# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 2 question paper from the NSC June 2014, 33 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC June
- Paper: 2
- Curriculum: CAPS
- Pages: 33

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 2 NSC June 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 33 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                        AFRIKAANS TWEEDE TAAL V2

                              STANDAARDGRAAD

                                        2014

                                                                      PUNTE: 80

                                                                      TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 33 bladsye.

            3

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   2                                 DBE/2014
                                             SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

1.       MOENIE die hele vraestel deurlees NIE.

2.       Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

3.       Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

         AFDELING A:          Gedigte               (40)
         AFDELING B:          Roman                 (40)
         AFDELING C:          Drama                 (40)
         AFDELING D:          Kortverhale           (40)

4.       Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die TWEE
         genres wat jy voorberei het, aan.

5.       Lees dan die vrae oor hierdie TWEE genres wat jy voorberei het en kies die
         vrae wat jy wil beantwoord.

6.       Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

7.       Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
         vraestel gebruik is.

8.       Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

9.       Voorgestelde tydsindeling: ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                  3                                 DBE/2014
                                            SSE

INHOUDSOPGAWE

Kies ENIGE TWEE afdelings.

AFDELING A: GEDIGTE

Beantwoord enige TWEE gedigte.

               VRAAGNOMMER                              VRAAG           PUNTE      BLADSY
1.    Kontak                                      Kontekstuele vraag      20            4
                                             OF
2.    Woorde                                      Kontekstuele vraag      20            6
                                             OF
3.    Things that go bump in the night            Kontekstuele vraag      20            8
                                             OF
4.    Wie’s hy?                                   Kontekstuele vraag      20           10
                                             OF
AFDELING B: ROMAN
Beantwoord net EEN vraag.

               VRAAGNOMMER                              VRAAG           PUNTE      BLADSY
5.    Kringe in ŉ bos                              Kontekstuele vraag     40         12
                                             OF
6.    Die ongelooflike avonture van Hanna
                                                   Kontekstuele vraag     40           16
      Hoekom
                                             OF
AFDELING C: DRAMA
Beantwoord net EEN vraag.

              VRAAGNOMMER                               VRAAG           PUNTE      BLADSY
7.    Poppie, die drama                            Kontekstuele vraag     40         19
                                             OF
8.    Paljas                                       Kontekstuele vraag     40           22
                                             OF
AFDELING D: KORTVERHALE
Beantwoord enige TWEE kortverhale.

               VRAAGNOMMER                              VRAAG           PUNTE      BLADSY
9.    Die storie van Piet se oupa                 Kontekstuele vraag      20           26
                                             OF
10.   Baby                                        Kontekstuele vraag      20           28
                                             OF
11.   Die pakkie                                  Kontekstuele vraag      20           30
                                             OF
12.   Op soek na Kid Khumalo                      Kontekstuele vraag      20           32

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   4                                      DBE/2014
                                             SSE

AFDELING A: GEDIGTE

VERSJOERNAAL

Beantwoord die vrae van enige TWEE gedigte.

VRAAG 1: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

KONTAK – Theo de Jager

1       Ek kon jou met ŉ selfoon bel
2       om te sê dat ek jou baie mis,
3       maar die kaart was gekrap, die batterye pap
4       en die boodskap het in die niet verdamp.

5       Ek het vir jou ŉ brief geskryf
6       en my hart se hoeke daarin uitgewas
7       maar my pen was krom, my vingers te dom
8       om die woorde in die koevert te pas.

9       Toe het ek maar ŉ duif gestuur
10      sonder skrif of klank, en nou wag ek,
11      hoop ek en bid ek dat hy terug sal kom
12      met ŉ takkie blare in sy bek.

1.1      Wat wou die spreker in strofe 1 gebruik om met sy/haar geliefde te
         kommunikeer?                                                                             (1)

1.2      Die spreker het na sy/haar geliefde verlang.

         1.2.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                          (1)

         1.2.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.2.1. Haal EEN versreël as
                     antwoord aan.                                                                (1)

1.3      Watter probleem het die spreker met die simkaart gehad?                                  (1)

1.4      Haal EEN woord aan wat aandui dat die boodskap verdwyn het.                              (1)

1.5      Watter woord uit strofe 2 dui daarop dat die spreker sy/haar hart in ŉ brief
         leeggemaak het?                                                                          (1)

1.6      Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (1.6.1–1.6.2) en die antwoord neer.

                              gepos;     geskryf;     getik;    gefaks

         In strofe 2 het die spreker ŉ brief (1.6.1) ..., maar het nie die brief (1.6.2) ...
         nie.                                                                                     (2)
Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                    5                                     DBE/2014
                                              SSE

1.7      Hoekom kon die spreker nie sy/haar pen gebruik nie?                                      (1)

1.8      Wat kon die spreker se vingers nie doen nie?                                             (1)

1.9      Het die spreker se geliefde in strofe 3 met hom/haar kontak gemaak?
         Motiveer jou antwoord met DRIE opeenvolgende woorde uit die gedig.                       (2)

1.10     Voltooi die sin met EEN woord.

         Die duif in die gedig is ŉ teken van ...                                                 (1)

1.11     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Versreël 10: “sonder skrif” is ŉ voorbeeld van ...

         A           metafoor.
         B           alliterasie.
         C           assonansie.
         D           vergelyking.                                                                 (1)

1.12     Kies die antwoord uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf
         net die vraagnommer (1.12.1–1.12.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
         1.12.4 E.

                           KOLOM A                                KOLOM B
          1.12.1      “met ŉ takkie blare in sy bek”   A      ŉ baie ou manier van
                      (versreël 12)                           kommunikasie

          1.12.2      “hoop ek en bid ek”              B      dit is al wat die spreker
                      (versreël 11)                           nou kan doen

          1.12.3      “Toe het ek maar ŉ duif          C      dit sal ŉ positiewe
                      gestuur” (versreël 9)                   antwoord vir die spreker
                                                              wees

                                                       D      ŉ moderne manier van
                                                              kommunikasie
                                                                                 (3 x 1)          (3)
1.13     Gee TWEE redes hoekom die spreker so gesukkel het om met die geliefde
         kontak te maak.                                                                          (2)
1.14     Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.
         Met die skryf van die gedig het die spreker tog aan die einde op ŉ
         (letterlike/simboliese) manier met sy/haar geliefde kontak gemaak.                       (1)
                                                                                                  [20]
                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   6                                   DBE/2014
                                             SSE

VRAAG 2: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

WOORDE – Vincent Oliphant

1       my woorde het nie die krag
2       om bose magte tot ŉ val te bring nie
3       my woorde kan bloot sing

4       my woorde is nie ŉ dak
5       om onder te skuil nie
6       my woorde is swak

7       my woorde kan nie keer
8       dat ons die kromme note haal nie
9       my woorde is kaal

10      glo tog
11      my woorde het nie die byt
12      van koeëls en grofgeskut nie
13      nee
14      my woorde kan bloot bid
15      en pleit
16      en wens
17      medeburgers van die lewe
18      dat ons van grense sal vergeet
19      en bloot mense sal wees
20      en medemens

2.1      Wat kan die spreker se woorde in strofe 1 nie doen nie?                                (1)

2.2      Waarna verwys die spreker as hy/sy praat van “bose magte” (versreël 2)?                (1)

2.3      Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Versreël 4: “my woorde is nie ŉ dak” is ŉ ...

         A            metafoor.
         B            alliterasie.
         C            assonansie.
         D            vergelyking.                                                              (1)

2.4      In strofe 2 het die spreker gevoel sy/haar woorde het nie krag nie.

         2.4.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                        (1)

         2.4.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 2.4.1. Haal EEN versreël uit
                     strofe 2 aan.                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   7                                    DBE/2014
                                             SSE

2.5      Verduidelik in jou eie woorde wat die spreker bedoel met die woorde “dat ons
         die kromme note haal nie”. (Versreël 8)                                                 (1)

2.6      Voltooi die onderstaande sin. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
         net die vraagnommer (2.6.1–2.6.2) en die antwoord neer.

                              beskerm;    seermaak;       belowe;    glo

         In strofe 4 is die spreker se wens dat die mense hom/haar tog moet (2.6.1) ...
         dat sy/haar woorde nie kan (2.6.2) ... soos koeëls en grofgeskut nie.                   (2)

2.7      Noem TWEE dinge wat die spreker se woorde in strofe 4 kan doen.                         (2)

2.8      Haal EEN woord aan wat verwys na al die mense rondom jou.                               (1)

2.9      Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Die spreker wil in strofe 4 hê dat ons mekaar (met respek moet
         behandel/moet ignoreer).                                                                (1)

2.10     Haal die TWEE versreëls aan waarin die spreker sê dat ons as mense
         gelyk is.                                                                               (2)

2.11     "dat ons van grense sal vergeet" (Reël 18)

         2.11.1      Wie is die "ons" na wie hier verwys word?                                   (1)

         2.11.2      Wat sal die resultaat volgens die gedig wees as die “ons” van grense
                     vergeet?                                                                    (1)

2.12     Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommer (2.12.1–2.12.3) en die letter (A–D) neer,
         byvoorbeeld 2.12.4 E.

                       KOLOM A                                    KOLOM B
          2.12.1 “my woorde kan bloot sing”           A    Die spreker se woorde gee
                 (versreël 3)                              hoop.

          2.12.2 “my woorde is kaal”                  B    Die spreker se woorde kan
                 (versreël 9)                              jou laat val.

          2.12.3 “my woorde kan bloot bid”            C    Die spreker se woorde kan
                 (versreël 14)                             tot iets positief lei.

                                                      D    Die spreker se woorde is
                                                           opreg.
                                                                                   (3 x 1)       (3)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   8                                  DBE/2014
                                             SSE

2.13     Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Die spreker in hierdie gedig is ŉ (ek-spreker/derdepersoonspreker).                   (1)
                                                                                                [20]

                                             OF

VRAAG 3: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

THINGS THAT GO BUMP IN THE NIGHT – Rosa Keet

1       jy los my alleen
2       in ŉ huis vol geluide
3       en hoe minder ek probeer luister
4       hoe harder klink die klank
5       van ŉ onbekende voetstap
6       op die donker trap
7       bang vaak verdwaal ek laat
8       in die gange op soek
9       na slaap
10      wat om elke naghoek verdwyn
11      ek skrik
12      vir die naaldekokerstraatlig
13      deur skaars bewegende blare
14      jou jas aan die kapstok
15      is ŉ man sonder bene
16      ek is bang
17      vir die stofsuierslang
18      op die vloer van die spens
19      en tot jy terugkom
20      sleep ek my vlees
21      soos ŉ kis agter my aan

3.1      Hoekom is die spreker ongelukkig met die “jy”?                                        (1)

3.2      Haal TWEE opeenvolgende woorde aan wat daarop dui dat die spreker meer
         as een geluid hoor.                                                                   (1)

3.3      Die geluide word sagter.

         3.3.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                       (1)

         3.3.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 3.3.1 deur ŉ reël aan te haal.             (1)

3.4      Waar hoor die spreker die voetstap?                                                   (1)

3.5      Waar soek die spreker na slaap?                                                       (1)
Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   9                                   DBE/2014
                                             SSE

3.6      Kies die korrekte woorde tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Die vrees veroorsaak dat die spreker (nie kan slaap nie/kan slaap).                    (1)
3.7      Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (3.7.1–3.7.2) en die antwoord neer.

                              wegkruip;    skrik;   slaap;    verdwaal

         Die spreker (3.7.1) ... in sy/haar eie huis omdat die ligte in die huis af is.
         Wanneer die spreker by die venster uitkyk, (3.7.2) ... die spreker wanneer
         hy/sy die lig in die straat sien.                                                      (2)
3.8      Hoekom skrik die spreker wanneer hy/sy die jas sien?                                   (1)
3.9      Hoekom is die spreker bang vir die stofsuierslang?                                     (2)
3.10     Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Die herhaling van die ee-klank in “sleep ek my vlees” (versreël 20) word ...
         genoem.
         A           metafoor
         B           alliterasie
         C           assonansie
         D           vergelyking                                                                (1)
3.11     Gee EEN versreël wat aandui dat die spreker se vrees hom/haar aan die dood
         laat dink.                                                                             (1)
3.12     Hoekom beweeg die blare nie?                                                           (1)
3.13     Waarmee vergelyk die spreker die straatlig?                                            (1)
3.14     Kies die woord uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas. Skryf net
         die vraagnommer (3.14.1–3.14.3) en die letter (A–D) neer, byvoorbeeld
         3.14.4 E.

                               KOLOM A                              KOLOM B
          3.14.1     Die huis voel vreemd vir die spreker.     A   onbekend

          3.14.2     Die voetstappe maak die spreker bang.     B   verdwaal

          3.14.3     Die spreker dra swaar aan sy/haar         C   verdwyn
                     vrees.
                                                               D   sleep
                                                                                   (3 x 1)      (3)

3.15     Wanneer sal die spreker eers rustig kan raak?                                          (1)
                                                                                                [20]
                                             OF

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                    10                              DBE/2014
                                              SSE

VRAAG 4: KONTEKSTUELE VRAAG

Lees die gedig hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

WIE’S HY? – Adam Small

1       Die poet,
2       wie’s hy?
3       Djulle het so baie bek oorie poet,
4       ma wié’s hy?
5       Is hy rêrag soes djulle dink
6       die ou moerie pen ennie ink
7       wat in sy study sit en poems dink?

8       Nai,
9       djulle’s mistaken,
10      nie hy nie
11      ma djúlle is die poets,
12      djulle wat innie straat in loep
13      ennie gladde bek verkoep
14      ma die dinge sien
15      en soema net daa God tien hulle roep!

4.1      Wie is die “hy” in versreël 2?                                                      (1)

4.2      Wie is die “djulle” in die gedig?                                                   (1)

4.3      Die “djulle” het baie te sê oor die digter.

         4.3.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                     (1)

         4.3.2       Haal EEN versreël uit strofe 1 aan.                                     (1)

4.4      Waar sit tradisionele digters as hulle gedigte skryf?                               (1)

4.5      Wat gebruik die digter wanneer hy/sy gedigte wil skryf? Gee TWEE aparte
         woorde.                                                                             (2)

4.6      Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
         vraagnommer en die letter (A–D) neer.

         Die herhaling van die s-klank in “wat in sy study sit” (versreël 7) word ...
         genoem.

         A            metafoor
         B            alliterasie
         C            assonansie
         D            vergelyking                                                            (1)

4.7      Wat wil die digter met die woord “Nai” (versreël 8) sê?                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                     11                                   DBE/2014
                                               SSE

4.8      Wie is die digters volgens die “hy”?                                                    (1)

4.9      Waar loop die “djulle” rond?                                                            (1)

4.10     Kies die korrekte woord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
         antwoord neer.

         Met “gladde bek verkoep” (versreël 13) bedoel die spreker dat die mense in
         die straat (lelik van mekaar praat/altyd ŉ antwoord gereed het).                        (1)

4.11     Haal EEN versreël aan wat aandui dat mense teen verkeerde dinge
         protesteer.                                                                             (1)

4.12     Voltooi die onderstaande paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder.
         Skryf net die vraagnommer (4.12.1–4.12.2) en die antwoord neer.

                              sêgoed;     skrywers;   geroep;   digters

         Volgens die “hy” is dit die spontane (4.12.1) ... van die mense in die straat wat
         van hulle (4.12.2) ... maak.                                                            (2)

4.13     Kies die verduideliking uit KOLOM B wat by die inligting in KOLOM A pas.
         Skryf net die vraagnommer (4.13.1–4.13.3) en die letter (A–D) neer,
         byvoorbeeld 4.13.4 E.

                           KOLOM A                                KOLOM B
          4.13.1     Die funksie van die herhaling    A     Dit is motiverend.
                     van die vraag “wie’s hy?”
                                                      B     Dit veroordeel die gewone
          4.13.2     Toon van die gedig                     mense.

          4.13.3     Tema van die gedig               C     Beklemtoon die vraag
                                                            oor wie die digter is.

                                                      D     Die gewone mense dink
                                                            kreatief.
                                                                                (3 x 1)          (3)

4.14     Waar is die “daa” waarna in versreël 15 verwys word?                                    (1)

4.15     Vir wie roep die gewone mens om ook te kom hoor wat gesê word?                          (1)
                                                                                                 [20]

                                                                   TOTAAL AFDELING A: 40

                                              OF

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                  12                                     DBE/2014
                                            SSE

AFDELING B: ROMAN

Kies die roman wat jy voorberei het.

VRAAG 5: KONTEKSTUELE VRAAG

KRINGE IN ’N BOS – Dalene Matthee

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1      “Hulle sê dis Oupoot wat dit gedoen het.”
2      Dit was of ŉ tweede hou hom tref. Sy eerste gedagte was dat dit ŉ slim set van
3      die ouman was en hy het die waarheid in sy oë gesoek toe hy omdraai.
4      “Wat het jy gesê?”
5      “Hulle sê dis Oupoot se werk.”
6      “Dis ŉ lieg.”
7      “Tien ander is glo saam met hom deur die skerm.”
8      “Dis ŉ lieg en jy weet dit net so goed soos ek! Oupoot sou nie tien ander
9      saamgeneem het as hy die kwaad wou doen nie. Nie hy nie.”
10     “Hulle sê sy spore was daar.”
11     “Hy mag vroeër die nag daar verbygegaan het. Waar tien vertrap het, kan jy in
12     elke geval van niks seker wees nie en dit weet Jozef-hulle ook.”
13     “Ek sê maar soos baas Gert my gesê het.”

5.1    Wat het die Bosmense die olifante genoem?                                                  (1)

5.2    Jozef het vir Patterson gevra om Oupoot te skiet.

       5.2.1     Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                              (1)

       5.2.2     Gee ŉ rede vir jou antwoord op VRAAG 5.2.1.                                      (1)

5.3    Hoekom wou Jozef vir Oupoot laat skiet?                                                    (1)

5.4    Wie het vir Saul die nuus gebring dat Oupoot geskiet gaan word?                            (1)

5.5    Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
       antwoord neer.

       Saul het die nuus dat Oupoot geskiet gaan word, gekry toe (hy alreeds op die
       Pictor was/nog in die Bos was).                                                            (1)

5.6    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
       vraagnommer en die letter (A–D) neer.

       Die groot hartseer in Saul se lewe toe hy veertien was, was dat ...

       A         Kate Kaapstad toe gegaan het.
       B         sy ma doodgegaan het.
       C         sy pa hom weggejaag het.
       D         hy deur ’n olifant getrap is.                                                    (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                  13                                    DBE/2014
                                            SSE

5.7.1   Hoe oud was Saul toe hy Oupoot die eerste keer ontmoet het?                             (1)

5.7.2   Watter soort band was daar tussen Saul en Oupoot?                                       (1)

5.8     Waar het Saul Kate die eerste keer ontmoet?                                             (1)

5.9     Kies die persone uit KOLOM B wat by die stelling in KOLOM A pas. Skryf net
        die vraagnommer (5.9.1–5.9.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld 5.9.6 G.

                           KOLOM A                                   KOLOM B
         5.9.1 Hulle was oneerlik met die houtkappers.         A   delwers

         5.9.2 Hulle het olifante geskiet om aan die lewe      B   houtkopers
               te bly.
                                                               C   die goewerment
         5.9.3 Hulle het gesê die houtkappers het te veel
               bome afgekap.                                   D   houtkappers

         5.9.4 Hulle het goud gesoek en te veel bome           E   goudkopers
               afgekap.
                                                               F   prospekteerders
         5.9.5 Hulle het vir die delwers gesê waar hulle
               goud kon kry.
                                                                                   (5 x 1)      (5)

5.10    Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
        antwoord neer.

        Oupoot is aan die einde (uit weerwraak/vir sy tande) geskiet.                           (1)

5.11    Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
        net die vraagnommer (5.11.1–5.11.4) en die antwoord neer.

              Saul;     Jozef;   hout;    kat;    geld;     kos;   hond;   ivoor

        (5.11.1) … was nooit weer kind ná daardie dag wat hy gesien het hoe sy pa
        voor MacDonald moes kruip om sy (5.11.2) ... verkoop te kry nie. Iets het in
        hom gebreek toe hy gesien het hoe sy pa soos 'n (5.11.3) … moes vra om
        (5.11.4) ... en twak.                                                                   (4)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   14                                   DBE/2014
                                             SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1      Toe Saul omkyk, het hy geskrik. Die man was so wit soos ŉ kers! “Is meneer
2      siek?” vra hy in Engels en los sy plan om hom ŉ bietjie te tart.
3      “Ek is benoud,” sê Patterson en hy klink soos ŉ man wat wou soebat. “Ons moet
4      omdraai.”
5      Sou MacDonald hom met ŉ mal man die Bos ingestuur het? het Saul skielik
6      gewonder. Die man se oë was skoon wild in sy kop.
7      “Kry jy asma, meneer?” …
8      “Nee. Ek is benoud. Die wêreld is toe om my. Dis hierdie bos!”
9      “Was meneer tevore in ŉ bos?”
10     “Nee.”

5.12   Sou MacDonald hom met ŉ mal man die Bos ingestuur het? het Saul skielik
       gewonder. Die man se oë was skoon wild in sy kop. (Reël 5–6)

       5.12.1 Wie is die man van wie hier gepraat word?                                          (1)

       5.12.2 Wat het hy in die Bos kom doen?                                                    (1)

       5.12.3 Wat het die man later vir Saul gegee waarmee hy goud kon spoel?                    (1)

5.13   “Wat is dit?” het Saul uitgeroep. Arend het met sy een voet in sy hand gestaan.

       5.13.1 Hoekom het Arend met sy een voet in sy hand gestaan?                               (1)

       5.13.2 Hoeveel dae na die insident is Arend dood?                                         (1)

       5.13.3 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer
              en die antwoord neer.

                Arend is dood (aan bloedvergiftiging/toe hy deur ŉ olifant getrap is).           (1)

5.14   Gert Oog het geglo dat Arend se dood Saul se skuld was.

       5.14.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                                (1)

       5.14.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.14.1.                                             (1)

5.15   Saul het eendag agtergekom dat iemand hom agtervolg en het hom toe
       oorhoeks geskrik toe hy gesien het dis Kate.

       5.15.1 Wat het Kate in die Bos kom doen?                                                  (1)

       5.15.2 Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die
              vraagnommer en die antwoord neer.

                Op pad na die watergat het Saul en Kate ŉ olifant gesien wat
                (doodgeskiet/gekwes) was, wat Saul verskriklik ontstel het.                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                 15                                   DBE/2014
                                           SSE

       5.15.3 Gee die volledige sin wat Kate oor die Bosmense moes uitskryf.                   (1)

       5.15.4 Hoeveel keer moes sy dit uitskryf? Skryf die getal.                              (1)

5.16   Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
       die antwoord neer.

       Saul se (5.16.1) (ma/pa) het vir (5.16.2) (Maska/Jozef) die eerste winter al Bos
       toe gestuur. Nou bring hy die nuus dat Saul se pa dood is omdat (5.16.3)
       (ŉ olifant hom getrap het/ŉ boom op hom geval het).                                     (3)

5.17   Saul was aan die einde van die verhaal ŉ ryk man.

       5.17.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                              (1)

       5.17.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 5.17.1.                                           (1)

5.18   Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
       vraagnommer en die letter (A–D) neer.

       Toe Saul teruggekeer het van Stellenbosch af, het MacDonald probeer keer
       dat Saul ŉ besigheid in Knysna begin. Hy was bang dat Saul ...

       A        weer vrede met sy broer sou maak.
       B        Engels sou leer praat en hulle verstaan.
       C        sou agterkom hoeveel sy pa vir MacDonald geskuld het.
       D        die houtkappers sou ompraat om hout aan hom te lewer.                          (1)

5.19   Wat was Saul se toekomsplanne? Gee TWEE feite.                                          (2)
                                                                                               [40]

                                           OF

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                  16                                   DBE/2014
                                            SSE

VRAAG 6: KONTEKSTUELE VRAAG

DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM – Marita van der Vyver

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1     Toe ons uiteindelik in die bed klim, lánk na middernag vra Sharon of ek darem my
 2     verjaarsdag geniet het.
 3     “Hmm,” antwoord ek ongeërg.
 4     Dit was nie sleg nie. Ek wil nou ook nie niksgewoond klink nie, nè?
 5     Maar ek glimlag so breed dat sy sweerlik my tande in die donker kan sien blink.

 6     Liewe leser, daar het so baie dinge gebeur die afgelope paar dae dat ek amper
 7     van Fabienne vergeet het. Die koms van die reën, die koms van die eerste queen,
 8     die koms van die tweede queen. Die reën wat nie wil ophou nie. Steeds nie. En
 9     my verjaardag, natuurlik.
 10    Maar dis nie asof my lewe skielik in ŉ sprokie verander het nie. Ek is steeds
 11    vasgekeer in ŉ huis met ŉ lekkende dak op ŉ verlate berg. Al wat ek sien as ek by
 12    die venster uitkyk, is die lae wolke bo die huis, die groen bossies rondom die huis,
 13    en ŉ rivier van modder waar die voetpaadjie voorheen was.

6.1    Wie was Fabienne?                                                                        (1)

6.2    Hoe het Fabienne se voorkoms van Hanna s’n verskil?                                      (2)

6.3    Volgens reël 11 van die uittreksel was Hanna vasgekeer in ŉ huis met ŉ
       lekkende dak op ŉ verlate berg.

       Waarom het Hanna gevoel dat dit nooit met Fabienne sou gebeur het nie?
       Noem TWEE redes.                                                                         (2)

6.4    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer en die letter (A–D) neer.

       Hanna het haar vyftiende verjaardag op ... gevier.

       A        Bitterberg
       B        Botterberg
       C        Onderbitterberg
       D        Onderbotterberg                                                                 (1)

6.5    Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
       antwoord neer.

       Dit was nie net Hanna se verjaarsdag daar op die verlate berg nie, maar ook
       Mana en Beyers se (wittebrood/troue) wat hulle daar gevier het.                          (1)

6.6    Hoekom het Mana die hele gesin saamgenooi na die huis op die verlate berg?               (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                    17                                     DBE/2014
                                              SSE

6.7    Kies die karakter uit KOLOM B wat by die geskenk aan Hanna in KOLOM A pas.
       Skryf net die vraagnommer (6.7.1–6.7.5) en die letter (A–F) neer, byvoorbeeld
       6.7.6 G.

                           KOLOM A                                  KOLOM B
        6.7.1        pen                                   A    Beyers

        6.7.2        sjokolade                             B    Margot

        6.7.3        cashmere-trui                         C    Gavin

        6.7.4        lekkerruikgoed                        D    Mana

        6.7.5        Shakespeare se sonnette               E    Yann

                                                           F    Tibo
                                                                                       (5 x 1)      (5)

6.8    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer en die letter (A–D) neer.

       Elke jaar met haar verjaardag vra Hanna vir Mana vir ŉ ..., maar dié jaar het sy
       gedink daar is nie geld met die groter familie en baba op pad nie.

       A        ring
       B        boek
       C        parfuum
       D        langbroek                                                                           (1)

6.9    Hoekom was Hanna so verras met die geskenk wat Yann haar gegee het?                          (1)

6.10   Waarom het Sharon vir Hanna grimering as ŉ geskenk gegee?                                    (1)

6.11   Hoekom kon Gavin Hanna se vyftiende verjaardag bywoon?                                       (1)

6.12   Wat het met Gavin gebeur dat hy so laat by die huis op die berg aangekom het?                (1)

6.13   Hoekom wou Gavin nie Beyers se klere dra nie?                                                (2)

6.14   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
       net die vraagnommer (6.14.1–6.14.4) en die antwoord neer.

                      skootrekenaar;    internet;       haardroër;     gasstoof;
                          koolstoof;   elektrisiteit;    televisie;    radio

       By die huis op die berg was daar geen (6.14.1) ... nie; dus was daar geen
       (6.14.2) ... om hulle mee besig te hou nie, maar hulle kon wel Margot se
       (6.14.3) ... gebruik omdat dit met batterye gewerk het. Gelukkig was daar ŉ
       (6.14.4) ... in die huis wat hulle warm gehou het tydens die koue, reënerige dae.            (4)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                 18                                  DBE/2014
                                           SSE

6.15   Wat het die gesinslede in die aande saam gedoen om hulle mee besig te hou?             (1)

6.16   Voltooi die sin: Omdat die gesin op die berg vasgekeer was, het Mana gesê dat
       hulle van nou af net ... gaan eet.                                                     (1)

6.17   Hoekom het Margot elke keer oefeninge voorgestel as hulle klaar geëet het?             (1)
Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

 1       “Ek gaan haar mis,” sug Gavin toe die helikopter met ŉ winderige lawaai opstyg.
 2       “Ek ook,” sug ek.
 3       Sharon kyk verras na my.
 4       “Lyk my ou Hanna Heks is toe ook betower,” terg sy.
 5       “My naam is nie Hanna Heks nie,” sê ek met my neus in die lug. “Ook nie Hanna
 6       Hoekom nie. Van nou af kan julle my Fabulous Fabienne noem.”
 7       “So ŉ bekkie moet mos botter kry,” sê Gavin en drapeer sy arm oor my skouer.
 8       Miskien verbeel ek my. Maar ek kan sweer hy kyk met vaderlike trots na my.
 9       Dan sien hy dat Yann kop onderstebo na ŉ struik staan en skop, terwyl Amos
 10    met ŉ verwese uitdrukking oor Patat se wollerige lyf vryf, en hy klap sy hande
 11    vasberade saam.

6.18    Waarom het Hanna se gesin vir haar die bynaam, “Hanna Hoekom”, gegee?                 (1)
6.19    Hoekom het Sharon vir Hanna die bynaam, “Hanna Heks”, gegee?                          (1)
6.20    6.20.1 Sharon het Hanna geterg dat sy nou ook betower is. (Reël 4)
                 Deur wie is Hanna nou, volgens Sharon, betower?                              (1)
        6.20.2   Hoekom het Hanna haar opinie oor die persoon in VRAAG 6.20.1                 (1)
                 verander?
6.21    Sharon wou saam haar ouers in die helikopter teruggegaan het.
        6.21.1 Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                            (1)
        6.21.2 Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.21.1.                                         (1)
6.22    Hoekom het Margot saam met Hanna se ouers teruggevlieg Kaapstad toe?
        Gee TWEE feite.                                                                       (2)
6.23    Hoekom was Yann en Amos hartseer oor hulle ma se weggaan?                             (1)
6.24    Wat het Gavin gedoen om die kinders beter te laat voel?                               (1)
6.25    Gavin en Hanna se verhouding was aan die begin van die verhaal nie goed nie.
        6.25.1   Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                          (1)
        6.25.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 6.25.1.                                       (1)
6.26    Watter les het Hanna tydens die vakansie omtrent haarself geleer?                     (1)
                                                                                              [40]
                                                                  TOTAAL AFDELING B: 40
                                              OF
Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                 19                                    DBE/2014
                                           SSE

AFDELING C: DRAMA

Kies die drama wat jy voorberei het.

VRAAG 7: KONTEKSTUELE VRAAG

POPPIE, DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. (Bladsy 22)

1     POPPIE. Wat het ek nou gedoen? Bhuti Plank, Hoedjie, Mosie, waar's julIe?
2     JulIe het my hier gelos.
3     SKOONSUSTER. Ons gaan nou vir jou die makoti-klere aantrek.
4     En dan gaan ons terug voorhuis toe. (Sy gee vir Poppie die kopdoek aan, help
5     haar om dit om te bind.)
6     POPPIE. Nou is dit die ukuyalwa ... die tyd van vermaninge.
7     Nou word vertel hoe ons moet saamlewe en hoe ons ons moet gedra. (Sy gaan sit
8     op blik.)
9     MOSIE (aan albei). Julle is nou ander soort mense ... nuwe mense.
10    SKOONSUSTER (aan Poppie). Jy moet nou na die man se mense kyk en jy moet
11    weet jy is hulle kind.

7.1   Poppie se naam, Ntombizodumo, beteken “ingang of toegang”.

      7.1.1     Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                             (1)

      7.1.2     Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.1.1.                                           (1)

7.2   “Ons gaan nou vir jou die makoti-klere aantrek.” (Reël 3)

      7.2.1     Vir watter seremonie het hulle vir Poppie gereed gemaak?                        (1)

      7.2.2     Noem TWEE vermanings (reël 6) wat tydens die seremonie aan
                Poppie gegee is.                                                                (2)

7.3   Hoe verskil die manier hoe Poppie se skoonmense suurpap gemaak het van
      hoe Poppie-hulle dit in Lambertsbaai gedoen het?                                          (2)

7.4   Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
      antwoord neer.

      Poppie het gou swanger geraak en geboorte gegee.

      In die eerste winter, op (7.4.1) (drie/vyf) maande, het Poppie se kindjie aan
      (7.4.2) (kinkhoes/polio) gesterwe.                                                        (2)

7.5   Wat beteken Bonsile se naam?                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   20                                    DBE/2014
                                             SSE

7.6    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer en die letter (A–D) neer.

       Die Xhosa-mense is geforseer om Lambertsbaai te verlaat, maar die ... is
       toegelaat om aan te bly, al het hulle nie werk gehad nie.

       A         vrouens
       B         mans en vrouens
       C         mans
       D         vrouens en kinders                                                               (1)

7.7    Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
       antwoord neer.

       Die munisipaliteit het die mense geforseer om uit Lambertsbaai te trek deur die
       polisie te kry om hulle huise (7.7.1) (af te brand/plat te slaan). Die polisie het
       darem (7.7.2) (die mense toegelaat om hulle goed uit te dra/die mense se goed
       self eers uitgedra).                                                                       (2)

7.8    “Dan sit ons jou naam op vir ŉ huis in Mdantsane.”

       Noem TWEE voorwaardes wat Poppie gehad het as sy Mdantsane toe moes
       trek.                                                                                      (2)

7.9    Toe Stone siek was, het hy na ŉ mediese dokter toe gegaan.

       7.9.1    Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                               (1)

       7.9.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.9.1.                                             (1)

7.10   Stone is dood omdat hy ŉ maagsweer gehad het.

       7.10.1   Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                               (1)

       7.10.2   Motiveer jou antwoord op VRAAG 7.10.1.                                            (1)

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1      POPPIE. Nóú baklei julle. Hoekom het julle nie vir my baklei toe ek so swaar
2      gekry het nie.
3      JAKKIE (staan by kinders). Ek baklei vir jou, Sisi. Ek baklei vir jou en jou kinders.
4      Ek gooi die klippe nie teen die nylons nie, maar teen die wet.
5      MAMA (kom nader). Sisi, Jakkie is gevang! Hy’t gister saam gemarch met die
6      kinders in die stad. Die polisie het hom uitgesoek, want hulle sê hy’s al groot, wat
7      soek hy tussen die skoolkinders, hy’s ŉ leader. Hy't gesê vir hulle: Ek het maar in
8      die stad geloop en toe kom die kinders, toe march ek saam. Maar hulle het hom
9      nie geglo nie.
10     POPPlE. Wanneer kry hierdie moeilikheid end, Mama?

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   21                                   DBE/2014
                                             SSE

7.11   Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf slegs die
       vraagnommer en die letter (A–D) neer.

       Poppie se kleinkind se naam was ...

       A             Fezile.
       B             Vukile.
       C             Nomvula.
       D             Thembiza.                                                                   (1)

7.12   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
       net die vraagnommer (7.12.1–7.12.4) en die antwoord neer.

           ruk;   klip;   huil;   bloed;   sweet;    stok;     kombuis;    voorkamer

       Ons staan daar in die vrou se huis, toe gooi daai manne die kombuisvenster
       stukkend met die (7.12.1) ... Die kinders (7.12.2) ... van die skrik en ek hoor my
       kleinkind skreeu. Ek roep die kinders en sê hulle moet na die (7.12.3) ... toe
       kom, maar my kleinkind bly lê en ek tel hom op, maar ek sien nie die (7.12.4) ...
       nie.                                                                                      (4)

7.13   Die kinders het groot notices geskryf vir die migrants wat nie wou ophou wyn
       verkoop nie.

       7.13.1     Waar het die kinders die notices opgeplak?                                     (1)

       7.13.2     Wat was die migrants se reaksie op die notices?                                (1)

7.14   Noem DRIE redes hoekom die kinders nie daarvan gehou het dat die
       grootmense gedrink het nie.                                                               (3)

7.15   Verduidelik elke keer wat die kinders met die volgende items aan dié
       grootmense, wat na drank geruik het, gedoen het:

       7.15.1     Latte                                                                          (1)

       7.15.2     Emmers water                                                                   (1)

       7.15.3     Vere                                                                           (1)

7.16   Hoekom moes Poppie so baie keer na ŉ nuwe huis toe trek?                                  (1)

7.17 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
     antwoord neer.

       Mama het gesê dat die (7.17.1) (kinders/grootmense) nou astranter word en
       hulleself die (7.17.2) (comrades/AmaXhosa) noem.                                          (2)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                  22                                     DBE/2014
                                            SSE

7.18 Kies die antwoorde uit KOLOM B wat by die verduideliking in KOLOM A pas.
     Skryf net die vraagnommer (7.18.1–7.18.5) en die letter (A–F) neer,
     byvoorbeeld 7.18.6 G.

                            KOLOM A                                   KOLOM B
       7.18.1 Dokument wat mense se bewegings reguleer           A   city-borners
              en kontroleer
                                                                 B   Black Sash-
       7.18.2 Maak kantore oop om onderdruktes te help               mense

       7.18.3 Informele huiskroeë                                C   pasbeampte

       7.18.4 Polisievangwa                                      D   nylon

       7.18.5 Permanente, wettige lokasie-inwoners wat met E         dompas
              hulle gesinne in huise woon
                                                           F         sjebiens
                                                                                 (5 x 1)        (5)
                                                                                                [40]

                                               OF

VRAAG 8: KONTEKSTUELE VRAAG

PALJAS – Chris Barnard

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg.

1      Hendrik en die twee kinders sit by die kombuistafel brood en konfyt en eet.
2      Hendrik in sy spoorweguniform. Katrien staan en vadoeke uitspoel. Die twee
3      kinders lyk nog nie heeltemal wakker nie. Hendrik sit vir klein Willem en kyk,
4      heeltyd terwyl hy eet: openlik en benieud, soos mens vir iets kyk waaroor jy
5      nuuskierig is maar wat jy nie verstaan nie. Die kind is of onbewus daarvan of
6      gewoond daaraan. Katrien staan met haar rug na hulle toe en werk. Sy het
7      oë in haar agterkop.

8      KATRIEN: Hendrik, los die kind. (Hy hoor nie; of wil nie hoor nie; hy sit nog
9      steeds en staar.) ... Hendrik!
10     HENDRIK: Wat maak ek?
11     KATRIEN: Los hom net.

12     Die hele gesprek vind plaas sonder dat Katrien een keer omkyk. Maar op haar
13     gesig is iets soos pyn of dalk frustrasie.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                   23                                DBE/2014
                                             SSE

8.1    Kies die korrekte antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die vraagnommer
       en die letter (A–D) neer.

       Hendrik en sy familie het op ... gebly.

       A        Soekmekaar
       B        Touwsrivier
       C        Lydenburg
       D        Toorwater                                                                     (1)

8.2    Hendrik het as ŉ treindrywer gewerk.

       8.2.1    Is die stelling WAAR of ONWAAR?                                               (1)

       8.2.2    Motiveer jou antwoord op VRAAG 8.2.1.                                         (1)

8.3    Watter probleem van Willem het Hendrik nie verstaan nie? (Reël 3–5)                    (1)

8.4    Wat was volgens Oudokter die oorsaak van Willem se probleem?                           (1)

8.5    Hoe kon Hendrik volgens Oudokter vir Willem met sy probleem help?                      (1)

8.6    Wat moes Hendrik volgens Oudokter doen om Willem te help?                              (1)

8.7    Kies die KORREKTE antwoord om die sin mee te voltooi. Skryf net die
       vraagnommer en die letter (A–D) neer.

       Katrien was ’n ... mens op die stasie waar hulle nou gebly het.

       A        sosiale
       B        tevrede
       C        eensame
       D        besluitelose                                                                  (1)

8.8    Hoekom was Hendrik so gelukkig op die stasie waar hulle nou gebly het?                 (1)

8.9    Hoe het Hendrik, volgens Emma, sy probleme hanteer?                                    (1)

8.10   Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die
       antwoord neer.

       Volgens Katrien het Hendrik meer van (treine/karre) af geweet as van
       vroumense.                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V2                  24                                  DBE/2014
                                            SSE

Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg. (Bladsy 68)

 1     KATRIEN (kalm): Hier bly mense in hierdie huis, Dominee. Ons is miskien arm, ja,
 2     en ons is seker nie baie geleerd nie, en ons het foute. Maar ons is mense. Wat
 3     partykeer sukkel. Wat partykeer allenig voel. Partykeer is ons hartseer. Of ons is
 4     bly oor iets. Of bang oor baie goed. Maar jy weet niks van ons nie, Dominee.
 5     Heeltemal niks nie. Jy hoor wat ander mense sê, maar jy weet van ons vier net
 6     mooi niks.
 7     DOMINEE: Al wat ek kan doen, is om vir julle te bid.
 8     KATRIEN (nog heeltyd baie kalm): Ek sal bly wees. Bid vir my veral. Ek sal vir
 9     jou ook bid. (Sy staan op en haar stemtoon verander.) Maar eers as jy van die
 10    werf af is.

 11    Tydens die vorige toneel sien ŉ mens onder meer vir Willem oor die werf
 12    aangestap kom.
 13      Die volgende keer staan hy by die voorkamervenster en luister juis wanneer die
 14    dominee uitvaar teen die offers en die tekens.

8.11   Voltooi die volgende paragraaf. Gebruik die woorde in die lys hieronder. Skryf
       net die vraagnommer (8.11.1–8.11.4) en die antwoord neer.

                            skuur;    toertjies;  narrehoed;   huis;
                          olifant;   duiwelskuns;    leeu;   narrepak

       Willem en Manuel het mekaar die eerste keer ontmoet toe Manuel ŉ (8.11.1) ...
       aan ŉ tou gelei het. Hulle het mekaar daarna gereeld in die veld of by die
       (8.11.2) ... ontmoet. Manuel het Willem allerhande (8.11.3) ... geleer en Katrien
       moes toe later ook vir Willem ’n (8.11.4) ... maak.                                     (4)

8.12   Hoe het die dorpenaars die MacDonalds, voor die insident by die Volstruisdans,
       behandel?                                                                               (1)

8.13   Watter stories het die dorpsmense oor Frans vertel?                                     (1)

8.14   Waarmee het die mense in die dorp gedink was die MacDonalds besig?                      (1)

8.15   Watter probleme het Hendrik met die dominee gehad? Noem TWEE probleme.                  (2)

8.16   Wat het Willem vir Manuel gesê wat Manuel laat besluit het om daardie Sondag
       kerk toe te gaan?                                                                       (1)

8.17   Hoekom het die dominee die ouderling gevra om Manuel uit die kerk te
       verwyder?                                                                               (1)

8.18   Die nar het op die fiets weggejaag en die mense is agterna.

       Hoekom het die dorpsmense gedink Willem was die nar toe hulle na die nar
       gesoek het?                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                        Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2022/f9577f6c-1445-4aca-91cc-19411cb3d2f1) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 MEMO GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-gr12-sep2014/785c2a86-0b38-49fe-89ac-e6161599d445) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2014-memo/80433dff-8d61-41e3-98eb-a15aa34445eb) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [Afrikaans P2 (L2) (SG) June 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-l2-sg-june-2012-memo/f547f99b-9297-4b6d-bca4-7156085f20fa) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
