# Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2013 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 22 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-s13-memo-afr/213aed13-362f-4005-ba0c-b5e932038423
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 22

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 2 Eastern Cape Mock 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-s13-memo-afr/213aed13-362f-4005-ba0c-b5e932038423)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Memorandum, 22 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                 Province of the
                 EASTERN CAPE
                 EDUCATION

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 12

                     SEPTEMBER 2013

                AFRIKAANS HUISTAAL V2
                    MEMORANDUM

PUNTE:   80

                Hierdie memorandum bestaan uit 22 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (SEPTEMBER 2013)

NASIENRIGLYNE

   As ŉ kandidaat meer as die verlangde getal vrae gedoen het, word net die
    eerste antwoord/respons nagesien. (Die kandidate mag nie die opstelvraag en
    die kontekstuele vraag oor dieselfde genre beantwoord nie.)
   As ŉ kandidaat in Afdeling A al vier vrae oor die gesiene gedigte gedoen het,
    word die eerste twee gedigte se vrae nagesien.
   As ŉ kandidaat in Afdeling B en C twee konteksvrae of twee opstelvrae
    gedoen het, word die eerste vraag nagesien en die tweede vraag word
    geïgnoreer. As ŉ kandidaat al vier die vrae in Afdeling B en C beantwoord
    het, word die eerste vraag in elke afdeling nagesien mits een konteksvraag en
    een opstelvraag beantwoord is.
   As ŉ kandidaat twee antwoorde gee en die eerste antwoord is verkeerd, maar
    die tweede antwoord is reg, word die eerste antwoord nagesien en die
    tweede antwoord word geïgnoreer.
   As antwoorde verkeerd genommer is, word die antwoorde volgens die
    memorandum nagesien.
   As ŉ spelfout die betekenis van die antwoord beïnvloed, word dit verkeerd
    gemerk. As die spelling nie die betekenis van die antwoord beïnvloed nie,
    word dit as korrek beskou.
   Opstelvraag: As die opstel korter as die verlangde lengte is, word die
    kandidaat nie gepenaliseer omdat hy/sy, hom/haar self gepenaliseer het. As
    die opstel te lank is, laat ŉ oorskryding van ŉ maksimum van 50 woorde toe en
    ignoreer die res van die opstel.
   Konteksvrae: As ŉ kandidaat nie aanhalingstekens gebruik waar ŉ vraag dit
                    vereis nie, word nie gepenaliseer nie.

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  3

 AFDELING A: GEDIGTE

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.

 Inhoud

 Kode 7      7 gemotiveerde feite
 Kode 6      6 gemotiveerde feite
 Kode 5      5 gemotiveerde feite
 Kode 4      4 gemotiveerde feite
 Kode 3      3 gemotiveerde feite
 Kode 2      2 gemotiveerde feite
 Kode 1      1 gemotiveerde feit

 Taal en styl:
 Beoordeel volgens die rubriek.

 LET WEL:
   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
   Geen subopskrifte in die opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie
    by struktuur en taal.
   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inleidingsparagraaf
  Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste inleiding, bv.
      Sonsverduistering se uiterlike bou is ŉ bewys van die feit dat dit ŉ sonnet is.
 Uiterlike bou. (1 feit)
  Die gedig bestaan uit ŉ oktaaf/8 versreëls en ŉ sestet/6 versreëls
  In die oktaaf is daar omarmende rym/abba cddc en in die sestet
      kruisrym/efgefg
 Innerlike bou se aansluiting. (2 feite)
  In die oktaaf kry ons die natuurbeeld
  In die sestet kry ons die toepassing op die mens (mensbeelding)/
  In die strofes met omarmende rym, word die sonverduistering bespreek.
  In die strofes met die kruisrym word die toepassing op die mens gemaak.
 Ooreenkoms oktaaf en sestet. ( 3 gemotiveerde feite)
  r.2 – skadu teenoor r.9 skaduwee (nie meer letterlik nie)
  r.3 – son teenoor r.10 “alle lig” God en Christus
  r.4 – skemerte teenoor r.11 verduister
  r.6 – kortste pad teenoor r.11 Sy pad
  r.7 – stalwaarts teenoor r.14 Huiswaarts
 Funksionaliteit van hierdie ooreenkomste. (1 gemotiveerde feit)
  Dit is funksioneel.
  Dit beklemtoon die dwaasheid van die mens om nie betyds tot God te keer nie.
 Slot
 Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste slot, bv. die ooreenkoms tussen
 die sestet en die oktaaf is funksioneel.
                                                                                        [10]

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2013)

                                       OF
VRAAG 2: KONTEKSVRAAG

2.1   Die titel dui op ŉ sekere soort kennis van water en die gedig handel oor die
      vernietigende effek van water. √                                                (1)
2.2   “skeef gearseer” √                                                              (1)
2.3   2.3.1      Angstig/Bangheid √                                                   (1)
      2.3.2      Die b-alliterasie/Die ui-assonansie √                                (1)
2.4   2.4.1      Hy wou die haas waarmee die mense van die water probeer
                 wegkom, beklemtoon. √                                                (1)
      2.4.2      Dit dui op die verskillende stemme/toonhoogtes van die mense se
                 noodkrete. √                                                         (1)
2.5   Die leser ervaar dit as uiters ontstellend, want die krete van die mense hou
      lank aan/stop nie/is skynbaar nimmereindigend √                                 (1)
2.6   Die mense is geskok; hulle voel magteloos en ontredderd. √                      (1)
2.7   Nee, beide dui daarop dat die aksie voortgaan. √                                (1)
2.8   Dit wat gebeur is afgryslik en die woorde suggereer dat die drywende lyke
      afgryslik is om te aanskou./
      Dit wat gebeur is onmoontlik om regtig aan iemand oor te dra en die woorde
      dui op sy magteloosheid om die ellende van die gestorwenes aan die leser
      oor te dra. √                                                                   (1)
                                                                                     [10]
                                            OF
VRAAG 3: KONTEKSVRAAG

3.1   Dit beklemtoon die dromerige stemming./
      Die s-alliterasie dra by tot die dromerige stemming. √                          (1)
3.2   D / “dan gryp die onwerklikheid ons” √                                          (1)
3.3   3.3.1      Metafoor √                                                           (1)
      3.3.2      Dit laat ons in gedagtes verlore raak./
                 Alles versink in ŉ wasige droomwêreld. √                             (1)
3.4   Surrey en Delft roep die illusie van ou beskawings op – ŉ beeld van ŉ
      rustige bestaan, nl. die dromerige onwerklike romantiek van Surrey en die
      valse rustige beelde van Delft. √√                                              (2)
3.5   Die Afrika-wêreld. √                                                            (1)
3.6   Dit is geslaagd, want die miere se geskarrel lyk net soos ŉ rukwind. √
                                               OF
      Dit is nie geslaagd nie, want daar is geen ooreenkoms tussen dit wat met
      mekaar vergelyk word nie. √                                                     (1)
3.7   Die nuus uit die binneland is dat die natuurelemente (soos die bergwind,
      miershoop, droogte, brand) die binnelander laat besef hy in Afrika is. √        (1)
3.8   Dit lig duidelik die verskil tussen Afrika en Europa uit./
      Dit illustreer duidelik die hardheid/onvoorspelbaarheid van Afrika. √           (1)
                                                                                     [10]
                                            OF

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                5

 VRAAG 4: KONTEKSVRAAG

 4.1    Die gewese geliefde √                                                         (1)
 4.2    Die maan word met romanse geassosieer en die maanlanding was as ŉ
        onmoontlike gesien, net so het die spreker gedink ŉ gebroke verhouding
        was vir haar ŉ onmoontlike. √                                                 (1)
 4.3    Die parentese √ en die ellips. √                                              (2)
 4.4    4.4.1     Die maan is nie ŉ planeet nie. √                                    (1)
        4.4.2     Dit beklemtoon die feit dat sy haar misgis het met die liefde. √    (1)
 4.5    Soos die maankors bewysstukke is van die besoek aan die maan, is haar
        foto’s ŉ bewys van hierdie gewese verhouding. √                               (1)
 4.6    Dit kan haar wegneem van die seer van die gebroke verhouding./
        Net soos jy deur ŉ lugskip van glas kan sien, net so kan jy aan haar poësie
        haar seer sien. √                                                             (1)
 4.7    na maande √                                                                   (1)
 4.8    Die langerwordende versreëls in strofe 2 en 3 laat die gedig soos ŉ
        ruimtetuig lyk. √                                                              (1)
                                                                                      [10]
                                            EN

 VRAAG 5: OPSTELVRAAG

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR GEDIGTE nagesien.

 LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.
    Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
     struktuur en taal.
    Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inhoud

 Kode 7      7 gemotiveerde feite
 Kode 6      6 gemotiveerde feite
 Kode 5      5 gemotiveerde feite
 Kode 4      4 gemotiveerde feite
 Kode 3      3 gemotiveerde feite
 Kode 2      2 gemotiveerde feite
 Kode 1      1 gemotiveerde feit

 Taal en styl:
 Beoordeel volgens die rubriek.

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2013)

Inleidingsparagraaf
     Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste inleiding, bv. die digter
      dwing die leser om anders na die donkie te kyk.
Verkeerde opvattings oor donkies. (3 feite)
    Die donkie word tradisioneel as dom gesien en geminag.
    Die digter wil hê dat ons anders daaroor sal dink, want dit is juis die donkie
     wat Christus gewillig en gehoorsaam in Jerusalem ingedra het.
    Daarom moet die donkie geag word.
Hoe die gebruik van alliterasie, idiomatiese taalgebruik en intertekstualiteit
die teendeel bewys. (3 gemotiveerde feite)
     Die d-alliterasie beklemtoon die donkie en stel dit teenoor die perde. So word
      mense teenoor Jesus gestel. Die alliterasie beklemtoon en kontrasteer en is
      daarom funksioneel.
     Die digter gebruik idiomatiese taal, bv. “man en muis” moet hulde aan die
      donkie bring. Dit wil sê almal.
     Hy sluit af deur intertekstueel na ŉ Afrikaanse liedjie te verwys wat bevestig
      dat die donkie eintlik ŉ wonderlike dier is.
ŉ Ander siening oor die donkie. (1 gemotiveerde feit)
     Ek het ook nog altyd gedink ŉ donkie is dom, maar noudat die alliterasie die
      donkie teenoor die perde stel, sien ek dat die donkie nog beter is as
      perde./maar nou dat ek die idioom weer bestudeer, besef ek die donkie moet
      eintlik geag word.
Slot
    Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste slot, bv. die digter het my
     beslis anders na die donkie laat kyk.                                              [10]
                                         OF
VRAAG 6: KONTEKSVRAAG
Om te dink – Henning Pieterse
6.1   dat donkies dom diere is/dwase dikwels/pronk met perdebloed √
      doop hul donkies/darem deur                                                        (1)
6.2   Dit beklemtoom hoe dom die donkies is.                                             (1)
6.3   Ja, esels het ook perdebloed./
      Nee, hoëlui noem net hul donkies esels om voor te gee. √√

      Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
      Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees.                               (2)
6.4   Die esels spog met perdebloed, maar die kruising maak hul nog minder
      opreg./
      Die donkies het ŉ suiwerder bloedlyn, maar word geminimaliseer. √                  (1)
6.5   dan √                                                                              (1)
6.6   Ja, die woorde beklemtoon/dien as steunpunte/vertraag die tempo om die
      donkie se gehoorsaamheid/gewilligheid aan te toon.
      Dit dui aan dat die fout nie by die donkie lê nie; hy is gehoorsaam aan God.
      √√                                                                                 (2)
6.7   Almal moet die donkie eer. √                                                       (1)
6.8   o die donkie is ŉ wonderlike ding. √                                               (1)
                                                                                        [10]
                                                             TOTAAL AFDELING A:          30

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    7

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 VRAAG 7: OPSTELVRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
  Dis ŉ breë raamwerk van feite.
  Al die feite hoef nie genoem te word nie.
  Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
    struktuur en taal.
  Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inleidingsparagraaf
 Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste inleiding, bv.
 Johanna, Iris se ma en Bettie het ŉ definitiewe vormende invloed op Iris se lewe gehad.

 Die manier waarop elkeen Iris se lewe verryk het, te noem. (3 feite)
  Johanna se nugterheid het Iris se lewe verryk.
  Iris se Ma se uniekheid het ŉ vormende invloed op Iris.
  Bettie se uniekheid en tog ook soms haar nugterheid het Iris se lewe beïnvloed.

 Bewyse van hierdie maniere te gee. (3 feite)
  Johanna is georganiseerd. Sy is die een wat weet waar die sleutels in die huis is/sy
    is die een wat die huishouding behartig.
  Sy is reguit. Sy huiwer nie om Elsa oor haar katoenonderklere aan te spreek nie.
  Sy is altyd opgeruimd.
  Sy is wel ter tale. Sy kommunikeer met almal, selfs vreemdes bv. Claude, ewe
    maklik.

     Iris se ma is uniek. Sy laat Iris haar tande met as borsel./Ten spyte van Iris se
      versoek dat hul Riekie se besoeke tydens eksamentyd moet stopsit, ignoreer Ma
      dit./sy laat toe dat Peter en Iris gaan swem sonder klere./Sy aanvaar vir Johanna en
      Claude./Sy leef in ŉ wêreld van haar eie.
     Ten spyte van haar eksentriekheid, is Ma altyd daar vir haar kinders en kleinkinders.
      Sy brei vir haar kleinkinders truie en help Elsa deur na die kleinkinders te kyk.

     Bettie se nugterheid kom na vore wanneer sy ontsteld is oor die modelkontrak wat
      Iris van die hand gewys het’.
     Bettie se uniekheid word gesien in haar beroep as loodgieter/haar totale
      afhanklikheid van Brian.
     Bettie het ŉ baie swak selfbeeld en sukkel om met Brian se kinders oor die weg te
      kom.

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (SEPTEMBER 2013)

Die gevolg van hierdie verryking in Iris se lewe te bespreek. (6 gemotiveerde feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (3 gemotiveerde
feite, terwyl die ander 3 feite by enige karakter aangebied mag word)
 Johanna se nugterheid/georganiseerdheid rondom die hantering van ŉ huishouding,
     help Iris om haar eie huishouding te kan hanteer t.s.v. die feit dat sy ook maar in ŉ
     wêreld van haar eie leef.
 Johanna se reguit manier om mense te hanteer, help Iris om die portier in die hotel te
     kan hanteer en hom op sy swak maniere te wys. Dit lei daartoe dat haar verblyf
     draagliker is – veral in die tyd sonder Peter.
 Johanna se reguit manier om mense te hanteer, help Iris om haar aanstaande
     skoonpa se agterdog jeens haar engel te hanteer sonder dat daar konflik tussen hulle
     ontstaan.
 Johanna se opgeruimdheid leer Iris van blymoedigheid en daarom kon sy t.s.v.
     moeilike en te neerdrukkende wagtyd op Peter, nog steeds New York geniet/Bettie
     hanteer en blymoedig bly/die tydperk oor kerstyd in die hospitaal hanteer. Sy laat
     haar selfs deur die Engel tot ander insigte rondom haar naam bring.
 Johanna se welsprekendheid leer Iris om maklik met mense te kommunikeer.
     Daarom was sy so ŉ aanwins vir dr. Anders se praktyk/raak sy maklik aan die gesels
     met vreemdelinge soos Billy, die vrou van Tegucigalpa, Joe en die vuurhoutjieman..
 Iris is van jongs af in kontak met Johanna se sterk persoonlikheid. Dit het Iris gehelp
     om te besef sy kan New York vrou alleen takel.
 Die feit dat Ma Iris haar tande met as laat borsel, is ŉ bewys van haar uniekheid. Dit
     bevestig ŉ aardsheid en andersheid by Iris. Dit maak ook van Iris ŉ interessante
     wese en laat haar haar lewe anders leef.
 Ma se hantering van Riekie en Peter en Iris se swemsessie wys op ŉ volkome
     vertrouensverhouding. Dit het weer die grondslag vir Iris se verhouding met Peter
     gelê. Sy het Peter volkome vertrou.
 Ma se aanvaarding van Johanna en Claude as deel van die familie, is heeltemal
     eksentriek vir die tyd waarin die verhaal afspeel. Dit beïnvloed Iris se siening t.o.v.
     rasseverskille/afkoms. Daarom is sy baie gemaklik met die verhouding wat tussen
     haar en Billy ontstaan. So het sy iemand wat haar in New York kan help terwyl sy op
     Peter wag. Billy lei haar ook na die insig dat ŉ naam, maar net ŉ naam is.
 Ma se altyd daarwees vir haar kinders en Pa, leer Iris waardevolle vrou-wees lesse.
     Wanneer Peter dan in ŉ ongeluk is met sy oë, weet Iris hoe om hom te ondersteun.
     Sy kan ook Bettie help met Brian se kinders en die krisis rondom Bettie se gifdrinkery
     hanteer.
 Bettie se nugterheid rondom Iris se modelkontrak, laat Iris weer twyfel oor haar
     blomtydperk en laat haar besef daar is meer in die lewe. Hierdie voortdurende twyfel
     oor ŉ blomtydperk laat Iris later met die hulp van die Engel tot ander insigte kom.
 Bettie se totale afhanklikheid van Brian en haar swakselfbeeld, laat Iris al hoe sterker
     na vore tree. So ontwikkel sy tot ŉ selfstandige vrou wat die leisels by Bettie
     oorneem.

Motiveer of hierdie verryking geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
 Die invloed van veral Ma en Johanna is definitief geloofwaardig. ŉ Mens kan nie by
   ander mense in ŉ huis leef en dan nie beïnvloed word nie. Veral Ma se uitkyk op
   rasseverskille en die hantering daarvan, moes ŉ definitiewe invloed op Iris gehad het.

Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste slot, bv. die drie karakters het ŉ
definitiewe invloed op Iris se vorming gehad.
                                                                                        [25]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     9

                                          OF
 VRAAG 8: KONTEKSVRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 8.1    8.1.1          In die hospitaal/in Vermont √
                       Sy dink oor haar toekoms./Sy besin oor haar toekoms. √
                       Sy word gedwing om na te dink en sy het tyd om rustig met die
                        Engel te praat. √                                                 (3)
        8.1.2      Sy het hom by haar ouma geërf. √                                       (1)
        8.1.3      Beskermer/raadgewer/bring haar tot belangrike insigte/geselskap/is
                   deel van haar fantasiewêreld. √                                        (1)
        8.1.4      Die einde sou definitief beïnvloed gewees het, want dit is die Engel
                   wat Iris tot die insig bring dat daar meer as een blomgeleentheid in
                   jou lewe kan wees. √√                                                  (2)
 8.2    8.2.1          Ek-verteller/Eerstepersoonsverteller √
                       is geslaagd, want dit maak die gebeure meer geloofwaardig
                        dis die beste soort verteller om Iris se emosies (gevoelens) te
                        beskryf/omdat die roman so spesifiek op Iris se gevoels- en
                        fantasiewêreld fokus. √                                           (2)
 8.3    Fantasie/droom √ en werklikheid. √                                                (2)
 8.4          Iris verkies aanvanklik haar fantasiewêreld, want √
              so kan sy van haar saai bestaan ontsnap. √
              Toe sy Peter ontmoet het, het haar fantasiewêreld oorbevolk geraak. √      (3)
 8.5    Bettie meen dat Iris die modelkontrak nie van die hand moes wys nie omdat
        so ŉ kans net een keer in ŉ leeftyd voorkom. √                                    (1)
 8.6    Iris glo ook dat mens net een keer in jou leeftyd blom en dit kon haar
        blomoomblik gewees het. √                                                         (1)
 8.7    Ja, want aan die einde van die boek wag sy nog steeds dat die lelie moet
        oopgaan.

        Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
        Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees.                              (2)
 8.8    8.8.1     Die taxibestuurder in New York. √                                       (1)
        8.8.2      Ten spyte van die destydse politieke situasie wat mense op
                     grond van velkleur wou skei √,
                   het Iris ŉ gemaklike verhouding met Billy, die swart
                     taxibestuurder/Iris sien die mens raak en nie die velkleur nie. √
                   Die motto sê dat daar humoristies met sekere temas/situasies
                     omgegaan sal word. √                                                 (3)
        8.8.3      Billy luister na haar √,
                   terwyl Iris gevoel het niemand in haar gesin luister na haar
                     nie. √                                                               (2)
 8.9    Iris se geneigdheid om te fantaseer./Iris soek voortdurend geleentheid om te
        blom./Iris maak moeilik keuses. √                                                  (1)
                                                                                          [25]
                                          OF

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
   Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
     struktuur en taal.
   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleidingsparagraaf
Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste inleiding, bv.
Ouma Essie en Grace se geloofsagtergrond en uitlewing daarvan het gevolge vir Baas,
die sendelinge en die Khuta ingehou.

Noem wat Ouma Essie en Grace se geloofsagtergrond is. (3 feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 feite), terwyl die
ander feit by enige karakter aangebied mag word.

 Ouma Essie is deur die Kruger sendelingegpaar aangeneem en op ŉ Vrystaatse
  sendingstasie grootgemaak.
 Ouma Essie was die eerste swart meisie wat by die Bybelkollege in Witsieshoek
  ingeskryf was.
 Ouma Essie ontmoet Joseph Sitali Mulambwa daar, trou met hom en gaan na die
  Sengagebied vir sendingwerk.
 Grace word deur Ouma Essie op die sendingstasie grootgemaak.
 Grace is diep gelowig en glo dinge gebeur volgens God se wil.

Bewyse te gee van Ouma Essie en Grace se geloofsuitlewing. (3 feite)
Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 feite), terwyl die
ander feit by enige karakter aangebied mag word.

 Ouma Essie berispe die Khuta omdat hulle nie meer open met gebed nie.
 Omdat Ouma Essie self met haar geloof geworstel het, is sy die een wat ŉ antwoord
  vir Baas op sy vraag rondom Christenskap het.
 Sy begin met die herstelwerk op die sendingstasie, omdat sy God se woord wil
  versprei.
 Grace versorg Baas t.s.v. die feit dat hy haar wegjaag.
 Grace is die persoon wat eerste met Baas oor Christenskap praat.

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   11

 Aan te dui wat die gevolg van hierdie geloofsuitlewing as tussenganger tussen
 Baas, die sendelinge, die khuta en versoener tussen kulture was.
 (6 gemotiveerde feite)
 Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 gemotiveerde
 feite), terwyl die ander feite by enige karakter aangebied mag word.

  Ouma Essie tree telkens as tussenganger tussen Baas en die khuta en Baas en die
   sendelinge op. So verseker sy kontinuïteit in die uitdra van God se woord en werk.
  Sy gee om vir haar medemens. Ouma Essie duld nie dat die Khuta Grace inloop nie.
   Hierdeur gee sy aan Grace ŉ menswaardigheid./Sy gee vir Baas ŉ hondjie in die plek
   van Brindle. Hierdeur bewys sy aan Baas dat ŉ Christen aan sy dade geken word.
  Ouma Essie sorg vir die sendelinge as sy die werk aan die sendingstasie orkestreer.
   Sy gee dus betekenis aan hul daar wees.
  Omdat ouma Essie Baas se twyfel in God verstaan, is sy die een wat vir hom die
   duidelikste antwoord op sy vraag het. Baas besef dan later dat Manaka sy roeping is.
  Grace besef die onmin tussen Baas en die sendelinge moet opgelos word. Sy spreek
   Baas hieroor aan en tree as bemiddelaar op. Dit lei daar toe dat Baas hul tog op
   Manaka verdra.
  Grace wen Baas se vertroue en hy vertel haar van sy droom. Dit is dan ook sy wat
   hom herinner aan sy droom wanneer hy wil tou opgooi. Sy is dus verantwoordelik vir
   Baas se aanbly op Manaka.
  Grace verduidelik aan die blankes hoe die Khuta werk en hoe jy veronderstel is om
   teenoor gesagsdraers op te tree./Sy verduidelik die Lozi-tradisies aan hulle. Dit lei
   daartoe dat verhoudinge herstel kan word en die khuta die blankes laat aanbly.

 Te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
  Ouma Essie se rol as bemiddelaar tussen Baas en die khuta en Baas en die
    sendelinge is geloofwaardig. Baas wou nie die sendelinge daar hê nie. Dit sou dus
    logies wees dat hy hul sou verwilder het, maar Ouma Essie se tussenkoms het dit
    verhoed.
  Gesien vanuit Ouma Essie se Christenskap is haar optrede teenoor Grace en Baas
    wanneer sy vir hom die hondjie gee, geloofwaardig. Ouma Essie se Christenskap het
    baie duidelik in haar optrede na vore gekom.
  Die sendelinge het aanvanklik glad nie gedink dit is hoe die sendingstasie lyk nie en
    hul het nie geweet waar om te begin nie. Dit sou egter logies wees dat hul maar sou
    oppak. Ouma Essie wou weer die sendingstasie sien funksioneer en daarom was haar
    optrede dus geloofwaardig om hul te help om aan die gang te kom.
  Grace is diepgelowig daarom is haar handeling as tussenganger geloofwaardig.

 Slot
 Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste slot, bv. Ouma Essie en Grace se
 geloofsagtergrond en die uitlewing daarvan het net positiewe gevolge ingehou.
                                                                                     [25]

                                        OF

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 10: KONTEKSVRAAG

MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

10.1 Sy oupa en hy het honde op Manaka. √                                             (1)
10.2 10.2.1  Griesel het in Baas se slaaphut √
              ingebreek. √
              Hy is ŉ sendeling wat nie behoort te steel/in te breek nie. √          (3)
     10.2.2 Hy is nie tuis nie, want hy is in die hospitaal (omdat hy ernstig
             malaria opgedoen het.)/Hy is siek. √                                     (1)
     10.2.3 Hulle kom hervestig die sendingstasie. √                                  (1)
     10.2.4 Nee, want hy kry die antwoord by Ouma Essie. √√

                Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
                Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees.                  (2)
10.3    Derdepersoonsverteller is √
        geslaagd, want dit stel die leser in staat om die verhaal objektief te
            ervaar./om elke karakter se siening te hoor. √                            (2)
10.4   10.4.1 Hy het die boot van Mark James gekoop.                                  (1)
       10.4.2 Hy wil toeriste daarmee op die Zambesi vervoer/Hy wil hulle
                blootstel aan ongerepte Afrika./Die uiteindelike doel van Baas was
                om die mense te help. √                                               (1)
       10.4.3  Die boot het in die rivier afgespoel, √
                 nadat Chisupo dit losgemaak het. √
                 Ja, Baas het uiteindelik besef hy hoort op Manaka. √                (3)
10.5   ŉ Mens se dade verklap of jy ŉ Christen is, al dan nie. √                      (1)
10.6   Baas gee vir ander om. √                                                       (1)
10.7   Ja, want sy het vir hom die antwoord oor Christenskap gehad. . √ . √

     Die motivering bepaal die punt, 2 of 0.
     Die ja/nee kan ook impliseer word om korrek te wees.                             (2)
10.8 10.8.1 Nanna is bedagsaam/sorgsaam/hulpvaardig/vrygewig/dienend √
              Griesel is selfsugtig/gemaksugtig/egoïsties/suinig/
              meerderwaardig √                                                        (2)
10.9 10.9.1 Dennis Chipman 1/(noemnaam) Baas 1/oupagrootjie √ (spesifiseer
              watter Dennis Chipman dit is)                                           (1)
     10.9.2       Hy het skoenlappers kom vang (vir die Kanadese
                   staatsmuseum), √
                  maar het toe die sendingstasie gestig. √
                  Baas aanvaar Christenskap/lees weer Bybel/doen goed aan
                   ander. √                                                           (3)
                                                                                     [25]
                                          OF

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)               AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   13

 VRAAG 11: OPSTELVRAAG

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.
    Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
      struktuur en taal.
    Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Inleiding:
 Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste inleiding, bv. in Vatmaar is daar
 ooreenstemmende manlike en vroulike karakters wat ŉ beduidende rol in Vatmaar speel,

 Twee ooreenstemmende manlike en vroulike karakters in Vatmaar op grond van
 hulle rolle wat hul in die Vatmaar-nedersetting speel, te noem. (4 feite)

  Ta Vuurmaak en Sus Bet;
  Oom Chai en Tant Wonnie.

 Bewyse te gee van ooreenkomste t.o.v. die rol wat hul speel. (2 feite)
 Kandidate moet een ooreenkoms tussen Ta Vuurmaak en Sus Bet gee vir ŉ punt en een
 ooreenkoms tussen oom Chai en tant Wonnie vir die ander punt.

  Ta Vuurmaak is die een met die meeste kennis van die geskiedenis van die
   nedersetting.
  Hy dra met sy verhale aan die kinders sy kennis aan die volgende geslagte oor.
  Hy het stene gemaak en aan Vatmaar se mense verkoop.
  Sus Bet is ook ŉ Griekwa. Sy moedig die seuns aan om Ta Vuurmaak se stories te
   hoor.
  Sy het khadi gemaak en aan Vatmaar se mense verkoop.
  Oom Chai neem die leiding in die stigting van Vatmaar/bou van kerk/begin van Skool.
  Hy is in beheer van die inwyding van die kerk en is ŉ ouderling.
  Tant Wonnie is ŉ goeie mens wat (ondanks haar armoede) vir ander omgee en help
   waar sy kan.
  Sy het Oom Chai gehelp met die totstandkoming van die kerk. Sy het die mense geld
   laat insamel vir die grond.

 Aan te dui wat die gevolge van hierdie karakters se teenwoordigheid op Vatmaar is.
 (6 gemotiveerde feite)
 Die kandidate moet minstens een feit by elke van die karakters noem (2 gemotiveerde
 feite), terwyl die ander feite by enige karakter aangebied mag word.

  Ta Vuurmaak deel ŉ universele goedheid mee toe hy aan die jong seuns sê: “Deel
   met jou broer wat jy het. Dit sal vermenigvuldig terugkom.”/
  Hy leer die seuns omtrent die kompleksiteit en ook die eenvoud van die natuur. Hy
   kweek dus by die jeug respek vir die natuur/

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2013)

 Hy leer die seuns van die Griekwa-kultuur. Sonder Ta Vuurmaak sou die gemeenskap
  in Vatmaar beslis armer gewees het aan kultuurgoed.
 Sus Bet se bemoeienis met die seuns wat na Ta Vuurmaak se stories moet luister, het
  gesorg dat die Griekwa-kultuur op Vatmaar nie uitsterf nie.
 Oom Chai het die dorp met vatmaar-goed begin. Hy verskaf dus ŉ heenkome vir talle
  uitgewekenes.
 Vir Oom Chai was die oprigting van ŉ kerk baie belangrik, want hy wou die kinders
  gedoop sien kom. Dus het hy gesorg dat die gemeenskap die Woord van God
  bekom/stigting van die skool dat almal kan leer lees.
 Tant Wonnie is as’t ware die verpersoonliking van liefde. Vatmaar kon aan haar sien
  wat ware Christenskap was.
 Sy het aan Vatmaar se mense geleer om nie net bakhand te staan en ontvang nie,
  maar self iets te doen. So kweek sy ŉ selftrots by die gemeenskap en samehorigheid.

Te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig is. (3 gemotiveerde feite)
Kandidate kan enige een van hierdie karakters se bydrae beoordeel.

 Die feit dat die Griekwakultuur vandag nog bestaan, is ŉ bewys dat dit van geslag tot
  geslag oorgedra moes word. Dit maak dus ŉ karakter soos Ta Vuurmaak en sy bydrae
  op Vatmaar geloofwaardig.
 Die feit dat daar ŉ dorp soos Vatmaar bestaan, is ŉ bewys dat daar wel iemand soos
  oom Chai die leiding moes neem om hierdie dorp tot stand te bring. Daarom is sy
  bydrae op Vatmaar geloofwaardig.
 Die bestaan van die kerk op Vatmaar is ŉ bewys dat daar mense soos oom Chai en
  Tant Wonnie moes wees. Daarom is hulle bydrae op Vatmaar geloofwaardig.

Slot:
Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste slot, bv. hierdie karakters het almal dus ŉ
sterk ooreenkoms ten opsigte van die rol wat hul in Vatmaar gespeel het.
                                                                                       [25]
                                        OF

VRAAG 12: KONTEKSVRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

12.1     Hulle is op pad na die polisiestasie √,
         want hulle word van onwettige besit van diamante verdink. √
         Die onmenslike behandeling, bv. die uittrek van die klere beeld die tema
           uit. √                                                                       (3)
12.2    Hy het diamante (van mnr. Swartz) gesteel./
        Hy het diamante (van sy werkgewer) gesteel √                                    (1)
12.3    Sy het op haar eie die weggesteekte diamante onder die klip probeer
        steel. √                                                                        (1)
12.4    Bet het onder onaangename omstandighede gewerk, √ terwyl Siesie Lena
        se werkgewer haar goed behandel het. √                                          (2)
12.5    Dit sou verskil het, want sy sou nie die geld gehad het om van haar
        werkgewer af weg te gaan nie. Sy sou in armoede bly leef het. √√                (2)
12.6     Derdepersoonsverteller √
         is geslaagd, want dit stel die leser in staat om die verhaal objektief te
             ervaar./om elke karakter se siening te hoor. √                             (2)

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    15

 12.7         Siesie Lena moes haar erfgoed gaan haal, √
              en Bet gaan met Oom Flip trou. √                                           (2)
 12.8         Hulle wou ŉ beter lewe lei. √
              Die diamante is uiteindelik (aan mister Hallstone) verkoop en Oom
               Flip, Bet, Siesie Lena en Janman het elkeen 200 pond gekry. √
            Hulle is onskuldig bevind, want die polisie kon nie die diamante by/aan
               hulle vind nie. √                                                          (3)
 12.9     In die tydperk was daar geweldige vooroordele tussen mense, veral as hul
          ongeletterd was, en sou die wat die mag gehad het, hierdie mag gebruik
          het, ongeag die bewyse. √√                                                      (2)
 12.10    Hulle het diamante gevat wat nie aan hulle behoort nie en die titel impliseer
          dat jy maar kan vat. √√                                                         (2)
 12.11    12.11.1 Hy was ŉ delwer wat ŉ diamantkoper geken het. √                         (1)
          12.11.2 Hy het hulle geheim aan die polisie verklap. √                          (1)
          12.11.3      Hy het nie ŉ verhouding met die groep nie/hy is bereid om
                           die groep uit te lewer. √
                       Jakob Kierie wou al die geld vir homself hê/wou dit doen vir
                           eie gewin, √
                       maar oom Flip het terwille van ŉ beter lewe vir Bet
                           deelgeneem. √                                                   (3)
                                                                                          [25]
                                                              TOTAAL AFDELING B:          25
                                              OF
 AFDELING C: DRAMA

 Beantwoord EEN vraag.

 VRAAG 13: OPSTELVRAAG

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
 VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

 LET WEL:
    Dis ŉ breë raamwerk van feite.
    Al die feite hoef nie genoem te word nie.
    Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
      struktuur en taal.
    Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

 Dramas het ŉ vaste struktuur.

 Inleiding:
 Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste inleiding, bv. elke drama het ŉ vaste
 struktuur van ses fases.

 Die fases te noem. (6 feite)
  Die drama bestaan uit die eksposisie/aanloop/bekendstelling/uiteensetting;
  motoriese moment;
  die verwikkeling;
  die krisis;

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2013)

 die klimaks/hoogtepunt/uitbarsting/breekpunt/katarsis/ommekeer van die spanning of
  konflik en
 die oplossing/ontknoping/afloop/afwikkeling.

Elkeen van hierdie fases met ŉ voorbeeld uit die drama toe te lig en te verduidelik
waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)
 In die eksposisie/uiteensetting word dialoog gebruik om die karakters bekend te
   stel, hulle verhouding teenoor mekaar uit te beeld, die tyd en plek (ruimte) van die
   handeling uit te beeld en die omstandighede/moontlike botsing aan die gehoor
   bekend te stel.
 In “Krismis van Map Jacobs” word die gehoor ingelig dat Cavernelis hard werk om vir
   sy familie uit die township te kry.
 Die gehoor neem kennis dat Maud afgeskeep voel en graag meer aandag van
   Cavernelis wil hê. Hul kom ook agter dat die Cavernelisse nie meng met die res van
   die gemeenskap nie.
 Volgens die stelinkleding (dekor en rekwisiete) blyk dit dat die gemeenskap arm is en
   ŉ uitsiglose bestaan voer.
 Die eksposisie is funksioneel want dit verseker dat die gehoor die verloop van sake
   kan volg.
 Die motoriese moment is die gebeurtenis wat die handeling aan die gang sit.
 Hier is dit die vraag oor wat Map gaan doen as hy vrygelaat word. Spanning word
   geskep en hou die leser so betrokke by die drama.
 In die verwikkeling bly die gemeenskap bespiegel oor hoe Map gaan reageer as hy
   vrygelaat word, veral oor die storie van Blanchie en die wit mans. Hierdie bespiegeling
   sorg dat daar toenemende spanning is.
 Die krisis is wanneer Mister Cavernelis selfmoord pleeg.
 Dit bring die spanning tot ŉ hoogtepunt, want Blanchie wend haar nou na Map. Nou
   moet Map besluit hoe hy gaan reageer.
 Die klimaks is nou wanneer Map die besluit neem om Blanchie te vergeef, nie wraak
   te neem nie en voor sy ma in boetedoening neerval.
 Die spanning wat tot nou toe gebou is, word met hierdie besluit nou omgekeer.
 Tydens die afloop word alle spanning opgelos wanneer tant Grootmeisie Map Johnie
   noem.
 Dit dui daarop dat daar heling en vergifnis plaasgevind het.

Kommentaar op die oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
 Dit is ŉ oop slot, omdat die leser hier twee afleidings kan maak. Die feit dat tant
  Grootmeisie haar spraak terug kry, kan dui op vergifnis.
 Map en Blanchie se omhelsing en vergifnis dui daarop dat hul verhouding weer gaan
  wees soos vantevore.
 Die klank van die saksofoon laat ook daardie idee by die leser.
 Terselfdertyd kan hierdie idee dat als weer soos vantevore gaan wees ook daarop dui
  dat niks verander het nie.
 Die mense is nog steeds uitgelewer en vasgevang.

Slot
Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste slot, bv. in die drama Krismis van Map
Jacobs is daar dus ŉ vaste struktuur met ŉ geslaagde oop slot.
                                                                                     [25]
                                        OF

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   17

 VRAAG 14: KONTEKSVRAAG

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 14.1     14.1.1         Maud se woonstel het haar ŉ verhewendheid gegee √
                         en nou is hulle gekke in die gemeenskap en almal gaan
                          agteraf oor hulle praat en hulle gaan uitlag. √                (2)
          14.1.2      Sy het nooit uit haar woonstel gekom nie en Engels gepraat. √√     (2)
 14.2     “Now stop crying sweetheart, crying won’t help” √                              (1)
 14.3      Blanchie sal ŉ modelkontrak in Parys (Frankryk) kry √
           en dit sou beteken hul kon vinniger uit die township. √
           Dit is geloofwaardig, want hy was bereid om sy dogter te gebruik om
               hul vinniger te help geld maak/hy was bereid om die gemeenskap se
               gramskap op die hals te haal; net om vinniger geld te maak √              (3)
 14.4     Ja. √ Sy sou hulle dan kon dagvaar. √
                                              OF
          Nee. √ Selfs skriftelike kontrakte is nie veel werd as jy met skurke wat jou
          misbruik deurmekaar is nie. √
          (Die geldige motivering bepaal die punt.)                                      (2)
 14.5     ŉ Mooier meisie √ of ŉ nuwe minnares het haar plek ingeneem. √                 (2)
 14.6      Sy wou Cavernelis help om so vinnig as moontlik so veel as moontlik
               geld in die hande kry √
           om uit die township te ontsnap en weg te trek na beter
               omstandighede. √
           Die gemeenskap het Cavernelisse as hoogmoedig beskou en hul
               getreiter. √                                                              (3)
 14.7     Prostitusie √                                                                  (1)
 14.8     Hulle was bevrees oor wat Map gaan doen as hy daarvan uitvind. √               (1)
 14.9     Blanchie beteken rein/wit en sy is as gevolg van haar “werk” definitief nie
          meer rein nie. √√                                                              (2)
 14.10    Daar was volgens gerugte ŉ koerantberig oor Blanchie se toekomstige
          modelwerk in Parys √./
          Die koerant het oor Blanchie geskryf: Top Township girl for Paris? √           (1)
 14.11    Maud is self net so skuldig omdat sy ook, soos Cavernelis en Blanchie, uit
          die township wil wegkom. √ Tommy sê dat sy nie anders as Cavernelis is
          nie. √                                                                         (2)
 14.12     Cavernelis pleeg selfmoord. √
           Dit waarvoor hy so hard gewerk het, realiseer nie en hy laat sy gesin
               agter sonder enige toekoms. √
           Aan die einde kan tant Grootmeisie praat, omdat Cavernelis ook boete
               gedoen het. √                                                              (3)
                                                                                         [25]
                                              OF

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 15: OPSTELVRAAG

MIS – Reza de Wet

Hierdie vraag word aan die hand van die aangehegte RUBRIEK VIR DIE NASIEN
VAN DIE OPSTELVRAAG VIR DIE ROMAN EN DRAMA nagesien.

LET WEL:
   Dis ŉ breë raamwerk van feite.
   Al die feite hoef nie genoem te word nie.
   Geen subopskrifte in opstel nie. Indien wel, penaliseer met een kategorie by
     struktuur en taal.
   Vir volpunte by inhoud word die aantal feite by die subopskrif aangedui.

Inleiding:
Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste inleiding, bv. elke drama het ŉ vaste
struktuur van ses fases.

Die fases te noem. (6 feite)
 Die drama bestaan uit die eksposisie/aanloop/bekendstelling/uiteensetting;
 motoriese moment;
 die verwikkeling;
 die krisis;
 die klimaks/hoogtepunt/uitbarsting/breekpunt/katarsis/ommekeer van die spanning of
   konflik
 en die oplossing/ontknoping/afloop/afwikkeling.

Elkeen van hierdie fases met ŉ voorbeeld uit die drama toe te lig en te verduidelik
waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)

 In die eksposisie/uiteensetting word dialoog gebruik om die karakters bekend te
  stel, hulle verhouding teenoor mekaar uit te beeld, die tyd en plek (ruimte) van die
  handeling uit te beeld en die omstandighede/moontlike botsing aan die gehoor
  bekend te stel.
 In “Mis” word die gehoor ingelig dat Gabriël reeds vir sewe jaar op die solder woon.
 Die gehoor neem kennis dat Miem baasspelerig/dominerend teenoor Meisie optree en
  haar beskermer is, dat Meisie se bestaan benouend en ingeperk is.
 Volgens die stelinkleding (dekor en rekwisiete) blyk dit dat hulle arm is en mis verkoop
  om ŉ bestaan te maak. “Mis” speel in 1936 na die Depressie af in ŉ eng plattelandse
  gemeenskap.
 Die eksposisie is funksioneel, want dit verseker dat die gehoor die verloop van sake
  kan volg.
 Die atmosfeer is gespanne oor die “naderende onheil” en bonatuurlike bedreiging –
  Miem verwys daarna.
 Gertie se koms verhoog die spanning – sy wil nie alleen wees nie op dié aand –die
  gesprekke sentreer om die twee vorige verdwynings van Rienie Pieterse en Sannie
  Koen.
 Miem koppel die verdwynings aan die koms van die sirkus. Die verwysing na die sirkus
  as euwel vorm die basis van die tema oor beswering (om iets weg te dryf/af te weer)
  en bevryding (om vry te raak van dit wat beperkend is), asook die ewige stryd tussen
  die bose (euwels) en die goeie. Die verwysings na die sirkus veroorsaak ook
  botsing/konflik tussen die Miem en Meisie.

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  19

  Die motoriese moment is dié gebeurtenis wat die verdere handelinge aan die gang sit
   (aktiveer).
  In “Mis” vorm die “blinde” konstabel se koms die motoriese moment wat die handeling
   aan die gang sit en die spanningslyn verhoog – die drie vroue het reeds spanning
   geskep deur hulle dialoog oor die “naderende onheil” en verdwynings van Rienie
   Pieterse (gefrustreerd oor haar ma se ipekonders – siektes) en Sannie Koen (wil
   ontvlug oor haar pa wat dominerend is).
  In die verwikkeling/ontwikkeling word die handeling verder gevoer.
  Die situasie word meer gekompliseerd, konflik tussen die opponerende magte óf
   standpunte is onafwendbaar – die spanning neem toe.
  Spanning word geskep deur die uitsteltegniek rondom die vraag: Gaan die geskiedenis
   van verdwynings voortgesit word?
  In “Mis” se verwikkeling word die uitwerking wat die konstabel op elkeen van die vroue
   het, getoon.
  Konstabel beïndruk die drie vrouens met sy betowerende persoonlikheid en fisiese
   vermoëns (skerp gehoor en reuksintuig) om hulle ouderdomme en geslag vas te stel.
  In “Mis” se verwikkeling raak die gehoor al meer bewus dat die konstabel nie is wie hy
   voorgee om te wees nie.
  Die krisis sentreer rondom die karakters en hulle behoefte aan bevryding.
  Elkeen se gesprek met die konstabel ontbloot hulle diepste verlangens. Die vraag
   ontstaan hoe die konstabel daarop gaan reageer en wat hy met die onthullings gaan
   doen.
  Gabriël se teenwoordigheid op die solder is onvoorspelbaar en die kyker/leser weet nie
   of en wanneer hy gaan afkom nie.
  Die klimaks, hoogtepunt, onvermydelike krisis in“Mis” vind plaas wanneer die
   konstabel tot ŉ siende hofnar of pierrot (ŉ hanswors uit die Franse toneel met ŉ
   witgemaakte gesig, wit jas en ŉ puntmus) verander/transformeer.
  Die gehoor besef dat die konstabel net voorgee om hulle beskermer te wees.
  Konstabel is ŉ “bevrydingsfiguur”.
  Meisie verskyn kaalvoet en in haar aannemingsrok en dans onder sy betowering by die
   agterdeur uit en die konstabel haar in sy hofnarklere volg – hy bevry haar so.
  Meisie se transformasie van ŉ skaam, onseker meisie na die fladderende, dansende
   vlinder kan as die ommekeer, wending in “Mis” beskou word – haar bevryding.
  Meisie lag ( vir die eerste keer in die drama) en dans onder die betowering van die
   hofnar by die agterdeur uit.

 Kommentaar op oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
  Dit is ŉ oop slot, omdat dit is onseker is wat Meisie se lot werklik is, alhoewel daar
   genoeg suggesties gelaat word dat haar lot dieselfde is as Rienie Pieterse en Sannie
   Koen. Terselfdertyd is daar die moontlikheid dat dit tog nie Meisie se lot was nie.

 Slot
 Die kandidaat voorsien die opstel van ŉ gepaste slot, bv. in die drama Mis is daar dus ŉ
 vaste struktuur met ŉ geslaagde oop slot.
                                                                                       [25]

                                         OF

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 16: KONTEKSVRAAG

MIS – Reza de Wet

16.1    Gertie kyk na die sirkusliggies buite. √                                         (1)
16.2    Sy vorm deel van die Calvinistiese skynheiligheid. √/Sy smag om daar te
        wees./Sy is nuuskierig.                                                          (1)
16.3    Die sirkusruimte is vrolik en helder verlig √, terwyl die kombuis
        benouend/beklemmend/morbied en dof verlig is. √                                  (2)
16.4    Miem is dominerend/gasvry/besorgd. √                                 (Enige 2)   (2)
16.5    Meisie is bekommerd oor gevaar wat van buite kan kom, terwyl die gevaar
        eintlik alreeds binne in die huis is in die persoon van die konstabel. √√        (2)
16.6     As streng Calvinis glo sy dat alles buite die kerk boos is. √
         Dit is geloofwaardig, want Miem is besonders eng/konserwatief. √
         Die uiteindelike gevolg is dat sy haar dogter verloor/dat sy haar dogter
             wegdryf na die konstabel. √                                                 (3)
16.7    16.7.1      Sy is gedienstig/wil hom tevrede stel. √                             (1)
        16.7.2        Gertie vind bevryding deurdat sy deur middel van Konstabel
                         se vertelling van tant Hannie transformeer./Sy word as’t
                         ware tant Hannie wat uittrek en dans en mooi hare het en
                         word so bevry van haar beklemmende bestaan. √
                      Die bevryding is nie volledig nie √,
                      want Miem kom in en Gertie moet na buite vlug in haar
                         onderklere. As sy terugkom, het sy weer haar ou klere aan
                         en is sy weer vasgevang. √                                      (3)
16.8    Hy bring ŉ innerlike verandering/ommekeer by die ander karakters te
        weeg. √                                                                          (1)
16.9    Sy wil nie vir Gertie alleen by die konstabel los nie, want sy wil Meisie aan
        hom afsmeer. √
        Dit bring spanning, want die gehoor besef Konstabel is nie wat hy voorgee
        om te wees nie. √                                                                (2)
16.10   Gabriël sit op die solder. √                                                     (1)
16.11   Hulle verkoop sakke mis. √                                                       (1)
16.12    Daar kom kuier geen jongmense as gevolg van die stank nie/Meisie
             werk dag en nag en het geen jongmenslewe nie. √
         Meisie plant roosbome om die stank te verdryf./Sy loer na die
             sirkusliggies en het al weggeglip na die sirkus. √
         Die plant van die roosbome was nie suksesvol nie, want dit het nie die
             stank van die mis verdryf nie./Die wegglip na die sirkus en die loer na
             die liggies het haar in die moeilikheid laat beland en was dus nie
             suksesvol nie. √                                                            (3)
16.13   Nee. √ Miem het die konstabel nie weer gesien nie, maar Meisie wel omdat
        sy in die geheim afgespreek het om die konstabel weer te ontmoet. √               (2)
                                                                                         [25]

                                                            TOTAAL AFDELING C:           25
                                                                GROOTTOTAAL:             80

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [AFRHL P2 S13 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-s13-qp-afr/9353aacc-7375-488a-a2e2-a28a0a219240) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [AFR HL P1 MEMO GR12 SEP2013](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-memo-gr12-sep2013/b7b7b54a-1858-43b7-a730-fe08c26a79bc) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 MEMO GR12 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-memo-gr12-2013/7ffde639-95e1-45e0-834e-5f09f0180807) — Afrikaans HL · Memo · 2013 · Afr
- [AFR HL P2 GR12 MEMO SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr12-memo-sept2019/42d676d4-d5cc-4d55-a6ae-c501ee8b80c8) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2018/23f66bba-f237-4a7c-8261-e56864332257) — Afrikaans HL · Memo · 2018
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286) — Afrikaans HL · Memo · 2016

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
