# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 11 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-memo-sept2017/c89bbf29-4adb-4221-8a3e-abe41449274c
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 11

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-memo-sept2017/c89bbf29-4adb-4221-8a3e-abe41449274c)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Memorandum, 11 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                          NASIONALE
                      SENIOR SERTIFIKAAT

                             GRAAD 12

                       SEPTEMBER 2017

                 AFRIKAANS HUISTAAL V3
                     MEMORANDUM

PUNTE:   100

                Hierdie memorandum bestaan uit 11 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2017)

 Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
 van eenvoud en eenvormigheid.

 SIMBOOL                BESKRYWING            VERDUIDELIKING
 0                      Sirkel                Punktuasiefout
                        Dubbelstrepie         Spelfout
                        onder ŉ woord
                        Lang streep onder     Foutiewe woordgebruik
                        ŉ woord
                        Sirkel met pyltjie    Woordorde

 /\                     Weglaatteken          Woord weggelaat
 T                      Hoofletter T in       Tye verwar
                        kantlyn
 H                      Dubbele hh            Herhaling van gedagtes
 VR                     Vraestel              Dele saamgeflans met woorde in
                                              vraestel gebruik
 ?                      Vraagteken            Baie verwarrend/sukkel om te verstaan
                                              wat leerder skryf
 [                      Enkelhakie            Nuwe paragraaf
 E                      Letter “e” bo woord   Engelse woord gebruik

 ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

 AFDELING A: OPSTEL

 AFDELING A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs
 oor EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik
 volgens hoe hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE
 Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud:                                                     I = KL = 21
 Taal, styl en redigering:                                   T = KL= 10
 Struktuur:                                                   S=G= 3
 Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant               34
 (onder die opstel):

 Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees.)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                        3

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL
 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
            Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.
 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
          hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van
          die hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat
          gewoonlik die samevatting van die hoofgedagte.
 Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
       sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
       bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ
       argumenterende en beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale
       standpunt/mening weerspieël.
 VRAAG 1
 Riglyne
 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
 sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie
 as bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
 byvoorbeeld:
 1.1 In ŉ oogwink het alles verander
       Hierdie onderwerp kan lei tot verskeie interpretasies wat onder andere
       verhalend, bespiegelend of beskrywend kan wees. ŉ Verhaal sal op hierdie
       onderwerp as tema fokus. Die kandidaat kan ook op gevoelens ten opsigte
       van die verandering wat ŉ effek op hom/haar het, fokus in ŉ opstel wat
       beskrywend van aard sal wees. By ŉ bespiegelende interpretasie kan die
       kandidaat die wenslikheid van die verandering bespreek.                              [50]
 1.2 Swak lewensomstandighede kan nie sukses keer nie
       Hierdie onderwerp leen hom tot die skryf van ŉ argumenterende of
       beredeneerde opstel waar die kandidaat hom/haar uitspreek of sukses
       afhangend is van lewensomstandighede en die leser oortuig om sy/haar
       standpunt te aanvaar. In ŉ verhalende opstel sal die kandidaat die gebeure
       wat gelei het tot hierdie stelling, kan aanbied.                                     [50]
 1.3 Mense/Dinge wat my hare laat rys
       Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ beskrywende opstel aanbied. Dit
       kan humoristies of ernstig geskryf word. Die fokus sal op die mense/dinge val
       wat die skrywer grief en watter gevoelens dit by hom/haar oproep. By ŉ
       bespiegelende interpretasie kan die kandidaat oor hierdie mense/dinge besin.         [50]
 1.4 Die mens is vir vreugde geskape
       Hierdie opstel kan lei tot al die soorte opstelle. Die kandidaat kan die opstel as
       ŉ verhalende opstel aanbied. Verhale oor gebeurtenisse of ervarings of
       handelinge wat die kandidaat vreugde verskaf/snaaks was, kan vertel word. As
       ŉ kandidaat ŉ beskrywende opstel aanpak, kan handelinge of gebeure wat
       humoristies is, beskryf word. In ŉ bespiegelende inhoud kan daar oor die
       waarde van vreugde bespiegel word. As argumenterende of beredeneerde
       opstel kan die kandidaat argumente of redes aanvoer waarom vreugde
       noodsaaklik vir die mens is, al dan nie.                                             [50]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.5 Dinge wat ek sal mis na matriek

      Die kandidaat sal die opstel hoofsaaklik as ŉ beskrywende opstel aanbied. Die
      fokus sal val op dinge waarna verlang sal word na afloop van sy/haar
      skoolloopbaan. Hierdie onderwerp leen hom ook tot ŉ bespiegelende opstel
      waar die leerder besin oor die waarde van sy/haar skoolloopbaan/matriek. By
      die skryf van ŉ argumenterende/beredeneerde opstel sal die kandidaat
      hom/haar uitspreek of hy/sy wel dinge na matriek sal mis, al dan nie.                [50]

 1.6 1.6.1       Verwaarloosde klaskamer
                 Interpretasies kan lei tot ŉ verhalende, beskrywende of selfs
                 bespiegelende opstel, bv. ŉ beskrywing van die waarde van
                 skole/opvoeding in ŉ gemeenskap. ŉ Verhaal kan handel oor die
                 sukkelbestaan van skole sonder die nodige infrastruktuur/hulpbronne.
                 Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die feit dat skoolopleiding ŉ
                 basiese mensereg is. In ŉ argumenterende en beredeneerde opstel
                 kan die kandidaat argumenteer of redeneer rondom die kwessies van
                 gelyke onderwys, die moontlikheid dat opvoeding/onderwys ŉ
                 geskilpunt kan word of gebrek aan basiese onderwys.                       [50]

      1.6.2      Taxi-/Motorongeluk
                 In ŉ verhalende opstel kan die kandidaat fokus op ŉ motor-/taxi-
                 ongeluk. In ŉ beskrywende opstel sal die emosies van mense wat in
                 padongelukke betrokke is of padongelukke veroorsaak, onder die
                 vergrootglas geplaas word. Wanneer geredeneer/geargumenteer
                 word oor die onderwerp, kan die kandidaat fokus op die slagting op
                 ons land se paaie. Wanneer die kandidaat peins oor die voorkoms
                 van padongelukke en die verlies van lewens, kan dit slaag as
                 bespiegelende opstel.                                                     [50]

      1.6.3      Voël in kou
                 Die kandidaat kan ŉ verhalende opstel skryf waarin hy/sy fokus op
                 die lewensverhaal/verlange na vryheid/ervarings van ŉ mens/dier.
                 Dit kan letterlik of figuurlik geskryf word. ŉ Beskrywende opstel sal
                 fokus op die verlange/belewenisse en/of emosies van ŉ mens wat
                 smag na vryheid/geluk/geleenthede. Wanneer argumenteer/
                 beredeneer word oor die onderwerp, kan die kandidaat fokus op die
                 waarde van vryheid/geleenthede in ŉ mens se lewe. As
                 bespiegelende opstel kan die kandidaat besin oor die eienskappe en
                 sin van vryheid/geleenthede/gevangenisskap.                               [50]

                                                              TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         5

 SOORT OPSTELLE

 VERHALENDE OPSTEL

 Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die
 verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

 Hou die volgende in gedagte:

     Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
     ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
     Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
     Die inhoud is boeiend en interessant; daarom is die inhoud samehangend.
     Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
     Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
     ŉ Treffende inleiding boei die leser.
     ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Dit word gewoonlik in die verlede tyd geskryf.

 BESKRYWENDE OPSTEL

 Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
 wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
 beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

 Hou die volgende in gedagte:

     Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
     Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
      opnoem van waarnemings).
     Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
     Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
     Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
     Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
     Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
      geniet.
     Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
      konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
     Stylfigure kan gebruik word.

 BEREDENERENDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
 bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
 spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir
 en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
 ontwikkeling van die opstel.

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2017)

 Hou die volgende in gedagte:

       Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die
        inleiding, ingeneem word.
       BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
       Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
       Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
       ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding,
        gemaak. Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
       Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
       Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.
       Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
 reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:

       Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
       Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
        opgeweeg.
       Dis persoonlik van aard.
       Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
       Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of
        ernstig geskryf word.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.

 ARGUMENTERENDE OPSTEL

 Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt
 te motiveer.

 Hou die volgende in gedagte:

       Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
       ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
       ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
       Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
       ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
       Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
       Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.

                                                                TOTAAL AFDELING A:            50

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         7

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste
 word nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                              IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                   TG = 6
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).      16

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1    FORMELE BRIEF: AANSOEK

        Die brief handel oor die aansoek om ŉ geadverteerde pos.

        Hou die volgende in gedagte:

           Die formaat is formeel.
           Daar moet twee adresse, ŉ aanhef, ŉ inhoudsopskrif en ŉ gepaste
            afsluiting wees.
           Die inhoud moet handel oor die aansoek by ŉ internetkafee.
           Die styl is saaklik, maar hoflik.
           Die struktuur moet goeie paragraafbou insluit.
           Eenvoudige, direkte taal is nodig, maar in ŉ formele register.
           Die brief moet formeel afgesluit word en die skrywer se titel, voorletters en
            van moet gegee word.                                                             [25]

 2.2    ONDERHOUD

        In die gesprek tussen die joernalis en die uitruilstudent moet die student se
        verblyf en ervarings duidelik na vore kom.

        Hou die volgende in gedagte:

           Beplan die onderhoud deur vrae te vra.
           Twee mense voer ŉ gesprek.
           Die joernalis vra die vrae en die uitruilstudent beantwoord die vrae.
           Die onderhoud kan ook in dialoogvorm aangebied word.
           Skryf die name van die sprekers aan die linkerkant van die bladsy.
           ŉ Reël word oopgelaat tussen elke nuwe spreekbeurt.
           Gebruik ŉ dubbelpunt na die naam van elke spreker.
           Ekstra inligting word tussen hakies, voordat die spreker praat, of op enige
            ander plek in die sin, aangedui.                                                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.3    HULDEBLYK

        Die kandidaat bring hulde aan ŉ geliefde onderwyser/es wat na ŉ lang
        siekbed oorlede is.

        Hou die volgende in gedagte:

         Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe,
          plek waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte en
          name van naasbestaandes kan gegee word.
         Prestasies/hoogtepunte/opleiding/gemeenskapsbetrokkenheid kan gegee
          word.
         Gebeurtenisse en staaltjies oor die oorledene; persoonlike herinneringe
          van die klasmaats en kollegas kan gegee word. Die leser moet ŉ duidelike
          beeld van die oorledene kan vorm en familie kan ook vertroos word.
         ŉ Persoonlike boodskap soos ŉ gedig kan bygevoeg word.
         Die taal, styl en register is semiformeel/formeel.
         Gebruik eufemismes waar van toepassing.                                        [25]

 2.4    INFORMELE VERSLAG

        Die verslag fokus op tienergeweld op die skoolgronde.

        Hou die volgende in gedagte:

           Gee presiese terugvoering oor die onderwerp.
           Die titel moet belangstelling wek.
           Formaat moet korrek wees: inleiding (agtergrond, doel en omvang),
           Inhoudsgedeelte: (wie? hoekom/waarom? waar? wanneer? wat? hoe?
           Sluit die verslag af met ŉ gepaste samevatting/slot en aanbevelings.
           Beplan en organiseer inligting.
           Gebruik informele, onpersoonlike taal, register en styl.
           Skryf in die teenwoordige tyd en in die derde persoon.
           Skryf oor feite.                                                             [25]

 2.5    INFORMELE BRIEF

        Die briefskrywer bedank die berader vir sy/haar hulp en raad.

        Hou die volgende in gedagte:

         Die kandidaat gebruik informele taal, register en styl.
         Skryf in beskrywende, maar eenvoudige taal.
         Die kandidaat behoort logies en volgens ŉ spesifieke doel te skryf.
         Briewe moet ŉ inleiding, liggaam/inhoud en slot hê.
         Briewe moet die skrywer se adres en die datum waarop die brief geskryf
          is, bevat.
         Na die skrywer se adres volg ŉ informele aanhef.
         Die brief sluit informeel af, gevolg deur die skrywer se naam.                 [25]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)           AFRIKAANS HUISTAAL V3                                     9

 2.6    RESENSIE

        Die kandidaat gee ŉ respons op die jeugroman wat die wenner was.

        Hou die volgende in gedagte:

         Resensies word nie altyd volgens ŉ vaste formaat geskryf nie.
         Toepaslike feite, byvoorbeeld die naam van die
          jeugroman/skrywer/karakters/uitgewer/prys ens. word in die resensie
          aangebied.
         Goeie resensies probeer om regverdig, maar eerlik/subjektief te wees.
         Gee die resensent se mening oor ŉ werk.
         Die resensent is gewoonlik subjektief.                                       [25]

                                                            TOTAAL AFDELING B:           50
                                                                GROOTTOTAAL:            100

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 10

10
                                                       Downloaded from hlayiso.com     AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  (EC/SEPTEMBER 2017)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [50 PUNTE]
LET WEL:
   Gebruik altyd die rubriek by die nasien van die opstel (Vraestel 3, AFDELING A).
   Punte van 0−50 is in VYF hoofvlakomskrywings verdeel.
   Die kriteria vir Inhoud, Taal en Styl is verder in elk van die vyf vlakomskrywings in ŉ hoë- en laevlaksubkategorie verdeel, met die toepaslike verspreiding van punte en die omskrywings.
   Struktuur word nie deur die verdeling in ŉ hoe en lae vlak beïnvloed nie.
      Kriteria                               Uitsonderlik                                    Knap                                   Gemiddeld                         Elementêr                     Onvoldoende
 INHOUD EN                                          28−30                                       22−24                                     16−18                           10−12                             4−6
 BEPLANNING                        - Respons is uitsonderlik/treffend      -   Respons baie goed; getuig van           -   Respons bevredigend                - Wisselvallige samehang in     - Respons heeltemal

                        Hoë vlak
                                     en bo verwagting                          vaardigheid                             -   Idees redelik samehangend en         respons                          irrelevant
 (Respons en                       - Idees is intelligent, volwasse en     -   Idees heeltemal relevant, interessant       oortuigend                         - Idees onduidelik, nie         - Idees deurmekaar en nie
 idees)                              stem leser tot nadenke                    en lewer bewys van volwassenheid        -   Redelike organisasie en redelik      oorspronklik nie                 op onderwerp gefokus nie
 Organisering van                  - Uitsonderlike organisasie en          -    Organisasie baie goed en                   samehangend, insluitend            - Min bewys van organisasie     - Vaag en herhalend
 idees vir                           samehang insluitend inleiding,            samehangend, insluitend inleiding,          inleiding, liggaam en                en samehang                   - Geen organisasie nie en
 beplanning;                         liggaam en samevatting/slot.              liggaam en samevatting/slot                 samevatting/slot                                                      is onsamehangend
 Bewustheid van                                     25−27                                       19−21                                     13−15                            7−9                              0−3
 doel, gehoor en                   - Respons uitmuntend, maar              -   Respons goed; getuig van                -   Respons bevredigend, maar          - Respons is grootliks          - Geen poging aangewend
 konteks                             uitsonderlik treffende eienskappe         vaardigheid                                 verval soms in onduidelikheid        irrelevant                       om in ooreenstemming

                        Lae vlak
                                     van ŉ opstel ontbreek                 -   Idees relevant, interessant             -   Idees redelik samehangend en       - Idees begin los staan en         met onderwerp te wees
                                   - Idees intelligent en volwasse         -    Organisasie goed en samehangend,           oortuigend                           kan verwarrend wees              nie
 30 PUNTE                          - Knap organisasie en samehang,             insluitend inleiding, liggaam en        -   ŉ Mate van organisasie en          - Skaars ŉ bewys van            - Heeltemal irrelevant en
                                     insluitend inleiding, liggaam en          samevatting/slot                            samehang, insluitend inleiding,      organisasie en samehang          ontoepaslik
                                     samevatting/slot)                                                                     liggaam en samevatting/slot                                        - Deurmekaar en geen
                                                                                                                                                                                                 fokus nie
 TAAL, STYL EN                                     14−15                                     11−12                                     8−9                                  5−6                             0−3
 REDIGERING                        - Toon, register, styl en               - Toon, register, styl en woordeskat        - Toon, register, styl en woordeskat   - - Toon, register, styl en     - Taal onverstaanbaar
                                     woordeskat hoogs gepas vir              baie gepas vir doel, gehoor en            - gepas vir doel, gehoor en konteks      woordeskat minder gepas       - Toon, register, styl en

                        Hoë vlak
 Toon, register, styl                doel, gehoor en konteks.                konteks.                                  - Gepaste taalgebruik om                 vir doel, gehoor en konteks      woordeskat nie gepas vir
 en woordeskat is                  - Taalgebruik getuig van vertroue,      - Taalgebruik effektief en ŉ                  betekenis oor te dra                   nie                              doel, gehoor en konteks
 geskik vir                          indrukwekkend                           deurlopende gepaste toon word             - Toon is gepas                        - Taalgebruik baie basies       - Woordeskat so beperk dat
 doel/effek en                     - Toon retories treffend en effektief     gebruik − gepas, konstant;                - Retoriese middele gebruik om         - Toon en woordkeuse skaars        dit onmoontlik is om sin te
 konteks;                          - Grammatika en spelling feitlik        - Grammatika en spelling grootliks            betekenis te versterk                  toepaslik                        maak
 Woordkeuse;                         foutvry                                 foutvry                                                                          - Baie beperkte woordeskat
 Taalgebruik en                    - Knap gedaan                           - Baie goed gedoen
 konvensies,                                          13                                       10                                       7                                   4
 punktuasie,                       - Taalgebruik uitstekend en toon is     - Taalgebruik toepaslik en oor die          - Voldoende taalgebruik, maar          - Taalgebruik onvoldoende

                        Lae vlak
 grammatika,                         retories effektief                      algemeen effektief                          teenstrydighede word opgemerk        - Weinig indien enige
 spelling.                         - Grammatika en spelling feitlik        - Toon gepas en effektief                   - Toon oor die algemeen gepas en         sinsverskeidenheid
                                     foutvry                               - Enkele foute in grammatika en               beperkte gebruik van retoriese       - Woordeskat baie beperk
 15 PUNTE                          - Baie goed tot knap gedaan               spelling.                                   middele
                                                                           - Goed gedoen
 STRUKTUUR                                          5                                          4                                        3                                   2                             0-1
                                   - Uitstekende ontwikkeling van          - Logiese ontwikkeling van details.         - Relevante detail ontwikkel.          - Sommige punte geldig.         - Noodsaaklike punte
 Kenmerke van                        onderwerp                             - Samehangend                               - Sinne en paragrawe goed.             - Sinne en paragrawe foutief.     ontbreek.
 teks;                             - Uitsonderlike detail                  - Sinne en paragrawe logies en toon           gekonstrueer.                        - Opstel maak nog effens sin.   - Sinne en paragrawe
 Paragraafontwikke                 - Sinne en paragrawe uitsonderlik         variasie.                                 - Opstel maak nog sin.                                                   foutief.
 ling en                             gekonstrueer                                                                                                                                             - Opstel maak nie sin nie.
 sinskonstruksie
 5 PUNTE

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2017)
                                       Downloaded from hlayiso.com   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                  11

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE – HUISTAAL [25 PUNTE]

      Kriteria                   Uitsonderlik                       Knap                       Gemiddeld                     Elementêr                  Onvoldoende
 INHOUD,                            13−15                           10−12                        7−9                            4−6                         0−3
 BEPLANNING EN           - Respons uitsonderlik, bo        - Respons baie goed en       - Respons voldoende en        - Basiese respons toon        - Respons toon geen
 FORMAAT                   verwagting                        demonstreer goeie            toon voldoende kennis van     geringe kennis van            kennis van kenmerke
                         - Idees intelligent en volwasse     kennis van kenmerke          kenmerke van die soort        kenmerke van die soort        van die soort teks nie.
 Respons op en idees;    - Grondige kennis van               van die soort teks           teks                          teks.                       - Betekenis onduidelik
 Organisering van          kenmerke van die soort teks     - Behou fokus − geen         - Nie heeltemal gefokus nie   - Aanduiding van fokus,         met groot afwyking.
                         - Skryfstuk behou fokus.            afwyking nie                 − enkele afwykings            maar met afwykings          - Geen samehang in
 idees vir beplanning;
                         - Samehang in inhoud en           - Samehang in inhoud en      - Redelike samehang in        - Inhoud en idees nie altyd     idees en inhoud nie.
 Doel, gehoor,             idees                             idees; baie goed             inhoud en idees.              samehangend nie             - Baie min detail
 kenmerke/konvensies     - Idees behoorlik uitgebrei         uitgebrei met detail wat   - Sommige detail              - Min detail ondersteun die     ondersteun die
 en konteks                met detail wat die                die onderwerp                ondersteun die onderwerp.     onderwerp.                    onderwerp.
                           onderwerp ondersteun              ondersteun                 - Formaat oorwegend           - Nodige reëls van formaat    - Nodige reëls van
 15 PUNTE                - Gepaste en akkurate             - Gepaste formaat met          gepas, maar met enkele        vaagweg toegepas.             formaat nie toegepas
                           formaat                           onbeduidende foute           foute.                      - Kritiese foute begaan.        nie.
 TAAL, STYL EN                          9−10                            7− 8                        5− 6                            3− 4                        0− 2
 REDIGERING              - Toon, register, styl en         - Toon, register, styl en    - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en     - Toon, register, styl en
                           woordeskat hoogs geskik vir       woordeskat, baie geskik      woordeskat, geskik vir        woordeskat minder geskik      woordeskat stem nie
 Toon, register, styl,     doel, gehoor en konteks           vir doel, gehoor en          doel, gehoor en konteks       vir doel, gehoor en           ooreen met doel,
 doel/effek, gehoor en   - Grammatika akkuraat en            konteks                    - Enkele grammatikafoute.       konteks                       gehoor en konteks nie
 konteks;.                 goed gekonstrueer               - Grammatika oor die         - Voldoende woordeskat        - Grammatika onakkuraat       - Besaai met foute en
                         - Feitlik foutloos                  algemeen korrek en         - Foute belemmer nie            met etlike foute              verward
 Taalgebruik en
                                                             goed gekonstrueer;           betekenis nie               - Basiese woordeskat          - Woordeskat nie geskik
 konvensies;                                               - Baie goeie woordeskat                                    - Betekenis belemmer            vir doel nie
 Woordkeuse;                                               - Oorwegend foutloos                                                                     - Betekenis ernstig
 Punktuasie en                                                                                                                                        belemmer
 spelling

 10 PUNTE

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [AFRHL P1 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-memo-sept2017/12a4ae65-a5fc-4fbd-9c41-7e87a5659a99) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [Afrikaans HL P3 May June 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017-memo/8d004299-0884-48ae-94a7-fa262185f416) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017-memo/fe0661a7-8373-4100-ac07-707ad6445899) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017-memo/a439c31f-a9ef-42b4-920a-c5ad42bfbb59) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
