# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2012 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary 2012, 16 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2012
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 16

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2012 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2012 · Afrikaans. Question paper, 16 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012-memo/7e6dde94-0bbf-4c25-9a47-06e2d5ee46b7) — Memo · 2012 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                    GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                           FEBRUARIE/MAART 2012

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 16 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          2                      DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        LEESBEGRIP (VRAAG 1)           (30)
          AFDELING B:        OPSOMMING (VRAAG 2)            (10)
          AFDELING C:        TAAL (VRAAG 3, 4 en 5)         (40)

2.        Lees ALLE instruksies baie goed.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin ELKE afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                    Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         3                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die onderstaande tydskrifartikel en beantwoord die vrae.

                                                  Tot siens
                                                       Makhaya
                                                  Hy was ŉ rolmodel vir baie mense,
                                                  maar nou het Makhaya Ntini uit
                                                  internasionale krieket getree.

1         Makhaya Ntini is op 6 Julie 1977 in die Oos-Kaap gebore. Hy het grootgeword
          op ŉ klein dorpie, Mdingi, naby King William’s Town.

2         Raymond Booi, ŉ krieketafrigter van die Grens, het Makhaya Ntini se
          kriekettalent eerste raakgesien toe Makhaya saam met ŉ paar seuns op ŉ
          oop stuk veld krieket gespeel het. Hy het gesien hoe entoesiasties Makhaya
          oor die sport was en met hoeveel talent hy die bal geboul het. Raymond het
          geweet hy het goud raak geboor toe hy sien hoe dié 15-jarige seun die
          krieketbal met die spoed van lig na die paaltjies gooi.

3         Alhoewel Makhaya te groot en te oud was om aan die mini-krieketprogram
          deel te neem, het Raymond hom tog ŉ kans gegee. Makhaya het ook die
          ander afrigters beïndruk met sy goeie boulwerk en hulle het hom in die
          krieketprogram opgeneem.

4         Makhaya Ntini was ŉ rolmodel vir baie Suid-Afrikaanse jongmense. Hy was ŉ
          man met selfdissipline en baie hardwerkend. Hy was dalk een van die fiksste
          krieketspelers in die land. Met sy stoute glimlag het hy diep in die harte van
          Suid-Afrikaners van alle rasse gekruip.

5         In November 1995 het Makhaya in sy eerste internasionale wedstryd as
          onder 19-speler teen Engeland gespeel. Almal het gepraat van die jong
          Makhaya toe hy spelers alreeds in dié wedstryd uitgeboul het. Drie jaar later
          is Mahkaya as die eerste swart krieketspeler vir Suid-Afrika se Proteas
          gekies. Hy het die krieketbase baie beïndruk met sy goeie boulwerk toe die
          Proteas teen Nieu-Seeland in Perth gespeel het. Hy het amper die hele span
          van Nieu-Seeland uitgeboul.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

6         Makhaya was die eerste Suid-Afrikaanse speler wat later groot sukses met
          die bal op die bekende Lords-krieketveld in ŉ toetswedstryd teen Engeland
          behaal het. Hy het byna in elke wedstryd daarna die meeste spelers
          uitgeboul. Hy kan spog dat hy die Proteas se beste bouler in toetswedstryde
          was.

7         Twaalf jaar ná sy eerste nasionale wedstryd, het Makhaya by die Moses
          Mabida-stadion in Durban vir die laaste keer in die Proteas se kleure op die
          veld gestap. Hy het voor ŉ skare mense van 50 000 teen Indië gespeel.
          Agterna het Krieket Suid-Afrika hom met ŉ spesiale medalje vereer.

8         Die Mdingi Express, soos Makhaya oral bekend is, speel nou nie meer
          internasionale krieket nie, maar sy invloed op die spel sal bly voortleef. Hy sal
          nog vir die Oos-Kaap Warriors speel. Hy wil hom besig hou met sy
          krieketakademie vir jong krieketspelers in Mdantsane, ŉ woonbuurt naby Oos-
          Londen. Makhaya wil met sy krieketakademie iets aan die gemeenskap
          teruggee. Hy wil ook graag dinge vir die gemeenskap probeer verander. Hy
          hoop om met die bal en kolf in te spring om die arm mense van die platteland
          ŉ beter toekoms te gee.

9         Al het Makhaya so goed op die krieketveld gedoen, is hy nie ŉ grootprater
          nie. Hy is egter trots daarop dat hy gegroei het van ŉ beeswagter tot ŉ
          internasionale krieketspeler. Hy gee erkenning aan almal wat hom op sy
          suksespad gehelp het. Hy bedank ook sy ondersteuners van die afgelope
          twaalf jaar. Nou wil hy graag sý deel vir die gemeenskap doen.

                                                    [Verwerk uit: Huisgenoot, 20 Januarie 2011]

1.1       Wie het Makhaya se kriekettalent eerste raakgesien?                                        (1)

1.2       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf net die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Die uitdrukking “hy het goud raak geboor” (paragraaf 2) beteken dat hy ...

          A           baie seuns krieket sien speel het.
          B           seuns met baie krieketballe gesien het.
          C           ŉ seun met baie kriekettalent gesien het.
          D           seuns op ŉ groot, oop krieketveld gesien het.                                  (1)

1.3       Makhaya kon van ŉ jong ouderdom af reeds baie vinnig boul.

          1.3.1       Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                            (1)

          1.3.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.3.1 deur                           VYF
                      OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 2 aan te haal.                              (1)

1.4       Gee EEN rede wat amper verhinder het dat Makhaya aan die mini-
          krieketprogram deelgeneem het. (Paragraaf 3)                                               (1)

Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1        5                          DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                           NSS

1.5       Gee TWEE redes uit paragraaf 4 waarom Makhaya Ntini as ŉ rolmodel
          beskryf kan word.                                                                   (2)

1.6       Haal TWEE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 4 aan wat aandui
          dat Makhaya nie net ŉ rolmodel vir een deel van Suid-Afrika se bevolking was
          nie.                                                                                (1)

1.7       Watter woord in paragraaf 5 dui aan dat die krieketbase gedink het Makhaya
          was ŉ goeie bouler?                                                                 (1)

1.8       Kies ŉ plek in KOLOM B om by ŉ stelling in KOLOM A te pas. Skryf slegs die
          letter (A–D) langs die vraagnommer (1.8.1–1.8.3) neer.

                      KOLOM A                               KOLOM B
          1.8.1 Makhaya boul amper die           A   Moses Mabida-stadion in Durban
                hele span uit.
                                                 B   Mdantsane naby Oos-Londen
          1.8.2 Makhaya neem afskeid van
                internasionale krieket.          C   Perth in Nieu-Seeland

          1.8.3 Makhaya gaan jong spelers        D   Mdingi naby King William’s Town
                afrig
                                                                                 (3 x 1)      (3)

1.9       Volgens paragraaf 7 het Krieket Suid-Afrika vir Makhaya Ntini ŉ spesiale
          medalje gegee.

          Is dit ŉ gepaste wyse om sportmanne wat uittree, te vereer? Motiveer jou
          opinie.                                                                             (1)

1.10      Volgens paragraaf 8 het Makhaya die bynaam “Mdingi Express” gekry.
          Waarom het hy dié bynaam gekry? Skryf TWEE feite uit die teks neer.                 (2)

1.11      Op watter TWEE maniere gaan Makhaya nog steeds by krieket betrokke
          wees? (Paragraaf 8)                                                                 (2)

1.12      Lees eers die onderstaande stelling. Kies dan die KORREKTE antwoord
          tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en die antwoord neer.

          “Hy hoop om met die bal en kolf in te spring om die arm mense van die
          platteland ŉ beter toekoms te gee.” (Paragraaf 8)

          Hierdie stelling beteken dat Makhaya (alle arm mense gaan leer om krieket te
          speel/krieket wil gebruik om die arm mense te help).                                (1)

1.13      Watter belangrike les kan ŉ mens uit Makhaya se sukses leer? Verwys na
          paragraaf 9 in jou antwoord.                                                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                       Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          6                       DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

1.14      Verskillende mense het bygedra tot Makhaya Ntini se krieketloopbaan.

          1.14.1      Is hierdie stelling ŉ MENING of ŉ FEIT?                                (1)

          1.14.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.14.1 deur EEN sin uit die
                      laaste paragraaf aan te haal.                                          (1)

1.15      Waarom is Makhaya Ntini reg as hy sê hy wil iets aan sy gemeenskap
          teruggee? (Paragraaf 9). Motiveer jou opinie.                                      (1)
                                                                                             [22]

Kopiereg voorbehou                                                      Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1             7                              DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                NSS

TEKS B: ADVERTENSIE

Lees die advertensie hieronder en beantwoord die vrae.

                                   Hoezit! maak vir kinders ŉ wêreld van hul eie oop. Hierdie
                                   boek bevat verskillende onderwerpe: skoolwerk,
                                   speletjies, snaakse diere en inligting oor bekendes.
                                   Hoezit! is ŉ sukseskombinasie van leersame inhoud en
                                   die nuutste, interessantste aktiwiteite. ŉ Pretboek met
                                   breinkrag en ŉ lekker houding daarby!

                                                         [Verwerk uit: Taalgenoot, Februarie 2010]

1.16      Kies die KORREKTE antwoord tussen hakies. Skryf net die vraagnommer en
          die antwoord neer.

          Die titel “Hoezit!” is gepas vir tieners, want dit (klink snaaks om uit te spreek/
          sluit aan by die taalgebruik van die jongmense).                                             (1)
Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         8                            DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

1.17      Wat impliseer die woord “cool!” (bokant die banier) in die advertensie?               (1)

1.18      Waarom is ŉ ander lettertipe vir die woord “wêreld” gebruik?                          (1)

1.19      Die tydskrif bevat verskillende onderwerpe wat saam die leerders se
          leerervarings sal verbeter.

          1.19.1      Is hierdie stelling WAAR of ONWAAR?                                       (1)

          1.19.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.19.1 deur EEN woord uit die
                      advertensie aan te haal.                                                  (1)

1.20      Kyk weer na die banier wat opwaarts deur die vliegtuigie getrek word. Wat
          suggereer die drie stippels na die woord “kou”?                                       (1)

1.21      Die tydskrif se inhoud bestaan uit speletjies en onderwerpe vir die
          klaskamer. Haal TWEE APARTE woorde aan wat die skrywer gebruik om dit
          aan te dui.                                                                           (2)
                                                                                                [8]

                                                                TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          9                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: OUER, WEES BETROKKE BY JOU KIND SE SKOOLLEWE

•   Som die hoofgedagtes van hoe jy as ouer betrokke moet wees by jou kind se
    skoollewe, in sewe sinne op.
•   Skryf elke hoofgedagte in ŉ volsin neer.
•   Skryf die sinne puntsgewys onder mekaar neer.
•   Laat ŉ reël tussen die sinne oop.
•   Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
•   Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

              OUER, WEES BETROKKE BY JOU KIND SE SKOOLLEWE

1         Jy as ouer help om die skool goed te laat funksioneer wanneer jy deel van jou
          kind se skoollewe is. Só word jy deel van jou kind se leerervaring.

2         Jy as ouer moet sorg dat jou kind gereeld skool bywoon. As jou kind klasse
          misloop, gaan waardevolle tyd verlore wat hulle moeilik inhaal. As jou kind
          eers agter geraak het met skoolwerk, raak dit moeilik om by te hou met nuwe
          werk.

3         Party kinders gebruik taxi’s of busse om by die skool te kom. Ander kinders
          word by die huis opgelaai of die ouers neem hulle self skool toe. Jy as ouer
          moet belangstel in jou kind se skoollewe en seker maak dat jou kind altyd
          betyds by die skool is.

4         Dit is jou plig om toe te sien dat jou kind elke dag genoeg tyd het om tuiswerk
          te doen. ŉ Kind moenie te veel huistakies as verskoning hê om nie by
          tuiswerk uit te kom nie.

5         Daar is baie verskillende boeke, koerante en tydskrifte in winkels en biblioteke
          waaruit kinders kan kies. Jy as ouer moet jou kind aanmoedig om gereeld te
          lees. Kinders wat baie lees, se woordeskat brei uit.

6         Kommunikasie tussen ŉ ouer en ŉ kind is baie belangrik. Gesels elke dag oor
          enige iets met jou kind. Net soos lees, help kommunikasie om kinders se
          taalvaardigheid te verbeter.

7         Jy as ouer kan wys dat jy in jou kind belangstel deur oueraande by te woon.
          Dis waar jy uitvind hoe jou kind vorder en hoe jy die skool kan ondersteun.
          Kinders wie se ouers só betrokke is by die skool, se kanse op akademiese
          sukses is groot.
                                                         [Verwerk uit: Kuier, 3 Augustus 2011]

                                                                 TOTAAL AFDELING B:                10

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           10                               DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande advertensie gebaseer. In die teks is
opsetlike taalfoute begaan.

                     3.3 (Inteken op ons gereëlde nuusbrief.) Daarin kry jy
                     interessante 3.4 (inlig) oor gebeure in dié stede. Hierdie
                     nuusbrief is 3.5 gratis en is regtig 3.6 ŉ fees om te lees.

                            SLIM MENSE VERKIES DIE 3.7 (STAD + LEWE).

                                                    [Verwerk uit: Vrouekeur, 15 April 2011]

3.1       Hoe sal jy die onderstreepte NAAMWOORD in die onderstaande sin verander
          as jy dit in jou Afrikaanse opstel wil gebruik?

          Wat kook in Joburg, Durbs en Kaapstad?                                                       (1)

3.2       Wat kook in Joburg, Durbs en Kaapstad?

          3.2.1       Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die vraagnommer en
                      die antwoord neer.

                      Die onderstreepte woord maak die sin ŉ voorbeeld van
                      (denotasie/konnotasie).                                                          (1)

          3.2.2       Gee ŉ REDE vir jou antwoord op VRAAG 3.2.1.                                      (1)

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           11                           DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

3.3       Skryf die onderstaande sin oor en verbeter die TAALFOUT én die
          SPELFOUT.

          Inteken op ons gereëlde nuusbrief.                                                       (2)

3.4       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies.

          In die nuusbrief kry jy interesssante (inlig) oor gebeure in dié stede.                  (1)

3.5       Gee ŉ SINONIEM vir die vetgedrukte woord.

          Hierdie nuusbrief is gratis.                                                             (1)

3.6       Kies die KORREKTE ANTWOORD. Skryf net die vraagnommer en die
          antwoord (A–D) neer.

          Die nuusbrief is regtig ŉ fees om te lees, beteken die nuusbrief …

          A           bevat inligting om te lees oor ŉ fees.
          B           bevat baie interessante inligting om te lees.
          C           se inligting is vervelig om te lees.
          D           se inligting is net vir jongmense om te lees.                                (1)

3.7       Vorm ŉ SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

          Slim mense verkies die (stad + lewe).                                                    (1)

3.8       Lees die volgende sin: Slim mense verkies die lewe in ŉ stad.

          Voltooi nou die stelling: Hierdie sin is ŉ voorbeeld van partydigheid, want ...          (1)
                                                                                                   [10]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1              12                               DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                                 NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande strokiesprent gebaseer.

                                                                                     Gmf! Dit gaan seker
      Wie is by      Dit is dokter        Hy wil weet of iemand in dié huis          nie goed met sy
      die deur,      Zook!                siek is …                                  praktyk nie!
      Helga?

                                                                        [Verwerk uit: Beeld, 17 Februarie 2011]

4.1         Skryf die sin oor in die VERLEDE TYD.

            Wie is by die deur, Helga?                                                                     (1)

4.2         Skryf die AFKORTING vir die vetgedrukte woord neer.

            Dit is dokter Zook!                                                                            (1)

4.3         Verander die uitroepsin na ŉ VRAAGSIN sodat die vetgedrukte woord die
            antwoord is.

            Dokter Zook wil met jou praat!                                                                 (1)

4.4         Skryf die INTENSIEWE VORM van die vetgedrukte woord neer.

            Dokter Zook hoop iemand in dié huis is siek.                                                   (1)

4.5         Skryf die sin in die ONTKENNENDE VORM neer.

            Daar is iemand by die deur.                                                                    (2)

4.6         Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.

            Hy wil weet of iemand in dié huis siek is.
            Begin só: Hy wil weet: “...”                                                                   (2)

4.7         Skryf die OORTREFFENDE TRAP van die woord tussen hakies neer.

            Hägar is die (siek) van almal in die huis.                                                     (1)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           13                          DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

4.8       Skryf die sin oor in die TOEKOMENDE TYD.

          Dokter Zook besoek siek mense by die huis.                                               (1)
                                                                                                   [10]

VRAAG 5

TEKS A: WENKE OM MISDAAD TE BEVEG

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande teks gebaseer. In die teks is opsetlike
taalfoute begaan.

  OM MISDAAD TE BEVEG, BEGIN BY JOU!
      1. Sorg dat jy die telefoonnommers            2. Hou jou identiteitsdokument en
      van jou ouers en die polisie ken.             bestuurderslisensie veilig. Die
      Moenie kortpad deur ŉ verlate plek            gebruik van ŉ telefoon kan ŉ mens
      loop nie. Moenie mense te maklik              se lewe red, maar moenie luister
      vertrou nie. Diewe maak asof hulle            as iemand sê: “Jy kan miljoene
      inspekteurs is, maar eintlik is hulle         rande oor die foon maak” nie.
      wolwe in skaapsklere.

      3. Vermy verlate OTM’s, veral                 4. Moenie drankies en kos aanvaar
      snags. Moet nooit jou kaart of                van mense wat jy nie ken nie.
      persoonlike identifikasienommer               ŉ (5.11) mens moet nooit jou drankie
      aan enige iemand gee nie. Moet                neersit wegloop en later terugkom
      nooit (5.8) help van iemand by ŉ              om dit te drink nie.
      OTM aanvaar nie. Moenie baie
      geld by ŉ OTM onttrek nie. Hou
      jou selfoon waar niemand dit kan
      sien nie.

      5. Jy moet geweld of                          6. Moenie gesteelde goed koop nie.
      mishandeling teen vroue of jong               Ander mense betaal duur vir die
      meisies by Mishandeling van                   gesteelde goed (5.13) (vir + wat) jy
      Vroue rapporteer. Binne een                   min betaal.
      week ontvang dié organisasie tot
      44 oproepe.

                                                          [Verwerk uit: Kuier, 22 Desember 2010]

Kopiereg voorbehou                                                            Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           14                          DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                              NSS

5.1       In die verkorte woordeboekinskrywing hieronder is polisie in lettergrepe
          verdeel. Skryf die lettergreep wat die klem dra, neer.

                       po.li´.sie. 1. Afdeling van die staatsdiens belas
                       met die sorg vir die openbare orde en veiligheid:
                                                                       [Uit: HAT]                 (1)

5.2       Gee die VERKLEINWOORD van die vetgedrukte woord.

          Moenie kortpad deur ŉ verlate plek loop nie.                                            (1)

5.3       Kies die KORREKTE antwoord. Skryf slegs die vraagnommer en die letter
          (A–D) neer.

          Die idioom, hulle is wolwe in skaapsklere (raam 1), beteken die mense is ...

          A           goed.
          B           skelm.
          C           suinig.
          D           trots.                                                                      (1)

5.4       Skryf die sin oor in die LYDENDE VORM.

          Jy moet geweld of mishandeling rapporteer.

          Begin só: Geweld of mishandeling ...                                                    (1)

5.5       Gee die MEERVOUD van die vetgedrukte woord.

          Die gebruik van telefoon kan lewens red.                                                (1)

5.6       Skryf die sin oor in die INDIREKTE REDE. (Raam 2)

          Die man sê: “Ek kan miljoene rande oor die foon maak.”
          Begin só: Die man sê dat ...                                                            (2)

5.7       Skryf die AKRONIEM vir die vetgedrukte woord. (Raam 3)

          Moet nooit jou kaart of persoonlike identifikasienommer aan enige iemand
          gee nie.                                                                                (1)

5.8       Gee die KORREKTE VORM van die woord tussen hakies. (Raam 3)

          Moet nooit (help) van iemand by ŉ OTM aanvaar nie.                                      (1)

5.9       Skryf die sin oor in die INFINITIEF.

          Moenie baie geld by ŉ OTM onttrek nie. (Raam 3)
          Begin só: Jy behoort nie ...                                                            (1)

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1         15                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                            NSS

5.10      Gee EEN WOORD vir die woorde tussen hakies.

          Moenie drankies en kos aanvaar van (mense wat jy nie ken nie) nie.                          (1)

5.11      Skryf die sin oor en vul die korrekte HOOFLETTER en LEESTEKEN in.

          ŉ mens moet nooit jou drankie neersit wegloop en later terugkom om dit te
          drink nie. (Raam 4)                                                                         (2)

5.12      Skryf die vetgedrukte GETAL in die onderstaande sin in woorde. (Raam 5)

          Binne een week ontvang dié organisasie tot 44 oproepe.                                      (1)

5.13      Skryf die regte vorm van die betreklike VOORNAAMWOORD tussen hakies
          neer.

          Ander mense het duur betaal vir die gesteelde goed (vir + wat) jy so min
          betaal.                                                                                     (1)
                                                                                                      [15]

TEKS B: PRENT

Die taalvrae wat volg, is op die onderstaande prent gebaseer.

                                          [Uit: Huisgenoot.com, 12 Maart 2009]

5.14      Verbind die sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

          Jy kan aan sport deelneem. Jy is gestrem. (al)
          Begin so: Jy kan ...                                                                        (1)

5.15      Skryf die sin oor en rangskik die woorde tussen hakies in die KORREKTE
          VOLGORDE.

          Die seuns oefen (by die huis/getrou/elke dag).                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 16

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          16                             DBE/Feb.–Mrt. 2012
                                             NSS

5.16      Kies die KORREKTE WOORD tussen hakies.

          Hierdie seuns het die (verbruik/gebruik) van hulle bene verloor.                        (1)

5.17      Kies die korrekte VOORSETSEL.

          Die een seun gooi die bal (teen/aan/oor) die ander seun se kop.                         (1)

5.18      Gee die KORREKTE DEELWOORD vir die woorde tussen hakies.

          Die (wat gestrem is) seuns neem aan baie wedstryde deel.                                (1)
                                                                                                  [5]

                                                                TOTAAL AFDELING C:                40
                                                                    GROOTTOTAAL:                  80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [NSC 2012 Afrikaans FAL P1 Nov 2012](https://www.hlayiso.com/library/nsc-2012-afrikaans-fal-p1-nov-2012/e8af00e3-e471-4554-a408-05270a9ae292) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2012-memo/1c68a98a-aafe-423c-8236-da6e1cdcfa85) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Nov 2012 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2012-memo/2e465f59-92cb-4184-b97a-93e2e8571cbd) — Afrikaans FAL · Memo · 2012 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
