# Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2017 Memo

> Grade 11 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape November 2017, 12 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr11-memo-nov2017/eeece9c8-432e-4486-b9e8-c1f418dac9fc
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 11
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape November
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 12

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 11](https://www.hlayiso.com/library/grade-11) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-11/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 11 P3 Eastern Cape November 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr11-memo-nov2017/eeece9c8-432e-4486-b9e8-c1f418dac9fc)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 11 · Eastern Cape November · 2017. Memorandum, 12 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                        NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                           GRAAD 11

                      NOVEMBER 2017

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     MEMORANDUM

PUNTE:   100

                   Hierdie memorandum bestaan uit 12 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2017)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter
 wille van eenvoud en eenvormigheid.

       SIMBOOL                 BESKRYWING                VERDUIDELIKING
 0                        Sirkel                     Punktuasiefout
                          Dubbelstrepie onder ŉ      Spelfout
                          woord
                          Lang streep onder ŉ        Foutiewe woord gebruik
                          woord
                          Sirkel met pyltjie         Woordorde

 /\                       Weglaatteken               Woord weggelaat
 T                        Hoofletter T in kantlyn    Tye verwar
 H                        Dubbele hh                 Herhaling van gedagtes
 VR                       Vraestel                   Dele saamgeflans met
                                                     woorde in vraestel gebruik
 ?                        Vraagteken                 Baie verwarrend/sukkel om
                                                     te verstaan wat leerder
                                                     skryf
 [                        Enkelhakie                 Nuwe paragraaf
 E                        Letter “e” bo woord        Engelse woord gebruik

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer (BYLAE A). Die
 leerder mag slegs oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort
 opstel, toepaslik volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die
 finale poging word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is,
 word die eerste opstel nagesien.

 NASIENRIGLYNE
 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                 I = K = L = 21
 Taal, styl en redigering:                               T = K = L = 10
 Struktuur:                                              S=G        = 3
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant              34
 (onder die opstel).
 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel
 word. Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      3

 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
 hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
 hoofgedagte en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik
 die samevatting van die hoofgedagte.

 Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening
 of sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
 bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende
 en beredenereerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening
 weerspieël.

 VRAAG 1

 Riglyne

 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en
 volgens sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande
 memorandum) mag nie as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige
 soort opstel aan, soos byvoorbeeld:

 1.1    Ma en Pa, julle maak ons tieners gek!

        Indien die leerder die opstel as ŉ beskrywende skryfstuk aanbied, sal die
        fokus op die gevoelens wees wat die tiener ervaar ten opsigte van die
        ouer(s) se houding/optrede wat hom/haar tot raserny dryf. Die leerder
        kan ook ŉ verhaal vertel waarin sekere insidente genoem word wat
        hom/haar tot raserny dryf. Indien die leerder ŉ argumenterende of
        beredeneerde opstel aanbied, moet die leerder op ŉ subjektiewe wyse die
        leser van sy perspektief oortuig aangaande die ouer(s) se
        afkeurenswaardige houding, al dan nie. Wanneer hy/sy oor die sin van
        ouers se houding in die tiener se lewe bespiegel, kan dit as
        bespiegelende opstel slaag.                                                  [50]

 1.2    Ag, as ek maar net geluister het!

        Die leerder sal die opstel hoofsaaklik as ŉ verhalende opstel aanbied.
        Die fokus sal op ŉ insident(e) wees waaroor die leerder spyt is omdat
        hy/sy nie geluister het nie. Die beskrywende opstel sal die leerder se
        gevoelens ten opsigte van sy/haar berou beskryf. Hierdie onderwerp leen
        hom ook tot ŉ bespiegelende opstel, veral waar die leerder besin oor die
        neem van verkeerde keuses.                                                   [50]

 1.3    Eerste indrukke kan misleidend wees.

        Die leerder kan die opstel as ŉ verhalende opstel aanbied. Verhale oor
        gebeurtenisse of ervarings of handelinge wat die leerder tot ander insigte
        gebring het oor ŉ sekere persoon/situasie, kan vertel word. Hierdie opstel
        kan ook bespiegel oor die feit dat eerste indrukke oor ŉ persoon/situasie
        meestal verkeerd is. In ŉ beskrywende opstel kan die leerder die
        aanvanklike indrukke en die latere indrukke, beskryf. In ŉ
        argumenterende of beredeneerde opstel kan die leerder argumente of
        redes aanvoer waarom eerste indrukke misleidend kan wees, al dan nie.        [50]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                        (EC/NOVEMBER 2017)

 1.4    Ek skrik as ek die slag in die kombuis hoor ...

        Hierdie onderwerp kan lei tot al die soorte opstelle. As verhalende opstel
        kan die leerder verhalend skryf oor wat gebeur het nadat hy/sy in die
        kombuis gekom het. In ŉ beskrywende opstel kan die leerder die
        emosies in detail beskryf wat dié slag ontketen het en die daaropvolgende
        gebeure. By beredeneerde of argumenterende aanbiedings kan die
        leerder oortuig of redeneer waarom dit belangrik is om gehoor te gee aan
        slae wat jy in die lewe hoor. In ŉ bespiegelende inhoud kan daar oor die
        redes vir die slag bespiegel word.                                                [50]

 1.5    Ware geluk lê in die klein dingetjies.

        Die leerder kan die opstel as ŉ beskrywende opstel aanbied en
        handelinge of gebeure beskryf wat geluk in die lewe verskaf. As
        verhalende opstel sal die fokus op die klein dingetjies val wat die leerder
        gelukkig maak. Die emosies rondom klein dingetjies in die lewe wat geluk
        verskaf, kan ook in ŉ bespiegelende opstel bespreek word. As
        beredeneerde of argumenterende opstel kan die leerder argumente of
        redes aanvoer waarom die klein dingetjies ware geluk meebring, al dan
        nie.                                                                              [50]

 1.6    1.6.1   Seuntjie wat eenkant staan en huil

                In ŉ verhalende opstel kan die leerder fokus op boelies in die
                algemeen of by die skool. In ŉ beskrywende opstel sal die
                verlange/belewenisse en/of emosies van ŉ persoon wat smag na
                aanvaarding onder die vergrootglas geplaas word. Wanneer die
                leerder peins oor die eienskappe van boelies en die sin na
                aanvaarding, kan dit slaag as bespiegelende opstel. Wanneer
                beredeneer of argumenteer word oor die onderwerp, kan die
                leerder fokus op die waarde van aanvaarding in ŉ mens se lewe.            [50]

        1.6.2   Klok

                Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende of selfs
                bespiegelende opstel, bv. ŉ beskrywing van die waarde van tyd in
                die mens se lewe. ŉ Verhaal kan handel oor ŉ insident wat
                presies om drie-uur plaasgevind het. Hierdie onderwerp kan ook
                bespiegel oor die feit dat tyd ŉ belangrike faktor in die lewe is. In ŉ
                argumenterende en beredeneerde opstel kan die leerder
                argumenteer of beredeneer rondom die kwessies van tyd.                    [50]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       5

        1.6.3    Treinspoor

                 ŉ Verhaal kan oor ŉ reis per trein handel of ŉ treinongeluk waarin
                 ŉ persoon dood is. In ŉ beskrywende opstel kan die rit per
                 trein/treinongeluk beskryf word en die gevoelens wat daarmee
                 gepaard gaan. Die treinspoor kan selfs die spreker wees. As ŉ
                 bespiegelende opstel kan die leerder besin oor die belangrikheid
                 van treine in die moderne samelewing. Daar kan beredeneer
                 word of daar nog plek is vir treine in die samelewing. Indien die
                 leerder argumenteer oor die belangrikheid van treine, kan die
                 opstel as ŉ argumenterende opstel slaag.                              [50]

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

 •      Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
 •      ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
 •      Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
 •      Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud
        samehangend.
 •      Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
 •      Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
 •      ŉ Treffende inleiding boei die leser en ŉ verrassende slot rond die inhoud
        af.
 •      Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
        aandag geniet.
 •      Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te
 beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
 onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2017)

 Hou die volgende in gedagte:

    Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
    Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net
     die opnoem van waarnemings).
    Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
    Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
    Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
    Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
    Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
     konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
    Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik
 ontleed wees in die ontwikkeling van die opstel.

 Hou die volgende in gedagte:

    Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor standpunt, eers tydens die slot,
     ingeneem kan word.
    BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
    Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
    Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
    ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf gemaak, wat by die inleiding
     aansluit. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
    Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
    Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.
    Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar gevoelens
 en emosionele reaksies weer. Dit bespiegel oor ŉ droom/wense/moontlikhede.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                      7

 Hou die volgende in gedagte:

     Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
     Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
      opgeweeg.
     Dis persoonlik van aard.
     Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
     Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
      ernstig geskryf word.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar
 standpunt te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

     Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
     ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
     ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
     Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
     ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
     Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik
      word.
     Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.

                                                         TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2017)

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer (BYLAE B). Slegs
 TWEE tekste word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is,
 word die eerste teks nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                          I = K = 10
 Taal, styl en redigering:                                               T= G = 7
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).     17

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1    VRIENDSKAPLIKE BRIEF

        Die brief fokus op hoe die leerder sy 67 minute op Mandela-dag aanwend.

        Hou die volgende in gedagte:

           Gebruik informele taal, register en styl.
           Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
           Skryf logies en volgens ŉ spesifieke doel.
           Daar moet ŉ inleiding, liggaam en slot wees.
           Die adres en die datum moet bo-aan verskyn.
           Na die skrywer se adres volg ŉ informele aanhef.
           Sluit die brief informeel/semi-formeel af, gevolg deur die skrywer se
            naam.                                                                      [25]

 2.2    DIALOOG

        Die gesprek moet verwys na die spreker se aanmerkings oor die ander
        spreker se lyf en die verskoning wat deur die spreker gegee word.

        Hou die volgende in gedagte:

           Slegs TWEE mense voer ŉ gesprek.
           Spreekbeurte vind plaas in die orde waarin die gesprek gevoer word
            en vanuit die spreker se perspektief.
           Daar moet ŉ reël oopgelaat word tussen elke nuwe spreker.
           Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
           Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat,
            aangedui.
           ŉ Scenario kan geskep word voordat die dialoog geskryf word.              [25]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       9

 2.3    HULDEBLYK

        Die leerder bring hulde aan ŉ geliefde oom/tante wat onlangs oorlede is.

        Hou die volgende in gedagte:

         Die oorledene se naam en van, adres, ouderdom, datum van dood,
          plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte
          en name van gesinslede wat agtergelaat word, kan gegee word.
         Prestasies/hoogtepunte/opleiding/gemeenskapsbetrokkenheid kan
          gegee word.
         Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene; persoonlike
          herinneringe van familie en vriende kan gegee word. Die leser moet ŉ
          duidelike beeld van die oorledene kan vorm en familie kan vertroos
          word.
         ŉ Persoonlike boodskap soos ŉ gedig kan bygevoeg word.
         Die taal, styl en register is formeel.
         Gebruik eufemismes waar van toepassing.                                      [25]

 2.4    TYDSKRIFARTIKEL

        Die leser van die tydskrif word ingelig oor die redes waarom die leerder as
        ŉ finalis gekwalifiseer het.

        Hou die volgende in gedagte:

            Persoonlike voorkeure en afkeure van die skrywer kom na vore.
            Hierdie skryfstuk behoort op die leerder se kwaliteite en besondere
             eienskappe te fokus.
            Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.
            Dis ŉ persoonlike styl wat direk tot die leser spreek.
            Die styl kan beskrywend en figuurlik wees en ŉ beroep doen op die
             lesers se verbeelding.
            Die artikel moet belangstelling wek en die leser boei.
            Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie; dit kan dus sub-
             opskrifte en/of kolomme hê.                                               [25]

 2.5    KOERANTBERIG

        Die koerantberig fokus op die tiener wat nou beroemd is nadat ŉ
        onbekende persoon sy sangtalent raakgesien het.

        Hou die volgende in gedagte:

            Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
            Belangrikste feite moet gegee word sonder om die leser te verloor.
            Feite moet akkuraat, sonder ŉ verdraaiing van die waarheid, wees.
            Subtitels kan gebruik word.
            Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat,
             waar, wanneer, waarom, hoe en in watter mate.
            Die res van die paragrawe is ŉ uitbreiding van die inleidende
             gegewens.                                                                 [25]
Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                              AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/NOVEMBER 2017)

 2.6    FORMELE BRIEF

        Dit fokus op die versoek om ŉ donasie vir die liefdadigheidsprojek. Die
        tipe donasie en die doel van die projek moet ook aan die winkelbestuurder
        genoem word.

        Hou die volgende in gedagte:

         Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van
          die brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
         Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
         Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige,
          direkte taal is nodig.
         Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin gefokus word
          op die doel van die liefdadigheidsprojek. ŉ Versoek om ŉ
            donasie, hetsy kontant of items, moet in die brief gemeld word.
         Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van
          “jy”/“jou”.
         Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se handtekening gevolg
          deur die voorletters en van.

           Die uwe

           L. Marais
           L. Marais                                                                [25]

                                                         TOTAAL AFDELING B:           50
                                                             GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/NOVEMBER 2017)
                                                               Downloaded from hlayiso.com              AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                           11

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL [50 PUNTE]
         Kriteria                                          Uitsonderlik                                   Knap                                Gemiddeld                               Elementêr                         Onvoldoende
 INHOUD EN                                                      28–30                                     22–24                                   16–18                                   10–12                                4–6
 BEPLANNING                                         Uitstaande en treffende respons;           Goed saamgestelde respons               Bevredigende respons                     Idees is onoorspronklik en            Idees is deurmekaar en

                             Hoë subkategorie
                                                -                                          -                                       -                                        -                                     -
                                                    bo verwagting                          -   Idees oortuigend, interessant,      -   Idees is oortuigend en redelik           onduidelik.                           ongefokus.
 (Respons op en idees in                        -   Intelligent, stem leser tot nadenke,       toon bewyse van volwassenheid.          samehangend.                         -   Samehang is inkonsekwent.         -   Ontoepaslike respons
 teks)                                              volwasse idees                         -   Organisasie (inleiding, liggaam     -   Organisasie (inleiding, liggaam      -   Geringe bewys van                 -   Vaag en herhalend
 Organisering van idees                         -   Organisasie (inleiding, liggaam en         en samevatting/slot) is baie goed       en samevatting/slot) is redelik en       organisasie (inleiding, liggaam   -   Ongeorganiseerd en
 Bewus van doel, gehoor                             samevatting/slot) is uitsonderlik en       en samehangend.                         samehangend.                             en samevatting/slot) en               onsamehangend
 en konteks van teks)                               samehangend.                                                                                                                samehang.
                                                                25–27                                     19–21                                   13–15                                    7–9                                 0–3
        30 PUNTE                                    Uitmuntende respons, maar                  Goed saamgestelde respons               Bevredigende respons, maar               Grootliks ontoepaslike respons        Idees is ontoepaslik en

                             Lae subkategorie
                                                -                                          -                                       -                                        -                                     -
                                                    uitstaande en treffende                -   Toepaslike en interessante idees        soms is daar mistastings.            -   Idees is onsamehangend en             nie geskik nie.
                                                    eienskappe ontbreek.                   -   Organisasie (inleiding, liggaam     -   Idees is redelik samehangend en          verwarrend.                       -   Geen respons op teks.
                                                -   Volwasse en intelligente idees             en samevatting/slot) is goed en         oortuigend.                          -    Weinig bewyse van                -   Ongefokus en
                                                -   Organisasie (inleiding, liggaam en         samehangend.                        -    In ’n mate bewus van organisaie         organisasie (inleiding, liggaam       verwarrend
                                                    samevatting/slot) is knap en                                                       (inleiding, liggaam en                   en samevatting/slot) en
                                                    samehangend.                                                                       samevatting/slot) en samehang.           samehang
 TAAL, STYL EN                                                  14–15                                     11–12                                    8–9                                     5–6                                 0–3
 REDIGERING                                     -   Toon, register, styl, woordeskat       -   Toon, register, styl, woordeskat    -   Toon, register, styl, woordeskat     -   Toon, register, styl,             - Taal is onverstaanbaar
                                                    hoogs gepas vir doel, gehoor en            baie gepas vir doel, gehoor en          is gepas vir doel, gehoor en             woordeskat is nie gepas vir       - Toon, register, styl en

                             Hoë subkategorie
                                                    konteks                                    konteks.                                konteks.                                 doel, gehoor en konteks nie.      woordeskat is nie gepas vir
                                                -   Taalgebruik is uitsonderlik,           -   Taalgebruik is effektief; toon      -   Taalgebruik is gepas; dra            -   Taalgebruik is basies.            doel, gehoor en konteks nie.
                                                    treffend en met selfvertroue.              gepas, konstant; retories               betekenis oor; toon is gepas;        -   Toon en taalgebruik is            - Woordeskat is so beperk
 Toon, register, styl en                        -   Toon pakkend; retories effektief           effektief.                              retoriese middels versterk               ontoepaslik.                      dat dit moeilik is om opstel te
 woordeskat is geskik vir                       -   Grammatika en spelling feitlik         -   Grammatika en spelling is feitlik       betekenis.                           -   Woordeskat is beperk.             verstaan.
 doel/effek en konteks                              foutvry.                                   foutvry.                            -   Foute in grammatika; spelling
 Woordkeuse, taalgebruik                        -   Samestelling is baie knap.             -   Samestelling is knap.               -   Samestelling is redelik na goed
 en konvensies,                                                   13                                        10                                       7                                      4
 punktuasie, grammatika en                      -   Toon, register, styl en woordeskat     -   Toon, register, styl, woordeskat    -   Toon, register, styl, woordeskat     -   Toon, register, styl,

                             Lae subkategorie
 spelling                                           is uitstekend en retories effektief.       baie gepas vir doel, gehoor en          is gepas vir doel, gehoor en             woordeskat is nie gepas vir
                                                -   Taalgebruik is treffend en met             konteks.                                konteks.                                 doel, gehoor en konteks nie.
        15 PUNTE                                    selfvertroue. Toon pakkend;            -   Taalgebruik is effektief; toon      -   Taalgebruik is gepas; soms           -   Taalgebruik is basies.
                                                    retories effektief                         gepas; retories effektief               inkonsekwent                         -   Weinig of geen
                                                -   Grammatika en spelling is feitlik      -   Grammatika en spelling is feitlik   -   Toon is gepas; beperkte gebruik          sinsverskeidenheid.
                                                    foutvry.                                   foutvry.                                van retoriese middels.               -   Woordeskat is beperk.
                                                -   Samestelling is baie knap.             -   Samestelling is knap.
 STRUKTUUR                                                         5                                         4                                       3                                      2                                  0–1
                                                -   Uitstaande ontwikkeling van            -   Logiese ontwikkeling van            -   Toepaslike idees ontwikkel.          -   Sommige geldige idees.            -   Nodige idees ontbreek.
 Kenmerke van teks                                  onderwerp.                                 besonderhede                        -   Sinne, paragrawe ontwikkel           -   Sinne en paragrawe het foute      -   Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikkeling en                       -   Uitsonderlikee besonderhede            -   Samehangend                         -   Opstel verstaanbaar                  -   Opstel maak tog sin t.s.v. baie       wemel van foute.
 sinskonstruksie                                -   Samestelling van sinne en              -   Sinne, paragrawe logies en                                                       foute .                           -   Opstel maak nie sin nie.
                                                    paragrawe uitstaande                       verskillend
        5 PUNTE

 Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                                   Blaai om asseblief

### Page 12

12
                                          Downloaded from hlayiso.com
                                                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                       (EC/NOVEMBER 2017)

ASSESSERINGSRUBRIEK TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25 PUNTE]

    Kriteria                 Uitsonderlik                      Knap                       Gemiddeld                        Elementêr                     Onvoldoende
INHOUD,                          13–15                        10–12                          7–9                              4–6                              0–3
BEPLANNING          -   Uitstaande en treffende    -   Baie goeie respons;     -   Respons voldoende; toon      -    Respons basies; toon       -   Respons toon geen kennis
EN FORMAAT              respons; bo verwagting         toon ’n goeie kennis        kennis van kenmerke van          geringe kennis van              van kenmerke van teks nie.
                    -   Intelligente en volwasse       van kenmerke van            teks.                            kenmerke van teks.          -   Betekenis is onduidelik.
-(Respons op en         idees                          teks.                   -   Toon tekens dat fokus        -   Behou nie fokus nie; wyk    -   Geen samehang in idees en
idees in teks)      -   Grondige kennis van        -   Behou fokus – geen          behou word; enkele               af.                             inhoud nie.
Organisering van        kenmerke van teks              afwyking                    afwykings                    -   Inhoud en idees nie altyd   -   Geen details ondersteun die
idees               -   Skryfstuk behou fokus.     -   Inhoud en idees         -   Inhoud en idees redelik          samehangend nie.                onderwerp.
Bewus van doel,     -   Inhoud en idees                samehangend,                samehangend                  -   Baie min details            -   Formaat van teks nie
gehoor en               samehangend                    uitgebreid en details   -   Sommige details ondersteun       ondersteun die onderwerp.       toegepas nie.
konteks van teks)   -   Idees uitgebreid en            ondersteun                  die onderwerp.               -   Onseker van formaat van
                        behou fokus                    onderwerp.              -   Formaat oorwegend gepas,         teks; enkele, kritiese,
15 PUNTE            -   Gepaste en akkurate        -   Gepaste formaat;            maar afwykings kom voor.         nalatige foute.
                        formaat                        geringe afwykings
TAAL, STYL EN                     9–10                          7–8                         5–6                             3–4                              0–2
REDIGERING          -   Toon, register, styl,      -   Toon, register, styl,   - Toon, register, styl,          - Toon, register, styl,         - Toon, register, styl,
Toon, register,         woordeskat, hoogs              woordeskat, baie          woordeskat, geskik vir doel,     woordeskat, pas nie altyd       woordeskat, nie geskik vir
styl en                 geskik vir doel, gehoor        geskik vir doel,          gehoor en konteks.               by doel, gehoor en              doel, gehoor en konteks.
woordeskat is           en konteks.                    gehoor en konteks.      - Enkele grammatikafoute           konteks nie.                  - Besaai met foute
geskik vir          -   Grammatika akkuraat;       -   Grammatika in die       - Foute belemmer nie             - Grammatika onakkuraat         - Betekenis onduidelik
doel/effek en           struktuur baie goed.           algemeen korrek;          betekenis nie.                   met baie foute
konteks             -   Feitlik foutloos .             struktuur goed.                                          - Betekenis onduidelik
Woordkeuse,                                        -   Feitlik foutloos
taalgebruik en
konvensies,
punktuasie,
grammatika en
spelling

10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRHL P3 GR11 QP NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr11-qp-nov2017/a903f7cf-ab4c-4158-96a2-56eeef317093) — Afrikaans HL · QP · 2017
- [AFR HL P1 GR11 MEMO NOV 2017](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p1-gr11-memo-nov-2017/8d2b28fa-ff13-4314-838b-a42ac4370d65) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRHL P2 GR11 MEMO NOV2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr11-memo-nov2017/a0d503cb-27ee-435e-bb74-0667abbc2024) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020/fac0bbfb-2db1-4969-bc69-6b016e2f249f) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-memo-nov-2020-d/d11183d6-5fdd-4148-b1c0-cafef0a8db82) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR11 QP MEMO NOV 2020 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr11-qp-memo-nov-2020-d/3e6509ed-5ffa-4b06-b795-66a0aad91045) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr

## More from Grade 11 Afrikaans HL

- [Gr11-Afr-HT-studiegids LR](https://www.hlayiso.com/library/gr11-afr-ht-studiegids-lr/2b9b2077-8262-449a-b0c2-0a2c24f6c066) — Guide · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/4cc70ac7-f749-4802-8e1b-8cec773c7368) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/a7e90129-8e5a-43be-963d-f02b31d0b7a4) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P3 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/df1906ad-6c91-4938-9533-c5ba7baa3444) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-1-afrikaans/9892ea43-cb95-460f-8521-db662ba8b5c9) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 11 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock 2](https://www.hlayiso.com/library/grade-11-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-2-question-paper-paper-2-afrikaans/58fc56f1-3f43-4541-9fa9-c8cf9faa560a) — QP · 2026 · Afr

## Collection

- [Grade 11 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-11/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
