# Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2016 Memo

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 13 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-memo-afr/bd248ba7-1913-473f-bbee-f0a53bd4790f
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Memorandum
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 13

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 Paper 3 Eastern Cape Mock 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-memo-afr/bd248ba7-1913-473f-bbee-f0a53bd4790f)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Memorandum, 13 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                    SENIOR SERTIFIKAAT

                          GRAAD 12

                    SEPTEMBER 2016

               AFRIKAANS HUISTAAL V3
                   MEMORANDUM

PUNTE:   100

               Hierdie memorandum bestaan uit 13 bladsye.

### Page 2

2                                       AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2016)

    Maak gebruik van die volgende simbole/tekens by die nasien van skryfwerk ter wille
    van eenvoud en eenvormigheid.

     SIMBOOL                 BESKRYWING                  VERDUIDELIKING
     0                       Sirkel                      Punktuasiefout
                             Dubbelstrepie onder ŉ woord Spelfout

                             Lang streep onder ŉ woord      Foutiewe woordgebruik

                             Sirkel met pyltjie             Woordorde

     /\                      Weglaatteken                   Woord weggelaat
     T                       Hoofletter T in kantlyn        Tye verwar
     H                       Dubbele hh                     Herhaling van gedagtes
     VR                      Vraestel                       Dele saamgeflans met
                                                            woorde in vraestel gebruik
     ?                       Vraagteken                     Baie verwarrend/sukkel om
                                                            te verstaan wat leerder skryf
     [                       Enkelhakie                     Nuwe paragraaf
     E                       Letter “e” bo woord            Engelse woord gebruik

    ALGEMENE ASSESSERINGSRIGLYNE

    AFDELING A: OPSTEL

    Afdeling A word volgens die rubriek uit 50 geassesseer. Die leerder mag slegs oor
    EEN onderwerp of prikkel skryf. Hy/Sy mag enige soort opstel, toepaslik volgens hoe
    hy/sy die onderwerp interpreteer, skryf. Slegs die finale poging word nagesien. Indien
    dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste opstel nagesien.

    NASIENRIGLYNE
    Dui aan die einde van die opstel die kodes soos volg aan:

    Voorbeeld:
    Inhoud:                                                                   I = KL = 21
    Taal, styl en redigering:                                                 T = KL = 10
    Struktuur:                                                                S= G= 3
    Skryf dan die totaal van die opstel aan die regterkant                             34
    (onder die opstel):
    Dra die punt uit 50 oor na die BEGIN van die opstel (behoort by die
    beplanningsgedeelte te wees.)

     Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                    AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         3

 DIE FORMAAT VAN DIE OPSTEL

 Inleiding: Dit is gewoonlik een paragraaf waarin die onderwerp bekendgestel word.
 Dit behoort treffend, relevant, saaklik en kort te wees.

 Liggaam: Dit is verskeie paragrawe waarvan die eerste sinne gewoonlik die
 hoofgedagte bevat. Die daaropvolgende sinne is ter ondersteuning van die
 hoofgedagtes en is menings van die skrywer. Die laaste sinne bevat gewoonlik die
 samevatting van die hoofgedagte.

 Slot: Dit is die laaste paragraaf wat die opsomming van die skrywer se mening of
 sy/haar standpunt insluit. In die geval van ŉ verhalende, beskrywende en
 bespiegelende opstel vat die slot die skryfstuk saam, terwyl ŉ argumenterende en
 beredeneerde opstel se slot die skrywer se finale standpunt/mening weerspieël.

 VRAAG 1
 Riglyne
 Assesseer die opstel, sonder vooroordeel, vanuit die leerder se oogpunt en volgens
 sy/haar interpretasie. Hierdie moontlikhede (onderstaande memorandum) mag nie as
 bindend beskou word nie. Die leerder bied dus enige soort opstel aan, soos
 byvoorbeeld:

 1.1 ŉ Selfoonoomblik wat ek vir altyd wil bewaar.

       Indien die leerder die opstel as ŉ verhalende skryfstuk aanbied, sal die fokus
       terugskouend op die oomblik val. Die leerder kan ook op gevoelens ten opsigte
       van die oomblik fokus wat beskrywend van aard sal wees. Indien die leerder ŉ
       argumenterende of beredeneerde opstel aanbied, moet die leerder op ŉ
       subjektiewe wyse die leser van sy perspektief oortuig aangaande die kosbaarheid
       van oomblikke, al dan nie. Wanneer hy/sy oor die sin van selfoonoomblikke in die
       lewe bespiegel, kan dit as bespiegelende opstel slaag.                               [50]

 1.2 Só lyk my Nuwejaarsvoornemens.

       Die beskrywende opstel sal die leerder se planne vir die nuwe jaar beskryf.
       Hierdie onderwerp leen hom ook tot ŉ bespiegelende opstel, veral waar die
       leerder besin oor Nuwejaarsvoornemens, of dit die moeite werd is of nie. Die
       belangrikheid van Nuwejaarsvoornemens met die oog op die toekoms kan
       beredeneer word.                                                                     [50]

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

4                                        AFRIKAANS HUISTAAL V3                      (EC/SEPTEMBER 2016)

    1.3 Gee Afrikaanssprekende ouers hulle kinders regtig ŉ voorsprong deur hulle
        in Engels te laat skoolgaan?

         Die onderwerp leen hom toe tot ŉ bespiegelende opstel waar die belewing van
         die kind t.o.v. sy opvoeding in Engels aangespreek word. As verhaal kan die
         leerder skryf oor ŉ ervaring/kind se lewe wat verkeerd/positief uitgedraai het a.g.v.
         Engelse onderrig. In ŉ beskrywende opstel kan die leerder die tipe kind se
         akademiese prestasie wat homself /haarself in hierdie situasie bevind, beskryf.
         By ŉ argumenterende aanbieding kan die leerder oortuig hoekom dit belangrik is
         om jou kind in sy/haar huistaal of in Engels te laat skoolgaan. In ŉ beredeneerde
         opstel kan die leerder redeneer of dit belangrik is om jou kind in sy/haar huistaal
         te laat skoolgaan.                                                                      [50]

    1.4 “ŉ Kamer sonder ŉ boek, is soos ŉ liggaam sonder ŉ siel.”

         ŉ Beskrywende opstel kan verskillende soorte boeke beskryf. By ŉ
         argumenterende aanbieding kan die leerder oortuig hoekom dit belangrik is om
         boeke te hê. By ŉ beredeneerde opstel kan die leerder redeneer of boeke
         deesdae werklik noodsaaklik is. In ŉ bespiegelende inhoud kan daar oor die
         waarde van boeke bespiegel word.                                                        [50]

    1.5 My gunsteling geluide

         Die leerders kan die opstel as ŉ beskrywende opstel aanbied en die verskillende
         geluide beskryf of die gevoelens ten opsigte van die geluide. Hierdie onderwerp
         leen hom ook tot ŉ bespiegelende opstel waar die leerder besin oor die waarde
         van geluide. ŉ Beredeneerde aanbieding kan fokus op verskillende soorte
         geluide en hulle nut/invloed in die lewe.                                               [50]

    1.6 Ma en Pa, julle maak ons gek!

         Indien die opstel as ŉ verhalende skryfstuk aangebied word, sal die fokus op ŉ
         insident val wat die afkeurende/onaanvaarbare gedrag van die ma/pa
         beklemtoon. By ŉ beskrywende inhoud kan die leerder sy ma/pa se
         gedrag/persoonlikheid beskryf en die gevoelens wat dit in hom/haar ontlok. In ŉ
         bespiegelende inhoud kan daar oor ouers se gedrag in situasies bespiegel word.          [50]

     Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         5

 1.7 1.7.1      Jongman in pad

                Interpretasies kan lei tot beskrywende, verhalende, bespiegelende
                skryfstukke, bv. ŉ beskrywing van hoe die pad na jou toekoms lyk/verloop
                het. ŉ Verhaal kan handel oor hoe iemand op ŉ verlate pad beland
                het/hoe iemand op die regte/verkeerde pad beland het en/of wat die
                gevolge daarvan was. Hierdie onderwerp kan ook bespiegel oor die nut
                van paaie (letterlik/figuurlik) in mens se lewe. Hierdie visuele teks leen
                hom ook oor tot ŉ beredeneerde en argumenterende opstel.                      [50]

       1.7.2    Hande met die hart

                Die leerder kan die verhaal van iemand se geliefde vertel/hoe die liefde
                sy/haar lewe beïnvloed het. As beskrywende opstel kan die leerder
                verskillende soorte liefde beskryf. Indien die leerder argumenteer oor die
                liefde, kan die skryfstuk as ŉ argumenterende opstel slaag. Daar kan
                beredeneer word of daar nog plek is vir liefdesverhoudings in die
                moderne era. ŉ Bespiegelende opstel kan die goeie en slegte tye van die
                leerder se liefdesverhouding bepeins.                                         [50]

                                                                  TOTAAL AFDELING A:           50

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                        AFRIKAANS HUISTAAL V3                       (EC/SEPTEMBER 2016)

    SOORT OPSTELLE

    VERHALENDE OPSTEL

    Dit is ŉ interessante vertelling van ŉ storie/gebeurtenis(-se) (gewoonlik uit die verlede).
    Dit kan vanuit enige perspektief geskryf word.

    Hou die volgende in gedagte:
       Dit handel oor iets wat gebeur het en vertel word (ŉ storie of gebeurtenis).
       ŉ Sterk oortuigende storielyn ontwikkel logies en die verhaal oortuig.
       Dit is opreg en met entoesiasme geskryf.
       Die inhoud is boeiend en interessant, daarom is die inhoud samehangend.
       Die verhaal word uit eie ervaring geskryf, maar dit kan fiktief wees.
       Karakterisering oortuig en die agtergrond/atmosfeer is geslaagd.
       ŉ Treffende inleiding boei die leser.
       ŉ Verrassende slot rond die inhoud af.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
       geniet.
       Dit gebruik gewoonlik die verlede tyd.

    BESKRYWENDE OPSTEL

    Die skrywer beskryf iets/iemand soos hy/sy dit ervaar (dis moeilik om iets te beskryf
    wat nie eerstehands ervaar is nie) en stel die leser in staat om die onderwerp wat
    beskryf word, net so lewendig soos hy/sy te beleef.

    Hou die volgende in gedagte:
       Waarnemings met al vyf sintuie en ŉ goeie woordeskat word vereis.
       Insig, begrip, ŉ eie belewing en sinvolheid geniet aandag (dit is meer as net die
       opnoem van waarnemings).
       Tekste kan varieer van meer realisties tot ŉ verdieping in die aanbieding.
       Eie gevoelens oor dit wat beskryf word, kan gegee word.
       Plekke en gebeure word presies en akkuraat beskryf.
       Karakters moet lewensgetrou wees: innerlik en uiterlik.
       Beeldspraak, idiome en spreekwoorde word oorspronklik aangewend.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
       geniet.
       Beskrywing het atmosfeer en stemming ten doel: dit word gedoen deur die
       konnotasie en nie die denotasie van woorde nie.
       Stylfigure kan gebruik word.

     Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

(EC/SEPTEMBER 2016)                    AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         7

 BEREDENEERDE OPSTEL

 Dis objektief en probeer om ŉ gebalanseerde gesigspunt van beide kante van ŉ
 argument te gee. Die skrywer oorweeg verskeie aspekte van die onderwerp onder
 bespreking en bied teenstellende menings onpartydig aan. Die skrywer mag tot ŉ
 spesifieke gevolgtrekking aan die einde van die opstel kom, maar die argumente vir en
 teen die onderwerp moet goed gebalanseerd en duidelik ontleed wees in die
 ontwikkeling van die opstel.

 Hou die volgende in gedagte:
    Die opstel handel oor ŉ onderwerp waaroor standpunt, alreeds tydens die
    inleiding, ingeneem kan word.
    BEIDE kante van die argument moet beredeneer word.
    Die inhoud oortuig en ontwikkel logies en helder.
    Dit bevat goed gemotiveerde en ondersteunende stellings.
    ŉ Gevolgtrekking word in die slotparagraaf, wat aansluit by die inleiding, gemaak.
    Die slot gee ŉ sterk aanduiding van die skrywer se mening.
    Die leser word deur die skrywer se standpunt oortuig.
    Oorredende en emotiewe taalgebruik kom voor.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.
    Hoewel objektief, kan die skrywer ook persoonlik raak.

 BESPIEGELENDE OPSTEL

 Die skrywer oorweeg/deurdink ŉ idee/lewenswaarheid en gee sy/haar emosionele
 reaksies en gevoelens weer. Dit bespiegel oor ŉ droom of wense/moontlikhede.

 Hou die volgende in gedagte:
    Die probleem, situasie, saak, onderwerp word omskryf.
    Die onderwerp word bepeins, oordink: verskillende opsies word teen mekaar
    opgeweeg.
    Dis persoonlik van aard.
    Daar is ŉ definitiewe struktuur, maar ŉ gevolgtrekking is nie nodig nie.
    Dit hoef nie ŉ gebalanseerde bespreking te bied nie – dit kan humoristies of ernstig
    geskryf word.
    Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
    geniet.

   Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

8                                     AFRIKAANS HUISTAAL V3                  (EC/SEPTEMBER 2016)

    ARGUMENTERENDE OPSTEL

    Die skrywer het ŉ spesifieke mening en argumenteer daaroor om sy/haar standpunt te
    motiveer.

    Hou die volgende in gedagte:
       Dit is subjektief en definitiewe menings moet gestel word.
       ŉ Eie mening word op ŉ baie oorspronklike en treffende manier gegee.
       ŉ Reeks argumente om perspektief te motiveer, word gegee.
       Verdediging of aanval van ŉ saak word enduit volgehou.
       ŉ Verskeidenheid stylfigure en oorredingstegnieke kan gebruik word.
       Sterk gevoelstaal wat emosioneel is, maar nie kru taal nie, kan gebruik word.
       Daar moet ŉ duidelike en oortuigende slot wees.
       Sinstruktuur, spelling, leestekens, taalgebruik en paragrafering moet aandag
       geniet.

                                                               TOTAAL AFDELING A:          50

     Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

(EC/SEPTEMBER 2016)                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                                          9

 AFDELING B: TRANSAKSIONELE TEKSTE

 AFDELING B word volgens die rubriek uit 25 geassesseer. Slegs TWEE tekste word
 nagesien. Indien dit onduidelik is wat die finale poging is, word die eerste teks
 nagesien.

 NASIENRIGLYNE

 Dui aan die einde van die skryfstuk die kodes soos volg aan:

 Voorbeeld:
 Inhoud, beplanning en formaat:                                                    IK = 10
 Taal, styl en redigering:                                                         TG = 7
 Skryf dan die totaal van die skryfstuk aan die regterkant (onder die teks).            17

 Dra dan die punt uit 25 oor na die BEGIN van die skryfstuk (behoort by die
 beplanningsgedeelte te wees).

 VRAAG 2

 2.1 BRIEF AAN DIE PERS

       Die brief is die leerder se reaksie/standpunt oor die jaarlikse prysstyging van
       skooldrag.

       Hou die volgende in gedagte:
         Die formaat is formeel: daar moet dus twee adresse wees. Die res van die
         brief se formaat moet korrek wees soos vir formele briewe geld.
         Die inhoud is baie belangrik, so ook die styl, struktuur en doel.
         Styl: Dit behoort saaklik, formeel maar hoflik te wees. Eenvoudige, direkte taal
         is nodig.
         Struktuur: Die brief moet bestaan uit paragrawe waarin die leerder se
         standpunt (positief/negatief) oor stygende pryse van skooldrag uitgebrei word.
         Die formele register moet gebruik word, soos bv. “u” in plaas van “jy”/“jou”.
         Die afsluiting is formeel en bevat die skrywer se voorletters, van en titel, waar
         nodig, bv.

       Die uwe

       P. van Zyl
       P. van Zyl                                                                              [25]

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 10

10                                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2016)

 2.2 TYDSKRIFARTIKEL

         Lesers (tieners) van die tydskrif word gemotiveer om nie moed te verloor nie.

         Hou die volgende in gedagte:
           Persoonlike ervarings van die skrywer kom na vore. Hierdie skryfstuk behoort
           op aspekte wat dui op durf, uithouvermoë en vasberadenheid te fokus.
           Die opskrif moet aantreklik en interessant wees.
           Dis ŉ persoonlike styl wat direk tot die leser spreek.
           Voorbeelde van situasies, gebeurlikhede, insidente waar tieners na baie
           pogings suksesvol was, behoort ingesluit te word.
           Daar is geen vaste formaat vir tydskrifartikels nie: dit kan dus subopskrifte
           en/of kolomme hê.                                                                   [25]

 2.3 HULDEBLYK

         Die huldeblyk bring hulde aan ŉ skoolmaat.

         Hou die volgende in gedagte:
           Die oorledene se naam en van, adres en ouderdom, datum van afsterwe, plek
           waar die persoon oorlede is, oorsaak van dood, duur van siekte en name van
           naasbestaandes kan gegee word.
           Prestasies, hoogtepunte en gemeenskapsbetrokkenheid kan ingesluit word.
           Die fokus hier behoort te wees wat die skoolmaat vir die leerder beteken het.
           Gebeurtenisse en staaltjies/persoonlike herinneringe behoort ingesluit te wees
           en bydra om die familie te vertroos.
           Moet waarderend wees.
           Iets persoonlik, soos ŉ gedig, kan bygevoeg word.
           Taal, styl en register is formeel, opreg en uit die hart.
           Spreker kan eufemismes gebruik.                                                     [25]

 2.4 TOESPRAAK

         Die toespraak fokus op die motivering om aansoek as hoofleier te doen.

         Hou die volgende in gedagte:
           Die kandidaat besluit self oor die styl wat gebruik gaan word. Gee aandag aan:
           wanneer, waar, hoekom (doel), wie (graad 11-leerders) en wat.
           Inleiding moet belangstelling wek.
           Ontwikkel weldeurdagte idees en vermy clichés.
           Kort sinne met eenvoudige idees en bekende voorbeelde word gebruik.
           Slot moet die gehoor tot nadenke stem; is nie noodwendig ŉ samevatting van
           die toespraak nie.
           Karaktereienskappe wat die posisie vereis, kan genoem word.                         [25]

     Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

(EC/SEPTEMBER 2016)                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                                       11

 2.5 INFORMELE BRIEF

       Die briefskrywer wens die gemeenskapsleier geluk met sy sukses.

       Hou die volgende in gedagte:
          Die informele brief moet aansluit by dit wat die persoon vermag het in die
          gemeenskap; nl. dit wat sy vir die kinders beteken.
          Informele taal, register en styl is nodig.
          Die brief moet in ŉ informele geselstrant aangebied word.
          Hou die gelukwense in gedagte, want dit is die doel van die brief.
          Die brief moet ŉ inleiding, liggaam en slot bevat.
          Dit moet die skrywer se adres en datum waarop die brief geskryf is, bevat.
          Informele aanhef, soos “Beste/Liewe Tannie Elsie.
          Sluit die brief informeel af, bv. “Ek is regtig trots op jou uitnemende bydrae!”     [25]

 2.6 KOERANTBERIG

       Die koerantberig fokus op die liggaamlik gestremde matrikulant wat matriek
       besonder goed geslaag het.

       Hou die volgende in gedagte:
          Feite moet kortliks en akkuraat gegee word.
          Belangrikste feite moet gegee word sonder om leser te verloor.
          Feite moet akkuraat, sonder ŉ verdraaiing van die waarheid, wees.
          Subtitels kan gebruik word.
          Belangrikste feite word in die eerste paragraaf vermeld: wie, wat, waar,
          wanneer, waarom, hoe en in watter mate.
          Die res van die paragrawe is ŉ uitbreiding van die inleidende gegewens.              [25]

                                                                  TOTAAL AFDELING B:            50

                                                                        GROOTTOTAAL:           100

   Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 12

12                                                                          AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                   (EC/SEPTEMBER 2016)

ASSESSERINGSRUBRIEK VIR OPSTEL [50 PUNTE]
   Kriteria                               Uitsonderlik                        Knap                       Gemiddeld                     Elementêr             Onvoldoende
INHOUD &                                       28-30                          22-24                          16-18                        10-12                     4-6
BEPLANNIN                            - Uitstaande en treffende      - Goed saamgestelde            - Bevredigende respons         - Idees is                 - Idees is
G                                    respons; bo verwagting         respons                        - Idees is oortuigend en       onoorspronklik en          deurmekaar en

                  Hoë subkategorie
                                     - Intelligent, stem leser      - Idees oortuigend,            redelik samehangend.           onduidelik.                ongefokus.
(Respons op en                       tot nadenke, volwasse          interessant, toon              - Organisasie (inleiding,      - Samehang is              - Ontoepaslike
idees in teks)                       idees                          bewyse van                     liggaam en                     inkonsekwent.              respons
Organisering                         - Organisasie (inleiding,      volwassenheid.                 samevatting/slot) is redelik   - Geringe bewys van        - Vaag en
van idees                            liggaam en                     - Organisasie (inleiding,      en samehangend.                organisasie (inleiding,    herhalend
Bewus van                            samevatting/slot) is           liggaam en                                                    liggaam en                 - Ongeorgani-
doel, gehoor en                      uitsonderlik en                samevatting/slot) is baie                                     samevatting/slot) en       seerd en
konteks van                          samehangend.                   goed en samehangend.                                          samehang.                  onsamehangend
teks)                                          25-27                          19-21                          13-15                          7-9                     0-3
                                     - Uitmuntende respons,         - Goed saamgestelde            - Bevredigende respons,        - Grootliks                - Idees is
  30 PUNTE                           maar uitstaande en             respons                        maar soms is daar              ontoepaslike respons       ontoepaslik en nie
                                     treffende eienskappe           - Toepaslike en                mistastings.                   - Idees is                 geskik nie.

                  Lae subkategorie
                                     ontbreek.                      interessante idees             - Idees is redelik             onsamehangend en           - Geen respons
                                     - Volwasse en                  - Organisasie (inleiding,      samehangend en                 verwarrend.                op teks.
                                     intelligente idees             liggaam en                     oortuigend.                    - Weinig bewyse van        - Ongefokus en
                                     - Organisasie (inleiding,      samevatting/slot) is           - In ŉ mate bewus van          organisasie ( inleiding,   verwarrend
                                     liggaam en                     goed en samehangend.           organisasie (inleiding,        liggaam en
                                     samevatting/slot) is knap                                     liggaam en                     samevatting/slot) en
                                     en samehangend.                                               samevatting/slot) en           samehang
                                                                                                   samehang.
TAAL, STYL                                     14-15                          11-12                            8-9                          5-6                     0-3
&                                    - Toon, register, styl,        - Toon, register, styl,        - Toon, register, styl,        - Toon, register, styl,    - Taal is
REDIGERING                           woordeskat hoogs               woordeskat baie gepas          woordeskat                     woordeskat is nie          onverstaanbaar
                                     gepas vir doel, gehoor         vir doel, gehoor en            is gepas vir doel, gehoor      gepas vir doel, gehoor     - Toon, register,
                                     en konteks                     konteks.                       en konteks.                    en konteks nie.            styl en

                  Hoë subkategorie
                                     - Taalgebruik is               - Taalgebruik is effektief;    - Taalgebruik is gepas; dra    Taalgebruik is basies.     woordeskat is nie
                                     uitsonderlik, treffend en      toon                           betekenis oor; toon is         - Toon en taalgebruik      gepas vir doel,
Toon, register,                      met selfvertroue.              gepas, konstant; retories      gepas; retoriese middels       is ontoepaslik.            gehoor en
styl en                              - Toon pakkend; retories       effektief.                     versterk betekenis.            - Woordeskat is            konteks nie.
woordeskat is                        effektief                      - Grammatika en                - Foute in grammatika;         beperk.                    - Woordeskat is
geskik vir                           - Grammatika en                spelling is feitlik foutvry.   spelling                                                  so beperk dat dit
doel/effek en                        spelling feitlik foutvry.      - Samestelling is knap.        - Samestelling is redelik na                              moeilik is om
konteks                              - Samestelling is baie                                        goed                                                      opstel te
Woordkeuse,                          knap.                                                                                                                   verstaan.
taalgebruik en                                   13                             10                              7                            4
konvensies,                          - Toon, register, styl en      - Toon, register, styl,        - Toon, register, styl,        - Toon, register, styl,
punktuasie,                          woordeskat is uitstekend       woordeskat baie gepas          woordeskat                     woordeskat is nie
grammatika en                        en retories effektief.         vir doel, gehoor en            is gepas vir doel, gehoor      gepas vir doel, gehoor

                  Lae subkategorie
spelling                             - Taalgebruik is treffend      konteks.                       en konteks.                    en konteks nie.
                                     en met selfvertroue.           - Taalgebruik is effektief;    - Taalgebruik is gepas;        - Taalgebruik is basies
  15 PUNTE                           Toon pakkend; retories         toon                           soms inkonsekwent              - Weinig of geen
                                     effektief                      gepas; retories effektief      - Toon is gepas; beperkte      sinsverskeidenheid.
                                     - Grammatika en                - Grammatika en                gebruik van retoriese          - Woordeskat is
                                     spelling is feitlik foutvry.   spelling is feitlik foutvry.   middels.                       beperk.
                                     - Samestelling is baie         - Samestelling is knap.
                                     knap.
STRUKTUUR                                         5                              4                              3                            2                      0-1
Kenmerke van                         - Uitstaande                   - Logiese ontwikkeling         - Toepaslike idees             - Sommige geldige          - Nodige idees
teks                                 ontwikkeling van               van besonderhede               ontwikkel.                     idees.                     ontbreek.
Paragraafontwi                       onderwerp.                     - Samehangend                  - Sinne, paragrawe             - Sinne en paragrawe       - Sinne en
kkeling en                           - Uitsonderlike                - Sinne, paragrawe             ontwikkel                      het foute                  paragrawe wemel
sinskonstruksie                      besonderhede                   logies en verskillend          - Opstel verstaanbaar          - Opstel maak tog sin      van foute.
  5 PUNTE                            - Samestelling van sinne                                                                     t.s.v. baie foute.         - Opstel maak nie
                                     en paragrawe uitstaande                                                                                                 sin nie.
VERSPREIDING
VAN PUNTE                                    40–50                          30–39                           20–29                        10–19                     0–9

     Kopiereg voorbehou                                                                                                                               Blaai om asseblief

### Page 13

(EC/SEPTEMBER 2016)                                   AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                   13

   ASSESSERINGSRUBRIEK TRANSAKSIONELE TEKSTE HUISTAAL [25PUNTE]

    Kriteria            Uitsonderlik             Knap               Gemiddeld            Elementêr          Onvoldoende
INHOUD,                      13-15               10-12                 7-9                   4-6                 0-3
BEPLANNING          - Uitstaande en       - Baie goeie         - Respons            - Respons basies;    - Respons toon
& FORMAAT           treffende respons;    respons; toon ŉ      voldoende; toon      toon geringe         geen kennis van
                    bo verwagting         goeie kennis van     kennis van           kennis van           kenmerke van teks
- (Respons op       - Intelligente en     kenmerke van         kenmerke van         kenmerke van         nie.
en idees in teks)   volwasse idees        teks.                teks.                teks.                - Betekenis is
Organisering        - Grondige kennis     - Behou fokus –      - Toon tekens dat    - Behou nie fokus    onduidelik.
van idees           van kenmerke van      geen afwyking        fokus behou word;    nie; wyk af          - Geen samehang
Bewus van doel,     teks                  - Inhoud en idees    enkele afwykings     - Inhoud en idees    in idees en inhoud
gehoor en           - Skryfstuk behou     samehangend,         - Inhoud en idees    nie altyd            nie.
konteks van         fokus.                uitgebreid en        redelik              samehangend nie.     - Geen details
teks)               - Inhoud en idees     details ondersteun   samehangend          - Baie min details   ondersteun die
                    samehangend           onderwerp.           - Sommige details    ondersteun die       onderwerp.
15 PUNTE            - Idees uitgebreid    - Gepaste formaat;   ondersteun die       onderwerp.           - Formaat van teks
                    en behou fokus        geringe afwykings    onderwerp.           - Onseker van        nie toegepas nie.
                    - Gepaste en                               - Formaat            formaat van teks;
                    akkurate formaat                           oorwegend gepas,     enkele, kritiese,
                                                               maar afwykings       nalatige foute.
                                                               kom voor.
TAAL, STYL &                 9-10                   7-8                5-6                  3-4                  0-2
REDIGERING          - Toon, register,     - Toon, register,    - Toon, register,    - Toon, register,    - Toon, register,
                    styl, woordeskat,     styl, woordeskat,    styl, woordeskat,    styl, woordeskat,    styl, woordeskat,
Toon, register,     hoogs geskik vir      baie geskik vir      geskik vir doel,     pas nie altyd by     nie geskik vir doel,
styl en             doel, gehoor en       doel, gehoor en      gehoor en konteks.   doel, gehoor en      gehoor en konteks.
woordeskat is       konteks.              konteks.             - Enkele             konteks nie.         - Besaai met foute
geskik vir          -Grammatika           - Grammatika in      grammatikafoute      - Grammatika         - Betekenis
doel/effek en       akkuraat; struktuur   die algemeen         - Foute belemmer     onakkuraat met       onduidelik
konteks             baie goed.            korrek; struktuur    nie betekenis nie.   baie foute
Woordkeuse,         - Feitlik foutloos.   goed.                                     - Betekenis
taalgebruik en                            - Feitlik foutloos                        onduidelik
konvensies,
punktuasie,
grammatika en
spelling

10 PUNTE
VERSPREIDING        20–25                 15–19                10–14                5–9                  0–4
VAN PUNTE

   Kopiereg voorbehou                                                                                    Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P3 S16 QP Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-qp-afr/9e735f20-0c93-4839-aa87-46f07b783fce) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 MEMO SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-memo-sept2016/8657ec72-28f4-469c-8606-6601e803e286) — Afrikaans HL · Memo · 2016
- [Afrikaans HL P3 May June 2016 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016-memo/286a319c-256a-4fcd-b924-7c2fce54b61b) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR 12 MEMO SEPT2020](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr-12-memo-sept2020/f9a99ac3-5b21-4159-aca7-7737a23ab5b0) — Afrikaans HL · Memo · 2020 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2019 D](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2019-d/8cfb8d64-c90d-4948-8241-77d73f1d8009) — Afrikaans HL · Memo · 2019 · Afr
- [AFRHL P3 GR12 MEMO SEPT2017](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-gr12-memo-sept2017/c89bbf29-4adb-4221-8a3e-abe41449274c) — Afrikaans HL · Memo · 2017

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 SEPT 2025 Vraestel Finaal watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-sept-2025-vraestel-finaal-watermark/894b9037-3aa7-4a0d-84d9-5f59ea1ba827) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2025-watermark/f8b3d39f-6d21-4f75-8938-43658dade404) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2025 (2) watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2025-2-watermark/eec489ed-a1ac-4f53-9aa0-65544d9ee23e) — QP · 2025 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2025](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-hl-2025-nsc-november-exam-question-paper-paper-1-afrikaans/0c5bd041-fb26-4e5b-9191-459543e9448b) — QP · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-sept-2024/bf2717ca-c614-4303-b525-8ff0faa05507) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P2 QP GR12 SEPT 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p2-qp-gr12-sept-2024/f60ec554-9a7a-462d-8f43-9a0eea4cee77) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
