# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June 2014, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p1-hg-afrikaans-june-2014-qp/260e7cb3-0eab-4f24-a41c-d4a2b622a157
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p1-hg-afrikaans-june-2014-qp/260e7cb3-0eab-4f24-a41c-d4a2b622a157)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                        AFRIKAANS TWEEDE TAAL V1

                                  HOËR GRAAD

                                        2014

                                                                      PUNTE: 80

                                                                      TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

        3

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                    2                                    DBE/2014
                                              SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

         AFDELING A:          Leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3)
         AFDELING B:          Opsomming (VRAAG 4)
         AFDELING C:          Kommunikatiewe taalgebruik (VRAAG 5, 6 en 7)

3.       Lees die instruksies by AL die vrae.

4.       Nommer die antwoorde soos wat die vrae genommer is.

5.       Begin ELKE VRAAG (VRAAG 1–7) boaan ŉ NUWE bladsy.

6.       Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

7.       Beplan jou tyd.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                 3                                    DBE/2014
                                           SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: KOERANTARTIKEL

Lees die koerantartikel goed deur en beantwoord die vrae.

         TSHEPO 10 000-PROJEK GEE WERKLOSE
                  JONGMENSE HOOP
1   Duisende jong, werklose Pretorianers
    sal binnekort hoop op ŉ beter toekoms
    hê, glo die burgemeester van Tshwane,
    Kgosientso Ramokgopa.

2   Ramokgopa het gister Tshepo 10 000,
    ŉ multimiljoenrand-entrepreneurs-
    projek, in Tshwane bekendgestel. Die
    woord “Tshepo” beteken “hoop” in
    Sotho en hierdie projek gaan help om
    werkloosheid onder 10 000 jongmense
    tussen 21 en 35 jaar oud in Pretoria te
    verminder. Jongmense wat aansoek
    doen om deel van die projek te wees,
    moet kan bewys dat hulle in Tshwane woon en ID-dokumente het.

3   “Ons het alreeds drie probleme in die stad geïdentifiseer – armoede, werkloosheid en
    ongelykheid. Die jongmense wat aan die projek gaan deelneem, sal ons help om iets aan
    hierdie probleme te doen,” het Ramokgopa gesê. “Die idee is om jongmense se
    vaardighede te ontwikkel, om vir hulle werk te skep en om entrepreneurs van hulle te
    maak.”

4   Jason Ngobeni, die munisipale bestuurder van Tshwane, het gesê die munisipaliteit
    begroot jaarliks R1,8 miljard vir private maatskappye net om die stad te onderhou en
    skoon te hou. Dit sluit die sny van gras, regmaak van slaggate in teerpaaie en die omruil
    van straatgloeilampe in. In die toekoms gaan die jongmense wat vir Tshepo 10 000
    registreer, die private maatskappye help om die werk te doen. Volgens Ngobeni sal die
    munisipaliteit dus slim te werk gaan met die projek.

5   Sodra hierdie jongmense basiese opleiding ontvang het, sal die Tshwane-munisipaliteit
    hulle verder gebruik om te help met die teer van paaie en om elektrisiëns by te staan met
    elektrisiteitsprobleme. Die mense sal ook help om huise in die townships te bou.
    “Projekte soos Tshepo 10 000 help uiteindelik om die ekonomiese situasie in die land te
    verbeter,” het Ngobeni gesê.

6   Die jongmense sal in fases ingeneem word, want dit is onmoontlik om die hele
    10 000 tegelyk te begin oplei. Van die 10 000 sal hulle 2 500 kandidate per kwartaal
    oplei. Die jongmense sal dan volgens hul vaardighede en opleiding wat hulle gekry het, in
    die stad se verskillende departemente geplaas word om te werk.

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                   4                                          DBE/2014
                                             SSE

7      Ná drie maande sal die beste 2 000 jongmense by die Universiteit van Pretoria en die
       Tshwane-Universiteit van Tegnologie verder opgelei word. Alles sal gedoen word om te
       verseker dat al 10 000 jongmense aan die einde van die projek ŉ goeie werk het.
                                                                      [Verwerk uit: Beeld, 26 Julie 2013]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.

1.1        Wie is Kgosientso Ramokgopa?                                                               (1)

1.2        Gee TWEE redes waarom die naam van die projek so goed pas.                                 (2)

1.3        Gee die datum waarop die projek bekendgemaak is.                                           (1)

1.4        Hierdie projek is bedoel vir die hele land se jongmense.

           1.4.1     Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                              (1)

           1.4.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.4.1.                                            (1)

1.5        Watter TWEE vereistes is daar vir jongmense om aan die projek deel te
           neem.                                                                                      (2)

1.6        Noem TWEE probleme wat die Tshwane-munisipaliteit wil probeer oplos.
           (Paragraaf 3)                                                                              (2)

1.7        Op watter TWEE maniere gaan die Tshwane-munisipaliteit hierdie
           jongmense se lewenskwaliteit verbeter? (Paragraaf 3)                                       (2)

1.8        Van wie se dienste het die Tshwane-munisipaliteit tot nou toe gebruik
           gemaak? Gee TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE.                                                     (1)

1.9        Watter antwoord voltooi die onderstaande sin KORREK? Skryf net die
           vraagnommer en die letter (A–D) neer.

           Paragraaf 4: As Tshwane “slim te werk gaan met die projek” beteken dit
           dat …

           A         hulle nie meer ŉ begroting vir werkers gaan hê nie.
           B         hulle ná die projek die jongmense in diens gaan neem.
           C         die versorging en skoonhou van die stad verniet gaan wees.
           D         die projek vir opleiding gaan betaal, maar nie vir die werk nie.                 (1)

1.10       Noem EEN soort werk wat hierdie jongmense na hulle basiese opleiding sal
           help doen.                                                                                 (1)

1.11       Wat sal ŉ projek soos Tshepo 10 000 vir Suid-Afrika beteken?                               (1)

1.12       Gaan al 10 000 jongmense dieselfde tyd opgelei word? Motiveer jou
           antwoord.                                                                                  (1)

1.13       Wat sal die beste 2 000 kandidate ontvang?                                                 (1)
                                                                                                      [18]

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                      5                                          DBE/2014
                                                SSE

VRAAG 2: ADVERTENSIE

Lees die advertensie goed deur en beantwoord die vrae.

                Teken
                in op
                                                    Ontvang eerste
                                                     maand GRATIS*
                                                    15% korting daarna*
                                                    GRATIS toegang
                                                     tot Beeld.com

                                                        *Slegs per debietorder.

                                                                  intekenare.noord@
TEL.: 0861 233 531 (tolvry)       SMS “nuut” na 33401
                                                                     media24.com
INTEKENTERMYN:
Maandeliks per debietorder (Ma.–Sa.): R165,74
Maandeliks per debietorder (Ma.–Vr.): R138,11

Neem kennis van die volgende: Slegs nuwe Beeld-intekenare mag deelneem en nie
bestaande intekenare nie.  Die Beeld-intekenprys word jaarliks verhoog.  SMS’e kos
R1,50 elk.  Let wel: Die aflewering vind slegs binne Beeld se verspreidingsgebied plaas.
                                                           [Verwerk uit: Beeld, 24 Julie 2013]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.

2.1       Watter TWEE voordele kry ŉ mens as jy op Beeld inteken?                                        (2)

2.2       ŉ Mens kan op verskillende maniere vir Beeld betaal as jy daarop inteken.

          2.2.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                                (1)

          2.2.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.2.1.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                   6                                     DBE/2014
                                             SSE

2.3       Waarom, dink jy, het hierdie advertensie ŉ prentjie van ŉ koppie koffie en iets
          om te eet daarby?                                                                       (1)

2.4       Watter EEN van die maniere om met Beeld kontak te maak, gaan jou geen
          geld kos nie? Motiveer jou antwoord.                                                    (2)

2.5       Kan almal wat belangstel, inskryf om die voordele te kry? Motiveer jou
          antwoord deur EEN WOORD aan te haal.                                                    (1)

2.6       Waaruit lei jy af dat die prys van die koerant nie altyd dieselfde gaan bly nie?        (1)

2.7       Waar kan Beeld, volgens die advertensie, afgelewer word?                                (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                      7                                            DBE/2014
                                                SSE

VRAAG 3: WEERKAART

Lees die weerkaart goed deur en beantwoord die vrae.

                                                    geborg
    Die weer in                                     deur

             Gedeeltelik            Ligte              Reën                                      Wind
     Son                   Bewolk            Reën               Donderbuie    Mis     Sneeu
              bewolk                reën              met son                                   (km//h)

    Sontye                                  Wêreldtemperature
    (Johannesburg)                          Amsterdam           14/25        Londen             13/24
    Sonop: 06:27                            Athene              29/34        Los Angeles        20/33
    Son sak: 17:53                          Bangkok             36/34        New York           21/28
                                            Beijing             22/33        Parys              16/25
    Die week se weer                        Berlyn              15/22        Perth              09/18
    (Johannesburg)                          Chicago             21/30        Rome               20/28
    Môre: 08/20. Sonnig en matig            Dublin              16/21        Tokio              22/29
    Oormôre: 07/21. Sonnig en warm          Hongkong            25/29        Washington         17/27
                                            Jerusalem           15/31        Wene               16/18
                                                                  [Verwerk uit: Beeld, 26 Augustus 2013]

Kopiereg voorbehou                                                                    Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                 8                                    DBE/2014
                                           SSE

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.

3.1       Wie betaal vir hierdie weerkaart om in Beeld te verskyn?                             (1)

3.2       Watter wêreldstad gaan dieselfde temperatuur as Phalaborwa hê?                       (1)

3.3       Waar in die binneland was die maksimumtemperatuur die hoogste?                       (1)

3.4       Watter stad langs die kus van Suid-Afrika gaan in die dag die koudste wees?          (1)

3.5       Noem die DRIE weersimbole wat op die weerkaart van Suid-Afrika verskyn.              (3)
                                                                                               [7]

                                                                 TOTAAL AFDELING A: 35

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                 9                                      DBE/2014
                                           SSE

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 4

WENKE OM EFFEKTIEF TE KLA

INSTRUKSIES
    Lees eers die onderstaande artikel goed deur.
    Skryf SEWE wenke neer oor hoe om effektief te kla.
    Skryf elkeen van die wenke in jou eie, goeie volsin neer.
    Jy mag nie meer as een sin oor elke manier skryf nie.
    Skryf jou sinne puntsgewys onder mekaar van 1 tot 7 neer.
    Laat ŉ reël tussen die sinne oop.
    Jou opsomming mag nie langer as 100 woorde wees nie.
    Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
    Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 100 woorde skryf of as jy nie die getal
     woorde aandui nie.

1    Hier volg ŉ paar wenke as jy suksesvol wil wees wanneer jy oor iets gaan kla.

2    Enige transaksie vir ŉ produk of diens moet ŉ koopkontrak hê. Maar jy moet wéét wat in
     die koopkontrak staan om seker te maak of jy oor iets kan gaan kla. Jy kan nie oor
     ŉ tweedehandse motor se pap battery wil kla, as jou koopkontrak nie ŉ nuwe battery
     insluit nie.

3    Die grootste fout wat jy kan begaan, is om dokumente weg te gooi: alles van koop-
     kontrakte, fakture, kwitansies en fakse tot kopieë van e-posse. Bêre dus alle
     dokumentasie vir die dag wanneer jy ŉ rede het om te gaan kla.

4    Wanneer jy gaan kla, moet jy jou emosies beheer. Die persoon wat daagliks oor en oor
     verskillende klagtes aanhoor, sluit hom- of haarself maklik van emosionele mense af.

5    Om in die bank by verskillende mense soos ŉ ontvangsdame, ŉ teller, ŉ finansiële
     bestuurder én nog die bankbestuurder te gaan kla, gaan jou benadeel. Moenie tegelyk by
     ŉ klomp persone gaan kla nie. Jou naam kom onderaan elkeen se lysie en hulle weet dalk
     nie dat jy ook by iemand anders gaan kla het nie.

6    As ŉ junior werknemer nie jou klagte kan hanteer nie, moet jy dit nie daar laat nie. Vra om
     met ŉ senior persoon te gesels oor jou klagte as jy ongelukkig is oor die diens. Moenie
     moed verloor nie.

7    Wees versigtig as jy jou klagte op skrif stel. Moenie die hele klagte in hoofletters met
     ŉ klomp vraagtekens of uitroeptekens skryf nie. Dit skep nie ŉ goeie indruk nie. Wees
     eerder vriendelik en hoflik.

8    Tyd is vir almal kosbaar. Sorg dat jou klagte, mondeling of skriftelik, kort, eenvoudig en
     duidelik gestel word.
                                                             [Verwerk uit: Huisgenoot, 27 Junie 2013]
                                                                  TOTAAL AFDELING B: 10

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                   10                                    DBE/2014
                                             SSE

AFDELING C: KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK

VRAAG 5: WOORDGEBRUIK EN WOORDSTRUKTURE

Bestudeer die prent hieronder.

                                                               [Uit: Beeld, 26 Augustus 2013]

INSTRUKSIES

    Voltooi die volgende paragrawe soos aan die regterkant aangedui.
    Skryf net die vraagnommer 5.1–5.24 en die antwoord neer.

Marie Buckman is 5.1 (baie kwaad) want die         5.1   Gee EEN woord.
oorvol rommelhouer op die 5.2 (sypadtjie/          5.2   Kies die korrekte vorm.
sypadjie/sypaadjie) voor haar huis is ŉ seer
5.3 (hart/oog/kop). Die Buckman gesin is           5.3   Kies die korrekte woord.
5.4 (nuut) intrekkers in die woonbuurt.            5.4   Gee die korrekte vorm.

Haar seun wil 5.5 (universiteit/universityt) toe   5.5   Kies die korrekte spelling.
gaan en hulle het besluit om ŉ 5.6 (studie +       5.6   Gee EEN woord.
kamer) aan te bou. Hulle het die rommelhouer
nodig 5.7 (gehaat/gehad) om die bou-afval in       5.7   Kies die korrekte woord.
te gooi, maar die 5.8 (erg) van alles is dat       5.8   Gee die korrekte vorm.
mense hulle kosafval bo-op die bou-afval kom
gooi het.

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                  11                                      DBE/2014
                                            SSE

Die 5.9 (mense wat gaan stap) het al gevra         5.9    Gee EEN woord.
waarom Marie niks aan hierdie rommelhouer
doen wat so sleg 5.10 (reuk) nie. Hulle sê sy      5.10   Gee die korrekte vorm.
moet 5.11 (ys/eis) dat die munisipaliteit die      5.11   Kies die korrekte woord.
rommelhouer kom verwyder. Ook Marie-hulle
se 5.12 (buurman) het al gekla oor die reuk. Sy    5.12   Gee die teenoorgestelde geslag.
sê die kosafval lok baie 5.13 (vlieg) en dat dit   5.13   Gee die korrekte vorm.
5.14 (higiënies) is!                               5.14   Gee die antoniem.

Toe Marie gevra het vir die rommelhouer, was
die diens baie 5.15 (goeie). Marie het die vrou    5.15   Gee die korrekte vorm.
5.16 (wat/wie) haar gehelp het, so ŉ mooi          5.16   Kies die korrekte woord.
5.17 (komplimenteer) gegee. Die munisipale         5.17   Gee die korrekte vorm.
beamptes het vriendelik 5.18 (op/aan/vir) al die   5.18   Kies die korrekte voorsetsel.
oproepe van die publiek gereageer en hulle
was baie behulpsaam. Marie het selfs gedink
dat hierdie munisipaliteit 5.19 (goed) as ander    5.19   Gee die korrekte vorm.
munisipaliteite is, 5.20 (as gevolg van) die       5.20   Gee die afkorting.
vinnige manier 5.21 (op + wat) hulle               5.21   Gee EEN woord.
5.22 (onmiddellik) aandag gegee het aan haar       5.22   Gee die sinoniem.
versoek.

Na nog twee oproepe het sy uitgevind dat die
werkers besig is met ŉ 5.23 (staak). Daarom        5.23   Gee die korrekte vorm.
kry sy op die oomblik geen 5.24 (saam+werk)        5.24   Gee EEN woord.
van die munisipaliteit nie!

                                                                                       (24 ÷ 2) [12]

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                  12                                       DBE/2014
                                            SSE

VRAAG 6: SINSTRUKTURE

Die taalvrae wat volg, is op die inligting hieronder gebaseer.

 CHARLIZE THERON: “Die een” vir Sean Penn
                                                        Nou toe nou! Lyk dié twee nou
                                                        nie net soos ŉ doodgewone
                                                        paartjie wat op ŉ Saterdag-
                                                        oggend gaan inkopies doen
                                                        nie? Maar dié twee verliefdes
                                                        is nie doodgewone mense nie:
                                                        hulle is die room van
                                                        Hollywood se talent met drie
                                                        Oscars tussen hulle en
                                                        miljoene in die bank.
                                                             [Uit: Huisgenoot, 6 Februarie 2014]

6.1 Rangskik die volgende groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.
    Skryf die hele sin uit.

     6.1.1     Fotograwe het (in ŉ supermark) (op ŉ Saterdagoggend) (in die geheim)
               foto’s van Charlize, Sean en Jackson geneem.                                        (1)

6.2 Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui.

     6.2.1     Charlize Theron en Sean Penn moet soos enige iemand anders
               inkopies gaan doen.
               Gister …                                                                            (1)

     6.2.2     Sean het vir Jackson gesigte getrek om die kind te laat lag.
               Om die kind te laat lag …                                                           (1)

     6.2.3     Die mense het mekaar afgevra: “Gaan dié twee dalk met mekaar trou?”
               Die mense het mekaar afgevra of …                                                   (1)

     6.2.4     Jackson moet eintlik ŉ ma en ŉ pa hê.
               Jackson behoort …                                                                   (1)

     6.2.5     Een fotograaf sê dat dié twee verliefdes nie doodgewone mense is nie.
               Een fotograaf sê: “ … . ”                                                           (1)

     6.2.6     Charlize en Sean het drie Oscars gewen.
               Drie Oscars …                                                                       (1)

     6.2.7     Charlize en Sean doen baie liefdadigheidswerk.
               Baie liefdadigheidswerk …                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                  13                                      DBE/2014
                                            SSE

      6.2.8    Charlize is vir Sean net die regte meisie.
               In die toekoms …                                                                    (1)

      6.2.9    Die Suid-Afrikaners het altyd gedink Charlize sal met ŉ Amerikaner trou.
               Nee, die Suid-Afrikaners …                                                          (2)

      6.2.10   Die Suid-Afrikaners voel hulle moet in Suid-Afrika kom trou.
               Die Suid-Afrikaners voel hulle hoef nie …                                           (1)

6.3 Verbind elke keer die twee sinne en begin soos aangedui.

      6.3.1    Charlize het die tweejarige Jackson aangeneem. Sy het ŉ gemis in haar
               lewe gevoel. (omdat)
               Charlize het die tweejarige Jackson aangeneem omdat …                               (1)

      6.3.2    Sean het Jackson heeltyd in die supermark laat lag. Die kind het die
               inkopies geniet. (daarom)
               Sean het Jackson heeltyd in die supermark laat lag, daarom …                        (1)

      6.3.3    Charlize gee baie om vir mense. Sy gee aandag aan kinders sonder
               ouers.
               Aangesien Charlize …                                                                (1)

      6.3.4    Charlize het self net ŉ ma. Haar ma het haar met groot liefde
               grootgemaak.
               Charlize het self net ŉ ma wat …                                                    (1)

6.4            Verander die volgende sin in ŉ vraagsin. Die onderstreepte gedeelte is
               die antwoord.
               Charlize het besluit om haar kind die beste te gee.                                 (1)

6.5            Verander die volgende sin in ŉ bevelsin.
               Charlize se ma wil hê sy moet gelukkig wees.                                        (1)
                                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                         14                                 DBE/2014
                                                   SSE

VRAAG 7: KOMMUNIKASIE

INSTRUKSIES

         Bestudeer die prente in hierdie vraag.
         Lees die situasie by elke prent.
         Voer dan die opdrag uit.

7.1
Blady y
                                      WAARDERING UITSPREEK

                                                         [Uit: Google images]

             Situasie: Jou onderwyseres het baie geduldig vir jou iets verduidelik wat jy
                       nie verstaan het nie.

             Opdrag:    Wat sal jy sê om te wys hoeveel jy haar hulp waardeer? (Nie meer
                        as 20 woorde nie.)

             Jy:        “…”                                                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                    15                                         DBE/2014
                                              SSE

7.2                                    IEMAND GERUSSTEL

                              B

                                  Dit maak my bekommerd ...

                                                      [Uit: Afrikaans sonder grense gr. 12]

         Situasie:   ŉ Man en sy hond slaap terwyl die dief sy televisiestel steel. Jou
                     ma is bekommerd dat iemand net so maklik by julle huis sal kan
                     inbreek.

         Opdrag:     Hoe sal jy jou ma oortuig dat sy nie bekommerd moet wees nie?
                     (Nie meer as 20 woorde nie.)

         Jy:         “…“                                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V1                   16                                   DBE/2014
                                             SSE

 7.3                                 DANKIE SÊ VIR DIE KOS

                                                     [Uit: Google Images]

          Situasie:    Die gesin eet saam ontbyt. Die pa het die ontbyt voorberei en hy
                       vra sy seun of die kos lekker lyk.

                       Hoe gaan die seun sy pa mooi bedank vir die lekker bord kos?

          Opdrag:      Kies EEN van die volgende moontlikhede.

                       A      Ek is nie so baie honger nie, dankie.
                       B      Pa, ek is vanoggend sommer baie honger.
                       C      Dankie, Pa, ek is honger en die ontbyt lyk heerlik.
                       D      Ek sal nie soveel kos inskep as ek dit nie gaan eet nie.        (1)
                                                                                              [5]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:         35
                                                                       GROOTTOTAAL:           80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014-memo/9f8d1fc4-699b-4d06-ba7d-7308f6faade4) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
