# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC June 2014, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p1-sg-afrikaans-june-2014-qp/7283bdea-91e3-4b7a-bf2e-5aff1801ae0a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC June
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 1 NSC June 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p1-sg-afrikaans-june-2014-qp/7283bdea-91e3-4b7a-bf2e-5aff1801ae0a)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         AFRIKAANS TWEEDE TAAL V1

                               STANDAARDGRAAD

                                        2014

                                                                     PUNTE: 80

                                                                     TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

     3

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                   2                            DBE/2014
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Beantwoord AL die vrae.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings.

         AFDELING A: Leesbegrip (VRAAG 1, 2 en 3)
         AFDELING B: Opsomming (VRAAG 4)
         AFDELING C: Kommunikatiewe taalgebruik (VRAAG 5, 6 en 7)

3.       Lees die instruksies by AL die vrae.

4.       Nommer die antwoorde soos wat die vrae genommer is.

5.       Begin ELKE VRAAG (VRAAG 1–7) boaan ŉ NUWE bladsy.

6.       Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

7.       Beplan jou tyd.

8.       Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                 3                                   DBE/2014
                                           SSE

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1: KOERANTARTIKEL

Lees die koerantartikel goed deur en beantwoord die vrae.

       KENNETH SE
      TREINMODELLE

     Deur Jody Nel

1    Kenneth Rossouw (42) het by sy ouma in Cradock gewoon waar hy as ŉ veiligheids-
     beampte gewerk het. Ná haar dood het hy gesukkel om die huur te betaal. Die
     maandelikse elektrisiteitsrekening was ook vir hom te hoog. Sy familie het
     hom gelukkig gehelp en vir hom blyplek aangebied. Toe Kenneth na Discovery in
     Roodepoort getrek het om by sy neef, Paul Rossouw, te gaan woon, was hy
     baie hartseer.

2    Hy was werkloos en het begin dink om lokomotiewe van rommel wat hy orals opgetel
     het, te bou. Hy moes eers die lokomotiewe teken en daarna met die bouwerk begin.

3    Dit neem hom gewoonlik drie weke om ŉ lokomotief met die hand te bou. Die
     buitekant en die binnekant van die lokomotiewe lyk net soos dié van regte treine. Hy
     gebruik draadjies, plastiekpype en karton en enigiets wat hy optel. Sy lokomotiewe is
     omtrent ŉ meter lank en weeg 2 kilogram. Tot dusver het hy omtrent 80 lokomotiewe
     gebou en ook alreeds ŉ paar bestellings gekry. Die modelle word vir R3 000 en meer
     verkoop en op hierdie manier verdien hy geld.

4    Hoewel hy nie ŉ opgeleide kunstenaar is nie, het hy op skool al begin teken. Hy het
     op ŉ plaas in Parys in die Vrystaat grootgeword waar die skilder, Adriaan Boshoff,
     hulle buurman was. Kenneth het Adriaan gehelp om sy werkplek skoon te maak
     en dan het hy ure lank gestaan en kyk hoe Adriaan skilder. Só het Kenneth geleer
     hoe om te skilder. Deur sy kontak met Adriaan het Kenneth belangrike lewenslesse
     geleer.

5    Ouers in Kenneth se omgewing het nou dieselfde idee: hulle bring hulle seuns
     tydens skoolvakansies om Kenneth te help. Volgens hulle is dit ŉ geleentheid vir hulle
     kinders om by Kenneth iets waardevols te leer doen.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                   4                                       DBE/2014
                                             SSE

6      Kenneth was nog altyd lief vir treine. Sy pa en sy oom was treindrywers en hy het self
       van 1989 tot 1993 in Sasolburg vir die Spoorweë gewerk.

7      Dit is vir hom lekker om met iets waarvan hy hou, te werk. Daarom hoop Kenneth om
       eendag sy eie winkel te hê waar hy sy treinmodelle kan verkoop.

                                                               [Verwerk uit: Beeld, 10 Junie 2013]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.

1.1       Wie het hierdie koerantartikel geskryf?                                                    (1)

1.2       Waar het Kenneth gebly voordat hy Roodepoort toe getrek het?                               (1)

1.3       Waarom kan ons sê dat Kenneth                min   geld   verdien     het    as    ŉ
          veiligheidsbeampte? Gee TWEE feite.                                                        (2)

1.4       Hoe het Kenneth gevoel toe hy moes trek? Haal EEN WOORD aan.                               (1)

1.5       By wie het Kenneth ondersteuning gekry?                                                    (1)

1.6       Haal EEN WOORD aan (paragraaf 2) wat sê dat Paul nie gewerk gehad het
          nie.                                                                                       (1)

1.7       Kenneth moes eers twee dinge doen voordat hy kon begin om die lokomotiewe
          te bou. Noem die TWEE dinge.                                                               (2)

1.8       Watter ooreenkoms is daar tussen Kenneth se lokomotiewe en regte
          lokomotiewe? (Paragraaf 3)                                                                 (1)

1.9       Om watter rede weeg hierdie lokomotiewe nie meer as twee kilogram nie?
          Haal EEN SIN aan.                                                                          (1)

1.10      R3 000 is die hoogste prys wat ŉ mens vir ŉ lokomotief betaal.

          1.10.1     Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                             (1)

          1.10.2     Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE aan om jou antwoord
                     op VRAAG 1.10.1 te motiveer.                                                    (1)

1.11      Waar het Kenneth grootgeword?                                                              (1)

1.12      Hoe het Kenneth geleer om te skilder?                                                      (1)

1.13      Gee EEN WOORD uit die stuk wat wys dat Kenneth iets geleer het wat hy sy
          hele lewe sal onthou en gebruik.                                                           (1)

1.14      Met watter doel bring ouers hulle seuns gedurende die vakansies na
          Kenneth toe?                                                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                    5                                         DBE/2014
                                              SSE

1.15     Hoeveel jaar het Kenneth vir die Spoorweë gewerk?                                             (1)

1.16     Watter stelling is KORREK? Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D)
         neer.

         A           Kenneth is deur Adriaan as ŉ kunstenaar opgelei.
         B           Kenneth het by sy neef in Roodepoort gaan woon.
         C           Kenneth is die eerste in sy familie om met treine te werk.
         D           Kenneth het skilderye geteken en daarna lokomotiewe gebou.                        (1)

1.17     Wat beplan Kenneth vir die toekoms?                                                           (1)
                                                                                                       [20]

VRAAG 2: ADVERTENSIE

Lees die advertensie goed deur en beantwoord die vrae.

   Laat die beste werkgewers
   jou hier op die internet by

         Careers24 soek
    Laai jou CV op by Careers24.
  Die grootste besighede in die land
       sal jou CV hier kan kry.

        Besoek www.careers.24.com waar jy advertensies vir topposte
                kan lees en maklik aanlyn aansoek kan doen.
             Careers24 is Suid-Afrika se beste loopbaan-webtuiste vir werknemers.
              Vind selfs die Sondagkoerant, Rapport, se poste en nog meer hier.
                                [Verwerk en saamgestel uit: Rapport, 23 Julie 2013 en Google Images]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.

2.1      Voltooi die onderstaande sin met die KORREKTE antwoord. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Careers24 is ŉ besigheid wat vir mense ...

         A           oorsee werk kry.
         B           ŉ curriculum vitae opstel.
         C           nuus oor alle loopbane stuur.
         D           werkadvertensies op webtuiste plaas.                                              (1)

2.2      Watter inligting van jou het Careers24 nodig?                                                 (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                 6                                           DBE/2014
                                           SSE

2.3      Kies die korrekte antwoord tussen hakies. (Werknemers/Werkgewers) soek
         mense vir topposte in hulle besighede by Careers24.                                         (1)

2.4      ŉ Mens doen per brief vir poste by Careers24 aansoek.

         2.4.1       Is hierdie stelling WAAR OF ONWAAR?                                             (1)

         2.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1.                                           (1)

2.5      Is Careers24 die beste in die hele wêreld? Motiveer jou antwoord.                           (1)

2.6      By watter plek kan jy volgens die advertensie aansoek doen as jy ŉ joernalis
         is?                                                                                         (1)
                                                                                                     [7]

VRAAG 3: DAGBOEK-UITTREKSEL

Lees die dagboek-uittreksel van gebeure in Gauteng en die Kaap vir Maart goed deur
en beantwoord die vrae.

DAGBOEK VIR MAART: GAUTENG EN DIE KAAP
1 MAART
Muratie, een van die Kaap se oudste wynplase, hou hul jaarlikse druiwefees. Kom
saam op die wingerdtoer of kom proe wyn of geniet die heerlike kos en musiek
onder die eikebome teen pryse wat almal kan bekostig. Geen wyn word aan
persone onder agtien bedien nie. Besoek hulle webblad, www.muratie.co.za, vir
meer inligting.

7–9 MAART
Vir die Johannesburgse manne: hierdie maand vind die Mighty Men-kompetisie
plaas in ŉ saal by Eikenhof, suid van die stad. Die koste is R250 per persoon. Pa’s
kan hulle seuns bo 12 jaar saambring. Lees meer oor hierdie landswye kompetisie
by www.mmcjoburg.co.za.

15 MAART
Die Hartklop-musiekfees, is ten bate van Paul Kruger-kinderhuise. Dit vind by die
NG-Kerk, Moreleta, in Pretoria-Oos plaas. Lees meer oor wat hierdie kinderhuise
nodig het by www.krugerkinderhuise.co.za. Die publiek kan kaartjies koop by
www.itickets.co.za.
                                           [Verwerk uit: Leef met hart en siel, Maart 2014]

Jy hoef nie die vrae in volsinne te beantwoord nie. Gee slegs die antwoord.

3.1      Hoe dikwels vier die eienaars van Muratie fees?                                             (1)

3.2      Noem TWEE dinge wat ŉ mens tydens die Kaapse druiwefees kan doen.                           (2)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                7                                   DBE/2014
                                          SSE

3.3      Na watter geleentheid kan ŉ mens nie as ŉ gesin saamgaan nie?                       (1)

3.4      Vir wie is die Mighty Men-kompetisie bedoel?                                        (1)

3.5      Vind die Mighty Men-kompetisie net in Johannesburg plaas? Motiveer jou
         antwoord met EEN WOORD.                                                             (1)

3.6      Vir wie help mens as jy na die Hartklop-musiekfees toe gaan?                        (1)

3.7      Wat kan ŉ mens doen om te verseker jy kry plek by die Hartklop-musiekfees?          (1)
                                                                                             [8]

                                                                 TOTAAL AFDELING A: 35

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                  8                                       DBE/2014
                                            SSE

AFDELING B: OPSOMMING
VRAAG 4
DINGE WAT LANI UIT ERVARING GELEER HET
INSTRUKSIES
●    Lees die onderstaande artikel goed deur.
●    Skryf SEWE dinge neer wat Lani uit ervaring geleer het.
●    Skryf elkeen van die dinge wat sy geleer het in jou eie, goeie volsin neer.
●    Jy mag nie meer as een sin oor elke ding skryf nie.
●    Skryf jou sinne puntsgewys onder mekaar van 1 tot 7 neer.
●    Laat ŉ reël tussen die sinne oop.
●    Jou opsomming mag nie langer as 100 woorde wees nie.
●    Dui die getal woorde aan die einde van die opsomming aan.
●    Jy sal gepenaliseer word as jy meer as 100 woorde skryf of as jy nie die getal
     woorde aandui nie.

        DINGE WAT LANI UIT
        ERVARING GELEER HET
1   Lani de Klerk se lewe het leeg gevoel. Sy het
    navorsing gedoen en ŉ huis vir hawelose
    kinders geregistreer. Al het sy kinders van
    haar eie, het sy geleer dat ŉ mens altyd nóg
    plek in jou lewe het om hawelose kinders te
    help.
2   Sy het geweet dit sal ŉ groot uitdaging wees.
    Mettertyd het Lani geleer dat die kinders haar
    lewe baie verryk. Sy het die kinders met haar
    liefde oorlaai en in die proses het sy ook net soveel liefde terug ontvang.
3   Lani moes die kinders help met hulle algemene ontwikkeling. Hulle het nie genoeg
    woordeskat gehad om te kommunikeer nie, kon nie ŉ bal raak vang nie en was altyd
    huilerig. Sy was geskok om uit te vind hoe ver agter hierdie kinders in hulle ontwikkeling is.
4   Sy het gehoop dat die gemeenskap haar sou help met daaglikse goed soos kos, klere en
    vervoer. Sy het egter uitgevind dat min mense werklik omgee vir hawelose kinders. Dit het
    haar diep seergemaak.
5   Lani het toe ŉ organisasie, Baba Moses, begin om meer kinders te help. Die skok het haar
    toe eers getref! Sy het nooit geweet daar is soveel kinders wat traumatiese situasies ervaar
    het nie. Lani moes inspring, ŉ kursus volg en leer hoe om met sulke kinders te werk.
6   Soms was sy bekommerd oor maandelikse betalings, byvoorbeeld vir water en ligte. Maar
    Lani het gou geleer dat groot besighede altyd regstaan om te help: hulle was altyd bereid
    om haar met donasies te help.
7   Lani het ŉ groot lewensles geleer. Sy het geleer hoe gebroke kinders normale, gelukkige
    jongmense kan word wat op hulle eie bene kan staan.
                                                                 [Verwerk uit: Beeld, 23 Desember 2013]
                                                                       TOTAAL AFDELING B: 10
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                   9                                      DBE/2014
                                             SSE

AFDELING C: KOMMUNIKATIEWE TAALGEBRUIK

VRAAG 5: WOORDGEBRUIK EN WOORDSTRUKTURE
Bestudeer die prente hieronder.
 `

                                                                           [Uit: Google Images]

INSTRUKSIES

●     Voltooi die volgende paragrawe soos aan die regterkant aangedui.
●     Skryf net die vraagnommer (5.1–5.24) en die antwoord neer.

Phillip Davids (18), was verlede jaar ŉ
5.1 (matriekulant/matrikulant) aan die              5.1    Kies die korrekte spelling.
5.2 (Hoërskool/Hoêrskool) Linden. Hy het            5.2    Gee die korrekte spelling.
gister gehuil 5.3 (as/wanneer/toe) hy die finale    5.3    Kies die korrekte woord.
matriekuitslae sien.

Sy punte vir 5.4 (Fisies) Wetenskappe was           5.4    Gee die korrekte vorm.
altyd gemiddeld, maar hy het 5.5 (89) vir           5.5    Skryf die getal uit.
Wetenskap in 5.6 (hy/sy/hom) finale uitslae         5.6    Kies die korrekte woord.
gekry. Dit is nege persent 5.7 (hoog) as sy         5.7    Gee die korrekte vorm.
opstuurpunt! Hy is baie trots 5.8 (op/in) hierdie   5.8    Kies die korrekte woord.
5.9 (presteer) en weet hy verdien die klein         5.9    Gee die korrekte vorm.
5.10 (motor) wat sy ouers hom belowe het.           5.10   Gee die korrekte vorm.

Davids 5.11 (wie/wat) verlede jaar in               5.11   Kies die korrekte woord.
September reeds by die 5.12 (Univ.) van             5.12   Skryf die afkorting voluit.
Pretoria aanvaar is om medies te gaan
5.13 (studie), het sewe onderskeidings in           5.13   Gee die korrekte vorm.
matriek 5.14 (gehaal/ behaal).                      5.14   Kies die korrekte woord.

Leerlinge van dié skool het al voor agtuur
5.15 (opgewen/opgewonde) in die skoolsaal           5.15   Kies die korrekte woord.
gewag vir hulle punte. Die skool het borde vol
5.16 (toe + broodjies) op tafels uitgepak en        5.16   Gee EEN woord.
elkeen het ŉ koeldrank gekry.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                    10                                      DBE/2014
                                              SSE

Ingrid Dreyer was 5.17 (baie gelukkig) met          5.17    Gee EEN woord.
haar punte wat baie 5.18 (goed/goeie) was           5.18    Kies die korrekte woord.
terwyl Charl de Wit baie 5.19 (tevrede) was         5.19    Gee die antoniem.
met uitslae in vier vakke.

Marie is van plan om ŉ 5.20 (onderwyser) te         5.20    Gee die korrekte vorm.
word en Gerhard Steenkamp 5.21 (plan) om ŉ          5.21    Gee die korrekte vorm.
vlieënier te word. Hy reis 5.22 (binnekort/         5.22    Kies die korrekte woord.
kortliks) na Port Alfred toe om sy droom te
bewaarheid. Hy droom 5.23 (van+dit) om              5.23    Gee EEN woord.
humanitêre werk in Afrika te doen.

Die 5.24 (prinsipaal) van Linden was ook baie       5.24    Gee die sinoniem.
bly, want sy skool was een van die bestes in
Gauteng.
                                                                                          (24 ÷ 2) [12]

VRAAG 6: SINSTRUKTURE

Die taalvrae wat volg, is op die inligting hieronder gebaseer.

                                                                      NUWE VOLVO SE
                                                                   SITPLEK HET GESKEUR
                                                                   Arno Goosen het ŉ nuwe
                                                                   Volvo gekoop en hy was
                                                                   baie ongelukkig, want die
                                                                   een sitplek het geskeur.
                                                                   Hy sê dit is ŉ fabrieksfout
                                                                   en Volvo moet dit regstel.
                                                                   Volvo weier om te help!

                                              [Verwerk uit: Beeld, 8 Januarie 2014 en Google Images]

6.1      Rangskik die volgende groepe woorde tussen hakies in die korrekte volgorde.
         Skryf die hele sin uit.

         Arno Goosen (baie hartseer) (was) (gister).                                                   (1)

6.2      Skryf die volgende sinne oor en begin soos aangedui:

         6.2.1       Ek het ŉ nuwe Volvo gekoop.
                     Volgende jaar ...                                                                 (1)

         6.2.2       Arno sien dat die een sitplek geskeur het.
                     Eergister ...                                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                    11                                    DBE/2014
                                              SSE

         6.2.3       Die verkoopsman vra: “Het jy vir Volvo van die probleem vertel?”
                     Die verkoopsman vra of ...                                                    (2)

         6.2.4       Volvo moet die sitplek vervang.
                     Volvo behoort ...                                                             (1)

         6.2.5       Volvo verduidelik dat die stukkende sitplek nie hulle fout is nie.
                     Volvo verduidelik: “ ... ”                                                    (1)

         6.2.6       Arno het vanoggend gou ŉ e-posbrief aan Volvo Hatfield gestuur.
                     Vanoggend ...                                                                 (1)

         6.2.7       Volvo Hatfield het foto’s van die sitplek geneem.
                     Foto’s van die sitplek ...                                                    (1)

         6.2.8       Volvo Suid-Afrika moet die sitplek vervang.
                     Volvo Suid-Afrika hoef nie ...                                                (1)

         6.2.9       Goosen se probleem is deur Volvo opgelos.
                     Nee, ...                                                                      (1)

6.3      Verbind elke keer die twee sinne en begin soos aangedui.

         6.3.1       Arno is hartseer. Volvo is nie bereid om hom te help nie.
                     Alhoewel ...                                                                  (2)

         6.3.2       Arno is verkeerd. Volvo Hatfield is verkeerd.
                     Óf ... óf ...                                                                 (1)

         6.3.3       Arno sal dankbaar wees. Volvo aanvaar die verantwoordelikheid.
                     Arno sal dankbaar wees as ...                                                 (1)

         6.3.4       Die foto’s is verlore. Volvo Suid-Afrika kan niks daaraan doen nie.
                     Die foto’s is verlore, dus ...                                                (1)

         6.3.5       Stel ŉ vraag waarop die onderstreepte woorde ŉ antwoord is.

                     Arno is teleurgesteld, want die Volvo se sitplek het geskeur.                 (1)

6.4      Verander die volgende stelsin in ŉ bevelsin.

         Arno moet die motor terugstuur.                                                           (1)
                                                                                                   [18]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                      12                                      DBE/2014
                                                SSE

VRAAG 7: KOMMUNIKASIE

INSTRUKSIES

● Bestudeer die prente in hierdie vraag.
● Lees die situasie by elke prent.
● Voer dan die opdrag uit.

7.1                                  OM VERSKONING VRA

                                                                       [Uit: Clipart]

      Situasie:      Jy het vandag om tienuur ŉ onderhoud. Daar was ŉ ongeluk op die
                     pad en jy is ŉ uur laat vir die onderhoud.

                     Wat sal jy sê as jy by die onderhoud opdaag?

      Opdrag:        Kies EEN van die volgende moontlikhede.

                     A     Jy het geweet ek sal hier wees, al is dit laat.
                     B     Ek is bly ek het dit eindelik gemaak.
                     C     Ek is baie jammer dat ek so laat is.
                     D     Julle mag my nie penaliseer nie.                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                     13                                         DBE/2014
                                               SSE

7.2                                     BLYDSKAP TOON

                                                                   [Uit: Clipart]

      Situasie:      Jy nooi jou vriendin om saam met jou met vakansie te gaan. Sy
                     aanvaar die uitnodiging.

                     Wat sal jy vir haar sê om jou blydskap te toon?

      Opdrag:        Kies EEN van die volgende moontlikhede.

                     A     Ek is so bly. Ons moet meer saam vakansie hou.
                     B     Ek het gedink jy sal nie my uitnodiging aanvaar nie.
                     C     Ek het dit nie verwag nie. Is jy seker jy wil saamgaan?
                     D     Ek het ŉ ander vriendin ook gevra. Dink jy jy wil nog gaan?                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                 14                                           DBE/2014
                                           SSE

7.3                               REAKSIE OP ’N OPROEP

                                                 [Uit: Afrikaans sonder grense Gr. 12]

         Situasie: Dis jou eerste dag by ŉ nuwe werk. ŉ Goeie vriend/vriendin bel
                   jou, terwyl ŉ kliënt met jou wil praat.

         Opdrag:     Hoe gaan jy reageer?
                     Kies EEN van die volgende moontlikhede.

                     A        Ag, hier kom nou nóg ŉ kliënt in.
                     B        Kom hiernatoe, dan kan ons gesels.
                     C        Praat gou, hier staan ŉ kliënt voor my.
                     D        Ek bel jou vanaand, dan gesels ons lekker.                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V1                  15                                   DBE/2014
                                            SSE

7.4                                 GOEIE TAFELMANIERE

                                                                        [Uit: Clipart]

         Situasie:    Julle nuwe bure nooi julle vir aandete. Jy geniet die koolslaai
                      baie.

         Opdrag:      Hoe sal jy vra of jy nog van die slaai mag kry?
                      (Nie meer as 20 woorde nie.)

         Jy:          “ ... ”                                                                (2)
                                                                                             [5]

                                                                  TOTAAL AFDELING C: 35
                                                                      GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-may-june-2022/8bcbc36a-8ff9-4ba3-9090-8c832b8fda5f) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014-memo/9f8d1fc4-699b-4d06-ba7d-7308f6faade4) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
