# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June 2014, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p2-hg-afrikaans-june-2014-qp/7965ba3e-5e05-4123-95b2-1f45f85690c6
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p2-hg-afrikaans-june-2014-qp/7965ba3e-5e05-4123-95b2-1f45f85690c6)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                        AFRIKAANS TWEEDE TAAL V2

                                  HOËR GRAAD

                                        2014

                                                                      PUNTE: 80

                                                                      TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye.

           3

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                   2                                 DBE/2014
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       MOENIE die hele vraestel deurlees NIE.

2.       Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.       Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

         AFDELING A:          Gedigte               (40)
         AFDELING B:          Roman                 (40)
         AFDELING C:          Drama                 (40)
         AFDELING D:          Kortverhale           (40)

4.       Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
         genres wat jy voorberei het, aan.

5.       Lees dan die vrae oor hierdie TWEE genres wat jy voorberei het en kies die
         vrae wat jy wil beantwoord.

6.       Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.       Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                 3                                 DBE/2014
                                           SSE

INHOUDSOPGAWE
Kies ENIGE TWEE afdelings.
AFDELING A: GEDIGTE
Beantwoord enige TWEE gedigte.

               VRAAGNOMMER                            VRAAG           PUNTE      BLADSY
1.   Kontak                                      Kontekstuele vraag    20             4
                                            OF
2.   Woorde                                      Kontekstuele vraag    20             6
                                            OF
3.   Things that go bump in the night            Kontekstuele vraag    20             8
                                            OF
4.   Wie’s hy?                                   Kontekstuele vraag    20            10

                                            OF
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord net EEN vraag.

              VRAAGNOMMER                             VRAAG           PUNTE      BLADSY
5.   Kringe in ŉ bos                             Kontekstuele vraag     40         12
                                            OF
6.   Die ongelooflike avonture van Hanna
                                                 Kontekstuele vraag    40            15
     Hoekom

                                            OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.

              VRAAGNOMMER                             VRAAG           PUNTE      BLADSY
7.   Poppie, die drama                           Kontekstuele vraag     40         19
                                            OF
8.   Paljas                                      Kontekstuele vraag    40            23

                                            OF
AFDELING D: KORTVERHALE
Beantwoord enige TWEE kortverhale.

               VRAAGNOMMER                            VRAAG           PUNTE      BLADSY
9.   Die storie van Piet se oupa                 Kontekstuele vraag    20            26
                                            OF
10. Baby                                         Kontekstuele vraag    20            28
                                            OF
11. Die pakkie                                   Kontekstuele vraag    20            30
                                            OF
12. Op soek na Kid Khumalo                       Kontekstuele vraag    20            32

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                 4                                  DBE/2014
                                           SSE

AFDELING A: GEDIGTE

VERSJOERNAAL

Beantwoord die vrae van enige TWEE gedigte.

VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

KONTAK – Theo de Jager

1       Ek kon jou met ŉ selfoon bel
2       om te sê dat ek jou baie mis,
3       maar die kaart was gekrap, die batterye pap
4       en die boodskap het in die niet verdamp.

5       Ek het vir jou ŉ brief geskryf
6       en my hart se hoeke daarin uitgewas
7       maar my pen was krom, my vingers te dom
8       om die woorde in die koevert te pas.

9       Toe het ek maar ŉ duif gestuur
10      sonder skrif of klank, en nou wag ek,
11      hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom
12      met ŉ takkie blare in sy bek.

1.1      Wat beteken die titel van die gedig?                                            (1)

1.2      Noem die DRIE items wat die spreker wou gebruik om met sy/haar geliefde
         kontak te maak. Haal slegs DRIE woorde aan.                                     (3)

1.3      Haal EEN versreël aan vir die rede waarom die spreker met sy/haar
         geliefde wou kontak maak.                                                       (1)

1.4      Hoekom het die spreker die geliefde nie gebel nie? Gee TWEE redes.              (2)

1.5      Kies die korrekte antwoord om die onderstaande sin mee te voltooi. Skryf
         net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         “die boodskap het in die niet verdamp” (versreël 4) beteken die boodskap
         het ...

         A           teruggekom.
         B           weggeraak.
         C           uitgegaan.
         D           versprei.                                                           (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                   5                                      DBE/2014
                                             SSE

1.6      Die spreker het sy/haar brief gepos.

         1.6.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                           (1)

         1.6.2       Gee ŉ aanhaling om jou antwoord op VRAAG 1.6.1 te motiveer.                   (1)

1.7      Kies telkens ŉ verduideliking in KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A
         pas. Skryf net die vraagnommer (1.7.1–1.7.3) en die letter (A–D) neer,
         byvoorbeeld 1.7.4 E.

                         KOLOM A                                 KOL M B
          1.7.1       “kon” en “maar” (strofe 1)   A       Die spreker het ophou kontak
                                                           maak.
          1.7.2       “pen was krom” (strofe 2)
                                                   B       Die spreker wou kontak
          1.7.3       “hoop ek” (strofe 3)                 maak, maar het nie.

                                                   C       Die spreker het nie moed
                                                           opgegee om kontak te maak
                                                           nie.

                                                   D       ŉ Verskoning om nie kontak
                                                           te maak nie
                                                                                   (3 x 1)         (3)

1.8      Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Die onderstreepte letters, “sonder skrif” (versreël 10), is ŉ voorbeeld van
         (alliterasie/assonansie).                                                                 (1)

1.9      Gee TWEE APARTE WOORDE uit strofe                      3    wat   voorbeelde    van
         kommunikasie is.                                                                          (2)

1.10     Wie is die “hy” in versreël 11?                                                           (1)

1.11     Hoekom, dink jy, was dit vir die spreker moeilik om met die geliefde te
         kommunikeer?                                                                              (1)

1.12     Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (1.12.1–1.12.2) en die antwoord neer.

                     onsuksesvol;      gelukkig;       ongelukkig;     suksesvol

         Uit hierdie gedig kan ons aflei dat daar probleme tussen die twee geliefdes
         is wat die spreker (1.12.1) ... maak, maar as die duif terugkom met ŉ
         takkie blare in sy bek, sal die spreker weet dat sy poging om vrede te maak
         (1.12.2) ... was.                                                                         (2)
                                                                                                   [20]
                                             OF
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  6                                   DBE/2014
                                            SSE

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

WOORDE – Vincent Oliphant

1       my woorde het nie die krag
2       om bose magte tot ŉ val te bring nie
3       my woorde kan bloot sing

4       my woorde is nie ŉ dak
5       om onder te skuil nie
6       my woorde is swak

7       my woorde kan nie keer
8       dat ons die kromme note haal nie
9       my woorde is kaal

10      glo tog
11      my woorde het nie die byt
12      van koeëls en grofgeskut nie
13      nee
14      my woorde kan bloot bid
15      en pleit
16      en wens
17      medeburgers van die lewe
18      dat ons van grense sal vergeet
19      en bloot mense sal wees
20      en medemens

2.1      Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Die gebruik van die voornaamwoord “my” in die gedig maak die gedig ...

         A           lomp.
         B           eentonig.
         C           herhalend.
         D           persoonlik.                                                               (1)

2.2      Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Versreël 4:    “my woorde is nie ŉ dak” is ŉ voorbeeld van ŉ (vergelyking/
                        metafoor).                                                             (1)

2.3      Gee EEN woord uit die gedig wat aandui dat die spreker se woorde nie krag
         het nie.                                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                      7                                   DBE/2014
                                                SSE

2.4      Volgens die spreker is dit maklik om probleme op te los.

         2.4.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                           (1)

         2.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1 deur EEN versreël uit
                     strofe 3 aan te haal.                                                         (1)

2.5      Wat bedoel die spreker met "my woorde is kaal" in versreël 9?                             (1)

2.6      Watter woord in strofe 4 beteken dat woorde mense kan seermaak?                           (1)

2.7      Hoekom staan die woord “nee” alleen in versreël 13?                                       (1)

2.8      Noem TWEE maniere in strofe 4 waarop mense in vrede kan lewe.                             (2)

2.9      Hoe word die lesers aangespreek?                                                          (1)

2.10     Noem DRIE dinge wat die spreker se woorde in strofe 4 kan doen.                           (3)

2.11     Kies ŉ antwoord uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
         net die vraagnommer (2.11.1–2.11.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
         2.11.4 E.

                         KOLOM A                               KOLOM B
          2.11.1      “bose magte” (strofe 1)         A    positiewe gedrag

          2.11.2      “koeëls en grofgeskut”          B    verskille
                      (strofe 4)
                                                      C    oorlog
          2.11.3      “grense” (strofe 4)
                                                      D    onregverdige regering
                                                                                     (3 x 1)       (3)

2.12     Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die
         vraagnommer (2.12.1–2.12.2) en die antwoord neer.

                              verander;     respekteer;    glo;        leef

         In hierdie gedig wil die spreker hê dat ons mekaar moet (2.12.1) ... en in
         vrede moet (2.12.2) ...                                                                   (2)

2.13     Wat is die boodskap van hierdie gedig?                                                    (1)
                                                                                                   [20]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  8                                  DBE/2014
                                            SSE

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet

1       jy los my alleen
2       in ŉ huis vol geluide
3       en hoe minder ek probeer luister
4       hoe harder klink die klank
5       van ŉ onbekende voetstap
6       op die donker trap
7       bang vaak verdwaal ek laat
8       in die gange op soek
9       na slaap
10      wat om elke naghoek verdwyn
11      ek skrik
12      vir die naaldekokerstraatlig
13      deur skaars bewegende blare
14      jou jas aan die kapstok
15      is ŉ man sonder bene
16      ek is bang
17      vir die stofsuierslang
18      op die vloer van die spens
19      en tot jy terugkom
20      sleep ek my vlees
21      soos ŉ kis agter my aan

3.1     Watter woord in die gedig dui vir ons aan dat daar niemand saam met die
        spreker in die huis was nie?                                                          (1)

3.2     Kies die korrekte antwoord tussen hakies.

        Die (gehoor/gevoel)-sintuig kom in hierdie gedig die meeste na vore.                  (1)

3.3     Die spreker herken die geluid op die trap.

        3.3.1    Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                          (1)

        3.3.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur EEN versreël uit die
                 gedig aan te haal.                                                           (1)

3.4     Haal die woord aan wat daarop dui dat die spreker nie sy/haar huis in die
        donker ken nie.                                                                       (1)

3.5     Haal EEN woord uit die gedig aan waaruit ons kan aflei dat die spreker graag
        wil slaap.                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                     9                                        DBE/2014
                                               SSE

3.6     Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
        antwoord neer.

        Die herhaling van die aa-klank in “bang vaak verdwaal ek laat” (versreël 7) is ŉ
        voorbeeld van (alliterasie/assonansie).                                                        (1)

3.7     Waarmee word die straatlig vergelyk?                                                           (1)

3.8     Waaraan hang die spreker se jas?                                                               (1)

3.9     Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net die
        vraagnommer (3.9.1–3.9.2) en die antwoord neer.

                              slang;       spens;        pyp;        straat

        Die spreker skrik vir die (3.9.1) ... van die stofsuier wat in die (3.9.2) ... is.             (2)

3.10    Wanneer sal die spreker beter voel?                                                            (1)

3.11    Uit watter woord kan ons aflei dat die spreker swaar dra aan sy/haar vrees?                    (1)

3.12    Wat word in reël 20–21 met mekaar vergelyk?                                                    (2)

3.13    Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
        Skryf net die vraagnommer (3.13.1–3.13.3) en die letter (A–D) neer,
        byvoorbeeld 3.13.4 E.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
         3.13.1      “om elke naghoek”              A       Die spreker kruip daar weg.
                     (versreël 10)
                                                    B       Die kern van die spreker se
         3.13.2      “ek is bang”                           probleem.
                     (versreël 16)
                                                    C       Dit is waarheen die spreker se
         3.13.3      “ŉ kis” (versreël 21)                  slaap verdwyn.

                                                    D       Die spreker is tot die dood toe
                                                            bang.
                                                                                       (3 x 1)         (3)

3.14    Bestaan die geluide wat die spreker hoor, regtig? Motiveer jou antwoord deur
        TWEE redes te gee.                                                                             (2)
                                                                                                       [20]

                                               OF

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                   10                                     DBE/2014
                                             SSE

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

WIE’S HY? – Adam Small

1       Die poet,
2       wie’s hy?
3       Djulle het so baie bek oorie poet,
4       ma wié’s hy?
5       Is hy rêrag soes djulle dink
6       die ou moerie pen ennie ink
7       wat in sy study sit en poems dink?

8       Nai,
9       djulle’s mistaken,
10      nie hy nie
11      ma djúlle is die poets,
12      djulle wat innie straat in loep
13      ennie gladde bek verkoep
14      ma die dinge sien
15      en soema net daa God tien hulle roep!

4.1      Wat is die funksie van die vrae in strofe 1?                                              (1)
4.2      Na wie verwys die "hy" in die titel van die gedig?                                        (1)
4.3      Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Versreël 3: “Djulle het so baie bek” is ŉ voorbeeld van ŉ (metafoor/
         vergelyking).                                                                             (1)

4.4      Die tradisionele digter gebruik ŉ rekenaar om sy gedigte te skryf.

         4.4.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                           (1)

         4.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 4.4.1.                                         (1)

4.5      Voltooi die volgende sin deur die ontbrekende woord in te vul:
         Die tradisionele digter het sy/haar gedigte in ŉ ... geskryf.                             (1)

4.6      Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Volgens die spreker is die tradisionele digter iemand wat ...

         A           gedigte sit en uitdink.
         B           idees by ander mense kry.
         C           ander mense se idees steel.
         D           gedigte oor ander digters skryf.                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                     11                                        DBE/2014
                                               SSE

4.7      Skryf EEN versreël neer wat aandui dat die spreker nie saamstem met wat
         die mense sê nie.                                                                              (1)

4.8      Wie is die “hy” in versreël 10?                                                                (1)

4.9      Wie is die “djulle” in versreël 11?                                                            (1)

4.10     Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Die onderstreepte konsonante, “wat in sy study sit en poems dink?”
         (versreël 7) is ŉ voorbeeld van (alliterasie/assonansie).                                      (1)

4.11     Haal ŉ VERSREËL aan wat wys dat die “djulle” dadelik praat as iets nie reg
         is nie.                                                                                        (1)

4.12     Wie word in die laaste strofe as getuie geroep?                                                (1)

4.13     Gee EEN rede waarom die “djulle”, volgens die spreker, die eintlike
         digters is.                                                                                    (1)

4.14     Voltooi die volgende sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf net
         die vraagnommer (4.14.1–4.14.2) en die antwoord neer.

                              kla;     vrees;            glo;       twyfel

         Die gewone mense word aangesê om in hulleself te (4.14.1) ... en nie te
         (4.14.2) ... dat hulle gedigte kan skryf nie.                                                  (2)

4.15     Kies die beskrywing uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommer (4.15.1–4.15.3) en die letter (A–D) neer,
         byvoorbeeld 4.15.4 E.

                     KOLOM A                                      KOLOM B
          4.15.1 “baie bek oorie poet”               A     dink voor hulle praat
                 (versreël 3)
                                                     B     sien die lewe soos dit
          4.15.2 “gladde bek verkoep”                      werklik is
                 (versreël 13)
                                                     C     het snaakse sêgoed
          4.15.3 “die dinge sien”
                 (versreël 14)                       D     het baie opinies oor die digter
                                                                                     (3 x 1)            (3)

4.16     Waar is die “daa” in versreël 15?                                                              (1)
                                                                                                        [20]

                                                                     TOTAAL AFDELING A: 40

Kopiereg voorbehou                                                                 Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  12                                    DBE/2014
                                            SSE

AFDELING B: ROMAN

Kies die roman wat jy voorberei het.

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1        "Jy maak ŉ fout mister MacDonald, ek dink nie iemand wat vir jóú kneg was,
2        kon dit ooit vergeet nie."
3        Dit was soos die trek van ŉ streep, die einde van ŉ tydperk. Hy het
4        omgedraai en uitgestap. Agter hom het die saal in beroering gekom en hy
5        was al ŉ hele ent in die straat af voordat die orkes weer begin speel het.
6        Dit was nagdonker. Oorkant by die kaai het die lanterns by die tolhuis dof
7        geskyn; in die waterslote het die paddas skielik opgehou met klik as hy
8        nader kom en met slurpgeluide in die water plons. Die opstand wat dae lank
9        in hom gesmeul het, het witwarm in hom gebrand.
10       All woodcutters are wild and dirty. Hy het dit amper vergeet, dink hy sinies
11       en trap versigtig oor die gaterige straat ... Kyk hoe lyk die dorp.

5.1      Na die gesprek onthou Saul die frase: “All woodcutters are wild and dirty and
         so are their children."

         (5.1.1) (Jane/Kate) moes die frase (5.1.2) (baie keer/paar keer) uitskryf toe
         iemand vir haar (5.1.3) (pa/ma) vertel het dat sy by Saul in die skuur was.             (3)

5.2      Hoe oud was Saul toe hy Kate die eerste keer ontmoet het?                               (1)

5.3      Vir wie het Kate kom skoolhou toe sy teruggekom het Bos toe?                            (1)

5.4      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (5.4.1–5.4.4) en die antwoord neer.

                          klere;    Barnards;      skip;    slaapplek;
                          Pattersons;    vyf;     sewe;       branders

         “Julle (5.4.1) ... skuld my! Ek gee vir jou (5.4.2) ... en nou kom sê jy ek
         skuld jou geld ook? Ek het (5.4.3) ... sjielings op jou pa se skuld afgetrek en
         ŉ sjieling vir die tyd wat jy onder op die kaai van my gesteel het deur jou te
         staan en verkyk aan die (5.4.4) ...”                                                    (4)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  13                                  DBE/2014
                                            SSE

5.5      Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         5.5.1       Toe Saul die eerste keer op MacDonald se houtwerf was, het hy
                     gesien hoe sy pa moes (kruip/betaal).                                     (1)

         5.5.2       By dieselfde geleentheid het MacDonald vir Joram gesê sy hout
                     is vrot en derdeklas en dat hulle (waenhout/dwarslêers) moet
                     kap.                                                                      (1)

5.6      Op die vierde dag wat Saul by MacDonald gewerk het, het hy sy pa se wa
         op die werf gesien en toestemming gevra om te gaan groet.

         Wat het sy pa-hulle onder die hout probeer wegsteek?                                  (1)

5.7      MacDonald het vir Saul ŉ goeie salaris betaal.

         5.7.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                       (1)

         5.7.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.7.1 met TWEE bewyse.                     (2)

5.8      Saul het by Macdonald geleer van die skewe sirkels.

         5.8.1       Bespreek die skewe sirkel tussen die houtkappers en die Bos.              (2)

         5.8.2       Bespreek die skewe sirkel tussen die houtkappers en die
                     houtkopers.                                                               (2)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1        “Is daar iets verkeerd?”
2        “Jou pa. Hy is nie meer op die aarde nie.”
3        Die woorde het hulleself in sy kop herhaal voordat die werklikheid hom getref
4        het. Joram Barnard dood? Die Bos sonder Joram Barnard? Hy het die
5        eienaardige gevoel gekry dat een van die groot kalanders in die Bos
6        omgekap was en dat daar êrens 'n groot oopte oorbly ...
7        Hy het teen Joram Barnard se hand gerebelleer, teen sy wil geskop en
8        losgebreek en geweet dis met die krag van Joram Barnard wat in sy liggaam
9        sit dat hy dit gedoen het, dat hy vrygekom het! Uit Joram Barnard se hand
10       het hy die Bos leer ken, 'n skerm leer maak waaronder die kwaaiste
11       winterreën jou lyf nie bykom nie.

5.9      Hoe is Saul se pa, Joram Barnard, dood?                                               (1)

5.10     Wat wou Saul graag eendag vir sy pa gaan wys het?                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                   14                                      DBE/2014
                                             SSE

5.11     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Na sy pa se begrafnis het Saul na Maska toe gegaan om uit te vind ...

         A           of hy ook wou goud delf.
         B           of ŉ olifant ŉ slim dier is.
         C           waar Jozef-hulle toe gebly het.
         D           of hy Kate gesien het.                                                      (1)

5.12     Nadat Saul met Maska gepraat het, het Maska iets belangriks besef.

         Watter spesiale verhouding, het Maska besef, bestaan daar tussen Oupoot
         en Saul?                                                                                (1)

5.13     Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommer (5.13.1–5.13.5) en die letter (A–F) neer,
         byvoorbeeld 5.13.6 G.

                         KOLOM A                                  KOLOM B
          5.13.1 Die delwers het Saul so genoem          A     spioen

          5.13.2 Die ander houtkappers het Saul so       B     verraaier
                 genoem
                                                         C     Oupoot se mens-
          5.13.3 Patterson het Saul so genoem                  broer

          5.13.4 Die meisies op die dorp het Saul so     D     vriend
                 genoem
                                                         E     the handsome
          5.13.5 Maska het Saul so genoem                      English Dutchman

                                                         F     die moeilike delwer
                                                               van Meulbos
                                                                                (5 x 1)           (5)

5.14     Wat is ŉ goodfor?                                                                        (1)

5.15     “En ŉ bloubokkiekop gooi jy saam met die binnegoed weg ...”

         5.15.1      Hoekom het die bosmense die kop van die bloubokkie
                     weggegooi?                                                                   (1)

         5.15.2      Wat het Saul uitgevind toe hy die bloubokkie se kop oopgekap
                     het? Gee TWEE feite.                                                         (2)

         5.15.3      Kies die korrekte woord tussen          hakies.    Skryf   net    die
                     vraagnommer en die antwoord neer.

                     Deur die bloubokkie se kop oop te kap, het Saul gewys dat hy
                     (bygelowig/nuuskierig) was.                                                  (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  15                                    DBE/2014
                                            SSE

5.16     Mister Osbourne is deur die goewerment aangestel om paaie te bou.

         5.16.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                         (1)

         5.16.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.16.1.                                      (1)

5.17     Maar die Woensdagoggend op Abraham Steyn se werf het hy wakker
         geword en geweet watter kant toe hy op pad is.

         5.17.1      In watter dorp was Saul op daardie stadium?                                 (1)

         5.17.2      Watter tipe ambag het Saul daar geleer?                                     (1)

5.18     Saul was alreeds op die Pictor toe hy die nuus oor Oupoot gekry het.

         5.18.1      Watter nuus het Maska vir Saul gebring oor die skiet van Oupoot?            (1)

         5.18.2      Om watter rede moes Oupoot geskiet word?                                    (1)

         5.18.3      Waarvoor is Oupoot aan die einde geskiet?                                   (1)
                                                                                                 [40]

                                               OF

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1          Toe dog ek dalk moet ek vir my ma ŉ man soek. ŉ Normale man met ŉ das
 2       en ŉ aktetas. Dan hoef sy mos nie so hard te werk om twee kinders aan die
 3       lewe te hou nie. Maar elke keer as ek vir haar ŉ man gewys het wat vir my
 4       perfek lyk, ŉ prokureur of ŉ rekenmeester of so iets, het sy uitgebars van die
 5       lag.
 6          Ek het haar nogtans omgepraat om op ŉ paar blind dates te gaan. (Net vir
 7       die grap, het sy vir Tibo gesê. Net om vir Hanna stil te kry.) Elke enkele
 8       afspraak was ŉ katastrofe. My ma het geweier om ordentlik aan te trek. “Hy
 9       moet my vat soos hy my kry!” Helaas. G’n prokureur of rekenmeester het ooit
 10      enige begeerte getoon om ŉ vrou te vat wat soos ŉ besonder bont
 11      voëlverskrikker lyk nie. Een aand, toe sy saam met ŉ tandarts uit is, het sy selfs
 12      geweier om ŉ blou verfkol van haar wang af te was. Dis die aand toe ek besef
 13      het ek sal nooit ŉ tandarts as stiefpa hê nie.

6.1      Hanna het haar ma met ŉ bont voëlverskrikker (reël 10–11) vergelyk.

         Wat het Hanna se ma op haar kop gedra wat haar anders as ander ma’s laat
         lyk het?                                                                                (1)

6.2      Waarom sou Hanna graag ŉ tandarts vir ŉ pa wou hê?                                      (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  16                                   DBE/2014
                                            SSE

6.3      Beyers het vir Mana by ŉ partytjie ontmoet.

         6.3.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                        (1)

         6.3.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.3.1.                                      (1)

6.4      Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Hanna en Beyers het al twee in (musiek/boeke) belanggestel.                            (1)

6.5      Hoekom was Beyers, volgens hom, die enigste man wat Mana gehad het?
         Verwys na Mana se eerste man en Tibo se pa.                                            (2)

6.6      Waarom het Mana en Beyers so gesukkel om die regte huis te kry?                        (1)

6.7      Watter tipe werk het Beyers gedoen?                                                    (1)

6.8      Hoekom het Tibo en Amos vir Hanna so geïrriteer?                                       (1)

6.9      Kies die korrekte stelling. Skryf net die vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         A           Tibo en Amos het nooit met mekaar baklei nie.
         B           Yann het geglo dit was gesond om gaaf te wees.
         C           Hanna het Yann as ŉ sarkastiese stiefbroer beskryf.
         D           Sharon was bly sy het nie so ŉ groot gesin soos Hanna gehad nie.           (1)

6.10     Waarom wou Mana die hele familie saamvat op hulle wittebrood?                          (1)

6.11     Hoekom was die kinders nie opgewonde oor die vakansiehuis nie?                         (1)

6.12     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         ... was die enigste lid van die gesin wat betyds klaar was toe hulle met
         vakansie wou gaan.

         A           Tibo
         B           Yann
         C           Amos
         D           Hanna                                                                      (1)

6.13     Hoe het Yann dit reggekry om die mense om hom te ignoreer tydens die
         vakansie?                                                                              (1)

6.14     Wat het Hanna gedoen om die vakansie vir haarself beter te maak?                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  17                                    DBE/2014
                                            SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1          Gavin daag nie voor middagete op nie. Ook nie ná middagete nie. Teen
 2       laatmiddag toe dit begin skemer word en die reën steeds troosteloos uit die lae
 3       wolke sif, besef ek dat hy sy gesonde verstand gebruik het en die besoek
 4       afgestel het.
 5          Dis ŉ besef wat my ongelooflik verlig laat voel. Dit sou nie gewerk het nie.
 6       Twéé queens saam in ŉ huis soos hierdie sou ŉ katastrofe gewees het.
 7          Maar kort daarna hoor ons ŉ gehamer teen die voordeur. Die deur swaai
 8       oop en die volgende oomblik kruip iemand oor die drumpel. Letterlik! Hande-
 9       viervoet!
 10         “Gavin!” gil Mana. “Waar’s jou kar? Hoe’t jy hier gekom?”
 11         Hy is heeltemal bedek met modder. Van sy skoene tot sy hare. Toe hy
 12      opkyk, is net die wit van sy oë sigbaar in sy vuil gesig. Ek bly verstar op die
 13      rusbank sit terwyl hy homself oor die vloer nader sleep. Tot reg voor my voete.
 14         “Ek weet ek was nog altyd ŉ swak voorbeeld van ŉ vader,” prewel hy met ŉ
 15      stem wat melodramaties bewe. “Maar met hierdie heldedaad het ek hopelik
 16      opgemaak vir al my sondes.”

6.15     Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (6.15.1–6.15.4) en die antwoord neer.

                         hotel; klereontwerper;      gastehuis;    fliek;
                         modeskou;    sportmotor;     kombi;      model

         Gavin was ŉ (6.15.1) ... en moes die naweek voor Hanna se verjaardag in
         Kaapstad wees vir ŉ 6.15.2) ... Aangesien Mana die berghuis soos ŉ vyfster-
         (6.15.3) ... laat klink het, het Gavin haar gevra om hom te nooi. Die dag
         met Hanna se verjaardag het hy daar opgedaag vol modder, want die rooi
         (6.15.4) ... wat hy by ŉ vriend geleen het, het in die modder vasgeval.                 (4)

6.16     Twéé queens saam in ŉ huis soos hierdie sou ŉ katastrofe gewees het.
         (Reël 6)
         Gavin was die een “queen”.

         6.16.1      Wie was die ander “queen” van wie Hanna gepraat het? (Reël 6)               (1)

         6.16.2      Hoekom het Hanna die persoon in VRAAG 6.16.1 ŉ koningin
                     genoem?                                                                     (1)

6.17     Hoekom het Hanna haar pa “peroksiedpa” genoem?                                          (1)

6.18     Hoekom het Gavin gesê dat hy ŉ swak voorbeeld van ŉ pa was (reël 14)?                   (1)

6.19     Wat het Gavin vir Hanna vir haar vyftiende verjaardag gegee?                            (1)

6.20     Wat het Gavin vir Hanna gesê wat wys dat hy vir haar lief was?                          (1)

6.21     Hoekom is Mana se baba nie in ŉ hospitaal gebore nie?                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  18                                   DBE/2014
                                            SSE

6.22     Waarom kon Margot met die geboorte van Hanna se babasussie help?                       (1)

6.23     Hanna het met haar sussie se geboorte besluit dat sy haar wou beskerm.
         Waarteen wou Hanna haar sussie beskerm?                                                (1)

6.24     Watter naam wou Mana en Beyers aan hulle nuwe baba gee?                                (1)

6.25     Almal het met die helikopter Kaapstad toe gegaan.

         6.25.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                        (1)

         6.25.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.25.1.                                     (1)

6.26     Kies die karakter uit KOLOM B wat die woorde in KOLOM A gesê het. Skryf
         net die vraagnommer (6.26.1–6.26.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
         6.26.6 G.

                           KOLOM A                                 KOLOM B
          6.26.1 “Niks verkeerd daarmee as seuns met          A   Hanna
                 poppe speel nie.”
                                                              B   Margot
          6.26.2 “Wie is julle om te besluit of dit belangrik
                 is of nie? Dis ék wat dit geskryf het!       C   Yann
                 Vir my is dit belangrik.”
                                                              D   Sharon
          6.26.3 “Dis die eerste keer in jare dat ek ŉ
                 ordentlike rol kry.”                         E   Mana

          6.26.4 “Hy sal wel ŉ plan maak. Hy het genoeg       F   Fabienne
                 invloed.”

          6.26.5 “Dis nie ŉ vakansie nie. Dis ŉ
                 strafkamp! Dis soos die army!”
                                                                                   (5 x 1)      (5)

6.27     Hoekom het Hanna haar ma op haar naam genoem?                                          (1)

6.28     Hoe het Hanna haar voorkoms aan die einde van die verhaal beskryf?                     (1)

6.29     Waaruit kan ons aan die einde van die verhaal aflei dat Hanna vrede gemaak
         het met haarself en haar gesin?                                                        (1)
                                                                                                [40]

                                                                  TOTAAL AFDELING B: 40

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                 19                                  DBE/2014
                                           SSE

AFDELING C: DRAMA

Kies die drama wat jy voorberei het.

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1        OU MAN. Poppie is klaar vyftien en haar lyf is vol. (Praat direk met Mama.)
2        MAMA. Poppie ... jy moet begin dink aan trou.
3        POPPIE. Wil Mama hê ek moet ja sê vir hierdie ou manne wat kom vra vir my?
4        Ga ... ek soek nie die ou manne nie! (Aan gehoor.) Maar toe ontmoet ek nou
5        hierdie man van my met wie ek toe mee getroud is. (Stone beweeg nader na
6        Poppie.) Ek het regtig nie eers van hom gehou nie, want hy het van Herschel, in
7        die Ciskei gekom, hy het vir sy oudste boetie, Witbooi, kom kuier en nou kry hy
8        werk in die fabriek as boilerman. Ek sien hom in die fabriek, maar ek het nooit
9        met hom gepraat nie.
10       MOSIE. Stap saam met ons na bhuti Witbooi se huis toe, Poppie.
11       HOEDJIE. Sy naam is Stone, maar hulle sê sommer vir hom ou Klip.

7.1      Wat beteken Poppie se regte naam, Ntombizodumo?                                      (1)

7.2      Poppie se Ouma Hannie het net Xhosa gepraat.

         7.2.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                      (1)

         7.2.2       Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 7.2.1.                              (1)

7.3      Poppie het met Stone, ŉ ...-man getrou.

         A           Xhosa
         B           Zoeloe
         C           Tswana
         D           Ndebele                                                                  (1)

7.4      Stone en Poppie het gereeld kontak gehad.

         7.4.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                      (1)

         7.4.2       Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 7.4.1.                              (1)

7.5      Wat het Poppie se ma met die lobola-geld wat Stone betaal het, gekoop?
         Noem enige TWEE dinge.                                                               (2)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                   20                                   DBE/2014
                                             SSE

7.6      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (7.6.1–7.6.4) en die antwoord neer.

                           planke;     sement;   bakstene;     sinkplaat;
                     beddinkie;    tuintjie; tweekamerhuis;      eenkamerhuis.

         STONE: (vertel aan Poppie). Ek het ŉ erf gekry van die munisipaliteit en
         gaan saam met my bhuti vir ons ŉ (7.6.1) ... van (7.6.2) ... en (7.6.3) ... bou.
         Ek gaan ŉ (7.6.4) ... voor die huis maak waar ons pampoen en wortels en
         mielies kan plant.                                                                      (4)

7.7      Hoekom wou Mosie nie uit Lambertsbaai weggaan nie? Gee TWEE redes.                      (2)

7.8      In 1955 het Poppie uit Lambertsbaai weggegaan.

         7.8.1        Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                        (1)

         7.8.2        Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 7.8.1.                                (1)

7.9      Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Die mense het gestaak omdat hulle gevoel het die 7.9.1 (paswette/
         verblyfwette) was te streng en die 7.9.2 (vervoer/geld) te min.                         (2)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1        Poppie. Maar hoe kan ons gehardloop het, met al die kinders by ons? Ek het
2        baie dooi mense en gewondes in die strate sien lê. En Mamdungwana se oë
3        het rondgesoek na haar seuns, want sy was bang hulle is vermoor.
4        Mamdungwana se man het ons gekry. Hy het ons in sy van na Ghuguletu, na
5        Mosie se huis geneem. Toe ons ons goeters uit die van haal, sê Mosie vir my:
6        MOSIE (buk oor haar). Sisi, hoekom is die kind op jou rug so stil?
7        POPPlE. Hy slaap seker.
8        MOSIE. Ek sal jou kombers losmaak. Jou arms het nie meer krag nie.

9        Mosie maak die kind los. Poppie sit stil.

10       MOSIE. Poppie, die kind van Bonsile is dood.
11       POPPlE. Ek wil dit nie geglo het lat die kind dood is nie. Maar sy koppie het so
12       slap gelê, met die oë oop en die lippe so bietjie van mekaar af weg en soos ek
13       staan en kyk, sien ek hoe die grysheid oor hom nader kom. Vir wat, het ek
14       gedink, vir wat ...

15       Frase van “Nkosi sikelel’ iAfrika” op Hardy-boog.

7.10     Na watter dorp het mnr. Stevens vir Poppie en haar kinders gestuur?                     (1)

7.11     Wat anders, behalwe ŉ huis, wou Poppie vir haar kinders by haar nuwe
         blyplek gehad het?                                                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  21                                DBE/2014
                                            SSE

7.12     Wat was die TWEE dinge wat Poppie by haar nuwe blyplek ongelukkig
         gemaak het?                                                                         (2)

7.13     Hoekom moes Poppie damage-geld betaal? Noem TWEE feite.                             (2)

7.14     Stone het na twee jaar vir twee weke by Poppie gaan kuier.

         Hoekom sou dit die laaste keer wees dat Poppie Stone gesien het?                    (1)

7.15     JAKKIE: As dit die witmense pas, dan tel die wet nie.

         Gee TWEE redes hoe die stelling van toepassing was toe Poppie by
         Mrs Swanepoel gewerk het.                                                           (2)

7.16     Hoekom is Jakkie die eerste keer gearresteer?                                       (1)

7.17     Die kinders het hoendervere oor die dronk mense gegooi.

         7.17.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                     (1)

         7.17.2      Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 7.17.1.                            (1)

7.18     Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Bonsile se naam beteken ...

         A           magtige leier.
         B           niks is reg nie.
         C           my klonkie.
         D           iets het reggekom.                                                      (1)

7.19     Wat het Poppie se kleinkind, Vukile, se dood veroorsaak? (Reël 5)                   (2)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  22                                   DBE/2014
                                            SSE

7.20     Kies die woorde uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommer (7.20.1–7.20.5) en die letter (A–F) neer,
         byvoorbeeld 7.20.6 G.

                                KOLOM A                            KOLOM B
          7.20.1     Polisievangwa met ŉ draadnet              A   C.I.D.

          7.20.2     Goedkoop arbeiders wat in die tuislande   B   biersale
                     gewerf is
                                                               C   grensdiens
          7.20.3     Seuns van 18 jaar moes die landsgrense
                     verdedig                                  D   nylon

          7.20.4     Is opgerig om onwettige drankverkope en   E   migrants
                     sjebiens te stop
                                                               F   city-borners
          7.20.5     ŉ Organisasie van nie-uniformdraende
                     speurders
                                                                              (5 x 1)        (5)

7.21     Kies die korrekte woorde tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Poppie sê aan die einde van die drama dat daar (7.21.1) (nie vrede sal wees
         nie/vrede sal wees) en dat hulle moet (7.21.2) (aanhou baklei/gewoond raak
         aan die situasie).                                                                  (2)
                                                                                             [40]

                                                OF

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                  23                                    DBE/2014
                                            SSE

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1         Die nar en klein Willem is in die skuur bymekaar. Hulle sit op ŉ kol waar die
2         son skyn. Die nar is in gewone klere. Hy is besig om Willem met sy hoender-
3         konsert te probeer liemaak. Hy kloek en hy skrop en hy kekkel. Die kind sit
4         net strak en kyk. NAR (uiteindelik): Oukei, jy wil nie vandag lag nie. Dis oukei.
5         (Die kind kyk weg.) Wil jy vir my skryf? (Hy hou ŉ potlood na Willem toe.) Tóé,
6         skryf. (Daar begin nou trane oor Willem se wange loop, maar sy gesig bly
7         uitdrukkingloos.) Nee-nee-nee-nee-nee-nee. Nie trane nie. Die lewe is te kort
8         vir trane. Ons speel liewer. Speel is altyd beter as trane. Altyd.

8.1      Waar het klein Willem vir Manuel die eerste keer gesien?                                (1)

8.2      Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Willem en Manuel het mekaar geroep deur te …

         A           lag.
         B           fluit.
         C           sing.
         D           hoes.                                                                       (1)

8.3      Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Willem het gereeld vir Manuel kos uit die huis gevat, maar het vir sy ouers
         gesê hy voer ŉ ... in die veld.

         A           skilpad
         B           bokkie
         C           voël
         D           haas                                                                        (1)

8.4      Waarom het Willem nie vir sy ouers van Manuel vertel nie?                               (1)

8.5      Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (8.5.1–8.5.4) en die antwoord neer.

                           skuur; bose geeste; altaar; tekeninge;
                      stasiegebou; braaiplek; speelgoed; duiwelskuns

         Die polisie het in die (8.5.1) ... op allerhande (8.5.2) ... afgekom wat teen die
         muur was. Hulle het ŉ vuurmaakplek gesien wat gelyk het soos ŉ (8.5.3) ...
         van klippe en gedink die McDonalds was besig met (8.5.4) ...                            (4)

8.6      Hoekom was die polisie by die McDonalds se huis?                                        (1)
Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V2                   24                                  DBE/2014
                                             SSE

8.7      Wanneer het die gesin eers van Manuel uitgevind?                                       (1)

8.8      Manuel het Toorwater nooit weer verlaat nie.

         8.8.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                        (1)

         8.8.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.8.1.                                      (1)

8.9      Wat is die “Paljas” wat Manuel gebruik het?                                            (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1        Hy was al halfpad buite, maar hy draai om en kyk vir haar. Sy sit net na hom en
 2        staar.
 3        HENDRIK: Wat is dit, Katrina?
 4        KATRIEN: (haar gesig ŉ gepynigde vraagteken): Hoe het ons hier gekom?
 5        Hendrik gee twee versigtige treë terug in die kombuis in.
 6        HENDRIK: ...
 7        KATRIEN: Wat het dan gebeur dat als ... só geword het?
 8        KATRIEN: Ons was tog op ŉ tyd gelukkig!
 9        HENDRIK: Ons was. Ek is nóg. Partykeer. (Hy dink) Dis net: hoe meer ons
 10       wou diékant toe, hoe meer het als met ons dáárdie kant toe geneuk.
 11       Sy sit net vir die muur en kyk.

8.10     Om watter rede was die gesin aan die begin van die drama so ongelukkig?                 (1)

8.11     Hoe het hierdie ongelukkigheid die volgende persone beïnvloed?

         8.11.1        Emma                                                                      (1)

         8.11.2        Willem                                                                    (1)

8.12     Kies die woord uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf net
         die vraagnommer (8.12.1–8.12.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
         8.12.6 G.

                               KOLOM A                               KOLOM B
          8.12.1       Dit was volgens Oudokter die rede vir   A   grapmaker
                       Willem se toestand.
                                                               B   duiwelsaanbidding
          8.12.2       Dit was wat die dominee dit genoem
                       het toe mense hulle gesigte geverf      C   speelgoed
                       het.
          8.12.3       Dit was wat Hendrik die “jagters” se    D   angs
                       wapens genoem het.
                                                               E   toordery
          8.12.4       Dit was wat die dominee Manuel in
                       die kerk genoem het.                    F   sonde
          8.12.5       Die dominee het Katrien en Hendrik
                       hierteen gewaarsku.
                                                                                   (5 x 1)       (5)
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sep2014/785c2a86-0b38-49fe-89ac-e6161599d445) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
