# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2017 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-qp-sept2017/b1ee9f9a-4b21-4ec0-8bdc-0cdaa126a4c1
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2017 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-qp-sept2017/b1ee9f9a-4b21-4ec0-8bdc-0cdaa126a4c1)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                                *AFRHL3*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 5 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                   (EC/SEPTEMBER 2017)

    INSTRUKSIES EN INLIGTING

    1.    Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings.

          AFDELING A: Opstel                                            50 punte
          AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste             (25 x 2) 50 punte

    2.    Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

    3.    Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

    4.    Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

    5.    Jy moet jou werk beplan (bv. ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/
          kernwoorde, ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR
          die finale produk gedoen word.

    6.    Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies
          deurgehaal word.

    7.    Jy moet jou tyd soos volg bestee:

          AFDELING A:      ongeveer 80 minute
          AFDELING B:      ongeveer 70 (35 x 2) minute

    8.    Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in
          hierdie vraestel gebruik is.

    9.    Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde
          getel word NIE.

    10.   Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                    3

  AFDELING A:OPSTEL

  VRAAG 1

  Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 400–450 woorde.
  Skryf die nommer en die titel boaan jou opstel.

  1.1    In ŉ oogwink het alles verander.                                           [50]

  1.2    Swak lewensomstandighede kan nie sukses
         keer nie.                                                                  [50]

  1.3    Mense/Dinge wat my hare laat rys.                                          [50]

  1.4    Die mens is vir vreugde geskape
         en as ons in die hemel kom
         is die eerste ding wat ons sal hoor
         Kom speel!                                          [Marthinus Versfeld]   [50]

  1.5    Dinge wat ek sal mis na matriek.                                           [50]

  1.6    Bestudeer die prikkels hieronder en skryf ŉ OPSTEL oor EEN. Skep jou
         eie titel.

         1.6.1

                                                                                    [50]
                                                           [Bron: Google Images]

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                           AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2017)

         1.6.2

                                                                                   [50]
                                                    [Bron: www.dreamstime.com]

         1.6.3

                                                                                   [50]
                                                          [Bron: Google Images]

                                                    TOTAAL AFDELING A:             50

Kopiereg voorbehou                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)            AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         5

  AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE
  VRAAG 2
  Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180-200 woorde oor elk.
  Skryf die nommer van die teks wat jy gekies het, neer.
  2.1    FORMELE BRIEF
         Die plaaslike internetkafee soek ŉ skoolmeisie/-seun om naweke te help
         om ouer mense internetvaardig te maak.
         Skryf ŉ FORMELE BRIEF aan die bestuurder waarin jy aansoek doen
         om hierdie betrekking.                                                      [25]
  2.2    ONDERHOUD
         Julle skool was bevoorreg om ŉ uitruilstudent van Duitsland ŉ jaar lank
         in jul skool te akkommodeer.
         Skryf die ONDERHOUD wat jy as joernalis van die skoolkoerant met
         hierdie student gevoer het oor sy/haar verblyf en ervarings gedurende
         hierdie tydperk.                                                            [25]
  2.3    HULDEBLYK
         Jou gunsteling onderwyser/onderwyseres aan wie jy baie geheg was, is
         onlangs na ŉ lang siekbed oorlede. Jy moet die huldeblyk aan
         hom/haar tydens die roudiens in die skoolsaal lewer.
         Skryf die HULDEBLYK.                                                        [25]
  2.4    INFORMELE VERSLAG
         Jy het ondersoek ingestel na tienergeweld wat toenemend op die
         skoolgronde in jou gemeenskap plaasvind.
         Stel ŉ INFORMELE VERSLAG vir publikasie in die skoolkoerant saam
         waarin jy jou bevindinge weergee.                                [25]
  2.5    INFORMELE BRIEF
         Jy het in ŉ onverwagte gewelddadige situasie beland en jy moes koes vir
         jou lewe. Jy het waardevolle hulp en raad ontvang oor hoe om hierdie
         trauma te verwerk.
         Skryf ŉ INFORMELE BRIEF aan jou berader om jou waardering uit te
         spreek.                                                                     [25]
  2.6    RESENSIE
         ŉ Opwindende jeugroman is onlangs bekroon met die eerste prys in
         LAPA Uitgewers se jeugromanwedstryd.
         Skryf ŉ RESENSIE oor hierdie boek wat jy gelees het.                        [25]
                                                         TOTAAL AFDELING B:            50
                                                             GROOTTOTAAL:             100

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

## Related documents

- [AFRHL P3 GR12 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-memo-sept2017/c89bbf29-4adb-4221-8a3e-abe41449274c) — Afrikaans HL · Memo · 2017
- [AFRHL P1 QP SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p1-qp-sept2017/ca71256c-c51c-4147-a3cd-2f0c73e04472) — Afrikaans HL · QP · 2017
- [Afrikaans HL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2017/7f504e9a-f69d-45ee-b1f6-ef529a4fd2da) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2017/4577c737-2595-4437-bfdb-6520a8a9afe6) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2017/60537e99-e401-4b8c-87b0-63dfb08ba5b2) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2023-eastern-cape-mock-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/1a878435-bdd2-45da-8e0c-99f96c0bae42) — Afrikaans HL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
