# Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 2 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2013, 27 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-s13-qp-afr/9353aacc-7375-488a-a2e2-a28a0a219240
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 27

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P2 Eastern Cape Mock 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-s13-qp-afr/9353aacc-7375-488a-a2e2-a28a0a219240)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2013. Question paper, 27 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                   Province of the
                   EASTERN CAPE
                   EDUCATION

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2013

                  AFRIKAANS HUISTAAL V2

PUNTE:   80

TYD:     2½ uur

                    Hierdie vraestel bestaan uit 27 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (SEPTEMBER 2013)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees die volgende instruksies/opdragte noukeurig deur voordat jy die vraestel
beantwoord.

1.   Moenie probeer om die hele vraestel deur te lees nie. Raadpleeg die
     inhoudsopgawe op die volgende bladsy en merk die vraagnommers van die
     letterkundetekste wat jy in die klas behandel het. Lees daarna die vrae oor
     die tekste wat jy gedoen het en kies die tipe vraag wat jy wil doen. Neem die
     voorskrifte by elke vraag in ag.

2.   Die vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

     AFDELING A: Gedigte (30)

     AFDELING B: Prosa       (25)

     AFDELING C: Drama (25)

3.   Beantwoord VYF vrae in totaal: DRIE uit AFDELING A, EEN uit AFDELING B
     en EEN uit AFDELING C. Gebruik die kontrolelys om jou met jou keuses te
     help.

4.   Volg die opdragte aan die begin van elke afdeling noukeurig.

5.   Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
     vraestel gebruik is.

6.   Beantwoord ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.   Skryf netjies en leesbaar.

8.   Voorgestelde tydsindeling.

     AFDELING A:      ongeveer 40 minute

     AFDELING B:      ongeveer 55 minute

     AFDELING C:      ongeveer 55 minute

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     3

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou help met die keuse van vrae sonder dat dit nodig is om die hele
 vraestel deur te lees.

 AFDELING A: GEDIGTE
 Voorgeskrewe gedigte: Beantwoord ENIGE TWEE vrae.
 VRAAGNOMMER                            VRAAG                          PUNTE      BLADSY
 1. Sonsverduistering                  Opstelvraag                       10          5
                                     OF
 2. ŉ epistemologie van water         Konteksvraag                        10          6
                                     OF
 3. Nuus uit die Binneland            Konteksvraag                        10          8
                                     OF
 4. Een sprong vir ...                Konteksvraag                        10         10
                                     EN
 Ongesiene gedig: Beantwoord EEN vraag.
 5. Om te dink                         Opstelvraag                        10         11
                                     OF
 6. Om te dink                        Konteksvraag                        10         12

 AFDELING B: ROMAN
 Beantwoord EEN vraag.
 7. Die kwart-voor-sewe-lelie                 Opstelvraag                 25         13
                                            OF
 8. Die kwart-voor-sewe-lelie                Konteksvraag                 25         14
                                            OF
 9. Manaka Plek van die Horings               Opstelvraag                 25         16
                                            OF
 10. Manaka Plek van die Horings             Konteksvraag                 25         17
                                            OF
 11. Vatmaar                                  Opstelvraag                 25         19
                                            OF
 12. Vatmaar                                 Konteksvraag                 25         20
                                            OF
 AFDELING C: DRAMA
 Beantwoord EEN vraag.
 13. Krismis van Map Jacobs                   Opstelvraag                 25         22
                                            OF
 14. Krismis van Map Jacobs                  Konteksvraag                 25         23
                                            OF
 15. Mis                                      Opstelvraag                 25         25
                                            OF
 16. Mis                                      Konteksvraag                25         26
 * LET WEL: Beantwoord EEN OPSTELVRAAG en EEN KONTEKSVRAAG
            onderskeidelik uit AFDELING B en AFDELING C.

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2013)

                                   KONTROLELYS
Gebruik die onderstaande kontrolelys om te kontroleer of jy al die nodige vrae
beantwoord het.

                                                VRAAG-          GETAL VRAE         MERK
                AFDELING
                                                NOMMER         BEANTWOORD           
A: Gedigte (Voorgeskrewe gedigte)                 1–4               2
A: Gedigte (Ongesiene gedig)                      5–6               1
B: Roman (Opstel- of kontekstuele vraag)         7 – 12             1
C: Drama (Opstel- of kontekstuele vraag)         13 – 16            1

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                    5

 AFDELING A: GEDIGTE

 VOORGESKREWE GEDIGTE

 Beantwoord ENIGE TWEE vrae.

 VRAAG 1: OPSTELVRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

 Sonsverduistering – PJ Philander

 1        Langsamerhand, geruisloos skuif die vlek
 2        van skadu en verklein die sekelboog
 3        van son tot dreigend swart die kol daar hoog
 4        ŉ koue vreemde skemerte laat trek
 5        wyd oor die vlakte waarvandaan, swygsaam,
 6        ŉ vaal streep donkies met die kortste pad
 7        oorhaastig stalwaarts swingel nog voordat
 8        die skape blêr-blêr na die kraal toe gaan.
 9        Oor gans die mensdom hang ŉ skaduwee
 10       wat alle lig van God en Christus so
 11       verduister dat Sy pad onsigbaar is.
 12       En ons, aan hierdie duisternis gedwee,
 13       het nie ŉ skaap se voorgevoel of glo
 14       dat ons moet tydig Huiswaarts keer vir rus.
                                                                   [Uit: Uurglas, 1955]

 Bespreek die sonnet, Sonsverduistering, in ŉ opstel van 250 – 300 woorde deur
 aandag te gee aan die volgende:

         die UITERLIKE bou. (1 feit)
         hoe die INNERLIKE bou by die uiterlike bou aansluit. (2 feite)
         die ooreenkomste wat in die oktaaf en die sestet aangetref word, te
          vergelyk. (3 gemotiveerde feite)
         die funksionaliteit van hierdie ooreenkomste te bespreek.
          (1 gemotiveerde feit)
                                                                                          [10]
                                           OF

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 2: KONTEKSVRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

ŉ tipe epistemologie van water – Breyten Breytenbach

    1    Die hemel was somber suf van die gietende reën
    2    skeef gearseer, gebuig deur windstrome ...
    3    Dit was getint in vuur se kleure voortgebring uit
    4        bliksemskigte
    5    wat die wolke gereep en verfladder het, die fakkels
    6    waarvan die groot waters oor die oorspoelde valleie
    7    geslaan en oopgekloof het, en waar dié ontbloot is
    8    het die omgebuigde boomkruine sigbaar geword in die
    9        dieptes ...
    10   dat jy daar kon sien saamgewriemel op die baie bergspitse
    11   allerlei diere die marmotjies die girafs die skuifelende reptiele
    12   oplaas getem met die peupel mans en vroue wat boontoe
    13   gevlug het met kind en kraai. En die landerye
    14   onder water se brandertoppe was besaai van tafels,
    15   katels, arke, balies, kosyne, stompe, karavane, vrieskaste,
    16   kateders, kroegtoonbanke en ŉ flottielje vlotte
    17   saamgeflans in nood en vrees vir die dood
    18   (so glibberig, so log), waarop ŉ norring vare en moere met
    19       kroos
    20   kon hurk terwyl hulle arpeggio’s eoniese krete
    21   en verwyte en jammerklagte uiter, lamgeslaan
    22   deur die wind se woede wat die waters laat rol
    23   laat rol laat rol het ... tesame met die glinsterende
    24   groen lyke van die verdrinktes, ŉ mompeling
    25   van dooie vleis weer en weer en weer ...
                                                         [Uit: Die ongedanste dans, 2005]

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   7

 2.1    Toon aan hoe die titel by die inhoud van die gedig aansluit.                     (1)

 2.2    Identifiseer die woorde wat aandui dat die reën skuins val as gevolg van die
        sterk wind.                                                                      (1)

 2.3    Lees weer reël 8.

        2.3.1      Watter atmosfeer heers in dié versreël?                               (1)

        2.3.2      Hoe verkry die digter hierdie atmosfeer?                              (1)

 2.4    Die spreker maak van uiters beskrywende woorde gebruik.

        2.4.1      Wat wou die skrywer met die woord saamgeflans in reël 17 bereik?      (1)

        2.4.2      Verduidelik die gebruik van die woord arpeggio’s in reël 20?          (1)

 2.5    Toon aan hoe die woord eoniese (reël 20) die leser se ervaring van die
        mense op die vlotte beïnvloed?                                                   (1)

 2.6    Verduidelik die personifikasie in:

        “lamgeslaan/deur die wind se woede wat die waters laat rol laat rol laat rol
        het” (reël 21/22)                                                                (1)

 2.7    Motiveer of die funksionaliteit van die leestekengebruik in reël 23 en reël 25
        verskil.                                                                         (1)

 2.8    Motiveer waarom jy ook die woorde “ŉ mompeling van dooie vleis weer en
        weer en weer …” as die slotwoorde sou gebruik.                                    (1)
                                                                                         [10]
                                              OF

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                                AFRIKAANS HUISTAAL V2                     (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 3: KONTEKSVRAAG

Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

Nuus uit die binneland – Peter Blum
Vir Dirk Opperman

     1   Soms in die winter as die reën sag stuif
     2   op grasperke, dig en diep soos ŉ tapyt –
     3   as hy die rotsige bergreeks wegskuif
     4   agter ŉ misgordyn – as voor die ruit
     5   popliere, eike en kastaiingbome
     6   saamvloei, en ons versink in blaargroen drome
     7   terwyl ons oor ŉ ou beskawing lees –
     8   dan gryp die onwerklikheid ons met die loop
     9   van waters wat kalmeer, en in die gees
    10   vou grys en sat die graafskap Surrey oop.

    11   Soms in ŉ najaarsdag se skemerty
    12   stap ons in ŉ stil straatjie en gewaar
    13   deur ŉ ou bolig, kunstig uitgesny
    14   in vlegtende patroon van druif en blaar,
    15   die lig van verre dae: Ons word gesluk
    16   soos deur ŉ mond; die luiterse getik
    17   van ŉ ou horlosie vervang ons ontstoke
    18   harte se ritme in die kamerhoek,
    19   en ons gestaltes kwyn tot stywe spoke
    20   in die vernislaag van ŉ Delftse doek.

    21   Maar as die bergwind so rukkerig waai
    22   en tussen ons rondkrap soos ŉ stok
    23   in ŉ miershoop – in die palms blaai
    24   nes ŉ barbaar in ŉ keurige boek –
    25   dan is ons rillend buite alle mure
    26   wat ons opstapel in redelike ure
    27   met doel en plan –
    28   ruik ons droogte en brand, en gerug
    29   van sprinkaan, aardbewing en oproer
    30   op daardie skroeiende binnelandse lug
    31    – dan, dan
    32   weet ons op watter vasteland ons boer.
                                                    [Uit: Steenbok tot Poolsee, 1955]

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                  AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  9

 3.1    Hoe het die s-alliterasie in die eerste vier reëls die stemming van die gedig
        beïnvloed?                                                                      (1)

 3.2    Watter EEN van die aangehaalde gedeeltes/reëls uit strofe 1 vorm die kern
        van dié strofe?

        A          “as die reën sag stuif op grasperke” (reël 1/2)
        B          “as hy die rotsige bergreeks wegskuif” (reël 3)
        C          “en ons versink in blaargroen drome” (reël 6)
        D          “dan gryp die onwerklikheid ons” (reël 8)                            (1)

 3.3    ons versink in blaargroen drome (reël 6)

        3.3.1      Watter beeldspraak kom hierin voor?                                  (1)

        3.3.2      Verduidelik die beeldspraak in EEN volsin.                           (1)

 3.4    Verklaar die verwysing na ou beskawing (reël 7) deur die moontlike
        verband(e) daarvan met die graafskap Surrey (reël 10) en die Delftse doek
        (reël 20) aan te dui.                                                           (2)

 3.5    Watter wêreld roep die verteller met sy vergelykings in strofe 3 op?            (1)

 3.6    Bespreek die funksionaliteit van die vergelyking in reël 22.                    (1)

 3.7    Toon die verband tussen die titel van die gedig en reël 32.                     (1)

 3.8    Strofe 1 en 2 se rympatrone kom ooreen. Bespreek die geslaagdheid
        daarvan om strofe 3 se rympatroon te laat afwyk van die ander strofes s’n.       (1)
                                                                                        [10]
                                               OF

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                               AFRIKAANS HUISTAAL V2                         (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 4: KONTEKSVRAAG
Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.
Een sprong vir... – Joan Hambidge
1     Jy wil weet
2     waarom herstel ek nie-
3     want jy het my die maan,
4     sterre en uitspansel beloof.

5     Jy stuur my na die maan
6     en á la Neil Armstrong beweeg
7     ek in die lugdrukvrye atmosfeer,
8     karteer die kraters, die stil verwoesting
9     wat jy saai, plant 'n vlaggie van rekapitulasie
10    (dis verby, dis verby, dis ...) op die klein silw'rige planeet.

11    Danksy die verbinding tussen my en die lugskip van glas
12    genaamd poësie, keer ek weer terug na die aarde,
13    wys my foto's vir diegene wat wil sien,
14    neem stukkies maankors saam
15    en weet ná maande
16    die maan is hiér.

17    Jy wil weet
18    waarom vergeet ek nie –
19    omdat ek weet die maan
20    is beslis nie van kaas.
                                                                 [Uit: Kriptonemie: 1989]
4.1   Wie word in die gedig aangespreek?                                                    (1)
4.2   Motiveer waarom juis die maan en Neil Armstrong se maanlanding gebruik
      word om ŉ gebroke verhouding te simboliseer?                                          (1)
4.3   Watter TWEE stylfigure in strofe 2 beklemtoon die beëindiging van die
      verhouding?                                                                           (2)
4.4   In strofe 2 word ŉ wetenskaplike fout deur die digter begaan.
      4.4.1    Watter fout begaan die digter?                                               (1)
      4.4.2    Watter doel dien hierdie fout in die gedig?                                  (1)
4.5   Bepaal die verband tussen die “foto’s” en die “maankors”?                             (1)
4.6   Watter eienskap word aan die poësie gegee deur dit met ŉ “lugskip van glas”
      te vergelyk (reël 11 en 12)?                                                          (1)
4.7   Watter TWEE opeenvolgende woorde dui aan dat dit lank geneem het om
      die seerkry te verwerk?                                                               (1)
4.8   Verduidelik hoe die tipografie en die hele gedagte rondom Neil Armstrong se
      maanlanding by mekaar aansluit.                                                        (1)
                                                                                            [10]

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                      11

                                                EN

 ONGESIENE GEDIG (VERPLIGTEND)

 Beantwoord VRAAG 5 OF VRAAG 6.

 VRAAG 5: OPSTELVRAAG

 Lees die onderstaande gedig en beantwoord dan die vraag wat volg.

 Om te dink – Henning Pieterse

 1      dat donkies dom diere is
 2      heet dwase dikwels so
 3      hoëlui doop hul donkies esels
 4      wat darem deur kruising
 5      pronk met perdebloed

 6      as langoor dan vir Jesus
 7      in Jerusalem presies kon
 8      dra
 9      waar God hom
 10     vra
 11     moet man en muis mos hulde bring:
 12     o, die donkie is ŉ wonderlike ding!
                                                                [Uit: Woordreise, 2004]

 Die gedig dwing die leser om anders te dink oor die donkie.

 Bespreek in ŉ opstel van 250 – 300 woorde hoe hierdie boodskap oorgedra word
 deur na die volgende te verwys:

      verkeerde opvattings oor donkies. (3 feite)
      hoe die gebruik van alliterasie, idiomatiese taalgebruik en intertekstualiteit die
       teendeel bewys. (3 gemotiveerde feite)
      waarom jy nou ŉ ander siening oor ŉ donkie huldig. (1 gemotiveerde feit)
                                                                                            [10]
                                           OF

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                        (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 6: KONTEKSVRAAG

Om te dink – Henning Pieterse

1     dat donkies dom diere is
2     heet dwase dikwels so
3     hoëlui doop hul donkies esels
4     wat darem deur kruising
5     pronk met perdebloed

6     as langoor dan vir Jesus
7     in Jerusalem presies kon
8     dra
9     waar God hom
10    vra
11    moet man en muis mos hulde bring:
12    o, die donkie is ŉ wonderlike ding!
                                                             [Uit: Woordreise, 2004]

6.1   Gee ŉ voorbeeld van halfrym uit strofe 1.                                          (1)

6.2   Wat is die funksie van hierdie halfrym?                                            (1)

6.3   Is daar, volgens strofe 1, ŉ verskil tussen ŉ donkie en ŉ esel? Motiveer jou
      antwoord.                                                                          (2)

6.4   Watter ironie is opgesluit in die esels se pronk met perdebloed?                   (1)

6.5   Haal die woord uit strofe 2 aan wat daarop dui die donkie behoort vir almal
      goed genoeg te wees.                                                               (1)

6.6   Is die funksionaliteit van die alleenplasing in reëls 8 en 10 geslaagd?
      Motiveer jou antwoord.                                                             (2)

6.7   Verklaar man en muis en hulde bring in reël 11.                                    (1)

6.8   Haal die intertekstualiteit wat in die gedig voorkom, aan.                         (1)
                                                                                        [10]

                                                            TOTAAL AFDELING A:           30

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  13

 AFDELING B: ROMAN

 Beantwoord EEN vraag.

 LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die letterkundeteks wat julle in die klas
          behandel het.

 VRAAG 7: OPSTELVRAAG

 DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

 Iris se lewe word deur Johanna, Iris se ma en Bettie verryk, party van hulle vanweë
 hulle uniekheid en ander weer vanweë hul nugterheid. Maar hoe beskeie elkeen
 se rol ook mag wees, almal het ŉ vormende invloed op die hoofkarakter.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 – 450 woorde deur:

      die manier waarop elkeen Iris se lewe verryk het, te noem. (3 feite)
      bewyse te gee van hierdie maniere waarop hul Iris se lewe verryk
       het. (3 feite)
      die gevolg van hierdie verryking in Iris se lewe te
       bespreek. (6 gemotiveerde feite)
      te motiveer of hierdie verryking geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
                                                                                       [25]
                                         OF

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 8: KONTEKSVRAAG

DIE KWART-VOOR-SEWE-LELIE – Eleanor Baker

Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.

1     “Met wie is jy nou besig?” het die Engel gevra.
2     “Ek dag jy kan gedagtes lees? Met myself, natuurlik. Die ander kon ek in ŉ
3     paragraaf of ŉ paar sinne afmaak; ek self is meer gekompliseer.”
4     “Ja,” het hy saamgestem.
5     “Ek word daartoe gedwing,” het ek geprotesteer. “Ek is ŉ student van homo
6     sapiens. As ek rotte kon gebruik, het ek seker. Jy kan hulle in koue aanhou en
7     soveel keer per dag verby die hokke loop en aantekeninge maak aangaande
8     hulle gedrag. Ek kan nie dieselfde met mense doen nie. Ek kan ook nie
9     marmotte in plaas van rotte gebruik nie. Marmotte dreig nie om gif te drink
10    nie. Rotte maak nie hulle beddens nat omdat hulle nie wil hê hulle pa moet
11    met Bettie trou nie. En die enigste eksemplaar in gevangenskap, kan jy maar
12    sê, is ek self. Ek is te alle tye beskikbaar en gewillig om mee te doen, om
13    ontleed te word.”
14    “Ek het niks gesê nie,” het die Engel gesê.
15    “Maar ek moes my motiewe verduidelik.”
16    “Waarom?”
17    “Wel, omdat ek bang is jy dink …”
18    “Dink wat?”
19    Ek het geswyg. “Wat gaan ek doen?” het ek uiteindelik gevra. “Ek wou
20    teruggaan New York toe. Ek wou weer in die strate rondloop en met Billy
21    gesels. Hy gaan lag as hy my been sien. Hy gaan vra of die moordenaars my
22    toe tog beetgekry het. En Joe gaan lekker kry. Hy gaan sê dis my verdiende
23    loon, dis wat gebeur met meisies wat goue kanse, soos hy my wou gee, deur
24    hulle vingers laat glip.”

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     15

 8.1    “Met wie is jy nou besig?” het die Engel gevra. (reël 1)

        8.1.1      Sê waar Iris haar bevind, waarmee sy besig is en verduidelik in
                   watter TWEE opsigte die ruimte Iris help om tot sekere insigte te
                   kom?                                                                      (3)

        8.1.2      Hoe het Iris aan die Engel gekom?                                         (1)

        8.1.3      Noem ŉ funksie wat die Engel in Iris se lewe vervul.                      (1)

        8.1.4      Verduidelik of die einde van die roman beïnvloed sou wees as Iris
                   nie die Engel in haar lewe gehad het nie.                                 (2)

 8.2    Lees reël 1 tot 13.

        8.2.1      Noem die soort verteller wat in die uittreksel voorkom en spreek jou
                   uit oor die geslaagdheid van die soort verteller in die uittreksel.       (2)

 8.3    Tussen watter TWEE wêrelde bevind die verteller haar voortdurend?                    (2)

 8.4    Noem watter EEN van die TWEE wêrelde Iris aanvanklik verkies, asook die
        rede vir hierdie keuse. Bepaal die rede hoekom Iris deur die loop van die
        verhaal van keuse verander.                                                          (3)

 8.5    Wat was Bettie se mening oor die verteller se blomgeleentheid?                       (1)

 8.6    Hoe sluit haar mening by Iris se lewensuitkyk aan?                                   (1)

 8.7    As jy hierdie lewensuitkyk in ag neem, sou jy sê die slot van die boek is
        geloofwaardig? Motiveer jou antwoord.                                                (2)

 8.8    “Ek wou teruggaan New York toe. Ek wou weer in die strate rondloop en
        met Billy gesels.” (reël 19 tot 21)

        8.8.1      Wie is Billy?                                                             (1)

        8.8.2      Wat kan jy uit reël 19 tot 21 aflei omtrent die verteller se verhouding
                   met Billy in die lig van die destydse Suid-Afrikaanse politieke
                   situasie? Verduidelik hoe sluit hierdie verhouding by die motto van
                   die boek aan.                                                             (3)

        8.8.3      Verduidelik kortliks waarom die verteller se kommunikasie met Billy
                   verskil van haar kommunikasie met haar eie gesin.                         (2)

 8.9    Watter karaktertrek van die verteller blyk uit hierdie uittreksel?                    (1)
                                                                                             [25]
                                            OF

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                            AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 9: OPSTELVRAAG

MANAKA – PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

Ouma Essie en Grace demonstreer praktiese geloof en tree telkens as versoeners
tussen groepe op en bewerkstellig so wedersydse begrip.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 – 450 woorde deur:

    te noem wat Ouma Essie en Grace se geloofsagtergrond is. (3 feite)
    bewyse te gee van Ouma Essie en Grace se geloofsuitlewing. (3 feite)
    aan te dui wat die gevolg van hierdie geloofsuitlewing as tussenganger
     tussen Baas, die sendelinge, die khuta en versoener tussen kulture
     was. (6 gemotiveerde feite)
    te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig was. (3 gemotiveerde feite)
                                                                                     [25]
                                       OF

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                 17

 VRAAG 10: KONTEKSVRAAG

 MANAKA PLEK VAN DIE HORINGS – Pieter Pieterse

 Lees die onderstaande uittreksel aandagtig deur en beantwoord die vrae.

 1      Die bastou breek. Die honde storm. Griesel ruk die slaaphut se deur
 2      oop, struikel na binne en klap dit toe.

 3      Oor die rivier flits weerlig. Die honde maal besluiteloos rond en gaan
 4      soek skuiling aan die windafkant van die stapel planke by die
 5      bootstellasie. Oom Scholtzie kom terug van Mubuyu af. Hy bring die
 6      paar stukkies vuurmaakhout in wat hy op die houthoop bymekaar kon
 7      skraap. Hulle oornagtasse en ander bagasie wat kan natreën, stapel
 8      hy ook onder die afdak opmekaar en hang Griesel se grondseiltjie
 9      aan die windkant as beskerming teen die dreigende storm.

 10     Nanna vat vir Griesel skoon klere en sy tandeborsel. Hy staan op sy
 11     knieë langs die bed in die slaaphut. Sy sit die goed versigtig langs hom
 12     neer. Op die trommel brand ŉ paraffienlampie. Daar is ŉ geraamde
 13     swart en wit foto van ŉ middeljarige man en vrou met ŉ jonger man
 14     tussen hulle. Aan ŉ stuk bastou teen die muur hang ŉ portret van ŉ
 15     bejaarde man met hoë wangbene, ŉ gladgeskeerde gesig en
 16     dringende oë. Die jong man op die foto lyk baie na die ou man.

 10.1 Waarom kan beweer word dat die honde die verlede en hede aan mekaar
      verbind?                                                                         (1)

 10.2 Lees weer reël 1 en 2.

        10.2.1     Sê waar Griesel hom bevind, hoe hy daar gekom het en hoe dit in
                   kontras met sy beroep staan.                                        (3)

        10.2.2     Waarom is Baas nie tuis nie?                                        (1)

        10.2.3     Wat is die doel van Griesel-hulle se koms na Manaka?                (1)

        10.2.4     Verduidelik of die insig waartoe Baas in verband met Christenskap
                   kom beïnvloed sou wees as die sendelinge nie na Manaka gekom
                   het nie.                                                            (2)

 10.3 Noem die soort verteller wat in die uittreksel voorkom en spreek jou uit oor
      die geslaagdheid van die soort verteller in die uittreksel.                      (2)

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                      (SEPTEMBER 2013)

10.4 In reël 5 is daar sprake van ŉ bootstellasie.

      10.4.1   Hoe het Baas die boot bekom?                                            (1)

      10.4.2   Wat is die eienaar se uiteindelike doel met die boot?                   (1)

      10.4.3   Noem die rede waarom Baas nie die doel bereik het nie, asook of
               iemand daarvoor verantwoordelik was. Bepaal of hierdie handeling
               die verloop van die intrige beïnvloed.                                  (3)

10.5 Wat is Grace se siening rondom Christenskap?                                      (1)

10.6 Hoe sluit Baas se handelinge by hierdie siening aan?                              (1)

10.7 As jy Grace se siening in ag neem, sou jy sê Baas se optrede by Ouma
     Essie se siekbed is geloofwaardig? Motiveer jou antwoord.                         (2)

10.8 Lees weer reël 10 en 11.

      Daar kom verskeie karakterverskille tussen Nanna en Griesel voor.

      10.8.1   Gee EEN karaktertrek van elkeen om die verskil tussen Nanna en
               Griesel uit te lig.                                                     (2)

10.9 Lees weer reël 14 tot 16.

      10.9.1   Van wie is die portret (reël 14)?                                       (1)

      10.9.2   Noem waarvoor hy aanvanklik na Afrika gekom het en waarop
               hierdie besoek uiteindelik uitgeloop het. Verduidelik hoe hierdie
               laaste handeling Baas beïnvloed.                                        (3)
                                                                                      [25]
                                            OF

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                AFRIKAANS HUISTAAL V2                                  19

 VRAAG 11: OPSTELVRAAG

 VATMAAR – AHM Scholtz

 Daar is ooreenstemmende manlike en vroulike karakters in Vatmaar op grond van
 hulle rolle wat hul in die Vatmaar-nedersetting speel.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 – 450 woorde deur:

      twee ooreenstemmende manlike en vroulike karakters in Vatmaar op grond
       van hulle rolle wat hul in die Vatmaar-nedersetting speel, te noem. (4 feite)
      bewyse te gee van ooreenkomste ten opsigte van die rol wat hul speel. (2
       feite)
      aan te dui wat die gevolge van hierdie karakters se teenwoordigheid op
       Vatmaar is. (6 gemotiveerde feite)
      te motiveer of hierdie gevolge geloofwaardig is. (3 gemotiveerde feite)
                                                                                       [25]
                                          OF

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 12: KONTEKSVRAAG

VATMAAR – AHM Scholtz

Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.

  1   Hulle moes al hulle goed vat en voor twee mans op bicycles uit dra. Jakob Kierie
  2   het agter saam met die wit poelisieman geloop. By die poeliesstasie het die sersant
  3   gevra: What is the charge?
  4   Let us search them first, sê die poelisieman. One of their sort says that they have a
  5   diamond to sell.
  6   Siesie Lena kon dit verstaan, maar Bet en Flippus het net die woord “diamond”
  7   geken.
  8   Hulle is oor en oor deurgesoek. Jakob Kierie was baie seker dat hulle diamante by
  9   hulle het en hy het aanhou sê: Baas, ek het die diamante gesien.
 10   Nee, het Siesie Lena gesê, Sir, ons het net die trein Kimberley toe kom vat en van
 11   daar af Postmasburg toe.
 12   Toe hulle niks kry nie, roep die sersant sy vrou, want hy was seker dat die
 13   diamante onder die lelike lappe op Bet se rok vasgewerk was.
 14   Come! sê die sersant se vrou en maak die deur toe. Sy bevoel die lapplekke. Toe
 15   maak sy die deur oop en roep: Manuel!
 16   Die bruinman kom deur toe en sy sê: You look.
 17   Sy gee vir hom die rok aan en maak weer die deur toe. Hy het gevoel en gekyk en
 18   seker gemaak daar is niks in nie. Die hele tyd het Jakob Kierie na die speurder se
 19   hande gekyk sonder om ŉ oog te knip, want hy was lekker getrek.
 20   Siesie Lena was klaar deurgesoek. Die sersant se vrou sê toe vir haar: You go. Sy
 21   het Bet haar rok laat uittrek. Dit was baie vuil en sy het dit op die vloer neergegooi
 22   en gesê:Sit on the bench. (Voor die witvrou haar aangesê het om te gaan, moes
 23   Siesie Lena ook op die bank sit.)
 24   Bet het geweet wat om te verwag. Sy het opgestaan en gesê: Miesies, ek het my
 25   maandsiekte. Toe het sy haar hande saamgeslaan soos iemand wat bid en weer
 26   gesê: Miesies. En toe gehuil: Ek het my maandsiekte.
 27   Die sersant se vrou kon sien Siesie Lena verstaan Engels en sê: Let the other
 28   woman come here. What does she say? vra sy vir Lena.

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                   21

 12.1     Sê waarheen hierdie karakters op pad is, waarom hul daarheen gaan en in
          watter opsig die ruimte help om die tema van lyding uit te beeld?              (3)

 12.2     Watter verkeerde daad het Oom Flip gepleeg?                                    (1)

 12.3     Waarom is dit korrek om te sê Siesie Lena was nie opreg met haar
          bedoelings teenoor Bet nie?                                                    (1)

 12.4     Verduidelik in EEN volsin hoe die werksomstandighede van Bet en Siesie
          Lena verskil het.                                                              (2)

 12.5     Verduidelik of Bet se lewensverloop sou verskil het as hierdie voorval nie
          plaas gevind het nie.                                                          (2)

 12.6     Noem die soort verteller wat in die uittreksel voorkom en spreek jou uit oor
          die geslaagdheid van die soort verteller in die uittreksel.                    (2)

 12.7     Noem die redes wat Siesie Lena en Bet aangevoer het sodat hulle hul
          werkplekke kon verlaat om hul plan uit te voer.                                (2)

 12.8     Noem wat die werklike rede was waarom die groep die diamante wou
          bekom en motiveer of hulle in hul doel geslaag het. Wat was die gevolg
          van die inhegtenisneming?                                                      (3)

 12.9     Motiveer waarom hierdie gevolg ongeloofwaardig is wanneer jy die tydperk
          waarin die roman afspeel, in ag neem.                                          (2)

 12.10    Hoe pas hierdie groep se handeling by die titel van die boek?                  (2)

 12.11    Jakob Kierie het agter saam met die wit poelisieman geloop.

          12.11.1    Wie was Jakob Kierie?                                               (1)

          12.11.2    Waarom loop hy nie saam met die groep nie?                          (1)

          12.11.3    Wat kan jy ten opsigte van sy verhouding met die groep hieruit
                     aflei? Verduidelik hoe hierdie handeling verskil met dié van oom
                     Flip.                                                                (3)
                                                                                         [25]

                                                              TOTAAL AFDELING B:         25

                                              OF

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                              AFRIKAANS HUISTAAL V2                   (SEPTEMBER 2013)

AFDELING C: DRAMA

Beantwoord EEN vraag.

LET WEL: Beantwoord EEN vraag oor die dramateks wat julle in die klas
         behandel het.

VRAAG 13: OPSTELVRAAG

KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

Dramas het ŉ vaste struktuur.

Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 – 450 woorde deur:

    die fases in die korrekte volgorde te noem. (6 feite)
    elkeen van hierdie fases met ŉ voorbeeld uit die drama toe te lig en te
     verduidelik waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)
    kommentaar op die oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
                                                                                    [25]
                                       OF

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                                     23

 VRAAG 14: KONTEKSVRAAG

 KRISMIS VAN MAP JACOBS – Adam Small

 Lees die onderstaande teks aandagtig deur en beantwoord dan die vrae.

 1     Blanchie, Maud en Cavernelis in hulle flat.
 2     MAUD (gooi haar hande op): Well, so there you have it!
 3     CAVERNELIS (heeltemal uit die veld geslaan): Maar... maar Maudie...
 4                Blanchie...
 5     Blanchie, met ŉ stuk papier – ŉ brief in haar hande. Sy huil.
 6     BLANCHIE: ‘Is nie wáár nie...
 7     MAUD: Maar’it is wáár! You’ve read the letter, my dear...Now stop crying,
 8           sweetheart, crying won’t help...
 9     Blanchie huil.
 10    CAVERNELIS (hulpeloos): Maar... ek het nie gekan dink...
 11    MAUD (wreed): Maar jy’t nooit gekan enigiets nie, Cavernelis-darling! Of course
 12         het jy nie gekan dink... (Sy lag, sinies. Cavernelis bek-af.) Blanchie,
 13         that’s life, my sweetheart... that’s people, man... You trust them, you
 14         trust them, you do things for them, an’ they fuckinwill just dump you, like
 15         that! (Sy beduie.) Trust me, I’ve been through it all...
 16    CAVERNELIS: Die vuilgoed...
 17    MAUD: ... when they’ve used you, that’s it... Maar ek het vir jou gesê,
 18          sweetheart, those white dandies, die klomp fashion-moffies... hulle sil vir
 19          jou use tot lat hulle jou klaar ge-use het, en dan... dúmp hulle vir jou...
 20          Next pretty girl in the queue, please...
 21    CAVERNELIS: Die vuilgoed... En hoekom net... nóú...
 22    MAUD: In the queue, in the béd... I know the swine, sweetheart! All the sweet
 23          talk, all the promises, while hulle jou use vir hulle eie purposes...
 24    BLANCHIE (snikkend): Daddy... Antie Maud...
 25    CAVERNELIS: Maar hulle’t gesê... gebelowe... jy gaan Paris toe...
 26    MAUD: Shit, Cavernelis-darling, “gesê”, “gebelowe”... That’s no contract, my
 27          dear! An’ even contracts are cheap! It all depends on whom you’re
 28          dealing with! Ek het vannie begin af gewiet...
 29    CAVERNELIS: Okay, Maudie...
 30    MAUD: Okay wat!... So, jy’t rêrig gedink Blanchie gaat Paris toe! En lat die geld
 31          sal kom? (Lag sinies.) You must be joking, Cavernelis-darling!
 32    CAVERNELIS: Maar...
 33    MAUD: No, my dear, ’it werk nie so nie... Comes the next pretty face, prettier
 34          than this one,an’ there goes this one... Promises are cheap! That’s how
 35          those gentlemen operate, Cavernelis-darling... Het jy nie gewiet nie?

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                       (SEPTEMBER 2013)

14.1    Lees reël 1.

        14.1.1   Verduidelik hoe dra dié ruimte by tot Maud se werklike
                 ontsteltenis van die gekanselleerde kontrak?                           (2)

        14.1.2   Hoe het Maud haar verhewendheid teenoor die gemeenskap
                 gewys?                                                                 (2)

14.2    Maud het min simpatie met Blanchie. Skryf ŉ sin neer om dit te bewys.           (1)

14.3    Noem waarvan Cavernelis, volgens Maud, vas oortuig was, wat die
        verkryging van die kontrak vir die Cavernelisse sou beteken en of
        Cavernelis se verslaentheid geloofwaardig is.                                   (3)

14.4    Sou dit ŉ verskil gemaak het as Blanchie ŉ skriftelike kontrak met die
        modelagentskap gehad het? Motiveer jou antwoord.                                (2)

14.5    Gee TWEE redes, volgens Maud, waarom Blanchie nie die kontrak gekry
        het nie.                                                                        (2)

14.6    Verduidelik die oorsaak waarom Blanchie by vriendskappe oor die
        kleurgrens en skoonheidswedstryde betrokke geraak het en wat die gevolg
        hiervan vir die Cavernelisse was.                                               (3)

14.7    Waarvoor was die skoonheidswedstryde eintlik ŉ dekmantel?                       (1)

14.8    Waarom skep die gemeenskap se kennis van Blanchie se leefstyl,
        spanning in die drama?                                                          (1)

14.9    Waarom is Blanchie se naam ironies?                                             (2)

14.10   Wat bedoel Maud as sy verwys na “You and the Sunday newspapers”?                (1)

14.11   Verdedig Cavernelis en Blanchie teen Maud se beskuldiging van “Yes, you
        and your daddy! All for the money, all for the money, the money ...!”           (2)

14.12   Hoe ontsnap Cavernelis uit hierdie situasie, verduidelik hoe dit verband
        hou met die tema van uitsigloosheid en watter verband hierdie handeling
        het met antie Grootmeisie se slotwoorde.                                        (3)
                                                                                       [25]
                                            OF

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                 AFRIKAANS HUISTAAL V2                             25

 VRAAG 15: OPSTELVRAAG

 MIS – Reza de Wet

 Dramas het ŉ vaste struktuur.

 Bespreek hierdie stelling in ŉ opstel van 400 – 450 woorde deur:

      die fases in die korrekte volgorde te noem. (6 feite)
      elkeen van hierdie fases met ŉ voorbeeld uit die drama toe te lig en te
       verduidelik waarom die voorbeeld geslaagd is. (6 gemotiveerde feite)
      kommentaar op die oop slot van die drama te lewer. (3 gemotiveerde feite)
                                                                                   [25]
                                        OF

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                             AFRIKAANS HUISTAAL V2                            (SEPTEMBER 2013)

VRAAG 16: KONTEKSVRAAG
MIS – Reza de Wet
Lees die onderstaande uittreksel deeglik deur en beantwoord dan die vrae.
1     MIEM (kwaai): Gertie, kom weg daar by die venster en trek die
2     gordyne toe. ŉ Mens weet nooit wie vir ons kan staan en loer nie.

3     MEISIE: Dink Ma so? Dink Ma daar’s iemand daar buite?

4     MIEM: Kan wees. ŉ Mens weet nooit. (Gerusstellend) Maar moet
5     jou tog net nie ontstel nie. Dan slaap jy weer sleg. Ek is seker jy hoef nie
6     bang te wees nie. Wagter sal ons darem waarsku. En dan is daar natuurlik
7     die konstabel.

8     Die konstabel se stok val. Gertie tel dit vinnig op en gee dit vir hom.
9     GERTIE: Daar’s hy, Konstabel!

10    KONSTABEL: Baie dankie, Juffrou.

11    GERTIE: Dit is ŉ plesier, Konstabel. (Giggel. Sien vir Meisie wat
12    ŉ sak op die stapel sit) Die arme kind wat so laat moet werk … Sy is seker
13    doodmoeg … Ek dink sy behoort te gaan slaap. Is jy moeg, Meisie?

14    MEISIE: Ja, ek is.

15    GERTIE: En jou ma is ook glad nie gesond nie. Sy het ook haar rus
16    nodig. Miem, hoekom gaan slaap julle twee nie? Ek sal die konstabel vir ŉ
17    rukkie geselskap hou.

18    MIEM (onwillig): Nou ja, dit is seker laat. En môre moet ek
19    douvoordag op wees om ŉ ogie te hou (wys na die sakke) oor die
20    misbesending. Sien ons u môreoggend, Konstabel?

21    KONSTABEL: Ek is jammer, maar na twaalf is ek weer vort.

22    MIEM: Ja, dan is die gevaar seker verby. U moet tog hier kom
23    inloer as u in die distrik is.

24    KONSTABEL: Ek sal, Mevrou. Dankie vir u gasvryheid.

25    MIEM: En dankie vir u hulp, Konstabel. Sonder u sou ons nie ŉ
26    oog kon toemaak nie.

27    KONSTABEL: Dit is my werk, Mevrou.

28    MIEM: Sê nag vir die konstabel, Meisie.

29    MEISIE (skaam): Nag.

30    KONSTABEL: Goeienag.

31    MIEM: Nou dan gaan ons maar, Konstabel. Ek hoop ons sien u gou weer.

### Page 27

Downloaded from hlayiso.com
(SEPTEMBER 2013)                   AFRIKAANS HUISTAAL V2                                27

 16.1     Waarna het Gertie staan en kyk?                                               (1)

 16.2     Wat suggereer hierdie handeling van Gertie?                                   (1)

 16.3     Verduidelik die kontras tussen dit waarna Gertie kyk en die ruimte waar die
          hoofgebeure afspeel.                                                          (2)

 16.4     Watter karaktertrekke van Miem kom uit bostaande uittreksel na vore?          (2)

 16.5     Herlees spreekbeurt 2.

          Verduidelik die dramatiese ironie in Meisie se woorde “Dink Ma daar’s
          iemand daarbuite?”                                                            (2)

 16.6     Verduidelik wat die oorsaak van Miem se antagonisme teenoor die sirkus
          is, motiveer waarom dit geloofwaardig is en sê wat die uiteindelike gevolg
          van hierdie antagonisme was.                                                  (3)

 16.7     Lees die neweteks in reël 8.

          16.7.1    Wat suggereer hierdie handeling oor Gertie se houding teenoor
                    die konstabel?                                                      (1)

          16.7.2    Watter verband hou die gesprek hierna met die tema van
                    bevryding en lewer kommentaar op die geslaagdheid van hierdie
                    bevryding.                                                          (3)

 16.8     Wat is die rol van die konstabel in die drama?                                (1)

 16.9     Noem hoekom Miem onwillig is om te gaan slaap en waarom hierdie
          onwilligheid spanning in die drama skep.                                      (2)

 16.10    Waarom is Miem en Meisie die broodwinners?                                    (1)

 16.11    Hoe maak hulle ŉ bestaan?                                                     (1)

 16.12    Beskryf hoe hierdie bestaan Meisie benadeel en hoe sy dit beveg. Lewer
          kommentaar of hierdie handeling enigsins suksesvol is.                        (3)

 16.13    Herlees die laaste spreekbeurt: “Ek hoop ons sien u gou weer.”

          Is hierdie wens van Miem later vervul? Verduidelik.                            (2)
                                                                                        [25]

                                                             TOTAAL AFDELING C:         25
                                                                 GROOTTOTAAL:           80

## Related documents

- [AFRHL P1 QP GR12 SEP2013](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-gr12-sep2013/3c2a0419-0828-4c19-a9e3-3b06636b916e) — Afrikaans HL · QP · 2013
- [AFRIKAANS HL P3 QP GR12 SEPT2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-qp-gr12-sept2013/e3904837-182b-48a9-a4cd-c079b3ff377d) — Afrikaans HL · QP · 2013 · Afr
- [AFR HL P2 QP GR12 SEPT2019](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-qp-gr12-sept2019/3fb234fe-faec-4aa8-9afa-d859445dd944) — Afrikaans HL · QP · 2019 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2018 FINAAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2018-finaal/f02467f9-8003-4a02-a00f-5bf144eb7a92) — Afrikaans HL · QP · 2018
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2014](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2014/fc716bc4-0c0f-4799-825e-a9679294d333) — Afrikaans HL · QP · 2014

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
