# Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper

> IEB Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the 2019, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-2019/faef4e2d-3aa7-4bfb-bb63-31cc0d70e44d
- Updated: 2026-10-10
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Document type: Question paper
- Year: 2019
- Paper: 1
- Publisher: IEB
- Curriculum: IEB
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 IEB Paper 1 2019 Question Paper](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-2019/faef4e2d-3aa7-4bfb-bb63-31cc0d70e44d)

## About this document

Afrikaans FAL · Grade 12 · 2019. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                              NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT-EKSAMEN
                                                                     NOVEMBER 2019

                       AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I

Tyd: 2½ uur                                                                         100 punte

LEES ASSEBLIEF DIE VOLGENDE INSTRUKSIES NOUKEURIG DEUR

1.       Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye. Maak asseblief seker dat jou vraestel
         volledig is.

2.       Hierdie vraestel bestaan uit VIER AFDELINGS:

         Afdeling A        Leesbegrip (30 punte)
         Afdeling B        Opsomming (10 punte)
         Afdeling C        Poësie (30 punte)
         Afdeling D        Taalvaardigheid (30 punte)

3.       Beantwoord al die vrae.

4.       Beplan jou antwoorde deeglik voordat jy dit neerskryf.

5.       Begin elke afdeling op 'n nuwe bladsy.

6.       Nommer jou antwoorde presies soos die vrae genommer is.

7.       ALLE vrae moet in Afrikaans beantwoord word.

8.       Dit is in jou eie belang om leesbaar te skryf en jou werk netjies aan te bied.

IEB Copyright © 2019                                                           BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I              Bladsy 2 van 16

AFDELING A              LEESBEGRIP

VRAAG 1                 INTERNETARTIKELS

Lees die onderstaande tekste deeglik deur en beantwoord dan die vrae wat
volg.

                 Lotto-wenner kies "eenvoudige lewe" ondanks nuwe rykdom
                                       Marine Lourens

 1        'n 35-jarige enkellopende man van Kaapstad wat R38 miljoen ryker geword het,
          nadat hy twee weke gelede die PowerBall Plus-boerpot gewen het, sê sy
          daaglikse lewe gaan nie veel verander nie, al is hy nou 'n miljoenêr.

 2        "Ek verkeer steeds in ongeloof aangesien ek nog nooit iets in die lotery gewen
          het nie en my eerste wengeld ooit is sommer die groot boerpot!" sê die wenner.

 3        Hy vertel hy bestee gemiddeld R150 per week aan die Lotto en het eers onlangs
          begin om PowerBall te speel. "Elke keer wat ek 'n kaartjie koop, het ek myself
          vertel ek gaan geld wen, maar ek het nooit gedink ek sal die boerpot wen nie,"
          sê hy.

 4        Ek het twee dae na die trekking (op 21 September) na dieselfde handelaar
          gegaan waar ek die kaartjie gekoop het om te kyk of ek gewen het. Tot my
          verbasing het hulle vir my gesê om na die Nasionale Lotery se kantoor toe te
          gaan. Ek het toe dadelik geweet ek het geld gewen, maar was nie seker hoeveel
          nie.

 5        Die man het ook nie sy goeie nuus versprei nie en het net sy pa in sy vertroue
          geneem oor sy nuwe miljoenêrstatus. Niemand anders weet dat sy bankbalans
          nou baie groter is nie. Hy beplan om van die geld te gebruik om na sy afgetrede
          pa om te sien en sy eie uitstaande skuld te betaal.

 6        Daar lê egter nie 'n splinternuwe lewe vir die wenner voor nie. Hy sê hy sal
          steeds sy gewone 9-tot-5 werk doen en steeds Lotto en PowerBall speel. Hy
          beplan verder om van sy wengeld te gebruik om te reis en te doen waarvoor hy
          die liefste is – om tyd in die buitelug deur te bring.
                                  [Bron: <https://maroelamedia.co.za/tag/lotery/> 2 Oktober 2018]

IEB Copyright © 2019

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I                 Bladsy 3 van 16

                       Dit is 'n gelukkige nuwe jaar vir 'n man van Soweto!

 7        Op 21 Desember het 'n middeljarige man saam met sy buurman by die
          Nasionale Lotery se kantoor in Sandton aangekom. Hy is die wenner van die
          R8,7 miljoen en het gekom om sy prys op te eis. Die man sê hy gee nie om dat
          almal weet dat hy 'n wenner is nie. Hy het ook al vir heelwat ander familielede
          vertel dat hy geld gewen het en sê hy vertrou sy buurman 100%.

 8        Toe hy gevra is hoekom dit hom so lank geneem het om sy prys op te eis het hy
          gesê: "Ek het nie besef dat ek die wenner is nie. Ek het gehoor dat die wenner
          van Soweto is, maar Soweto is 'n groot plek, ek het nie gedink dat dit ek kon
          wees nie."

 9        Die enkellopende pa van drie het al ophou tel hoeveel jare hy nie meer 'n werk
          het nie. Hy bly saam met sy ma in 'n huis in Soweto en sê hy wil die geld gebruik
          om 'n huis vir hom en sy kinders te bou.
                                  Vertaal en aangepas uit: <https://www.nationallottery.co.za/blogs/
                                                 116-it-s-a-happy-new-year-for-a-soweto-loan-man

1.1      Haal een woord uit paragraaf 1 aan om te wys dat die man van Kaapstad
         nie getroud is nie.                                                                            (1)

1.2      Haal 'n frase van 9 woorde uit paragraaf 1 aan om te wys dat die man
         heel waarskynlik steeds sy 9-tot-5 werk gaan doen.                                             (1)

1.3      1.3.1 Antwoord WAAR of ONWAAR op die volgende stelling.

                  Die man spandeer elke week presies R150 aan die Lotto.                                (1)

         1.3.2 Haal slegs een woord uit paragraaf 3 aan om jou antwoord in
               Vraag 1.3.1 te motiveer.                                                                 (1)

1.4      Hoekom moet die man na die Nasionale Lotery se kantoor toe gaan?                               (1)

1.5      Noem twee goed wat die man beplan om met sy wengeld te doen.                                   (2)

1.6      1.6.1 Noem een ooreenkoms tussen die man van Kaapstad en die man
               van Soweto.                                                                              (1)

         1.6.2 Noem hoe die twee mans die nuus dat hulle die Lotto gewen het,
               verskillend hanteer.                                                                     (2)
                                                                                                       [10]

IEB Copyright © 2019                                                                     BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I             Bladsy 4 van 16

VRAAG 2                 ADVERTENSIE

Lees die onderstaande advertensie deeglik deur en beantwoord dan die vrae
wat volg deur na die inhoud van die advertensie te verwys.

                            [Bron: <https://atkv.org.za/media/2156/moedertaaldagkompetisie.jpg>]

IEB Copyright © 2019

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I     Bladsy 5 van 16

2.1      Gee twee visuele leidrade wat wys dat die meisie in die advertensie baie
         opgewonde oor die kompetisie is.                                                   (2)

2.2      Noem twee redes uit paragraaf 1 waarom mense vir die kompetisie sal wil
         inskryf.                                                                           (2)

2.3      Lees paragraaf 1 en kies dan die korrekte antwoord deur slegs die korrekte
         alfabetletter neer te skryf.

         Kom wys in Februarie jou slag, beteken:

         A        Kom wys hoe hard jy in Afrikaans kan praat.
         B        Kom praat meer Afrikaans in Februarie.
         C        Kom wys hoe goed jy Afrikaans kan praat.
         D        Moenie Afrikaans in Februarie praat nie.                                  (1)

2.4      2.4.1 Antwoord WAAR of ONWAAR op die volgende stelling:

                  Jy moet die toets daagliks vanaf 11 tot 15 Februarie doen om vir die
                  prys oorweeg te word.                                                     (1)

         2.4.2 Haal twee opeenvolgende woorde uit die teks aan om jou
               antwoord in Vraag 2.4.1 te motiveer.                                         (1)

2.5      Lees paragraaf 3 en sê watter twee goed op 21 Februarie gebeur.                    (2)

2.6      Hoe kan jy Mandie Ehlers kontak as jy nie die internet kan gebruik nie?            (1)
                                                                                           [10]

IEB Copyright © 2019                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I           Bladsy 6 van 16

VRAAG 3

Bestudeer die strokiesprent en beantwoord dan die vrae wat volg.

                                                                              [Bron: <zitscomics.com>]

3.1      Hoe weet ons dat Jeremy se ma by die winkels was?                                        (1)

3.2      Waarna luister Jeremy op sy selfoon in raampies 1 & 2?                                   (1)

3.3      Kyk na raampies 1, 2 en 3. Gee twee visuele leidrade wat wys dat Jeremy
         se ma al hoe harder praat.                                                               (2)

3.4      Kyk na raampies 1, 2 en 4.

         3.4.1 Waarop sit-lê Jeremy in raampies 1 en 2?                                           (1)

         3.4.2 Waarop lê Jeremy in raampie 4?                                                     (1)

3.5      Noem een visuele leidraad in raampie 3 om te wys dat Jeremy groot
         geskrik het.                                                                             (1)

IEB Copyright © 2019

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I     Bladsy 7 van 16

3.6      Wat het Jeremy in sy ore wat veroorsaak dat hy sy ma nie kan hoor nie?             (1)

3.7      Hoe sal jy Ma se gesigsuitdrukking in raampie 3 beskryf? Gee net een
         woord as antwoord.                                                                 (1)

3.8      Kyk na raampie 4. Watter deel van Jeremy se liggaam kan moontlik seer
         word omdat hy op so 'n vreemde manier sit/lê?                                      (1)
                                                                                           [10]

                                                                                  30 punte

IEB Copyright © 2019                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I                 Bladsy 8 van 16

AFDELING B               OPSOMMING

VRAAG 4                  WENKE (advies) OM 'N GOEIE TOESPRAAK TE SKRYF

•   Lees die onderstaande teks.
•   Som dan die 5 WENKE OM 'N GOEIE TOESPRAAK TE SKRYF in jou eie
    woorde op en noem ook hoekom dit jou toespraak sal verbeter.
•   Begin elke keer met 'n werkwoord, bv. Skryf …
•   Skryf die opsomming puntsgewys in vyf volsinne en 70 woorde neer.
•   Nommer die wenke van 1 tot 5.

ONTHOU:
• Skryf 'n woordtelling aan die einde van jou opsomming neer.
• Moenie volsinne direk uit die teks aanhaal nie.
• Jy sal gepenaliseer word as jou opsomming te kort (minder as 60 woorde) of te
  lank (meer as 80 woorde) is.
• Elke hoofpunt moet slegs EEN sin bevat met die wenk en hoekom dit jou
  toespraak sal verbeter.
• Beplan jou opsomming voor jy dit begin skryf. Trek 'n streep deur jou
  beplanning sodra jy klaar is met jou opsomming.

                       WENKE (advies) OM 'N GOEIE TOESPRAAK TE SKRYF

 Hoe jy begin is seker die belangrikste punt. Jy wil hê dat die gehoor verder as net jou
 eerste sin moet luister. Om die doel te bereik moet jy baie tyd aan 'n treffende inleiding
 spandeer. Jy kan eie ervarings of 'n aanhaling gebruik om jou gehoor se aandag te trek.

 As jy jou onderwerp aankondig, sal jou gehoor en die onderwyser/beoordelaar weet
 waaroor jy gaan praat. Jy moet jou onderwerp in die tweede paragraaf aankondig, bv.
 "Ek glo die mens is besig om ons pragtige aarde te vernietig."

 Die inhoud van 'n goeie toespraak het gewoonlik drie argumente. Regdeur jou
 toespraak moet jy jou argumente ondersteun om te wys dat jou toespraak struktuur
 het. Jou argumente moet dus duidelik gekommunikeer word.

 'n Spesialis op 'n gebied is gewoonlik 'n goeie bron. Jy moet die mense oortuig om jou
 argumente te glo. Hulle sal jou makliker glo as 'n slim persoon ook so dink. Die
 moeilikste deel van die skryfproses is om goeie bronne te vind.

 Ten slotte wil jy die gehoor iets gee om oor te dink en te onthou. Vir daardie rede moet
 jy 'n samevatting van al jou argumente gee om jou gehoor te herinner waaroor jou
 toespraak gegaan het. Jou slot is jou laaste gedagte en dit moet treffend wees.
                        [Bron: <https://afrikaans.com/wp-content/uploads/2018/03/Nuttige-Notas.pdf]

                                                                                              10 punte

IEB Copyright © 2019

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I         Bladsy 9 van 16

AFDELING C                POËSIE

VRAAG 5                   VOORBEREIDE GEDIG

Lees die onderstaande voorbereide gedig noukeurig deur en beantwoord
dan die vrae wat volg.

                       Aandeelhouer – Alta Marincowitz

 1        En die jongeheer?
 2        Gaan hy ook eendag in sy pa se voetspore volg?

 3        No ways Meneer my
 4        interest is nie in finance ek
 5        rate nie baie hoog woorde
 6        soos inflasie resessie aandele die
 7        beurs dra ek in my sak ek
 8        invest my tyd en energy in
 9        sport my muscles is my
 10       bates dit het
 11       effekte op die girls laat
 12       hulle bloeddruk opwaarts neig
 13       my risiko's is matig vir stewige
 14       lopies kyk ek krieket
 15       en anyway who cares wat die
 16       prys
 17       is van koring mielies en
 18       sonneblom
[Bron: Toulopers: Verse vir Tieners – saamgestel deur J. Jacobs, Lapa 2011]

5.1      Lees strofe 1 en beantwoord die volgende vrae:

         5.1.1 Wie is aan die woord in strofe 1?                                               (1)

         5.1.2 Met wie word daar in strofe 1 gepraat?                                          (1)

5.2      Wat beteken versreël 2:

         "Gaan hy ook eendag in sy pa se voetspore volg?"                                      (1)

5.3      Wat is die doel van al die Engelse woorde in strofe 2?                                (1)

5.4      Lees versreëls 6 en 7.

         Vir die spreker is "beurs" in reël 7 'n item wat jy gebruik. Verduidelik in jou eie
         woorde waarvoor hy dit gebruik.                                                       (1)

IEB Copyright © 2019                                                             BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I   Bladsy 10 van 16

5.5      Waar spandeer die spreker in versreëls 7–11 baie van sy tyd?                     (1)

5.6      Wat beteken die woord "bates" in reël 10 vir die pa EN die seun?                 (2)

5.7      Lees versreëls 8–12.

         Haal drie opeenvolgende woorde aan wat wys dat die seun se spiere 'n
         positiewe uitwerking op meisies het.                                             (1)

5.8      Die woord "prys" staan op sy eie in reël 16.

         Wat word hierdie verskynsel genoem? Skryf slegs die korrekte alfabetletter
         neer.

         A        hiperbool
         B        alleenplasing
         C        enjambement
         D        eufemisme                                                               (1)
                                                                                         [10]

IEB Copyright © 2019

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I    Bladsy 11 van 16

VRAAG 6                 VOORBEREIDE GEDIG

Bestudeer die onderstaande gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

                       Susan Boyle – Kobus Grobler

 1        daar staan jy inskrywing 43212
 2        voor die pilatusse van Britain's got talent
 3        aangeja soos 'n skaap
 4        miserabel vaal in die lig verguis
 5        die monobrou en die kapsel raam
 6        jou vertelsel van 'n klein Nasaret
 7        Simon spot, skares jou uit:
 8        jy is die grap van die jaar

 9        met die eerste woorde van I dreamed a dream
 10       het jy vanuit vernederende vooroordeel
 11       hulle en miljoene ander op YouTube
 12       in ongeloof laat aanskou
 13       hoe jy jare se troeteltalent
 14       aan die hele wêreld skenk
[Bron: Toulopers: Verse vir Tieners – saamgestel deur J. Jacobs, Lapa 2011]

6.1      Met wie word daar in hierdie gedig gepraat?                                        (1)

6.2      Waarop dui Susan se inskrywingsnommer van 43212?                                   (1)

6.3      Lees die versreël hieronder en kies die korrekte antwoord. Skryf slegs die
         korrekte alfabetletter neer.

         "aangeja soos 'n skaap", is 'n voorbeeld van:

         A        metafoor
         B        personifikasie
         C        vergelyking
         D        ironie                                                                    (1)

6.4      Haal 'n voorbeeld van alliterasie uit versreëls 5–8 aan. Onthou om die
         klanke wat die alliterasie aandui te onderstreep.                                  (1)

6.5      Hoe verskil die atmosfeer van strofe 1 van die atmosfeer van strofe 2?             (2)

6.6      "Miserabel vaal in die lig verguis" (reël 4)

         6.6.1 Van watter lig lees ons in die versreël?                                     (1)

         6.6.2 Wat is die gehoor se opinie van Susan as sy as "miserabel vaal"
               beskryf word?                                                                (1)

6.7      Hoe skakel die gebruik van die woord "vooroordeel" met die boodskap van
         die gedig?                                                                         (1)

6.8      Wie is die "hulle" na wie daar in reël 11 verwys word?                             (1)
                                                                                           [10]
IEB Copyright © 2019                                                          BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I   Bladsy 12 van 16

VRAAG 7                  ONVOORBEREIDE GEDIG

Lees die onvoorbereide gedig en beantwoord dan die vrae wat volg.

                   Wegholwoorde – An-Mari Fouché

 1        Ek kan nie met mense praat nie,
 2        want my tong is nie my maat nie.
 3        Hy lag en tart en pootjie my
 4        tot ek in die sloot val en lêend bly.

 5        My woorde hardloop vir my weg.
 6        Tussen hart en mond verander goed in sleg.
 7        My tong klap mense deur die gesig;
 8        ek probeer ophelp, maar hy stamp terug.

 9        Daarom skryf ek eerder alles neer,
 10       dan maak ek niemand anders seer.
 11       Om die woorde in my kop in toom te hê
 12       sonder dat my tong verander wat ek wil sê.

 13       Daarom maak ek my boodskap vas op papier
 14       en wys dit dan vir die wêreld: ek is hiér!
             [Bron: <https://www.storiewerf.co.za/versies/gedigte.htm>]

7.1      Watter tipe spreker kry ons in hierdie gedig?                                    (1)

7.2      "Hy lag en tart en pootjie my" (reël 3)

         7.2.1 Wat is die "hy" van wie daar in die versreël gepraat word?                 (1)

         7.2.2 Antwoord in jou eie woorde wat die gevolg van die "lag", "tart" en
               "pootjie" op die spreker se lewe is.                                        (1)

         7.2.3 Identifiseer die beeldspraak wat in die versreël voorkom.                  (1)

7.3      Haal vier opeenvolgende woorde uit strofe 2 aan om te wys dat die
         spreker nie altyd presies sê wat sy eintlik wil sê nie.                          (1)

7.4      Benoem die rymskema wat in strofe 3 voorkom.                                     (1)

7.5      Haal die versreël aan wat die wending in die gedig aandui.                       (1)

7.6      Hoekom besluit die spreker om haar woorde neer te skryf?                         (1)

7.7      Wat is die funksie van die dubbelpunt in strofe 4?                               (1)

7.8      Strofe 4 het net 2 versreëls. Wat word so 'n strofe genoem?                      (1)
                                                                                         [10]

                                                                                 30 punte

IEB Copyright © 2019

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I          Bladsy 13 van 16

AFDELING D              TAALVAARDIGHEID

VRAAG 8                 SINSTRUKTURE

Bestudeer die strokiesprent hieronder en skryf dan die sinne oor soos
aangedui.

                                                             [Bron: <https://www.facebook.com>]

8.1      Die kinders luister na Meester. Die kinders sit in die Wetenskapklas.

         Die kinders wat …                                                                        (1)

8.2      Baie eksperimente word elke jaar deur Meester beplan.

         Meester …                                                                                (1)

8.3      Meester moet sy eksperimente voor die les oefen.

         Meester behoort …                                                                        (1)

8.4      Meester sal baie versigtig wees, aangesien hy baie eksperimente doen.

         Hy doen baie eksperimente, daarom …                                                      (1)

8.5      Meester vra vir die klas: "Moet ek die rooi vloeistof by die geel vloeistof
         gooi?"

         Meester vra vir die klas of …                                                            (1)

8.6      Meester besluit om nie die eksperiment te doen nie.

         Verlede week …                                                                           (1)

8.7      Het Meester nog eksperimente om vandag te wys?

         Nee, …                                                                                   (1)

IEB Copyright © 2019                                                                BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I   Bladsy 14 van 16

8.8      Die studente is opgewonde en help Meester met die eksperimente.

         Volgende keer …                                                                  (1)

8.9      Die studente wil hulle ore toehou wanneer Meester sy eksperimente doen.

         Gister …                                                                         (2)

8.10     Die student geniet Meester se les. Sy eksperimente maak hom bang.

         Alhoewel …                                                                       (1)

8.11     Meester kan die studente wys om gevaarlike eksperimente te doen.

         Die studente …                                                                   (1)
                                                                                         [12]

IEB Copyright © 2019

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I          Bladsy 15 van 16

VRAAG 9                 WOORDSTRUKTURE

Lees die paragraaf wat op die strokiesprent gebaseer is deur. Doen elke keer
wat tussen hakies gevra word.

Skryf die nommer en korrekte antwoord ONDER MEKAAR in jou
Antwoordboek neer.

    Maandag            Dinsdag      Woensdag          Donderdag                Vrydag

                                                                      Het jy huiswerk
                                                                        die naweek,
                                                                         Jeremy?
                                                                                           Net 'n
                                                                                          bietjie …

                                                                              [Bron: <zitscomics.com>]

Jeremy se tas word al hoe 9.1 (swaar – gee die vergrotende trap) soos die week

aangaan. 9.2 (Vrydag – gee die afkorting) het hy die 9.3 (baie – gee die oortreffende

trap) huiswerk. Hy moet 9.4 (asb. – skryf die afkorting uit) nie die naweek saam met sy

vriende uitgaan nie. Donderdag was Jeremy se 9.5 (oog – gee die meervoud) so groot

soos pierings, want hy kon nie 9.6 (belowe/glo – kies die korrekte woord) dat hy so baie

werk het nie. Hy loop elke dag dieselfde 9.7 (pad – gee die verkleining) om by sy skool

te kom. Al die 9.8 (mamma – gee die meervoud) is bekommerd oor hulle kinders se rûe.

Jeremy 9.9 (wie/wat – kies die korrekte woord) daar loop se rug is baie seer en hy voel

soos 'n 9.10 (oud – gee die korrekte vorm van die adjektief) man. Dit is vir Jeremy 9.11

(maklik – gee 'n antoniem) om met so 'n swaar tas rond te loop. Hy is nog 9.12 (baie

jonk – gee die intensiewe vorm) en behoort nie so 'n swaar tas te dra nie. Jeremy 9.13

(konsentrasie – gee die afgeleide werkwoord) hard om nie om te val nie. Sy 9.14 (skok

– gee die verlede deelwoord) ma 9.15 (weet/ken – kies die korrekte woord) nie wat

om te doen om 9.16 (hy/sy/hom – kies die korrekte voornaamwoord) te help nie.
                                                                                                  [8]

IEB Copyright © 2019                                                               BLAAI ASSEBLIEF OM

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
NASIONALE SENIOR SERTIFIKAAT: AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL: VRAESTEL I       Bladsy 16 van 16

VRAAG 10                KOMMUNIKASIE

•   Lees die inligting hieronder deur.
•   Voer die instruksies wat by elke situasie gevra word, uit.
•   Skryf elke keer die woorde neer van die persoon wat praat. (Jy hoef nie
    aanhalingstekens te gebruik nie.)
•   Elke respons moet 15 tot 20 woorde lank wees. Onthou om jou woordtelling
    neer te skryf.
•   Moenie die vetgedrukte woorde in jou respons herhaal nie.

                             B                            D

                                              C
                                                                                   E
            A

                                                                              [Bron: Google images]

Die studente het hulle laaste matriekvraestel geskryf. Hulle gesels terwyl hulle na
die skoolhek stap.

10.1     Meisie A is baie deurmekaar oor al die opsies na skool en het nog nie 'n
         besluit geneem oor haar toekomsplanne nie. Sy vra vir Seun E om vir haar
         voorstelle te maak.

         Skryf neer wat sy vir hom vra.                                                        (2)

10.2     Seun E het al sy planne gemaak. Skryf neer wat hy vir meisie A antwoord
         om vir haar raad te gee oor die lewe na skool.                                        (2)

10.3     Meisie C het 'n boek by Seun E geleen, maar sy het vergeet om dit terug te
         gee.

         Skryf neer hoe sy vir hom om verskoning gaan vra.                                     (2)

10.4     Seun D probeer meisie B oorreed om die aand saam na 'n partytjie te
         gaan.

         Skryf neer wat hy sê om haar te oortuig om saam te gaan.                              (2)

10.5     Meisie B is baie opgewonde dat skool verby is. Skryf neer wat sy sê om
         haar blydskap uit te druk.                                                            (2)
                                                                                              [10]

                                                                                       30 punte

                                                                              Totaal: 100 punte
IEB Copyright © 2019

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Memo 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-memo-2019/81593734-6734-4e7b-9841-23c847183fbe) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Memo 2019](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-2019/3b9d3f5e-84df-497e-b658-167371b4b3c5) — Afrikaans FAL · Memo · 2019 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Memo 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-memo-2018/37213e3b-1c04-4ce0-a6f6-a3059788e03a) — Afrikaans FAL · Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 MG 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-mg-2017/f3d1dbe2-eb0d-4b9c-9465-7cecdab4f2a6) — Afrikaans FAL · Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 MG 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-mg-2016/d41b06e8-2cd7-4338-a610-4d58d607cfb8) — Afrikaans FAL · Memo · 2016 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-2016/654f95ad-4fe3-4572-9051-00909f26496d) — Afrikaans FAL · QP · 2016 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans FAL P2 Memo 2018](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-memo-2018/00d71681-3747-46f1-9c11-8b0117b96be2) — Memo · 2018 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 MG 2017](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-mg-2017/fb2a6e4c-2df3-4642-b9b4-8ac5d9043d6d) — Memo · 2017 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 MG 2016](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-mg-2016/7a55bef7-7df2-4ee9-baae-819320dc0d52) — Memo · 2016 · Afr

## Collection

- [Grade 12 IEB past papers](https://www.hlayiso.com/ieb/grade-12/afrikaans-fal)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
