# Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper

> Grade 12 Afrikaans FAL question paper from the Eastern Cape Mock Exam 2017, 32 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v2/3f309f2d-e9c4-4a80-bdf0-010c281b0d5a
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2017
- Exam period: Eastern Cape Mock Exam
- Curriculum: CAPS
- Pages: 32

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 Eastern Cape Mock 2017 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v2/3f309f2d-e9c4-4a80-bdf0-010c281b0d5a)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · Eastern Cape Mock Exam · 2017 · Afrikaans. Question paper, 32 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                         NASIONALE
                     SENIOR SERTIFIKAAT

                            GRAAD 12

                      SEPTEMBER 2017

   AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2

PUNTE:   70

TYD:     2 uur

                              *AFRFA2*

                  Hierdie vraestel bestaan uit 32 bladsye.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
2                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2               (EC/SEPTEMBER 2017)

 INSTRUKSIES EN INLIGTING

 Lees AL die instruksies aandagtig deur voordat jy die vrae beantwoord.

 1.     Moenie die hele vraestel deurlees nie.

 2.     Gebruik die inhoudsopgawe om jou met jou keuses te help.

 3.     Die vraestel bestaan uit VIER afdelings:

        AFDELING A:      Roman           (35)
        AFDELING B:      Drama           (35)
        AFDELING C:      Kortverhale     (35)      Beantwoord vrae op albei kortverhale.
        AFDELING D:      Gedigte         (35)      Beantwoord vrae op albei gedigte.

 4.     Lees die inhoudsopgawe op bladsy 3 en dui die vraagnommers van die
        TWEE letterkundetekste wat julle in die klas behandel het, aan.

 5.     Beantwoord TWEE vrae: EEN VRAAG uit elkeen van die TWEE afdelings wat
        julle behandel het. LET WEL: Indien jy AFDELING C (Kortverhale) of
        AFDELING D (Gedigte) beantwoord, moet jy BEIDE vrae uit hierdie afdelings
        beantwoord.

 6.     Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

 7.     Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
        vraestel gebruik is.

 8.     Laat ŉ reël oop na elke antwoord.

 9.     Voorgestelde tydsindeling: Ongeveer 60 minute per afdeling/vraag.

 10.    Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                             3

 INHOUDSOPGAWE

 Hierdie bladsy sal jou in staat stel om die vrae te kies wat jy wil beantwoord sonder
 om deur die hele vraestel te lees.

                                                                                     BLADSY
 AFDELING A: ROMAN                                                        PUNTE
                                                                                       NR.
 VRAAG 1:       Kringe in ŉ bos                    Kontekstuele vraag       35          4
                                   OF
 VRAAG 2:       Die ongelooflike avonture van
                                                   Kontekstuele vraag       35            7
                Hanna Hoekom
                                   OF
 VRAAG 3:       Meeulanders                        Kontekstuele vraag       35           10
                                   OF
 VRAAG 4:       Lien se langstaanskoene            Kontekstuele vraag       35           13
 AFDELING B: DRAMA
 VRAAG 5:       Poppie – die drama                 Kontekstuele vraag       35           17
                                  OF
 VRAAG 6:       Paljas                             Kontekstuele vraag       35           20
                                  OF
 VRAAG 7:       Fiela se kind                      Kontekstuele vraag       35           23
 AFDELING C: KORTVERHAAL Beantwoord albei kortverhale
 VRAAG 8:       Veertig sinkplate teen die
                                                   Kontekstuele vraag       18           26
                suidewind
                                     EN
                Vegvlieënier Vivian                Kontekstuele vraag       17           27
 AFDELING D: GEDIGTE                  Beantwoord albei gedigte
 VRAAG 9:       Rondom my                          Kontekstuele vraag       18           29
                                     EN
                Ek het ŉ huisie by die see         Kontekstuele vraag       17           31

 KONTROLELYS
 Gebruik die kontrolelys om te verseker dat jy die vereiste getal vrae beantwoord.
 LET WEL: Maak seker dat jy vrae oor slegs TWEE afdelings beantwoord het.
                                                                               MERK
 AFDELING                 VRAAGNOMMERS              VRAE BEANTWOORD
                                                                                (√)
  A       Roman                   1–4                          1
                                         OF
  B       Drama                   5–7                          1
                                         OF
  C     Kortverhale                8                  1 (twee kortverhale)
                                         OF
  D       Gedigte                  9                    1 (twee gedigte)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
4                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING A: ROMAN

 VRAAG 1: KRINGE IN ŉ BOS – Dalene Matthee

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS A

 1.     “Van wanneer af skuld ons mekaar.”
 2.      Maar hy haal die muntstuk uit sy sak en sit dit op die omgekeerde blik
 3.      wat as tafel staan, neer. “Koop dan maar twak en so aan, oom.”
 4.     “Ek wil nie jou geld hê nie!” Oom Martiens is skielik vyandig en trots
 5.      soos ŉ berg.
 6.     “Smyt dit dan in die vuur, oom! Ek is nie melaats nie en my geld is nie
 7.      gesteel nie.” Hy besef skielik hoe moeg hy werklik is. Van alles.
 8.     “Daar is min dinge waarvan julle my nie beskuldig het in hierdie bos
 9.      nie, oom Martiens, maar die laaste genot sal ek julle nie gee nie: julle
 10.     sal nie kan sê Saul Barnard het om kos kom bedel nie! Oom vat die
 11.     geld vir die kos of ek wil die kos nie hê nie.”
 12.     Êrens in ŉ boom hou ŉ bosduif op met koer, in die onderbos warrel
 13.     die kleinvoëls bedrywig.
 14.    “Van wat het ons jou beskuldig?” vra die ouman uitdagend-
 15.     agterdogtig.
 16.    “Van alles wat julle kon. Vir Arend ook.”
 17.    “Ek het jou nooit vir Arend blameer nie!”
 18.    “Ander het.”
 19.    “Dan’s dit hulle saak,” sê hy en kyk Saul reguit in die oë. “Ek het nie
 20.     gepraat nie. Arend het gepraat voorlat hy sy vlees verlaat het.”
 21.     Die bosduif het weer sy koer begin en Saul weet skielik daar is iets wat
 22.     die ou man wil sê, maar nie weet hoe nie.
 23.    “Wat het Arend gesê?”

 1.1    “Van wanneer af skuld ons mekaar?” (Reël 1)

        1.1.1   Waarom pas die woord “ons” in hierdie gesprek, maar sou nie in
                gesprekke met die meeste bosmense gepas het nie?                            (1)

        1.1.2   Watter vergelyking uit die uittreksel weerspieël die bosmense se
                vasklou aan hulle menswaardigheid?                                          (1)

        1.1.3   Waarvoor wou Saul hom betaal?                                               (1)

 1.2    “Daar is baie min dinge waarvan julle my nie beskuldig het nie.” (Reël 8)

        Noem die dinge waarvan Saul in hierdie roman beskuldig was. Noem DRIE
        feite.                                                                              (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           5

 1.3    “Ek is nie melaats nie” (Reël 6)

        1.3.1    Wat sê die woord “melaats” oor die houding van die bosmense
                 teenoor Saul?                                                              (1)

        1.3.2    Na aanleiding van watter tragiese insident het Saul gedink kan oom
                 Martiens Botha vir Saul ook as melaats beskou het?                         (1)

        1.3.3    Wie moet wel die grootste skuld dra vir bogenoemde tragedie en
                 waarom?                                                                    (2)

 1.4    “Julle sal nie kan sê Saul Barnard het om kos kom bedel nie.” (Reëls 10 en 11)

        1.4.1    Waarom kon Saul met soveel selfvertroue sê dat hy nie om kos bedel
                 nie?

                 Gee TWEE redes.                                                            (2)

        1.4.2    Noem die insident tydens Saul se kinderjare toe sy familie soos
                 bedelaars gevoel het.                                                      (1)

 1.5    Noem ten minste TWEE emosies wat Saul in hierdie uittreksel wys.                    (2)

 1.6    “Wat het Arend gesê?” (Reël 23)

        1.6.1    Watter TWEE onwaarhede word in hierdie gesprek met Martiens
                 Botha opgeklaar?                                                           (2)

        1.6.2    Watter karaktertrek van die bosmense is deur hierdie aksie van oom
                 Martiens blootgelê?                                                        (1)

        1.6.3    Met watter gevoel het Saul dus na hierdie uittreksel weggestap?            (1)

 1.7    Waarom was dit vir Saul belangrik dat die onwaarhede oor hom opgeklaar
        word?                                                                               (1)

 1.8    Saul is op pad Meulbos toe.

        Waarom moes hy so dringend daar uitkom?                                             (1)

 1.9    Sy tog na Meulbos was gevul met teleurstellende waarnemings?

        Noem TWEE waarnemings.                                                              (2)

 1.10 Toe Saul van Martiens af wegstap, waarsku hy vir Saul teen Oupoot.

        Wat is ironies omtrent hierdie waarskuwing?                                         (2)

 1.11 Bewys dat die stelling waar is dat Martiens nie ryk is nie. Haal ŉ frase aan uit
      die uittreksel.                                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
6                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2017)

 1.12 Haal ŉ voorbeeld uit die uittreksel dat selfs die natuur die spanning tussen
      Saul en oom Martiens aanvoel.                                                           (1)

 1.13 Saul is moeg “van alles”.

        Gee EEN voorbeeld van die “alles” waarvan hy moeg is.                                 (1)

 1.14 Kies die korrekte woord om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die antwoord
      langs die vraagnommer (1.14.1–1.14.3) neer.

        Oupoot; Kate; vriendelik; Maska; katterig; wraaksugtigheid; geldgierigheid

        Terwyl Saul na sy skerm terugloop het, het … (1.14.1) hom agtervolg. Hulle
        was … (1.14.2) toe hulle mekaar sien. Kate beskuldig hom van … (1.14.3).              (3)

 1.15 Kies die naam uit KOLOM B wat by die gebeurtenis in KOLOM A pas. Skryf
      net die vraagnommer (1.15.1–1.15.4) en die letter (A–E) neer, bv. 1.15.5 F.

                              KOLOM A                             KOLOM B
        1.15.1       Saul sien Oupoot die eerste keer    A      Oppad Diepwalle toe

        1.15.2       Saul se ma bly daar                 B      Australië

        1.15.3       Patterson se geboorteplek           C      Groot Eiland

        1.15.4       Waar Saul se meubelmakery was       D      Swellendam

                                                         E      Kaapstad                      (4)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           7

 VRAAG 2: DIE ONGELOOFLIKE AVONTURE VAN HANNA HOEKOM
          – Marita van der Vyver

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS B

 1. “Maar hoe gaan ek haar kontak?” vra hy.
 2. “Ons sal wel in die week iewers gaan inkopies doen, ”troos Beyers. “Dan kan sy
 3. van daar af bel.”
 4. “Maar as sy... as iets gebeur ... as sy vroeër huis toe wil kom?”
 5. “As iets gebeur, sal ons natuurlik dadelik laat weet. Anders kan jy haar
 6. volgende Sondag kom haal. Soos afgespreek?”
 7. “Moenie worry nie, Pops,” sê Sharon en soen hom op die wang. “Ek sal oukei
 8. wees.”
 9. Hy laat gly sy oë deur die groot kombuis-eetkamer-sitkamer, die stokou stoele
 10. wat nie by mekaar pas nie, die ingesakte rusbank, die uitgetrapte mat voor die
 11. koolstoof. Dis duidelik dat hy glad nie seker is dat sy oukei sal wees nie. Om
 12. die waarheid te sê, ek ook nie. Sharon is gewoond aan verhitte vloere en
 13. verhitte handdoekrelings, aan soveel warm water as wat sy wil gebruik net
 14. wanneer sy dit wil gebruik, aan haar eie selfoon en haar eie rekenaar met haar
 15. eie e-posadres. Dis glad nie onmoontlik dat sy dalk vroeër sal wil huis toe
 16. gaan nie.
 17. Op hierdie oomblik verskyn Yann uit sy kamer, ŉ dwalende gees met sy
 18. oorfone steeds op sy kop geplak, en knik afgetrokke vir Sharon en haar pa
 19. terwyl hy vir homself ŉ koppie tee skink. Sharon lyk min gepla met sy
 20. onbeskofte houding. Haar tande skitter spierwit soos sy glimlag.
 21. “Dis glad nie so erg soos ek gedog het nie,” sê Sharon toe ek vir haar die toilet
 22. langs die kombuis wys. Dis ŉ outydse affêre met ŉ tenk wat hoog teen die
 23. muur sit en ŉ ketting waaraan jy baie hard moet trek as jy die bak met ŉ flou
 24. stroompie water wil uitspoel.

 2.1    Waarom sou jy ook senuweeagtig oor Sharon se koms wees as jy Hanna was?

        Gee TWEE feite.                                                                    (2)

 2.2    “Maar hoe gaan ek haar kontak?” (Reël 1)

        2.2.1    Watter emosie openbaar Sharon se pa met hierdie vraag?                    (1)

        2.2.2    Na watter manier van kontak het haar pa verwys.                           (1)

        2.2.3    Watter sigbare redes was daar op daardie stadium sodat Sharon se
                 pa genoeg rede sou hê om haar te kontak?                                  (1)

 2.3    “Ek sal oukei wees.” (Reël 7)

        Verduidelik hoe hierdie woorde later:

        2.3.1    Waar EN                                                                   (1)

        2.3.2    Onwaar word, gedurende Sharon se kuier op die berg.                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
8                         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2017)

 2.4    Wat het Gavin die perfekte stiefpa vir Hanna gemaak?

        Gee DRIE feite.                                                                     (3)

 2.5    Yann “knik” afgetrokke vir Sharon. Hoe verander sy houding later teenoor
        Sharon.                                                                             (1)

 2.6    “Moenie worry nie, Pops”, sê Sharon. (Reël 7)

        2.6.1   Met verwysing na bogenoemde aanhaling, hoe het Sharon en Hanna
                se biologiese pa’s verskil?                                                 (1)

        2.6.2   Hoe verander Hanna se siening oor haar pa aan die einde van die
                verhaal?                                                                    (1)

        2.6.3   Watter raad sou jy aan kinders gee wat ook probleme met hul ouers
                het?                                                                        (1)

 2.7    “Dis glad nie so erg soos ek gedog het nie.” (Reël 21)

        2.7.1   Waarom was Sharon verbaas toe sy agterkom dat die huis tog ŉ toilet
                en badkamer het?                                                            (1)

        2.7.2   Waarom is dit vir jou ironies dat die afwesigheid van weelde nie vir
                Sharon gepla het nie?                                                       (2)

        2.7.3   Watter lewensles leer ŉ mens uit hierdie houding van Sharon?                (1)

        2.7.4   Waarom dink jy is dit verkeerd van Sharon se pa om haar nooit saam
                te neem na haar ouma in die Karoo nie?                                      (1)

        2.7.5   Watter ooreenkoms is daar tussen Sharon se ouma en Hanna?                   (1)

 2.8    Gavin het Hanna se verjaarsdag onvergeetlik gemaak.

        2.8.1   Hoe het Gavin Hanna se verjaarsdag onvergeetlik gemaak?                     (1)

        2.8.2   Waarom was sy egter senuweeagtig oor sy koms.                               (1)

 2.9    Hanna het ŉ obsessie met Sharon se voorkoms gehad.

        2.9.1   Hoekom sou juis Sharon se tande Hanna se aandag trek?                       (1)

        2.9.2   Noem enige ander probleem wat Hanna met haar voorkoms gehad
                het.                                                                        (1)

        2.9.3   Hoe het Hanna se siening oor hoe sy oor haarself voel aan die einde
                verander?                                                                   (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         9

 2.10 Waarom was:

        2.10.1 Hanna en                                                                      (1)

        2.10.2 Yann aan die begin nie juis beïndruk met Margot nie?                          (1)

        2.10.3 Wat het Hanna se siening oor Margot drasties verander?                        (1)

 2.11 Kies die korrekte woord om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die antwoord
      langs die vraagnommer (2.11.1–2.11.3) neer.

                 rivier gesak het; reën opgehou het; Margot se Tarrot-kaartjies;
                               die weervoorspelling; vloere; mure

        Op die berg het die huismense beurte gemaak om te gaan kyk of
        die ... (2.11.1) Volgens ... (2.11.2) behoort Margot deur die drif te kan kom.
        Beyers is verbaas toe hy hoor Mana wil die ... (2.11.3) skrop.                       (3)

 2.12 Kies die gebeurtenis uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.

        Skryf net die vraagnommer (2.12.1–2.12.4) neer, bv. 2.12.5 F.

                                KOLOM A                             KOLOM B
        2.12.1        Volgens Margot is Hanna die slimkop     A   Hanna se verjaarsdag
                      in die familie.

        2.12.2        Gavin het ŉ probleem met die            B   Margot se aankoms
                      huismense se smaak van klere.

        2.12.3        Hanna vind meer uit oor Sharon se       C   Gavin se aankoms
                      ouma.

        2.12.4        Margot besluit om alleen te gaan draf   D   Margot se vertrek
                      ten spyte van die reën.

                                                              E   Sharon se aankoms          (4)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
10                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 3: MEEULANDERS – Esta Steyn

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS C

 1.     Fred toon nie reaksie nie. Hy stap deur na die woonkamer toe en Hermanus
 2.     hoor hoedat hy die drankkabinet oopmaak en ŉ glas uithaal. Die saak het
 3.     reeds te ver gevorder, besef Hermanus. Die wig is reeds te diep tussen
 4.     hulle ingedryf, en as hy nie oppas nie, gaan hy vir Fred ook verloor. Hy stap
 5.     woonkamer toe. Fred is besig om ys in sy glas te gooi en hy kyk nie op nie.
 6.    “Ek…gaan nou,” sê Hermanus, maar Fred kyk steeds nie na hom nie.
 7.     Hy meng sy drankie en sy stem is sag en beslis toe hy uiteindelik praat: “Ek
 8.     gaan met haar trou, Pa. Ek het haar ontsettend lief,”
 9.     Hermanus draai om en loop uit. Dit voel asof Fred se woorde hom agtervolg
 10.    tot in die portaal, tot buite op die stoep, tot waar hy in sy kar klim en
 11.    Salamander-Suid toe ry.
 12.    By die skoolsaal bly hy lank in die donker motor sit voordat hy uitklim. Sy
 13.    kop voel meteens dof en swaar. Elsabet in Sheila se plek? Hy kan hom nie
 14.    die rooikopvrou in hulle huis voorstel nie! Hy kan maar net bid dat Fred
 15.    betyds tot sy sinne sal kom.
 16.    Toe Hermanus Blanckenberg die oorvol skoolsaal binnestap, verleen dit
 17.    meteens ŉ nuwe status aan die okkasie, ŉ Blanckenberg bly nou maar
 18.    eenmaal ŉ gesalfde in Salamander-Suid.

 3.1    Die uittreksel begin by die einde van ŉ baie spanningvolle gesprek tussen
        Hermanus en Fred Blanckenberg.

        3.1.1   Waarom stap Hermanus as ŉ baie bekommerde pa daar weg?

                Gee DRIE feite                                                              (3)

        3.1.2   Watter “saak” het alreeds te ver gevorder?

                Gee TWEE feite.                                                             (2)

 3.2    3.2.1   Vir wie het Hermanus alreeds verloor?                                       (1)

        3.2.2   Wat was die oorsaak van die verwydering tussen Skalla en Fred?

                Gee TWEE feite.                                                             (2)

 3.3    “Ek … gaan nou” (Reël 6)

        Waarop kan die beletseltekens dui?

        Kies die korrekte antwoord uit die lysie hieronder
         verlies;
         verydeling;
         twyfel                                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                         11

 3.4    Waarom dink jy skink Fred vir homself ŉ drankie?                                    (1)

 3.5    3.5.1    Wat is die verskil dat daar nou daarmee niks verkeerd is dat Fred trou
                 nie?                                                                       (1)

        3.5.2    Waarom het Hermanus dan ŉ probleem daarmee? Gee TWEE redes                 (2)

 3.6    Haal ŉ voorbeeld van personifikasie uit hierdie uittreksel.                         (1)

 3.7    3.7.1    Waarom kan die Blanckenbergs nie nou negatiewe publisiteit bekostig
                 nie?                                                                       (1)

        3.7.2    Watter tragiese insident het alreeds soos ŉ donker wolk oor die
                 Blanckenbergs gehang?                                                      (1)

        3.7.3    Wat was die direkte oorsaak van hierdie tragedie?                          (1)

 3.8    Waarom is dit reg om te aanvaar dat Fred die meeste van die
        skoolgemeenskap se stemme sou verseker?                                             (1)

 3.9    3.9.1    Hermanus ontmoet vir Ryna by die skoolvergadering.

                 Wat is haar verbintenis aan die skool?                                     (1)

        3.9.2    Hoe verskil die vrou, Ryna, wat aan die begin van die verhaal by
                 Meeuland aankom, van die Ryna wat aan die einde Meeuland verlaat?          (2)

        3.9.3    Watter les kan ŉ mens hieruit leer?                                        (1)

        3.9.4    Waarom kan ŉ mens verstaan dat sy met haar tweede naam en
                 nooiensvan vir die werk by Meeuland aansoek gedoen het?                    (1)

 3.10 Beskryf die ongewone omstandighede hoe Ryna oornag Janka se ma geword
      het.

        Gee TWEE feite.                                                                     (2)

 3.11 Geheimsinnigheid word weer deel van Ryna se lewe op Meeuland.

        3.11.1 By watter geheim raak sy hier betrokke?                                      (1)

        3.11.2 Watter lang onopgeloste geheime word egter nou in eie haar lewe
               opgelos?

                 Gee TWEE feite.                                                            (2)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
12                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                (EC/SEPTEMBER 2017)

 3.12 Kies die korrekte woord om die paragraaf te voltooi.

        Skryf slegs die korrekte antwoord langs die vraagnommer (3.12.1–3.12.3)
        neer.

             Attie; Jacob; diamantboot; vissersboot; strikke; padblokkades

        Ryna maak ŉ kersvaderpak vir … (3.12.1). Attie besluit om later op ŉ … (3.12.2)
        in Suid-Wes te gaan werk. Die polisie stel … (3.12.3) op om Skalla te vang.           (3)

 3.13 Kies die insident uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.

        Skryf net die vraagnommer (3.13.1–3.13.4) en die letter (A–E) neer,
        bv. 3.13.5 F.

                        KOLOM A                                  KOLOM B
        3.13.1   Ryna ontdek ŉ malgasnes met ŉ         A     Janka word raakgeskiet
                 malgas- en ŉ duikereiertjie daarin.

        3.13.2   Twilight het huis toe gekom.          B     Skalla word doodgesteek

        3.13.3   Jacob aanvaar die hulp van Fred       C     Elsabet verdrink
                 se prokureur.

        3.13.4   Jakob besluit om die kreefdiewe       D     Kinnie sterf
                 groot skrik te maak.

                                                       E     Ryna verlaat Meeuland            (4)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           13

 VRAAG 4: LIEN SE LANKSTAANSKOENE – Derick van der Walt

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS D

 1. Juffrou Breytenbach loer oor haar brilletjie na die klas.
 2. “Ons moet iets omtrent die rekwisietekamer agter die saal doen voordat ons met
 3. die nuwe stuk begin,” sê sy terwyl sy oor die klas kyk.
 4. “Ek soek iemand om my te help.”
 5. Lien kyk te laat weg. Juffrou Breytenbach kyk na haar.
 6. “Kom Lien, kry nog iemand en dan kom help julle my. Die res van julle moet met
 7. julle opstelle aangaan.”
 8. Lien wil skree. Hoekom het sy nie gouer weggekyk nie? Sy kyk om haar rond. Sy
 9. weet nie wie om te vra nie. Miemie kyk vir haar. Lien wink vir haar. Hulle het nou wel
 10. nie ŉ sak sout saam opgeëet nie, maar steak en tjips is al ŉ begin, dink Lien. In stilte
 11. volg hulle juffrou Breytenbach, wat klik-klak met haar hoë hakke die gang af stap.

 12. Toe Juffrou Breytenbach terugkom, kry hulle tog in die deurmekaar vertrek
 13. orde geskep. Lien voel op ŉ manier tuis in die deurmekaarspul.
 14. Dit ruik na iets waarvan sy dink sy hou. Die stof en grimering en al die klere en
 15. kleure en stukke dekor laat haar tuis voel.
 16. Juffrou Breytenbach hang ŉ paar kostuums in die ingeboude kas in die hoek van die
 17. vertrek. “Ons kan dit weer gebruik,” sê sy terwyl sy haar brilletjie regskuif. ŉ Mens
 18. weet nooit nie.”
 19. Dit was die meeste pret wat sy in jare gehad het, dink Lien toe hulle terugstap klas
 20. toe. Sy en Miemie is skielik half ongemaklik met mekaar nadat hulle so simpel was
 21. in die rekwisietekamer.

 4.1    Die titel waaruit hierdie uittreksel kom, is: “Julia Roberts sonder die mond”.

        4.1.1    Waarna verwys “sonder die mond” letterlik?                                   (1)

        4.1.2    Wat sê “sonder die mond” van Lien se emosionele toestand?                    (1)

        4.1.3    Op watter rolprent is die verhoogstuk gebaseer wat deur Lien se klas
                 opgevoer gaan word?                                                          (1)

 4.2    “Lien kyk te laat weg.” (Reël 5)

        4.2.1    Afgelei van bogenoemde woorde, hoe was Lien van plan om te
                 reageer op juffrou Breytenbach se versoek om in die rekwisietekamer
                 te help?                                                                     (1)

        4.2.2    Waarom dink jy voel Lien “op ŉ manier tuis in die deurmekaar-spul”?          (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
14                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.3    “Hulle het nou wel nie ŉ sak sout saam opgeëet nie.” (Reëls 9 en 10)

        4.3.1   Verduidelik wat met hierdie woorde bedoel word deur te verwys na
                Lien en Miemie.                                                              (1)

        4.3.2   Noem TWEE geleenthede waartydens die twee mekaar se geselskap
                geniet het.                                                                  (2)

        4.3.3   Noem EEN ooreenkoms tussen die pa’s van Lien en Miemie.                      (1)

 4.4    4.4.1   Wat is die rede waarom Lien se pa nie meer by die huis is nie?               (1)

        4.4.2   Watter effek het die afwesigheid van Lien se pa op haar ma gehad?            (1)

        4.4.3   Noem DRIE voorbeelde van hoe Lien se pa se afwesigheid druk op
                Lien geplaas het.                                                            (3)

 4.5    Lien kry dit reg om orde in die rekwisietekamer te skep.

        Wat maak hierdie stelling ironies as ŉ mens na haar eie lewe kyk?                    (2)

 4.6    “Ons kan dit weer gebruik. ŉ Mens weet nooit nie.” (Reëls 17 en 18)

        4.6.1   Hoe raak hierdie woorde waar in Lien se lewe?                                (1)

        4.6.2   Watter slegte nuus ontvang Lien wat haar forseer om van die
                kostuums gebruik te maak?                                                    (1)

        4.6.3   Watter tema van hierdie roman hou verband met bogenoemde
                aanhaling?                                                                   (1)

 4.7    “Dit was die meeste pret wat sy na jare gehad het” (Reël 19)

        4.7.1   Watter ander karakter by die skool sorg vir pret in Lien se lewe?            (1)

        4.7.2   Dink jy Lien was reg om toe te laat dat haar omstandighede die pret
                uit haar lewe wegneem?

                Motiveer jou antwoord.                                                       (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                           15

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS E

 1.    Roos kyk na die pamflet.
 2.    “Dis dan Checkers! Dis nie Spar nie!” sê sy vir Magriet.
 3.    “Oeps,” sê Magriet en slaan haar hand voor haar mond. Lien en Tibbey kyk
 4.    na mekaar. Roos gluur vir Magriet en draai sonder ŉ woord om en stap
 5.    vinnig, vooroor gebuig met haar handsakkie onder die arm en haar
 6.    plastieksak vol blikkies na die uitgang van die sentrum. Dan volg Tibbey met
 7.    sy vlag en sy sakkie en dan Lien met haar sakkie halfprice en haar rooi
 8.    sportsak. Shopping gedoen.

 9. Weer die Volvo. Hulle kom elke middag hierlangs. Sproet met Sproetjie op
 10. die agterste sitplek. Hy gaan haal haar seker iewers by ŉ kleuterskool,
 11. vermoed Lien.
 12. Sproet groet soos gewoonlik vriendelik, terwyl hy glimlag en stip na haar kyk.
 13. “Britney, sê vir die tannie met die lelike skoene ek gaan ŉ boetie kry.” Soos
 14. gewoonlik ignoreer Lien die klein snip.
 15. Sproet gee weer, baie. Lien vat die geld ongemaklik.

 4.8     4.8.1   Verduidelik die misverstand by Lien-hulle soos afgelei uit
                 bogenoemde uittreksel.                                                          (2)

         4.8.2   Hoe het hulle tog voordeel getrek uit die misverstand by Spar?                  (1)

 4.9     Verduidelik die rol wat die rooi sportsak in Lien se lewe gespeel het.                  (1)

 4.10 “Weer die Volvo.” (Reël 9)

         4.10.1 Wat suggereer die bostaande woorde?                                              (1)

         4.10.2 “Sproet gee weer, baie.” (Reël 15)

                 Met watter bybedoelings het Sproet vir Lien baie geld gegee?                    (1)

         4.10.3 Watter hedendaagse bedryf of gebruik word hier gesuggereer?                      (1)

 4.11 Kies die korrekte woord om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die antwoord
      langs die nommer (4.11.1–4.11.3) neer.

                      Wimpie; Wouter; stiefma; stiefpa; ma; Hein; Malie’s Garden

         Toe Wouter sy lisensie kry, het hy dit by ... (4.11.1) gevier. Lien is met
         ... (4.11.2) matriekafskeid toe. Wouter gaan by sy ... (4.11.3) vakansie hou.           (3)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
16                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2017)

 4.12 Kies die naam uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.

        Skryf net die vraagnommer (4.12.1–4.12.4) neer, bv. 4.12.5 F.

                        KOLOM A                                KOLOM B
        4.12.1   Speel swak klavier                   A    Braam

        4.12.2   Groot voete soos sy pa               B    Juffrou Breytenbach

        4.12.3   Ry ŉ rooi Renault                    C    Christiaan

        4.12.4   Village idiot                        D    Mnr. Bruwer

                                                      E    Lien                            (4)
                                                                                          [35]

                                                            TOTAAL AFDELING A:             35

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 17

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          17

 AFDELING B: DRAMA
 VRAAG 5: POPPIE - DIE DRAMA – Elsa Joubert en Sandra Kotzé
 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:
 TEKS F

 Hulle sing die bruilofslied
 1. POPPIE. Wat het ek nou gedoen? Bhuti Plank, Hoedjie, Moesie, waar’s
 2. julle? Julle het my hier gelos.
 3. SKOONSUSTER. Ons gaan nou vir jou die makoti-klere aantrek. En dan
 4. gaan ons terug voorhuis toe. (Sy gee vir Poppie die kopdoek aan, help
 5. haar om dit om te bind.)
 6. POPPIE. Nou is dit die ukuyalwa…die tyd van vermaninge. Nou word
 7. vertel hoe ons moet saamlewe en hoe ons ons moet gedra. (Sy gaan sit
 8. op blik.)
 9. MOSIE (aan albei). Julle is nou ander soort mense…nuwe mense.
 10. SKOONSUSTER (aan Poppie). Jy moet nou na die man se mense kyk
 11. en jy moet weet jy is hulle kind.
 12. PLANK. (aan Poppie). Jy wat vrou is, jy moet nou nie die familie waar jy
 13. ingetrou het, gaan uitmekaar maak nie.
 14. HOEDJIE (aan Stone). Jy moet weet jy is die kind van jou skoonmense
 15. en jy moet inspring as hulle iets oorkom.
 16. POPPIE (aan gehoor). Dis nou die hardste punt in die Xhosa se
 17. troue…dis die droewigste, want nou vertel hulle vir jou sulke woorde tot
 18. jy huil in die voorhuis. Vir almal is dit droewig, want soos die ou mense
 19. daar sit, dink hulle jy weet nie waarin jy jou nou beland het nie. (Sien hoe
 20. almal droewig wegbeweeg.) Dan sien jy die ou mense huil saam met
 21. jou. Jy word hartseer oor die woorde wat op jou val … want jy trou nie
 22. die man alleen nie, jy trou in die familie in, jy’s nou onder hulle dak.

 5.1    POPPIE: “Julle het my hier gelos.” (Reël 2)
        5.1.1    Waar is die hier waarna Poppie verwys?                                      (1)
        5.1.2    Noem DRIE dinge wat nou hier met Poppie gebeur?
                 Gee DRIE feite.                                                             (3)
        5.1.3    Wat is die vermaninge wat Poppie hier ontvang.                              (1)
        5.1.4    Dink jy die vermaninge is nodig?
                 Motiveer deur EEN karaktertrek van Poppie te noem?                          (1)
        5.1.5    Wat bedoel Mosie as hy sê: “Julle is nou ander soort mense … nuwe
                 mense”? (Reël 9)                                                            (1)
        5.1.6    Wat is ironies omtrent die atmosfeer wat in hierdie uittreksel heers?       (2)
        5.1.7    Verduidelik Hoedjie se woorde: “… jy moet inspring as hulle iets
                 oorkom …” (Reël 15)                                                         (1)
        5.1.8    Voel jy dat Stone en Poppie ewe veel verantwoordelikhede teenoor
                 mekaar se families het? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 18

Downloaded from hlayiso.com
18                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2017)

 5.2    Bestudeer Poppie se woorde aan die gehoor vanaf reël 16.

        5.2.1   Watter emosie ervaar Poppie afgelei van hierdie woorde?                     (1)

        5.2.2   POPPIE (aan gehoor). “… dink hulle jy weet nie waarin jy jou nou
                beland het nie.”

                Wat gee Poppie hiermee te kenne?                                            (1)

 5.3    Haal TWEE opeenvolgende woorde aan wat duidelik verwysings na die
        drama as ŉ genre het.                                                               (1)

 5.4    5.4.1   Om watter rede het Poppie later haarself weer in Hershel bevind?            (1)

        5.4.2   Waarom was Stone dan nie saam nie?                                          (1)

 5.5    Wanneer eers, soos afgelei uit die uittreksel, voel die ou mense dat die vrou
        verstaan wat hulle aan haar oordra?                                                 (1)

 5.6    5.6.1   Om watter redes is dit waar dat Poppie nie sommer dadelik van Stone
                gehou het nie?

                Gee TWEE feite.                                                             (2)

        5.6.2   Poppie en Stone trou op ŉ “verkeerde” tyd in SA se geskiedenis.
                Motiveer hierdie stelling deur na TWEE onaangename gevolge in
                hulle lewe te verwys.

                Gee TWEE feite.                                                             (2)

 5.7    Voel jy dis reg dat ŉ getroude man en vrou apart van mekaar moet bly?               (1)

 5.8    Hoe word van Stone se lobola vir die troue gebruik?                                 (1)

 5.9    Gee TWEE bewyse dat Stone ŉ goeie man vir Poppie was.                               (2)

 5.10 Watter ware les is daar vir getroude mense in hierdie uittreksel?                     (1)

 5.11 Hoe bewys Poppie haarself as ŉ goeie ma in hierdie drama?

        Gee TWEE feite.                                                                     (2)

 5.12 Kies die korrekte woord om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die antwoord
      langs die vraagnommer (5.12.1–5.12.3) neer.

                sterwe; word gesond; Philippi; Lambertsbaai; verblyfpermit

        Stone glo ŉ mens … (5.12.1) in ŉ hospitaal. Dis by die melkery by … (5.12.2)
        waar hy siek word. Hierdie werk het verseker dat hy ŉ … (5.12.3) kry.               (3)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 19

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)             AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                       19

 5.13 Kies die gebeurtenis uit KOLOM B wat by die beskrywing in KOLOM A pas.

        Skryf net die vraagnommer (5.13.1–5.13.4) en die letter (A–E) neer,
        bv. 5.13.5 F.

                              KOLOM A                            KOLOM B
        5.13.1        Stone is tevrede met haar huis.    A   Stone kuier

        5.13.2        Stone se min besittings pas in ŉ   B   Stakings
                      trommeltjie.

        5.13.3        Stone kan nie deelneem nie         C   Polisie soek Jakkie

        5.13.4        Stone is nou tata-ka-Bonsile.      D   Stone sterwe

                                                         E   Poppie trou met Stone           (4)
                                                                                            [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 20

Downloaded from hlayiso.com
20                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2            (EC/SEPTEMBER 2017)

 VRAAG 6: PALJAS – CHRIS BARNARD

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS G

 1. Emma het intussen onseker in die voordeur kom staan
 2. NOLLIE: Hello, Emma! (Hy sê dit ŉ bietjie hard om sy eie ongemaklikheid te
 3. verberg.) Hoe gaan dit?
 4. HENDRIK: Nollie wil jou die perdeblomme loop wys.
 5. EMMA: Nee, dankie
 6. NOLLIE: Tannie, sy’t belowe sy sal saam met my Volstruisdans toe gaan.
 7. HENDRIK: Wát?
 8. EMMA: As Ma-hulle ook gaan.
 9. KATRIEN: Ek sal gaan as Pa my vra.
 10. HENDRIK: W-á-t?
 11. KATRIEN: Ek sou laas jaar ook gegaan het as iemand my gevra het.
 12. (Sy gaan die huis in.)
 13. Hendrik staan haar verbaas en agterna kyk.
 14. Willem loop koes-koes tussen die bloekombome deur. Hy hou sy
 15. twee hande bak voor hom. Hy dra vier dik snye brood met botter en konfyt
 16. op.
 17. Twee jong manne, vroeg twintig, staan op ŉ afstand vir hom en kyk.
 18. Naby die skuur sit hy dit op ŉ boomstomp neer. Hy kyk rond en gee ŉ kort
 19. fluit. Dan swaai hy om en hardloop terug huis toe.

 6.1    6.1.1   Hoekom dink jy was Emma onseker toe sy in die voordeur kom staan?

                Gee TWEE feite.                                                           (2)

        6.1.2   Gee EEN rede waarom Nollie ook ongemaklik was.                            (1)

 6.2    6.2.1   Volgens Nollie het Emma hom belowe om saam Volstruisdans toe te
                gaan.

                Waarom is hierdie stelling nie heeltemal waar nie?                        (1)

        6.2.2   Met verwysing na VRAAG 6.2.1, dink jy Nollie het hier reg teenoor
                Emma opgetree?

                Gee ŉ rede vir jou antwoord.                                              (1)

 6.3    Waarom is Hendrik so verbaas oor Emma se antwoord?                                (1)

 6.4    Waarom word die Volstruisdans as ŉ belangrike konflikmoment in hierdie
        drama beskou?                                                                     (1)

 6.5    KATRIEN: “Ek sou laas jaar ook gegaan het as iemand my gevra het.”
        (Reël 11)

        Noem TWEE moontlike beskuldigings wat Katrien na Hendrik slinger oor die
        toestand van hul huwelik.                                                         (2)

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 21

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        21

 6.6     6.6.1   Watter emosie ervaar Willem as hy “koes-koes” tussen die
                 bloekombome deurloop?                                                     (1)

         6.6.2   Waarom sou hy hierdie emosie ervaar?                                      (1)

         6.6.3   Waarom sou die twee jongmanne vir Willem staan en kyk?

                 Gee DRIE feite.                                                           (3)

         6.6.4   Waarom is dit belangrik dat hy die brood naby die skuur neersit?          (1)

 6.7     HENDRIK: “Nollie wil jou die perdeblomme loop wys.” (Reël 4)

         6.7.1   Waarom sou hierdie handeling van haar pa vir Emma vroeër hewig
                 ontstel het?                                                              (1)

         6.7.2   Wie se kant (Emma of Hendrik s’n) sou jy in die verlede gekies het en
                 waarom?                                                                   (1)

 6.8     6.8.1   Emma hou aan skep en gooi. Sy gooi die water al hoe nader aan
                 Nollie.

                 Hoe verskil hierdie handeling van Emma teenoor Nollie in vergelyking
                 met voorheen in die drama?                                                (2)

         6.8.2   Watter huislike omstandighede het Emma vroeër so laat optree?             (1)

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS H

 1.    Willem gee ŉ gilletjie as sy ma te diep steek.
 2.    KATRIEN: Die ding sit diep, Boetie. Byt op jou tande.
 3.    HENDRIK: Watse gesukkel is dit met ŉ naald? Willem, toor
 4.    die doring uit, man!
 5.    KARTIEN: Hendrik, begin jy al weer…
 6.    Willem gee weer ŉ gilletjie, ruk sy voet weg en spring van die
       muurtjie af. Hy wil hol, maar sy pa gryp hom.

 6.9     HENDRIK: “Willem, toor die doring uit man!” (Reël 3)

         6.9.1   Willem ervaar hier fisiese pyn. Wat was egter die oorsaak van die
                 emosionele pyn in Willem se lewe?                                         (1)

         6.9.2   Hoe het Manuel Willem se probleem reggetoor?                              (1)

         6.9.3   Watter duidelike bewys was daar dat hy sy probleem oorkom het?            (1)

 6.10 KATRIEN: “Hendrik begin jy al weer …” (Reël 5)

         Waaroor waarsku Katrien vir Hendrik?                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 22

Downloaded from hlayiso.com
22                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2              (EC/SEPTEMBER 2017)

 6.11 Hoe het hierdie gesin vir Manuel gehelp toe hy pyn gehad het?

        Gee TWEE feite.                                                                      (2)

 6.12 Wat sou jy as die tema van hierdie drama beskou?                                       (1)

 6.13 Hoe is Hendrik en sy gesin se gesinslewe demonstrasie van die tema?                    (1)

 6.14 Kies die korrekte woord om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die antwoord
      langs die vraagnommer (6.14.1–6.14.3) neer.

                        planne; probleme;      trou; kinders hê;   seer

        Volgens Emma gesels hulle as ŉ gesin nie oor hul … (6.14.1) nie. Dis
        waarom sy nie eendag wil … (6.14.2) nie. Sy voel hulle moet oor alles praat,
        al maak dit hoe … (6.14.3).                                                          (3)

 6.15 Kies die naam uit KOLOM B wat by die gebeurtenis in KOLOM A pas.

        Skryf net die vraagnommer (6.15.1–6.15.4) en die letter (A–E) neer,
        bv. 6.15.5 F.

                       KOLOM A                                   KOLOM B
        6.15.1   Die hoogtepunt van die spanning.     A   Motoriese moment

        6.15.2   Die opdaag van sirkustrein.          B   Toe die nar geskiet word

        6.15.3   Die dorpsmense aanvaar nie die       C   Die gebeure by die
                 McDonalds nie.                           Volstruisdans

        6.15.4   Katrien is baie besorgd oor haar     D   Willem raak bevriend met
                 voorkoms.                                Manuel

                                                      E   Frans daag by Hendrik se
                                                          huis op                             (4)
                                                                                             [35]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 23

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                          23

 VRAAG 7: FIELA SE KIND – Dalene Matthee

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS I

 1. FIELA: Dis my hanskind.
 2. LANGE: Wat jy waar gekry het, vra ek jou.
 3. FIELA: Waar kry jy hansgoed? Ek het hom gekry waar sy ma hom gelos
 4.         het, dis waar ek hom gekry het.
 5. LANGE: Waar was dit?
 6. FIELA: Net daar waar baas nou sit.
 7. LANGE: Wanneer?
 8. FIELA: Amper nege jaar gelede. Middel van die nag.
 9. DIKKE: Hy lyk ouer as nege.
 10. FIELA: Hy is.
 11. DIKKE: Hoe oud is hy?
 12. FIELA: Ek weet nie, ek het hom so op drie geskat die nag.
 13. LANGE: Jy sê jy het hom hier voor jou agterdeur gekry. Het hy gestaan
 14.        of gesit of gelê?
 15. FIELA: Gestaan.
 16. LANGE: Ek dink jy lieg.
 17. FIELA: Vir wat sal ek lieg? Ek het die nag nog wakker geword van ŉ
 18.        kind wat huil en toe ek kom oopmaak, toe staan hy hier. Iemand
 19.        het hom voor my deur kom los.
 20. DIKKE: Het jy iets gehoor?
 21. FIELA: Nee. Net die kind.
 22. LANGE: Maar dit het jou nie die reg gegee om hom te hou nie. Dis ŉ
 23.        wit kind!
 24. FIELA: Moes ek hom buite laat staan het?
 25. LANGE: Moenie vir jou probeer slim hou nie, vrou. Jy het ŉ wit kind op
 26.        jou werf en tussen jou ander kinders in die huis en jy weet net
 27.        so goed soos ek dat dit nie die regte ding is nie.
 28. FIELA: Wat van die bruin kinders op die wit mense se werwe en in hulle
 29.        huise en tussen hulle kinders?
 30. LANGE: Dis ŉ ander saak. Saans gaan daardie kinders huis toe, dis
 31.        die werfvolk se kinders. Dis ŉ verkeerde ding hierdie.
 32. FIELA: Sê wie?

 7.1    FIELA: “Dis Benjamin, my hanskind?” (Reël 1)

        7.1.1    Wat is ŉ hanslam?                                                           (1)

        7.1.2    Hoe pas bogenoemde term by Benjamin?                                        (1)

 7.2    LANGE: “Maar dit het jou nie die reg gegee om hom te hou nie.” (Reël 22)

        7.2.1    Watter politieke stelsel probeer Lange hier verdedig?                       (1)

        7.2.2    Waarom dink jy is dit reg dat hy hierdie stelsel verdedig het?              (1)

        7.2.3    Stem jy saam dat Fiela doelbewus probeer het om Benjamin daar te
                 hou?

                 Motiveer jou antwoord deur TWEE feite te gee.                               (2)
Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 24

Downloaded from hlayiso.com
24                      AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2             (EC/SEPTEMBER 2017)

 7.3    LANGE: “Dit kan nie jou kind wees nie.”

        7.3.1   Wat maak hierdie stelling waar vir die periode waarna hierdie drama
                verwys?                                                                    (1)

        7.3.2   Hoekom sou die stelling vandag nie noodwendig waar wees nie?               (1)

        7.3.3   Watter klag kon die polisie moontlik teen Fiela ondersoek indien
                Lange se agterdog waar sou wees?                                           (1)

 7.4    Hoe oud word Benjamin nou geskat volgens die uittreksel?                           (1)

 7.5    LANGE: “Het hy gestaan of gesit of gelê?” (Reëls 13 – 14)

        Wat is Lange se motief met hierdie vraag?                                          (1)

 7.6    Sou jy sê Lange het nie juis met baie respek teenoor Fiela opgetree nie?

        Motiveer jou antwoord.                                                             (1)

 7.7    Watter stereotipering kan ŉ mens uit die uittreksel aflei?                         (1)

 7.8    Watter woord in die uittreksel herinner ŉ mens aan Apartheid?                      (1)

 7.9    Waarom word die sensusbeampte slegs as “Lange” voorgestel?                         (1)

 7.10 LANGE: “Dis ŉ verkeerde ding hierdie.” (Reël 31)

        7.10.1 Waarna verwys die “dis” waarvan hier gepraat word?                          (1)

        7.10.2 Wat is ironies omtrent Lange se aangehaalde woorde?                         (2)

 7.11 Benjamin Komoetie se naam verander later na Lukas van Rooyen.

        7.11.1 Benjamin het volstrek geweier om ŉ nuwe identiteit te aanvaar.

                Gee DRIE feite waarom hy dit tog later moes doen.                          (3)

        7.11.2 Hoe forseer Elias hom om sy nuwe naam te aanvaar.                           (1)

        7.11.3 Watter korrupte aksie het tydens die hofverrigtinge plaasgevind?            (1)

        7.11.4 Waarom het Barta egter met die waarheid uitgekom?                           (1)

 7.12 7.12.1 Noem TWEE voordele wat Benjamin tog geniet het toe hy as Lukas
             van Rooyen bekend was.                                                        (2)

        7.12.2 Waarom het Benjamin homself aan die einde as ŉ Komoetie beskou?             (1)

Kopiereg voorbehou                                                          Blaai om asseblief

### Page 25

Downloaded from hlayiso.com
(EC/SEPTEMBER 2017)         AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2                        25

 7.13 Kies die korrekte antwoord tussen hakies. Skryf slegs die vraagnommer (7.13)
      en die antwoord neer.

        Die funksie van die STEM OP BAND is om (tydspronge aan te dui/die volgende
        toneel aan te kondig).                                                     (1)

 7.14 Kies die korrekte woord om die paragraaf te voltooi. Skryf slegs die antwoord
      langs die vraagnommer (7.14.1–7.14.3) neer.

             bos; twaalfjarige; dertienjarige; primitief; Lange Kloof; hardwerkend

        Die bruin Komoetie-gesin het in die … (7.14.1) gebly. Benjamin word op
        … (7.14.2) ouderdom van Fiela weggeneem. Die wit Van Rooyen-gesin word
        as … (7.14.3) voorgestel.                                                         (3)

 7.15 Kies die naam uit KOLOM B wat by die aanhaling in KOLOM A pas. Skryf net
      die vraagnommer (7.15.1–7.15.4) en die letter (A–E) neer, bv. 7.15.5 F.

                                  KOLOM A                                 KOLOM B
        7.15.1 “ ŉ Ooi wat haar lam weggegooi het, draai nie terug nie.” A Kittie

        7.15.2 “Jy het my belieg”                                        B Fiela

        7.15.3 “Wat moet ek nou skryf, Ma”                               C Lukas

        7.15.4 “Ek gee nie langer my geld af nie, vir niemand nie”       D Lange

                                                                         E Nina            (4)
                                                                                          [35]

                                                              TOTAAL AFDELING B:           35

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 26

Downloaded from hlayiso.com
26                          AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V2           (EC/SEPTEMBER 2017)

 AFDELING C: KORTVERHALE

 SPIEËLBEELDE

 Beantwoord die vrae oor ALTWEE die volgende kortverhale

 VRAAG 8

 VEERTIG SINKPLATE TEEN DIE SUIDEWIND – Dana Snyman

 Lees die uittreksel hieronder deur en beantwoord die vrae wat daarop volg:

 TEKS J

 1. Ons hou stil in ŉ straat vol klippe en slote in Tshing.
 2. Ventersdorp se township. “Is dit nou jou huis hierie, Johannes?”
 3. vra ek.
 4. “Dis my huis, Makosi,” sê Johannes, en glimlag vir sy huis.
 5. Marokkastraat 143, Extention Four, Tshing, Ventersdorp, Suid-Afrika.
 6. Ons klim uit my bakkie, ek en Johannes. Ek kuier ŉ paar dae by my pa
 7. op Venterdorp, en Johannes, wat al ŉ ruk by my pa werk, het gevra of
 8. ek nie vir hom ŉ rol ogiesdraad hier kan kom aflaai nie. My pa het
 9. pakkamer skoongemaak en besluit Johannes kan maar die rol draad
 10. kry.
 11. Johannes wil ŉ hoenderhok met die ogiesdraad bou. Ons lig dit van
 12. die bakkie en dra dit oor Johannes se skoongevede werf. In die hoek
 13. van die werf staan reeds vier bloekomlote ingeplant – die skelet van ŉ
 14. hok waarvoor Johannes nog die hoenders moet kry. Die hond het hy
 15. darem al. Hy is maer en geel en lê langs ŉ pampoenrank in die
 16. buitekleinhuisie se skadu, met ŉ vraagteken vir ŉ stert, en ŉ halsband
 17. om die nek, vas aan ŉ ketting, wat weer om ŉ draad vas is wat laag
 18. oor die lengte van die werf gespan is.

 8.1    Kyk na die titel.

        8.1.1   Aan watter sosiale probleem in Suid-Afrika laat die titel jou dink?          (1)

        8.1.2   Noem ten minste EEN simboliese betekenis wat ŉ mens aan die
                suidewind kan koppel.                                                        (1)

 8.2    Noem ten minste EEN kontras tussen die verteller en Johannes.                        (2)

 8.3    Tshing is ŉ township in Ventersdorp.

        Gee enige DRIE feite uit hierdie kortverhaal wat kenmerkend is van ŉ
        township in Suid-Afrika.                                                             (3)

 8.4    Die hond se stert maak ŉ vraagteken terwyl hy daar lê.

        Watter figuurlike betekenis kan daaraan gekoppel word?                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

Text truncated here. Open the document page to read the rest.

## Related documents

- [Afrikaans EAT V2 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v2-memo/8057dd7e-0cc4-42b8-aa2e-eea5259b10ce) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 May June 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-may-june-2017/53fed238-2b40-48fa-945c-5ac2140bd921) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-nov-2017/ee064d8b-979d-4573-8a64-e27394400145) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P3 Nov 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-nov-2017/5782bb5b-ab41-4575-8d08-8b050f95ab0b) — Afrikaans FAL · QP · 2017 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — Afrikaans FAL · QP · 2023 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 2021 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-2021-memo/fa39593a-6800-4788-88d4-bfdf1e468aa8) — Memo · 2023 · Afr
- [Afrikaans P2 (FAL) Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p2-fal-memo/f7c0afe1-2da9-45cb-aa34-ddcb4bbd0ca2) — Memo · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
