël 10?                   (1)

2.5    Hoe word ŉ hegte eenheid in die gedig bewerkstellig?                                    (1)

2.6    Wat sê die spreker eintlik met haar antwoord in die slotstrofe? Noem TWEE
       verbande wat jy glo tussen die bundeltitel en die spreker se besef in hierdie
       gedig gelê kan word.                                                                     (3)
                                                                                               [10]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 8

8                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Die huis luister – Daniel Hugo

1      my kamers is hol soos ŉ binne-oor
2      ek hoor hoe die bewoners roesemoes
3      liefde maak, verwyt, mekaar vertroos, skoor
4      soek met die goor hede, nooit tevrede
5      aanhou kibbel oor kon en sou en moes

6      luister, ek bewaar julle verlede
7      my fondamente kraak onder die las
8      my plafonne raak voos van die eggo’s
9      te veel vloeke laat my pleisterwerk bars
10     jare se trane laat my rame roes

11     so word ons saam verweer deur dit wat was
12     my dakplate en julle gebede
13     fluister en knal al hoe harder om hulp
14     ongehoord in elke nag se oorskulp

                                                                  [Uit: Dooiemansdeur, 1991]

3.1    Wat is die rede vir die gebruik van personifikasie in die titel van die gedig?
       Gee ŉ rede waarom luister hier beter as byvoorbeeld hoor is.                            (2)

3.2    Wat beteken kibbel in versreël 5?                                                       (1)

3.3    Waarom is die gebruik van die polisindeton in strofe 1 effektief?                       (1)

3.4    Wat is die funksie van die o-,v- en r-alliterasie in strofe 2?                          (1)

3.5    Gee die figuurlike betekenis van knal in versreël 13 en verklaar hoe dit
       aansluit by die spreker se aanklag op die moderne huisgesin.                            (2)

3.6    Tot watter slotsom kom die spreker in versreël 13–14? Gee ook die twee
       betekenismoontlikhede vir ongehoord in die laaste versreël van die gedig.                (3)
                                                                                               [10]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       9

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

“last grave at dimbaza” – Fanie Olivier

1        beauty douglas was born
2        op ŉ wintersnag so all forlorn
3        omring deur die sterre se liggies
4        en koerante kaal klip
5        en nuuskierige hande
6        en tien ander gesiggies
7        a ŉ dogter oplaas ŉ dogter
8        om beeste te kry om die wêreld
9        te wei a dis lekker
10       om ŉ vader te is te is

11       die ma het ŉ briefie geskryf
12       aan haar man op die myne
13       om te sê van die kind en te vra van die geld
14       want dit was sy kind die dogter
15       was syne om te sê: o my man
16       o my man ek het beeste gebaar
17       op ŉ wintersnag so all forlorn
18       met die sterre soos goud en die mielies klaar
19       beauty douglas your daughter was born

20       sy hart het oopgeskiet tussen lae klip
21       opgeskiet boontoe en oopgevou
22       in ŉ laatnagbrief: my vrou
23       my vrou sê aan beauty douglas
24       haar pa het haar lief.
25       hy’t sy brief gepos met sy viersentseël
26       ŉ lugposbrief aan beauty douglas
27       om te sê hy’t haar lief
28       die adres was mnxesha
29       oor kingwilliamstown kaap

30       saans as hy sy moegheid streel
31       het hy gedroom van sy meisiekind
32       en op ŉ sonskynmiddag twee maande later
33       het ŉ brief uit mnxesha hom teruggevind:

34       “beauty douglas was born
35       she died”

                                                               [Uit: Skimmellig, 1978]

4.1      Waar presies is Dimbaza geleë en watter rol het die Britte gespeel om dié
         klein dorpie bekend te maak?                                                    (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

4.2    Haal DRIE voorbeelde van intertekstualiteit uit die gedig aan.                        (3)

4.3    Verklaar die figuurlike betekenis van versreël 16.                                    (1)

4.4    Benoem en verklaar die beeldspraak in reël 20–21.                                     (2)

4.5    Hoekom is die digter so spesifiek in die gegewe rondom die seël in versreël
       25?                                                                                   (1)

4.6    Verklaar hoe die gebroke rym die stemming van hierdie gedig ondersteun.               (1)
                                                                                            [10]

                                             EN

ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

Beantwoord VRAAG 5.

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Om groot te word – Maryke Heyns

1      Om groot te word
2      is so tussenin.
3      Grootmensdinge is nog ver,
4      kinderdinge word min.

5      Kom ons lag weer vrolik
6      vir die maan se vet, geel gesig.
7      Kom ons bring die trane
8      oor ŉ dooie voëltjie terug.
9      Kom ons eet weer slap-tjips
10     en lek ons vingers af.
11     Kom ons word weer kinders.
12     Kom ons word weer laf!

13     Nou huil ons in ŉ kussing
14     en wonder waarom.
15     Nou raak ons verlief
16     en dink die wêreld glimlag krom.
17     Nou’s ons so tussenin, vals noot,
18     want: ons word groot.
                                                                    [Uit: Poort, 1974]

5.1    Hoe versterk die titel van die gedig die idee dat grootword ŉ proses is?              (1)

5.2    Wat word ŉ vierreëlige strofe (strofe 1) genoem?                                      (1)

5.3    Motiveer waarom die tipografiese plasing van die woord tussenin in versreël
       2 funksioneel is.                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)             AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  11

5.4      Benoem die beeldspraak in versreël 6 en verklaar die betekenis van vet,
         geel gesig.                                                                (2)

5.5      Benoem die opdragwoord in strofe 2 en gee ŉ rede hoekom die spreker
         hierdie opdragte uitdeel.                                                  (2)

5.6      Waarom word die tiener met ŉ vals noot vergelyk? Gee redes waarom jy
         saamstem of verskil van dié beskrywing.                                    (3)
                                                                                   [10]

                                                        TOTAAL AFDELING B:          30

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 12

12                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING B: ROMAN

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 6: OPSTELVRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Die ruimtes in hierdie roman dra soms positief en soms negatief by tot Iris se begeerte
om te blom.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde deur te evalueer hoe haar
ouerhuis, die tuin van haar ouerhuis, Frankryk en New York, Vermont en ook haar
werkruimte haar lewensbegeerte om te blom ondersteun.                                      [25]

                                          OF

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1           “Jy’s terug. Het ek lank geslaap?”
2           Ek het na my horlosie geloer. “Omtrent ŉ uur. Sal ek vir jou vars tee
3        maak?”
4           Hy het regop gesit en die deken soos ŉ mantel oor sy skouers getrek. Die
5        satynagtige stof en die goue kleur het dit nogal koninklik laat lyk. “Koffie,
6        asseblief.” Hy het na sy sigarette gesoek en een aangesteek.
7           “Hoekom wou jy vroeër tee hê en nou koffie?”
8           “Ek het nie van daardie man gehou nie.” Hy het regop geskuif sodat hy
9        met sy rug teen die muur kon sit. Ek kon sien hy word wakker, ordentlik
10       wakker. “Het jy lekker geëet?”
11          “Ja.”
12          “En met niemand gesels nie?”
13          Ek het stilgebly.
14          “Iris. Vertel die waarheid.”
15          “Die man het eerste met my gepraat. Wat kon ek doen?”
16          “En wat wou hy hê? Het hy ook aangebied om jou beroemd te maak?”
17          “Nee. Hy’t my vuurhoutjies gevat omdat hy dit versamel en toe het hy
18       geloop.”
19          Ek het op my eie bed gaan sit ná ek sy koffie vir hom gegee het. Hy het sy
20       hand uitgehou na my.
21          “Kom sit hier langs my,” het hy genooi.
22          “Liewers nie.”
23          “Hoekom nie?”
24          “Jy weet wat sal gebeur.”
25          Hy het geglimlag en ek moes my inhou of ek het oorgeduik in sy arms in.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    13

26       “Nou ja?” het hy gesê.
27          “Ek dink ons moet mekaar net eers weer leer ken,” het ek preuts gesê, wel
28      wetende dat ek nie lank sal uithou nie. Maar op daardie oomblik het die
29      telefoon gelui...

7.1     In watter spesifieke ruimte bevind Iris haar in hierdie gedeelte?                   (1)

7.2     Watter karaktertrek van Iris kom in reël 4–5 na vore? Van watter hulp en
        waarde is hierdie karaktertrek vir haar deur die loop van die roman?                (2)

7.3     Wie is die man na wie Peter in reël 8 verwys? Skryf Iris se lewensfilosofie neer
        en motiveer hoe dié man se optrede hierdie lewensfilosofie ondersteun.              (3)

7.4     Waarom is die verteller in reël 13 funksioneel?                                     (1)

7.5     Watter gevoel word deur Peter se dialoog in reël 16 weergegee?           Gee ’n
        regverdigbare rede hoekom Peter so met Iris sou kon praat.                          (2)

7.6     Is Iris se opmerking in reël 27 dat sy en Peter mekaar nie meer goed ken nie,
        geregverdig? Motiveer jou antwoord. Gee ook bewyse uit die roman dat Iris
        en Peter se verhouding tot dusver baie oppervlakkig was.                            (3)

7.7     Wat beteken deus ex machina? Verklaar hoekom die lui van die telefoon in
        reël 28–29 as ’n deus ex machina tussen Peter en Iris beskou kan word.              (2)

7.8     Die telefoongesprek wat na hierdie gedeelte volg, het oor die aflewering van ’n
        kabelgram gehandel. Wat was die inhoud van hierdie kabelgram?                       (1)

                                               EN

TEKS B

1           Ek het maar gaan slaap. Toe ek die lig afskakel, het ek die Engel op die
2       vensterbank sien sit, sy gesig na die tuin gedraai.
3           “Jy het weer drooggemaak,” het ek verwyt. “Waar was jy toe jy ’n oog oor
4       die man moes hou?”
5           “Dis sy lewe.”
6           “Jy kan maklik praat. Jy is vry van aardse drange. Sover ek weet.”
7           Hy het waardig geswyg.
8           “En ons is swak. Ek wens ek was jy, verby hierdie aardse geploeter.”
9           “Jy sal ook eendag soos ek word.”
10          “Dink jy so?” Dit was ’n fassinerende gedagte. Sou ek ook op mense se
11      vensterbanke rondsit en advies aanbied of weier? Sou ek ook saam met my
12      toegewysde persoon in vliegtuie vlieg, in vreemde wêreldstede rondloop
13      sonder om eers my roksoom vuil te maak? “Maar jy is nie altyd by my nie,” het
14      ek hom herinner. “Ek hoop ten minste nie so nie. Dit sou pervers wees as jy
15      altyd op my vensterbank na my sit en loer.” ŉ Ander gedagte het my getref.
16      “Dink jy ek blom dalk eers ná ek dood is? Gaan my bloeityd eers kom as ek my
17      sigbaarheid verloor het?”
18          “Party mense blom ongesiens,” het hy gesê. “So onverwags dat niemand dit
19      eers opmerk nie.”

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 14

14                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                 (EC/SEPTEMBER 2016)

20         “Soos Ma se lelie.”
21         “Iets in dier voege, ja.”

22     Net Polder Twee het opgetree soos hy moes. Sy lewe het jaar na jaar
23     onveranderd voortgegaan. Hy het nie skielik kleintjies gekry of ŉ dramatiese
24     persoonlikheidsverandering ondergaan nie.

7.9    Watter soort konflik kom in reël 3–4 voor en wie is die man na wie Iris
       verwys?                                                                          (2)

7.10   Herlees reël 13 van Teks A.

       Watter ooreenkoms is daar tussen Iris se handeling in Teks A en dié van die
       Engel in Teks B?                                                                 (1)

7.11   Reël 16–21 raak die hooftema van hierdie roman aan. Dink jy die tema van
       die roman is universeel-geldend? Motiveer jou antwoord. Watter belangrike
       lesse het jy uit hierdie roman geleer?                                           (3)

7.12   Reël 22–24 raak die aspek van verandering aan. Noem die ironiese
       wending wat Iris, haar ma en haar twee susters se karakters in hierdie roman
       neem.                                                                            (4)
                                                                                       [25]

                                               OF

VRAAG 8: OPSTELVRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Die verhouding tussen die mens en die natuur is ŉ belangrike aspek wat deurgaans
in hierdie roman uitgelig word.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde deur Baas se respek vir
die natuur en sy liefde vir sy honde onder die soeklig te neem.                        [25]

                                          OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     15

VRAAG 9: KONTEKSTUELE VRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1           Laatmiddag kry Baas die bougainvilleabos waarvan Mark gepraat het,
2       veertig kilometer van Sioma af teen die hang van die ysterkliprant. Dis ŉ dik
3       stomp. Daar is geen teken van lewe in die uitgedroogde takke nie. Langs die
4       verwronge stam hang ŉ stuk sinkplaat met die woorde Manaka Evangelical
5       Mission netjies daarop geverf.
6           Hy vleg tussen groot rotsblokke in die ongebruikte paadjie teen die bult af,
7       rivier se kant toe. Op ŉ gelykte, net onderkant die eerste skuinste, staan enkele
8       witgekalkte steengeboutjies tussen yl kanniedoodbome, ŉ knoppiesdoring en ŉ
9       sukkelende jong worsboompie. Die harde rantjiesveld is besaai met ronde
10      ysterklippe. Party van die geboue se dakbalke het geknak en die sinkplate het
11      meegegee. Net een van die deure lyk nog bruikbaar. Die vensterrame staan
12      sonder ruite.
13          Op die volgende plato verander die plantegroei dramaties. Tropiese
14      rankplante slaan in die diep sandgrond hulle arms om jakkalsbessiebome,
15      kierieklapper, waterhoutbessie, geelmelkhout, knoppiesdoring en ŉ groot
16      wildevy.
17          Op die rand van die gelykte, net duskant die laaste skuinste na die water
18      toe, groei die grootste worsboom wat Baas ooit gesien het. Onder die boom
19      staan vier rye verrotte houtbankies op ingeplante paalstellasies.
20          ŉ Swartriethaan skarrel vir skuiling tussen die riete deur. In die beskutting
21      van die worsboom slaan Baas die Land Rover se agterklap oop. ŉ Swerm
22      kleurvolle papegaaiduiwe skrik uit die wildevyboom weg. Die twee honde spring
23      af en hardloop met kromgetrekte rûe heen en weer tussen die plantegroei deur.
24      Hulle is oorweldig deur die misterie van die omgewing. Lady kom eerste na
25      Baas toe terug.

9.1     Wie is Mark na wie daar in reël 1 verwys word? Gee bewyse uit die verhaal dat
        hierdie man ŉ belangrike rol in Baas se lewe speel.                                  (3)

9.2     Waarna verwys die bougainvillea (reël 1)-motief? Beskryf die progressie wat
        deur die loop van die roman in hierdie motief/beeld opgemerk word.                   (3)

9.3     Die kursiefgedrukte woorde in reël 4–5 lei die belangrike godsdiens-tema in die
        verhaal in. Gee ŉ rede waarom hierdie tema aanvanklik vir Baas problematies
        is. Gee ook TWEE bewyse dat sy koms na Manaka bydra tot konflik oor
        hierdie tema en sê hoe hierdie konflik uiteindelik opgelos word.                     (4)

9.4     Benoem die beeldspraak in reël 14.                                                   (1)

9.5     Watter soort verteller is in hierdie teks aan die woord?                             (1)

9.6     Gee redes hoekom Baas in hierdie verhaal as ŉ buitestaander bestempel kan
        word.                                                                                (3)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

16                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2016)

TEKS B

1            Baas laat oom Scholtzie voor hom in die voetpaadjie loop. Iewers van
2        die kamp se kant af hoor hulle ouma Essie lawaai.
3            “Ek het nog nie met die ander gepraat nie, maar ons sal seker vroemôre
4        ŉ diensie hou. Dit sal vir my ŉ groot voorreg wees as jy ook wil kom aansit
5        by die tafel van die Here.”
6            Baas antwoord nie.
7            Oom Scholtzie gaan staan. Hy kyk nie om nie. “Wat sê jy, Baas?”
8            “Ek moet na die khuta toe gaan.”
9            “Die stamkapteins begin nie vroeg nie. Hulle het vir Grieseltjie ook
10       ontbied.”
11           “Dan sal ek maar daar wees, oom.”
12           “Dankie, Baas.” Oom Scholtzie begin weer loop.
13           Ouma Essie se stortvloed woorde word hewiger. Hulle kry haar onder
14       die wildevyboom waar sy met swaaiende arms en stampende kierie in
15       Sizoli op meneer Chisupo skel. Grace probeer haar van die man af
16       wegdruk. Meneer Johnnie staan op ŉ veilige afstand.
17           Meneer Chisupo staar ouma Essie woordeloos aan. Eindelik lig hy sy
18       hand en wys vir haar vinger. Sy klap sy hand weg en wys vir hom ook
19       vinger. Hy bly staan, hoe sy hom ook al onder die boom uit probeer
20       verwilder. Hy hardloop eers toe Longwane op hom afsluip, haar kop laag,
21       die nekhare orent. Longwane skiet tjankend van pyn verby en keer hom
22       voor, terug na Baas toe. Baas gryp die hond.
23           “Zwa! Zwa!” skreeu ouma Essie meneer Chisupo agterna, soos ŉ mens
24       vir ŉ hond skreeu as jy hom wegjaag.
25           Baas dra Longwane terug afdak toe.

9.7      Waarom sal Lady (Teks A) Baas nader aan die hart lê as Longwane
         (Teks B)?                                                                          (1)

9.8      Watter belangrike rol vervul Lady en Brindle onderskeidelik in Baas se
         lewe?                                                                              (2)

9.9      Herlees reël 13.

         Hoe beskryf Ouma Essie haarself in die roman en waarvan raak haar
         karakter op dieperliggende vlak verteenwoordigend?                                 (2)

9.10     Benoem die soort konflik in reël 13–16 en gee ŉ rede vir dié konflik.              (2)

9.11     Wat is die rol van die verteller in reël 21–22?                                    (1)

9.12     Hoe voel die Lozi-mense oor Chisupo en watter fatale daad pleeg hy?                (2)
                                                                                           [25]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 17

(EC/SEPTEMBER 2016)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                       17

VRAAG 10: OPSTELVRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Ma Khumalo en Oupa Lewies leef liefde oor die grense heen uit. In teenstelling staan
Tommy Lewies en Mevrou Bosman.

Bespreek hierdie stelling in ’n opstel van 400–450 woorde.                                     [25]

                                            OF

VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Lees die uittreksels hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1         Tant Wonnie is na die magistraat se kantoor geneem.
2             Oh yes, het hy gesê. Please sit.
3             Hy het die stoel vir haar uitgetrek. Toe het hy agter sy lessenaar gaan sit
4         en ŉ trousertifikaat-boek uitgehaal. Maiden name? het hy gevra.
5             Yvonne Schmidt.
6             Born?
7             Rehoboth.
8             Date?
9             Onbekend.
10            Husband?
11            Heinrich Müller.
12            Born?
13            Windhoek.
14            Date?
15            Onbekend.
16            Hy het die sertifikaat onderteken – Steven Collins, Magistrate – en dit
17        gestempel. Tant Wonnie het haar kruisie getrek.
18            Veels geluk, het hy geglimlag, Mevrou Müller – en sy hand vir haar
19        uitgehou. Nadat hy haar die vel papier gegee het, het hy na haar gekyk om te
20        sien of daar regtig ŉ traan was. En daar was dit weer, net die een druppel.
21            Sy het haar kop laat sak sodat die traan nie oor haar wang moet rol nie.
22        So very feminine, het hy gedink. Hy het haar hand opgetel en dit gesoen.
23            Die aanklaer wat by die deur gewag het, het gesê: Diékant toe, Antie. Sal
24        ek voor loop?
25            Asseblief, het Tant Wonnie gesê.
26            In sy kantoor het hy gesê: Sit asseblief – en na die stoel gewys. Uit die laai
27        van sy lessenaar het hy ŉ “good for”-boek gehaal en geskryf: One only ladies
28        dress, One only pair of ladies shoes en die blaadjie uitgeskeur. Op die
29        volgende bladsy het hy geskryf: 10/-worth of groceries. Toe sê hy: Ek het
30        klaar die domanie se vrou opgebel. Sy sal enige oomblik hier wees.
31            Toe haal hy drie halfkrone uit die kissie gemerk Patty Cash.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

11.1    Waarom is Tant Wonnie in die magistraatskantoor?                                    (1)

11.2    Benoem die soort verteller in reël 1 en noem watter rol die verteller in hierdie
        reël vervul.                                                                        (2)

11.3    In reël 11 word na Tant Wonnie se man verwys. Noem sy herkoms, beroep,
        en karaktereienskappe soos dit in die verhaal na vore kom.                          (4)

11.4    Reël 17 raak ŉ belangrike sosiale kwessie in hierdie verhaal aan. Noem die
        kwessie en gee voorbeelde elders in die verhaal waar hierdie kwessie
        duidelik na vore kom.                                                               (3)

11.5    Herlees reël 18–19.
        Watter karaktertrek van die magistraat kom hier na vore? Is die magistraat
        se optrede anders as die soort behandeling waaraan Tant Wonnie gewoond
        is? Motiveer jou antwoord.                                                          (2)

11.6    Verklaar wat die “good for”-boek is waarna in reël 27 verwys word.                  (1)

11.7    In reël 29–30 lees ons die dominee se vrou is op pad. Noem die bydraes wat
        sy tot die intrige in die gedeelte net ná hierdie teks lewer.                       (2)

                                          EN

TEKS B

1       Die mense het gesê Tant Wonnie het nooit gesterf nie. Sy het net bed toe
2       gegaan en haar aardse slaap en liggaam vir ons agtergelos. Sy is nou in die
3       Liefde wat die mens se verstand te bowe gaan.
4          By die roudiens het Domanie Frans Kiewiet gesê: Tant Wonnie het gesterf
5       soos net dié sterf wat hulle se tyd op aarde gebruik het sonder om dit te
6       mors. Haar einde het sonder ŉ siekbed gekom. Sy het ŉ vol lewe gehad.
7       Onse Tante het haar Here geken.
8          Toe hulle na die begrafnis met die paaitjie terugstap huis toe, met die
9       baba wat oor Suzan se skouer kyk na Kenny wat agter loop, sê Heinrich sy
10      eerste woorde: Ma-Ma, Pa-Pa. Ma-Ma, Pa-Pa – asof niks gebeur het nie.
11      Voordat hulle by die huis in is, kyk klein Heinrich nog ŉ keer glimlaggend oor
12      Suzan se skouer na Kenny en sê: Pa-Pa. Toe pluk hy aan Suzan se vlegsel
13      en lag en sê: Ma-Ma. Kenny het hom gevat en op die grond neergesit en toe
14      sy arms om Suzan geslaan, wat dieselfde gedoen het sonder dat sy dit besef
15      het.
16         Kenny kyk in haar gesig asof hy haar vir die eerste keer rêrig sien.
17      Haar rustige, gedagtelose oë laat sy hart vinniger klop. Sy maak haar mond
18      oop en hy soen die oop mond. ŉ Elektriese kontak wat hulle harte verseël het
19      op ŉ manier wat ŉ aardse trouseremonie nooit kon doen nie. Die maagd en
20      die man het stil gebly staan. Die tyd het weggeraak.

11.8    Wat is die oorheersende stemming in reël 1–7?                                       (1)

11.9    Watter ooreenkoms is daar tussen die karakters se houding jeens Tant
        Wonnie in Teks A en Teks B?                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 19

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    19

11.10     Watter karaktereienskappe van Tant Wonnie lei jy af uit die woorde in
          reël 6–7?                                                                       (2)

11.11     Watter mylpaal in Heinrich se kort lewe word in hierdie gedeelte aangeraak
          en hoe dra dit tot Suzan en Kenny se optrede en karakteropenbaring by?          (3)

11.12     In hierdie teks lees ons oor die verlies van Tant Wonnie. Sy is egter die
          karakter in die roman wat die meeste verliese gely het. Motiveer waarom jy
          met hierdie stelling saamstem deur na voorbeelde in roman te verwys.            (3)
                                                                                         [25]

                                                            TOTAAL AFDELING B:            25

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 20

20                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (EC/SEPTEMBER 2016)

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

VRAAG 12: OPSTELVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Dit is nodig vir karakters in ŉ drama om te verander en as mens te groei, ten einde die
intrige interessant te hou.

Evalueer hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde deur die verandering wat in
Antie Grootmeisie, Cavernelis en Cyril en Richie se karakters plaasgevind het – al dan
nie – te ondersoek.                                                                             [25]

                                            OF

VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Lees die uittreksels hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1     CYRIL:                   (sagter) So ’n ...

2     RICHIE:                  Ja, sil sweer sy ma het geboorte gegee aan hom in ’n
3                              rooi track suit!

4                              La Guma is nou by hulle.

5     LA GUMA:                 Hey, Richie! Cyril! Hoe gaan ’it? ... Julle all right?

6     RICHIE:                  (teësinnig) Ja ...

7     CYRIL:                   (onvriendelik) ’Is okay, man!
8     LA GUMA:                 Ek wil ... nou nie criticise nie, maar ... Kerrim ... julle
9                              speel so baie kerrim ... What a waste ... I mean, of time
10                             ... and talent ...

11    TOMMY:                   (selfs hy vererg hom) Man, mind jou eie biesagheit!

12    LA GUMA:                 Nei, ek mien maar maar ... Julle wiet, world events are
13                             overtaking us ... and events here in South Africa ... en,
14                             hél, julle speel kerrim ...
15    CYRIL:                   So, world events are like overtaking us? Omlat ons
16                             kerrim speel? Man, ek sê vi’ jou, kerrim sal nog al die
17                             blêdie world events overtake, waarvan jy praat!

18    RICHIE:                  Ja, mind your own business, man ...

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 21

(EC/SEPTEMBER 2016)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        21

19     LA GUMA:                  ... Ek sê weer ... speel kerrim ... while julle julle moet
20                               prepare ...

21     RICHIE:                   (rol sy oë) ... For de coming of de Lord! – seker ...

22     CYRIL:                    Nei, man, for de revolution, like! Revolution moet Jan
23                               Tysbly se karrentjie!

24     TOMMY:                    (op sy manier) Kerrim is king, mister La Guma!

25     CYRIL EN RICHIE:          Cheers! Sê vir hom, Tommy!

26     LA GUMA:                  Dis die trouble moet julle ... so-called coloureds ... Julle
27                               maak jokes oor die situation ... instead of ...

28     CYRIL:                    Daar gáát hy weer oor die situation ... en oor die so-
29                               called coloureds!

13.1     Hoekom kan ons sê La Guma is in hierdie drama ŉ amperse voorbeeld van ŉ
         karikatuur? Watter kenmerke omtrent sy karakter dra hiertoe by?                         (3)

13.2     Watter karaktereienskap van Richie, afgesien van sy sarkasme en
         negatiwiteit, kom in reël 2–3 na vore?                                                  (1)

13.3     Wat lei ons omtrent Richie en Cyril se houding jeens La Guma in reël 8–9 af?            (1)

13.4     Verduidelik wat die kerrim is waarna in reël 8 verwys word en waarvan raak
         dit simbolies in hierdie drama? Gee ook ŉ rede waarom hierdie woord
         karakteropenbarend kan wees van die twee leeglêers as jy die woord in
         konteks van bemoei gebruik.                                                             (3)

13.5     Verklaar die gebruik van die ellips in reël 9.                                          (1)

13.6     Wat word die gedeelte tussen hakies in reël 11 in ŉ drama genoem? Wat sê
         dié woorde omtrent Tommy se karakter?                                                   (2)

13.7     Na watter gebeure in Suid-Afrika verwys La Guma in reël 13? Hoe sluit
         hiérdie gebeure asook die implikasie van die woorde in reël 22–23 én die
         woorde in reël 26–27 by die hooftema van die drama aan?                                 (4)

                                                 EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 22

22                      AFRIKAANS HUISTAAL V2                               (EC/SEPTEMBER 2016)

TEKS B

1                     Die lig verander. Doof uit. Doof in: Blanchie en Map.
2                     Blanchie totaal verward en huilend. Op ’n afstand van
3                     mekaar.

4         BLANCHIE:   (bewend) Dis ... Johnnie ... dis Daddy! Daddy! Jy ... kom
5                     ... help. Dis Daddy!! Daddy!! Daddy!! (Sy skreeu.)

6         MAP:        (staar) Blanchie ...

7         BLANCHIE:   Johnnie! Dis Daddy!!

8         MAP:        (Probeer haar kalmeer) Hê, Blanchie ... Lyster nou eers
9                     ... Blanchie ...

10        BLANCHIE:   (snik, praat dan) Daddy! ... Johnnie ... hy word nooit so
11                    nie, hy’t nog ... nooit ... nog ... so ... Johnnie ... gekyk nie
12                    ...Toe ... loop hy net ... weg ... net ... loop hy net ...

13                    Map sit sy arm om haar, maar asof dit ’n elektriese skok
14                    is, ruk sy haar weg.

15        BLANCHIE:   Nee!

16        MAP:        Okay ... okay ...

17        BLANCHIE:   (van haar wysie af): Nie okay nie ... Shuddup!! Dis
                      Daddy!!
18        MAP:
                      (skreeu nou) Blanchie! Sal jy stilbly! (Hy gryp haar vas.)
19        BLANCHIE:
                      Dis Daddy! (Sy worstel in Map se greep.) Los my!
20        MAP:
21                    (hard met haar) Sal jy ... sal jy stilbly! ... (Dan sagter.)
                      Blanchie ... Blanchie ... (Sy verslap in sy arms.) Blanchie
                      ...
22        BLANCHIE:
                      Johnnie ...
23        MAP:
24                    Daar’s ... niks wat ons kan doen nie ... Blanchie ... Dit ...
                      moet nou ... so gebeur ...
25        BLANCHIE:
26                    Daddy ... Ek weet ... ek ... (Dan skielik hard.) Johnnie ...
                      Wat het ... met ons gebeur ... Wat ... Ek ... is so ... sleg ...
27        MAP:
                      (sit sy hand op haar mond) Nee! ... Jy’s ... goed ...
28        BLANCHIE:
                      Jy lieg ... Jy ... lieg, Johnnie ... lieg, lieg, lieg!!!

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

(EC/SEPTEMBER 2016)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      23

13.8      Watter ooreenkomste toon Teks 1 en Teks 2 ten opsigte van die algehele
          atmosfeer wat heers?                                                             (2)

13.9      Hoekom noem Blanchie Map in hierdie teks Johnnie? Doen Blanchie die
          betekenis van haar naam in hierdie uittreksel gestand? Motiveer jou
          antwoord.                                                                        (2)

13.10     Verduidelik Blanchie se optrede/houding in reël 21 en motiveer die
          geregverdigheid daarvan.                                                         (2)

13.11     Verklaar die rol van die verteller in reël 23–24.                                (1)

13.12     Lewer kritiese kommentaar op Blanchie se bekentenis in reël 26 deur te
          noem wat met hulle albei gebeur het. Dink jy dit wat met hulle gebeur het,
          is genoeg rede om te sê hulle albei is sleg? Motiveer jou antwoord.               (3)
                                                                                           [25]

                                           OF

VRAAG 14: OPSTELVRAAG

MIS – Reza de Wet

Transformasie laat die leser/kyker toe om karakters se ware kleure te sien.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400-450 woorde deur die transformasie
wat in Konstabel, Gertie en Meisie plaasgevind het, te beskryf en te verduidelik
watter dieperliggende bydrae hierdie transformasie tot die intrige van die drama
lewer.                                                                                     [25]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 24

24                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2016)

VRAAG 15: KONTEKSTUELE VRAAG

MIS – Reza de Wet

Lees die onderstaande uittreksels en beantwoord dan die vrae wat volg.

TEKS A

1                          Die KONSTABEL staan op. MEISIE neem sy arm en lei
2                          hom na die emmer. Sy sit sy hand op die handvatsel.

3           MIEM:          Dit is gaaf van u, Konstabel.

4                          MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer
5                          na die agterdeur. Van die inhoud spat uit.

6           MIEM:          Meisie, sê vir die konstabel van die drie trappe op na die
7                          kleinhuisie.

8           MEISIE:        Ja, Ma. (Maak die deur oop)

9                          Die sirkusmusiek kan gehoor word. MEISIE en die
10                         KONSTABEL na buite.
11          MIEM:          (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en
12                         kyk agterna) En moenie op die flappe trap nie. Hulle word
13                         vanjaar so mooi. (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom
14                         nogal goed klaar.

15                         GERTIE gaan sit op die stoel langs die stoof.

16          MIEM:          Dit is baie koud. Vannag kan dit nog ryp. (kort stilte) Die
17                         aaklige musiek! As ek net dink ... (gril) glo towenaars en
18                         halfkaal mense wat aan toue swaai.

19          GERTIE:        En die spul was nog vanmôre deur die strate ook.

20          MIEM:          En het jy gekyk?

21          GERTIE:        Wat anders kon ek doen? En wou net die straat oorsteek
22                         toe kom hulle verby.

23          MIEM:          Dit was seker ŉ spektakel!

24          GERTIE:        Daar was perde met pluime en vrouens met baie min klere
25                         aan op die perde. Daar was narre wat hard op vals
26                         trompette gespeel het en ŉ klein dwergie met ’n wit gesig
                           ...
27          MIEM:
28                         Hou tog op. Ek wil nie verder hoor nie. (Sy sug en skud
                           haar kop. Sy kyk weer uit. Stilte.)
29          GERTIE:
                           Waar bly hulle?

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

(EC/SEPTEMBER 2016)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    25

15.1      Gee ŉ rede vir Meisie se handeling in reël 1–2.                               (1)

15.2      Noem in hoe ŉ mate die slopemmer in die drama relevant is.                    (1)

15.3      Is Miem se woorde in reël 3 gepas? Motiveer jou antwoord.                     (2)

15.4      Herlees reël 6–7.

          Gee redes hoekom Meisie nie in hierdie drama op haar doopnaam
          aangespreek word nie.                                                         (2)

15.5      Noem kortliks die aanvanklike rol wat sirkusmusiek (reël 9) in die intrige
          van die drama speel.       Noem ook watter simboliese waarde die
          sirkusmusiek aan die einde van die drama verkry. Motiveer waarom die
          gebruik van dié soort musiek gepas is om by die fantasie-motief in hierdie
          drama aan te sluit.                                                           (3)

15.6      Watter DRIE karaktertrekke van Miem kom in reël 12–14 na vore? Noem
          ook die karaktertrek van Meisie wat in reël 8 duidelik blyk.                  (4)

15.7      Verklaar die betekenis van spektakel in reël 23.                              (1)

15.8      Haal ŉ woord tussen reël 24–28 aan wat met die konstabel verband hou.         (1)

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 26

26                           AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2016)

TEKS B

1         GERTIE:      (maak keel skoon. Stilte.) Die kerkklokke het darem nog nie
2                      gelui nie. Dit beteken dat daar niks gebeur het nie. Ek is seker
3                      almal sal môre verlig wees as die onheil afgewend is. En dit
4                      sou alles te wyte wees aan al die gewillige en dapper
5                      geregsdienaars. (Giggellaggies) Soos u. (kort stilte) Wat van ŉ
6                      koppie koffie, Konstabel?

7         KONSTABEL:   Nee, baie dankie. Ek het heeltemal genoeg gehad.

8         GERTIE:      Iets om te eet?

9         KONSTABEL:   Nee, dankie, Juffrou.

10                     Kort stilte.

11        GERTIE:      Konstabel, ek wil graag iets vra. Ek hoop nie u gee om nie.

12        KONSTABEL:   Vra maar gerus, Juffrou.

13        GERTIE:      As dit te ... persoonlik is, sal ek heeltemal verstaan.

14        KONSTABEL:   Wat is dit wat u wil weet?

15        GERTIE:      Wel ... u het gesê alle dames lyk vir u dieselfde sedert u ...
16                     ongeluk. Óf na u ma óf na u tante.

17        KONSTABEL:   Tant Hannie.

18        GERTIE:      Dis reg, ja. (Maak keel skoon) Nou wat ek graag wil weet, is ...
19                     na wie ek lyk.

20        KONSTABEL:   Tant Hannie. Sonder twyfel.

21        GERTIE:      En hoe maak u nou weer u keuse? Ek bedoel tussen u
22                     moeder en tant Hannie, as ek haar so mag noem?

23        KONSTABEL:   Sekerlik, Juffrou. Dit is die stem. Dit hang alles van die stem
24                     af.

25        GERTIE:      Werklik? Hoe interessant. (kort stilte) Sal u my asseblief tog so
26                     ietsie van hierdie tant Hannie vertel?

27        KONSTABEL:   Sy was veral bekend vir haar hare. Lang, goue, golwende
28                     hare.

29        GERTIE:      (raak aan haar yl haartjies) Merkwaardig! Dit is presies hoe my
30                     hare lyk!

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 27

(EC/SEPTEMBER 2016)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   27

15.9      Herlees reël 3.

          Wat is die presiese datum waarop die gesprek in hierdie teks afspeel en
          hoekom sal die mense moontlik die volgende dag verlig wees?                 (2)

15.10     Gee funksies van die toneelaanwysings in reël 5.                            (2)

15.11     Wie is Gertie? Noem ŉ karaktertrek van Gertie wat deur middel van die
          dialoog in hierdie reëls na vore kom en sê hoe haar algehele optrede in
          Teks B van haar optrede in Teks A verskil.                                  (3)

15.12     Hoe manipuleer Konstabel vir Gertie in die gedeelte net na hierdie teks?
          Gee TWEE redes hoekom hierdie manipulasie deur Konstabel binne
          konteks van die drama onaanvaarbaar is.                                      (3)
                                                                                      [25]

                                                             TOTAAL AFDELING C:       25
                                                                 GROOTTOTAAL:         80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [Afr HT P1](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1/1dd0eb5c-863e-4c01-b203-984c13b8b5b9) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFRHL P3 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-qp-afr/9e735f20-0c93-4839-aa87-46f07b783fce) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2016/f0c679d6-57b1-4941-a730-e09febb83a15) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2018 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92) — Afrikaans HL · QP · 2018

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
