# Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2017 Memo

> Grade 9 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the November EC 2017, 8 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2017-memo-final/2f975cfb-078b-4aad-9c70-40c375c03932
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 9
- Document type: Memorandum
- Year: 2017
- Exam period: November EC
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 9](https://www.hlayiso.com/library/grade-9) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-9/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 9 Paper 3 November EC 2017 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2017-memo-final/2f975cfb-078b-4aad-9c70-40c375c03932)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 9 · November EC · 2017. Memorandum, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                              SENIOR FASE

                                   GRAAD 9

                              NOVEMBER 2017

                     AFRIKAANS HUISTAAL V3
                         NASIENRIGLYN

PUNTE:    45

         Hierdie nasienriglyn bestaan uit 8 bladsye insluitend rubrieke van 2 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                                  AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/NOVEMBER 2017)

    AFDELING A: SKRYFWERK

    VRAAG 1: OPSTEL

    Die vraag word uit 30 geassesseer. Die leerder mag slegs oor EEN onderwerp
    of prikkel skryf en hy/sy mag enige tipe opstel, toepaslik volgens hoe sy/hy die
    onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien dit
    onduidelik is watter een die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

    NASIENRIGLYNE
    Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:
    BYVOORBEELD
    IBF – K4 = 6
    TSR – K2 = 3
    TOT.     =9
    Dui dan die totale punt van die opstel onder die opstel aan,
    Dra die totaal uit 30 oor na die BEGIN van die vraag.
    LET WEL: Indien die punt 9½ sou wees, dra dit dan as 10 oor.
    Riglyne
    Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en
    volgens sy/haar interpretasie. Die leerder bied die soort opstel aan volgens die
    voorskrifte.
    SOORTE OPSTELLE:
    VERHALENDE OPSTEL
    Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie of gebeurtenis (gewoonlik uit die
    verlede). Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.
    Hou die volgende in gedagte:
       Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word − dus ŉ storie of
        gebeurtenis.
       ŉ Sterk storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
       Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
       Die verlede tyd word gebruik, maar die teenwoordige tyd kan ook gebruik
        word om ŉ gevoel van die hede te skep.
       Die inleidingsparagraaf moet boeiend wees.
       Die verhaal kan uit eie ervaring geskryf word, of dit kan fiktief wees.
       ŉ Verrassende slot.
       Beskrywende elemente moet gebruik word.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
        geniet.                                                                             [30]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         3

  BESKRYWENDE OPSTEL

  Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dit is moeilik om iets te
  beskryf wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die
  onderwerp wat beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

  Hou die volgende in gedagte:

     Waarneming met al vyf sintuie (sig, klank, gehoor, smaak en aanraking) en
      ŉ goeie woordeskat word vereis.
     Skep dus ŉ prentjie in woorde.
     Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
     Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
     Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word op ŉ oorspronklike wyse
      aangewend.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
      aandag geniet.                                                                    [30]

  ARGUMENTERENDE OPSTEL

  Die skrywer het ŉ spesifieke mening/opinie daaroor om sy/haar standpunt te
  motiveer. Die skrywer se mening moet deurgaans duidelik wees. Dit is ŉ
  subjektiewe (eensydig) opstel waarin die skrywer probeer om die leser te
  oortuig om sy/haar perspektief te deel.

  Hou die volgende in gedagte:

     Begin met die skrywer se standpunt oor die onderwerp op ŉ oorspronklike
      en treffende wyse.
     Gee ŉ verskeidenheid argumente ter ondersteuning en uitbouing van ŉ
      standpunt.
     Fokus op punte vir of teen ŉ stelling.
     Druk subjektiewe en sterk menings uit.
     Gebruik ŉ verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke.
     Gebruik gevoelstaal wat emosioneel kan wees, maar nie kru taal nie.
     Sluit af met ŉ sterk slot, duidelike en oortuigende stelling wat die skrywer
      se mening reflekteer.
     Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet
      aandag geniet.                                                                    [30]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                               AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/NOVEMBER 2017)

 BEREDENERENDE OPSTEL

 Dit is objektief en probeer ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp
 onder bespreking en bied teenstellende menings, onpartydig aan. Die skrywer
 mag tot ŉ spesifieke gevolgtrekking kom aan die einde van die opstel, maar die
 argumente vir en teen die onderwerp moet goed gebalanseerd wees.

 Hou die volgende in gedagte:

    Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor reeds standpunt ingeneem word
     tydens die inleiding.
    BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
    ŉ Gevolgtrekking wat aansluit by die inleiding word in die slotparagraaf
     bereik.
    Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
    Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
     geniet.                                                                         [30]

                                                         TOTAAL AFDELING A:           30

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/NOVEMBER 2017)               AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         5

 AFDELING B

 VRAAG 2: TRANSAKSIONELE TEKS

 Hier moet die formaat oorwegend korrek wees.
 Die opdrag moet uitgevoer word.

 NASIENRIGLYNE:

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 BYVOORBEELD

 IBF − K5 = 4
 TSR - K3 = 2
 TOT.     6 x 2 = 12

 Dui dan die totale punt vir die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks) aan.
 Dra die totaal uit 15 oor na die BEGIN van die vraag.

 LET WEL: Indien die punt 6½ sou wees, dra dan die punt as 7 oor.

 2.1    INFORMELE BRIEF

         Die skrywer se adres verskyn bo regs.
         Die datum waarop die brief geskryf word, word voluit geskryf en nie
          numeries nie.
         Daar moet ŉ inleiding, liggaam en ŉ slot wees.
         Die taal, toon en styl is informeel van aard.
         Geen leestekens in die adresse, aanhef en slot nie.
         Sluit die brief informeel af en word gevolg deur die skrywer naam.                 [15]

 2.2    TOESPRAAK

        Hierdie toespraak bevat die geskiedenis en besonderhede van die
        gunsteling-onderwyser/es se loopbaan by die skool.
         Noem die onderwyser/es se naam, ouderdom, datum en plek van
           begin en wanneer sy die skool gaan verlaat.
         Gee ŉ kort oorsig oor die onderwyser/es se lewe. Deel herinneringe,
           noem hoogtepunte en beskryf sy of haar rol by die skool.
         Sluit af deur te noem wat die onderwyser/es so besonders gemaak
           het en vertel hoekom hy of sy gemis gaan word.
         Die taal, styl en register is formeel en moet by die huldeblyk pas.
         Sinstruktuur, spelling, leestekens taalgebruik en paragrafering moet
           aandag geniet.                                                                    [15]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                                 AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/NOVEMBER 2017)

    2.3   UITNODIGING

          Die uitnodiging moet die besonderhede bevat omtrent die
          verjaarsdagpartytjie soos:

             Wanneer dit gaan plaasvind en hoe laat
             Aan wie en van wie is die uitnodiging
             Waar
             Spesiale instruksies soos bv. bring swemdrag saam / tema
             RSVP en kontaknommer
             Formaat: Geen spesifieke vereiste nie. Volsinne is nie noodiig nie.
             Aanvaar indien die uitnodiging nie oor ‘n verjaarsdaggeleentheid
              gaan nie, maar verminder die inhoudspunt.                                [15]

                                                          TOTAAL AFDELING B:            15
                                                              GROOTTOTAAL:              45

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/NOVEMBER 2017)
                                              Downloaded from hlayiso.com                                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                                                        7

 AFDELING A: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL – HUISTAAL [30]

 VRAAG 1

 Prestasie                Kode 7                          Kode 6                            Kode 5                             Kode 4                             Kode 3                                Kode 2                          Kode 1
 aanduiders            Uitmuntende                     Verdienstelike                     Beduidende                          Voldoende                       Matige prestasie                     Basiese prestasie                 Ontoereikende
                          prestasie                       prestasie                         prestasie                          prestasie                                                                                                prestasie
 30 punte                80−100%                          70−79%                            60−69%                             50−59%                                40−49%                              30−39%                         0−29%
                           16–18                            13–15                            10–12                                8–9                                  6–7                                 4–5                             1–3
 Inhoud en       -   Uitgebreide,                  -   Baie goeie kennis van         -   Redelike kennis van           -   Voldoende kennis van           -   Matige kennis van vereistes -         Elementêre kennis van        -   Geen kennis van
                     gespesialiseerde kennis           formaat van teks.                 vereistes van teks.               vereistes van teks.                van teks. Respons op                  vereistes van teks.          -   vereistes van teks.
 beplanning          van vereistes van teks.       -   Toon breë bewustheid          -   Toon ’n algemene              -   Toon enkele tekens van             geskrewe teks toon beperkte           Respons op geskrewe          -   Toon geen tekens van
                 -    Toon grondige                    van wyer konteks in               bewustheid van wyer               bewustheid van wyer                fokus.                                teks toon beperkte fokus.        bewustheid van wyer
 18 punte            bewustheid van wyer               skryfwerk.                        konteks in skryfwerk.             konteks in skryfwerk.          -   Toon beperkte tekens van      -       Toon beperkte tekens van         konteks in skryfwerk
                     konteks in skryfwerk.         -   Skryf gedissiplineerd –       -   Skryfwerk behou fokus,        -   Skryfwerk wyk van                  bewustheid van wyer konteks           bewustheid van wyer          -   Skryfwerk wyk van
                 -   Skryf gedissiplineerd –           behou fokus, geen                 min afwykings van                 onderwerp af, maar dit             in skryfwerk                          konteks in skryfwerk             onderwerp af, betekenis
                     behou fokus, geen                 afwykings van formaat.            formaat.                          belemmer nie algehele          -   Skryfwerk wyk van             -       Skryfwerk wyk van                plek-plek onduidelik.
                     afwykings van formaat.        -   Inhoud en idees koherent      -   Inhoud en idees koherent          betekenis                          onderwerp af, betekenis plek-         onderwerp af, betekenis      -   Inhoud en idees nie
                 -   Inhoud en idees algeheel          en baie goed uitgebreid,          en uitgebreid, meeste         -   Inhoud en idees                    plek vaag.                            plek-plek onduidelik.            koherent, baie min details
                     koherent en hoogs                 alle details ondersteun           details ondersteun                voldoende koherent,            -   Idees en inhoud matig         -       Inhoud en idees nie altyd        ondersteun onderwerp.
                     uitgebreid; alle details          onderwerp                         onderwerp                         sommige details                    koherent, sommige details             koherent, baie min details   -   Beplanning en/of eerste
                     ondersteun onderwerp.         -   Bewyse van beplanning         -   Bewyse van beplanning             ondersteun onderwerp.              ondersteun onderwerp.                 ondersteun onderwerp             poging onvoldoende.
                 -   Bewyse van beplanning             en/of eerste poging lei tot       en/of eerste poging lei tot   -   Bewyse van beplanning          -   Bewyse van beplanning en/of -         Onvoldoende vir              -   Swak aanbieding.
                     en/of eerste poging lei tot       goed saamgestelde,                goeie, gepaste                    en/of eerste poging lei tot        eerste poging lei tot matige,         Huistaalvlak t.s.v.          -   Formaat van teks nie
                     feitlike foutlose, gepaste        gepaste aanbieding.               aanbieding.                       bevredigende, gepaste              gepaste en koherente                  beplanning en/of eerste          toegepas/ontoereikend.
                     aanbieding.                   -   Nodige reëls vir formaat      -   Nodige reëls vir formaat          aanbieding                         aanbieding.                           poging, swak aanbieding.
                 -   Formaat hoogs                     van teks baie goed                van teks                      -   Vereistes van formaat          -   Het matige idee van formaat -         Het vae idee van formaat
                     geskik/uitmuntend.                toegepas/verdienstelik.           toegepas/verdienstelik.           voldoende toegepas.                van teks – sommige kritiese,          van teks – kritiese,
                                                                                                                                                              nalatige foute.                       nalatige foute/elementêr.
                             11–12                                10                                 9                               7–8                                 5–6                                  3–4                              1–2
 Taal. styl en   -   Grammatikaal akkuraat      -      Baie goed saamgestel en       -   Goed saamgestel en lees       -   Samestelling voldoende,        -   Samestellig basies. Verskeie     -    Swak saamgestel en           -   Swak saamgestel en baie
                     en briljant saamgestel.           akkuraat.                         maklik.                           foute belemmer nie vloei           foute.                                moeilik om te volg.              moeilik om te volg.
 redigering      -   Woordeskat hoogs geskik -         Woordeskat baie geskik        -   Woordeskat geskik vir             van teks.                      -   Woordeskat beperk en nie         -    Woordeskat benodig           -   Woordeskat benodig
                     vir doel, gehoor en               vir doel, gehoor en               doel, gehoor en inhoud.       -   Woordeskat voldoende               baie geskik vir doel, gehoor          remediëring en is nie            ernstige remediëring en is
 12 punte            opdrag (inhoud)                   opdrag (inhoud).              -   Styl, toon, register              vir doel, gehoor en                en inhoud.                            geskik vir doel, gehoor en       nie geskik vir doel, gehoor
                 -   Styl, toon, register hoogs -      Geskikte styl, toon,              meestal geskik.                   inhoud.                        -   Styl, toon en register pas nie        inhoud.                          en inhoud
                     geskik.                           register vir vereistes van    -   Meestal foutvry na            -   Styl, toon, register redelik       altyd by onderwerp nie.          -    Styl, toon en register nie   -   Styl, toon en register kom
                 -   Feitlik foutvry na                teks.                             proeflees en redigering.          geskik.                        -   Verskeie foute na proeflees           geskik.                          nie met onderwerp
                     proeflees en redigering. -        Grootliks foutvry na          -   Lengte korrek.                -   ’n Paar foute na proeflees         en redigering.                   -    Besaai met foute na              ooreen.
                 -   Lengte korrek.                    proeflees en redigering.                                            en redigering.                 -   Lengte – te lank/kort.                proeflees en redigering.     -   Besaai met foute en
                                                -      Lengte korrek.                                                  -   Lengte amper korrek.                                                -    Lengte – te lank/kort. -         verwar leser na proeflees.
                                                                                                                                                                                                                                 -   Lengte ver te lank/kort.

Kopiereg voorbehou                                                                                                                                                                                                        Blaai om asseblief

### Page 8

8
                                                 Downloaded from hlayiso.com                AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                                                                               (EC/NOVEMBER 2017)

    VRAAG 2: ASSESSERINGSRUBRIEK VIR TRANSAKSIONELE TEKSTE: [15]

    Prestasie                Kode 7                          Kode 6                             Kode 5                             Kode 4                             Kode 3                                Kode 2                          Kode 1
    aanduiders            Uitmuntende                     Verdienstelike                      Beduidende                          Voldoende                       Matige prestasie                     Basiese prestasie                 Ontoereikende
    15 punte                 prestasie                       prestasie                          prestasie                          prestasie                                                                                                prestasie
                            80−100%                          70−79%                             60−69%                             50−59%                                40−49%                              30−39%                         0−29%
                                9                                8                                 7                                  6                                     5                                   4                             1–3
    Inhoud en       -   Uitgebreide,                  -   Baie goeie kennis van         -    Redelike kennis van           -   Voldoende kennis van           -   Matige kennis van vereistes      -    Elementêre kennis van        -   Geen kennis van vereistes
                        gespesialiseerde kennis           formaat van teks.                  vereistes van teks.               vereistes van teks.                van teks. Respons op                  vereistes van teks.              van teks.
    beplanning          van vereistes van teks        -   Toon breë bewustheid          -    Toon ’n algemene              -   Toon enkele tekens van             geskrewe teks toon beperkte           Respons op geskrewe          -   Toon geen tekens van
                    -   Toon grondige                     van wyer konteks in                bewustheid van wyer               bewustheid van wyer                fokus.                                teks toon beperkte fokus.        bewustheid van wyer
    9 punte             bewustheid van wyer               skryfwerk.                         konteks in skryfwerk.             konteks in skryfwerk           -   Toon beperkte tekens van         -    Toon beperkte tekens van         konteks in skryfwerk
                        konteks in skryfwerk.         -   Skryf gedissiplineerd –       -    Skryfwerk behou fokus,        -   Skryfwerk wyk van                  bewustheid van wyer konteks           bewustheid van wyer          -   Skryfwerk wyk van
                    -   Skryf gedissiplineerd –           behou fokus, geen                  min afwykings van                 onderwerp af, maar dit             in skryfwerk.                         konteks in skryfwerk.            onderwerp af, betekenis
                        behou fokus, geen                 afwykings van formaat.             formaat.                          belemmer nie algehele          -   Skryfwerk wyk van                -    Skryfwerk wyk van                plek-plek onduidelik.
                        afwykings van formaat.        -   Inhoud en idees koherent      -    Inhoud en idees koherent          betekenis                          onderwerp af, betekenis               onderwerp af, betekenis      -   Inhoud en idees nie
                    -   Inhoud en idees algeheel          en baie goed uitgebreid,           en uitgebreid, meeste         -   Inhoud en idees                    plek-plek vaag.                       plek-plek onduidelik.            koherent, baie min details
                        koherent en hoogs                 alle details ondersteun            details ondersteun                voldoende koherent,            -   Idees en inhoud matig            -    Inhoud en idees nie altyd        ondersteun onderwerp.
                        uitgebreid, alle details          onderwerp                          onderwerp                         sommige details                    koherent, sommige details             koherent, baie min details   -   Beplanning en/of eerste
                        ondersteun onderwerp.         -   Bewyse van beplanning         -    Bewyse van beplanning             ondersteun onderwerp.              ondersteun onderwerp.                 ondersteun onderwerp.            poging onvoldoende.
                    -   Bewyse van beplanning             en/of eerste poging lei tot        en/of eerste poging lei tot   -   Bewyse van beplanning          -   Bewyse van beplanning en/of      -    Onvoldoende vir              -   Swak aanbieding.
                        en/of eerste poging lei tot       goed saamgestelde,                 goeie, gepaste                    en/of eerste poging lei tot        eerste poging lei tot matige,         Huistaalvlak t.s.v.          -   Formaat van teks nie
                        feitlike foutlose, gepaste        gepaste aanbieding.                aanbieding.                       bevredigende, gepaste              gepaste en koherente                  beplanning en/of eerste          toegepas/ontoereikend.
                        aanbieding.                   -   Nodige reëls vir formaat      -    Nodige reëls vir formaat          aanbieding.                        aanbieding.                           poging, swak aanbieding.
                    -   Formaat hoogs                     van teks baie goed                 van teks                      -   Vereistes van formaat          -   Het matige idee van formaat      -    Het vae idee van formaat
                        geskik/uitmuntend.                toegepas/verdienstelik.            toegepas/verdienstelik.           voldoende toegepas.                van teks – sommige kritiese,          van teks – kritiese,
                                                                                                                                                                  nalatige foute.                       nalatige foute/elementêr.
                                   6                                5                                  4                                  3                                   2                                 1½                                  1
    Taal. styl en   -   Grammatikaal akkuraat      -      Baie goed saamgestel en       -    Goed saamgestel en lees       -   Samestelling voldoende,        -   Samestellig basies. Verskeie     -    Swak saamgestel en           -   Swak saamgestel en baie
                        en briljant saamgestel.           akkuraat.                          maklik.                           foute belemmer nie vloei           foute.                                moeilik om te volg.              moeilik om te volg.
    redigering      -   Woordeskat hoogs           -      Woordeskat baie geskik        -    Woordeskat geskik vir             van teks.                      -   Woordeskat beperk en nie         -    Woordeskat benodig           -   Woordeskat benodig
                        geskik vir doel, gehoor en        vir doel, gehoor en                doel, gehoor en inhoud.       -   Woordeskat voldoende               baie geskik vir doel, gehoor          remediëring en is nie            ernstige remediëring en is
    6 punte             opdrag (inhoud)                   opdrag (inhoud)               -    Styl, toon, register              vir doel, gehoor en                en inhoud.                            geskik vir doel, gehoor en       nie geskik vir doel, gehoor
                    -   Styl, toon, register hoogs -      Geskikte styl, toon,               meestal geskik.                   inhoud.                        -   Styl, toon en register pas nie        inhoud.                          en inhoud.
                        geskik.                           register vir vereistes van    -    Meestal foutvry na            -   Styl, toon, register redelik       altyd by onderwerp nie.          -    Styl, toon en register nie   -   Styl, toon en register kom
                    -   Feitlik foutvry na                teks.                              proeflees en redigering.          geskik.                        -   Verskeie foute na proeflees           geskik.                          nie met onderwerp
                        proeflees en redigering. -        Grootliks foutvry na          -    Lengte korrek.                -   ’n Paar foute na                   en redigering.                   -    Besaai met foute na              ooreen.
                    -   Lengte korrek                     proeflees en redigering.                                             proeflees en redigering.       -   Lengte – te lank/kort.                proeflees en redigering.     -   Besaai met foute en
                                                   -      Lengte korrek.                                                   -   Lengte amper korrek.                                                -    Lengte – te lank/kort.           verwar leser na proeflees.
                                                                                                                                                                                                                                     -   Lengte ver te lank/kort.

Kopiereg voorbehou                                                                                                                         Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFR HL P3 GR9 QP NOV2017 FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-qp-nov2017-final/85db5bf2-9034-4545-8201-81d2cb38141a) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2017 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2017-memo/b01b3e7a-aef1-40ad-90db-52e7d85b0a3a) — Afrikaans HL · Memo · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR9 MEMO NOV2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr9-memo-nov2018/3bfcedf7-9180-41f2-b7db-079829fa0e89) — Afrikaans HL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRHL P3 GR9 NOV2016 MEMO FINAL](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr9-nov2016-memo-final/7a835eda-902d-422f-810c-15654c05ed9f) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [AFR HL P3 GR9 NOV2014 MEMO](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p3-gr9-nov2014-memo/6b1d1bdc-f036-45e5-b1db-689982152329) — Afrikaans HL · Memo · 2014 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 NOV2017QP](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-nov2017qp/380e50fc-fbea-4a12-a8f0-7a8d75971800) — Afrikaans HL · QP · 2017 · Afr

## More from Grade 9 Afrikaans HL

- [CAPS SP HOME AFRIKAANS GR 7-9 web](https://www.hlayiso.com/library/caps-sp-home-afrikaans-gr-7-9-web/adabb4d3-1fb8-4825-a189-492d2a06c071) — CAPS · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P1 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/57f32853-152b-4ab1-ad5b-9bc8b118c11f) — QP · 2026 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL P2 November 2026 Mock](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-2026-november-mock-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/9504f0ad-d64b-4bf2-b62f-50bb73174e75) — QP · 2026 · Afr
- [Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-test/5b589ff6-d200-4ffb-a54f-99c66ebc6b95) — QP · 2023 · Afr
- [Grade 9 Afrikaans HL Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-9-afrikaans-hl-test/269c40e7-6e0c-45f3-b89d-36b552d77cae) — QP · 2022 · Afr
- [AFR HL P2 GR9 QP NOV2019 Final D](https://www.hlayiso.com/library/afr-hl-p2-gr9-qp-nov2019-final-d/2b55fa78-6667-4cc7-b837-ddd46df19eeb) — QP · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 9 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-9/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
