# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2018 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2018

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                   Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                    (EC/SEPTEMBER 2018)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 1.   Lees die volgende instruksies noukeurig deur voordat jy die vraestel
      beantwoord.

 2.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
      inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
      letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor die
      tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
      voorskrifte by elke vraag in ag.

 3.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

      AFDELING A: Gedigte (30)
      AFDELING B: Prosa (25)
      AFDELING C: Drama (25)

 4.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
      en EEN uit AFDELING C.

      AFDELING A: GEDIGTE
      Gesiene gedigte – Beantwoord TWEE vrae.
      Ongesiene gedigte – Beantwoord die VERPLIGTE vraag.

      AFDELING B: PROSA
      Beantwoord EEN vraag.

      AFDELING C: DRAMA
      Beantwoord EEN vraag.

 5    KEUSE VAN ANTWOORDE UIT AFDELING B (PROSA) EN C (DRAMA)

      o    Beantwoord SLEGS die vrae van die prosa en drama wat jy bestudeer het.
      o    Beantwoord EEN OPSTEL VRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG.
      o    Indien jy opstelvraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die
           kontekstuele vraag van AFDELING C beantwoord. Indien jy egter die
           kontekstuele vraag van AFDELING B beantwoord, moet jy die opstelvraag
           in AFDELING C beantwoord. Gebruik die kontrolelys om jou met jou
           keuses te help.

 6    LENGTE VAN ANTWOORDE

      o    Die lengte van die opstel vir die gedig is 250–300.
      o    Die lengte van die opstel vir die roman en drama is 400–450 woorde elk.
      o    Die lengte van die kontekstuele vrae word bepaal deur die
           puntetoekenning van elke vraag. Beantwoord jou vrae bondig en relevant.

 7.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

 8.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
      vraestel gebruik is.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                  3

 9.    Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 10. Voorgestelde tydsindeling:

       AFDELING A:       ongeveer 40 minute
       AFDELING B:       ongeveer 55 minute
       AFDELING C:       ongeveer 55 minute

 11. Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2018)

    INHOUDSOPGAWE
    Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
    vraestel deur te lees.

    AFDELING A: GEDIGTE
    Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
    VRAAGNOMMER                          VRAAG                         PUNTE     BLADSY
    1. “eerste worp”                    Opstelvraag                      10         6

    2. “Twee kleuters in die
                                            Kontekstuele vraag           10           7
        Vondelpark”

    3. “Vincent van Gogh”                   Kontekstuele vraag           10           8

    4. “Wie’s hy?”                          Kontekstuele vraag           10           9

                                                    EN
    Ongesiene gedig: Verpligtend
    5. “eksamen”                            Kontekstuele vraag           10          10
    AFDELING B: ROMAN
    Beantwoord EEN vraag.*
    6. Die kwart-voor-sewe-lelie                Opstelvraag              25          11

    7. Die kwart-voor-sewe-lelie            Kontekstuele vraag           25          11
    8. Manaka Plek van die Horings              Opstelvraag              25          13
    9. Manaka Plek van die Horings          Kontekstuele vraag           25          13
    10. Vatmaar                                 Opstelvraag              25          15

    11. Vatmaar                             Kontekstuele vraag           25          16

    12. onderwêreld                             Opstelvraag              25          18

    13. onderwêreld                         Kontekstuele vraag           25          18

    AFDELING C: DRAMA
    Beantwoord EEN vraag.*
    14. Krismis van Map Jacobs                  Opstelvraag              25          21

    15. Krismis van Map Jacobs              Kontekstuele vraag           25          21
    16. Mis                                     Opstelvraag              25          24

    17. Mis                               Kontekstuele vraag      25  24
    *LET WEL:        Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG
                     uit AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

                     Jy mag NIE TWEE opstelvrae of TWEE kontekstuele vrae
                     beantwoord NIE.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     5

 KONTROLELYS

 Gebruik die kontrolelys hieronder om te kontroleer of jy die korrekte getal vrae
 beantwoord het.

                AFDELING             VRAAG-             GETAL VRAE                  MERK
                                     NOMMER            BEANTWOORD
A: Gedigte
(Voorgeskrewe gedigte)                  1–4                    2
A: Gedigte
                                         5                     1
(Ongesiene gedig)
B: Roman
                                       6–13                    1
(Opstel- of kontekstuele vraag)
C: Drama
                                      14–17                    1
(Opstel- of kontekstuele vraag)

LET WEL:        Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSTUELE VRAAG uit
                AFDELING B en AFDELING C onderskeidelik.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 eerste worp – T.T. Cloete

 1       ons het nie ou katedrale en kastele nie,
 2       geen breë riviere bevaarbaar vir groot skepe nie.
 3       die min wolke wat ons het, is yl versprei.
 4       ons het nie groot metropole nie.
 5       ons is sonder donkergroen woude.
 6       dun is ons geskiedenis met min groot name

 7       soos beethoven of dante
 8       of rembrandt of bramante

 9       ons het min onwerklike sagte drome

 10      maar ons het uitgestrekte woestyne
 11      en krom grys bome wat houtbeen vasskop
 12      in die droë sand en koets teen die son

 13      ons het baie droë lope
 14      en oerrivierbeddings met ou inheemse name
 15      soos gourits en storievertelname soos skrij
 16      of kameelsleep en lijersdraai

 17      en baie reste naby die eerste worp

 18      by wêreldseinde in die suisende stil nag
 19      hoor jy die jakkalse en fossielskreeu
 20      iewers tussen angstjank en primitiewe spotlag

                                                    [Uit: Uit die hoek van my oog, 1998]

 Bespreek in ŉ opstel van 250–300 woorde die kontraste/teenstellings wat
 duidelik uit hierdie gedig blyk.                                                          [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                        7

  VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

  Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

  Twee kleuters in die Vondelpark – Elisabeth Eybers

  1      Twee kleuters in die Vondelpark bly staan
  2      ŉ klein oneindigheid lank hand-in-hand

  3      Smetloos geteken dryf die dubbelswaan:
  4      gesplete hart van hals en dubbelhals,
  5      geskulpte vlerk met dubbelvlerk teenaan,
  6      geslote snawel dynserig vervals
  7      met eenkant lug en water anderkant.

  8      Versadig van die roerlose gesig
  9      pluk hy – die seuntjie – plotseling aan haar hand
  10     vir verdergaan, sleep haar tot ewewig
  11     as sy nog strompelend omkyk na die swaan.

  12     Verby die bome druis die straatrumoer.

  13     Van skopfiets tot trapfiets gepromoveer,
  14     bromfiets tot motor, sal hy konstateer
  15     – die wiel sy ordeteken – dat hy lid
  16     is van die kollektiewe Lilliput.

  17     Maar sý sien webbe onderwater roer.

  18     Miskien is dit die laaste dag van staar
  19     en grondlose verwondering. Wat sou
  20     hý, weerloos wordend, wees oor dertig jaar?
  21     ŉ Saaklike barbaar, ŉ fyn sadis,
  22     ŉ doktrinêre Hollandse meneer?
  23     En sý ŉ druk slagvaardige mevrou
  24     met ŉ allure van dít-is-soos-dit-is?

  25     Die swaan bly oor sy dubbelbeeld gekeer.

                                                          [Uit: Balans, Human & Rosseau]

  2.1    Herlees strofe 1.
         Benoem en verduidelik die stylfiguur in versreël 2.                                (2)

  2.2    Motiveer waarom die gebruik van die enjambement in strofe 3 funksioneel
         is.                                                                                (1)

  2.3    Watter stemming is oorheersend in versreël 1−7 van die gedig?                      (1)

  2.4    Herlees versreël 16.
         Verklaar die verwysing na Lilliput in versreël 16 en bring dit in verband met
         die seun se staanplek in die samelewing.                                           (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

 2.5    Bespreek hoe strofe 7 die boodskap van die gedig ondersteun.                        (2)

 2.6    Verklaar hoekom die slotstrofe as die klimaks van die gedig beskou word.            (1)

                                                                                           [10]

 VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Vincent van Gogh – D.J. Opperman

 1      Jy het as ŉ miskende
 2      heilige vergeefs geveg teen die ellende
 3      en die onreg in die krotte van die myn,
 4      in agterbuurtes en op landerye; slegs die pyn
 5      en skriklike stryd van God
 6      leer ken, wat mens en boom verknot
 7      in Sy kramptrekke; maar eers toe jy die koringgerwe
 8      in aanbidding van die son kom verwe,
 9      boere, wasvrouens en gepynigde gesigte,
 10     die kantelende landskap in die snelle ligte
 11     geel en groen en blou – alles met koorsige gevlek
 12     tot branding van die skone kon verwek,
 13     toe is Sy hartstog eers in jou volbring
 14     soos groen sipresse tot ’n vlam verwring.

                                                              [Uit: Heilige Beeste,1945]

 3.1    Haal TWEE woorde uit versreëls 1–3 aan wat daarop dui dat Van Gogh
        se werk nie erken is nie.                                                           (2)

 3.2    Benoem die halfrym in versreël 5 en gee die funksie daarvan.                        (2)

 3.3    Verduidelik die suggestie van die woorde na die kommapunt in versreëls
        7–8.                                                                                (1)

 3.4    Wat beteken kantelende in versreël 10? Benoem ook die stylfiguur in
        versreël 10 en verduidelik hoekom die gebruik van dié stylfiguur
        geslaagd is.                                                                        (3)

 3.5    Watter stemming heers aan die einde van hierdie gedig?                              (1)

 3.6    Sê hoekom die woordkeuse van groen sipresse in die slotreël gepas is
        as dit in verband met Van Gogh se lewe gebring word.                                (1)
                                                                                           [10]

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                           9

 VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Wie’s hy – Adam Small
 1       Die poet
 2       wie’s hy?
 3       Djulle het so baie bek oorie poet
 4       ma wié’s hy?
 5       Is hy rêrag soes djulle dink
 6       Die ou moerie pen ennie ink
 7       wat in sy study sit en poems dink?

 8       Nai,
 9       djulle’s mistaken,
 10      ma djulle is die poets
 11      djulle wat ini straat in loep
 12      ennie gladde bek verkoep
 13      ma die dinge sien
 14      en soema net daa God tien hulle roep!
                                                                [Uit: Sê Sjibobolet, 1963]

 4.1     Wie is die aangesprokene in hierdie gedig?                                           (1)

 4.2     Watter stemming oorheers in die gedig?                                               (1)

 4.3     Herlees versreëls 1−2 en versreël 10.

         Is dit nog steeds korrek om te sê dat die eerste strofe uit retoriese vrae
         bestaan? Motiveer jou antwoord.                                                      (1)

 4.4     Watter taalvariëteit oorheers in die gedig? Noem enige kenmerk daarvan
         soos dit uit die gedig blyk en motiveer waarom die gebruik daarvan
         geslaagd is.                                                                         (3)

 4.5     Watter verantwoordelikheid rus, volgens versreëls 13–14 op die skouers
         van die digter? Dink jy die spreker se mening is geregverdig? Motiveer
         jou antwoord.                                                                        (2)

 4.6     Wat is die tema en boodskap van hierdie gedig?                                       (2)
                                                                                             [10]

                                              EN

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die gedig hieronder en beantwoord dan die vrae wat volg.

 eksamen – Annesu de Vos

 1      dit is kakofonie
 2      wanneer jy bang verwilderd
 3      kantel
 4      deur die nag
 5      tussen die bladsye
 6      van hoofstuk vyf
 7      se Klimatologie;
 8      die lêboor van die wyfiesprinkaan
 9      klop
 10     haar eiers stelselmatig stoot
 11     tot in die veilige vesting
 12     van jou dop –
 13     jy sien die dood
 14     as Franse Revolusies bloedloos stol
 15     sodat die lewensiklus
 16     van die mielieboorwurm
 17     in die hamerslae van jou kop
 18     voltooiing vind

 19     tot jy verkorrel
 20     in die suiker van soet slaap

                                               [Uit: Gebed van ŉ groen perske, Tafelberg]

 5.1    Wie is die spreker in die gedig?                                                     (1)

 5.2    Gee die konnotatiewe betekenis van kakofonie soos dit in versreël 1
        gebruik word en motiveer waarom dit ŉ gepaste woordkeuse is.                         (2)

 5.3    Verduidelik versreëls 8–12 in jou eie woorde.                                        (1)

 5.4    Wat is funksie van die aandagstreep in versreël 12?                                  (1)

 5.5    Gee TWEE bewyse dat hierdie gedig ŉ vrye vers is.                                    (2)

 5.6    Herlees die slotstrofe.
        Benoem en verduidelik die beeldspraak in hierdie strofe. Motiveer ook hoe
        die halfrym in die slotstrofe dié beeld ondersteun.                                  (3)
                                                                                            [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:               30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  11

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 Beantwoord in hierdie afdeling SLEGS EEN vraag oor die roman wat jy
 bestudeer het.

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Beantwoord ÓF VRAAG 6 (opstelvraag) ÓF VRAAG 7 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 6: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – OPSTELVRAAG

 Iris se beheptheid met haar naam en die kwart-voor-sewe-lelie speel ŉ groot rol
 in haar lewe.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.
                                                                                     [25]

 VRAAG 7: DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS A

 1         Daar was woordeboeke en diverse glansfotoboeke oor sulke
 2         uiteenlopende temas as Inka-kuns en moderne boerderymetodes in
 3         Hongarye. Ek het afgelei dit was geskenke van dankbare pasiënte.
 4         Die onderste twee rakke was vol sagtebandboeke, blitsverkopers,
 5         almal dieselfde grootte. Ek het geweet dit grief hom. Dit het die skewe
 6         simmetrie van die boonste gegradeerde rakke versteur.
 7             Die meubels in die wagkamer en in sy privaat kantoor was swaar
 8         en solied, gemaak om meer as een generasie te dien. Outyds, eintlik.
 9         Hy het kennelik nie geglo in die moderne opvatting dat ŉ wagkamer lig,
 10        vrolik en opbeurend moet wees nie. Sy meubels het ontsag ingeboe-
 11        sem. Vrees ook. Pasiënte het verkommerd na die swaar buffettafel
 12        gekyk met sy baie laaie en spieëls. “Dis waar hy die tange bêre,” kon
 13        ek hulle hoor dink.
 14            Maar terwyl die boor gesellig gedreun het en ek die slurpende pypie
 15        onder hulle tonge gehou het, kon ek voortgaan met my fantasieë. Ek
 16        kon die uitleg van Greta se kamer verander, Eduard se huis meubileer,
 17        blomme op Peter se graf plaas. Ek het omtrent ŉ argitekplan van Greta
 18        se woonstel geteken voor ek tevrede was met die ligging van haar
 19        badkamer en kon voortgaan met die choreografie van haar en Eduard
 20        se bewegings. Ek was baie gesteld op korrektheid. Die wette van die
 21        werklikheid moes gehoorsaam word. Koffietafels moes nie in die pad
 22        wees wanneer daar skielik beweeg moes word nie, gordyne moes net
 23        genoeg lig inlaat, telefone mag nie op ongeleë oomblikke gelui het nie.

 7.1       In watter ruimte bevind Iris haar in hierdie gedeelte?                      (1)

 7.2       Watter DRIE karaktertrekke van die man na wie Iris hier verwys, kom in
           reëls 1−6 na vore?                                                          (3)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2018)

 7.3 Watter soort verteller is in reëls 3–5 aan die woord? Sê waarom hierdie
     soort verteller juis hier funksioneel is.                                             (2)

 7.4 Herlees reëls 14–15.
     Hoekom het Iris hierdie werk gekies nadat sy studeer het en wat was haar
     pa se mening oor haar beroepskeuse?                                                   (2)

 7.5 Herlees reëls 15–20.
     Hoekom het Iris die behoefte gehad om denkbeeldige karakters te skep en
     wanneer het sy Greta, Eduard en Peter geskep? Noem enige EEN ander
     fantasievlug wat Iris geskep het.                                                     (3)

 7.6 Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reëls 20–21.                       (1)

 7.7 Motiveer dat Iris se impulsiwiteit deur haar fantasiewêreld aangevuur is deur
     na die fiktiewe en die werklike Peter te verwys.                                      (1)

                                             EN

 TEKS B

 1          “Hoekom wil hy met jou trou?”
 2          “Ek weet nie.” Die verligting was so groot dat ek nie eens kon lag nie. “Is
 3     dit nie wonderlik nie? Hulle leef almal nog. Johanna gaan nie weg nie,
 4     Polder huppel nog deur die tuin en soek na my. Ma sal dat Pa die hoë
 5     Kersversierings aan die boom hang. Ek gaan hom doodmaak.”
 6          “Wie?”
 7          “Frederik. Dat hy my so laat skrik.” Ek het my hande in die lug gegooi en
 8     al in die rondte gedraai. “Kom, ons moet uitgaan. So ŉ lieflike dag moet
 9     gevier word.”
 10         “Wat wil jy vier?” het Peter suur gevra, maar tog sy skoene vasgeveter
 11    en sy anorak van die mat opgetel. “ ŉ Huweliksaansoek?”
 12         “Nee, dat dit nie erger was nie.”
 13         “Ek beskou ŉ huweliksaansoek van ŉ wildvreemde as erg genoeg.”
 14         “Frederik is nie ŉ wildvreemde nie.”
 15         “O?” Hy het die deur vir my oopgehou en die sleutel langs die deur
 16    gevat.
 17         “Ek het saam met hom gewerk.”
 18         “En wat nog?”
 19         “Niks nie. Ek het niks saam met iemand gedoen sedert ek jou laas
 20    gesien het nie.” Ek het hom skuins aangekyk. “Wat seker meer is as wat jy
 21    kan sê.”
 22         “As ek ook nee sê, sal jy my glo?” het hy gevra.
 23         “Nee.”
 24         Hy het sy skouers opgehaal en ons het uit die hysbak gestap, verby die
 25    bot klerk wat ons woordeloos aangestaar het. “Have a nice day,” het ek vir
 26    hom gesê.
 27         Hy het skewerig geglimlag, maar nie die nasionale groet beantwoord
 28    nie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      13

  7.8      Teen watter agtergrond speel reëls 1–5 af? Watter ruimtelike verskil is
           daar tussen TEKS A en B en hoe skakel Frederik in TEKS B by die
           ruimte in TEKS A aan?                                                          (3)

  7.9      Reël 3 verwys na Johanna.
           Watter bydrae lewer Johanna tot Iris en haar gesin se lewe?                    (2)

  7.10     Dink jy die huweliksaansoek van Frederik is gepas? Motiveer jou
           antwoord.                                                                      (1)

  7.11     Motiveer hoekom dit geregverdig is dat Peter en Iris in hierdie
           gedeelte mekaar se getrouheid bevraagteken en gee die naam van
           die meisie in Iris se drome wat haar onsekerheid oor Peter se
           getrouheid aangewakker het.                                                    (2)

  7.12     Iris ervaar uiterlike konflik met die klerk in die hotel. Hoekom ervaar sy
           konflik met hom? Dink jy dit is in Iris se aard om met vreemdelinge te
           bots? Motiveer jou antwoord met DRIE voorbeelde uit die roman.                (4)
                                                                                        [25]

  MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

  Beantwoord ÓF VRAAG 8 (opstelvraag) ÓF VRAAG 9 (kontekstuele vraag).

  VRAAG 8: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – OPSTELVRAAG

  Nanna speel ŉ beduidende rol in Baas en die mense van Barotseland se lewe.

  Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–500 woorde.                             [25]

 VRAAG 9: MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – KONTEKSTUELE VRAAG

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord die vrae wat volg.

 TEKS C

 1         Die een na die ander primitiewe aanwysing dat hier ook mense woon wat van
 2         geweet wil wees, kruip by Baas verby – ŉ stuk ou nommerplaat aan ŉ boom
 3         vasgespyker, ŉ wieldop met ŉ “Stop!”-teken, ŉ verroeste modderskerm met ŉ
 4         skewekam hoenderhaan daarop geteken, ŉ “No Parking”- en ŉ “No dogs
 5         allowed”- bordjie wat kennelik by die een of ander hospitaal verdwyn het, ŉ
 6         verflenterde motorband met ŉ onleesbare naam in wit verf.
 7              Die gehuggies word minder; die troppies beeste en bokke onwilliger om
 8         die pad te ontruim; die kinders wat uit die graanlandjies nader storm wanneer
 9         hulle ŉ voertuig hoor, nuuskieriger; die tweespoorpad slegter; die
 10        basterbrakke, wat lyk of hulle iewers in die verre verlede ’n dosis Ierse
 11        terriërbloed ingekry het, al meer.
 12             Die Land Rover met die twee opgewonde honde agterop kruip in
 13        vierwieltrek deur slaggate en spoelslote, oor hompe vars olifantmis en om
 14        rotsblokke wat deur lange jare uit die klipkoppe losgebreek het. Agter die
 15        voertuig spring die sleepwa met piepende vere oor die hindernisse.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2018)

16          Waar die ysterkliprante deur stukkies vlakte afgewissel word, is
17      stapel dekgrasbondels op houtstellasies. Honderd en dertig kilometer
18      noord van Ngweze draai Baas na Sioma.
19           Laatmiddag kry Baas die bougainvilleabos waarvan Mark gepraat
20      het, veertig kilometer van Sioma af teen die hang van die ysterkliprant.
21      Dis ŉ dik stomp. Daar is geen teken van lewe in die uitgedroogde takke
22      nie. Langs die verwronge stam hang ŉ stuk sinkplaat met die woorde
23      Manaka Evangelical Mission netjies daarop geverf.

9.1     Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy
        funksie in reël 1−6? Gee ook ŉ voordeel wat hierdie soort verteller in dié
        uittreksel inhou.                                                              (3)
9.2     Na wie is Baas se basterbrakke onderskeidelik vernoem?                         (2)
9.3     Herlees reël 19.
        Waarom kan die situasie op Manaka met die lewelose bougainvilleabos
        vergelyk word? Sê watter karaktertrek van Baas na vore kom as hy later
        die bougainvilleabos natgooi en verklaar hoe dié aksie by die tema van
        die roman aansluit.                                                            (3)
9.4     Verduidelik waarom Dennis Chapman slegs as Baas bekend staan.                  (1)
9.5     Herlees reël 21–23.
        Hoe bevestig Baas sy eienaarskap van Manaka? Veroorsaak die verval
        van die geboue later konflik? Motiveer jou antwoord.                           (2)
                                           EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    15

 TEKS D

 1          “Ons het al hieroor gepraat,” sê hy beheers. “Ek is nie in Barotseland om
 2        welsynswerk te kom doen nie.”
 3            “Moenie weer kwaad word nie.” Grace klap verskonend haar hande.
 4            “Ek is nie kwaad nie.” Hy vryf oor die verweerde stuk kakebeen voor hom
 5        op die grond. “Goed, ek is kwaad. Ek sal jou ŉ storie vertel. Van ŉ
 6        skoenlappervanger wat van Kanada af gekom en nege en twintig jaar in Afrika
 7        gebly het. Toe ek ŉ kind was, het ek hom in my gedagtes gewed dat ek vir hom
 8        die skoenlapper sal kan vang wat hy nooit gekry het nie.”
 9            “Dit is ŉ mooi storie.” Grace trek met haar vinger patroontjies in die sand.
 10       “Het hy jou ooit gesê na watter soort skoenlapper hy gesoek het?” Sy vryf haar
 11       hande teen mekaar, haar gesig effens na die grond gedraai, maar haar oë
 12       steeds op hom.
 13           “Ek het nooit die kans gehad om hom te vra nie.” Baas kyk onder die
 14       worsboom se takke deur na sy boot hoog op die stellasie. “Hy is dood voor ek
 15       gebore is.”
 16           “Dit sou goed gewees het om die skoenlappervanger te kon ken.” Sy staan
 17       op. “Nou sal ek eers vir die skoonma van my oorlede pa se suster ŉ blikkie vis
 18       gaan uithaal.”
 19          Baas bly op die stomp sit wat meneer Johnnie gebring het, sy hand op Lady
 20       se kop. “Ja, ou dienende Martha. En nou moet ŉ sendeling se vrou my nog
 21       wegbring
 22       jagveld toe,” sê hy eindelik.

 9.6    Waarna verwys die welsynwerk waarvan Baas in reël 2 praat?                       (1)

 9.7    Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af en wat lei ons omtrent
        Baas en Grace se verhouding af?                                                  (2)

 9.8    Noem TWEE simboliese skoenlappers wat Baas vir sy oupagrootjie
        gevang het.                                                                      (2)

 9.9    Dink jy daar het vanaf TEKS C na TEKS D karakterontwikkeling by Baas
        plaasgevind? Motiveer jou antwoord met DRIE redes.                               (3)

 9.10 Gee VIER ander voorbeelde uit die roman waar Grace as ŉ dienende
      Martha beskou kan word.                                                            (4)

 9.11 Wat is die tema en boodskap van Manaka, Plek van die Horings?                     (2)
                                                                                       [25]

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Beantwoord ÓF VRAAG 10 (opstelvraag) ÓF VRAAG 11 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 10: VATMAAR – OPSTELVRAAG

 Die karakters in Vatmaar se ingesteldheid jeens besittings is een van toeëiening.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.
                                                                                       [25]
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (EC/SEPTEMBER 2018)

                                          OF

 VRAAG 11: KONTEKSTUELE VRAAG

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

 TEKS E

 1       Ja, my Baas.
 2          En jy, dief, wat is jou naam?
 3          Yvonne Müller, sê Tant Wonnie. Sy het haar hande gewys en gesê: Ek
 4       het nog nooit ’n ring aan my vingers gehad nie, Mineer, nie vandat ek myself
 5       ken nie.
 6          En jy is van Vatmaar? vra hy sonder om enige notisie te vat van wat Tant
 7       Wonnie sê.
 8          Ja, Mineer.
 9          Tant Wonnie draai na die ander mense wat nader gestaan het om seker
 10      te maak dat hulle niks mis nie.
 11         Ek het ’n man gehad vir wie ek ag kinders in die wêreld gebring het. Hy
 12      het my nooit ŉ ring gegee om aan my vinger te sit nie, sê sy en laat haar
 13      hande sien. Daar wás ŉ ring, maar dit was om ons harte, ons kon dit nooit
 14      verloor nie, nie eers in die dood nie. My vingers is gemaak vir werk.
 15         Toe, is agterna vertel, het daar ŉ traan uit haar linkeroog gekom, die een
 16      waarmee sy nie kon sien nie omdat die perdeby haar jare terug daar gesteek
 17      het.
 18         Hulle het doodstil na haar staan en kyk, dié mense vir wie sy gehelp en
 19      gewerk het vir wat hulle haar ook al wou gee en vir wie sy nooit gesê het dis
 20      nie genoeg nie. Party het aspris misbruik gemaak van haar goeie geaardheid
 21      en net gesê: Kom môre. Tant Wonnie het nooit die volgende dag
 22      teruggegaan vir die betaling nie en net vir haar dogters gesê: Ons is nie
 23      betelaars nie.

 11.1    Teen watter agtergrond speel die gebeure in die uittreksel af?                     (1)

 11.2    Benoem die soort konflik in reël 2 en verduidelik hoekom hierdie persoon
         so met Tant Wonnie praat.                                                          (2)

 11.3    Watter soort verteller is in hierdie uittreksel aan die woord en wat is sy
         funksie in reël 6–7? Gee ŉ voordeel wat hierdie soort verteller in dié
         uittreksel inhou.                                                                  (3)

 11.4    Hoe word die blanke man in reël 6–7 gestereotipeer? Tref ons enige
         stereotipering van vroue in hierdie roman aan? Motiveer jou antwoord met
         TWEE bewyse.                                                                       (3)

 11.5    Noem TWEE belangrike lewenswaardes wat in reël 11–14 aangespreek
         word.                                                                              (2)

 11.6    Beskryf die stemming wat in reëls 18–20 heers.                                     (1)

 11.7    Watter TWEE karaktereienskappe van Tant Wonnie kom in reël 21–23 na
         vore? Evalueer die inwoners van Vatmaar se optrede jeens Tant Wonnie.              (3)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     17

                                               EN

 TEKS F

 1             Wat het die sersant gesê toe jy hom die diamant gee?
 2            Baas, hy het gesê hy het al gehoor dat ŉ mens hulle in die strate kan
 3        optel, maar hy het dit nooit geglo nie en dat ek die grootste aap is wat hy
 4        nog ooit teëgekom het. Hy het gevra wat my naam is en ek het gesê Hendruk
 5        Jannewarie. Toe sê hy die aanklag is handel in ongeslypte diamante sonder
 6        lisensie en besit van ŉ ongeslypte diamant.
 7        Die sersant het toe geroep: Konstabel! en ŉ swart poeliesman het gekom en
 8        die sersant het vir hom gesê om my deur te soek en toe te sluit.
 9            Toe maak die magistraat keel skoon en vra: What has the accused to say
 10       before sentence is passed?
 11           Terwyl hy die Bybel ŉ laaste kyk uit die hoek van sy oog gee, het Oom
 12       Hendruk gedink: Noulat ek die waarheid vertel het, sal die waarheid my
 13       vrymaak.
 14           Hy het ŉ rukkie nagedink en toe sê hy: Ek het nie die klip gesteel nie, ek
 15       het hom opgetel. Dit het aan die aarde behoort. Net soos kos uit die aarde
 16       gehaal en vir geld verkoop kan word, so behoort blink klippies ook verkoop
 17       te kan word. Die verskil lê by die mense
 18           Die hofsaal was volgepak met bruinmense, sy mense. ŉ Hele paar het
 19       gemompel: Dit is waar.
 20           Stilte! skree die poeliesman.
 21           Na ŉ rukkie sê die magistraat: Ignorance of the law is no excuse, eight
 22       years hard labour. Take him away.

 11.8     Verduidelik die verband tussen TEKS E en F.                                        (1)

 11.9     Herlees reëls 9–10.
          Watter gevoel heers daar in Vatmaar teenoor mense wat Engels praat? Is
          hierdie gevoel geregverdig? Motiveer jou antwoord.                                 (2)

 11.10    Waarom het die gemeenskap gevoel die vonnis is oom Hendruk se
          verdiende loon?                                                                    (1)

 11.11    Noem TWEE redes hoekom Hendruk se verwysing na die Bybel in reël 11
          ironies is.                                                                        (2)

 11.12    Herlees reël 14–22.
          Noem TWEE redes waarom hierdie gedeelte by die titel en hooftema van
          die roman aansluit en motiveer of Hendruk se optrede verkeerd was en ŉ
          aktuele waarheid omtrent vandag se samelewing openbaar.                           (4)
                                                                                           [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 onderwêreld – Fanie Viljoen

 Beantwoord ÓF VRAAG 12 (opstelvraag) ÓF VRAAG 13 (kontekstuele vraag).

 VRAAG 12: onderwêreld – OPSTELVRAAG

 Eckardt se lewensverloop het tot gevolg dat sy sosiale manipulasie meer as een
 slagoffer het.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.
                                                                                         [25]

 VRAAG 13: KONTEKSTUELE VRAAG

 onderwêreld – Fanie Viljoen

 Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

 TEKS G

 1           “Ja, sure,” antwoord ek. Vryf my oë. “Ek is op die net. Surf bietjie.”
 2           “Hoop nie jy is op die porn sites nie?”
 3           “Sal dit nie waag nie. Nie by dié skool nie, anyway. My pa sal uitfreak
 4       as sy skouperd iets doen wat hom ŉ skorsing kos.”
 5           “So, het jy ook een van daardie pa’s?”
 6           “Jy ook?”
 7           Eckardt trek sy skouers op. “Seker nie so erg nie. Maar wat dink jy maak
 8       ek hier? Clones, hè, almal van ons – clones van ons pa’s. Dis wat hulle
 9       hier met ons doen, issit nie? Hulle breinspoel ons sodat ons mooi kan
 10      glimlag, die regte dinge doen en sê.”
 11          “En in pappa se voetspore kan volg,” voltooi ek die sin.
 12          “Ek sien jy weet,” sê Eckardt.
 13          Daar is ŉ ruk stilte waarin nie ek of Eckardt weet wat om te sê nie. Ek
 14      klik daarom maar net op een van die links op die site waarop ek nou is.
 15      Voltooi my besonderhede op die blad om te registreer om DVD’s te kan
 16      invoer van Amerika af.
 17          “Baie gevaarlik wat jy nou doen, nè?” sê Eckardt.
 18          “Hoekom?”
 19          “Kyk daar onder op jou skerm.” Hy wys met sy vinger na ŉ leë blokkie.
 20      “Sien jy, geen slot nie? Dit beteken enigiemand kan sien wat jy nou doen
 21      – ás hulle wil sien waarna jy kyk, bygesê.”
 22          “Tjol, man,” grinnik ek.
 23          “Nee, genuine. En selfs al was daar ŉ slot, beteken dit ook nie jy surf
 24      veilig nie. Jy moet na die site se sertifikaat gaan kyk.”

 13.1    Teen watter agtergrond speel hierdie uittreksel af?                            (1)

 13.2    Watter soort verteller is hier aan die woord? Sê waarom hierdie soort
         verteller in reëls 3–4 funksioneel is en verduidelik waarom ŉ ander soort
         verteller nie geslaagd sou wees nie.                                      (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)              AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     19

 13.3     Eckardt se woorde in reël 5 en 8 dui op ŉ belangrike tema in die roman.
          Benoem die tema en sê waarom die innerlike konflik wat Greg hieroor ervaar
          eie aan sy karakter is.                                                          (2)

 13.4     Hoekom is die onderstreepte woorde in reël 9 en 17 ironies?                      (2)

 13.5     Eckardt se woorde in reël 17 lei ŉ sosiale plan in wat Eckardt met Greg in
          hierdie roman speel. Motiveer met TWEE redes hoekom Eckardt dit
          uitvoer en sê wat die uiteinde van hierdie sosiale plan is. Waarom is Greg
          se pa se woorde oor die gebrek aan ruggraat wat Greg openbaar, dus
          ongeregeverdig?                                                                  (4)

                                               EN
 TEKS H

 1            Ken Eckardt my dan só goed, ná net ŉ paar maande? Vrek, ek dink nie
 2        eens Nicole het dit al besef nie, en ons ken mekaar al byna twee jaar.
 3            “Jip,” antwoord ek en voel hoe die lamheid my lyf deurtrek. “Maar dis
 4        nie omdat ék wil nie, dis omdat my pa wil. Toe John dood is, was dit asof
 5        ek kon sien hoe my pa se oë na my toe draai en sê: ‘En nou’s dit jou beurt,
 6        boetie!’
 7            “As ek kon kies, sou ek my van verander van Owen na ... ag, sommer
 8        Van der Merwe. As ek kon kies, was ek nie nou hier nie. Ek sou tevrede
 9        wees met ŉ gemiddelde skool in ŉ gemiddelde woonbuurt met gemiddelde
 10       skoolpunte. Ek sou gelukkig wees om vir enige span rugby te speel, nie
 11       noodwendig die eerste span nie.”
 12           “Maar die gemiddelde mens kom nêrens,” sê Eckardt.
 13           “Jy klink soos my pa.”
 14           “Dis miskien iets wat hacking my geleer het. Om te dink soos ander
 15       mense dink. Maar ook om verder te dink; dis wat jou die voorsprong gee.”
 16           Ek kyk op na die helder lug, skerm my oë teen die son. “Ons moet
 17       seker teruggaan.” Ek fluit vir die perde om nader te kom. Die fluitgeluid
 18       slaan uit die verte terug na my toe. Vir ŉ oomblik luister ek net daarna, toe
 19       roep ek, hard: “G-4ce!” Die berg roep my naam terug. “G-4ce! G-4ce! G-
 20       4ce!”
 21          Eckardt staan ook nou op, skud sy broek skoon en roep: “Ekk-o!”
 22          “Ekk-o! Ekk-o! Ekk-o!” antwoord die berg.

 13.6     Hoe verskil die atmosfeer wat heers in TEKS G van die atmosfeer in TEKS
          H?                                                                               (1)

 13.7     Hoe verskil Greg se algehele kommunikasie/verhouding met Nicole van sy
          pa se verhouding met sy ma? Motiveer met ŉ voorbeeld uit die roman dat
          Nicole tog ook tot Greg se onsekerhede bydra.                                    (2)

 13.8     Watter karaktereienskap van Greg kom in reëls 7–11 na vore?                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (EC/SEPTEMBER 2018)

13.9     Die woorde in reël 12 binne konteks van die verhaalgebeure is
         geregverdig. Motiveer die stelling deur na DRIE voorbeelde in die
         roman te verwys.                                                                (3)

 13.10   Waarna verwys G−4ce?                                                            (1)

 13.11   Ekk-o verwys na ŉ belangrike motief in die roman. Benoem die motief.
         Waarom is dit korrek om te sê dat hierdie motief veral in Eckhardt se
         lewe voorkom?                                                                   (3)

 13.12   Wat is die hooftema en boodskap van onderwêreld?                               (2)
                                                                                       [25]

                                                        TOTAAL AFDELING B:               25

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)           AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   21

  AFDELING C: DRAMA
  Beantwoord in hierdie afdeling slegs EEN vraag oor die drama wat jy bestudeer
  het.

  KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

  Beantwoord ÓF VRAAG 14 (opstelvraag) ÓF VRAAG 15 (kontekstuele vraag).

  VRAAG 14: KRISMIS VAN MAP JACOBS – OPSTELVRAAG

  Die tatoeëermerke op Map se Iyf is sy history en sy geography, maar veral ŉ
  terrible gesoek vir ŉ identity.

  Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.                         [25]
  VRAAG 15: KRISMIS VAN MAP JACOBS – KONTEKSTUELE VRAAG
  Lees die uittreksels hieronder aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat
  volg.

  TEKS I

  1        MAP:                Ja

  2        TOMMY:              (moedswillig) En sy dogter, Blanchie ... baie op-
  3                            gedoen deesdae, ek hoor sy ... ek hoor ... maar
  4                            nou ja, dis oek nie Tommy Sobotker se biesagheit
  5                            nie ...
  6        MAP:                (verander van houding) Wat hoor jy van haar? ...

  7        TOMMY:              Het jy vir haar al gesién? ...
  8        MAP:                Wat hoor jy van haar? ...
  9        TOMMY:              O, ag jy wiet, die wêreld is mos maar so, ek hoor
  10                           maar wat ek hoor, maar ek wiet oek nie of dit waar
  11                           is nie ... Ek hoor sy’t hierso ŉ wit ou, innie
  12                           Constantia, of so ŉ plek, een van die posh wit
  13                           areas, wat ŉ crush het op haar. Hy supply haar
  14                           glo net mooi moet alles wat sy wil hê, klere en
  15                           alles, geld oek ... Sy’s stylish deesae, jong...

  16                           (Asof hy nie bewus is van Map se ontsteltenis nie,
  17                           staan Tommy op en loop “stylish” soos Blanchie.)

  18       TOMMY:              Stylish ...

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (EC/SEPTEMBER 2018)

     19    MAP:            Map ontsteld.
     20    TOMMY:          Ek hoor sy gaan glo een van die dae overseas, vir
     21                    modelling ... Paris toe ... (Hy fluit. Map is duidelik hewig
     22                    ontstel.) ‘Is true. Daar was ŉ stukkie oor haar en ŉ photo
     23                    van Blanchie, in die koerant, nou nie te lank gelede nie
     24                    ... Top township girl for Paris! ... so iets ... Ja, onse area
     25                    kom óp! (Lag.)
     26                    Map staar.
     27    TOMMY:          Hê, wat is ‘it, Map
     28    MAP:            (sink) Nei, niks ... So jy sê, Blanchie is ... annerste ...
     29    TOMMY:          Nogal, maar jy wiet, ‘is nou nie Tommy Sobotker
     30                    se biesagheit nie, ‘cause Tommy hou sy nies net
     31                    by sy eie sake, soes jy wiet...

 15.1     Herlees reël 1–3.
          Hoe help die toneelaanwysing die leser om reëls 2–5 korrek te interpreteer?         (1)

 15.2     Teen watter agtergrond vind hierdie gesprek tussen Map en Tommy plaas?              (1)

 15.3     Wat is die funksie van die beletseltekens in reël 3 en 5 onderskeidelik?            (2)

 15.4     Herlees reël 9–18.
          Om watter rede, dink jy, deel Tommy hierdie nuus met Map en is Map se
          reaksie hierop realisties? Wat suggereer Map se optrede hierna ten opsigte
          van sy bekering?                                                                    (3)

 15.5     Watter TWEE karaktereienskappe van Tommy blyk duidelik uit sy optrede
          in reëls 16–17?                                                                     (2)

 15.6     Verklaar die ironie in die onderstreepte woorde in reël 28 en reël 30–31.           (2)

 15.7     Net na hierdie uittreksel gee Tommy vir Cavernelis die skuld vir Blanchie se
          optrede. Wat was Cavernelis se motivering hiervoor en slaag Cavernelis
          eindelik in sy doel? Motiveer jou antwoord.                                         (2)

                                               EN

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      23

   TEKS J

   1                                  Die lig verander. Dan sien ons hoe Willy la Guma oor
   2                                  die straat gehardloop kom. Onder sy arm is Cavernelis
   3                                  se soft goods-suitcase, soos dit platgetrap is deur die
   4                                  trein. Hy steier teen die flat se trap op, na Maud toe.
   5                                  Map staar; beneweld. Blanchie die verpersoonliking
   6                                  van skok. Die dinge gebeur nou vir hulle soos in ŉ
   7                                  buitewêreld waarop hulle net maar toekyk.
   8                                  Maud op die platformpie bo asof sy daar vasgenael is.
   9                                  Die mense vergader in die straat.
   10                                 Dan is Willy by Maud.

   11          BLANCHIE:              ‘Is nie waar nie!! ... (Haar liggaam ruk histeries. Map
   12                                 hou haar vas.)
   13
   14          LA GUMA:               (bewe, weet nie mooi hoe nie) Missies ... C...

   15                                 Maud se gesig trek-trek en sy kry nog geen woord uit
                                      nie.
   16
   17          LA GUMA:               Ek het ... niks gekan doen nie ... Ons was saam ... Ek
   18                                 het saam met mister C ... ge-jog ... langes sy bicycle ...
   19                                 By die crossing, toe kom die trein ... toe stop ek, ek
   20                                 dink toe mister C gaan oek ... ek mien stop ... Maar ...
   21                                 O my God ... missies C ... ek skreeu vir hom, mister C!!
   22                                 ... mister C!! ... en toe ... en toe ... Die trein ... die
   23                                 bicycle ... Mister C ... ek het niks gekan doen nie!! ... Ek
   24                                 ... (Hy sluk. Sy oë staan vol trane. Hy hou die
   25                                 stukkende tas en ons sien hoe Maud van die
   26                                 kledingstukke daaruit trek en deur haar vingers laat
   27                                 loop.)
   28          MAUD:                  (bibber die woorde onsamehangend uit) He ... was ... a
   29                                 good man ... Cavernelis ... darling ...

  15.8     Verklaar die rol van die verteller in reël 1–11.                                  (1)

  15.9     Wat is die soft good suitcase waarna daar in reël 3 verwys word? Watter
           simboliese waarde verkry hierdie rekwisiet in die drama?                          (2)

  15.10    La Guma se houding is in hierdie uittreksel heeltemal anders as wat ons
           hom deur die res van die drama leer ken. Beskryf La Guma se karakter
           vroeër in die drama deur TWEE karaktereienskappe te noem. Motiveer
           ook dat La Guma ŉ karikatuur is.                                                  (3)

  15.11    Map hou vir Blanchie vas. Hoe verskil sy gevoel wat hy teenoor Blanchie
           koester in TEKS J van sy gevoel in TEKS I en wat is ŉ moontlike rede vir
           die veranderde gevoel of houding?                                                 (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2018)

     15.12   Herlees reëls 17–29.
             Wat dink jy het Cavernelis aan die einde van die drama laat optree soos
             hy het? Evalueer Maud se handeling in reëls 24–27 en motiveer met
             TWEE redes of Maud se dialoog in reël 28–29 geregverdig is.                   (4)
                                                                                          [25]

                                                OF

     MIS – Reza de Wet

     Beantwoord ÓF VRAAG 16 (opstelvraag) ÓF VRAAG 17 (kontekstuele vraag).

     VRAAG 16: MIS – OPSTELVRAAG

     Miem en Gertie word as erg konserwatief uitgebeeld. Tog vorm beide deel van
     die Calvinistiese skynheiligheid.

     Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400–450 woorde.                            [25]

     VRAAG 17: KONTEKSTUELE VRAAG – Mis – Reza de Wet

     Lees die uittreksels aandagtig deur en beantwoord dan die vrae wat volg.

     TEKS K

 1      MIEM:             Gaan maak dit tog leeg, my kind. En spoel dit goed uit.

 2      KONSTABEL:        Laat ek help.

 3      MEISIE:           Dankie. As dit vol is, is dit baie swaar. As jy eenkant vat, dan vat
 4                        ek die ander kant.

 5      KONSTABEL:        Dis goed so.

 6      MEISIE:           (bly) En as ons baie gesels, dan hoef ons nie die musiek te hoor
 7                        nie.
 8                        Die KONSTABEL staan op. MEISIE neem sy arm en lei hom na
 9                        die emmer. Sy sit sy hand op die handvatsel.

 10     MIEM:             Dit is gaaf van u, Konstabel.
 11                       MEISIE en die KONSTABEL beweeg met die slopemmer na die
 12                       ag-terdeur. Van die inhoud spat uit.

 13     MIEM:             Meisie, sê vir die konstabel van die drie trappe op na die
 14                       kleinhuisie.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    25

15     MEISIE:          Ja, Ma. (Maak die deur oop.)
16                      Die sirkusmusiek kan gehoor word. MEISIE en die KONSTABEL
17                      na buite.

18     MIEM:            (trap versigtig oor die spatsel, gaan staan by die deur en kyk
19                      agterna)
20                      En moenie op die flappe trap nie. Hulle word vanjaar so mooi.
21                      (Sag aan GERTIE) Die tweetjies kom nogal doed klaar.

17.1    Herlees reël 1.
        Wat is die dit waarna Miem verwys?. Gee TWEE bewyse uit die drama hoe
        dit Meisie se lewe beïnvloed het.                                                (3)

17.2    Watter enkele woord in reëls 3–4 suggereer ŉ gemaklike, vriendskaplike
        verhouding tussen Meisie en Konstabel?                                           (1)

17.3    Motiveer waarom dit korrek is om te glo dat hierdie vriendskap Miem se
        bevryding kan beteken.                                                           (2)

17.4    Meisie ervaar innerlike konflik wanneer sy die sirkusmusiek hoor.
        Verduidelik waarom dit vir Meisie belangrik is om die sirkusmusiek (reël 6)
        nié te hoor nie.                                                                 (2)

17.5    Lewer kritiese kommentaar of die effek van die herhaalde verwysings na
        sirkusmusiek in die drama geslaagd is. Motiveer jou antwoord met TWEE
        bewyse.                                                                          (3)

17.6    Volgens reël 1, 13 en 20 is Miem baie voorskriftelik.
        Hoe sluit dié dialoog by die tema van die drama aan en is dit geregverdig
        om te sê die tema is aktueel?                                                    (2)

                                             EN

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (EC/SEPTEMBER 2018)

 TEKS L

 1       KONSTABEL:        ... Sy is nie haastig nie. Sy knoop haar bloes stadig los.
 2                         GERTIE begin haar bloes stadig losknoop

 3       KONSTABEL:        Van bo na onder. Elke knopie. Een vir een. Sy trek haar
 4                         bloes oor haar skouers en laat dit val.
 5                         GERTIE laat haar bloes op die vloer val. Onder haar bloes
 6                         dra sy ŉ onooglike wit wol – frokkie.

 7       KONSTABEL:        En daar staan sy in haar onderklere. Onderklere van kant en
 8                         sy. GERTIE kyk in ekstase na haarself in die denkbeeldige
 9                         spieël.

 10      KONSTABEL:        Sy kyk weer na haarself. Sy streel haar palms stadig langs
 11                        haar sye af.
 12                        GERTIE streel haar palms langs haar sye af. Sy sug van
 13                        plesier.

 14      KONSTABEL:        Sy word twee mense. Sy begeer. En sy word begeer.
 15                        GERTIE kyk byna in ŉ beswyming na haar’ beeld’ in die
 16                        spieël. Skielik gaan ŉ deur oop. Die geluid van die wind hou
 17                        op. Daar is voetstappe in die gang. GERTIE lyk verward, asof
 18                        sy skielik wakker skrik. Sy gryp haar bloes en haarnaalde van
 19                        die tafel af en verdwyn vinnig deur die agterdeur. Die
 20                        agterdeur klap hard agter haar toe. Na ŉ oomblik verskyn
 21                        MIEM in die deur. Oor haar arm is ŉ pienk kombers.

 22      MIEM:             En wie is so skielik hier uit?

 23      KONSTABEL:        Dit is juffrou Gertie.

 24      MIEM:             (snork) Dit is seker weer die vars lug en die oefening. Dit is
 25                        regtig onverstandig van haar. Op so ŉ aand. Ek is darem
 26                        seker Wagter sal ŉ ogie oor haar hou. Ek het net die kombers
 27                        gebring. As u so ŉ bietjie wil skuins lê op die bank. Nou ja,
 28                        goeienag, Konstabel. En weer eens dankie.

 17.7     In die voorafgaande gedeelte vertel Konstabel van tant Hannie se lang
          golwende hare.

          Waarom is dit noodsaaklik dat hy dit moet noem?                                  (1)

 17.8     Hoe sou die weglaat van woorde soos “stadig” (reël 2), “ekstase” (reël 8),
          “streel” (reël 12) die stemming/atmosfeer van die aangehaalde gedeelte
          beïnvloed?                                                                       (1)

 17.9     Waarin lê die ironie in Konstabel se woorde in reël 14?                          (1)

 17.10    Is Konstabel se vergelyking tussen tant Hannie en Gertie geregverdig?            (2)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)            AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   27

 17.11    Herlees reël 24.
          Waarop dui Miem se snork en is die bring van die kombers
          geloofwaardig? Motiveer jou antwoord. Watter karaktereienskap
          openbaar Miem hiermee?                                                    (3)

 17.12    Hoe sluit Konstabel se optrede teenoor Meisie in TEKS K en teenoor
          Gertie in TEKS L by die tema van die drama aan? Watter gevolge hou
          hierdie optrede vir Meisie in?                                            (4)
                                                                                    [25]

                                                       TOTAAL AFDELING C:             25
                                                           GROOTTOTAAL:               80

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2018/23f66bba-f237-4a7c-8261-e56864332257) — Afrikaans HL · Memo · 2018
- [AFR HL P1 GR12 QP SEPT 2018](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr12-qp-sept-2018/1ce4fa24-e898-4838-aca4-201440bb7177) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2018/32d2c07a-21b1-4b79-b92f-17522a2bfc63) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 May June 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-may-june-2018/d44727d2-705d-4fdd-a87d-4da1c4380318) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Nov 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-nov-2018/e7743bcd-7218-48b4-8668-8fc4d889c57a) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr
- [Afrikaans HL P2 Feb March 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-feb-march-2018/10c5efc1-0ed4-4215-a6dc-32da1ca6faed) — Afrikaans HL · QP · 2018 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
