# Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 3 question paper from the NSC June 2014, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p3-afrikaans-june-2014-qp/3af3bac4-2885-4bac-b5a8-1a2bc05cd7b9
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2014
- Exam period: NSC June
- Paper: 3
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Paper 3 NSC June 2014 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p3-afrikaans-june-2014-qp/3af3bac4-2885-4bac-b5a8-1a2bc05cd7b9)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC June · 2014 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                      SENIORSERTIFIKAAT-EKSAMEN

                         AFRIKAANS TWEEDE TAAL V3

                               STANDAARDGRAAD

                                         2014

                                                                     PUNTE: 80

                                                                      TYD: 2 uur

                        Hierdie vraestel bestaan uit 9 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                  2                                    DBE/2014
                                            SSE

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.       Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings. Maak seker dat jou vraestel
         volledig is.

2.       Maak seker dat jou eksamennommer op jou ANTWOORDEBOEK reg is.

3.       Beantwoord EEN vraag uit elk van AFDELING A, B EN C.

4.       Skryf die nommer van die onderwerp wat jy kies, boaan die skryfstuk neer.

5.       Gee spesiale aandag aan spelling, taal en sinskonstruksie.

6.       Beplan jou tyd só:

          Afdeling A          60 minute
          Afdeling B          30 minute
          Afdeling C          30 minute

7.       Ons beveel aan dat jy jou werk deurlees voordat jy dit inlewer.

8.       Dui die getal woorde aan die einde van elkeen van jou skryfstukke aan.

9.       Die wenke wat by elke skryfstuk gegee word, dien slegs as riglyne. Jy hoef dit
         nie te gebruik nie.

10.      Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                   3                                   DBE/2014
                                             SSE

AFDELING A: LANGER SKRYFSTUKKE

VRAAG 1

        Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling oor EEN van die volgende
         onderwerpe.
        Elke vraag in hierdie afdeling tel 40 punte.
        Jou opstel moet 250–300 woorde lank wees.

1.1      OP PAD WERK TOE

         Jy gaan elke dag werk toe. Een oggend het daar iets langs die pad gebeur.

         Skryf ŉ opstel en vertel wat daardie dag op pad werk toe gebeur het.

                               [Uit: Google Images]             [Uit: Verdwaal!, Peter Ranby]

         Hou die volgende in gedagte:

            Hoe laat het jy daardie dag werk toe gegaan?
            Wat het langs die pad gebeur?
            Hoe het jy gevoel toe jy by die werk gekom het?
            Hoe het die mense by die werk gereageer?                                           [40]

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                   4                                      DBE/2014
                                             SSE

1.2      ONS HET OP ERFENISDAG GROOT FEES GEVIER
         Op 24 September vier ons Erfenisdag. Verlede jaar het julle hele gemeenskap
         op daardie dag groot fees gevier.
         Skryf ŉ opstel en vertel van die interessante Erfenisdag wat julle gehad het.

                                 [Uit: Google Images]              [Uit: Verdwaal!, Peter Ranby]

         Hou die volgende in gedagte:

            Wie was almal daar?
            Na watter soort musiek het julle
             geluister?
            Wat het julle alles gedoen?
            Wie het ŉ toespraak gehou en wat het
             hy/sy gesê?
            Wat het julle geëet en gedrink?
                                                                     [Uit: Google Images]          [40]

1.3      OUERS MAG KINDERS NIE SLAAN NIE

         As kinders in die ou dae nie vir hulle ouers geluister het nie, het hulle ŉ pak slae
         gekry. Nou is dit teen die wet om kinders te slaan.

         Skryf ŉ opstel waarin jy daarvoor of daarteen argumenteer dat ouers hulle
         kinders nie mag slaan nie.
         Hou die volgende in gedagte:
            Waarom slaan ouers hulle kinders?
            Hoe voel kinders as ouers hulle slaan?
            Hoe voel ouers as hulle hulle kinders
             slaan?
            Wat is die gevolge as ouers hulle kinders
             slaan?
            Wat leer ŉ kind daaruit as hy so gestraf
             word?
            Op watter ander manier kan ouers hulle
             kinders straf?
            Dink jy ouers moet hulle kinders slaan?                     [Uit: Google Images]      [40]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                  5                                     DBE/2014
                                            SSE

1.4      EK HET BAIE DROME VIR DIE TOEKOMS

         Jy droom daaroor om eendag suksesvol en gelukkig te wees.

         Skryf ŉ opstel en vertel van jou drome vir die toekoms.

         Hou die volgende in gedagte:

            Waaroor droom jy vir jou toekoms?
            Wat wil jy alles doen?
            Is daar ŉ spesiale persoon in jou drome?
            Hoe, dink jy, gaan jy daardie dag voel as jou drome waar word?                      [40]

1.5      DIE BESTE PRESIDENT

         ŉ Land se president stel vir die mense ŉ voorbeeld.

         Skryf ŉ opstel waarin jy vertel van die persoon wat vir jou ŉ ware president is
         of was.

         Hou die volgende in gedagte:

            Wie is/was vir jou die beste president?
            Hoe lyk hy/het hy gelyk?
            Watter ander inligting het jy van hom?
            Wat doen hy/het hy alles vir die mense gedoen?
            Waarom is/was hy vir jou ŉ voorbeeld?                                               [40]

                                                                   TOTAAL AFDELING A: 40

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                   6                                     DBE/2014
                                             SSE

AFDELING B: KORT SKRYFSTUKKE

VRAAG 2
         Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.
         Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.
         Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees.

2.1       VRIENDSKAPLIKE BRIEF

          Jy het jou geld lank gespaar en uiteindelik het jy genoeg gehad om iets
          spesiaals daarmee te koop.

          Skryf ŉ brief aan jou beste vriend/vriendin waarin jy hom/haar vertel wat jy
          gekoop het.

          Hou die volgende in gedagte:

             Wat wou jy nog altyd gehad het?
             Wat het jy alles gedoen om die geld te spaar?
             Hoeveel geld het jy nodig gehad?
             Wat het jy gekoop?
             Hoe het jy gevoel?                                                                  [20]

    2.2   FORMELE BRIEF

          Julle gemeenskap was baie ongelukkig omdat julle nie ŉ biblioteek gehad het
          nie. Die mense moet kan lees en die leerders moet navorsing vir hulle
          skooltake doen. Nou het julle ŉ biblioteek gekry en die mense is baie
          dankbaar.

          Skryf ŉ formele brief aan die munisipale bestuurder om dankie te sê vir die
          biblioteek en gee ŉ paar wenke oor hoe die munisipaliteit nog beter diens
          aan die gemeenskap kan lewer.

          Gebruik die volgende adres:

          Die Munisipale Bestuurder
          Posbus 888
          (Gee jou dorp)
          (Gee jou poskode)

          Hou die volgende in gedagte:

             Hoe voel die mense oor die
              biblioteek?
             Waarom geniet die mense dit                             [Uit: Google images]
              om biblioteek toe te gaan?
             Watter verskil gaan die biblioteek aan die mense se lewens maak?
             Wat kan die munisipaliteit nog doen om beter dienste aan die
              gemeenskap te lewer?                                                                [20]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                 7                                DBE/2014
                                           SSE

2.3      DAGBOEKINSKRYWING

         Jy het die man/vrou ontmoet wat ŉ groot
         indruk op jou gemaak het.

         Skryf twee dagboekinskrywings. Vertel in die
         eerste dagboekinskrywing hoe julle ontmoet
         het en in die tweede dagboekinskrywing wat
         die volgende dag gebeur het.

         Dag 1: Die dag toe jy hom/haar
                ontmoet het.

            Waar was jy toe jy hom/haar ontmoet het?
            Hoe het hy/sy gelyk?
            Wat het gebeur?
            Hoe het jy gevoel?
                                                          [Uit: Drum, 12 Februarie 2010]

         Dag 2: Die volgende dag nadat jy hom/haar ontmoet het.

            Hoe het jy gevoel toe jy opgestaan het?
            Waar het julle mekaar weer ontmoet?
            Hoe het hy/sy vir jou gelyk?
            Wat het julle die dag gedoen?
            Wat was die gevolge van julle ontmoeting?                                     [20]

                                                           TOTAAL AFDELING B: 20

Kopiereg voorbehou                                                   Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                  8                                  DBE/2014
                                            SSE

AFDELING C: ANDER KORT SKRYFSTUKKE

VRAAG 3

        Beantwoord net EEN vraag in hierdie afdeling.
        Elke vraag in hierdie afdeling tel 20 punte.
        Die inhoud van jou antwoord moet 120–150 woorde lank wees.

3.1      HULDEBLYK

         Jou vriend/vriendin is oorlede. Sy/Haar ouers het jou gevra om by sy/haar
         gedenkdiens iets oor hom/haar te sê.

         Skryf ŉ huldeblyk oor jou vriend/vriendin wat oorlede is.

         Hou die volgende in gedagte:

            Watter persoonlike inligting het jy oor die oorledene?
            Waaraan en waar is hy/sy oorlede?
            Watter hoogtepunte/prestasies was daar in sy/haar lewe?
            Wat het hy/sy vir ander mense gedoen?
            Watter storietjies kan jy oor sy/haar lewe vertel?
            Waarom was hy/sy vir jou spesiaal?
            Hoe kan jy die familie troos?                                                    [20]

3.2      INSTRUKSIES

         Jou broer/suster skryf vir die eerste keer eksamen. Hy/Sy weet nie hoe om te
         leer nie.

         Skryf 10 instruksies neer oor hoe ŉ mens jou moet voorberei vir die eksamen.

         Hou die volgende in gedagte:

            Wanneer moet hy/sy begin leer?
            Hoe en waar moet hy/sy leer?
            Wat moet hy/sy nie doen nie?
            Wat moet hy/sy die dag doen as hy/sy eksamen skryf?
            Wat moet hy/sy na die eksamenlokaal saamvat?                                     [20]

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Tweede Taal/SG/V3                  9                                DBE/2014
                                            SSE

3.3       ADVERTENSIE

         Jy wil ŉ winkel begin sodat jy geld kan verdien.

         Ontwerp ŉ advertensie om die produkte wat jy by jou winkel gaan verkoop, te
         adverteer.

         Hou die volgende in gedagte:

            Waar gaan jou winkel wees?
            Wat gaan jy verkoop?
            Aan wie gaan jy jou produkte verkoop?
            Watter spesiale pryse gaan jy hê?
            Waarom moet die mense by jou koop?

         LET WEL: Daar word nie punte vir versiering gegee nie.                          [20]

                                                              TOTAAL AFDELING C: 20
                                                                  GROOTTOTAAL: 80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans 2nd Language P3 (HG) (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-p3-hg-afrikaans-june-2014-qp/88884291-6bb3-4fed-83f2-a50bbf9dc351) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans 2nd Language SG P2 (Afrikaans) June 2014 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-2nd-language-sg-p2-afrikaans-june-2014-qp/0fe0dbfd-bd1b-4eee-84c2-af016de0b67a) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014/b597172a-74f4-4cfd-935a-c868a858b7da) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [AfrIkaans FAL P3 May-June 2022](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2022/8d6588ce-2e15-480e-ab36-4e31cf4340ac) — Afrikaans FAL · QP · 2022 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Feb-March 2014 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-feb-march-2014-memo/43eb3cb8-50ed-4438-9035-f7e7ac594aca) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 QP GR12 SEP2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-qp-gr12-sep2014/bf18a86e-1f73-4f14-8f53-2f6b1aa74b4f) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
