# Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2013 QP

> Grade 12 Afrikaans FAL Paper 1 question paper from the NSC Supplementary 2013, 15 pages. Read online or get the free PDF download, memo linked when available.

- Page: https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567
- Updated: 2026-09-27
- Subject: Afrikaans FAL
- Grade: Grade 12
- Language: Afrikaans
- Document type: Question paper
- Year: 2013
- Exam period: NSC Supplementary
- Paper: 1
- Curriculum: CAPS
- Pages: 15

Breadcrumbs: [Home](https://www.hlayiso.com/) › [Library](https://www.hlayiso.com/library) › [Grade 12](https://www.hlayiso.com/library/grade-12) › [Afrikaans FAL](https://www.hlayiso.com/library/grade-12/afrikaans-fal) › [Afrikaans FAL Grade 12 P1 NSC Supplementary 2013 QP](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013/6ea7adf0-5283-4faa-83ac-2ac62003e567)

## About this document

Afrikaans Fal · Grade 12 · NSC Supplementary · 2013 · Afrikaans. Question paper, 15 pages. Read online or download the PDF.

Read it free online on the page above; download the PDF from there.

## Matching paper and memo

- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2013-memo/def28fd3-4ef5-4ad1-bec7-aa5d00c18f3f) — Memo · 2013 · Afr

## Document text

Text extracted from the PDF. Layout, diagrams and tables may not survive extraction.

### Page 1

Downloaded from hlayiso.com

                                     GRAAD 12

                                NASIONALE
                            SENIOR SERTIFIKAAT

                                     GRAAD 12

                 AFRIKAANS EERSTE ADDISIONELE TAAL V1

                           FEBRUARIE/MAART 2013

PUNTE: 80

TYD: 2 uur

                       Hierdie vraestel bestaan uit 15 bladsye.

Kopiereg voorbehou                                                Blaai om asseblief

### Page 2

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          2                             DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1.        Hierdie vraestel bestaan uit DRIE afdelings:

          AFDELING A:        LEESBEGRIP      (VRAAG 1)               (30)
          AFDELING B:        OPSOMMING       (VRAAG 2)               (10)
          AFDELING C:        TAAL            (VRAAG 3, 4 en 5)       (40)

2.        Lees ALLE instruksies baie goed.

3.        Beantwoord AL die vrae.

4.        Begin elke afdeling op ŉ NUWE bladsy.

5.        Trek ŉ streep na elke afdeling.

6.        Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in hierdie
          vraestel gebruik is.

7.        Laat ŉ reël oop na ELKE antwoord.

8.        Skenk veral baie aandag aan spelling en sinskonstruksie.

9.        Skryf netjies en leesbaar.

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 3

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          3                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

AFDELING A: LEESBEGRIP

VRAAG 1

TEKS A: TYDSKRIFARTIKEL

Lees die tydskrifartikel hieronder en beantwoord die vrae.

                         Sport: Laat kinders kies!

                                                     ?

                           ?
                                        [Uit: http://www.google.com]

1         Kinders se keuse van ŉ sportsoort en deelname aan sport is baie belangrik.
          Hierdie keuse is nie eenvoudig nie, want een kind se droomsport is dalk ŉ
          ander kind se nagmerrie. Dit is die rede hoekom ouers hulle kinders geleidelik
          aan verskillende sportsoorte moet bekendstel. Ouers wil graag hê dat hulle
          kinders op ŉ jong ouderdom aan sport begin deelneem, maar hulle is dikwels
          onseker oor hoe en wanneer hulle hul kinders moet help om ŉ sportsoort te
          kies. Die sport moet genotvol, veilig, maar nie te duur wees nie. Aan die begin
          van elke skooljaar is baie ouers dus in dieselfde bootjie wanneer dit by die
          keuse van ŉ sportsoort kom.

2         Johann en Magriet Meiring se oudste seun, Kobus (13), was in graad een toe
          sy ouers hom gedwing het om rugby te speel, want hy was in daardie stadium
          groot gebou en baie sterk. Johann en Magriet het gevoel rugby is ŉ gewilde
          sportsoort; daarom het hulle hom gemotiveer om rugby te begin speel. Hulle
          het gedink dit is ŉ sportsoort wat baie kinders ken en waarvan hulle hou.

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 4

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          4                              DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

3         Maar die ouers was verkeerd! Kobus kon nie byhou met die oefening nie en
          was altyd laaste met alles. Magriet het hom probeer motiveer, maar sy kon
          sien hy het nie genoeg talent gehad om ŉ goeie rugbyspeler te word nie.

4         Kobus is boonop deur ander kinders by die skool geboelie. Magriet het moeg
          geword vir dié geboelie. Volgens Magriet het hy die krag gehad, maar ŉ baie
          klein hartjie. Binne twee maande het Kobus besluit om nie meer rugby te
          speel nie.

5         Twee jaar later het Kobus ŉ interessante dokumentêre program oor karate op
          televisie gesien. Kobus het sy belangstelling in karate met sy ma bespreek.
          Sy kleiner boetie, André, het ook daarin begin belangstel. Kobus het selfs by
          die plaaslike bibiloteek boeke gaan uitneem oor dié sportsoort. Daarna het
          Magriet hom en André na ŉ karateskool toe geneem om meer oor dié
          sportsoort te gaan uitvind.

6         Die seuns het self besluit om karate te doen. Magriet het die duur, wit
          karatepakke gekoop en baie geld vir die afrigting betaal. Die uitgawes het
          haar nie gepla nie. Sy wou net hê haar kinders moes gelukkig wees. Toe het
          sy gesê as hulle ŉ ander sportsoort ontdek waarvan hulle meer hou, kon hulle
          weer verander.

7         Magriet besef nou dat dit die beste is om die kinders self die sportsoort te laat
          kies. Sy sê: “Kobus presteer goed omdat hy self besluit het wat hy wou doen.”
          Vandag is Kobus baie in sy noppies met sy keuse. Hy het aan twee toernooie
          deelgeneem en hy het onlangs sy geel gordel gekry. Hy het ook ŉ klomp
          sertifikate en medaljes gewen. Volgende jaar wil hy ekstra karatelesse
          bywoon en later oorsee gaan kompeteer. Magriet is verbaas oor hoeveel
          selfvertroue Kobus gekry het. Hy wil selfs weer begin rugby speel.

8         André het aan dieselfde karatetoernooie as Kobus deelgeneem, maar hy het
          nie so goed presteer nie. Die trane het gerol toe hy in sy heel eerste geveg ŉ
          vuishou op die mond gekry het. Dit was moeilik vir Magriet om te staan en kyk
          hoe André seergekry het, maar dit was sý keuse om aan karate deel te neem.
          Sy het later besef dat hierdie ervaring hom uiteindelik gehelp het om dapper
          en sterk te word.

9         Magriet gee die volgende advies aan ouers:
          • Laat kinders self ŉ sportsoort kies en vergeet wat jy as ouer in gedagte
            het.
          • Moenie kinders forseer om aan ŉ spesifieke sportsoort deel te neem nie.
          • Respekteer jou kinders se keuses.
          • Aanvaar dat die een kind altyd beter as die ander een sal wees.
          • Leer kinders dat wen nie alles is nie.
          • Ondersteun en motiveer jou kinders ewe veel.

                                                    [Verwerk uit: Huisgenoot, 3 Februarie 2011]

1.1       Watter woord dui aan dat ouers nie altyd weet hoe om hulle kinders met hulle
          keuses te help nie? (Paragraaf 1)                                                         (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 5

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            5                           DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

1.2       Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.

          “… is baie ouers … in dieselfde bootjie” (paragraaf 1) beteken dat ouers ...

          A       in dieselfde boot seil.
          B       in dieselfde situasie is.
          C       in dieselfde moeilikheid is.
          D       in dieselfde sport belangstel.                                                    (1)

1.3       Wat impliseer die skrywer met die woord “droomsport”? (Paragraaf 1)                       (1)

1.4       Gee TWEE redes waarom ŉ mens sou dink dat Kobus ŉ goeie rugbyspeler
          kon wees.                                                                                 (2)

1.5       Wat het Magriet laat besef dat Kobus nie ŉ goeie rugbyspeler was nie?
          Noem TWEE dinge.                                                                          (2)

1.6       Hoe weet jy dat die kinders aggressief teenoor Kobus was?                                 (1)

1.7       Volgens Magriet het hy die krag gehad, maar ŉ baie klein hartjie.
          (Paragraaf 4)

          1.7.1       Word die woorde “klein hartjie” letterlik of figuurlik bedoel?                (1)

          1.7.2       Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.7.1.                                         (1)

1.8       Watter les het Magriet oor die keuse van ŉ kind se sportsoort geleer?                     (1)

1.9       Waar het Kobus se belangstelling in karate begin?                                         (1)

1.10      Haal DRIE OPEENVOLGENDE WOORDE uit paragraaf 7 aan wat sê dat
          Kobus nou baie gelukkig met sy sportsoort is.                                             (1)

1.11      Hoe verskil André en Kobus se prestasies in karate?                                       (2)

1.12      Hoe het Kobus se prestasies in karate met sy karakterontwikkeling gehelp?                 (1)

1.13      Watter positiewe gevolg het die vuishou wat André gekry het, vir hom gehad?
          (Paragraaf 8)                                                                             (1)

1.14      Dink jy ŉ mens neem aan sport deel om te wen? Gee ŉ rede vir jou antwoord.                (1)

1.15      Magriet glo nie daaraan om een kind voor te trek nie.

          Haal ŉ SIN uit paragraaf 9 aan wat die stelling bewys.                                    (1)

1.16      Waarom is die gebruik van die uitroepteken in die titel effektief?                        (1)

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 6

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            6                             DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

TEKS B: VOORBLAD

Bestudeer die tydskrifvoorblad hieronder en beantwoord die vrae.

                                                                           25 November
                                                                               2010

                                                                          SPESIALE
                                                                          GIDS BINNE

                                                                          Bladsye vol
                                                                          geskenke

                                                                            Tydskrif van
                                                                             die JAAR!
                                                                             Advantage
                                                                              Admag-
                                                                            toekenning
                                                                                2010

                                                [Verwerk uit: Huisgenoot, 25 November 2010]

1.17      Die voorblad gee die leser ŉ idee van die tydskrif se inhoud.

          1.17.1      Watter artikel is die belangrikste in hierdie tydskrif? Skryf die titel
                      van die artikel neer.                                                           (1)

          1.17.2      Motiveer jou antwoord op VRAAG 1.17.1 met TWEE redes wat jy
                      uit die voorblad afgelei het.                                                   (2)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 7

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            7                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

1.18      Wat is die doel van die spesiale gids wat in hierdie tydskrif verskyn?                    (1)

1.19      Kies die antwoord wat die sin KORREK sal voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.

          Uit Kate se gesigsuitdrukking lei ons af dat sy ... is.

          A        onseker
          B        gelukkig
          C        ongemaklik
          D        verwonderd                                                                       (1)

1.20      Hoe oud was die kind wat vermoor is?                                                      (1)

1.21      Hoe weet ons dat dié tydskrif een van die beste tydskrifte is?                            (1)

1.22      Waarom, dink jy, word die opskrif van die artikel “Wie is regtig Inge se
          moordenaar?” in die vorm van ŉ vraag gestel?                                              (1)

1.23      Mense wat van kompetisies hou, sal ook hierdie tydskrif wil koop.

          1.23.1      Watter artikel sal hulle aandag trek? Skryf die opskrif van die artikel
                      neer.                                                                         (1)

          1.23.2      Waarom, dink jy, gebruik die skrywer ŉ prentjie van die motor op
                      die voorblad van die tydskrif?                                                (1)

                                                                    TOTAAL AFDELING A:              30

Kopiereg voorbehou                                                             Blaai om asseblief

### Page 8

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          8                                 DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

AFDELING B: OPSOMMING

VRAAG 2: HOE OM JOU AFRIKAANS TE VERBETER

Lees die teks hieronder deur en voer die instruksies uit.

INSTRUKSIES

1.        Som die maniere waarop jy jou Afrikaans kan verbeter in SEWE sinne op.
2.        Skryf die maniere PUNTSGEWYS neer.
3.        Nommer die sinne van 1 tot 7.
4.        Jou opsomming mag nie langer as 70 woorde wees nie.
5.        Dui die KORREKTE getal woorde aan die einde van die opsomming aan.

TEKS C

               HOE OM JOU AFRIKAANS TE VERBETER
1         Sukkel jy met Afrikaans? Daar is maniere waarop jy jou punte in Afrikaans
          kan verbeter! Een van die maniere waarop jy jou punte kan verbeter, is deur
          jou woordeskat uit te brei.

2         Kyk na Afrikaanse televisieprogramme. Daar is programme soos 7de Laan,
          MK89 en Kwêla op die KykNET-kanaal. As jy voel jy het nie genoeg tyd in die
          week nie, kan jy Sondae springmielies voor die televisie sit en eet en die 7de
          Laan-omnibus geniet.

3         Luister na goeie Afrikaanse radioprogramme. As jy na die programme luister
          terwyl jy jou huiswerk doen, hoor jy Afrikaans. Op Radio Sonder Grense is
          daar goeie programme vir tieners. Befonk is ŉ spesiale radioprogram wat
          handel oor alles wat vir jongmense belangrik is.

4         Daar is baie Afrikaanse liedjies wat gewild is onder jongmense wie se
          moedertaal nie Afrikaans is nie. Luister na Afrikaanse musiek. As jy nie weet
          waar om te begin nie, kyk ’n bietjie na MK89 en luister na die radio.

5         Die meeste leerders gebruik ŉ woordeboek net wanneer hulle opstelle skryf.
          Gebruik woordeboeke ook as jy ŉ woord hoor wat jy nie ken nie. ŉ Pharos
          Skoolwoordeboek is goed, want dit sluit nuwe woorde in.

6         Ou eksamenvraestelle is ŉ waardevolle hulpmiddel. Werk dus die vorige
          vraestelle uit om uit jou foute te leer. Die foute wat jy byvoorbeeld in opstelle
          en taalkunde gemaak het, sal jou bewus maak van jou probleemareas en jy
          kan seker maak dat jy nie weer dieselfde foute begaan nie.

7         Het jy vriende wat goed in Afrikaans is? Gesels net in Afrikaans met jou
          vriende. Mag hierdie wenke jou help om jou Afrikaans te verbeter.
                                                   [Verwerk uit: http://www.holderstebolder.co.za]

                                                                    TOTAAL AFDELING B:                 10

Kopiereg voorbehou                                                                Blaai om asseblief

### Page 9

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1               9                               DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                                  NSS

AFDELING C: TAAL

VRAAG 3: ADVERTENSIE

TEKS D

Die taalvrae wat volg, is op die advertensie hieronder gebaseer. Daar is opsetlike
taalfoute in die advertensie.

   (3.1)    (Koop ŉ woord!/Jy moet asseblief ŉ woord koop.)

                     Woordeboek van die Afrikaanse Taal (WAT)
                      Wil jy seker maak Afrikaans bly voortbestaan?
      Koop ŉ woord teen R100 per woord. Jy kan ŉ ABSA-bank kontantprys van R25 000 wen.
   •     Die woord (3.3) wat jy vir betaal, sal die taal laat voortbestaan.
   •     (3.4) Al hierdie woorde verskyn in (die/dié) woordeboek.
   •     Jy (3.5) kry ŉ mooi sertifikaat waarop die woord of woorde wat jy koop, groot
         sal verskyn.

       “As TV-aanbieder wil ek (3.6) seker maak dat ek inspirasie uit ander bronne kry.”
                (3.7) Charlene Truter sê dat sy hierdie woordeboek verkies.
                                WAT sit woorde in ons monde.
                                KOOP ASSEBLIEF WOORDE!
                                           Charlene Truter
   Stuur ŉ tjek saam met jou woord of woorde, adres en telefoonnommer na
   WAT Trust, Posbus 245, Stellenbosch,7600
   (3.8) Sluitingsdatum: 30 Maart 2013
   *Volgende prystrekking: 30 April 2013
   (3.9) *Die wenner van die vorige prystrekking is meneer Basil Soldatos.
                                                           [Verwerk uit: Rooi Rose, 18 Oktober 2011]

3.1        Waarom is die opskrif “Koop ŉ woord!” beter as die opskrif “Jy moet asseblief
           ŉ woord koop.”?                                                                                (1)

3.2        Skryf ŉ sin waarin jy verduidelik waarom die woord “jy” in plaas van “u” in
           hierdie advertensie gebruik word.                                                              (1)

Kopiereg voorbehou                                                                   Blaai om asseblief

### Page 10

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           10                          DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                              NSS

3.3       Gee die KORREKTE VORM van die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Die woord (wat+vir) jy betaal, sal die taal laat voortbestaan.                          (1)

3.4       Hoekom is dit effektief om die woord “die” in die volgende sin te beklemtoon?

          Al hierdie woorde verskyn in dié woordeboek.                                            (1)

3.5       Kies die woord wat die korrekte SINONIEM vir die onderstreepte woord is.
          Skryf net die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.

          Jy kry ŉ mooi sertifikaat.

          A       wen
          B       koop
          C       maak
          D       ontvang                                                                         (1)

3.6       Gee die INTENSIEWE/VERSTERKTE VORM van die onderstreepte woord.
          Skryf slegs die woord as antwoord neer.

          As TV-aanbieder wil ek seker maak dat ek inspirasie uit ander bronne kry.               (1)

3.7       Skryf die sin in die DIREKTE REDE neer.

          Charlene Truter sê dat sy hierdie woordeboek verkies.                                   (2)

3.8       Skryf die onderstaande inligting uit die advertensie in ŉ volsin neer.

          Sluitingsdatum: 30 Maart 2013                                                           (1)

3.9       Skryf die sin in die VERLEDE TYD neer.

          Die wenner van die vorige prystrekking is meneer Soldatos.
          Begin só: Die wenner ...                                                                (1)
                                                                                                  [10]

Kopiereg voorbehou                                                           Blaai om asseblief

### Page 11

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1                     11                                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                                        NSS

VRAAG 4: STROKIESPRENT

TEKS E

Die taalvrae wat volg, is op die strokiesprent hieronder gebaseer.

                                  Ek onthou my en Helga           Maar ek kan                        elke dag lank
                                  se troue asof dit gister        nie ŉ belofte                      te wag dat sy
             HÄGAR                was!                            onthou om ...                      ŉ rok kies
                                                                                                     nie.
               Die
           Verskriklike                    Ek het belowe
                                           om haar lief te hê
                                           tot die dood toe.
                                  1                                                          2

  Ons is         Nee, ek kan           Wat verkies jy, my man? My                 Jou ROOI rok!
  laat,          nie besluit           GEEL rok of ROOI rok?                      Beslis jou ROOI rok!
  Helga!         watter rok
  Is jy          om aan te
  amper          trek nie ...
  klaar?

   3                               4                                              5

                                        DIE GROEN ROK!                             Vrouens vat altyd lank om aan
  Hou jy van                            Beslis die GROEN ROK!!                     te trek!
  die GROEN
  rok of die
  ORANJE
  rok?                                                     Of dalk die                               Of wat van
                                                           SWART rok                                 die BRUIN
                                                           ...                                       rok?

  6                                7                                              8

                                                                                        [Uit: Beeld, Maart 2010]

4.1        Gee die VERKLEINING vir die onderstreepte woord in die volgende sin.
           Skryf slegs die woord as antwoord neer.

           Hägar drink ŉ bier terwyl sy vrou aantrek.                                                                         (1)

4.2        Skryf die volgende sin in die INDIREKTE rede neer.

           Helga vra vir Hägar: “Hou jy van die groen rok?”                                                                   (2)

4.3        Kies die korrekte woord tussen hakies om die sin mee te voltooi. Skryf slegs
           die woord as antwoord neer.

           In raampie 6 kan ons duidelik uit Helga se gesigsuitdrukking aflei dat sy
           (ontsteld/onseker/ontevrede) is.                                                                                   (1)

4.4        Skryf die sin in die TOEKOMENDE TYD neer.

           Vrouens vat altyd lank om aan te trek.                                                                             (1)

Kopiereg voorbehou                                                                                       Blaai om asseblief

### Page 12

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1          12                         DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                             NSS

4.5       Vul die korrekte VOORNAAMWOORD in om die sin korrek te voltooi. Skryf
          slegs die woord as antwoord neer.

          Helga wil graag hê ... man moet dink dat sy mooi lyk.                                 (1)

4.6       Kies die woord wat die volgende SPREEKWOORD korrek VOLTOOI. Skryf
          net die vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.

          As Hägar nog meer bier drink terwyl hy vir Helga wag, gaan hy hoog in die ...
          wees.

          A       takke
          B       blare
          C       bome
          D       wolke                                                                         (1)

4.7       Maak ŉ sin met die woord groen (raampie 7). Gebruik die woord
          KONNOTATIEF.                                                                          (1)

4.8       Kyk weer na raampie 8. Wie word hier deur Hägar gestereotipeer?                       (1)

4.9       Gee die MEERVOUD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Hägar drink nie twee beker bier terwyl Helga aantrek nie.                             (1)
                                                                                                [10]

VRAAG 5: ARTIKEL EN PRENT

TEKS F: ARTIKEL

Die taalvrae wat volg, is op die artikel hieronder gebaseer. Opsetlike taalfoute kom
voor en woorde is uitgelaat.

                                       EKSAMENSTRES!
1         (5.1) Voel jy dat jou skoolwerk vir jou te veel raak Ons het dr. Melissa Kang
          gevra om raad te gee vir daardie dae wanneer die stres te veel raak.

2         KYK NA JOU LIGGAAM
          (5.2) Eet gesond en doen gereeld oefening gedeurende die eksamentyd.
          (5.3) Melissa sê dat ŉ mens (5.4) sjokolade of koffie moet vermy.

3         JY MOET GENOEG SLAAP KRY
          Dit help nie as jy tot in die vroeë oggendure studeer nie. (5.5) Jy moet genoeg
          slaap kry. “Probeer rustiger wees,” sê Melissa. “Moenie dink jy kan met (5.6)
          14 uur se slaap ná jou laaste eksamenvraestel verlore slaap inhaal nie.”

Kopiereg voorbehou                                                         Blaai om asseblief

### Page 13

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            13                            DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

4         (5.7) JY MOET ′N STUDIEROETINE ONTWIKKEL
          Melissa glo jy moet self die besluit (5.8) ... om ŉ studierooster op te stel. Jou
          vriend of (5.9) ... is ook altyd daar om jou te help. (5.10) Dalk verkies jy om
          elke dag ŉ bietjie te werk. Die werk raak nooit te veel nie. ŉ Goeie
          studieroetine (5.11) (lui/ly/lei) beslis tot minder stres.

5         HOU KOP
          “Jy moet die tekens van moegheid herken,” sê Melissa. “As jy ŉ bietjie moeg
          voel nadat jy te veel geleer het, kan jy (5.12) (gaan stap om die blok vinnig).
          Ontspan in ŉ warm bad met kerse en (5.13) rustig musiek.”

                                                     [Verwerk uit Huisgenoot, 11 November 2011]

5.1       Skryf die sin oor en vul die korrekte LEESTEKEN in.

          Voel jy dat jou skoolwerk vir jou te veel raak                                             (1)

5.2       Verbeter die SPELFOUT in sin 1 van paragraaf 2.                                            (1)

5.3       Skryf die sin oor in die DIREKTE REDE.

          Melissa sê dat ŉ mens sjokolade of koffie moet vermy.                                      (2)

5.4       Kyk na die verkorte woordeboekinskrywing. Skryf die woord in lettergrepe
          neer en onderstreep die lettergreep wat die klem dra.

          sjo·ko·la´de s.nw. 1. (-s) Lekkergoed van kakao, suiker en kakaobotter berei:
          ŉ Doos, reep sjokolade. 2. Drank uit kakao berei: ŉ Koppie sjokolade.
                                                                        [Uit: HAT, 5de uitgawe]      (1)

5.5       Skryf die volgende sin in die INFINITIEF oor.

          Jy moet genoeg slaap kry.

          Begin só: Jy behoort ...                                                                   (1)

5.6       Skryf die onderstreepte getal VOLUIT. Skryf slegs die woord as antwoord
          neer.

          “Moenie dink jy kan met 14 uur se slaap ná jou laaste eksamenvraestel
          verlore slaap inhaal nie.”                                                                 (1)

5.7       Skryf die sin oor in die LYDENDE/PASSIEWE vorm.

          Jy moet ŉ studieroetine ontwikkel.                                                         (1)

5.8       Voltooi die volgende sin deur die WERKWOORD in te vul. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Melissa glo jy moet self die besluit ... om ŉ studierooster op te stel.                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                              Blaai om asseblief

### Page 14

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1            14                             DBE/Feb.–Mrt. 2013
                                               NSS

5.9       Vul die TEENOORGESTELDE GESLAG van die onderstreepte woord in.
          Skryf slegs die woord as antwoord neer.

          Jou vriend of ... is ook altyd daar om jou te help.                                         (1)

5.10      Verbind die twee sinne met die VOEGWOORD tussen hakies.

          Dalk verkies jy om elke dag ŉ bietjie te werk. Die werk raak nooit te veel nie.
          (sodat)                                                                                     (1)

5.11      Kies die KORREKTE WOORD uit die woorde tussen hakies. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          ŉ Goeie studieroetine (lui/ly/lei) tot minder stres.                                        (1)

5.12      Verbeter die WOORDORDE van die onderstreepte gedeelte in die volgende
          sin.

          As jy ŉ bietjie moeg voel nadat jy te veel geleer het, kan jy gaan stap om die
          blok vinnig.                                                                                (1)

5.13      Gee die KORREKTE VORM van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Ontspan in ŉ warm bad met kerse en rustig musiek.                                           (1)
                                                                                                      [14]
TEKS G: PRENT

Die taalvrae wat volg, is op die prent hieronder gebaseer.

                                                            [Uit: Huisgenoot, 3 Maart 2011]

5.14      Voltooi die volgende sin met die korrekte VOORSETSEL. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Pa staan ... sy dogters.                                                                    (1)
Kopiereg voorbehou                                                               Blaai om asseblief

### Page 15

Downloaded from hlayiso.com
Afrikaans Eerste Addisionele Taal/V1           15                         DBE/Feb.–Mrt 2013
                                              NSS

5.15      Vorm ŉ SAMESTELLING van die woorde tussen hakies.

          In die prentjie lyk dit asof hulle ŉ goeie (gesin+lewe) het.                        (1)

5.16      Skryf die sin oor in die ONTKENNENDE VORM.

          Die meisie is tevrede met die boodskap wat sy gekry het.                            (1)

5.17      Kies die woorde wat die volgende sin KORREK voltooi. Skryf slegs die
          vraagnommer en die antwoord (A–D) neer.

          Ma lyk onseker oor die moderne tegnologie terwyl Pa wys dat hy ...

          A       gemaklik voel.
          B       onrustig is.
          C       bekommerd raak.
          D       verveeld is.                                                                (1)

5.18      Gee die VERGROTENDE TRAP van die onderstreepte woord. Skryf slegs die
          woord as antwoord neer.

          Die jonger meisie se hare is donker as haar suster se hare.                         (1)

5.19      Vorm ŉ DEELWOORD van die onderstreepte woord. Skryf slegs die woord as
          antwoord neer.

          Die glimlag jong meisie het ŉ interessante sms ontvang.                             (1)
                                                                                              [6]

                                                                   TOTAAL AFDELING C:         40
                                                                       GROOTTOTAAL:           80

Kopiereg voorbehou

## Related documents

- [Afrikaans FAL P1 Nov 2013](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-nov-2013/a3ea0c9e-a9db-4385-a210-2865a4df1ecd) — Afrikaans FAL · QP · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015/9f493d24-65a0-48fa-899b-8b7fe2845793) — Afrikaans FAL · QP · 2015 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2014](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2014/5acde4b4-511b-410b-b32f-8245d6dd19b8) — Afrikaans FAL · QP · 2014 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2012](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2012/a7470d38-1c5d-4d4a-afc4-58191568e736) — Afrikaans FAL · QP · 2012 · Afr
- [Afrikaans FAL P2 Feb-March 2013 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-feb-march-2013-memo/8d78512b-beec-44df-ae7d-20f2cb40a28d) — Afrikaans FAL · Memo · 2013 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 Feb-March 2015 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-feb-march-2015-memo/5ed31c77-16c2-4990-827a-9f3ff5f70d23) — Afrikaans FAL · Memo · 2015 · Afr

## More from Grade 12 Afrikaans FAL

- [Afrikaans P1 (FAL) June 2025 Possible Answers](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-p1-fal-june-2025-possible-answers/548f1e49-d719-426b-b0e2-f6857ab2b360) — Memo · 2025 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P1 GR12 MEMO SEPT2024](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p1-gr12-memo-sept2024/393b8c2a-77f0-4192-b6cc-26bf3f7a1c38) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans FAL P1 May-June 2024 MG](https://www.hlayiso.com/library/grade-12-afrikaans-fal-2024-nsc-june-exam-memorandum-paper-1-afrikaans/0233b506-d910-4714-b690-875fa6c49f90) — Memo · 2024 · Afr
- [Afrikaans EAT V1 Memo](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-eat-v1-memo/b69c7bbe-bb12-439e-acfa-a77370a600bc) — Memo · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P2 GR12 QP SEPT2023 Final](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p2-gr12-qp-sept2023-final/66b739c3-ec90-43cb-af74-a6d4848432bc) — QP · 2023 · Afr
- [AFRIKAANS FAL P3 QP GR12 SEPT 2023](https://www.hlayiso.com/library/afrikaans-fal-p3-qp-gr12-sept-2023/b49b9523-adfc-4fb4-87bf-f4de41182bb0) — QP · 2023 · Afr

## Collection

- [Grade 12 past papers](https://www.hlayiso.com/grade-12/past-papers)

---

Hlayiso: free CAPS and IEB past papers, memos, notes and study guides for South African learners. When citing, link the page URL above, not a PDF or /api/ URL.
