# Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2016 QP

> Grade 12 Afrikaans HL Paper 3 question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2016, 8 pages. Read online or download the free PDF.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-qp-afr/9e735f20-0c93-4839-aa87-46f07b783fce
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans HL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2016
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans HL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-hl) › [Afrikaans HL Grade 12 P3 Eastern Cape Mock 2016 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-qp-afr/9e735f20-0c93-4839-aa87-46f07b783fce)

## About this document

Afrikaans Hl · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2016. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2016

                  AFRIKAANS HUISTAAL V3

PUNTE:   100

TYD:     2½ uur

                             *AFRHL3*

                    Hierdie vraestel bestaan uit 6 bladsye.

### Page 2

2                                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                  (EC/SEPTEMBER 2016)

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit TWEE afdelings:

          AFDELING A: Opstel                                                     (50)
          AFDELING B: Langer Transaksionele Tekste (25 x 2)                      (50)

2.        Beantwoord EEN vraag in AFDELING A en TWEE vrae in AFDELING B.

3.        Skryf in die taal waarin jy geassesseer word.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Jy moet jou werk beplan (bv. ŉ breinkaart/diagram/vloeidiagram/kernwoorde,
          ens.), proeflees en redigeer. Die beplanning moet VOOR die finale produk
          gedoen word.

6.        Alle beplanning moet duidelik aangedui word en daarna netjies deurgehaal
          word.

7.        Jy moet jou tyd soos volg bestee:

          AFDELING A: ongeveer 80 minute
          AFDELING B: ongeveer 70 (35 x 2) minute

8.        Nommer elke skryfstuk korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

9.        Die titel/opskrif word NIE in aanmerking geneem wanneer die woorde getel
          word NIE.

10.       Skryf netjies en leesbaar.

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

(EC/SEPTEMBER 2016)                          AFRIKAANS HUISTAAL V3                                                3

 AFDELING A:            OPSTEL

 VRAAG 1

 Kies EEN van die volgende opdragte en skryf ŉ OPSTEL van 400–450 woorde

 1.1
          ŉ Selfoonoomblik wat ek vir altyd wil bewaar.                                                  [50]

 1.2
          Só lyk my Nuwejaarsvoornemens                                                                  [50]

 1.3
          Gee Afrikaanssprekende ouers hulle kinders regtig ’n voorsprong deur hulle in Engels
          te laat skoolgaan?
                                                                                                         [50]

 1.4      “’n Kamer sonder ’n boek
          is soos ’n liggaam sonder ’n siel.”                                                            [50]
                                                         ~Cicero~

 1.5
          My gunsteling geluide                                                                          [50]

 1.6
          Ma en Pa, julle maak ons gek!                                                                  [50]

   Kopiereg voorbehou                                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

4                                    AFRIKAANS HUISTAAL V3                    (EC/SEPTEMBER 2016)

1.7       Bestudeer die prikkels hieronder en skryf ŉ OPSTEL oor EEN van die volgende
          prente. Skep jou eie titel.

          1.7.1

                                                                      [Uit: GettyImages]   [50]

          1.7.2

                                                                   [Uit: www.dreamstime]   [50]

                                                              TOTAAL AFDELING A:            50

    Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

(EC/SEPTEMBER 2016)                      AFRIKAANS HUISTAAL V3                                         5

 AFDELING B:            TRANSAKSIONELE TEKSTE

 VRAAG 2

 Kies TWEE van die volgende opdragte en skryf 180–200 woorde oor elk.

 2.1      BRIEF AAN DIE PERS

          Talle ouers moet aan die begin van ŉ nuwe skooljaar hulle hande diep in hul
          sakke steek vir skooldrag wat jaar na jaar duurder word.

          Skryf ŉ FORMELE BRIEF aan die pers waarin jy as leerder op die bostaande
          stelling reageer.                                                                   [25]

 2.2      TYDSKRIFARTIKEL

          Die lewe behandel ŉ mens soms stief en laat jou moed verloor. Maar diegene
          met durf en deursettingsvermoë haal uiteindelik die paal.

          Skryf ŉ ARTIKEL vir jou skoolkoerant waarin jy tieners motiveer om nie tou op
          te gooi nie.                                                                        [25]

 2.3      HULDEBLYK

          Een van jou skoolmaats aan wie jy baie geheg was, het onlangs tragies in
          bendegeweld omgekom. Jy moet die huldeblyk oor hom/haar by die
          begrafnisdiens lewer.

          Skryf die HULDEBLYK.                                                                [25]

 2.4      TOESPRAAK

          In sommige skole word daar nie hoofleiers gekies nie, maar leerders doen
          aansoek om sulke posisies.

          As huidige hoofleier word jy gevra om die senior leerders by jou skool toe te
          spreek waarin jy hulle aanmoedig en motiveer om aansoek te doen.

          Skryf die TOESPRAAK wat jy gelewer het.                                             [25]

   Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

6                                    AFRIKAANS HUISTAAL V3                     (EC/SEPTEMBER 2016)

2.5       INFORMELE BRIEF

          Jy is baie beïndruk met die werk wat ŉ gemeenskapsleier in jou omgewing
          doen om kinders, uit veral voorheen benadeelde groepe, opgewonde te maak
          oor lees.

          Skryf ŉ INFORMELE BRIEF van gelukwense waarin jy dié persoon gelukwens
          met sy/haar sukses.                                                               [25]

2.6       KOERANTBERIG

          ŉ Liggaamlik gestremde matrikulant in jou omgewing het sy matriek, ten spyte
          van baie struikelblokke, met vlieënde vaandels geslaag.

          Skryf die KOERANTBERIG wat in die koerant verskyn het.                            [25]

                                                               TOTAAL AFDELING B:            50

                                                                     GROOTTOTAAL:           100

    Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

## Related documents

- [AFRHL P3 S16 MEMO Afr](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p3-s16-memo-afr/bd248ba7-1913-473f-bbee-f0a53bd4790f) — Afrikaans HL · Memo · 2016 · Afr
- [Afr HT P1](https://www.hlayiso.com/library/afr-ht-p1/1dd0eb5c-863e-4c01-b203-984c13b8b5b9) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [AFRHL P2 GR12 QP SEPT2016](https://www.hlayiso.com/library/afrhl-p2-gr12-qp-sept2016/736087b6-138d-43dd-8f26-f107ef5a887e) — Afrikaans HL · QP · 2016
- [Afrikaans HL P3 May June 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-may-june-2016/e6142ea4-cb8a-4b71-9341-44f4847a8b2d) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2016/a2cdc682-5344-4fe5-ba51-f1d2b0dfdb02) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Feb March 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-feb-march-2016/2f38ced4-0c76-42df-86de-e5c14d4b9568) — Afrikaans HL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans HL

- [AFRIKAANS HL P1 GR12 MEMO SEPT2025 watermark](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr12-memo-sept2025-watermark/c501289f-c0e0-40a2-986b-3ffe3b34a8f5) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS HL P1 GR 12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-gr-12-memo-sept2024/fe926efa-37db-43ba-8e99-14b4ba566efd) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-memo-sept2024/98e89642-94ce-4beb-95d7-ec1003ae5b5c) — Memo · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS HL P3 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-gr12-qp-sept2024/1ba40bb9-6fbd-4dbf-a0f7-5587c98d4f79) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P1 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p1-nov-2024/55a79721-4c8b-40e3-bc64-524821cb118f) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans HL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-hl-p3-nov-2024/c479704a-f838-42b0-bb57-dbb72d8e978f) — QP · 2024 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
