# Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo

> Grade 12 Afrikaans FAL memorandum from the Eastern Cape Mock Exam 2018, 9 pages. Read online or get the free PDF download, question paper linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/df6bf7c2-4f9c-48b8-a5f7-21dcd448fd84
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Memorandum
- Year: 2018
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/df6bf7c2-4f9c-48b8-a5f7-21dcd448fd84)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2018 · Afrikaans. Memorandum, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                              GRAAD 12

                        SEPTEMBER 2018

     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1
                NASIENRIGLYN

PUNTE:   80

                Hierdie nasienriglyn bestaan uit 9 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                       (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING A: LEESBEGRIP

 •     Spel- en taalfoute word NIE gepenaliseer NIE omdat die fokus op begrip is.
 •     Indien die kandidaat woorde uit ŉ ander taal gebruik as die taal waarin die
       vraestel verskyn, word daardie vreemde woorde geïgnoreer (toegedruk).
       Indien die antwoord sonder daardie vreemde woorde sinvol in Afrikaans is,
       word die kandidaat NIE GEPENALISEER NIE. Indien die vreemde woord in
       die antwoord vereis word, is dit aanvaarbaar.
 •     By oop vrae word GEEN punt toegeken vir JA / NEE, EK STEM SAAM / EK
       STEM NIE SAAM NIE. Die rede / motivering verdien die punt.
 •     Geen punt word toegeken vir WAAR / ONWAAR of FEIT / MENING nie. Die
       rede / motivering verdien die punt.
 •     Waar eenwoord-antwoorde gevra word en die kandidaat gee ŉ volsin, is dit
       korrek MITS die korrekte woord onderstreep of op een of ander wyse uitgelig
       word.
 •     Wanneer TWEE / DRIE feite vereis word en ŉ reeks word gegee, word
       SLEGS die eerste TWEE / DRIE nagesien.
 •     Aanvaar dialektiese variasies.
 •     Aanvaar die letter wat met die korrekte antwoord ooreenstem EN / OF die
       antwoord wat volledig geskryf word vir meervoudigekeuse-vrae.

 VRAAG 1: ARTIKEL (TEKS A)

                                                                                               DENK
 NR       ANTWOORD                                                                  PUNT
                                                                                               VLAK
 1.1      Wonderlike / gevaarlike ✓                                                   (1)         1
 1.2      Jy het ŉ (slim-) selfoon in jou sak / jy het al die inligting op jou
          (slim-) selfoon ✓                                                           (1)
 1.3      (Die internet is) onveilig ✓ / (as jy die internet gebruik,) is jy
          nooit anoniem nie. ✓                                                        (2)         1
 1.4      Hy/Sy kan: vir hom-/haarself ‘n profiel uit jou inligting saamstel
          / jou profiel as sy eie gebruik / meer van jou leer / kan jou geld
          steel. ✓
          (Of soortgelyke redenasie)                                                  (1)         1
 1.5      Die banke het voldoende / streng sekuriteits- /
          veiligheidsmaatreëls (vir hulle webtuistes). ✓                              (1)         4
 1.6      (Die goudmyn is jou) persoonlike besonderhede / jou naam,
          van, telefoonnommer, adres, ID-besonderhede en
          bankdetails. ✓                                                              (1)         3
 1.7      Mense wat in jou persoonlike lêers inbreek (om jou
          inligting/informasie/geld te kry) / mense wat programme kraak /
          mense wat jou kan opspoor deur jou ligging / mense wat
          virusse na jou rekenaar stuur. ✓                                            (1)         3
 1.8      Jy kan in hegtenis geneem word / jy kan ŉ hofsaak teen jou
          kry. ✓                                                                      (1)
 1.9      Jou besonderhede wat gekoppel word aan elke webadres wat
          jy besoek. ✓
          (Enige logiese antwoord)                                                    (1)         4
 1.10     (M)moeilik vir ŉ vreemdeling sal wees om te onthou ✓                        (1)         3

Kopiereg voorbehou                                                                  Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2018)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            3

1.11    Kyk na die e-posadres / die slotjie-teken by die adres / die -s by die
        adres/https / Kyk na die webadres ✓✓
        (Enige twee)                                                               (2)        1
1.12    Dit stel hulle bloot aan ŉ foutiewe of onbekende wêreld / gevaarlike
        of skadelike inligting of boodskappe. ✓
        (Of soortgelyke redenasie)                                                 (1)
1.13    Die hele wêreld sien jou inligting. / Jy kan vriendskapsuitnodigings
        kry van mense wat jy nie ken nie. Mense versprei verkeerde of valse
        informasie op Facebook. ✓
        (Of soortgelyke redenasie)                                                 (1)        3
1.14    Virtuele kluis ✓                                                           (1)        4
1.15    Jy kan die blokfunksie gebruik / jy moet versigtig wees as jy
        foto’s/boodskappe aanstuur / jy moet jou werkskontrak in ag neem /
        jy is nie anoniem nie / enigiets wat jy stuur, bly op die ontvanger se
        foon / enigiets wat jy stuur kan aangestuur word. ✓✓
        (Enige 2 kan gegee word)                                                   (2)        1
1.16    1.16.1 Figuurlik ✓                                                         (1)        3
        1.16.2 “Dit is gevaarlik.” / dit beteken dat dit gevaarlik kan wees. ✓
                   (Indien die kandidaat aanhaal kan dit met of sonder die
                   aanhalingstekens wees.)                                         (1)        1
1.17    Dit is kort / dit is vinnig / die kodewoord het net vir julle as gesin
        betekenis / daar is nie tyd om ŉ lang boodskap te tik en te stuur
        nie. ✓
        (Enige logiese feit vir ŉ punt.)                                           (1)        3
1.18    Die ouers kan: self begin soek / vriende van die kind kontak / die
        polisie kontak / die plek waar die kind was dadelik besoek ✓
        (Enige logiese antwoord of soortgelyke redenasie)                          (1)
1.19    Vir sekuriteit / veiligheid ✓                                              (1)        3
1.20    Die artikel handel oor die beskerming van inligting / informasie deur
        internetgebruikers / dit wys vir die leser hoe om slim of veilig te wees
        met sosiale media en/of die internet / dit waarsku ons teen die
        gevare van die internet en/of sosiale media ✓
        (Enige logiese antwoord of soortgelyke redenasie)                          (1)        3

GRAFIEK (TEKS B)
1.21  1.21.1 Die informasie handel oor data en lugtyd. ✓                           (1)       3
      1.21.2 Ekstra klasse of lesse ✓                                              (1)       1
1.22  1.22.1 Drank ✓                                                               (1)       1
      1.22.2 Manstudente spandeer R554 (op klere en skoene) terwyl                           1
               damestudente R428 vir (klere en skoene) betaal / die
               diagram wys dat die mans se deel groter is as die dames
               se deel ✓                                                           (1)
1.23  C        Geld wat op ŉ oneerlike manier verdien is. ✓                        (1)       3
1.24  Student Trend Report. ✓
      (Die antwoord, www.studentvillage.co.za word nie aanvaar nie. Dit is
      waar die inligting nagegaan kan word.)                                       (1)       3

                                                              TOTAAL AFDELING A:            30

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1              (EC/SEPTEMBER 2018)

 AFDELING B: OPSOMMING (TEKS C)
 ALGEMEEN
 •    Kandidate moet volsinne skryf. Indien ŉ werkwoord kort, is dit nie meer ŉ volsin
      nie.
 •    Wenke moet met ŉ werkwoord begin of met ouers moet ...
 •    Beplanning is nie nodig nie.
 •    Indien rofwerk/beplanning gedoen word, let op die volgende:
      o Indien die beplanning in potlood aangebied word, word dit as rofwerk beskou
          en die tweede aanbieding word nagesien.
      o Indien die eerste poging in pen aangebied word, word daardie poging as die
          finale antwoord beskou.
 •    Indien daar twee feite in een sin gegee word, word slegs die eerste feit nagesien.
      Die tweede feit word geïgnoreer.
 •    Indien daar twee sinne by een koeëlpunt gegee word, word slegs die eerste sin
      nagesien.
 •    Kandidate hoef nie ŉ TITEL te verskaf nie.
 •    Indien afkortings in die opsomming voorkom, word elke afkorting volgens die getal
      woorde wat dit voorstel getel, byvoorbeeld, d.w.s. = 3 woorde.
 •    Indien die kandidaat die opsomming in paragraafvorm aanbied, word die eerste 7
      sinne van die paragraaf nagesien.

 LET DAAROP DAT DIE OPSOMMING MEER AS EEN MOONTLIKHEID BINNE ŉ
 PARAGRAAF BEVAT. DIE NASIENER MOET DUS NOUKEURIG LEES!

 KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR NIE-DIREKTE AANHALINGS:
 Die hoofgedagte moet in ŉ volsin aangebied word.
                Punte
                1–3 feite korrek – 1 punt
                4–5 feite korrek – 2 punte
                6–7 feite korrek – 3 punte
 KEN DIE TAALPUNTE SÓ TOE VIR DIREKTE AANHALINGS:
 Die hoofgedagte moet in ŉ volsin aangebied word.
                Punte
                6-7 aanhalings – geen punte vir taal
                1-5 aanhalings – 1 punt vir taal
                LET WEL
 Woordtelling: Nasieners tel die getal woorde indien dit te lank lyk.
 Geen punte word afgetrek indien die kandidaat nalaat om die getal woorde wat
 gebruik is, aan te dui nie.
 Indien die opsomming minder as die voorgeskrewe woorde bevat (minder as 70), maar
 dit bevat al die hoofgedagtes, word die kandidaat nie gepenaliseer nie.
    • Indien die maksimum woorde oorskry word, moet die nasiener tot by die
       laaste volsin na die maksimum woorde nasien en die res van die opsomming
       ignoreer.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
    (EC/SEPTEMBER 2018)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                              5

AFDELING B: OPSOMMING (TEKS C)

VRAAG 2: INSTRUKSIES

•      Skryf 7 wenke oor Hoe ouers geweld met hul kinders kan hanteer, neer.
•      Die vetgedrukte sinne kan moontlik direk aangehaal word.

                 HOE OUERS GEWELD MET HUL KINDERS KAN HANTEER
1          Moord op televisie is altyd groot nuus. Kinders
           wat ander seermaak of boelie, is ŉ redelik
           algemene verskynsel. Maar hoe kan ouers hulle
           kinders help?

2          Kyk saam met jou kinders televisie sodat jy vir       Ouers moet saam met hul
           hulle kan verduidelik dat die akteurs nie regtig      kinders televisie kyk. / Leer
           seergekry het nie, maar dat sulke soort geweld in     kinders om tussen die
           die regte lewe régtig seer- of doodmaak.              rolprentwêreld en die
           Verduidelik ook dat dit nié die manier is om          werklikheid te onderskei.
           probleme op te los nie. Kinders verstaan nie altyd
           hoekom daar geweld is nie, daarom moet jy met
           jou kinders oor geweld op nuusprogramme               Ouers moet met hul kinders
           gesels en verduidelik dat dit nie ŉ manier is om      oor geweld op
           jou probleme op te los nie.                           nuusprogramme gesels.

3          Ouers moet op die uitkyk wees vir tekens dat          Kyk uit na tekens van vrees
           televisieprogramme vrese by hul kind                  wat televisieprogramme in jou
           aanwakker – dinge wat byvoorbeeld                     kind veroorsaak.
           slapeloosheid, bednatmaak of huilerigheid tot
           gevolg het. Deesdae is daar baie musieksoorte
           bv. Hip-hop en Rap wat ook lelike vloekwoorde         Neem kennis van die tipe
           gebruik en geweld en dwelmgebruik as                  musiekvideo’s waarna jou kind
           aanvaarbaar uitbeeld. Ouers moet kennis neem          kyk, luister en aflaai. / Help jou
           van watter gewelddadige musiekvideo’s jou             kind om tussen goeie en
           tiener na kyk, luister en aflaai. Dan kan jy jou      slegte musiekvideo’s te
           kinders help om tussen goeie en slegte                onderskei.
           musiek te onderskei.

4          Maak seker dat jou kind positiewe rolmodelle          Wees ŉ positiewe rolmodel. /
           het. As ouers ten alle koste hulle sin probeer kry,   Verseker dat jou kind
           of hulle woede ontlaai deur gewelddadig op te         positiewe rolmodelle het.
           tree, sal kinders ook so reageer. Indien die
           kinders aggressie gebruik om uiting aan hulle
           emosies te gee, help hulle om te leer om te           Leer jou kinders om te
           kommunikeer. Só versterk jy aanvaarbare               kommunikeer.
           optredes.

5          Leer jou kinders om, voor hulle geweld gebruik,       Leer jou kinders om hulle foute
           hulle eie foute te herken. Help hulle om              te herken / help jou kinders om
           hulleself in ŉ omgekeerde situasie in te dink,        hulself in ŉ omgekeerde
           met ander woorde wanneer húlle die slagoffer van      situasie in te dink.
           ŉ bepaalde soort optrede is.

                                                                 TOTAAL AFDELING B:              10

    Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
 6                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                  (EC/SEPTEMBER 2018)

AFDELING C: TAAL

ASSESSERINGSRIGLYNE

WOORD- EN SINSTRUKTURE

•     Spelling vir eenwoord-antwoorde moet korrek wees om punte te verdien.
•     Indien een woord gevra word, bv. die korrekte vorm van die woord tussen hakies, mag
      die kandidaat die hele sin uitskryf soos dit op die vraestel gegee word. Dis slegs by
      Leesbegrip en Vraestel 2 waar die kandidaat gepenaliseer word indien die korrekte
      woord nie uitgelig of onderstreep word nie. Waar daar in Vraestel 1 spesifiek gevra
      word vir een woord vir..., geld hierdie toegewing nie.
•     Spelfoute word gepenaliseer waar taalstrukture gevra word.
      o Wanneer verlede tyd getoets word, moet ge- as EEN WOORD met die werkwoord
          geskryf word.
      o Wanneer die infinitief getoets word, moet te in verbinding met die infinitief as TWEE
          WOORDE geskryf word.
•     Waar afkortings getoets word, moet die punktuasie ook korrek wees om 'n punt te
      verdien.
•     Vir meervoudigekeuse-vrae word sowel die letter as die korrekte antwoord aanvaar.
•     LET WEL: Waar advertensie- en strokiesprenttegnieke gevra word, tel taal- en
      spelfoute nie, tensy dit die betekenis van die sin beïnvloed.
•     Sinstrukture moet taalkundig korrek wees en in volsinne aangebied word volgens die
      instruksies.

VRAAG 3: ADVERTENSIE (TEKS D)

VRAAG                                     ANTWOORD                                   PUNT
3.1       A     Dit word donker. ✓                                                    (1)     1

3.2       ... die pretpark te besoek. ✓                                               (1)     3

3.3       Dit staan uit en klink lekker vir die leser om dan wel die park te
          besoek / die adverteerder speel met klanke sodat dit kan uitstaan / dit
          beklemtoon dat die pretpark prettig is. ✓
          (Of soortgelyke antwoord)                                                   (1)     3

3.4       Wit letters / hoofletters / verskyn bo-aan die advertensie / daar kom ŉ
          uitroepteken voor / groot letters of font / dit rym / dit gee die gevoel
          van ŉ genotvolle tyd (wat jy vir ŉ lang periode kan hê). ✓                  (1)

3.5       Die woorde speel op mense se gevoel/emosies (aangesien die fokus
          op die langer lekker is) / lok mense aan om die pretpark te besoek
          (omdat dit lekker is om daarheen te gaan). ✓
          (Of soortgelyke antwoord)                                                   (1)     3

3.6       Hartelus / hartelus ✓                                                       (1)     1

3.7       Lowergroen / lowergroen ✓                                                   (1)     1

 Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2018)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            7

VRAAG                                 ANTWOORD                                     PUNT
3.8      Jongmense / families met kinders / hele gesin / mense wat jonk van
         gees is / mense wat pret wil hê. ✓                                         (1)     3

3.9      Die advertensie wil bevestig / beklemtoon hoe lekker / pretvol /
         genotvol dit is / om die leser se aandag te trek. ✓                        (1)     4

3.10     Die musiek by die amfiteater word deur die gesin geniet. /
         Die musiek word by die amfiteater deur die gesin geniet. /
         Die musiek word deur die gesin by die amfiteater geniet. ✓                 (1)     2
                                                                                   [10]

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
 8                     AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                (EC/SEPTEMBER 2018)

VRAAG 4: STROKIE (TEKS E)

VRAAG                                ANTWOORD                                          PUNT
4.1     Dis sterretjies/ wat om hom draai /sy neus is verbind/beseer / daar is ŉ
        verband om sy neus gedraai. ✓                                                   (1)      4

4.2     Sy bedoel dat hy ALTYD oneerlik is/nie eerlik is nie/dat hy ALTYD skelm is
        /dat hy ALTYD kul. ✓
        (ALTYD moet deel vorm van die antwoord aangesien die klem op die
        woord geplaas word.)                                                            (1)      3

4.3     Hy is verontwaardig/geskok/gebelg/ontevrede/ontsteld/omgekrap/gegrief/
        gekrenk/boos/kwaad/vies/ontstoke stel dit as ŉ driftige vraag. ✓                (1)      3

4.4     (Voorbeeld:) Die kroek het by die bank ingebreek. ✓                             (1)      2

4.5     Hy het wakker geword/sy slaap is onderbreek. ✓                                  (1)      3

4.6     Dat hy bereid is om in ŉ varkhok te bly/dat hy die huis as ŉ varkhok sien/
        dat hy ŉ vark is. ✓                                                             (1)      4

4.7     Haai ✓                                                                          (1)      1

4.8     geëindig ✓                                                                      (1)      1

4.9     (Flo vra vir Andy) of hy gelukkig sal wees om in ŉ varkhok te bly. ✓            (1)      2

4.10    Die geluid wat die stofsuier maak./die whoooooo geluid./die stofwolkie/ die
        stof wat waai./die strepie/die        ✓                                         (1)      3
                                                                                       [10]

 Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
 (EC/SEPTEMBER 2018)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1                            9

VRAAG 5: PROSA (TEKS F)

VRAAG                                  ANTWOORD                                       PUNT
5.1     (M)mooiste ✓                                                                   (1)       3

5.2     (W)weggesteekte ✓                                                              (1)       2

5.3     In hierdie streek kan jy ŉ tradisionele Xhosa-gemeenskap teëkom waar
        die kinders tradisionele klere dra. ✓                                          (1)       2

5.4     (V)vroue / (V)vrouens ✓                                                        (1)       1

5.5     (A)akkommodasie ✓                                                              (1)       1

5.6     (R)reisigers (meervoud) ✓                                                      (1)       1

5.7     lg. ✓                                                                          (1)       1

5.8     (I)ingang ✓                                                                    (1)       2

5.9     (J)jaarliks                                                                    (1)       1

5.10    Ek het nog nie die Wildekus besoek nie. ✓ ÓF
        Ek het die Wildekus nog nie besoek nie. ✓                                      (1)       2

5.11    (B)buitelanders (meervoud) ✓                                                   (1)       1

5.12    In hierdie streek behoort jy ŉ tradisionele Xhosa-gemeenskap teë te
        kom. ✓                                                                         (1)       2

5.13    Dit sal een van Suid-Afrika se mooiste gebiede wees. ✓                         (1)       1

5.14    Die natuurwonder is nie net pragtig om te sien nie, maar ook die
        geboorteplek van stories en legendes. ✓                                        (1)       1

(TEKS G)

5.15    Hou die man die selfoon met sy tone vas? ✓                                     (1)       1

5.16    Smoordronk, stomdronk, stormdronk, papdronk, dikdronk, poepdronk
        (plat), horingdronk, duiseldronk, bibberdronk, katdronk, diepdronk,
        kanondronk. ✓                                                                  (1)       1

5.17    Die verkeersman het die motor gestop. ✓                                        (1)       1

5.18    (J)jou ✓                                                                       (1)       1

5.19    (R)radio’tjie ✓                                                                (1)       2

5.20    (S)stuurwiel ✓                                                                 (1)       1
                                                                                      [20]

                                                           TOTAAL AFDELING C:          40
                                                               GROOTTOTAAL:            80

 Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

## Related documents

- [Afrikaans EAT V3 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v3-memo/12f32baf-763b-42f2-bf2f-172e2b185537) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept2018/e038bd38-ba3a-4474-9d6c-23d602a417c3) — Afrikaans FAL · QP · 2018 · Afr
- [Grade 12 NSC Afrikaans P2 (FAL) Preparatory 2018 Possible Answer](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-nsc-afrikaans-p2-fal-preparatory-2018-possible-answer/335e772e-6d01-458c-88e8-5035047c88d9) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May June 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-may-june-2018-memo/5bdc6331-2a66-457f-8772-f20b9b827079) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb March 2018 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2018-memo/fcf01538-02a0-42bb-8b84-d2282d258d65) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 MEMO GR12 SEPT 2021](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-memo-gr12-sept-2021/b41a1f22-f1e3-4fc2-bc89-f59dbd7a7811) — Afrikaans FAL · Memo · 2021 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2024/83184aba-b793-4289-94bf-4aa5eb852531) — QP · 2024 · Afr
- [Gr 12 Afrikaans P2 (FAL) 2024 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/gr-12-afrikaans-p2-fal-2024-question-paper/7ef36162-08ba-45ea-8e76-4b201f651670) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2024/18189e63-b80d-4773-b7b0-d85b065c5658) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-2-afrikaans/0feff6b0-aa5f-4380-acf0-f06343bc22d3) — QP · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May-June 2024](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-question-paper-paper-3-afrikaans/09c32e3a-6e0c-4c06-aec3-b0b54a251f21) — QP · 2024 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 QP SEPT2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-qp-sept2023/464e635d-666a-408f-b9ea-b7c91712c7de) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
