# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June 2014, 8 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC June
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 8

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 8 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                        AFRIKAANS TWEEDE TAAL V3

                                  HOËR GRAAD

                                        2014

                                                                  PUNTE: 80

                                                                  TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 8 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                     Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3                  2                                    DBE/2014
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Maak seker dat jou vraestel
         volledig is.

2.       Maak seker dat jou eksamennommer op jou ANTWOORDEBOEK reg is.

3.       Beantwoord EEN vraag uit elk van die AFDELINGS A, B EN C.

4.       Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer.

5.       Gee spesiale aandag aan spelling, taal en sinskonstruksie.

6.       Beplan jou tyd só:

          Afdeling A          60 minute
          Afdeling B          30 minute
          Afdeling C          30 minute

7.       Ons beveel aan dat jy jou werk deurlees voordat jy dit inlewer.

8.       Dui die getal woorde aan die einde van elkeen van jou skryfstukke aan.

9.       Die wenke wat by elke skryfstuk gegee word, dien slegs as riglyne. Jy hoef dit
         nie te gebruik nie.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3                       3                                        DBE/2014
                                                 SSE

AFDELING A: LANGER SKRYFSTUKKE

VRAAG 1

       Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling oor EEN van die volgende
        onderwerpe.
       Elke vraag in hierdie afdeling tel 40 punte.
       Jou opstel moet 250–300 woorde lank wees.

1.1      ’N MENS DOEN SOMS VERKEERDE DINGE

         Eendag het jy gesien hoe iemand ŉ verkeerde ding gedoen het.

         Skryf ŉ opstel en vertel wat die persoon verkeerd gedoen het en wat daarna
         gebeur het.

         Hou die volgende in gedagte:

            Waar was jy toe dit gebeur het?
            Wat het die persoon verkeerd gedoen?
            Wat het daarna gebeur?
            Hoe het die storie geëindig?                                                              [40]

1.2      DIE VROUENS WAT KOS LANGS DIE PAD VERKOOP

                                                       Elke dag sien jy stalletjies waar vrouens
                                                       kos langs die pad verkoop.

                                                       Skryf ŉ opstel en beskryf hoe die
                                                       kosverkopers en hulle stalletjies lyk.

                                                       Hou die volgende in gedagte:

                                                        Waar is die stalletjies van die
                                                         kosverkopers?
                                                        Hoe lyk die vrouens en hulle
                                                         stalletjies?
                                                        Hoe ruik dit daar?
                                                        Wat hoor jy by die stalletjies?
                                                        Waarom koop jy kos by die
                                                         stalletjies?
                     [Uit: Verdwaal!, Peter Ranby]                                                     [40]

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3                   4                                   DBE/2014
                                             SSE

1.3    AS EK MY MATRIEKSERTIFIKAAT HET ...

       ŉ Matrieksertifikaat is baie belangrik.

       Skryf ŉ opstel waarin jy vertel watter verskil ŉ matrieksertifikaat aan jou lewe
       kan maak.

       Hou die volgende in gedagte:

       ● Watter werk doen jy?
       ● Watter verskil sal ŉ matrieksertifikaat by jou werk maak?
       ● Watter verskil sal dit aan jou lewe maak?
       ● Hoe sal jy voel?                                                                       [40]

1.4    MOET ’N MENS STEM?

       Die verkiesing is verby.

       Party mense het gestem en
       en ander het nie gaan stem
       nie.

       Skryf ŉ opstel en argumenteer
       daaroor of dit belangrik is om
       te stem of nie.

       Hou die volgende in gedagte:

       ● Wat het ŉ demokrasie tot
         nou toe vir Suid-Afrikaners                                   [Uit: Google Images]
         beteken?
       ● Is die mense tevrede met alles wat die regering tot nou toe gedoen het?
       ● Kom die politieke party wat wen, al die beloftes na?
       ● Luister die politieke partye na wat die mense sê?
       ● Is dit, of is dit nie belangrik om te gaan stem nie?                                   [40]

1.5      SUID-AFRIKA IS INTERESSANT

         Suid-Afrika is ŉ baie interessante land.

         Skryf ŉ opstel waarin jy inligting oor Suid-Afrika gee.

         Hou die volgende in gedagte:

             Die natuur
             Die verskillende soorte mense
             Die ekonomie
             Die sportsoorte                                                                   [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING A:           40
Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3                 5                                    DBE/2014
                                           SSE

AFDELING B: KORT SKRYFSTUKKE

VRAAG 2

        Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.
        Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.
        Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees.

2.1      FORMELE BRIEF

         Jy het boeke by die boekwinkel Leeshuis bestel, maar jy het die boeke nog
         nie ontvang nie.

         Skryf ŉ formele brief aan die bestuurder van Leeshuis waarin jy navraag doen
         oor die boeke wat jy bestel het. Sê waarom dit belangrik is dat jy die boeke so
         gou as moontlik moet ontvang.

         Gebruik die volgende adres:

         Die Bestuurder
         Leeshuis
         Posbus 1300
         Johannesburg
         2000

         Hou die volgende in gedagte:

            Watter boeke het jy bestel?
            Wanneer het jy die boeke bestel?
            Het jy vir die boeke betaal?
            Waarvoor het jy die boeke nodig?
            Wat hoop jy sal gebeur?                                                           [20]

2.2      VRIENDSKAPLIKE BRIEF

         Jy en jou vriende het verlede naweek by ŉ bekende persoon gaan kuier.
         Jou een vriend/vriendin kon nie saamgaan nie.

         Skryf ŉ vriendskaplike brief aan dié vriend/vriendin waarin jy vir hom/haar van
         die besoek vertel.

         Hou die volgende in gedagte:

             By wie het julle gaan kuier?
             Wie het almal saamgegaan?
             Wat het julle gedoen?
             Wat het julle geëet en gedrink?
             Waarom sal jy die besoek onthou?                                                 [20]
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3                  6                               DBE/2014
                                            SSE

 2.3     DIALOOG

         Jy het eendag in die straat op pad werk toe geloop en die volgende oomblik
         was jy tussen ŉ groot massa mense! Die mense was kwaad en wou die
         minister sê hoe hulle voel. Skielik het jy nie meer veilig gevoel nie.

         Skryf in dialoogvorm die gesprek tussen jou en jou vriend/vriendin neer
         waarin jy hom/haar vertel wat daarna gebeur het.

         Laat elke spreker ten minste vyf keer praat en laat ŉ reël tussen elke
         spreekbeurt oop.

         Begin jou dialoog só:

         Jy:            Goeiemôre, Jo!

         Jo:            Goeiemôre. Hoekom lyk jy só?

         Jy:            Sjoe! Ek was nou baie bang ...

         Hou die volgende in gedagte:

              Waar was jy toe jy tussen dié mense beland het?
              Wie was die mense en waaroor was hulle ongelukkig?
              Wat het gebeur?
              Wat het die polisie gedoen?
              Hoe het jy veilig uit die situasie gekom?                                   [20]

                                                               TOTAAL AFDELING B: 20

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3                   7                                        DBE/2014
                                             SSE

AFDELING C: ANDER KORT SKRYFSTUKKE

VRAAG 3

        Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.
        Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.
        Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees.

3.1      FORMELE UITNODIGING

         Die besigheid waarvoor jy werk, word volgende maand tien jaar oud. Die
         bestuurder wil belangrike klante uitnooi na ŉ formele ete. Hy wil hulle bedank
         vir hulle lojale ondersteuning. Jy is verantwoordelik vir die uitnodigings na die
         formele ete in die stadsaal.

         Skryf ŉ uitnodiging aan mnr. Baloyi, een van julle belangrike klante, om hom
         na die formele ete uit te nooi om julle besigheid se tienjarige bestaan te vier.

         Hou die volgende in gedagte:

            Van wie af kom die uitnodiging?
            Wie word genooi?
            Waar, wanneer en hoe laat gaan die formele ete plaasvind?
            Wat moet die mense aantrek?
            Hoe en wanneer moet hy op die uitnodiging antwoord?
            Gee ŉ paar feite oor julle besigheid wat tot die uitnodiging gelei het.               [20]

3.2      ADVERTENSIE

         Jy en jou vriende het ŉ motorwassery en julle wil hê meer mense moet hulle
         motors daar kom was.

         Ontwerp ŉ advertensie om julle motorwassery te adverteer.

         Hou die volgende in gedagte:

            Wat is die naam van die motorwassery?
            Waar is dit?
            Watter soort dienste bied julle by die motorwassery aan?
            Is daar spesiale pryse?
            Wie is almal welkom by die motorwassery?
            Wat is julle kontakbesonderhede?

         LET WEL: Daar word nie punte vir versiering gegee nie.                                    [20]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/HG/V3                 8                                    DBE/2014
                                           SSE

3.3      HULDEBLYK

         ŉ Belangrike persoon in julle gemeenskap is oorlede. Jy is gevra om ŉ
         huldeblyk vir die koerant te skryf.

         Skryf ŉ huldeblyk oor die oorledene.

         Hou die volgende in gedagte:

            Watter persoonlike inligting het jy oor die oorledene?
            Hoe en waar is die persoon oorlede?
            Wie is die gesinslede wat agtergebly het?
            Watter hoogtepunte/prestasies was daar in sy/haar opleiding en lewe?
            Wat het hy/sy vir die gemeenskap gedoen?
            Van watter insidente in sy/haar lewe kan jy vertel?
            Watter inligting het jy oor die begrafnis?                                     [20]

                                                               TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                   GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AfrIkaans FAL P3 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
