# Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2012 Question Paper

> Grade 5 Afrikaans FAL question paper from the ANA 2012, 9 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012/c3344422-7c28-4089-a355-ce82c4a28737
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 5
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: ANA
- Curriculum: CAPS
- Pages: 9

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 5](https://www.hlayiso.com/library/grade-5) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-5/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 5 ANA 2012 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012/c3344422-7c28-4089-a355-ce82c4a28737)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 5 · ANA · 2012 · Afrikaans. Question paper, 9 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                                           PUNTE

                     JAARLIKSE NASIONALE ASSESSERING 2012
                   GRAAD 5 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL
                                     TOETS

PUNTE: 30

TYD: 1½ uur

PROVINSIE _______________________________________________________________________

STREEK _________________________________________________________________________

DISTRIK ________________________________________________________________________

NAAM VAN SKOOL_______________________________________________________________

NASIONALE OBIS-NOMMER (9 syfers)

KLAS (bv. 5A) ____________________________________________________________________

VAN ______________________________________________________________________________

NAAM ____________________________________________________________________________

GESLAG (✓)         SEUN                            DOGTER

GEBOORTEDATUM             C   C    Y    Y    M    M    D    D

                                                                     *5AFAL*

              Hierdie toets bestaan uit 8 bladsye, die voorblad uitgesluit.

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com

Instruksies aan leerders

1.   Lees alle instruksies noukeurig deur.
2.   Beantwoord al die vrae in die spasies wat voorsien word.
3.   Die toets duur 90 minute.
4.   Die onderwyser sal jou deur die praktiese voorbeelde lei voordat jy met die toets begin.
5.    Skryf netjies en leesbaar.

Praktiese voorbeelde

1.    Omkring die letter wat die korrekte antwoord.

      Ons is in Graad …

       A      drie.
       B      vier.
      C       vyf.
       D      ses.

Jy het die vraag korrek beantwoord as jy C omkring het.

2.    Gee TWEE redes waarom jy dink dat jy hierdie skooljaar gaan geniet.
      ________________________________________________________________

     Jy moet min of meer so iets skryf:

     Ek sal die jaar geniet omdat my Afrikaanse onderwyser baie vriendelik is. Ek sal
     dit ook geniet, want my ou vriend is terug by die skool.

3.    Onderstreep die korrekte antwoord uit die keuse tussen hakies.

      Bafana Bafana is die sokkerspan van (Nigerië/Suid-Afrika/Australië).

      Antwoord: Suid-Afrika

                          Die toets begin op die volgende bladsy.
Graad 5 Afrikaans EAT                        1

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com

Lees die volgende storie en beantwoord die vrae wat volg.

Eendag het ŉ wolf, Zizama, ŉ hond Tika, ontmoet. Zizama was maer en honger en Tika was
groot en vetgevoer. Zizama het gesê: “Jy lyk baie gesond. Ek dink nie ek het al ooit iemand
gesien wat mooier as jy lyk nie. Wat doen jy om so goed te lyk? Dit lyk asof jy beter lewe as
ek, en tog doen jy baie minder as ek. Ek beweeg altyd rond op soek na kos, terwyl dit lyk
asof jy die lewe geniet sonder om baie werk te doen.”

“Jy kon net so goed soos ek lewe,” sê Tika, “net as jy my werk vir my sal doen.”
“Watter werk doen jy?” het Zizama gevra.
“My werk is om die huis in die nag te beskerm en die diewe weg te hou,” het Tika gesê.
“Ek is bereid om dit te doen,” het Zizama gesê, “Ek woon in die bosse. Dit is moeilik vir my
wanneer die weer koud en reënerig is. Wat sal ek nie alles wil gee om ŉ dak oor my kop te
en baie goeie kos te hê nie!”

“Volg my,” het Tika gesê. Terwyl hulle geloop het, het die wolf ŉ merk om die hond se nek
gesien en gevra wat dit was. “Dit is niks nie,” het Tika gesê.
“Ja, maar sê vir my,” Zizama het aangehou.
Tika het gesê, “Wel, ek word in die dag vasgemaak sodat ek nie die mense kan byt nie. Dit
is net in die nag dat ek losgemaak word. Dit het die voordeel dat ek gedurende die dag kan
slaap en ŉ beter waghond gedurende die nag is. As dit donker word, word ek vrygelaat, en
ek kan gaan waarheen ek wil. My meester bring vir my bene en die kinders maak my skoon.
Ek eet baie goed en ek is gelukkig. Wat dink jy?”

“Ek is jammer, maar jy kan alles hou wat jy het. Ek wil vryheid hê, en wil nie die lewe wat jy
lei, hê nie,” het Zizama gesê terwyl hy omdraai.

                                                                 [Verwerk uit Once Upon a Time]

Graad 5 Afrikaans EAT                         2

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com

1.        Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
          Wat sou die beste titel vir die storie wees?
          A    Die Lewe van die Wolf en die Hond.
          B    Die Kinders en die Hond.
          C    Die Meester en die Hond.
          D    Die Diewe en die Hond.                                                (1)

 2.       Watter probleme het Zizama, die wolf, ervaar om in die bos te bly?
          ________________________________________________________________           (1)

3.       3.1    Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

                Hoe sou jy Tika, die hond, beskryf?

                A       Hy was maer en vuil.
                B       Hy was groot en vuil.
                C       Hy was groot en skoon.
                D       Hy was maer en skoon.                                        (1)

         3.2    Wat het Tika, die hond, vir Zizama, die wolf, probeer wegsteek?

                ______________________________________________________               (2)

4.       Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

         Hoekom het Zizama, die wolf, rondbeweeg op soek na kos? Hy het dit gedoen
         omdat ...

          A      dit pret was om rond te beweeg.
          B      niemand vir hom kos gegee het nie.
          C      Tika, die hond, vir hom gesê het om dit te doen.
          D      hy nie ŉ merk aan sy nek wou hê nie.                                (1)

Graad 5 Afrikaans EAT                            3

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com

5.       Omkring die letter voor die korrekte antwoord.
         Wat kan ons uit die storie leer? Ons kan leer dat …

          A        dit beter is om goed te lewe.
          B        dit beter is om goed te eet.
          C        veiligheid belangriker is.
          D        vryheid belangriker is.                                               (1)

6.       Dink jy Tika, die hond, het van ŉ makliker lewe gehou? Gee ŉ rede vir jou
         antwoord.

         Skryf in 'n volsin.

         _______________________________________________________________
                                                                                         (2)
         _______________________________________________________________

7.       Twee woorde is verkeerd gespel in die sin hieronder.

         Vind die woorde en skryf hulle korrek oor.

         “Ouma, ek is so dankbaar dat jy geld gespaar het. Ek het dit onmidelik nodig.
         Ek is nou so gelukig. ”

         7.1 __________________________                                                  (1)

         7.2 __________________________                                                  (1)

8.       Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

         8.1   Tika, die hond, was goed gevoer en hy het ... as die wolf geword.

               A        die sterkste
               B        meer sterk
               C        sterker
               D        sterk                                                            (1)

Graad 5 Afrikaans EAT                              4

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com

         8.2    Tika, die hond, het ... as Zizama, die wolf, gelyk.

                A       gesonder
                B       gesond
                C       meer gesond
                D       meer gesonder                                                (1)

9.       Verbind die twee sinne deur gebruik te maak van die voegwoord “maar”.

         Pieter swem goed. Pieter het nie aan enige kompetisies deelgeneem nie.

         _________________________________________________________________

         __________________________________________________________________          (2)

10.      Vul die ontbrekende voorsetsel in die volgende sin in.

         Johan was hartseer omdat hy nie ____________die praktiese oefening kon
         deelneem nie.                                                               (1)

11.      Verander die werkwoord(e) tussen hakies na die teenwoordige tyd.

         11.1       Vusi (gespeel) elke dag krieket.

                    ____________________________________________________________     (1)

         11.2       Sandile en Marie sal vanjaar lede van die netbalspan (gewees).

                    ____________________________________________________________     (1)

Graad 5 Afrikaans EAT                            5

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com

12. Lees die volgende TV-skedule en beantwoord dan Vraag 12 tot 14.

             Kanaal                 Kanaal                Kanaal            Kanaal
             SAUK 1                 SAUK 2                SAUK 3         MAGIC WORLD
      17:00 Captain          17:00 Dragon Ball      17:30 Oprah         06:00 Channel O
            Planet                 (Kinders)              Winfrey
            (Kinders)
      17:28 Listen For a     17:30 Nuus             18:30 Isidingo      12:00 Infomercials
            Moment                                                           (Advertensies)
      17:30 Nuus-            18:00 Takalani         19:00 Nuus om 7     13:00 Koowee
            hooftrekke             Sesame                                     (Kinders)
                                   (Kinders)
      18:00 The Bold and     18:30 7de Laan         19:30 Die Kaap      18:00 Channel O
            the Beautiful
      18:30 Selimathunzi     19:00 Nuus             20:29 Nuus binne    19:00 Studio
                                                          60 Sekondes         Musiek
      19:00 Hoofnuus         19:30 Pasella          20:30 Prison        20:00 A Brother
                                                          Break               with Perfect
                                                                              Timing
                             20:30 Sportnuus

     12.1 Hoe laat sal jy na Takalani Sesame kyk?

            _____________________________                                                    (1)

     12.2    Watter program gee ons die nuus binne een minuut?

             ______________________________                                                  (1)

     12.3    Jy moet ŉ opsomming van nuus by jou skool se saalbyeenkoms aanbied.
             Watter program sal jou die nodige inligting gee?

             _______________________________                                                 (1)

Graad 5 Afrikaans EAT                        6

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com

13.      Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

         Watter drie programme kom na Infomercials (Advertensies) in die korrekte
         volgorde (een na die ander) op die kanaal Magic World?

         A       Channel O, Studio Musiek, Koowee
         B       Channel O, Koowee, Studio Musiek
         C       Koowee, Channel O, Studio Musiek
         D       Channel O, Studio Musiek, Koowee                                   (1)

14.      Omkring die letter voor die korrekte antwoord.

         14.1    Kies ŉ program wat van die ander verskil.

                 A      Nuushooftrekke
                 B      Studio Musiek
                 C      Hoofnuus
                 D      Nuus om 7                                                   (1)

          14.2 Kies die program wat nie ŉ kinderprogram is nie.

                 A      Koowee
                 B      Isidingo
                 C      Dragon Ball
                 D      Captain Planet                                              (1)

Graad 5 Afrikaans EAT                        7

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com

15.      Skryf ŉ paragraaf van minstens SES sinne en beskryf wat met jou op die
         eerste skooldag vanjaar gebeur het.

         Jou paragraaf/beskrywing moet vertel waarvan jy op hierdie dag gehou het en
         waarvan jy nie gehou het nie. Onthou om volsinne te skryf en gebruik korrekte
         spelling, taal en leestekens.

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________

         ______________________________________________________________                   (6)

                                                                                TOTAAL:   30

Graad 5 Afrikaans EAT                       8

## Related documents

- [Afrikaans FAL Graad 5 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-graad-5-2012-memo/b8902ee5-ea88-4f83-857a-d5ff7e91c225) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2012-ana-exemplars-question-paper-afrikaans/1fa8ca7d-e750-475e-9ed2-39ed649e6938) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL 2013 Test](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2013-test/9f2ceed1-0e92-41ed-becf-5c1ed8ae58bc) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans Taal Graad 5](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-taal-graad-5/2bd55105-434b-4704-a709-877f04a58e55) — Afrikaans FAL · QP · 2011 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2012-ana-exemplars-memorandum-afrikaans/4186bb7b-6534-48ed-a127-6a150cf0bda5) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [2014 ANA Grade 5 Afrikaans FAL Memo](https://www.hlayiso.com/library/2014-ana-grade-5-afrikaans-fal-memo/a1b7690a-0d22-4747-83e3-44dcf230623f) — Afrikaans FAL · Memo · 2014 · Afr

## More from Grade 5 Afrikaans FAL

- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-june-exam-memorandum-afrikaans/442b4252-ac73-456a-9682-b5f7796748e1) — Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2022](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2022-november-exam-memorandum-afrikaans/7ffb8bfb-2707-4197-85f5-56f268eb3865) — Memo · 2022 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo June 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/47dca61e-533d-4720-aea1-95f8be5b03ff) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Mid Year Examination 2021Marking Guidelines](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-june-exam-memorandum-afrikaans/b005aba5-11a4-4c95-ad54-287b7feeefa3) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans Memo November 2021](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2021-november-exam-memorandum-afrikaans/20101230-c799-40ce-91b4-a144c7e2c473) — Memo · 2021 · Afr
- [Grade 5 Afrikaans FAL Final Examination and Marking Guidelines 2019 1](https://www.hlayiso.com/library/grade-5-afrikaans-fal-2019-november-exam-memorandum-afrikaans/59d7d07d-9769-4e5f-8cd4-ab794c4c517e) — Memo · 2019 · Afr

## Collection

- [Grade 5 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-5/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
